About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 81
|
|
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v Swart (90/86) [1987] ZASCA 81; [1987] 2 All SA 443 (A) (1 September 1987)
90/86 N v H
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
en
B J P SWART
SMALBERGER, AR:-
90/86
IN DIE HOOGGEREGSHQF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
Appellant
en
BAREND
JACOBUS PETRUS SWART
Respondent
CORAM
: VILJOEN, JACOBS, et SMALBERGER, ARR
VERHOORDATUM
: 20
AUGUSTUS 1987
LEWERINGSDATUM
: 1 SEPTEMBER 1987
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Op 12 Mei 1982 het daar 'n botsing op die
Buffelsdrift/Sentrumpad plaasgevind toe 'n bakkie bestuur deur die respondent
agter teen 'n stilstaande vragmotor en
sleepwa /
2
sleepwa vasgery het. Laasgenoerade voertuig was deur die appellant
verseker kragtens die bepalings van die Wet op Verpligte
Motorvoertuigversekering
No 56 van 1972 (die ver= sekerde voertuig).
Voortspruitend uit beserings deur hom in die botsing opgedoen, het die
respondent (as
eiser) 'n eis om skadevergoeding teen die appellant (as
verweerder) in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel. By die verhoor
was
alleenlik die meriete van die respondent se eis in geskil aangesien daar vooraf
deur die partye op die kwantum van sy skade ooreengekom
is. Die verhoorregter
(HARTZENBERG, R) het bevind dat die bestuurder van die versekerde voertuig sowel
as die respondent nalatig
was met betrekking tot die botsing en hulle onderskeie
grade van nalatigheid op 70% en 30% bepaal.
Gevolglik /
3
Gevolglik het hy die respondent se ooreengekome skade met 30% verminder,
en hom skadevergoeding in die bedrag van R57 999-20 toegeken.
Met verlof van die
verhoorregter kom die appellant nou in hoër beroep na hierdie Hof. Die
uitspraak van die hof
a quo
is gerapporteer in 1986(2) SA 377 (T).
Die botsing het skuins na 11 uur die oggend op 'n
sonskyn en betreklike windstille dag plaasgevind. Die betrokke pad het 'n los
gruis oppervlakte. Dit is gemene saak dat die pad by
die ongelukstoneel 14.8
meters breed, reguit en vir alle praktiese doeleindes gelyk is. Insgelyks is dit
gemene saak dat die versekerde
voertuig ten tyde van die botsing stilstaande was
en dat dit, onmiddellik voordat dit tot stil= stand gekom het, in dieselfde
rigting
as die respondent se
voertuig /
4
voertuig beweeg het. Die getuienis regverdig die afleiding dat die
versekerde voertuig min of meer in die middel van die linkerkantste
helfte van
die pad gestaan het.
Die omstandighede wat die botsing onmiddellik voor= afgegaan het, en wat
daartoe aanleiding gegee het, word op bl 379 G - J van die
gerapporteerde
uitspraak uiteengesit. Gerieflikheidshalwe word dit hierin herhaal.
"Volgens die eiser se getuienis was hy die oggend op pad na Sentrum met sy
Peugeot bakkie. Daar was vier Swart vrouens agterop die
bakkie wat vir sy
werkers inkopies wou doen. Omtrent vyf kilometer noord-wes van die punt van
botsing sluit die Cumber= land pad
by die Buffelsdrift/Sentrum pad aan. Daardie
aansluiting word deur 'n toegeeteken beheer. Toe hy die aansluiting nader, was
daar
op die Buffels= drift/Sentrum pad 'n beesvragmotor met sleepwa en hy het
toegelaat dat die vragmotor voor hom in die pad inval. Hy
het vir ongeveer vyf
kilometer agter
hierdie /
5
hierdie vragmotor gery. Volgens han het hy op so 'n afstand gery dat die
stof han nie meer gepla het nie en dat hy 'n redelike afstand
voor ham kon sien.
Hy sê egter dat die stof somtyds vlagies genaak het wat 'n bietjie dikker
was en dat ofskoon jy nog daardeur
kon sien hy dan in die stof gery het en nie,
soos hy vir die grootste deel van die vyf kilo= meter, agter die stof gery het
nie.
