About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 74
|
|
S v Bosman (76/87) [1987] ZASCA 74 (25 August 1987)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JACOBUS WYNAND BOSMAN
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram: VAN HEERDEN, HEFER et JACOBS, ARR
Verhoor:
17 Augustus 1987
Redes ingehandig:
25 Augustus 1987
REDES VIR UITSPRAAK
JACOBS, AR
Nadat die advokaat wat namens appellant opge-
tree het sy argument voltooi het, het die Hof die appèl af-
gewys met 'n aanduiding dat redes later ingehandig sal word.
Die .... / 2
2
Die volgende is die redes.
Appellant, 'n 27-jarige blanke man, is in
die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
van die Hooggeregshof deur
Vermooten Wn R skuldig bevind aan moord sonder versagtende
omstandighede en is ter dood veroordeel. Hy is ook skuldig
bevind op 'n aanklag dat hy na sy arrestasie uit bewaring ont-
snap het maar vir huidige doeleindes is dit nie ter sake nie,
Met verlof van die Verhoorregter kom appellant nou in hoër
beroep slegs teen die bevinding dat, vir sover dit sy skuldig-
bevinding aan moord betref, daar geen versagtende omstandig-
hede teenwoordig was nie en die verpligte doodstraf wat daar-
op gevolg het.
Voordat ek daartoe oorgaan om die feite
van
die saak te bespreek moet ek noem
dat die Verhoorregter in die
onderhawige .... / 3
3
onderhawige geval besluit het om nie assessore
op te roep om
hom by te staan nie en die verhoor het dus plaasgevind sonder
assessore. Hieroor sê die Verhoorregter die volgende in sy
uitspraak of versagtende omstandighede teenwoordig is al dan
nie:
"Voor die verhoor begin het was dit my plig om te besluit of ek assessore
moes byroep om my by te staan of nie. Vir daardie doel,
omdat ek niks van die
saak geweet het nie, het ek - soos altyd die geval is - die Staat se ad-vokaat
gevra of dit nodig is om assessore
by te roep en as gevolg van wat hy my
meegedeel het, was ek destyds van mening dat dit onwaarskynlik was dat die
doodvonnis op-gelê
sou word. Gevolglik het ek nie assessore bygeroep om my
by te staan nie."
Dit blyk nie uit die oorkonde wat die advokaat vir die Staat se siening was
van sekere aspekte van die ge-
tuienis of watter inligting hy gehad het
omtrent
appellant .... /4
4
appellant se waarskynlike weergawe van die gebeure wat hy, die advokaat,
aan die Verhoorregter oorgedra het nie. Dit is egter duidelik
dat die
Verhoorregter, met die inligting wat tot sy beskikking was, sy eie oordeel
gevorm het toe hy besluit het om ni.e die hulp
van assessore by te roep nie en
dit kan dus nie gesê word dat die Verhoorregter in dié ver-band
onreëlmatig opgetree
het nié. Op die beskikbare inlig-ting kan dit
ook nie gesê word dat die advokaat vir die Staat se siening wat hy aan
die
Verhoorregter oorgedra het, nie op 'n versigtige oorweging van die beskikbare
getuienis gegrond was nie. Uit die getuienis blyk
dit dat appellant die dag na
die moord homself aan die polisie gaan oorgee het en die moordwapen gaan uitwys
het. Daar bestaan dus
'n sterk waar-
skynlikheid dat appellant destyds 'n
verduideliking aan die
polisie .... / 5
5
polisie verstrek het wat miskien nie as getuienis toelaatbaar was nie
maar wat die advokaat vir die Staat mag beïnvloed het in
sy gevolgtrekking
dat dit onwaarskynlik was dat die doodstraf uiteindelik opgelê sou word
(vgl in dié verband
S v Schoba
1985 (3) SA 881
(A) op 886 J - 888
A) . Toe appellant tydens sy verhoor alle kennis van en aandadigheid aan die
dood van oorle-dene ontken het soos
ek mettertyd sal aantoon, het die saak
waarskynlik 'n onvoorsiene wending geneem wat daarop uitgeloop het dat, volgens
die Verhoorregter
se bevinding, geen versag-tende omstandighede aan die lig
gekom het nie. Die onder-hawige saak is dus na my mening te onderskei van
die
feite en omstandighede in die onlangse saak van
S v Malinga
1987 (3) SA
490
(A) waarin hierdie Hof 'n doodvonnis ter syde gestel
het op grond van die
feit dat die waarskynlikhede daarop gedui
het.../6
6
het dat die Verhoorregter deur die Staatsadvokaat aangeraai is om weens
die erns van die saak wel assessore te kry om hom by te staan.
