About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 91
|
|
S v Kirsten (231/1986) [1987] ZASCA 91; [1988] 1 All SA 282 (A) (22 September 1987)
LL
Saak No 231/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die appel van:
JAN KIRSTEN
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VILJOEN, VAN HEERDEN, JACOBS, VIVIER ARR
et
BOSHOFF WAR
VERHOORDATUM
: 8 SEPTEMBER 19 87
LEWERINGSDATUM
: 22 SEPTEMBER
1987
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant is in die streekhof skuldig be-vind op 'n aanklag van diefstal
van 1462 bottels brande-wyn, asook 'n aanklag van oortreding
van art 185 (a) van
wet 87 van 1977 ten opsigte van daardie drank. Op die diefstalklag (die tweede
aanklag in die streekhof) is hy
gevonnis tot 'n boete van R8 000 of drie jaar
gevangenis-
straf, en 'n verdere drie jaar gevangenisstraf wat voor-waardelik
vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is. (Die vonnis op die ander
aanklag is
nie tans ter sake nie. )
Die appellant het hierna appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling
aangeteken. Die tersaaklike ge-deelte van sy kennisgewing
van appêl het
gelui dat die appellant in hoër beroep gaan "against his sentence by the
Magistrate in Paarl ... on charges
of theft and dealing in liquor, on the
following grounds:
/1....
3
1.That in respect of both of the offences the Learned Regional Magistrate
erred in accept-ing the evidence of the State witnesses
as true and correct
(notwithstanding the fact that the majoritý of them were, even on the
Learned Magistrate's findings, accomplices);
and further erred in rejecting the
Accused's evidence as not reasonably true.
2. That the fine in respect of Count one was ex-
cessive due regard being
had to the personal
circumstances of the Accused, the circumstances
of the
case and the previous fine imposed on
the erstwhile co-accused, Saul
Williams."
Opgelet sal word dat volgens die aanhef van die
kennisgewing die appellant slegs teen sy vonnisse op die twee klagtes
geappelleer het. Die eerste grond waarop die appè berus
het, het egter
klaarblyklik op sy skuldig-bevindings geslaan, terwyl die tweede grond ondanks
die verwysing na "Count one" met die
vonnis op die diefstal-klag verband gehou
het.
Die kennisgewing van appèl was gedateer 18 Junie 1985 en op 20
November van daardie jaar is 'n kennisgewing op die appellant
beteken
waarvolgens die appel op 5 Feb-ruarie 1986 verhoor sou word. Op 14 Januarie
1986
/het ...
4
het die respondent sy betoogshoofde beteken. Daarin is nie gevra dat die
vonnis op die diefstalklag verskerp moes word nie. Die volgende
dag het die
appellant sy betoogshoofde geliasseer en gemeld dat hy nie sou voort-gaan met
die appèl teen die opgelegde vonnisse
nie. Terselfdertyd is 'n
kennisgewing van mosie ingedien. Daarvolgens sou die appellant by die verhoor
van die appèl aansoek
doen om wysiging van sy kennisgewing van appel.
Dié wysiging sou behels dat die woord "sentence" in die aanhef van die
kennisgewing
van appèl deur die woord "conviction" en die tweede grond
van appèl deur 'n ander grond wat op die skuldigbevindings
geslaan het,
vervang sou word. In 'n ondersteunende beëdigde ver-klaring het die
appellant se prokureur gesê dat weens
'n tikfout die woord "conviction"
uit die aanhef van die kennisgewing van appèl weggelaat is, terwyl die
bedoel-ing inderdaad
was om teen die skuldigbevindings sowel as die vonnisse te
appelleer.
/Hierna ...
5.
Hierna het die hof
a quo
telefonies kennis gegee dat 'n
verskerping van die vonnis op die diefstal-klag by die verhoor van die
appèl oorweeg sou word.
Die appellant het gereageer deur op 24 Januarie
1986 'n
kennisgewing van terugtrekking van sy appèl in te dien.
By die verhoor van die appël het die
appellant
betoog dat hy sy appèl teen die
vonnisse teruggetrek het
by wyse van die "kennisgewing" vervat in sy betoogshoofde, en dat daar nooit
'n geldige kennisgewing van appèl ten opsigte
van die skuldigbevindings
bestaan het nie. Ook is die hof meegedeel dat die appellant die voorgenome
wysiging van die kennisgewing
van appèl laat vaar het. Die appellant het
voorts by monde van sy advokaat te kenne gegee dat hy verskyn het slegs om, vir
sover dit nodig mag gewees het, verlof te vra om die appèl terug te trek,
en om te betoog dat die vonnis op die diefstal-klag
onveranderd gelaat moes
word.
