About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 76
|
|
S v Sallem (170/1986) [1987] ZASCA 76 (26 August 1987)
LL
Saak No 170/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die saak tussen:
STANLEY SALLEM
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT, VILJOEN ARR et STEYN WN AR
VERHOORDATUM
: 21 MEI 1987
LEWERINGSDATUM
: 26 Augustus 1987
UITSPRAAK
/
STEYN WN AR
...
2.
STEYN WN AR
:
Dit gaan hier oor regterlike ongeduld en die kwade gevolge daarvan-
Appellant, 'n kleurlingman van die Kaap, het op 31 Januarie 1984
in '
n
Johannesburgse landdroshof tereggestaan op '
n
aanklag dat hy op 14
Feb= ruarie 1983 in kamer 2109 van die Carlton Hotel, Johan= nesburg, ter
oortreding van art 2 (a) van Wet 41
van 1971 handel gedryf het in 6 724 tablette
bevattende metakaloon, ('n verbode afhanklikheidsvormende medisyne). Hierdie
soort tablette
is algemeen bekend as Mandrax. Appellant het onskuldig gepleit.
Aanvanklik het hy in persoon opgetree 2aar later gedurende die loop
van die
verhoor is hy agtereenvolgens verdedig deur twee advokate, mnre Duvenhage en
Roux en deur 'n prokureur, mnr Goldstein. Op
2 Februarie 1984 is hy skuldig
bevind soos aangekla en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf.
Hy het aanvanklik teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling
/van ...
3.
van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, maar het later sy
kennisgewing van appèl gewysig. Daarin het hy sy appèl teen.
die
vonnis laat vaar maar die gronde van dié teen skuldigbevinding uitgebrei.
Die aangevulde gronde was toe soos volg:
"
1. Die Agbare Landdros het fouteer deur te bevind dat die getuienis
van LESKE vol= doende was om die Appellant met die pleging van
die misdaad te
verbind.
2.
Die Agbare Landdros het
fouteer deur te bevind dat die getuienis van LESKE, as enkel getuie, bevredigend
was in alle wesenlike opsigte.
3.
Die Agbare
Landdros het fouteer deur:
(a) Appellant nie
voldoende geleentheid
te gun om 'n regsverteenwoordiger
behoorlik aan te stel nie;
(b) Appellant nie voldoende geleenheid
te gun om sy verdedeging voor te berei nie;
(c) Appellant se regsverteenwoordiger
nie die geleentheid te gun om getuie LESKE behoorlik te kruisverhoor
nie;
(d) Appellant nie toe te laat om getuies
te herroep nie;
(e) Appellant nie by te staan met die
verdediging van sy saak nie.
4. Die Agbare Landdros het onreëlmatig opge=
/tree ...
4.
tree deur die arena te betree en daardeur sy vooroordeel
teenoor Appellant te betoon.
5.Die Agbare Landdros het fouteer deur Appel= lant nie die geleentheid te gun
om met des= kundiges te konsulteer om die getuienis
van SQUIRE te probeer
weerlê nie.
6. Die Agbare Landdros het fouteer deur die
getuienis van SQUIRE te
aanvaar as voldoende
bewys van die teenwoordigheid van metakaloon
in die
tersaaklike tablette."
Die appèl is aangehoor en afgehandel op 22 Okto= ber 1984. In die
beredenering daarvan het mnr Strydom,wat daar sowel as hier
namens appellant
opgetree het, hom be= paal by die onreëlmatigheidsgronde en die meriete nie
be= handel nie. Die rede daarvoor
blyk uit die volgende pas= sasie in die
uitspraak van GROSSKOPF R:
"Wat die appèl teen die skuldigbevinding betref, hoef ek nie veel te
sê nie.
Mnr Strydom
het trouens toegegee dat bp die oorkonde, soos
dit staan, dit voorkom asof die appellant tereg skuldig bevind is. Hy het egter
betoog
dat as die onreelmatighede nie voorgekom het nie, en die appellant
behoorlik deur '
n
regsverteen= woordiger bygestaan was, die oorkonde
moontlik heelwat anders mag gelees het, en dit mag ge= blyk het dat die
appellant
inderdaad nie skuldig is nie."
/Maar
...
5
Maar die appèl het uiteindelik tog op die rif van die meriete
gestrand want in weerwil daarvan dat die Hof
a quo
appellant grootliks
gelyk gegee het op die on= reëlmatighede is bevind dat geregtigheid weens
die meriete nietemin geskied het.
Die uitspraak in daardie verband lui so:
"Die probleem wat die appellant, myns insiens, in die onderhawige saak het, is
dat hy self deurgaans die wesentlike feite waaruit
sy medepligtigheid blyk,
erken het, en dit eint= lik reeds op 'n vroeë stadium van die saak.
Gedurende sy kruisondervraging
van die getuie Leske stel die appellant self die
volgende vraag en kry hy die verlangde antwoord daarop op bladsy
29:
'Is dit korrek dat ek u voorgestel het
aan
die verkoper van hierdie Mandrax-
tablette? Korrek.
Na sluiting van die Staatsaak, en nadat die landdros vir die eerste maal aan die
appellant sy regte met betrekking tot die aflê
van ge= tuienis verduidelik
het, en voordat mnr.
Duven
=
hage
nog op die toneel verskyn het,
maak die appellant die volgende ongevraagde toegewings op bladsy
42:
"Now, do you want to give evidence
or do
/you ...
6.
you want to remain silent? I rather
remain silent, because there is nothing that I can say. All what they said,
is they told the right story.
So are you satisfied that they all told
the truth? What they said, yes it
was the truth.'
In hierdie omstandighede is ek gevolglik van mening dat geregtigheid, ten spyte
van die on= reëlmatighede waarna ek verwys het,
wel geskied het.Na my
mening moet die appèl gevolglik van die hand gewys word en die
skuldigbevinding en vonnis bekragtig
word."
Ek kom
later terug na hierdie aspek.
Verlof om verder na hierdie Hof te appelleer is deur die Hof
a
quó
onmiddellik na afwysing van die appèl verleen op die
volgende gronde:
"1. Die Agbare Regters het fouteer deur te
bevind dat die Agbare Landdros korrek die aansoeke vir uitstel deur Appellant
en sy regsverteenwoordigers geweier het wat daartoe
gelei het dat Appellant nie
aan= vanklik regsverteenwoordiging gehad het nie.
2.Die Agbare Regters het fouteer deur nie te bevind dat die gemelde weiering
tot uitstel 'n growwe onreëlmatigheid was wat
/Appellant ...
7.
Appellant uitermatiglik benadeel het nie.
3.
Hoewel die Agbare Regters
korrek bevind het dat die Agbare Landdros onreëlmatig opgetree het, deur
nie (a) Appellant se regsverteenwoordiger
voldoende tyd te gee om te konsulteer
nie; (b) Appellant se regsverteenwoordiger geleentheid te gee om volledig te
kruisondervra
nie; en (c) Appellant die geleentheid te gee om die deskundige
getuie se getuienis behoorlik te toets nie, het die Agbare Regters
fouteer deur
nie te bevind dat hierdie onreëlmatighede Appellant benadeel het in so 'n
mate dat daar nie geregtigheid ge= skied
het nie.
4.
Die Agbare Regters het met respek fouteer deur nie te bevind het dat
die selferkende kruisondervraging deur die Agbare Landdros nie
'n
onreëlmatigheid is wat veroorsaak het dat geregtigheid nie geskied het
nie.
5.
Die Agbare Regters het met respek
verkeer=
delik nie die skuldigbevinding tersyde ge=
stel,
alternatiewelik
, tot niet
gemaak
nie,
6. Die Agbare regters het verder fouteer deur
te bevind dat Appellant as
gevolg van sy
eie bewerings tydens die verhoor in elk
geval skuldig is en
dat geregtigheid in
ieder geval geskied het."
Die volgende persone was direk by die saak be=
trokke:
/d) ...
8
(1)Appellant, wat destyds 'n 36-jarige musiekonder=
wyser was en ongeveer R200 per maand verdien het
deur vir eie voordeel onderrig te gee. Hy is getroud; sy vrou het toe ook gewerk
en R100 per maand verdien. Hulle het toe reeds vyf
kinders gehad.
(2) Willie Martin Leske,
'n
Kaapse voedselsmous wat
'n
polisie-beriggewer was. In die onderhawige
geval was hy ook 'n polisie
lokvink wat opgetree
het as "koper" van die Mandrax tablette en hom=
self
onder die skuilnaam van "Martins" aan appel=
lant voorgestel
het.
(3)
Hans Schafheute (Hansï, 'n Duitser, wat die verkoper van die
tablette was.
(4)
Law Kong Gee Pong, 'n
Chinees, wat die ver= skaffer van die tablette was en met Hans saam= gewerk
het.
/Die ...
9.
Die Staat se saak teen appellant was dat hy vir Leske en Hans
aan mekaar voorgestel het, aanvanklik per telefoon te Kaapstad en daarna
persoonlik te Johannesburg. Die bewering teen hom was dus slegs dat hy as
tussenganger by die transaksie betrokke was.
Die ander vier persone wat ook betrokke was by die saak was almal lede van
die Suid-Afrikaanse Polisie, te wete, speurder adjudant-offisiere
Slabbert van
die Narkotikaburo (SANAB), Kaapstad, en Welgemoed van SANAB Johannesburg,
kaptein Bornman,en luit Squire van die Forensiesewetenskap-laboratorium,
Pretoria. Almal van hulle behalwe kapt Bornman, het tydens die verhoor getuig,
Slabbert en Welgemoed namens die Staat. Die landdros
het luit Squire geroep om
te getuig ter aanvulling van sy beëdigde verklaring oor die aard en
samestelling van die tablette.
Oorspronklik was appellant gesamentlik met Pong en Hans en
'n
sekere
Sotirakis aangekla. Pong was die
/eerste ...
10.
eerste beskuldigde, Hans die tweede, appellant die derde en
Sotirakis die vierde.
By die beredenering van die appèl voor hierdie Hof was die partye dit
eens dat die verloop van die ver= rigtinge in die landdroshof
korrek uiteengesit
is in die uitspraak van GROSSKOPF R. Daardie uiteensetting lui soos volg:
"Die vier beskuldigdes het die eerste maal op 17 Februarie 1983 voor 'n landdros
in Johan= nesburg verskyn. Volgens 'n nota in die
lêer is die saak op
daardie dag na 29 April 1983 vir verdere ondersoek uitgestel- Die uitstel was
dus op versoek van die Staat.
Op 29 April 1983 het die appellant in persoon
verskyn, ter= wyl die ander drie beskuldigdes deur prokureurs verteenwoordig
was. 'n
Nota op die lêer toon aan dat die saak op daardie dag uitgedruk is
en dat die saak toe na 29 Junie 1983 uitgestel is. Weer
eens was die uitstel dus
nie aan die be= skuldigdes te wyte nie. Op 29 Junie 1983 het die appellant weer
in persoon verskyn, terwyl
die ander drie beskuldigdes deur prokureurs
verteenwoordig was. Die rede vir hierdie verdere uitstel blyk nie uit die stukke
wat
aan my voorgelê is nie, maar daar is geen aanduiding dat die uitstel
aan die appellant te wyte was nie. Volgens 'n aantekening
op die lêer was
die appellant in persoon teenwoordig, maar is
dit
/moontlik ...