Die omstandighede
het ook daarop gedui dat die Verhoor-regter waarskynlik twee assessore vir die
doel sou opgeroep het maar dat hy
toe net van een assessor se dienste gebruik
gemaak het omdat 'n tweede assessor nie vir die verhoor van die saak verkry kon
word
nie. Ek wil net byvoeg dat wat hierdie appèl betref op geen stadium
voor die Verhoorhof of voor hierdie Hof daar aangevoer
is dat 'n
onreëlmatigheid begaan is deur die ver-hoor te laat plaasvind sonder
assessore nie. Inteendeel, adv
Kotzé
wat namens appellant voor
hierdie Hof verskyn het, het spesifiek genoem dat hy hom distansieër van
enige suggestie dat die feit
dat die Verhoorregter nie deur assessore bygestaan
is nie
as 'n onreëlmatigheid aangemerk kan word. Ek het na hierdie
aspek .... / 7
7
aspek bloot verwys omdat die Verhoorregter self, toe hy verlof verleen
het om na hierdie Hof te appelleer teen sy bevinding dat daar
geen versagtende
omstandighede bestaan nie, die vraag ge-opper het of die feit dat hy nie die
voordeel van beraadslaging met en die
menings van assessore gehad het nie,
moontlik 'n fak-tor is wat hierdie Hof mag beínvloed in sy beslissing of
daar wel versagtende
omstandighede was al dan nie.
Die aanklag teen appellant het gespruit uit die
dood van 'n 10-maande oue
dogtertjie, Bianca Hall (die oorlede-ne) wat dood is as gevolg van 'n enkele
steekwond in die rug wat haar
borsholte en een van haar longe binnegedring het.
Sy is kort daarna oorlede. Die oorledene het blykbaar op haar magie gelê
en slaap in a bababedjie toe die steekwond
toegedien is. Die moordwapen was,
volgens die Verhoorhof
se ..../8
8
se bevinding, 'n mes, die eiendom van appellant, met 'n lem van
tussen 10 en 12 cm lank en 'n hef van omtrent dieselfde lengte
Hierdie mes het as bewysstuk voor die Hof gedien,
Uit die getuienis blyk dit dat die oorledene
die dogtertjie was van mej Jacqueline Hall (soos sy destyds
was). In die getuienis is na haar verwys as "Jackie" en ek
sal haar ook so noem. Jackie het getuig dat appellant die
vader van die oorledene was. In sy getuienis het appellant
dit ontken maar vir die huidige doeleindes is dit nie van be-
lang of appellant wel die vader was of nie want daar was ge-
tuienis dat appellant in werklikheid lief was vir die oor.ledene
en daar is geen sprake daarvan dat die vraag of appellant in-
derdaad die vader van die oorledene was hoegenaamd enige by-
draende rol gespeel het tot die dodelike wond wat appellant
haar toegedien het nie.
Appellant .... / 9
10
In elk geval kon daardie drank hoegenaamd nie enige effek op appellant gehad
het toe hy oorledene omstreeks 2h00 daardie nag die steekwond
toegedien het nie.
Volgens die getuienis van Jackie is sy en appellant die aand bed toe en wou hy
seksu-
ele omgang met haar hê maar sy het, vir mediese redes, ge-weier.
Dit het appellant ontstel en hy het opgestaan, aange-trek,
en die woonstel
verlaat. Later die aand het hy terug-gekeer, vir Jackie wakker gemaak, en haar
beskuldig dat sy dag-ga gerook het
en dwelmmiddels gebruik het. Appellant het
ook gesê dat hy Jackie by die polisie gaan aankla omdat sy sekere klerasie
by 'n
kettingwinkel soú gesteel het. Jackie het die beweringe ontken en
'n hewige argument het tussen die twee ontstaan. Hierdie
rusie het later
uitgeloop op 'n stryery
tussen die twee oor die eiendomsreg op sekere foto's. Chris
Fourie .... / 11
11
Fourie het uiteindelik tussenby getree en die argument oor die foto's is
blykbaar opgelos. Appellant het egter weer die woonstel verlaat
blykbaar om 'n
klagte teen Jackíe te gaan lê weens die beweerde diefstal. Volgens
Jackie het hy later die nag weer teruggekeer
en haar beveel ora uit "sy bed" te
klim- Sy het teen daardie tyd weer geslaap. Sy het opge-staan en was besig om
vir haar "n bed
op die vloer te maak toe appellant haar van agter af 'n hou gee
wat haar bewusteloos laat neerval het. Sy het later haar bewussyn
herwin en 'n
geroggel van die baba gehoor. Die bedlig het gebrand en sy het appellant langs
die bababedjie gesien staan met 'n bebloe-de
mes in sy hand en 'n grynslag op sy
gesig. Sy het die baba wat erg gebloei het opgetel en met haar na Chris-hulle
se
kamer gehardloop. Appellant het by die kamer en die woonstel
uitgehardloop .... / 12
12
uitgehardloop. Chris Fourie het wakker geword en,
nadat hy 'n berig van Jackie ontvang het, het hy die trappe afgehardloop agter
appellant
aan maar appellant het reeds verdwyn. Op die grondvloer van die gebou
is daar 'n kafee en terwyl Chris besig was om daarvandaan vir
'n ambulans te bel
het twee polisie-beamptes toevallig by die kafee opgedaag. Chris het aan hul-le
rapporteer en hulle het hom na
die woonstel vergesel. 'n Ambulans het kort
daarna opgedaag en die baba is hospitaal toe geneem maar is blykbaar op pad
soontoe oorlede.
