About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
1999
>>
[1999] ZAWCHC 5
|
|
S v Matlala and Others (SS 97/1999) [1999] ZAWCHC 5 (13 December 1999)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
SS.97/1
999
DATUM
:
13
DESEMBER 1999
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
DANIEL
MATLALA
2.
MARTIN
WITBOOI
KENNETH
NERO
V
O N N I S
D
H VAN ZYL, R
:
Die
beskuldigdes is skuldig bevind aan roof, menseroof en moord op ene
Matthys Jurie Meyer, die oorledene. Die wyse waarop en die
omstandighede waaronder hierdie misdrywe gepleeg is, is reeds
volledig uiteengesit in my uitspraak ten opsigte van die
skuldigbevinding.
Uit
die getuienis van Mertyl Charmaine Kleynhans soos aangevul deur die
van dr I G Brouwer, Staatspatoloog, blyk dit duidelik dat
die
oorledene se laaste ure van sy lewe skrikwekkend moes gewees het. Hy
is nie net gewelddadig beroof van sy beurs, sleutels en
motor nie,
maar is daarna blootgestel aan uitgerekte, koelbloedige en genadelose
marteling. Dit het grotendeels gedraai om die
poging om sy geheime
PIN-nommer te bekom sodat enige verdere geldelike bates wat hy in sy
bankrekening sou gehad net, onttrek sou
kon word. Vanuit die
staanspoor het beskuldigde 1 en 2 horn op gewetenlose wyse, sonder
enige provokasie aan die kant van die oorledene,
met die hand en voet
aangerand oor bykans sy hele bolyf. Ek is nie seker dat die oorledene
vrywillig sy beurs en sleutels sou oorhandig
het as hulle daarop
aangedring het nie, sonder enige nodigheid vir 'n aanranding om horn
daartoe te verplig.
Beskuldigde
3 was nie betrokke by die aanvanklike aanranding nie of by die
beplanning om die oorledene te beroof nie, maar hy het
horn volkome
daarmee vereenselwig deur op heel opportunistiese wyse nader te kom
in die hoop dat hy self uit die berowing van die
oorledene sou baat.
Toe hy bewus raak van die motor, wat waarskynlik heelwat meer
kommersiele waarde gehad het as die R450,00 wat
in die oorledene se
beurs aanwesig was, het sy belangstelling toegeneem. Hy kon nie self
voluit aan die aanranding op die oorledene
deelneem nie, aangesien hy
'n besering aan sy hand gehad het. Hy het egter as 'n mindere
rolspeler daaraan meegedoen om die oorledene
agter in die voertuig in
te druk en aan sy een sy te sit om te verhoed dat hy sou probeer
wegkom.
Die
oorledene moes in die uiterste angs en vrees verkeer het. Toe hy
besef het dat die beskuldigdes nie wou aanvaar dat hy geen
geld in sy
rekening gehad het nie, het hy aan hulle eise toegegee deur aan hulle
die geheime nommer te verstrek. Toe hulle steeds
nie regkom nie, is
dit duidelik dat beskuldigdes 1 en 2 - veral beskuldigde 2 - sodanig
woedend geraak het dat hulle nie belang
gestel het in die oorledene
se aanbod om na sy huis te gaan waar hulle enigiets kon neem wat
hulle sou begeer nie. Dat die oorledene
daadwerklik gevrees het vir
sy lewe, blyk uit die hoeveelheid kere, volgens Mertyl se getuienis,
dat hy gesmeek het dat hulle horn
nie moet doodmaak of seermaak nie.
Hulle het hulle klaarblyklik nie aan sy smekinge gesteur nie en het
sy angs en vrees uitgerek
deur eers Mandrax en dagga te gaan koop en
dan in die voertuig te rook. Die onderonsie tussen beskuldigdes 1 en
2 oor wie die voertuig
moet bestuur, het geensins hulle aandag van
die oorledene afgelei nie. Inteendeel het beskuldigde 2, wat
deurentyd sy mes ten toon
gestel het en dit reeds teen die oorledene
se gesig gedruk het toe hy sy geheime nommer probeer ontlok het, met
onbeheersde aggressie
die oorledene uit die voertuig geruk en gedreig
om horn daar en dan met die mes dood te steek. Dit wil voorkom dat,
wanneer ook
al beskuldigde 1 horn vies gemaak het, hy (beskuldigde 2)
sy misnoee op aggressiewe wyse op die oorledene uitgehaal het.