11.
moontlik dat beskuldigde 2 nie teenwoordig was nie, want sy naam is op 'n
stadium in die hof uitgeroep. Dit blyk verder nie duidelik
na watter datum die
saak toe uitgestel is nie, maar wat wel vasstaan is dat die saak weer op 28
November 1983 voorgekom het. Op daardie
dag het die Staat die saak teen
beskuldigdes
1
en 4 teruggetrek en gemeld
dat beskuldigde 1 as Staatsgetuie gebruik gaan word. Die aan= klaer het verder
aangedui dat die Staat nie
op daardie stadium gereed was om met die saak voort
te gaan nie, vermoedelik omdat die aan= klaer nog met beskuldigde 1 wou
konsulteer.
Daar is geen aanduiding wanneer die Staat ge= reed sou wees om voort
te gaan nie en die staatsaanklaer het ook geen beswaar teen
'n uit= stel geopper
nie. Dit blyk dat beskuldigde 2 se advokaat toe om '
n
uitstel gevra het.
Na 'n lang diskussie tussen die landdros en die advokaat vir beskuldigde 2 is
die appellant ge= vra of hy ook 'n
uitstel wil hê. Die appellant het toe
te kenne gegee dat hy ook vir 'n uitstel vra sodat hy 'n prokureur kan aanstel.
Die saak
is toe na 31 Januarie 1984 uitgestel en die landdros het die appellant
en beskuldigde
2
gewaarsku dat dit
'n
finale uitstel sou wees. 'n Mens het begrip vir die landdros se besorgd=
heid dat die saak toe reeds so lank gesloer het, maar dit
moet nie uit die oog
verloor word nie dat die meeste uitstelle tot op daardie stadium aan die Staat
en die vol hofrolle te wyte was.
Die appellant was in ieder geval tot op daardie
stadium nie verantwoordelik vir enige uitstel nie. Die verdere uitstel op 28
November
was
in die eerste instansie ook nie deur
die appellant
/aangevra ...
12.
aangevra nie, maar hy het hom wel met die uit=
stel
vereenselwig.
Op 31 Januarie 1984 was beskuldigde 2
nie
teenwoordig nie en is daar 'n lasbrief vir sy
inhegtenisname gelas. Die
appellant het toe
weer uitstel gevra, maar die landdros het die
saak tot 1lhl5 dieselfde dag
laat afstaan. Dit
het naamlik geblyk dat die appellant, wat in
Kaapstad woonagtig was, eers die vorige dag in
Johannesburg aangekom het en toe vir die eerste
maal 'n prokureur aangestel het. Om 11h15 was
daar slegs 'n prokureursklerk in die hof teen=
woordig en het die appellant weer vir uitstel
gevra sodat hy 'n advokaat kon aanstel. Die
Staatsaanklaer het die aansoek om uitstel teen=
gestaan en die landdros het die appellant se
aansoek om 'n uitstel geweier. Die landdros
het daarop gewys dat die appellant die landdros
se waarskuwing by die vorige uitstel geïgnoreer
het, en, volgens die landdros het die appellant
se versuim om betyds 'n prokureur aan te stel
getoon dat die appellant nie regrig bedoel het.
om 'n prokureur te kry
nie.
Daar is daarna '
n
skeiding van verhore
ge=
las en die saak teen die appellant het voortge=
gaan. Na verskeie verdere
onsuksesvolle aan=
soeke om uitstelle deur twee advokate en
'n
prokureur is die appellant op 2
Februarie 1984
aan 'n oortreding van Artikel 2 (a) van Wet 41
van 1971
skuldig bevind en tot sewe jaar ge=
vangenisstraf gevonnis...."
Die uiteensetting deur die Hof
a quo
word hier deur
my
onderbreek om die wyse waarop die verrigtinge op
28
/November ...
13.
November 1983 verloop het in groter besonderheid te skets.
Hans (besk no 2) was destyds verteenwoordig deur adv Joseph wat op 'n laat
stadium opdrag ontvang het om sy verdediging waar te neem.
Mnr Joseph se aansoek om 'n uitstel het gegaan oor nadere besonderhede tot
die klagtestaat wat kort te vore van die Staat aangevra
was maar nog nie verskaf
was nie. Die landdros se houding was dat die beskuldigde en/of sy prokureur
nalatig was deur só met'die
versoek te talm. Die kwessie van 'n ondersoek
na sulke moontlike nalatigheid was toe bespreek en volgens die notule het sake
daarna
soos volg tussen mnr Joseph en die landdros verloop:
"But you must give the Court the facts
If your Worship wants me to go and investi=
gate that, I will investigate
that, but I
don't believe for one moment sir, with the
utmost respect
I am not interested in what you believe
Mr Joseph. I want the facts. Let me
make my submission to your Worship, it is a simple submission. It is that my
experience
/in
14.
in these courts, I am not talking about my experience in front of your
Worship, and I do not mean to be facetious or anything, but
I am involved in a
matter now ...
If you try that, there will be difficul=
ties. I am involved in
a matter now,
a far more serious matter than this, where something like 15
witnesses have been called by the State over a period of 18 months and
that case
is not yet concluded. I am getting no oppositíon from the State, I am
getting no opposition from the police officers
and the only opposition with
respect, comes from your Worship. Your Worship is motivated by the fact that
your Worship must see that
matters that come before your Worship are dealt with
as expeditiously as possible. Here we have a man, who faces the prospect of
not
less than
Mr Joseph, please. The case will stand
down until ¼ past 11, so that
you can get
those facts the Court wants. The law makes it
very clear that
the discretion is in the
Court's hands to decide whether a remand will
be
granted or not, and not in the State's hanads,
and not in the hands of the
investigating of=
ficer, and
not
in the hands of the advocate
or
attorney, and that is all- The Court will
give you a remand if the
Court feels that it is
justified in this case. If you cannot justify
it,
the Court will refuse it and if you then
withdraw, the Court will go on
without Counsel
or without an attorney and then you can appeal
on those
grounds. You know what your rights
are. As your Worship pleases."
/Na
15.
Na afhandeling van mnr Joseph se betoog het
die
landdros hom na appellant gewend. Daarna het hy
dié
twee beskuldigdes se versoeke om uitstel soos volg
afge=
handel:
"
COURT TO ACCUSED NO 2
: It seems to me that this application for the
particulars was only done to get a remand, that is how it seems to the Court.
And it
also seems as if the attor= ney could have had another appointment, and
he then gave the Counsel instructions to appear to get out
of his problems. But
of course the Court is not sure, that you are negligent in this case. The Court
will grant this application.
But the Court wants to make it clear now . that ... on the next hearing the case
will pro= ceed. And if your Counsel is not ready
by then, if you change
attorneys or change Counsel again in the interim, the Court will just excuse
that attcrney or excuse that
advocate and will go on without cne. You must be
ready to
prcceed.
COURT TO ACCUSED NO 3
: . You are in the same
position. Yes.
This application of yours to get an attor= ney seems to me to be done just to
stretch out the case unnecessarily, because if a person
really wanted to get an
attorney in 10 months, he would have been able to do so. And you must realise
that this is the final remand.
/If...
16.
If your attorney or counsel is not available next time, the Court will
proceed without him. So if you see an attorney or if you see
coun= sel, you must
tell him that the Court said the case will proceed on that day and he must not
come and tell the Court he is
not available or he is not prepared, it will not
help him at
all- Do you understand this? Yes
My Lord, I don't wish to be here all day."
Dit moet nie uit die oog verloor word nie dat die landdros hierdie houding
teenoor die beskuldig= des ingeneem het nadat die Staat
reeds te kenne gegee het
dat dit nie in staat was om met die saak te begin nie en geen indikasie gegee
het wanneer dit sou kon voortgaan
nie.
Ek gaan nou voort met die uiteensetring deur die Hof a auo.
/"Nadat ...
17.
"Nadat die landdros die appellant se aansoek om uitstel op 31 Januarie 1984
geweier het, het die verhoor voortgegaan en het die Staat
sy saak later gesluit.
Op die stadium toe die appellant die geleentheid gegee is om self te getuig, het
hy gedurende die etensverdaging
tyd gehad om daaroor na te dink of hy self
getuienis wou aflê. Na die verdaging het 'n advokaat, mnr
Duvenhaqe
, namens die appellant verskyn. Mnr
Duvenhaqe
het weer
eens aansoek om uitstel gedoen, maar daardie aansoek is soos die vorige een
ge-weier. Die hof het toe verdaag sodat mnr
Duvenhage
instruksies kon
kry. Terwyl mnr
Duvenhage
nog besig was om met die appellant te
konsulteer, het die landdros weer teruggekeer na die hof. Mnr Devenhage het toe
aansoek gedoen
dat die enigste getuie van die Staat wat die appellant met die
pleging van die misdaad verbind het, naamlik ene
Willie Leske
, herroep
word vir verdere kruis-ondervraging. Die landdros wou weet hoekom die getuie
herroep moes word, aangesien die appellant
reeds die ge-leentheid gehad het om
die getuie te kruisondervra. Dit blyk uit die oor-konde dat die appellant
inderdaad net drie
vrae aan die getuie gestel het. Mnr
Duvenhage
het
verduidelik dat hy, in die tyd tot sy beskikking, nie in staat was on behoorlike
instruksies van die appellant te kry nie. Die
landdros het egter beslis dat mnr
Duvenhage
sonder verdere vertraging moes voortgaan met sy
kruisondervraging van die getuie Leske
indien/...
18.
indien hy hom wou kruisondervra. Aangesien Leske van Kaapstad afkomstig was,
en hy die volgende dag terug moes wees vir sy besigheid
in die Kaap, het die
landdros verder beslis dat die kruis-ondervraging van die getuie Leske daar-die
dag afgehandel moet word, al
'sit ons tot 20h00 vanaand'.
Die landdros se benadering in hierdie ver-band blyk uit die volgende passasie
op bladsy 54 van die oorkonde:
'En as die beskuldigde nie grof
nalatig was nie, dan het ons met
die
getuie klaargemaak en kon hy
teruggegaan het Kaap toe, maar nou
word die
getuies benadeel omdat die
beskuldigde grof nalatig was.'
Die landdros het verder aangedui dat die saak in ieder geval die volgende dag
sou aangaan en dat enige ander staatsgetuies dan herroep
sou moes word vir
verdere kruisondervraging, ondanks die feit dat mnr
Duvenhaqe
te kenne
gegee het dat hy nie die volgende dag beskikhaar was nie. Hoewel mnr
Duvenhage
aan die landdros gesê her dat hy nie volledige
instruksies kon kry "van die appellant nie, wou die landdros weet presies
waaroor
die kruisondervraging van die getuie Leske sou gaan, en het die landdros
soos volg op bladsy 57 opgemerk:
'Want die hof gaan nie toelaat dat u van A tot Z kruisverhoor nie, want die
beskuldigde het 'n geleentheid gehad van kruisverhoor.
