About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
1998
>>
[1998] ZAWCHC 4
|
|
S v Goliath (SS64/98) [1998] ZAWCHC 4 (3 November 1998)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF.
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS64/98
DATUM
:
3
November 1998
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
VINCENT
JAMES GOLIATH
VONNIS
CLEAVER. R
Mnr Goliathu is gister deur hierdie hof skuldig bevind op drie
aanklagtes, 'n klagte van aanranding met die opset om ernstig te
beseer, 'n klagte van gewone aanranding en 'n klagte van moord. Dit
word van my verwag om by die bepaling van 'n gepaste straf
drie
besondere elemente in ag te neem, eerstens die aard van die misdaad;
tweedens die belang van die gemeenskap en derdens u persoonlike
omstandighede.
Ek hoef nie veel te se oor die aard van die twee ernstige misdade
nie, die getuienis van mevrou Stone, wat deur hierdie hof aanvaar
is,
was dat daar 'n wrede aanval op haar plaasgevind het. Wat moord
betref is dit nie nodig om te beklemtoon hoe ernstig 'n misdaad
moord
is nie. Die neem van 'n ander persoon se lewe is 'n finale stap wat
nie reggestel kan word nie, en die effek op die mense
wat agterbly is
geweldig. Ek hoef net te verwys na Delia Jacobs se moeder wat tot
vandag nog nie vrede gemaak het met die moord
op haar dogter nie.
In vroeere tye kon 'n hof die doodstraf ople waar daar nie
versagtende omstandighede bewys is nie, so ernstig word die misdaad
gesien en beskou.
As ek kom by die belang van die gemeenskap meen ek dat ek nie die
posisie sal oordryf as ek se dat die gemeenskap in die tye waarin
ons
vandag leef verlang dat daar streng opgetree moet word teen persone
wat hulle skuldig maak aan geweld, en veral moord. Ongelukkig
is
geweld 'n daaglikse verskynsel in die Suid-Afrikaanse samelewing, en
veral hier in die Wes-Kaap. soveel so dat gemeenskapsleiers
gekla het
oor die posisie en die Parlement dit goed gesien het om nuwe minimum
strawwe te bepaal vir sekere geweldsmisdade. Daar
kan na my mening
geen twyfel wees dat die gemeenskap verlang dat hulle beskerm moet
word teen persone wat moord pleeg.
As ons by u persoonlike omstandighede kom is daar baie min wat voor
my gele is. Ek weet dat u 31 jaar oud is, dat u die derde van
vier
kinders is, dat u saam met u moeder leef, dat u vir haar sorg tot 'n
mate, of bydra tot die familie onkostes Ek is meegedeel
dat u vader
oorlede is toe u agt jaar oud was, dat u nie getroud is nie en dat u
nie kinders het nie. U het tot standard 8 gevorder
op skool en van
toe af het u af en toe gewerk of by Continental China, of by
geleentheid in die boubedryf saam met u oom. U moeder
het getuig en
gese dat u 'n stil persoon is, wat vir haar help, en dit is al
eintlik wat ek van u weet, wat u persoonlike omstandighede
betref.
Wei dit is nie eintlik al nie, want ek weet ook dat u voorheen met
die gereg gebots het. In 1987 is u aangekla van 'n geweldsmisdaad,
aanranding met die opset om ernstig te beseer, maar u is skuldig
bevind slegs aan gewone aanranding. In 1988 is u skuldig bevind
onder
die Wet op Gevaarlike Wapens en 'n boetestraf opgele en in 1991 is u
skuldig bevind aan poging tot verkragting en roof, waarvoor
u
gevangenisstraf van vier jaar opgele is. U was gelukkig deurdat u op
die 28ste Junie 1994 vrygelaat is op parool.
U het nie self getuienis gelewer nie en ek het dus geen informasie
voor my oor wat in u kop aangegaan het en wat u oorweeg het
om
hierdie misdaad te pleeg. Dit is u goeie reg om nie getuienis te gee
nie maar dit maak nie my taak enigsins makliker nie. Daar
word gese
dat die elemente van straf drievoudig is, die vergeldingsaspek wat
die gemeenskap verlang; die afskrikkings aspek wat
vir ander mense
sal afskrik en dan word daar ook na die moontlike rehabilitasie van
die oortreder gekyk. Wat die laaste betref
is ek in die duister, soos
ek gese het, meer presies wat u beweeg het en of daar 'n moontlikheid
is om u te rehabiliteer. Ongelukkig
is dit altyd wat gebeur wanneer
'n alibi verweer gebruik word wat nie slaag nie.
Me
Lochner
het aangevoer dat u kriminele rekord 'n aanduiding
is dat u nie rehabiliteerbaar is nie. Ek weet nie of dit so is of
nie, maar wat
ek wel weet is dat die strawwe wat - of die vonnisse
wat u voorheen opgele is nie die effek gehad het om u te weerhou van
hierdie
geweldsmisdaad nie. Ek weet net -soos ek se - wat u moeder
vir ons vertel het van uself. Wat die vorige skuldigbevindings betref
moet ek weereens verwys na die skuldigbevinding in 1991. Ek meen mens
kan en moet die afleiding maak dat die landdros die geval
as 'n
ernstige een beskou het, want hy het u gevonnis tot vier jaar
gevangenisstraf.
Ek het die drie elemente oorweeg soos ek vantevore
gese het, van die misdaad self, die gemeenskapsbelang en u
persoonlike omstandighede.
Me
Lochner
se namens die Staat dat as gevolg van die feit dat
u vorige veroordelings het en weer voor die hof verskyn is die
enigste gepaste
straf een van 'n lang termyn van gevangenisstraf.
In die afwesigheid van enige getuienis van u kant moet ek dan ook
aandag skenk aan die afskrikkings element van die misdaad en
die
vergeldingselement van die misdaad, en ek kom tot die gevolgtrekking
dat die enigste gepaste straf wel een van 'n lang termyn
van
gevangenisstraf moet wees.
In die omstandighede word u soos volg gevonnis:
Op
AANKLAG 3
.
dit wil se die aanklag van
AANRANDING
MET DIE OPSET OM ERNSTIG TE BESEER
op
Barbara Stone
WORD U GEVONNIS TOT 12
(TWAALF) MAANDE GEVANGENISSTRAF
.
Op
AANKLAG 4
.
dit wil se die
SKULDIGBEVINDING VAN
GEWONE AANRANDING
op Delia Jacobs
WORD
U GEVONNIS TOT 6 (SES) MAANDE GEVANGENISSTRAF
.
Op
AANKLAG 4
.
dit wil se die
MOORD
van
Delia Jacobs
WORD U GEVONNIS TOT 18
(AGTIEN) JAAR
GEVANGENISSTRAF
Dit word gelas dat die vonnis ten opsigte van klagte nommer 4 saam
sal loop met die vonnis ten opsigte van klagte nommer 5.
CLEAVER, R