About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
1999
>>
[1999] ZAWCHC 7
|
|
S v Hess (SS100/1999) [1999] ZAWCHC 7 (17 November 1999)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS1
00/1999
DATUM
:
17
NOVEMBER 1999
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
GERALD
HESS
V
O N N I S
VAN
ZYL. R
:
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan die verkragting van en die moord op
’
n
8-jarige dogtertjie, Monique May. Die beginsels ten opsigte van
strafoplegging en die oorweging van
’
n
gepaste straf is bekend en behoef geen herhaling nie. Dit spreek
vanself dat sodanige beginsels toegepas word met inagneming van
al
die relevante feite en omstandighede van toepassing op die betrokke
misdade.
Wat
betref die beskuldigde se persoonlike omstandighede het hy self
getuig. Hy was 20 jaar oud en in St.8 ten tye van die misdade.
Hy is
ongetroud en het geen kinders nie, hoewel
’
n
kind wat hy gehad het gedurende 1996 oorlede is. Hoewel hy St.6
gedruip het, het hy gemiddeld op skool presteer met punte wat
tussen
50% en 60% gewissel het. Op skool het hy vriende gehad en het rugby
gespeel. By voltooiing van St.8 het hy uit eie keuse
die skool
verlaat en begin werk, eers by
’
n
brouery en daarna by
’
n
drankkleinhandelaar. Hy het in
’
n
vroee stadium in sy lewe reeds met die gereg gebots. Hy was skaars
twaalf jaar oud toe hy in 1987 aan verskeie aanklagte van huisbraak
aan skuldig bevind is. Op die een aanklag is hy tot drie houe met
’
n
ligte rottang gevonnis en op die ander is uitgestel ingevolge artikel
297(1) (a) (11) van Wet 51 van 1977. Meer onlangs gedurende
1994 en
1995 is hy twee maal skuldig bevind aan gewone aanranding, op die
eerste is hy gevonnis tot ses houe met
’
n
ligte rottang en op die tweede een tot R50 boete. Op 7 November 1996
is hy skuldig bevind aan die verkoop van drank sonder
’
n
lisensie en is tot R300 beboet, alternatiewelik drie maande
gevangenisstraf gevonnis. Slegs die aanrandingsaanklag is relevant
vir doeleindes van vonnisoplegging in die huidige saak.
Soos
tereg deur advokaat Nel uitgewys, kan hulle nie as ernstig aangemerk
word nie en vir doeleindes van hierdie saak word hulle
buite rekening
gelaat.
Advokaat
Nel het ter versagting aangevoer die relatiewe jeugdigheid van die
beskuldigde ten tye van sy misdade asook die feit dat
drankinname
waarskynlik
’
n
rol gespeel het, sy optrede was nie vooraf beplan nie, maar het
waarskynlik op die ingewing van die oombiik geskied.
Toe
die beskuldigde gevra is of hy berou het oor die misdade, was sy
antwoord dat hy ongelukkig is oor wat gebeur het en meer spesifiek
omdat
’
n
persoon dood is.
Ek
neem in ag die jeugdigheid van die beskuldigde, hoewel dit slegs
relatief is en nie besondere gewig dra in die lig daarvan dat
hy
reeds vanaf 12-jarige ouderdom met die gereg begin bots het. Dit mag
wees dat drank
’
n
rol gespeel het, maar in hierdie verband het die beskuldigde nooit
die Hof in sy vertroue geneem deur met die ware feite na vore
te kom
nie. Hy het tot die einde toe daarin volhard dat hy niks onthou van
die verkragting of verwurging nie. As hy nie minstens
sy handelinge
erken nie, is dit vir hierdie Hof onmoontlik om vas te stel welke
mate hy deur drank aangetas was en of hy as gevolg
daarvan miskien
verminderd toerekeningsvatbaar is. Hy het geen getuienis voorgele van
die hoeveelheid drank wat hy sou in geneem
het nie. Hy het bloot gese
dat hy vroegoggend gedrink het en dat die wyn teen die aand met hom
begin werk het, soos hy dit gestel
het. As hy so dronk was as wat hy
wil voorgee, sou ander persone op die perseel in alle waarskynlikheid
dit opgelet het. Slegs
Everts was bereid om toe te gee dat hy onder
die invloed van drank was, maar nie sodanig dat hy nie geweet het wat
hy doen nie.
Op
sterkte van Everts se getuienis is ek wel bereid om te aanvaar dat
drankinname
’
n
rol gespeel het ten tye van die beskuldigde se besluit om die
oorledene na nommer 7 te neem om haar aldaar te verkrag. Ek aanvaar
ook dat dit
’
n
rol kon gespeel het toe hy besluit het om haar te verwurg in alle
waarskynlikheid om te keer dat sy teen hom oor die verkragting
sal
getuig.