Die Hof
sal/ ...
19.
sal spesifieke gedeeltes toe-laat'.
Die Hof het toe aan mnr
Duvenhage
gesê dat die verdere kruisondervraging van die getuie
Leske dadelik moet voortgaan, en as die advokaat nie gereed is nie, moet
hy
onttrek, Toe die getuie Leske daarna deur Mnr Duvenhage onder kruis= verhoor
geneem is, het die landdros gedurig tussenbeide getree
en verskeie male beslis
dat vrae nie toëlaatbaar was nie. Die landdros se houding blyk byvoorbeeld
uit die volgende opmerkings
van die landdros op bladsy 67 tot bo-aan bladsy 70
van die oorkonde:
'
Hof:
Mnr Duvenhage, die Hof verstaan u kruisverhoor nie. Dit is vir
die Hof duidelik dat u nou net eenvoudig vis, en u het gesê
u wil graag
die getuie terugroep om sekere stellings te maak aan hom. U het nog geen
stellings gemaak nie. U gaan net eenvoudic op
fyn kruisverhoor terwyl
beskuldigde gesê het hy stem saam met war die man gesê het, behalwe
daardie drie aspekte wat
hy nie mee saamstem nie.
Met eerbied, Edelagbare, beskuldigde het ook reeds vir my gesê - en ek
het u alreeds meegedeel - dat die getuie het in Afrikaans
getuig.
Nou gaan u so te kere. U gee nie die tolk 'n kans om te tolk nie. Met
ander/
20.
ander woorde, u is tevrede hy ver-staan Afrikaans. Die getuie is teruggeroep
dat u sekere stellings aan hom kan maak. (Die Hof gaan
nie toelaat dat u van
vooraf kruisverhoor nie. Dit word nie aanvaar nie. = Wel,) Edelagbare, dan is my
hande afgekap. As ek nie die
getuie se geloofwaardig-heid kan toets nie, dan is
my hande afgekap.
Beskuldigde het dan gesê hy erken dat wat die getuie gesê het is
die waarheid. Nou hoe wil u dit toets? Met ander woorde
wat u later vir die Hof
gaan sê is dat beskuldigde sê dit is die waarheid, 'maar dit is
'n klomp leuens, want ek het sy geloof-waardigheid getoets'. Dit is wat u
eintlik nou doen.
Wel Edelagbare, onder hierdie omstandig-hede vind ek dit uiters moeilik om
met hierdie saak voort te gaan.
Dit is u besluit of u wil aangaan of nie. Kan ek net vir my prokureur iets
vra? Ja, sekerlik.
Edelagbare, ek wens net op rekord te plaas dat u het my nou gesê ek
moet net sekere stellings aan die getuie maak.
Dit was u aansoek gewees. -Ja.
U het gesê u vra net dat die getuie teruggeroep word om sekere
stellings aan hom te maak en om duidelikheid
te/......
21
te kry in verband met die oproep aan die begin. Maar dit is duidelik u het
lankal (nie) by daardie onderneming van u gebly (nie).
U het nie gesê u
wil die getuie terugroep om van A tot Z te kruisverhoor nie. Met ander woorde, u
het dan die Hof onder 'n
wanindruk gebring.
Ek is dan jammer as ek die Hof onder 'n wanindruk gebring het.
Maar weer eens wil die Hof dit duidelik stel dat u is in hierdie ding
ingeprop met '
n
baie vinnige spoed omdat be-skuldigde nalatig was, maar
die Hof kan nie dat u een oomblik sê dat u wil net sekere stellings
aan
die getuie maak en dan begin u met die kruisverhoor van vooraf nie.
Die getuie was eintlik nog nooit gekruis- verhoor gewees nie,
Edelagbare.
U word by u onderneming gehou. U het gesê u wil hom graag terugroep in
verband met daardie skakel aan die begin en om sekere
stellings aan hom te
maak.
U kan voortgaan daanmee.
Wel, Edelagbare, die stelling wat ek aan hom wou gemaak het in daardie
verband, is dat beskuldigde sal ontken dat hy deelgeneem het
aan die
transaksie.
Waar? In die kamer of oor die telefoon?
In die kamer en oor die telefoon. Kan ek net vir beskuldigde vra?
Ja/
22.
Ja seker.
Mnr Duvenhage
: Beskuldigde sal sê dat hy het u nie gebel nie. Dit
was Hans wat u gebel het.
Hy het eerste gepraat.
Beskuldigde sal dit ontken, en in die
kamer - kan u vir die Hof sê
presies
wat het daar gebeur?
Ja, soos ek gesê het al.
HOF:
Mnr
Duvenhage, nou begin u weer presies met wat het daar gebeur. U het glad nie
gesê u stel belang in wat daar gebeur het nie.
U het gesê u wil
sekere stellings maak.
Wel Edelagbare, ek wil graag die basis lê vir my stellings, en dit is
dat be-skuldigde het nie deelgeneem aan daardie transaksie
in die kamer nie.
Hy het so gesê. U sien u is weer nie op hoogte met die getuienis nie,
en die Hof kan u nie verkwalik daaroor nie...'"
Die woorde in hakies op bl 20 verskyn in die oorspronklike
notule van die verrigtinge in die landdroshof maar is uitgelaat in die
aanhaling deur die Hof
a quo
.
Die vrae wat die landdros mnr Duvenhage
verhoed het om aan Leske te stel weens die vermeende ontoelaatbaar= heid daarvan
het gegaan
oor 'n telefoongesprek wat Leske met Hans sou gehad het 'n geruime
tyd voor 14 Februarie 1983.
Daardie inmenging met die kruisverhoor het so
verloop:
"Het/
23.
"Het u vir Hans vantevore al ontmoet,
of was dit die eerste keer gewees?
Nee, ek het nog nooit vir Hans ont-moet nie. Hy het met my gepraat oor die
phone al ja.
Ekskuus tog? Hy het al met my van-
tevore oor die telefoon gepraat.
Wanneer het hy met u oor die telefoon
gepraat? Dis 'n lang tyd, lank voor
dit.
Hoe het dit gekom dat u met hom oor
die telefoon praat? Deur
Stanley.
Waaroor het u en Hans gepraat oor die
telefoon? Ook oor pille.
En wat het Hans op die ander geleenthede vir u gesê?
HOF: Hoe is dit tóelaatbaar, mnr
Duvenhage? Wel met eerbied Edelagbare,
as daar 'n ooreenkoms tussen hierdie getuie en Hans was, kan dit dalk wees
dat beskuldigde glad geen deel in hierdie hele transaksie
gehad het nie.
Goed, as hy dan sê die beskuldigde het gesê jy kan Mandrax koop
en dan sê jy nee, maar dit is nou hoorsê getuienis,
want dit is hou
teen die beskuldigde. Op watter grond kan hoorsê-getuienis toelaatbaar
wees? Ons weet Hans het verdwyn, daar
is 'n lasbrief. Die getuienis is
hoorsê, dit is ontoelaatbaar.
Edelagbare, ek vra net die vrae om
die inhoud van die verklaring te bewys.
Dis ontoelaatbaar. Soos die Hof behaag.
Dit/ ...
24. Dit is opmerklik dat mnr Duvenhage aan die
landdros te kenne gegee het
dat die doel van die gewraakte vrae o m was om te probeer aantoon dat appellant
moontlik "glad geen deel
in hierdie transaksie gehad het nie".
In die loop van die verdere kruisonder-
vraging van Leske het mnr
Duvenhage te kenne gegee dat hy weens onvolledige opdrag dit moeilik vind om
Leske be-hoorlik verder te
ondervra. Hy het versoek dat die saak uitgestel word
sodat hy homself beter kan voorberei. Sy aansoek is geweier en hy het hom toe
aan die saak ont-trek. Volgens die notule van die verrigtinge het sake in
hierdie verband só verloop:
"Nee, wat hy eintlik, soos die Hof dit gehad het dat Pong en Hans doen al
die
pratery met mekaar. Wel Edelagbare
in verband met hierdie Pong, ek kan glad nie hom plaas in die verhoor nie. Ek
het op hierdie stadium soveel probleme dat ek nie kan
voortgaan met hierdie saak
nie, en ek vra weer eens dat die Hof die saak uitstel na môreoggend toe.
Kan ek die getuie net een
verdere stelling, vraag aan hom vra?
Die/ ...
25.
Die Hof gaan die saak uitstel tot môre
ná hierdie getuie afgehandel is en die Hof gaan hom toelaat om terug te
gaan Kaap
toe-
MNR DUVENHAGE:
Hoekom moet u teruggaan
Kaap toe vanaand? Daar is
5, 6 redes
wat ek kan gee. Dat ek is 'n man wat besigheid het. Ek het 12
mense wat vir my werk. Ek is '
n
man wat smous, en môre in die Kaap
soos u weet, is die groot mark,is Woensdag. Ek moet klaar my manne gister-aand
betaal het,
ek het hulle nie betaal nie. Ek het hiernatoe gekom. En ek het 'n
vrag prunes wat op Ceres lê wat ek moet in die Kaap kry,
822 kissies
prunes, en hy hou nie lank nie, soos u weet,verstaan? Ek kan nie my besigheid
laat gaan nie. As meneer my gaan betaal
vir die paar dae, Rl 400, dan gaan ek
hier bly. Dan sal ek gewillig wees om hier te bly. Maar ek het niks goed nie, om
te koop nie.
HOF: Mnr Duvenhage, wil u nog enige vrae oor die saak aan hom stel? Die Hof
het klaar 'n besluit gemaak en of u nou die getuie nog
'n duisend vrae vra oor
hoekom hy nie kan bly nie, die Hof het klaar 'n be-slissing gemaak en u vraag
hoekom hy nie kan
bly nie is ontoelaatbaar Die getuie kan
op '
n
latere geleentheid hof toe kom.
U word nie daaroor gevra nie, die Hof het
klaar 'n beslissing daaroor gegee.
Edelagbare, ek kan nie verdere stellings aan die getuie maak nie, ek mag dan
die beskuldigde benadeel.
Ek dink dit is my plig om op hierdie stadium te
onttrek van die saak
.
Goed/
26.
Goed, u aansoek word toegestaan om te onttrek." [My
onderstreping]
Die volgende dag het mnr Roux namens
appellant opgetree, die landdros
meegedeel dat hy onvoor= bereid is om met die saak voort te gaan weens die feit
dat hy eers om halfvyf
die vorige middag opdrag qekry het, en om 'n uitstel van
die saak aansoek gedoen. Sy versoek is deur die landdros geweier, nadat
hy 'n
breed= voerige uiteensetting aan mnr Roux gegee het van die verloop van die
verrigtinge vanaf 17 Februarie 1983, en hy weer
eens te kenne gegee het dat
appellant grof nalatig was. Volgens die notule eindig die "agtergrond gesprek"
toe so:
"Het u nou die agtergrond van die saak?
Ek dank u vir die agtergrond Edelagbare.
