S v Gwadiso (1950/94) [1995] ZAWCHC 2 (16 February 1995)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of drugs — Presumption of intent to deal — Accused charged with possession of dagga — Pleaded not guilty, claiming possession was not for the purpose of dealing — State failed to provide direct evidence of intent to deal — Reliance on statutory presumption found to infringe on the constitutional right to a fair trial — Matter referred to the Constitutional Court for determination of the validity of the presumption.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
1995
>>
[1995] ZAWCHC 2
|

|

S v Gwadiso (1950/94) [1995] ZAWCHC 2 (16 February 1995)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAK
NO. 1950/94
In die
saak tussen:
DIE
STAAT
en
JOE
GWADISO
Beskuldigde
UITSPRAAK
GELEWER OP 16 FEBRUARIE 1995
TRAVERSO R.
Hierdie
aangeleentheid dien voor my op hersiening. Die beskuldigde het
daarvan aangekla gestaan dat hy handel gedryf het in
444,7
gram dagga soos beoog in Artikel S(b) van die Wet op Dwelmmiddels en
Dwelmsmokkelary No. 140 van 1992. In die altematief het hy
aangekla
gestaan van 'n oortreding van Artikel 4(b) van die Wet deurdat hy in
besit was daarvan.
Die
beskuldigde het onskuldig gepleit. Volgens sy pleitverduideliking in
terme van Artikel 115 an Wet 51 van 1977, het hy erken
dat hy in
besit gevind is van die dagga maar het te alle tye ontken dat hy die
dagga besit het ten einde daarmee handel te dryf,
of dat hy inderdaad
handel gedryf het.
Die
enigste getuienis wat die Staat aangebied het, is dat die beskuldigde
in besit gevind is van die dagga. Daar was dus geen direkte
getuienis
wat bo redelike twyfel sou kon bewys dat die beskuldigde dit ten doel
gehad het om met die dagga handel te dryf nie.
Bygevolg is daar deur
die verhoorlanddros gesteun op die vermoede soos vervat in Artikel
21(1)(a)(i) van die Wet.
In
S. v. Bhulwana
1995(1) SA 509
(KPA)
het
Marais R.
soortgelyke feite oorweeg.
Marais R.
het tot die
gevolgtrekking gekom dat aangesien die vermoede waarna ek hierbo
verwys het, die bewyslas op die beskuldigde plaas om
op 'n oorwig van
waarskynlikhede te bewys dat hy nie die dagga besit het met.die oog
daarop om handel te dryf nie, dit
prima facie
in stryd is met
die bepalings van Artikel 25(3)(c) van die Grondwet wat bepaal:
"Elke beskuldigde het die reg op 'n billike
verhoor, waarby inbegrepe is die reg-

(c) om onskuldig geag le.word en om te swyg tydens
pleitverrigtinge of verhoor en om nie tydens die verhoor te getuig
nie. "
Die
beredenering van
Marais R.
·word duidelik en volledig
in die
Bhulwana
·uitspraak uiteengesit en ek stem
respekvol daarmee saam. Ek sal dit dus riie hierin herhaal nie. Ek
volstaan deur te se
dat ek saamstem met
Marais R.
dat die
verrnoede die wesentlike inhoud van die beskuldigde se reg om
onskuldig geag te word, ontken.
Die
hoeveelheid dagga in die onderhawige saak was nog baie minder as die
in die
Bhulwana
saak. Inderdaad is dit bykans die helfte
minder. Ek is gevolglik verplig om die vraag oor die grondwetlike
afdwingbaarheid van die
vermoede soos geskep in Artikel 21(1) (a) (i)
van Wet 140 van 1992 na die Konstitusionele Hof te verwys vir
oorweging. Dit word
so beveel. Indien die Hof sou bevind dat die
vermoede ongeldig is, sal die skuldigbevinding gewysig moet word na
een van besit
van 'n ongewensde afhanklikheidsvormende stof.
Insgelyks sal die vonnis in heroorweging geneem moet word.
____________________
TRAVERSO
R
Ek
stem saam:
___________________
CONRADIE
R.