About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 73
|
|
S v Martin (20556, 28/02, M1835/01) [2002] ZAWCHC 73 (17 December 2002)
rapporteerbaar
in die hooggeregshof van
Suid-Afrika
(kaap die goeie hoop
provinsiale Afdeling)
Hooggeregshof Verw. no.: 020556
Landdros se
reeksno.: 28/02
Saakno. M1835/01
In
die saak tussen:
die staat
en
andries martin
Beskuldigde
uitspraak: 17 Desember 2002
Griesel R
:
Feitelike Agtergrond
Die
beskuldigde het in die landdroshof te Malmesbury tereggestaan op ân
aanklag van oortreding van art 67(1)(a), gelees met
art 1,
van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995. In die
klagstaat is die beskuldigde ten laste gelê dat
hy
ï¾
ââ
n lid van die Mag
[sic],
1
nl Sers Alfranco September, by die uitoefening van sy
bevoegdhede of die verrigting van sy pligte of werksaamhede
weerstaan
of opsetlik gehinder of belemmer het, of by die
uitoefening van sy bevoegdhede of by die verrigting van sy pligte of
werksaamhede
deur ân lid van die Mag [sic], hom opsetlik met so ân
lid of sy uniform of uitrusting of enige deel daarvan bemoei het te
wete
deur hom aan sy hemp (polisie uniform) te gryp en die hemp te
skeur en deur op hom te vloek en te skel en te weier om uit sy woning
te kom.â
In die
alternatief was hy aangekla van opsetlike saakbeskadiging deurdat hy
opsetlik die betrokke polisiebeampte se hemp geskeur het.
Die
beskuldigde, wat onverdedig was, het onskuldig gepleit op die hoof-
sowel as die alternatiewe aanklagte. Nadat die bepalings
van art 115
en 220 van die Strafproseswet sowel as sy swygreg deur die landdros
(
die eerste landdros
) aan die beskuldigde verduidelik is, het
hy soos volg verklaar:
â
Ek en my vrou het gestry.
Ek het ân paar drankies ingehad en my vrou het die Polisie laat
kom. Ek beveel die Polisie om my perseel
te verlaat nadat hy ân
flits in my kamer gelig het. Hierna het hy op ân blok gestaan en
deur die venster na binne gehang. Toe
lig hy met die flits in my
gesig.
Na die 3de keer het ek
opgestaan uit my bed en sers September geruk en sy klere geskeur. Ek
erken dat ek die klaer aan sy uniform
geruk het en sy klere geskeur
het.â
Hierop
het die landdros die beskuldigde meegedeel dat indien die
pasgemelde erkennings as formele erkenning in terme van art
220
van die Strafproseswet aangeteken word, dit bly staan as bewys.
Die beskuldigde het toegestem dat die erkennings
aangeteken
word as formele erkennings ingevolge die gemelde artikel.
Daarna
is die saak uitgestel en het by die volgende geleentheid voor ân
ander landdros (
die tweede landdros
) gekom, aangesien die
eerste landdros oënskynlik nie beskikbaar was nie. By daardie
geleentheid het die staatsaanklaer
die hof meegedeel dat
die staat geen getuienis gaan lei nie en dat die staat sy saak
sluit. Die landdros het daarop die beskuldigde
se regte in
verband met getuienislewering aan hom verduidelik, waarna
die beskuldigde verkies het om self onder eed te
getuig.
In die loop van sy
getuienis het die beskuldigde wesenlik die weergawe wat hy
tydens sy pleitverduideliking voor die hof
geplaas het,
herhaal. Tydens kruisondervraging het hy onder andere soos
volg geantwoord op vrae van die staatsaanklaer:
â
V Was dit nodig om die
Polisiebeampte voor die bors te vat en vaste [sic] gryp sodat sy
klere skeur?
A Nee dit was nie nodig nie.
V Het u die
Polisieman gevloek?
A Nee net kras met hom gepraat.
V Het u
besef dat u verkeerd optree indien u ân polisiebeampte hinder in sy
pligte om sy pligte uit te voer?
A Ja.
V U het besef u doen
verkeerd en kan gestraf word?
A Ja.â
Na
sluiting van sy saak, is die beskuldigde op die hoofaanklag
skuldig bevind soos aangekla. Geen vorige veroordelings is teen
hom
bewys nie en hy is daarop gevonnis tot ân boete van R600 of drie
maande gevangenisstraf, tesame met ân verdere
drie
maande gevangenisstraf, wat voorwaardelik opgeskort is vir drie
jaar.
Landdros en DOV se Redes
Toe die
aangeleentheid daarna op outomaties hersiening voor my geplaas is,
het ek die landdros versoek om sy redes vir skuldigbevinding
te
verstrek, veral in die lig van die staat se versuim om enige
getuienis aan te bied. Die landdros het soos volg hierop gereageer:
â
Hoewel die Staat versuim
het om enige getuienis aan te bied, het die beskuldigde ân
erkenning gemaak nl. âEk erken dat ek die
klaer aan sy uniform
geruk het en sy klere geskeur het.â
â¦
Alhoewel die staat nie
getuies geroep het om te getuig nie was daar ân
prima facie
saak
uitgemaak deur die staat waarop beskuldigde moet kom getuig
op grond van sy erkenning wat hy gemaak het.