Die hof
a quo
het bevind dat die appellant
wel
/geldiglik ...
6.
geldiglik teen sy skuldigbevindings en vonnisse geappel-leer
het, en het by implikasie die aansoek om terugtrek-king van die appèl
afgewys. Dit het gelei tot die vol-gende bevele:
"1. Die appèl teen die skuldigbevinding word van die hand
gewys.
2. Die vonnis op klagte 1 word
bekragtig.
3. Die vonnis op klagte 2 word ter syde gestel en vervang met twee jaar
gevange-nisstraf."
Met die nodige
verlof is die onderhawige appèl slegs teen die verskerping van die vonnis
op die dief-stalklag gerig.
Alhoewel die hof
a quo
se uitspraak nie heelte-mal duidelik bewoord
is, kom dit my voor dat dit tot die volgende bevindings geraak het:
1) Nadat 'n appèl vanaf 'n landdros- of streekhof ter rolle geplaas
is, kan dit slegs met die verlof van die hof (die Kaapse
Provinsiale Afdeling)
teruggetrek word
/2) ...
7.
2)
'n Aansoek om
terugtrekking moet in 'n formele dokument beliggaam
word.
3)
Die appellant het in elk geval nie
gepoog om sy appèl terug te trek alvorens die hof
a quo
kennis
ge-gee het dat 'n verskerping van die vonnis oorweeg sou word
nie.
4)
Die kennisgewing van appèl was
teen die skuldig-
v
bevindings en vonnisse gerig.
Derhalwe was daar op die verhoordatum van die appèl 'n geldige
appèl voor die hof, nieteenstaande
die feit dat die appellant in sy
betoogs-hoofde te kenne gegee het dat nie met die appèl teen die vonnisse
voortgegaan sou
word nie.
5) Die vonnis wat die landdros op die diefstalklag
opgelê het, was
buitensporig lig.
In hierdie hof het die appellant se advokaat betoog dat die hof
a quo
nie regtens bevoeg was om die vonnis te verskerp nie, en dat die landdros in elk
geval 'n behoorlike diskresie by vonnisoplegging
uitgeoefen het.
/Aangaande ...
8.
Aangaande die vraag of 'n appellant na die datum van
terrolleplasing van sy appèl dit eensydiglik kan terug-trek, het daar
vroeër meningsverskil geheers. Die Kaapse en Natalse Provinsiale Afdelings
het die standpunt ingeneem dat 'n appellant na bedoelde
datum slegs met verlof
van die hof van appèl sy appèl kon terugtrek. In die Vrystaat en
Transvaal was die houding van
die howe egter dat 'n appellant sodanige verlof
benodig het slegs nadat òf die hof van appèl òf die Staat
kennis
gegee het dat verskerping van 'n vonnis oorweeg of aangevra sou word.
Sien Du Toit,
Straf in Suid-Afrika
, pp 464-5, en
S v Houqaard
1972
(3) SA 748
(A) 754. In
S v Du Toit
1979 (3) SA 846
(A), het hierdie hof
ten opsigte van appèlle vanaf Provinsiale en Plaaslike Afdelings voorkeur
aan die Vrystaatse en Transvaalse
prak-tyk gegee. Rumpff HR het gemeld dat daar
teoreties veel te sê is vir die slotsom van Van den Heever AR in
R v
Grundling
1955 (2) SA 269
(A) 274, nl dat 'n appèllant nie na
aantekening van 'n appèl dit sonder verlof van die
/betrokke ...
9
betrokke hof kan terugtrek nie, maar het tot die
volgende bevinding geraak (op p 855):
"Om klaarblyklike praktiese redes en ook billike redes is dit egter m i beter om
die periode waarin sonder toestemming terug-getrek
kan word, te verleng, totdat
kennis-gewing gegee word dat verswaring van vonnis oorweeg sal word."
Hierdie "praktiese" en "billike" redes geld
eweseer
indien appèl na 'n Provinsiale of Plaaslike Af-deling aangeteken word, en
na my mening is die beslissing in
Du Toit
dus ook op sodanige
appèlle van toepassing (vgl Hiemstra,
Suid-Afrikaanse Strafproses
,
4de uitg, p 742). Derhalwe het die hof
a quo
verkeerdelik bevind dat die
appellant nie sy appèl sonder verlof kon terugtrek nadat dit ter rolle
geplaas is nie.