Weliswaar
het beskuldigde 3, en by geleentheid ook beskuldigde 1,
horn probeer keer om met sy moorddadige voorneme op daardie stadium
voort
te gaan.
Presies
hoe lank hulle herwaarts en derwaarts gery het blyk nie uit die
getuienis nie. Dit moes egter 'n aansienlike tyd gewees
het, soos sal
blyk uit die mediese getuienis waarna ek later verwys.
Vir
die oorledene moes dit ondraaglik gewees het. Nadat hulle klaar die
Mandrax en dagga gerook het en hulle aandag weer op horn
gevestig
het, moes hy besef het dat sy lewe en welsyn vir hulle niks beteken
nie. Hy het waarskynlik besef dat die einde naby is,
toe hulle by die
bos stilhou en hom daar insleep. Vir die eerste keer het hy om hulp
geroep toe hulle sy arms en bene met kleefband
vasmaak. Sy hulpelose
en hopelose krete is waarskynlik bykans oombliklik afgesny toe daar
ook om sy mond kleefband gedraai is.
Teen daardie tyd was hy seker in
'n ernstige verswakte toestand. Ek het weinig twyfel dat die ergste
geweld reeds in daardie stadium
teen hom gerig is. Soos blyk uit dr
Brouwer se verslag, moes hy sodanig geworstel het in sy poging om die
dood af te weer, dat
die kleefband van sy bolip afgeskuif het en deur
sy mond beweeg het, soos sy dit gevind het.
Sy
het ook bevind dat die band styf om sy nek gebind was op so 'n wyse
dat hy waarskynlik verwurg is. Soos sy in haar getuienis
uitgewys
het, was dit waarskynlik die terminale oorsaak van die dood wat
reeds, volgens haar, 36 uur of meer vroeer plaasgevind
het. Sy het
die lyk omstreeks 14h30 op Dinsdag 7 Julie by die toneel ondersoek.
Sy dood moes dus voor 02h30 gedurende die vroee
oggend van Maandag 6
Julie plaasgevind het, dit wil se ongeveer
2Yi
uur
nadat die oorledene vir die eerste keer buite die kroeg aangerand en
beroof is.
Die
oorledene was nie 'n groot man nie. Volgens die lykskouingsverslag
was hy maar 1,7 meter lank met 'n massa van 59 kilogram.
Sy
liggaamsbou was klein. Dit is dus duidelik dat hy weinig weerstand
sou kon gebied het teen die beskuldigdes se aggressie.
Die aard van
die beserings wat dr Brouwer aan die oorledene se liggaam gevind
het, getuig van naakte, barbaarse en onbeteuelde
geweld. Bykans sy
hele liggaam was oortrek van kneusings en skaafplekke. Die frakture
van sy hio'i'ed been, sternum en ribbes,
wat uitgebreide bloeding
veroorsaak het, en die veelvuldige skeure aan sy lewer getuig van
ernstige stompgeweld. Dit strook met
die beskuldigdes se direkte
opset om die oorledene te vermoor. Ten spyte van Mertyl se
versekering dat hulle nie die bedoeling
gehad het om horn te dood
nie, moet dit noodwendig uit die aard van omvang van hierdie
beserings afgelei word dat die beskuldigdes
die oorledene wou
vermoor of sonder twyfel besef het dat hy as gevolg van sodanige
beserings sou beswyk. Daar is by my ook weinig
twyfel dat hy reeds
dood was toe hulle horn in die bos agtergelaat het of andersins baie
naby aan die dood was.
By
beoordeling van die ems van die misdade wat deur die beskuldigdes
gepleeg is teen 'n onskuldige en ongewapende man wat die
aand niks
meer wou doen as om 'n biertjie te drink en biljart te speel nie,
kan die aard van hulle optrede nie anders beskryf
word as barbaars
en afskuwekkend nie. Die gemeenskap is reeds tot oorlopens sat vir
hierdie soort van sinnelose geweld wat teen
onskuldige en skadelose
lede van die gemeenskap gepleeg word - dikwels vir net 'n paar rand.