Ek
stem saam met advokaat Currie dat die beskuldigde geen berou getoon
het vir sy dade nie. Dit wil voorkom asof hy daaroor ongelukkig
voel
omdat hy gevang is eerder as wat hy berou het oor sy gruweldade wat
die lewe van
’
n
jong dogter kortgeknip het. Ek beskou die uitermatige asosiale gedrag
van die beskuldigde as ernstig verswarend omdat hy meegedoen
het aan
die soektog na Monique en ewe hulpvaardig haar lewelose liggaampie
gevind het en die huis ingedra het. Dit, toe hy haar
self gedood het
en haar lyk geneem het na die plek waar hy dit kwansuis gevind het.
Om dinge nog te vererger het hy daarna as staatsgetuie
teen ene
Sydney Smith getuig wetende dat Smith onskuldig is en dat hy self die
geweldenaar was wat vir die verkragting en moord
verantwoordelik was.
Daardeur het hy horn versoen dat
’
n
onskuldige persoon moontlik aan die misdade wat hy gepleeg het
skuldig bevind sou kon word,
’
n
Mens kan jou skaars indink dat iemand op
’
n
meer immorele en lafhartige wyse sou kon optree.
Die
erns van die misdade waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, kan
skaars in woorde uitgedruk word. Die brose liggaampie van
’
n
pragtige onskuldige dogtertjie, wat slegs agt jaar oud was, is op die
gruwelikste wyse aangerand en onteer. Met haar skraal liggaannsbou
en
klein massa van 25 kilogram, kon sy kennelik nie enige
noemenswaardige weerstand bied teen die beskuldigde,
’
n
uitgegroeide fris jong man wat in alle waarskynlikhede met
’
n
mes of soortelyke wapen bewapen was. Die angs en vrees wat Monique
moes ervaar het toe die beskuldigde, vir haar
’
n
totaal vreemde persoon, tot oorgawe gedwing het, moes geweldig gewees
het. Die prik- of snymerkies aan haar nek en die sny op
haar wang dui
daarop dat die beskuldigde nie tevrede was om haar met die skerp
voorwerp te dreig nie, maar inderdaad nie gehuiwer
het om dit fisies
teen haar te gebruik nie. Die skaaf- en kneuswonde aan haar hele lyf
was aanduidend van onbeheersde geweld terwyl
hy haar klere verwyder
het en toe seksueel met haar verkeer het. Sy was
’
n
ongerepte kinderlike maagd wat haas ondraaglike pyn moes verduur het
toe die beskuldigde met sy volgroeide orgaan die teerheid
van haar
privaatdele binnegedring het. Toe hy sy onbeheersde seksuele drang op
hierdie wyse bevredig het, het sy miskien vir
’
n
paar oomblikke gedink dat die ergste darem verby is want hy het haar
toe aangetrek, gehelp aantrek of miskien toegelaat het om
haarseif te
probeer aantrek. Sy kon nie weet wat in sy kop aangegaan het toe hy
Ronel Jansen se damesbroekie uit die klein kassie
se laai gehaal het
nie. Die pyn en angs wat sy reeds ervaar het is binne oomblikke tot
die uiterste vermenigvuldig gewees het toe
hy die broekie om haar nek
draai en begin wurg het totdat sy glad nie meer asem kon haai nie.
Genadiglik moes sy kort daarna haar
bewussyn verloor het en die dood
het nie lank daarna ingetree.
Die
openbare belang verg sonder meer dat die pleging van misdade van
hierdie aard swaar gevonnis moet word. Daar het in die laaste
tyd al
hoe meer stemme opgegaan oor die noodsaaklikheid om misdade teen
kinders te bekamp, veral die seksuele molestering en verkragting
van
meisies en vrouens het onder die soeklig gekom en selfs aanleiding
gegee tot wetgewing wat swaar minimum vonnisse vir sulke
wandade
voorskryf. Die betrokke wetgewing is nie in die onderhawige geval van
toepassing nie, maar die openbare belang wat aandring
op swaar
vonnisse in sulke gevalle moet ewewigtig
met
die ander toepaslike beginsels vir doeleindes van die oplegging van
’
n
geskikte en gepaste vonnis oorweeg word.
!n
die lig van die feite en omstandighede hierbo uiteengesit en na
oorweging van die toepaslike beginsels en faktore wat slaan
op
vonnisoplegging, is ek die mening toegedaan dat slegs die swaarste
vonnis ten opsigte van sowel die verkragting as moord geregverdig
kan word as
’
n
geskikte en gepaste straf vir die barbaarse en gruwelike optrede
waaraan die beskuldigde hom skuidig gemaak het.
Die
vonnis van die Hof is derhalwe die volgende:
1.
Op aanklag 1, die verkragting van Monique May, word die beskuldigde
tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
gevonnis.
2.
Op aanklag 2, die moord op Monique May, word die beskuldigde tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
gevonnis.
Dit
spreek vanself dat die vonnisse samelopend is.
VAN
ZYL, R