Ek kan ook nie insien waarom 'n terugtrekking van 'n appèl (in gevalle
waarin verlof nie nodig is nie) in 'n formele kennisgewing
vervat moet wees nie.
Al wat vereis word, is dat
'n
appellant moet besluit om. sy
appèl
/terug ...
10.
terug te trek en dat daardie besluit aan die hof van
appèl en die Staat oorgedra moet word. Ten einde enige moontlike geskille
te vermy, is dit egter klaarblyklik verstandig om 'n kennisgewing van
terugtrekking in te dien. Dit volg dus dat indien die appellant
in sy
be-toogshoofde kennis gegee het dat die appèl in sy geheel terug-getrek
word - welke hoofde geliasseer is alvorens die
hof a
quo
aangedui het
dat 'n verskerping van die vonnis oorweeg sou word - daardie hof nie by magte
was om die vonnis te verskerp nie.
In hierdie hof het die appellant se advokaat aangevoer dat hoewel die
kennisgewing vervat in die be-toogshoofde slegs op die vonnisse
betrekking gehad
het, daar nie langer 'n geldige kennisgewing van appèl bestaan het nie.
Die appellant se kennisgewing was
naamlik, so is voorts betoog, slegs teen die
een vonnis gerig, en wel omdat in die aanhef daarvan slegs van 'n appèl
teen
die "sentence" melding gemaak is. In hierdie verband
/is ...
11.
is 'n beroep gedoen op o a die beslissings in
R v
Brey
-
tenbach
1954 (2) S A 10
(0) en
R v Zive
1960 (3) S A 24
(T).
In hierdie twee sake, asook ander waarna ons verwys is, was ter sprake die
geldigheid van kennisgewings van appèl waarin die
gronde van appèl
nie behoorlik uit-eengesit is nie, en dit is duidelik, meen ek, dat
die
beslissings nie
in
casu
relevant is nie. Die onderhawige
kennisgewing van appèl het die appèlgronde met voldoende
volledigheid vermeld; die
enigste "gebrek" wat daaraan ge-kleef het, was dat
weens 'n tikfout die woorde "and convic-tions (s)" na die woord "sentence"
weggelaat
is. Die eerste grond van appèl laat egter geen twyfel nie dat
dit die appellant se bedoeling was om ook teen sy skuldig-bevindings
te
appelleer en die appellant se prokureur het dan ook later in 'n eedsverklaring
bevestig dat dit inderdaad sy bedoeling was, Ek
kan my dus nie voorstel dat 'n
hof van appèl sou geweier het om die appèl ten volle te bereg
bloot omdat die kennisgewing
van appèl
/voornoemde ...
12.
voornoemde "gebrek" gehad het nie. Hoogstens sou 'n uitstel verleen gewees
het indien die respondent of die landdros deur die weglating
van die woord
"convictico(s) " mislei was.
Nadat die appellant se betoogshoofde ingedien was, was daar gevolglik nog
steeds 'n appèl teen die skuldigbevinding wat voor
die hof a
guo
moes dien. En tereg is nie betoog nie dat in geval van 'n appèl slegs
teen 'n skuldigbevinding 'n hof van appèl nie
bevoeg is om die betrokke
vonnis te verskerp nie. Sien
R v Theunissen
1952 (1) S A 201
(A) 203,
S v Citizen News
-
papers en 'n Ander
1981 (4) S A 18
(A) 28, en
S v F
1983 (1) SA 747
(O) 751. Derhalwe was die hof
a
quo
regtens bevoeg om die vonnis op die diefstalklag te verskerp.
Dit is ook nie betoog nie dat indien die hof a
quo
wel 'n diskresie
gehad het om die aansoek om terugtrekking van die appèl te oorweeg,
daardie dis-kresie nie behoorlik uitgeoefen
is nie. Die enigste
/oorblywende...
13.
oorblywende vrae is dan of die landdros se vonnis so lig was dat inmenging
geregverdig was en, indien wel, of die vonnis wat die hof
a
guo
opgelê het aanvegbaar is.
Dit blyk dat die appellant ten tyde van die ge-beurde waarop die aanklagte
betrekking het, as voorman in diens van Stellenbosch Boere
Wynmakery ("die
maatskappy")
was. Teen die middel en weer teen die einde van 1983
het hy ander werknemers van die maatskappy oorreed om brandewyn wat
gebotteleer was per vragmotor na sy huis te neem en aldaar af
te laai. Die
brandewyn was in kartonne verpak en hierdie kartonne was op hul beurt deur
bedoelde werknemers in groter dose geplaas.