Toe Chris die rapport aan die polisie gemaak het was dit
plus-minus 2hl5 die oggend van 3 Desember.
Die getuienis toon aan dat appellant homself omstreeks tussen 18h00 en 20h00
die aand van 3 Desember aan
die polisie te Pretoria-Wes gaan oorgee het. As gevolg van
mededelings .... / 13
13
mededelings deur hom het konstabel Smit, wat op diens was, die Hillbrow
polisie geskakel. Hulle was reeds op soek na appellant en
het hom nog dieselfde
aand in Pretoria gaan haal. Die volgende dag, d w s op 4 Desember, het appellant
die po-lisie na 'n huis in
Pretoria - die huis behoort blykbaar aan sy broer -
geneem waar hy die mes wat voor die Hof was uit 'n roosbos in die tuin gehaal
het en aan die polisie oorhandig het,
Nadat appellant die nag uit die woonstel ge-
hardloop het - dit was nou
nadat die oorledene reeds die steek-wond toegedien is - is 'n aantal briewe en
geskrifte asook die skede
van die raes wat appellant later aan die polisie gaan
uit-wys het, op 'n bedkassie voor appellant se bed in die woonstel gevind.
Jackie het die handskrif op al die geskrifte as dié
van appellant uitgeken. Die Verhoorhof het bevind dat al die
dokumente .... / 14
14
dokumente wel deur appellant geskryf is. Ek is nie voornemens om die inhoud
van al hierdie geskrífte in detail weer te gee
nie. Ek verwys slegs na 'n
brief (Bew D 2) en die koevert waar-in dit gevind is (Bew D 1) omdat sowel voor
die Hof a
quo
as voor hierdie Hof dit aangevoer is dat dit o a uit
hierdie doku-mente blyk dat appellant "sielkundig ongebalanseerd was" toe hy
die
briewe geskryf het en toe hy blykbaar kort daarna die moord gepleeg het.
Op die koevert (Bew D 1) waarin die brief (Bew D 2) was, was geskryf:
"(Mev) Prinsloo Wie dit mag aangaan Beeld The Star Pretoria News Tel (H) 79-1778
(W) 282-551 x 282".
(Ek mag net noem dat "Mev Prinsloo" appellant
se moeder was.)
Op.../ 15
15
Op die agterkant van die koevert was geskryf:
"Ek is lief vir my Boetie Sussie Moeder Bianca Jackie."
Die brief
(Bew D 2), wat in die koevert was, lees soos volg:
"Publiseer hierdie in die koerant
Asb
Hierdie moet asb in die koerant verskyn, i.v.m. my moord op my dogter en
selfmoord op myself.
As gevolg dat die dogter gaan kuier by haar moeder in Pretoria het dit
plaasgevind, soos bo genoem.
Die moeder en vader is uitmekaar a.g.v.
haar.
Die moeder weet altyd van beter en het 'n groot klomp onsin in haar dogter se
kop gepraat, en sy glo dit.
As gevolg van die moeder is die hele familie teen haar, want sy is die een wat
probleme maak waar sy gaan.
Hiermee wil ek u net onder u aandag bring dat hierdie bo geskrewe opgesom of net
so uitgedruk word. Dit is my testament. (Beeld)
(The Star) (Pretoria News)
(Gepubliseer word) (Geteken: J.W. Bosman 03/12/85 00:36
I love
Bianca".