Volgens hom het hy op 'n afstand van ongeveer 35 meter skielik die
obstruksie voor hom in die pad opgemerk. Hy het gerean en probeer
draai maar het
nie daarin geslaag nie en die bakkie het agterin die sleepwa ingeskuif.
Volgens han (die eiser) was die versékerde voertuig vol stof aan die
agterkant en was die chevrons nie sigbaar nie. Ook die
agterligte was bedek met
stof. Hy beweer dat as'die voertuig beweeg het hy dit sou gesien het maar omdat
dit stilstaande was en dieselfde
kleur as die stof gehad het, hy dit nie kon
sien nie."
Geen getuienis is namens die appellant aangebied nie. Die
getuienis van die respondent en sy getuies is tereg deur die verhoorregter
aanvaar. Aangesien daar geen bewering of getuienis was dat die versekerde
voertuig onklaar geraak het nie, is daar blykbaar niks
wat die bestuurder
daarvan verhoed het an meer na links op die padoppervlakte stil te gehou het
nie. Hy kon
desnoods /
6
desnoods gedeeltelik of heeltemal van die padoppervlakte afge= trek het,
te oordeel na die getuienis en die foto's van die omgewing
wat as bewysstukke
ingedien is. Al het die verseker= de voertuig onklaar geraak en nie geskuif kon
word nie het die bestuurder daarvan
klaarblyklik geen voorsorgmaatreëls
getref nie om enige gevaarsituasie wat daardeur geskep is, die hoof te bied
.
Die vraag wat beide by die verhoor en op appèl
ontstaan het, is of die bestuurder van die versekerde voertuig nalatig was
en, indien wel, tot welke mate sy nalatigheid tot die botsing
bygedra het. Die
vraag of die bestuurder nalatig was al dan nie moet beantwoord word aan die hand
van die alge= mene nalatigheidskriterium
soos in hierdie Hof geformuleer in
Kruger
/
7
Kruger v Coetzee
1966(2) SA 428 (A) op 430
E, en gedagtig aan
die beginsel wat herhaaldelik beklemtoon is dat
"(E)ach case in which it is said that a motorist is negligent must be decided
on its own facts. Negli= gence can only be attributed
by examining the facts of
each case. Moreover, one does not draw inferences of negligence on a piecemeal
approach. One must con=
sider the totality of the facts and then decide whether
the driver has exercised the standard of conduct which the law requires.
The
standard of care so required is that which a reasonable man would exercise in
the circumstances and that degree of care will
vary according to the
circumstances. In all cases the question is whether the driver should reasonably
in all the circumstances have
foreseen the póssibility of a
collision."
(per GALGUT, Wn AR in
Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd v
Mtkombeni
197.9(3) SA 967 (A) op 972 A - D. )
Waar 'n voertuig op 'n ope pad op die ryoppervlakte
stilhou d w s op daardie deel van die padoppervlakte waaroor ander verkeer
gewoonweg beweeg, en sodoende 'n hindernis veroorsaak,
kan
dit /
8
dit, afhangende van die omstandighede, 'n gevaar vir ander padgebruikers
skep. Behalwe in uitsonderlike gevalle (vgl
Von Wielligh v Protea Verse=
keringsmaatskappy Bpk
1985(4) SA 293 (K)) sou daar nouliks bevind kon word
dat 'n bestuurder wat helder oordag op so 'n wyse stilhou op 'n reguit, gelyk,
stoflose pad nalatig is. (Vgl
Du Toit v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk
1975(3) SA 523 (0).) Waar daar egter so stilgehou word, onder meer, om 'n
draai, of net onderkant die kruin van 'n heuwel, of in die nag, of in
amstan= dighede van belemnerde of swak uitsig, sou dit waarskynlik
(weereens
afhangende van die onstandighede) wesenlike gevaar vir ander padgebruikers
inhou, en sou 'n
diligens paterfamilias
sodanige gevaar voorsien en
daarteen waak. Versuim om in so 'n geval redelike stappe te doen am daarteen te
waak sou op nalatigheid
neerkom. (Vgl
Grobbelaar v Federated Rtployers Insurance Co Ltd en '
n
Ander
1974(2) SA 225 (A);
Nkuta v Santam Assuransie Maatskappy Bpk
1975(4) SA 848 (A).) Redelike voorsienbaarheid aan die kant
van 'n motoris wat op die ryoppervlakte stilhou dat sy optrede
skade /
9
skade aan 'n ander kan berokken, is nie beperk tot
onmiddellike aankomende of agtervolgende verkeer nie maar strek ook, afhang=
ende
van die omstandighede en onderhewig aan die beperkings ge= stel deur die
oorsaaklikheidsleer, tot ander padgebruikers.