Die brandewyn is verby die
maatskappy se sekuriteitspunt geneem omdat die appellant aan die bestuurder van
die vragmotor op elke
geleentheid 'n skriftelike magtiging gegee het om leë
dose vanaf die perseel van die maatskappy te verwyder. Die appellant kon
naamlik
wel so 'n magtiging verleen ten op-sigte van sogenaamde sagte voorrade, soos
leë dose, maar
/nie ...
14. nie van drank nie.
Op die middag van 29 Desember 1983 is die dose met bottels brandewyn daarin
by die appellant se huis in twee voertuie gelaai. Later
die aand is die voertuie
by 'n padblokkade deur die polisie voorgekeer en is beslag op die drank
gelê.
Die appellant het ontken dat hy bewus daarvan was
dat die dose brandewyn bevat het, en het ook betwis dat hy enigiemand oorreed
het om op ongemagtigde wyse drank van-af die maatskappy
se perseel te verwyder
en by sy huis te berg. Sy weergawe is egter tereg deur die landdros ver-werp. En
hoewel dit nie uit die getuienis
blyk nie, kan met veiligheid aanvaar word dat
die appellant voor of op 29 Desember 1983 die drank aan 'n derde verkoop
het.
Die landdros het by straftoemeting in ag geneem dat die appellant vir bykans
20 jaar in diens van die maatskappy was; dat hy homself
vanaf die pos van 'n
klerk tot dié van voorman opgewerk het; dat hy as gevolg van
/die ...
15.
die diefstal sy werk verloor het; dat hy 'n eerste oor-treder was, en dat hy
op sewe-en-veertigjarige ouderdom 'n getroude man met
drie afhanklike kinders
was. Aan die ander kant van die skaal het die landdros in aanmerking geneem dat
die appellant sy vertrouensposisie
as voorman van die maatskappy misbruik het
deur die drank te steel; dat hy ander werknemers wat onder sy gesag geval
het,
oorreed het om hom by volvoering van die diefstal behulp-saam te wees;
dat die diefstal op planmatige wyse gepleeg was, en dat die
waarde van die drank
'n aansienlike bedrag beloop het. Wat laasgenoemde aspek betref, is daarop gewys
dat die feit dat die maatskappy
geen skade gely het nie, nie aan berou aan die
kant van die appellant te wyte was nie.
Die appellant is oorspronklik saam met twee ander persone aangekla.
Laasgenoemdes het skuldig gepleit, en daarna is 'n skeiding van
verhore beveel.
Een van die ander beskuldigdes was Saul Williams wat ook 'n werknemer
/van ...
16.
van die maatskappy was, en hy is op die diefstalklag ge-vonnis tot 'n boete
van Rl 500 of 300 dae gevangenisstraf plus 'n verdere
drie jaar gevangenisstraf
wat voorwaarde-lik opgeskort is. Die landdros het daarvan gewag gemaak dat daar
pariteit ten opsigte van
vonnisse moet wees, maar het ook daarop gewys dat die
appellant 'n veel meer senior-pos as Saul beklee het; dat hy finansieël
baie beter
daaraan toe was as Saul, en dat Saul, anders as die appel-lant,
berou getoon het deur skuldig te pleit. Die re-sultaat was dan dat,
soos reeds
gesê, die appellant op die diefstalklag gevonnis is tot 'n boete van R8
000 of drie jaar gevangenisstraf asook verdere
sodanige straf wat voorwaardelik
opgeskort is.
Die hof
a
quo
het nie bevind dat die landdros hom enigsins
wanvoorgelig het nie, maar het tot die slotsom gekom dat die vonnis op bedoelde
aanklag
ontstellend lig was. Die hof het verwys na vonnisse wat in 'n aan-tal
gerapporteerde sake opgelê is, maar het self erken
/dat ...
17.
dat die omstandighede wat daarin by vonnisoplegging ter
sprake was, heelwat van dié wat
in
casu
beoordeel moes
word, verskil het. Die hof het ook gelet op die faktore wat teen die wysiging
van die vonnis tot een van gevange-nisstraf
sonder die keuse van 'n boete
gespreek het, maar was van mening dat die verswarende faktore swaarder ge-weeg
het. Die is soos volg
opgesom:
"Wat veral teen appellant in die onder-hawige saak tel is, eerstens, sy
vertrouens-posisie by SFW; en tweedens, die feit dat hy ander
werknemers,
onderdanig aan hom, ver-lei het om hom in sy vuilwerk by te staan (dit was Saul
Williams, Alexander en ene Mrali)."