Op../16
16
Op die agterkant van Bew D 2 was daar geskryf:
"Moeder daar is uitstaande gelde by mnr. Wileman. Tel. 833-770 (011). Super Home
Tel. 683-4275/8 Ek is baie lief
vir Julle."
Ter verduideliking moet ek noem dat Jackie
die
week voor die moord by haar moeder
in Pretoria gekuier het en dat appellant haar op Sondag 1 Desember 1985 daar
gaan haal het Daar
is aanduidings in die getuienis van appellant dat die
ver-houding tussen hom en Jackie se moeder nie juis van die hart-likste was
nie.
Na sy arrestasie het 'n landdroshof beveel dat appellant vir 30 dae onder
observasie gehou word en dat onder-
soek gedoen word en 'n verslag ingelewer word ingevolge art 79
van .... / 17
17
van Wet 51 van 1977. Die relevante gedeelte van die verslag van die twee
psigiaters, wat met toestemming van die verdedi-ging by die
verhoor ingehandig
is, lui soos volg:
"
Section 79(4)(b
)
He has an antisocial personality with dependence on drugs and alcohol.
Section 79(4)(c)
He can follow court proceedings so as to assist in his defence.
Section
79(4)(d
)
At this stage there is no evidence to indicate that at the time of the
commission of the alleged offence either
(a) his capacity to appreciate the wrongfulness of the act in question or
(b) his capacity to act in accordance with such appre-ciation of its
wrongfulness was affected by mental illness or mental
defect."
Ek is nie voornemens om appellant se
getuienis
wat hy onder eed afgelê het in besonderhede te behandel of weer te gee
nie. In breë trekke het dit daarop neergekom dat,
hoe-
wel hy erken het dat daar vroeg die aand van 2 Desember 'n
argument .... /18
18
argument tussen hom en Jackie was oor foto's, hy ontken het dat hy seks wou
hê en dat sy geweier het. Volgens hom is hy daarna
polisiestasie toe waar
hy aan 'n swart polisie-beampte '
n
klagte gaan lê het oor haar
beweerde. diefstal van klerasie. Hy is toe terug woonstel toe en het aan Jackie
ge-sê dat
hy haar gaan verkla het. Sy het hom gevloek en hy het kwaad
geword en haar '
n
klap gegee. Daarna het hy die woon-stel weer verlaat en
het hy nooit weer die aand of nag na die woonstel teruggekeer nie. Hy skat
dit
was in die omgewing van 20h30 toe hy die woonstel vir die tweede en laaste keer
die aand verlaat het. Hy het ontken dat hy enige
kennis dra van hoe die
oorledene die steekwond waaraan sy dood is op-gedoen het, of dat hy enigiets
daarmee te doen gehad het. Hy
het '
n
lang storie vertel van hoe hy die aand nadat hy die woon-
stel../ 19
19
stel vir die tweede keer verlaat het, in Hillbrow rondgestap, dagga gerook en
sterk drank gedrink het en hoe hy later die nag 'n saamry
geleentheid gekry het
Pretoria toe waar hy die volgende dag by sy broer se huis uitgekom het en waar
hy 'n boodskap gekry het dat
die polisie hom by sy broer se huis kom soek het.
Hy het toe die Pretoria-Wes polisiestasie gebel en die polisie het hom by sy
broer
se huis kom oplaai. Hy het nie geweet waaroor hulle hom wou spreek nie. Hy
het ont-ken dat hy hom self by die polisiestasie gaan
aanmeld het. Later die
aand - dit was nou die aand van 3 Desember - het die Hillbrow polisie hom kom
haal en is hy in die selle aangehou.
Die volgende dag, so beweer hy verder, is
hy op wrede wyse deur die polisie aangerand. Hulle wou hê hy moes vir
hulle sê
wat
van die mes waarmee oorledene gesteek is geword het. Ten
einde .... / 20
20
einde raad en om van die aanrandings te ontkom het hy vir die polisie
gesê hy sal die mes vir hulle gaan uitwys. Hy het hulle
na sy broer se
huis in Pretoria geneem en daar in '
n
riet-bos in die tuin het hy gemaak
of hy die mes wat voor die Hof was, uit die rietbos gehaal en het dit aan die
polisiebeampte wat
hom vergesel het, oorhandig. In werklikheid, so het hy
beweer, was die mes al die tyd reeds van die aand van 2 Desember af, in sy
besit
en was dit deurentyd aan sy persoon versteek, ook terwyl die polisie in Hillbrow
besig was om hom aan te rand. Hy het ontken
dat hy bewysstukke D 1 of D 2
geskryf het of dat dit sy handskrif is wat op enige van die ander dokumente wat
die nag van 2 Desember
in sy kamer voor sy bed gevind is, verskyn. Appellant se
getuienis is deur die Verhoorhof verwerp en hy is
skuldig bevind aan moord. Voordat die Hof daartoe oorgegaan
het..../21
21
het om te oorweeg of daar versagtende omstandighede aanwesig is het die Hof
verdaag om appellant 'n geleentheid te gee om sy posisie
te heroorweeg en te
besluit of hy moontlik die Hof in sy vertroue wil neetn en getuienis wil
voorlê wat moontlik versagtende
omstandighede na vore kan bring maar hy
het ge-weier om enigiets verder te sê.