In die onderhawige geval het dit
gegaan oor R450,00 en 'n gebruikte
motor waarvan die waarde nie bepaal was nie, maar wat seker nie te
veel vir die beskuldigdes
in die sak sou bring nie.
Die
gemeenskap eis dat die howe streng moet optree teen hierdie soort
van misdrywe wat niks anders is as stedelike terreur nie.
Die Hof
neem natuurlik in aanmerking die relatiewe rol gespeel deur elk van
die beskuldigdes sover dit uit die getuienis vasstelbaar
is. Die
inisiatief het gekom van beskuldigde 1, met beskuldigde 2 'n
gewillige en oordadige aanhanger wat bereid was om op die
geringste
provokasie die oorledene met sy mes dood te steek. Beskuldigde 3 was
nie betrokke by die beplande roof binne-in die
kroeg nie, maar het
nie, soos ek reeds gese het, gehuiwer om hom daarby aan te sluit
sodra hy bewus geraak het van wat aangaan
nie. Hoewel hy nie 'n
leidende rol gespeel het in die aanranding nie, het hy hom in alle
opsigte daarmee vereenselwig en was
by die moordtoneel direk
betrokke by die vasmaak van die oorledene se arms en bene. Skynbaar
het sy handbesering hom nie gekeer
om hieraan aandadig te wees nie.
Hoewel
beskuldigde 1 die voertuig daarna vir homself toegeeien het, het
beskuldigdes 2 en 3 steeds saam met hom daarvan gebruik
gemaak en
die wrange vrugte van hul misdadigheid gepluk. Ek neem in hierdie
verband in ag dat beskuldigdes 1 en 2 aanvanklik
slegs 'n roof op
die oorledene beplan het. Die menseroof het daarna as 'n doel
ontwikkel toe hulle besef het dat die oorledene
'n voertuig en 'n
bankkaart het.
Die
moord was ook nie vroeg beplan nie, maar het ook later met verloop
van die gebeure hom as 'n moontlikheid voorgedoen. Ek is
onder die
indruk dat die besef dat hulle nie met die oorledene se bankkaart
sou regkom nie, hulle laat besluit het om van hom
ontslae te raak.
Dit mag wees dat hulle hom aanvanklik net wou aflaai op 'n stil plek
maar die aard van die beserings dui daarop
dat hulle in 'n later
stadium besluit het om permanent van hom ontslae te raak. Terwyl
daar geen bewys is dat die mandrax of
dagga hulle verwytbaarheid
geaffekteer het nie, is ek bereid om te aanvaar dat dit wel 'n rol,
hoe gering ook al, gespeel het
aangesien dit eers na die roof by
hulle opgekom het dat hulle met die oorledene iets moet doen.
Vir
doeleindes van vonnis weeg die Hof die ems van die misdaad ewewigtig
op met die gemeenskapsbelang en die persoonlike omstandighede
van
die betrokke beskuldigdes. Beskuldigde 1 is 30 jaar oud en getroud.
Daar is twee kinders van onderskeidelik sewe en drie
jaar out uit
hierdie huwelik gebore. Hy is ook die vader van 'n buite-egtelike
kind van vier jaar. Die moeder van laasgenoemde
kind is ene Mara. Hy
het slegs tot st.3 op skool gevorder. Hy het eers betreklik onlangs
na misdaad gedraai. Sy vorige veroordelings
dateer terug na 1997 en
sluit in diefstal, besit van 'n wapen en ammunisie sonder lisensie
en gebruik of besit van dagga. Geen
geweldsmisdrywe blyk uit sy
kriminele rekord nie.
Beskuldigde
2 is 20 jaar oud en is ongetroud en sonder afhanklikes. Hy het sy
vader nooit geken nie en is deur sy moeder grootgemaak.
Hy het slegs
een vorige veroordeling wat gepleeg is toe hy 13 jaar oud was en dus
'n jeugdige, naamlik, roof van R50,00. Vir
doeleindes van vonnis
meen ek dat dit nie veel gewig kan dra nie.