Aangaande hierdie passasie dien opgemerk te word dat daar geen getuienis was
dat die appellant ook vir Saul Williams verlei het nie,
en dat wat die
verwydering van drank op die eerste geleentheid betref, daar ook nie sprake was
dat Mrali verlei is nie. Ook het die
hof
a quo
fouteer deur elders in sy
uitspraak te sê dat die
/appellant ...
18
appellant "R12 755,19 se waarde van brandewyn" van sy werkgewer gesteel
het. Die getuienis was naamlik dat die groothandelwaarde van
1 585 bottels
brandewyn nage-noeg R10 100 was. Dit blyk nie presies hoeveel bottels gesteel is
nie, maar indien gevolg gegee word
aan 'n ge-tuie se skatting van "die aantal
verwyderde dose, was hoogstens 1 440 bottels betrokke. Die groothandelwaarde
daarvan was dan ongeveer' R9 000.
Dat die appellant hom ten opsigte van die dief-stalklag aan die pleging van
'n ernstige misdryf skuldig gemaak het, ly geen twyfel
nie. Ek is egter nie van
voorneme om al die verswarende, en ook versagtende, om-standighede waarop die
landdros en die hof
a
quo
gewys het, weer eens uiteen te sit nie.
'n Verdere faktor wat teen die appellant tel, is dat hy 'n bemiddelde man was
wat nie uit
geldnood die diefstal beplan het nie. Daar is dan ook nie rede om te
vermoed dat sy gesin veel sal ly indien hy weens die uitdiening
van tronkstraf
nie 'n
/inkomste ...
19.
inkomste kan verdien nie. Aan die ander kant kan 'n mens jou oë nie
sluit vir die oorweging dat die appellant nie net sy werk,
na 'n dienstyd van
nagenoeg 20 jaar, verloor het nie, maar dat indien hy wel 'n pensioen of ander
voordele ontvang het, dit waarskynlik
heelwat minder beloop as waarop hy
geregtig sou gewees het indien hy nie weens wan-gedrag ontslaan is nie. Voorts
blyk dit dat die
appel-
lant op Wellington waar hy woonagtig was, 'n gesiene
burger was wat o a in die kerkraad gedien het, en die effek van buitegeregtelike
sanksies wat aan 'n oortreding van 'n sede-norm op 'n plattelandse dorp geheg
word, moet sekerlik nie onderskat word nie. Dan ook
verteenwoordig die boete wat
opgelê is naastenby die waarde van die gesteelde goedere. Die belangrikste
versagtende faktor
is egter dat die appel-lant se werkgewer geen skade gely het
nie.
Ek is gevolglik van mening dat hoewel die landdros se vonnis aan die ligte
kant is, die hof a
quo
verkeerdelik bevind het dat dit ontstellend
onvanpas was (vgl
S v Hoffman
/1978 ...
20.
1978 (4) S A 61
(A) 65).
Die respondent se advokaat het toegegee dat, ob-jektief gesproke, die
landdros se vonnis nie ontstellend genadig was nie, maar het,
weliswaar sonder
veel oortuig-ing, aan die hand gedoen dat die hof
a
quo
die vonnis
in die uitoefening van 'n diskresie gewysig het. Hierdie betoog is klaarblyklik
ongegrond. Die vraag of 'n vonnis sodanig
lig of swaar is dat inmsiging
geregverdig is, is 'n objektiewe een ten aansien waarvan hierdie hof sy oordeel
in die plek van dié
van die eerste hof van appèl kan stel. Dit is
slegs wanneer die vraag tereg bevestigend beant-woord is deur laasgenoemde hof
dat dit opnuut in die uit-oefening van 'n diskresie oor 'n gepaste vonnis besin.
Dit, meen ek, is wat in die meerderheidsuitspraak
van hierdie hof in
Newton v
The State
(300/82) bevind is.
Die appèl slaag en die vonnis wat die hof
a
quo
in die
plek van dié van die landdros op die diefstalklag
/gestel ...
gestel het, word tersyde gestel.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
VILJOEN AR
JACOBS AR
STEM SAAM
VIVIER
AR
BOSHOFF WAR
21