In sy hoofde van betoog het adv
Kotzé
na
veral
drie aspekte verwys wat, volgens
sy submissie, versagtende om-standighede daarstel.
In die eerste plek het hy verwys na die psigia-ters se bevinding dat
appellant oor 'n antisosiale persoonlik-heid beskik, met 'n drang
na alkohol en
verdowingsmiddels. Gevolglik, so het die betoog gelui, kon die appellant onder
die
invloed van drank gewees het toe hy die daad gepleeg het. Die
geleerde .... / 22
22
geleerde advokaat het egter dadelik toegegee dat hy voor die probleem staan
dat appellant ontken dat hy die daad gepleeg het. Beide
Chris Fourie en Jackie
het getuig dat appellant vroeër die aand sober en normaal voorgekom het.
Enige bevinding dat ap-pellant
toe hy die daad gepleeg het waarskynlik onder die
in-vloed van drank of dagga was en, indien wel, tot welke mate hy aangetas was
sou dus daarop neerkom dat die Hof omstandighede veronderstel waarvoor daar geen
grond in die bewese feite te vinde is nie.
Die tweede aspek wat adv
Kotzé
probeer uitlig
het,was dat die moord op oorledene 'n onbesonne daad was wat dan sou aantoon
dat "Appellant se oordeelsvermoë op een of ander
wyse aangetas moes gewees
het". Dat dit 'n onbesonne daad was
moet geredelik toegegee word maar hier weer is die Hof geheel
en../23
23
en al in die duister gelaat oor wat dit dan was
wat appellant se oordeelsvermoe aangetas het. In hierdie opsig kon net
ap-pellant
die Hof inlig en van hulp wees en het hy verkies om die nie te doen
nie.
Laastens het adv
Kotzé
aangevoer dat die brief
en koevert
bewysstukke D 2 en D 1 aantoon dat appellant "siel-kundig ongebalanseerd was ten
tyde van die misdaad" want, so het adv
Kotzé
gevra, waarom sou hy
dan versoek dat al die pub-lisiteit gegee moet word aan die gruwelike daad wat
hy van voorneme was om te pleeg?
Volgens Bew D 2 was appellant van plan om
selfraoord te pleeg nadat hy die oorledene vermoor het. Of hy werklik van plan
was om dit
te doen, en indien wel waar-om hy dit toe nie gedoen het nie, weet
ons nie. Miskien het
hy gemeen dat met die beoogde publisiteit hy veral
Jackie se
moeder .... /24
24
moeder in die oë van die publiek sal kan afkraak. Dit is
egter ook maar weer net een van die baie ander moontlikhede
wat, as gevolg van appellant se ontkenning dat hy die briewe
en ander dokumente geskryf het, onopgeklaar bly. Dit is egter
miskien nie onvanpas nie om in dié verband daarop te wys dat
by die dokumente 'n sogenaamde testament was wat appellant op-
gestel het en waarby 'n noukeurige lys van al appellant se be-
sittings aangeheg was. Soos die Verhoorregter tereg opmerk,
dit strook nie jui.s met iemand wat "sielkundig ongebalanseerd"
was nie.
Voor hierdie Hof is daar, afgesien van bogenoem-
de, nie betoog dat daar 'n dwaling van feite of die reg was of dat die
Verhoorhof 'n onreëlmatigheid begaan het nie of dat
geen redelike hof tot die slotsom kon gekom het dat daar geen
versagtende /25
25
versagtende omstandighede is nie. Inteendeel ek
meen nie
dat op die getuienis enige redelike hof tot enige ander be-
vinding kon kom as dat versagtende omstandighede nie bewys
is nie.
Die appèl is gevolglik afgewys
H R JACOBS, AR Ek stem saam.
H J 0 VAN HEERDEN, AR Ek stem saam.
J J F HEFER, AR Ek stem saam.