Nog iets wat u wil sê? Dit is '
n
ou
saak, maar soos u nou vir my die geskiedenis
hiervan gegee het, was
hierdie beskuldigde
nie op een geleentheid verantwoordelik vir
enige van
die uitstelle nie en was daar nie
op een geleentheid enige skuld aan sy
kant
nie. Daar was ander beskuldigdes wie nie
hier was nie, wat verdere
uitstelle
Hy was ook nie gereed op die 28ste November om aan te gaan nie, dan is dit
mos ook sy
skuld
27.
skuld. Edelagbare, dit was met respek,
het hy in 'n tweede asem bygevoeg by 'n
ander beskuldigde hy wil uitstel hê.
Nee. As hy daardie dag gesê het kyk, ek kom van die Kaap af, ek wil met
die saak aangaan, en die Staat het gesê kyk hulle
is gereed om aan te
gaan, dan het
die Hof aangegaan. Die Staat was in
elk geval ook nie daardie dag gereed nie.
Nee, hulle wou net 'n verklaring van nommer 1 vat, en dit kon '
n
uur
gevat het. So met ander woorde, as dit werklik so noodsaaklik was, kon die Staat
homself
gereed gemaak het in 'n kort tydjie.
Edelagbare, die feit bly staan, beskuldigde het nie gekom met die aansoek vir
uitstel nie. Hy het agterna gesê, ek het nie beswaar
nie, ek sal saam
uitstel vra, want ek soek na geld.
Nee, nee, hy heti gevra vir uitstel.
Nadat dit spesifiek aan hom gevra is of hy besware het."
Uiteindelik het mnr Roux betoog dat lt
Squire se voormelde beëdigde
verklaring fataal gebrekkig en gevolglik ontoelaatbaar was. Hy het toe weer eens
om
'n uitstel van die saak gevra sodat lt Squire geroep kon word om
mondelinge getuienis oor die aard en samestelling van die tablette
te lewer. Die
Staatsaanklaer het mnr
Roux/ ...
28. Roux se versoek om uitstel teengestaan
en o a te kenne
gegee dat lt Squire daardie selfde dag beskikbaar sou
wees
om te getuig. Toe het die landdros die aansoek om uitstel
in 'n kort uitspraak geweier. Dit lui so:
"Beskuldigde, die Hof het geluister na hierdie aansoek vir uitstel. Die Hof
het spesifieke vrae gevra of die finansies nou reg is.
Die Hof aanvaar mnr Roux
se woord dat dit nie een van die redes is vir uitstel nie.
Nou moet die Hof kyk na beide die Staat en Verdediging om te besluit of so 'n
aansoek geregverdig is of nie.
Hierdie getuies was al 'n paar keer by die hof gewees. Jy was spesifiek
opdrag gegee om betyds 'n prokureur te bekom. Jy het gisteroggend
toe jy uitstel
gevra het, het jy net R200 gehad, en dit is dieselfde bedrag wat jy gehad het op
die 28ste November verlede jaar.
Maar skielik toe die Hof sê hy gaan met
die saak aan, toe kon jy op baie kort kennisgewing genoeg geld kry om 'n
prokureur
en 'n advokaat behoorlik opdrag te gee.
Die Hof bevind dus dat jy grof nalatig was om nie betyds met jou prokureur in
verbinding te tree om dan 'n advokaat te kry nie.
Die Hof bevind verder dat jy kón, as jy op so 'n kort kennisgewing
genoeg geld gekry het, kon jy lankal plan gemaak het om
'n
prokureur/ ...
29.
prokureur te bekom om met hierdie saak voort te gaan.
Die Hof bevind verder dat dit in belang van regspleging is om 'n saak so
spoedig moontlik klaar te maak, en dat dit teen alle belang
is dat getuie
kort-kort van die Kaap af moet kom om getuienis af te lê sonder dat die
saak afgehandel kan word. Die Hof het
homself bereid verklaar om sy notas
beskikbaar te stel aan enige prokureur of advokaat wat namens jou verskyn, om
homself op hoogte
te stel, want die Hof het dit gister duidelik gestel dat dit
'n
finale uitstel ook na vandag is, vandag gaan die Hof voort met die
saak.
Die Hof bevind dat in al hierdie omstandig-hede daar nie 'n goeie saak
uitgemaak is vir '
n
uitstel nie, die aansoek word geweier."
Daarna het mnr Roux hom ook aan die saak
onttrek met die woorde
"'Edelagbare, ek vra dan dat ek onttrek aan hierdie saak. Ek weet niks van
híerdie saak nie."
Appellant was toe weer alleen en is o a soos
volg deur die landdros aangespreek:
"Beskuldigde, die Hof het gister jou regte aan jou verduidelik. Jy het toe
gesê dat jy wil tyd hê om '
n
bietjie te dink wat jy wil doen.
Toe het 'n advokaat verskyn en vanmôre '
n
ander advokaat.
Die/ ...
30.
Die Hof sal dus jou regte wéér aan jou verduidelik, die Hof sal
her-haal soos gister, dat die Hof sal dit vir jou 6,
7 keer herhaal, solank die
Hof tevrede is jy verstaan wat jou regte is."
Na die verduideliking het die landdros
gesê dat appellant se aansoek
om uitstel geweier is, maar 'n kort verdaging is aan hom toegestaan om sy
posisie te bespreek
met adv Roux wat nog in die hof was. Daarna het appellant
aparte aansoeke een na die ander gedoen om die getuies Leske, Pong en Hans
te
herroep en om kaptein Bornman as getuie te roep. Die aansoeke om herroeping is
een na die ander geweier maar die t o v kaptein
Bornman toegestaan met die
vermaning dat appel-lant nie toegelaat sou word om hom te kruisondervra nie.
Die verdedigingssaak het volgens die notule toe so tot 'n einde geloop:
"Die/ ...
31.
"Die Hof het ook vir jou verduidelik dat jy kan getuienis aflê, of jy
kan besluit om stil te bly.
Wat wil jy maak? Wat sê hy mnr die Tolk?
Edelagbare, hy vra kan hy weer sy verdediging vra.
Nee, die Hof gaan nie weer verdaag nie. Die Hof het netnou 10 minute verdaag,
en die Hof kan regtig nie, ons is nou besig vir amper
'n uur net met 'n aansoek
vir uitstel en dat jy besluit wat jy wil maak. Gister voor eenuur het die Hof al
jou regte aan jou verduidelik.
Beskuldigde, dit begin vir die Hof lyk asof jy
moedswillig tyd probeer wen, dat die Hof verplig is om die saak uit te stel-Die
Hof
het uitstel geweier, die Hof gaan nie toe= laat dat jy nou so speel vir tyd
nie. As jy nie jou regte verstaan nie, dan sal die Hof
dit vir jou weer
verduidelik. Maar as jy jou regte verstaan, dan moet jy nou jou keuse uitoefen,
want die Hof gaan nie weer verdaag
nie. Die advokaat het onttrek en hy het
eintlik geen belang meer by die " saak nie, hoewel hy nou sit en notas neem. Die
Hof het
hom toegelaat om dit te doen, so daar is niks mee verkeerd nie.
HOF AAN AANKLAER
: Sou u beswaar hê as ons maar
afstaan, die
Hof sien mnr Goldstein het weer ingekom,
mnr Goldstein het nie onttrek nie,
en die Hof sal
hom miskien 'n kans gee om met mnr Goldstein te praat.
Soos die Hof behaag, daar is geen beswaar nie.
HOF AAN BESKULDIGDE
: Die Hof sal jou 10 minute gee, tensy die Aanklaer
my voor die tyd roep.
HOF VERDAAG
/MET.....
32.
MET HERVATTING
:
HOF
: Beskuldigde, het jy nou besluit wat jy wil
doen? Ja
Edelagbare.
Wat? Ek het niks om te sê nie Edelagbare, ek
swyg. Die Hof kan sien
wat om te sê, wat om te doen, want die saak, daar is iets aan die gang wat
ek nie kan verstaan nie, ek
kan niks sê omtrent die saak nie.
Die Hof sien mnr Goldstein sit hier. Het jy gevra
dat hy vir jou moet verskyn of nie? Ek het
hom gister gevra Edelagbare.
HOF AAN MNR GOLDSTEIN
: Wil u vir die beskuldigde
verskyn, of nie? Ek onttrek nou die saak
Edelagbare.
Goed, dankie. U word verskoon.
HOF AAN BESKULDIGDE
: Mnr Goldstein het onttrek beskuldigde. Nou jy het
gesê dat jy niks te sê het nie. Maar die Hof wil vir jou duidelik
stel dat jy het gister by jou pleit gesê jy dra geen kennis daar= van nie.
Jy het ook ander kere bewerings gemaak in kruisverhoor
wat in jou guns kan tel.
Die Hof moet jou waarsku dat enige bewering wat jy gemaak het in jou guns, het
geen getuieniswaarde nie.
Die Hof weet nie wie het vir jou gesê jy moet
stilbly nie, maar die prokureur en advokaat het nou beide onttrek. So jy moet
nou self jou besluit maak wat jy wil doen.
Verstaan jy dit? Ek verstaan.
Is jy besluit nog om stil te bly, of wil jy getuig?
Of verstaan jy nie mooi nie? Edelagbare, ek
wil niks verder sê nie, want die saak is verkeerd van die begin af.
Alles was verkeerd van die begin af.
/Wat bedoel
33
Wat bedoel jy alles was verkeerd?
In die eerste instansie Edelagbare, die eienaar van hierdie tafalette is die
'Chinese'.
Ja die Hof wil nie nou hê jy moet die saak argumenteer
nie. Jy het gesê jy wil niks sê nie, maar jy het ook
gesê jy wil kaptein Bornnan roep as getuie.
Edelagbare, ek het gesê ek is nie bereid om getuienis af te lê
nie, want ek weet nie wat ek daar moet sê nie.
Die Hof het gesê jy kan jou kant van die saak voor
die Hof plaas. Al
wat jy moet sê is wat is jou kant
van die saak. En dan sal jy
kruisverhoor word deur
die Staat om vas te stel of jou weergawe korrek
is.
Verstaan jy dit? Ek verstaan.
Wat is jou besluit? Verstaan jy nou wat jy moet
sê as jy moet getuig? Ek verstaan Edelagbare,
maar ek wil geen getuienis aflê nie, want die saak was verkeerd van die
begin af.
Goed, jy het gesê jy wil 'n getuie roep.
Edelagbare, ek gaan hom nie meer roep nie.
Jy wil nie meer 'n getuie roep nie? Nee, ek
wil hom nie meer roep nie.
Wil jy dan geen getuies roep nie? Nee, ek
het geen getuie om te roep nie, want die saak was verkeerd van die begin
af.
Sluit jy dan jou saak? Ek sluit my saak."
Die hof het toe vir die middagete verdaag. Met die
hervatting het ranr Goldstein die landdros meegedeel dat hy nou weer namens
appellant optree. Lt Squire is toe deur die landdros
/geroep
34.
geroep om te getuig. Hy het die inhoud van sy beëdigde verklaring
bevestig en getuig dat die tablette inderdaad metakaloon bevat.