Met die oog op die voorafgaande
is ek dit volkome eens met die bevinding van die verhoorregter op bl 383 B - E
van die gerapporteerde
uitspraak. Gerieflikheidshalwe haal
ek dit aan:
"In my oordeel sou 'n redelike man voorsien het dat daar gelyktydig verskeie
voertuie op die pad kan wees en dat, vanweë die
feit dat die pad '
n
grondpad is, voertuie stof sou opskop en so die uitsig van ander verkeer kon
belemmer. Hy sou verder voorsien het dat onder sulke
omstandighede bestuurders
soms te naby aan ander voertuie ry, of weens onagsaamheid of weens die feit dat
hulle by ander voertuie
verby wil gaan, wetende dat dit onveilig is maar waar
dit onprakties is om bv vir kilometers agter 'n stadig= bewegende vragmotor
te
ry. Hy sou verder voorsien
het dat /
10
het dat sy voertuig in 'n stofwolk moeilik sigbaar sou wees vanweë die
stof daarop. In my oordeel sou die redelike man besef
het dat deur die voertuig
op die kruin van die pad in 'n stilstaande posisie te laat, potensiële
gevaar vir ander padgebruikers
inhou. Hy sou daarteen gewaak het, òf deur
heelte= mal van die pad af te trek en op die skouer te parkeer òf indien
dit om een of ander rede nie moont= lik was nie, soos bv omdat die vragmotor nie
kon beweeg nie, deur voorsorgmaatreëls te tref
deur driehoeke uit te sit of
desnoods aankomende verkeer persoonlik te waarsku of deur iemand anders te laat
waarsku."
Namens die appellant is daar aangevoer dat die
respondent se optrede
roekeloos of grof nalatig was en dat die bestuurder van die versekerde voertuig
nie redelikerwys verwag kon
word om teen sulke gedrag te waak nie. (Vgl
Griffiths v Netherlands Insurance Co of SA Ltd
1976(4) SA 691 (A) op 697
B - C. ) Ofskoon, soos deur die verhoorregter bevind, die
respondent /
11
respondent in 'n mate nalatig was met betrekking tot die botsing kan daar
geen sprake van roekeloosheid of growwe nala= tigheid aan
sy kant wees nie.
Inteendeel gee sy getuienis die indruk dat hy deurgaans op verantwoordelike wyse
opgetree het behalwe dat hy te
naby agter die stofwolk gery het en sodoende
veroorsaak het dat sy uitsig belemmer is asook sy kanse om enige gevaar wat voor
of
in die stofwolk sou skuil , te vermy. Sy optrede is heeltemal te onderskei
van dié van die bestuurders in sake soos
Wilson v MacKay and
Another
1962(3) SA 291 (FSC),
R v Times
1941 EDL 38
en
Rondalia
Assurance Corporation of SA Ltd v Mtkombeni
(
supra
) waarna ons verwys
is. Daar bestaan gevolglik geen grondige basis vir inmenging met die
verhoorregter se bevinding dat die bestuurder
van die versekerde voertuig
nalatig /
12 nalatig was nie.
Namens die appellant is daar ook betoog
dat die grade van nalatigheid van die bestuurder van die versekerde voertuig en
die respondent
onderskeidelik te hoog en te laag deur die verhoorregter
aangeslaan is. Die vraag of die ver= hoorregter 'n onjuiste siening in
dié
verband gehad het, moet beoordeel word aan die hand van die beginsels
neergelê in
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk en 'n Ander v Strydom
1977(4) SA 899 (A) op 912 E - 913 A. Daaruit blyk dit duidelik dat hierdie Hof
nie ligtelik sal inmeng met sy verdeling van skade
nie. Na my mening is die
verhoorregter se benadering tot die getuienis, soos blyk uit bl 384 D - G van
die gerapporteerde uitspraak,
en die waardebepaling deur hom gemaak, suiwer
en
laat dit nie ruimte vir inmenging nie.
Die / ...
Die appel word van die hand gewys, met koste.
J W SMALBERGER
VILJOEN, AR ) JACOBS, AR )
13