Beskuldigde
3 is 31 jaar oud en die vader van 'n seun wat tans tien maande oud
is. Hy het st.9 op skool geslaag en het vyf jaar
lank in die weermag
gedien as instrukteur. Hy is Tswana van oorsprong maar het in
Kimberley grootgeword waar hy Afrikaans baie
goed magtig geraak het.
Hy kom oor as 'n intelligente mens wat met sy ingebore talente 'n
sukses van sy lewe sou kon maak, maar
wat tog in sy vroee
twintigerjare in die wereld van misdaad opgevang geraak het. Sedert
1 991 is hy reeds ses keer aan diefstal
skuldig bevind. Gedurende 1
992 is hy ook skuldig bevind aan besit van 'bn wapen sonder
lisensie. .
t
Ek
het reeds vermeld dat beskuldigde 3 'n mindere rol gespeel het in
die aanrandings op die oorledene en nie betrokke was by die
aanvanklike plan om die oorledene te beroof nie. Van belang is
verder dat tydens die betoog oor versagting, hy besluit het om
te
getuig oor sy aandadigheid by die misdrywe. Hy het afgesien van sy
verweer van 'n alibi en 'n relaas aan die Hof voorgehou
wat in
wesenlike opsigte strook met die van Mertyl. Weliswaar het hy sy eie
rol so klein as moontlik gehou, maar hy het besef
dat hy hom
vereenselwig het met die optrede van beskuldigdes 1 en 2 en Mertyl
en dus ook skuldig is soos aangekla. Hy het berou
getoon vir wat hy
gedoen het, hoewel sy berou waarskynlik eerder op sy huidige posisie
gerig word as op die oorledene as slagoffer
van die misdrywe.
Nogtans meen ek dat daar na aanleiding hiervan versagtende
omstandighede in sy geval teenwoordig is wat nie
by beskuldigdes 1
en 2 gevind is nie. Dit beteken nie dat hy lig gestraf moet word
nie. Daar is na mening slegs een soort van
straf wat uit die
verskillende moontlike vonnisopsies in die onderhawige geval gepas
sal wees en dit is langtermyn gevangenisstraf.
Ek meen egter dat die
versagtende omstandighede in beskuldigde 3 se geval 'n enigsins
ligter straf regverdig as in die geval
van beskuldigdes 1 en 2. In
hierdie verband plaas ek op rekord dat daar geen statuter
voorgeskrewe minimum vonnis in die onderhawige
geval van toepassing
is nie.
Na
oorweging van al die voormelde feite en omstandighede, en by
toepassing van die relevante regsbeginsels, meen ek dat die volgende
vonnisse op elk van die aanklagte gepas en geregverdig is:
Aanklag
1, die roof van 'n beurs bevattende R450,00 kontant, sleutels en 'n
motorvoertuig - beskuldigde 1
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
,
beskuldigde 2
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
en beskuldigde 3
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
2, die menseroof gepleeg ten opsigte van die oorledene deur horn sy
vryheid van beweging te ontneem en in 'n motor in
te dwing en
geruime tyd met horn rond te ry - beskuldigde 1
TWAALF
(12) JAAR GEVANGENISSTRAF
,
beskuldigde 2
TWAALF
(12) JAAR GEVANGENISSTRAF
en beskuldigde 3
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
3, die moord op die oorledene - beskuldigde 1
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
beskuldigde 2
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF
en beskuldigde 3
TWINTIG
(20) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Dit
word gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien sal word. Dit
beteken dat die volgende vonnisse effektief opgele word:
beskuldigde
1
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
beskuldigde 2
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
beskuldigde 3
TWINTIG
(20) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Die
Hof wil op hierdie stadium sy dank uitspreek teenoor sersant Bailey
en sy ondersoekspan vir die knap wyse waarop hulle hulle
van hulle
taak gekwyt het in hierdie saak. Baie dankie ook aan die regspan wat
hulle bes gedoen het vir die onderskeie partye
vir wie hulle
opgetree het.
D
H VAN ZYL, R
OORSKRYFSTER
SE SERTIFIKAAT