Hy het sy werks-
en toetsingsmetode ook beskryf.
Mnr Goldstein het om 'n uitstel gevra sodat
hy hom op die ondervraging van Squire kon voorberei en het sy aansoek gemotiveer
deur
te sê dat hy in die kort tyd tot sy beskikking nie geleentheid gehad
het om dit te kon doen nie. Hy het bygevoeg dat hy '
n
belangrike mediese
afspraak daardie dag om 3 nm het ter voorbereiding op '
n
ernstige
operasie in die nabye toekoms. Die landdros se antwoord aan hom was
"Then the Court is amazed that you took on this brief, because you know from
yesterday already that the Court's attitude is that this
case is on the roll for
practically a year and the Court is not prepared to give a remand."
Die Staat het die aansoek weer-eens teengestaan. Daarna het die landdros ook
hierdie aansoek in '
n
kort uitspraak soos volg geweier
/Accused....
35.
"Accused, there is a further application for remand in this case. The
attorney knew yesterday already what the Court's attitude is,
that this case is
on the roll for practically one year, that no remand would be given. The Court
even offered to hand over the notes
of the Court to facilitate the Defence, but
it is now quite obvious to the Court that the attorney is not really interested
in going
on with the case. All he tries to do is to get a remand in the case, on
your behalf.
The Court cannot blame him, because he is a profes= sional person and he must
do his best for you, and if the Court was in his position,
the Court would have
done exactly the same.
But everything comes back to the fact that up to two days ago you had no
money to employ an attorney, but yesterday between 1 and
2 after the Court had
decided that there was no remand, then the money was suddenly available.
Today the money is available. And the Court feels that you were grossly
negligent for not obtaining legal representation long before.
And although the
Court does not feel that Mr Goldstein in person is negligent, the Court finds
that the Defence as a whole is negligent
for not being prepared to go on with
the matter today.
The application is therefore refused."
Mnr Goldstein was toe verplig om lt Squire tot die
beste van sy
vermoë te ondervra, hoofsaaklik oor die betroubaar= heid van die metodes en
toerusting in die ondersoek aangewend.
/Dit
36.
Dit was egter heel duidelik dat mnr Goldstein nie oor deskundige inligting
beskik het waarmee hy die korrektheid van Squire se antwoorde
kon kontroleer
nie. Sy kruisondervraging het soos volg ten einde geloop:
"Mr Squire, so in other words as far as you are concerned, you can simply
tell us about these tests that you use and you rely on machines,
and you do not
service the machines and you dont really know
how the machinery itself operates, is that correct?
COURT
: Yes, that is on record. It is not necessary to answer, it is on
record. That answer is on record, it is not allowed to answer it
again.
Are you finished mr Goldstein? Well your
Worship, as I say, I would like to call one of
these
No, you can just say whether you are finished, that is the question by the
Court. Are you finished? You just went to sit down. ---
I am finished your
Worship.
Yes, then you can say you are finished, that would be manners . Thank
you."
Die landdros het lt Squire toe verder ondervra en daarna
het mnr Goldstein weer om 'n uitstel gevra, weens sy mediese afspraak maar
ook om te probeer om met 'n deskundige getuie oorleg te
pleeg. Die landdros het
simpatiek gestaan teenoor die
/mediese
37.
mediese noodsaak en het 'n verdaging tot die volgende dag toegestaan.
Op
die volgende dag, 2 Februarie 1984, het die stryd van mnr Goldstein net na die
aanvang van die verrigtinge toe volgens die notule
so tot 'n einde geloop:
"Mr Goldstein, you have said that you wanted to consider whether the defence
would call other witnesses on the aspect of the witness
called by the Court.
MR GOLDSTEIN
: Correct, your Worship. I have counted, there have been
five applications for a postponement and all five of them have been refused
on
the basis of negligence by the accused or whoso= ever's negligence was involved,
so I won't again ask for a remand, but simply
place on record that I made
attempts to get hold of a witness. I am not satisfied as to how this machine
operates and I am not satisfied
as to how Mr Squire described the machine
operates.
COURT
: The question is: do you want to call witnesses at this stage or
are you closing your case on this aspect?
MR GOLDSTEIN
: I can only ask to call witnesses if the Court grants me
an adjournment and from the record it appears that five adjournments have
been
refused, so I won't ask for another adjournment.
COURT
: Were there only five? Is it not nearer seven?
/ MR GOLDSTEIN
38.
MR GOLDSTEIN
: Seven. So, obviously, I won 't ask for another
adjournment, but I will just place on record that I am not satisfied with Mr
Squire's
evidence.
COURT: Thank you."
Die bogaande breedvoerige uiteensetting van die verrigtinge se verloop was
nodig om die mate van regterlike ongeduld wat die saak
van begin tot einde
gekenmerk het en die reeks onreelmatighede, wanvoorstellings en foutiewe
beslissings wat dit tot gevolg gehad
het,behoorlik te demonstreer.
Ongeduld
is iets wat 'n regspreker waar moontlik moet vermy en in elk geval altyd streng
moet beteuel. Dit kan sy insig belemmer,
sy oordeel verswak en 'n indruk van
vyandigheid of vooroordeel wek by die persoon teen wie dit gerig is. Wanneer
daardie persoon
'n beskuldigde is, sal so 'n indruk be= hoorlike regspleging tot
meerdere of mindere mate ondermyn na gelang van die geval. Dit kan
die
regspleging ook heeltemal veron= geluk. Dit is wat hier gebeur het. Die bogaande
uiteensetting van die verloop van die verrigtinge
spreek trouens vir sigself
in daardie opsig. Daarom is ek dit eens met die Hof
/ a
quo
...
39
a
quo
dat die landdros in verskeie opsigte onreëlmatig
opgetree het maar ek stem nie saam met die bevinding dat geregtigheid weens
die
meriete nogtans geskied het nie.
Die landdros se hantering van die saak vanaf 31 Januarie 1984 was deurgaans
beïnvloed deur sy oor= spronklike bevinding dat appellant
grof nalatig was
deur te versuim om betyds vir behoorlike regsverteenwoordiging te reël.
Daardie bevinding was egter verkeerd.
Appel=
lant het inderdaad op die vorige dag (dws
30
Januarie 1984) met mnr
Goldstein gereel om sy verdediging die volgende dag vaar te neem. Goldstein
het
die opdrag aan = vaar. Soos hierna in groter besonderheid
uiteengesit. het een van sy klerke kort na die aanvang van die verrig= tinge
die
verhoor bygewoon. Waarskynlik het sy dit ge= doen in 'n poging om'n uitstel met
die aanklaer te reël. Sulke laat opdragte
is egter iets wat heel dikwels in
die praktyk voorkom en die feit dat daar nie 'n gekwalifi=
/ seerde....
40
seerde persoon was om appellant te verteenwoordig nie, is nie iets waarvoor
net hy die blaam moet dra nie. Appellant se mededelings
aan die landdros oor sy
karige verdienste en onvermoë om vroegtydig genoegsame fondse vir sy
verdediging te bekom met die gevolg
dat hy op 30 Januarie 1984 eers daarin
geslaag het om R200,00 vir daar= die doel te leen, is nie deur die Staat
weerlê nie
en ook nie grondig deur die landdros ondersoek nie. Gesien die
groot familie wat appellant en sy vrou op 'n gesamentlike maandelikse
inkomste
van slegs ongeveer R300
,
00 moes onderhou, en die vele reise vrat hy op
eie koste van die Kaap na Johannesburg en terug moes onderneem vir die her=
haalde
uitstelle van die saak wat sonder sy roedoen 31 Janua = rie 1984
voorafgegaan het, is dit nie verbasend dat hy in die geldelike verknorsing
beland het wat hy in die hof beskryf het nie. Die landdros het die lêer
van die saak voor hom gehad en kon maklik vasgestel
het dat appellant
/ reeds ...
41
reeds op eie koste minstens vier keer van die Kaap na Johannesburg en terug
moes reis (vir die 28 April, 29 Junie, 28 November 1983
en 31 Januarie 1984
verskynings). Aangesien hy met 'n beskuldigde te doen gehad het wat klaar=
blyklik onkundig was omtrent die regsproses
en sy eie woord moes doen, behoort
die landdrps op 31 Januarie 1984 die saak deegliker te ondersoek het om van
appellant te verneem
watter stappe hy gedoen het na 28 November 1983 om te
reël vir sy verdediging en wat van die R200,00 geword het waaroor hy
destyds
beskik het. Dit is bv moontlik dat daardie geld vir sy verdere
reisonkoste gebruik moes
word.
Dit is ook feitlik seker dar appellant op 31Januarie 1984
verwag
het dat die saak teen hom en Hans gesamentlik
sou aangaan en dat hy as die tweede beskuldigde minstens tot 'n mate voordeel
sou kon
trek uit die optrede van Hans se regsver= teenwoordiger. Die skielike en
klaarblyklik algeheel
/ onverwagte ...
42
onverwagte wending wat die saak geneem het met die af= wesigheid van
Hans, die vertrek van sy advokaat en die skeiding van die verhore
wat appellant
as die enigste beskuldigde gelaat het
,
moes hom gewis onkant betrap en
onthuts het, te meer so omdat daar tot by die onttrekking van mnr Joseph nog
geen regsverteenwoordiger
vir appellant opgedaag het nie. Op sy versoek om 'n
uitstel (klaarblyklik om uit te vind wat met sy regsverteenwoordiging geskort
het) , het die landdros die saak tot 11.15 vm laat afstaan. By die hervatting
was daar net 'n prokureursklerk van die betrokke firma
in die hof soos reeds
genoem. Nadat die landdros hom daarop gewys
het
dat die klerk nie ver=
skyningsbevoegdheid het nie, het appellant gevra om 'n verdere uitstel om met sy
regsverteenwoordiger "oor
die saak te praat".
Nadat die landdros o a melding gemaak het van
sy
vermaning aan appellant op 28 November 1983 oor 'n tydige
/ verkryging....
43. verkryging van regsverteenwoordiging en van die
hoë
koste wat die Staat moes aangaan om die Kaapse getuies heen en weer na en van
Johannesburg te vlieg, het hy die aansoek om 'n verdere
uitstel in die volgende
terme ge= weier: -
"Hierdie saak is op die rol sedert die 17de Februarie 1983 en dit is vir die
Hof baie duidelik dat jy nie regtig bedoel om 'n prokureur
te kry nie, jy speel
maar net met die Hof of jy speel vir tyd, maar 'n man wat van die 17de Februarie
verlede jaar al tot nou toe
eers gister vir die eerste keer 'n prokureur gaan
spreek het wil nie regtig 'n prokureur hê nie. Die Hof vind dat daar geen
meriete in jou aansoek is nie. Die Hof verwerp jou aansoek vir 'n
prokureur".
Die landdros het daarmee vir appellant eintlik van kwade trou teenoor die Hof
beskuldig. Daar was geen regverdiging vir sulke taal
nie. Die teenwoordigheid
van die prokureursklerk en die landdros se eie aanvaarding dat appellant
inderdaad die vorige dag 'n prokureur
gespreek het, weerspreek die
beskuldigings
44
beskuldigings wat hy appellant teen die hoof geslinger het.
Dit is ook heel duidelik dat dit hierdie uitlatings van hom is waarop hy sy
latere opmerkings en uitsprake gegrond het dat appellant
grof nalatig was, Daar
is na my mening egter geen aanduiding dat appellant grof nalatig was deur so
lank te neem om 'n regsverteenwoordiger
te verkry nie. Die meeste wat in daardie
opsig teen hom gesê kan word is dat hy waarskynlik nalatig was , maar nie
in 'n ernstige
graad nie.
Appellant het tereggestaan op 'n ernstige aanklag en regverdigheid het vereis
dat hy onder bogenoemde omstan= dighede simpatiek behandel
moet word en d.m.v.
'n langer verdaging as die kort "afstaan" aan hom verleen, die ge= leentheid
gegun word om die moeilikheid wat
hy met regsver= teenwoordiging ondervind het
op te klaar. Die landdros het dit nie gedoen nie. Die rede daarvoor is
voor-die-
/ hand....
45
hand-liggend. Sy ongeduld, wat reeds op 2 8 November 1983 so duidelik
waarneembaar was, het op 31 Januarie 1984 verskerp. Daardeur
het hy die
voorraelde faktore ten gunste van appellant misgekyk, verkeerdelik geoordeel dat
appellant grof nalatig was (of selfs
ter kwader trou gehandel het), en derhalwe
die aansoek om uitstel geweier het. Sodoende het hy versuim om die diskresie
waarmee hy
t.o.v. die gevraagde uitstel beklee was op regterlike wyse uit te
oefen. Sy weiering van die uitstel was gevolglik onreëlmatig.
Daardie
onreëlmatigheid het die hele verdere verloop van die saak ten kwade
beïnvloed. Daardeur is appellant tydens die
aanhoor van die Staat se saak
ook die bystand van 'n regsverteenvoordiger ontsê en, soos dit nou blyk,
blywend ernstig benadeel.
Hy was na die weiering van die uitstel verplig om vir
die duur van die Staat se saak sy eie verdediging waar te neem en tot die beste
van sy vermoë op eie houtjie met
/ die ...
46
die staatsgetuies te handel. Dit was egter duidelik dat hy nie
die vaagste benul van die tegniek van kruis= verhoor gehad het nie.
Aan die
kardinaal belangrike getuie Leske het hy, soos reeds gemeld, bv slegs drie lomp
bewoorde vrae gestel. Hy het ook klaarblyklik
min begrip gehad van die aard en
effek van luit. Squire se beëdigde verklaring (bew. A), en toe hy deur die
landdros gevra is
of hy enige beswaar teen die inhandiging daarvan het , was sy
antwoord slegs "I don't know (inaudible)". Die penarie waarin mnre
Duvenhage,
Roux en Goldstein hul= self agtereenvolgens ten nadele van appellant bevind het,
is byvoorbeeld ook grootliks aan daardie
aanvanklike on= reëlmatigheid toe
te skryf.
Wat egter met hulle gebeur het is
op
sigself 'n verwante groep wesenlike
onreelmatighede. Die landdros het mnr Duvenhage se versoek om 'n uitstel om hom
vir appellant
se verdediging voor te berei, geweier en toe openlik behae in sy
verleentheid geskep.
/ Dit ...
47
Dit blyk alte duidelik uit die notule:
"
Hof aan mnr Duvenhage
: Mnr Duvenhage, wat is u posisie nou? Gaan u aan,
of gaan u nie aan nie?-- Edelagbare, ek sien u glimlag, maar in elk geval, soos
die Hof behaag.
Nee, nee die Hof glimlag omdat u sit daar en u besluit nie wat u gaan doen
nie,
maar die Hof is vir niemand kwaad nie.
Soos die Hof behaag,
Edelagbare."
Hierdie insident het die
voorkoms van 'n grimmige speletjie van die landdros ten koste van die advokaat
en derhalwe ook van appellant.
Hy het klaarblyklik vergeet van die eise van
regverdigheid en veral van die nou reeds eerbied= waardige vermaning deur
hierdie Hof
in
R v Hepworth
1928 (AA) 265 by monde van CURLEWI5 AR op
277:
"A criminal trial is not a game where one side is entitled to claim the
benefit of any omission or mistake made by the other side,
and a Judge's
position in a criminal trial is not merely that of an umpire to see that the
rules of the game are ob= served by both
sides. A Judge is an administrator of
justice, he is not merely a figure head, he has not only to direct
/ and ...
48
and control the proceedings according t'o the recognised rules
of procedure but to see that justice is done."
'n Treffende voorbeeld van die landdros se volge= houe ongeduld met appellant
is die wyse waarop hy die konsultasie tussen mnr Duvenhage
en appellant
onderbreek en beëindig het en daarna opgetree het ten aansien van die
versoek dat Leske vir verdere kruisondervraging
herroep word. Weens die kort
tydjie daarvoor gegun moes die konsultasie noodgedwonge in die hofsaal
plaasvind. Sonder dat hy herroep
is het die landdros na 45 minute in sy ongeduld
die hofsaal binnegekom, die konsultasie wat daar aan die gang was onverwags
oncerbreek
(en mnr Duvenhage as't ware in sy hempsmoue betrap), en summier met
dis
/verhoor.....
49
verhoor voortgegaan in weerwil van mnr Duvenhage se mededeling
dat hy nog
nie ten volle met appellant gekonsulteer het
nie.
Daarna is die herroeping van Leske vir verdere ondervraging deur mnr
Duvenhage geopper. Na 'n lang argu= ment met die advokaat waartydens
die
landdros herhaaldelik te kenne gegee het dat die moeilike posisie waarin mnr
Duvenhage hom bevind aan die growwe nalatigheid
van die appellant te wyte is,
het hy Leske herroep maar aan mnr Duvenhage te kenne gegee dat hy òf
terstond met die verdere
kruisverhoor moet voortgaan in weerwil van sy
mededeling dat hy nie instaat is "om hierdie getuie nou behoorlik te
kruisverhoor op
hierdie stadium nie" ,òf aan die saak moet onttrek. Een
van die landdros se hoofoorwegings by hierdie besluit was die ongerief
wat deur
'n uitstel van die saak, selfs net tot die volgende dag, aan sekere van die
Staatsgetuies, en hoofsaaklik aan Leske, veroorsaak
/ sou ...
50
sou word. Dit was onder die omstandighede van hierdie saak egter nie
genoegsame rede vir die weiering van 'n behoorlike geleentheid
aan mnr Duvenhage
om hom vir die kruisverhoor van so 'n kardinaal-belangrike getuie soos Leske
was, voor te berei nie. Dat die landdros
se voort-gesette ongeduld derhalwe ook
hier 'n hoofdryfveer was is duidelik.
In die proses van swig voor sy ongeduld het die landdros die belangrikheid
van sulke voorbereiding soos deur hierdie Hof in
S v Van Wyk en 'n Ander
1972 (1)
SA
787
(A) benadruk, uit die oog verloor. Daar het WESSELS AR
die volgende gesê op 796 C-D en 797 A:
"Oor die belangrikheid van die voordeel van regsbystand by die verhoor van
beskul= digdes wat weens n ernstige misdaad aan= gekla
word, kan geen twyfel
bestaan nie. Dit is ewe duidelik dat 'n redelike ge= leentheid tot voorbereiding
vir behoorlike regsbystand
onontbeerlik is. Na my mening volg dit dat 'n
beskuldigde 'n redelike ge = leentheid tot voorbereiding van sy verdedig= ing
slegs
om gewigtige redes ontsê
behoort
te word Dit is 'n
voorvereiste
/ vir ...
51
vir doeltreffende kruisondervraging dat die kruisondervraer behoorlik ingelig is
betreffende die getuienis wat hy ten gunste van
die verdediging kan
lei."
Dat mnr Duvenhage onder sulke
omstandighede so 'n belangrike kruisverhoor moes waarneem was erg genoeg. Wat
sake egter verder vererger
het was dat die landdros toe in die loop van daardie
reeds moeilike kruisverhoor tot so 'n mate daarmee ingemeng het dat hy dit
grootliks
verydel het. Hy het so opgetree hoofsaaklik omdat hy onder 'n
wanindruk verkeer het oor die doel van daardie
verdere ondervraging. Hy het naamlik gemeen dat mnr
Duvenhage slegs "sekere stellings" aan Leske wou maak en besig was om verder
te gaan en hom in die algemeen te kruisondervra. Maar
mnr Duvenhage se doel,
soos hy dit duidelik uitgedruk het, was om Leske "te kruisver= hoor
en
om sekere stellings aan hom te maak" . Die bogaande uiteensetting van die
verloop van hierdie deel van die saak laat duidelik blyk
hoe
onreëlmatiglik
/ die
52
die landdros weens sy ongeduld opgetree het teenoor mnr Duvenhage voordat
Leske herroep is.
'n Verdere aanduiding van die kwade gevolge van regterlike ongeduld is die
voormelde wyse waarop die land-dros mnr Duvenhage oor die
voorgenome
kruisondervraging toegespreek en probeer beperk het. 'n Deel daarvan is reeds
vervat in die bogaande uiteensetting van
die Hof
a
quo,
maar
duidelikheidsonthalwe word die volle passasie uiteengesit. Dit lui so:
".... die Hof wil weet presies waaroor die kruisverhoor gaan, want die Hof gaan
nie toelaat dat u van A tot Z kruisverhoor nie, want
die beskuldigde het 'n
geleentheid gehad van kruisverhoor. Die Hof sal spe-sifieke gedeeltes
toelaat."
Wat daardie "spesifieke
gedeeltes" was het die landdros
egter
nooit laat blyk nie. Hy het
waarskynlik ook uit die oog verloor dat appellant slegs drie vrae aan Leske
gevra het.
/ Daar ...
53
Daar is by my min twyfel dat die landdros weens daardie volgehoue ongeduld
nie behoorlik aandag geskenk het aan wat mnr Duvenhage
oor die doel van die
verdere ondervraging te sê gehad het nie en sodoende onder die voormelde
wanindruk gekom het.
Die aspekte waarop die ondervraging verbied is omdat hulle na die landdros se
mening ontoelaatbaar was, blyk nie irrelevant te gewees
het nie en slegs in die
gewone loop ontoelaatbaar sou wees omdat hulle gegaan het oor gesprekke van
Leske met Hans waar appellant
nie teenwoordig was nie. Daaromtrent was die
landdros dus ook
verkeerd want dit is toelaatbaar vir die verdediging om
daardie soort feite d.m.v. kruisverhoor aan die lig te bring, Selfs 'n
andersins ontoelaatbare bekentenis kan op hierdie wyse as getuienis
ingebring
word.
R v Bosch
1949 (1) SA 548
(A), 553-554;
S v Minnie
1986 (4)
SA 30
(OK); Art 217 (3) van Wet 51 van 1977. So ongeduldig
/ was
54.
was die landdros egter met mnr Duvenhage daaroor dat hy summier die
kruisverhoor daarop verbied het sonder om enige betoog te verg
of aan te
hoor.
Wat hierdie optrede van die landdros betref is ek dit eens met die
volgende opmerkings van GROSSKOPF R:
"Die landdros was sekerlik geregtig orn die advokaat te stop as die advokaat
bloot be= sig was om tyd te mors. Na my mening was dit
egter sinneloos om die
advokaat enersyds toe te laat om die getuie terug te roep vir verdere
kruisondervraging maar om die advo=
kaat dan in dieselfde asem te verhoed om die
getuie effektiewelik te kruisondervra en wel op die basis van 'ek gaan jou nie
tyd gee
om behoorlike instruksies te kry nie, en omdat jy nie behoorlike
instruksies het nie, mors jy doelbewus tyd'.
Die landdros was korrek toe hy op bladsy 121 beslis het dat die advokaat in
hierdie dilemma was, maar na my mening was dit juis die
landdros wat die
advokaat in hierdie dilemma geplaas het omdat die landdros meer besorg was oor
die gerief en belange van getuies
en die afhandeling van die saak (wat terloops
vir maande lank deur ander persone as die appellant vertraag is) as oor die
billike
beregting van die
/saak. ...
55
saak. In die proses moes die landdros egter ook toesien dat geregtigheid
geskied, veral teenoor die appellant as beskuldigde, en
selfs al was hy eenmalig
fout by 'n laat aanstelling van 'n
prokureur."
Die landdros se hantering
van mnre Roux en Goldstein hoef nie vir doeleindes van hierdie uitspraak in
detail behandel te word nie.
Dat hy in albei gevalle ook on= reëlmatig
opgetree het is duidelik. Soos reeds opgemerk spreek die betrokke gedeeltes van
die
hofrekord hierbo uiteengesit in daardie opsig vir sigself. Dit is egter
nodig om kortliks na die volgende aspekte te verwys.
Die landdros se opmerking aan mnr Roux dat die Staar op 28 November 1983 in
wese gereed was om met die saak aan te gaan omdat "hulle"
slegs 'n verklaring
van die gewese eerste beskuldigde wou vat en dat dit slegs 'n uur in beslag sou
neem, is ongegrond. Daar is geen
aanduiding in die rekord dat dit die geval was
nie. Dit was derhalwe blote spekulasie ten nadele van appellant
/ en
56
en sprekend van die landdros se gesindheid teenoor hom. Ek gaan ook akkoord
met die volgende opmerkings van GROSSKOPF R:
"Op die stadium toe mnr Roux vroeër daardie dag om uitstel gevrá
het, het die landdros soos volg op bladsy 85 opgemerk:
'Die Hof bevind verder
dat dit in belang van regspleging is om 'n saak so spoedig moontlik klaar te
maak, en dat dit teen alle belang
is dat getuies kort-kort van die Kaap af moet
kom om getuienis af te lê sonder dat die saak afgehandel kan word'.
Weer eens blyk dit dat die belang van getuies voorop geplaas word. Dit is
sekerlik in belang van die regspleging dat 'n saak so spoedig
moontlik
afgehandel word, maar dan nie ten koste van die beskuldigde nie. Dit moet ook
nie uit die oog verloor word dat die saak
vanaf 17 Februarie 1933 tot 2-3
November 1983 , d.w.s. vir meer as nege maande lank, sonder enige skuld aan die
kant van die appellant
vertraag is nie. Selfs daarna is die saak hoofsaaklik op
versoek van beskuldigde 2 vir 'n verdere twee maande uitgestel."
Wat die behandeling betref wat mnr Goldstein te beurt geval het is dit op
hierdie stadium slegs nodig
/ om
57
om te verwys na wat GROSSKOPF R daaromtrent gesê het.
" Op daardie stadium toe luitenant Squire getuig het, het die appellant se
prokureur, ranr
Goldstein
, namens die appellant verskyn. Luitenant Squire
het op kort kennisgewing tegniese getuienis as deskundige getuie op versoek van
die
Hof afgelê. Mnr
Goldstein
het toe weer eens aansoek om uitstel
gedoen, sodat hy met 'n deskundige van sy eie keuse kon konsulteer alvorens hy
luitenant Squire
sou kruisondervra. Die landdros het aan die hand gedoen dat die
prokureur tussen 13h00 en 14h00 daardie middag navraag omtrent so
'n deskundige
kon gedoen het. Die landdros het verder gemeld dat toe die prokureur die opdrag
aanvaar het, hy bewus was van die hof
se houding aangaande verdere uitstel= le
van die saak. In sy weiering van die verdere aansoek om uitstel, merk die
landdros soos
volg op bladsy 100 op:
'But it is now quite obvious to the Court that the attorney is not really
interested in going on with the case. Allhe tries to do
is to get a remand in
the case, on your behalf.'
Die landdros se uitnodiging daarna aan mnr
Goldstein
om verdere
getuienis namens die appellant op hierdie deskundige aspek te roep, was myns
insiens 'n holle gebaar in die omstandighede."
Ek stem daarmee saam.
/ Bo . . .
58
Bo en behalwe die reeds vermelde onreëlmatighede is daar egter 'n
sorgwekkende aspek wat op sigself 'n ernstige vergryp teen
die behoorlike
regspleging is. Dit is die manier waarop die landdros die saak hanteer het - sy
woord= keuse
,
spreekwyse en gedrag (soos bv. sy voornoemde leed=
vermakerige glimlag)- Dit gaan m.a.w. nie in hierdie opsig oor
wat
hy
gedoen het nie maar oor
hoe
hy dit gedoen het. Voorbeelde daarvan hoef
nie nou weer eens genoem te word nie. Hulle is duidelik en maklik te vinde in
die bogaande
uiteensettings. Samevattend kan hulle be= skryf word as die kwade
vrugte van sy deurlopende ongeduld. Gesamentlik het hulle só
'n atmosfeer
geskep van regterlike weersin in en onverdraagsaamheid teenoor appellant en
partydigheid vir die Staat en dié
se getuies dat appellant klaarblyklik
die indruk gekry het dat die landdros sy saak nie met 'n onbevange gemoed
benader en hanteer
nie. Die stomme man se vertwyfeling as gevolg van daardie
indruk
/ kan . . .
59 kan opgemerk word in hierdie uitlating:
"Ek het niks om te sê nie Edelagbare, ek swyg- Die Hof kan sien wat om
te sê, wat om te doen, want die saak, daar is iets
aan die gang wat ek nie
kan verstaan nie, ek kan niks sê omtrent die saak nie."
En sy herhaalde noodkrete aan die einde van die verdediging= saak dat "Alles
.... van die begin af verkeerd (was)", en dat "die saak
.... verkeerd (was) van
die begin af",
" want die saak was verkeerd van die begin af", is
sprekende bewys van sy onsteltenis daaroor.
Die landdros het deur sy ongeduld en die gedrag wat daaruit voortgespruit
het, sy regterlike plig skromelik versuim om toe te sien
dar die atmosfeer in sy
hof tydens
die verhoor van appellant bevorderlik was vir regverdige en doeltreffende
regspleging.
Oor die algemene regterlike plig t.o.v. die behoor= like beregting van sake
is die volgende gesê deur TROLLIP Wn AR in
S v Rall
1982 (1) SA 828
(A) op 831 - 832:
/ "The
60.
".....the Judge must ensure that 'justice is
done'. It is equally important, I think, that he should also ensure that justice
is seen to be done. After all, that is a fundamental
principle of our law and
public policy. He should there= fore so conduct the trial that his
open-mindedness, his impartiality and
his fair= ness are manifest to all those
who are concerned in the trial and its outcome, especially the accused (see, for
example,
S v Wood
1964 (3) SA 103
(0) at 105 G;
Rondalia
Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira
1971 (2) SA 586
(A) at 589 G;
Solomon and Another NNO v De Waal
1972 (1) SA 575
(A) at 580
H)."
Hierdie plig het die landdros ook t o v die
ander, pertinent prosesregtelike, onreëlmatighede nie nagekom nie.
'n Regspreker kan sy veeleisende en maatskaplik= belangrike pligte slegs na
behore nakom as hy ook wagstaan oor homself, aandagtig
is aan sy eie swakhede
(soos ongeduld) en persoonlike sienings en nukke, en hulle steeds beteuel .
Deur.....
61
Deur te versuim om sy ongeduld te beteuel het die land= dros
ook hierdie plig t a v sy eie persoon nie nagekom nie.
Soos reeds hierbo gemeld, is een van die funda= mentele vereistes van ons
regspleging en van ons algemene openbare beleid dat geregtigheid
nie alleen moet
geskied in 'n verhoor nie maar ook duidelik gesien moet word om te geskied. Die
aard en omvang van die begrip "geregtig=
heid" in hierdie sin is soos volg
toegelig deur RUMPFF, HR in
S v Mushimba en Ander
1977 (2) SA 829
(A) op
844 H -845:
"Die Strafprosesordonnansie (van SWA) vereis dat indien daar 'n
onreëlmatigheid plaasgevind het, 'n skuldigbevinding alleen
/dan....
62
dan tersyde gestel kan word indien gereg=
tigheid inderdaad nie geskied het nie.
Die 'geregtigheid' waarna hier verwys
word, is nie 'n begrip wat veronderstel
dat die beskuldigde noodwendig onskul=
dig is nie. Geregtigheid wat geskied
het in hierdie sin is die resultaat
wat
'n bepaaldle eienskap
van verrigtinge aandui.
Die eienskap toon aan dat aan
vereistes
wat
grondbeginsels van reg en regverdigheid
aan die verrigtinge stel, voldoen is.
Die vraag of onreëlmatige of met die
reg
strydige verrigtinge in verband
met 'n verhoor van 'n beskuldigde van
so 'n aard is dat dit gesê kan word
dat van daardie grondbeginsels nie
nagekom is nie, en geregtigheid dus
nie geskied het nie. sal afhang van
die omstandighede van elke geval en
sal altyd 'n oorweging van publieke
beleid vereis."
Dat die meriete nie
noodwendig oorweeg word by die bepaling van die effek van bewese
onreëlmatighede nie blyk ook uit die beslissings
van hierdie Hof in
S v
Seheri en Andere
1964 (1) SA 29
(A) op 36 B-C, en
S v Meyer
1972 (3)
SA 480
(A) op 484 F. Of die meriete in so 'n geval oorweeg sal word al dan nie
sal afhang van die aard en omvang van die bewese onreëlmatighede.
/ In ...
63
In die onderhawige saak is elkeen van die voormelde onreëlmatighede so
ernstig dat gesonde regspleging (en dus ook geregtigheid)
reeds in elke geval in
die gedrang kom. Maar die kumulatiewe effek van almal van hulle tesame is
deurslaggewend en vernietigend van
die regsgel= digheid van appellant se
verhoor. By wyse van vergelyking kan dieselfde van hul gesamentlike effek
gesê word as
van dié van verskeie stukke omstandigheidsgetuienis,
waarvan DAVIS Wn AR, (met verwysing na die vyfde uitgawe van
Best on
Evidence
) die volgende gesê het in
R v De Villiers
1944 (AA)
493 op 508:
".... though each taken by itself weigh but as a feather —join them
together you will find them pressing on the delin-quent
with the weight of a
millstone...."
Dit is na my mening so
duidelik dat appellant ernstig en onherroeplik benadeel is en geregtigheid weens
die gesamentlike effek van
die bogemelde onreëlmatighede
/ nie
64.
nie geskied het nie, dat die openbare beleid dit nie
sal
duld dat appellant se skuldigbevinding bly staan nie.
Soos vroeër in hierdie uitspraak uiteengesit, het die Hof
a quo
die appèl van die hand gewys omdat dit bevind het dat appellant se skuld
op die getuienis en veral weens sy eie optrede bewys
is en dat geregtigheid
derhalwe geskied het in weerwil van gemelde onreëlmatighede.
Dit is
egter na my mening geensins duidelik op die oorkonde dat appellant inderdaad
skuldig is nie. Sy verweer is volgens die vrae
tydens die verhoor gestel, asook
volgens wat hy aan die landdros gesê het, in wese dat hy onskuldiglik vir
Hans aan Leske voorgestel
het, dat hy niks van die Mandrax geweet het nie en dat
hy in die hotelkamer teenwoordig was omdat hy geld by Leske wou leen. Sy vraag
aan laagenoemde en dié se antwoord daarop: "Is dit korrek dat ek u
voorgestel het aan die
verkoper van hierdie Mandrax tablette? Korrek", is
nie 'n ondubbelsinnige aanduiding dat hy geweet het waaroor dit gaan nie. Dit
is ewe vatbaar vir die vertolking dat
/hy
65
hy Leske onskuldiglik voorgestel het aan die persoon wat later geblyk het die
verkoper van die tablette te gewees het. Appellant se
kruisondervraging van Pong
is 'n duidelike ontkenning van skuld. Dit het só ver= loop:
CROSS-EXAMINATION BY ACCUSED
: As I said that I am not guilty. I went
there, he found me in the room. I went to a friend, which is Martin, which is I
had coffee
there, I had breakfast. You see I am in Johannesburg, I came up here
to look for work. Saying that he said come up to Johannesburg,
I went to go and
borrow money there. But I stood up when these gentlemen came, and I wanted to
touch, he stopped me, he said those
things, they do not con= cern me. So I
stayed, I backed out and he left us in the room, not giving me the R200 which I
wanted from
him. So after he had left ...
COURT TO WITNESS
: What the accused really puts to you is that he had
nothing to do with these pills whatsoever. Would you agree to that or not, as
far as you are concerned?-- Your Honour, as far as I am concerned, I found him
there.
So that is all you can say?-- That is all I can
say."
/ Daarna ...
66
Daarna het Pong die volgende aan die Hof gesê, wat tot 'n mate stawing
van appellant se stelling is:
"
COURT TO ACCUSED
: Anymore questions?
No.
COURT TO WITNESS
: The other question really is that this Martins told him
the packet is nothing of his concern?— Yes. I did not hear the exact
words, but all I know is that he wanted to touch it and Martin said
leave."
Die "Martins" waarna
hiér verwys word is
,
soos reeds tevore hierin aangedui, die getuie
Leske. Die verwysing na iets wat appellant wou betas maar toe deur Leske
verhinder is
om dit te doen; verwys na die volgende antwoord wat Pong in die
loop van sy getuienis aan die
Landdros gegee het:
"Accused no 3 '(appellant)' was talking with Martins. And accused no 3 at one
stage wanted to touch the packets, and Martins told
him to leave it."
Die "packets" waarna Pong verwys het is die pakkies Mandrax
tablette.
/ Hierdie...
67
Hierdie getuienis is vereenselwigbaar daarmee dat appellant nie geweet het
wat in die pakkies was nie en dat Leske wou verhoed dat
hy uitvind. Dit is een
belangrike aspek waarop Leske nie deur Duvenhage ondervra is nie,
hoogswaarskynlik weens die Landdros se inmenging.
Appellant se ondervraging van Slabbert het só verloop:
HOF AAN BESKULDIGDE
: Enige vrae? Geen vrae nie.
Stem jy saam met alles wat die getuie gesê het? Are you satisfied with the
witness's evidence, that he talked the truth? Yes,
a little bit,
but...
A little bit! But
you know. the Court
told you... No, he did not say
the thing as it is. It is that I jumped and I said it is Pong's stuff this.
Yes, he found me sitting as he came into the room and all of them, they found me
in that room, because I know this guy Martin as
a friend. He used to sell vege=
tables to us.
No, no, no. Are you
satisfied with this witness's evidence?— No, I just want to sort of tell
you something, I am sorry.
/ CROSS-EXAMINATION ...
68
CROSS-EXAMINATION BY ACCUSED
: So, I mean he came into the room, he asked
whose bag is that? And he searched me, he found nothing in my pocket. I did not
know
what was in the bag.
HOF
: Hy sê jy het gevra wie se tas is dit?-- Ek het nie nodig gehad
om te vra nie Edelagbare. Hy het onmiddellik toe ek in die
kamer inkora vir my
gesê dit is Pong se tas.
Hy sê hy het nie geweet wat is daarin nie?-- Dis nie die afleiding wat
ék gemaak het nie."
Daar stel
appellant dit in soveel woorde dat hy nie geweet het wat in die sak was waarin
die tablette was nie. Alhoewel dit nie Slabbert
se afleiding van appellant se
gedrag was nie, is hy weerspreek deur Welgemoed op die vraag of appellant
enigiets aan hulle gesê
het.
Welgemoed het gelyktydig met Slabbert die hotelkamer binnegegaan waarin
appellant en die ander toe was. Hy het met appellant saamgestem
op dié se
stelling dat hy nie gepraat het in die kamer nie.
/ Aan. . .
69
Aan die landdros het appellant weliswaar die volgende gesê:
"Now do you want to give evidence, or do you want to remain silent?-- I rather
remain silent
,
because there is nothing that I can say. All what they
said is they told the right story.
So you are satisfied that they all told the truth?-- What they said yes, it was
the truth."
Maar in die lig van die
voorafgaande uiteensetting van die getuienis en appellant se reaksie daarop kan
sy laas= genoemde uitlatings
nie as 'n duidelike en ondubbelsinnige erkenning
van skuld beskou word nie.
Dit is ook heel duidelik dat die appellant
ontsteld
en verward was weens die landdros se ongeduldige en onsimpatieke houding jeens
hom. Dit kan nie van iemand wat onder sulke
omstandighede in so 'n
gemoedstoestand verkeer en daarbenewens onkundig is oor die regsprosedure,
verwag word om sy saak behoorlik
te stel en sy vrae en
antwoorde duidelik te artikuleer nie . Indien appellant
/ regsverteenwoordiging....
70
regsverteenwoordiging gedurende die loop van die Staatsaak gehad het sou die
oorkonde van die verrigtinge ongetwyfeld 'n heelwat ander
voorkoms gehad het
-
In die meriete is daar gevolglik geen genoegsame aanduiding te vind dat
geregtigheid geskied het in weerwil van die onreëlmatighede
nie.
Daar is net twee verdere aspekte wat kommentaar verg.
(1) Ter beantwoording van die gewysigde gronde van appêl het die
landdros in sy verdere redes o.a. die volgende stelling gemaak:
"In die Landdroshof moet 'n landdros bereid wees om te kruisverhoor. Dié
stelling mag kras klink maar ek wil met die grootste
respek sê dat geen
landdros daarsonder sy plig na regte kan uitvoer nie. Daagliks word sake hier
verhoor waarin die hof te
kampe het met onervare staatsaanklaers, prokureurs en
advokate; dan is dit on-nodig om te sê dat in seker 90% sake die
beskuldigde
sy eie verweer waarneem. Die Hooggeregshof kry ongelukkig
net
/ te ...
71
te doen met gevalle waar 'n hof 'n beskuldigde kruisverhoor en omdat (die)
beskuldigde dan as getuie gefaal het, word beweer dat
die hof die arena betree
het. Ek wil hier herstateer, sonder vrees van teëspraak, dat landdroste
elke dag staats-getuies kruisverhoor.
Op die hof se kruisverhoor word die
beskuldigde later vrygespreek".
Met die
gebruik van die woord "herstateer" gee die landdros
te kenne dat hy al
voorheen so 'n stelling kwytgeraak
het. Hy gee ook voor om namens die corps van landdroste
te praat en hulle algemene daaglikse optrede te beskryf.
Daardeur matig hy hom 'n bevoegdheid aan wat hy gewis
nie het nie. Hoe weet hy wat landdroste landwyd doen?
Maar al moet hy verstaan word om net na die Johannesburgse
landdroste te verwys, is ek daarvan oortuig dat hy verkeerd
is. Dit is 'n verdoemende aantyging teen sy kollegas. Dit verbaas my dat hy
so iets kan kwytraak want dit
druis in teen een van die mees basiese beginsels van
beskaafde en gesonde regspleging.
/ Kruisondervraging...
72
Kruisondervraging hou nie net die element van indringendheid in nie, maar ook
van partydigheid. 'n Regspreker moet altyd werklik en
sigbaar onpartydig wees.
Gevalle kom sekerlik redelik dikwels voor waar 'n regspreker deur die
omstandighede genoop is om indringende
vrae aan 'n getuie (en soms ook
aán 'n beskuldigde) te stel in die belang van geregtigheid. Maar dan moet
sulke vrae met omsigtigheid
gestel word om nie alleen elemente van
kruisondervraging daaruit weg te hou nie, maar om ook die indruk te vermy dat
die hof besig
is met kruisver= hoor. Dit is die reg van die Staat sowel as van
die verdediging om met algehele onpartydigheid deur 'n hof behandel
te word. Ek
is seker dat die corps van land= droste deurgaans daarna streef. Dit lyk my die
landdros het vergeet van die riglyne
so duidelik deur hierdie Hof neergelê
in
Rall
se saak. Dit noop my gevolglik om t.o.v. die noodsaaklikheid vir
'n hof om sy onpartydig= heid, onbevangenheid en regverdigheid daadwerklik
en
/ sigbaar...
73
sigbaar te handhaaf, die volgende uit
Rall
se saak aan te haal (op 832
B):
"The Judge should consequently refrain from questioning any witnesses or the
accused in a way that, because of its frequency, length,
timing,form, tone,
contents or otherwise, conveys or is likely to convey the opposite impres= sion
(of
Greenfield Manufacturers (Temba) (Pty) Ltd v Royton Electrical
Engineering (Pty) Ltd
1976 (2) SA 565
(A) at 57OE-F;
Jones v National
Coal Board
[1957] EWCA Civ 3
;
(1957) 2 All ER 155
(CA) at
159F).
(2) Dit was deur mnr
Strydom
ook betoog dat die landdros vir Leske onder kruisverhoor geneem
het ten nadele van appellant. Na my oordeel was dit egter nie die
geval nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
M T STEYN
CORBETT AR)
Stem saam VILJOEN AR)