Ek het bepalings van die saak
Staat vs Lubaxa
2001(2) SACR 703 nie uit die oog verloor nie
en was vertroud met die feite van die saak nl. dat na staatsaak die
beskuldigde nie
die getuiebank moet betree om te getuig in die hoop
dat hy hom dalk kan inkrimineer nie.
Beskuldigde erken dan verder
onder eed dat hy die misdryf gepleeg het en verkeerd opgetree het en
dat hy daarvoor gestraf kan word.â
Na
ontvangs van die landdros se redes, het ek die aangeleentheid op 25
Februarie 2002 na die Direkteur van Openbare Vervolgings
(
DOV
)
verwys vir sy kommentaar, veral aangesien die bepalings van
art 174 van die Strafproseswet oënskynlik nie
deur
die landdros aan die beskuldigde verduidelik is nie en ook nie
mero
motu
deur hom toegepas is nie.
Meer
as nege maande later, op 6 Desember 2002, is ek voorsien van ân
memorandum deur een van die personeellede van die DOV,
waarmee
die DOV saamstem. (Geen verduideliking of verskoning vir die
uitermate lang vertraging is verstrek nie.) In die memorandum
word die mening uitgespreek dat die skuldigbevinding nie
bekragtig behoort te word nie aangesien
ï¾
daar
aan die einde van die staatsaak
âgeen getuienis van staatsweë
was (nie)â
. Volgens die DOV, het die erkennings nie
prima
facie
bewys daargestel nie.
daar
nie bewys is dat die klaer ân lid van die
âmagâ
(sic)
was, soos bedoel in art 1 van die Wet nie;
die
landdros nie die beskuldigde van sy regte ingevolge art 174
van die Strafproseswet ingelig het nie en die landdros
ook
nie
mero motu
die bepalings van daardie artikel toegepas het
nie;
âart 118
van die Strafproseswet nie toegepas is nieâ.
Art 118
Ek
handel eerstens met die laasgenoemde aspek. Art 118 van die
Strafproseswet bepaal soos volg:
â
Nie-beskikbaarheid van
regterlike amptenaar na pleit van onskuldig.âIndien die regter,
streeklanddros of landdros voor wie ân
beskuldigde in ân summiere
verhoor onskuldig gepleit het om enige rede nie beskikbaar is om die
verhoor voort te sit nie en
geen getuienis
reeds
aangevoer
is nie, kan die verhoor voor enige ander regter, streeklanddros of
landdros van dieselfde hof voortgesit word.â (my beklemtoning)
Alhoewel
die verwysing in die memorandum na art 118 nie verder
uitgebrei of gemotiveer word nie, wil dit uit die konteks
voorkom
asof die DOV by implikasie suggereer dat die tweede landdros nie die
verrigtinge kon voortsit nie, aangesien daar wel
âgetuienisâ
voor die eerste landdros aangevoer is. Dit behels verder dat
aanvaar moet word dat die beskuldigde se antwoorde ingevolge art 115
en/of die erkennings wat tydens die pleitverrigtinge ingevolge
art 220 genotuleer is vir doeleindes van art 118 wel
âgetuienisâ
daarstel.
Hierdie
aspek het reeds by verskeie geleenthede, in die een of ander vorm,
voor ons howe gekom. In
S v Hendricks
2
het die Appèlhof die probleem indringend bespreek teen die volgende
feitelike agtergrond. Die beskuldigde het op drie aanklagte
tereggestaan. Hy het op al drie aanklagte skuldig gepleit, maar na
ondervraging deur die landdros, is pleite van onskuldig op die
tweede en derde aanklagte aangeteken. Ingevolge die
voorbehoudsbepaling tot art 113(1) het die bewerings, wat
tydens die
ondervraging deur die beskuldigde erken is, bly
staan as bewys van sodanige bewerings. Na afloop van die
ondervraging, het
die aanklaer ân vierde klagte (van verkragting)
bygevoeg, waarop die beskuldigde eweneens skuldig gepleit het,
welke pleit
na ondervraging eweneens in ân pleit van
onskuldig verander is. Die beskuldigde is later op drie van die vier
aanklagte
(insluitend aanklag 4) skuldig bevind en tot
gevangenisstraf gevonnis.
Op
appèl is die punt namens die appellant geopper dat dit nie vir die
staat moontlik was om ân verdere aanklag by te voeg nadat
hy reeds
op die eerste drie aanklagte gepleit het en daaromtrent ondervra is
nie in die lig van die bepalings van art 81(1), wat
soos volg lees:
â
Enige getal aanklagte kan
in dieselfde verrigtinge teen ân beskuldigde saamgevoeg word te
eniger tyd voordat
enige getuienis
ten opsigte van enige
bepaalde aanklag
gelei is
â¦â (my beklemtoning)
Die
vraag waaroor die Appèlhof uitsluitsel moes gee, was of die
mededelings van die beskuldigde tydens die ondervraging wat
tydens die pleitfase ingevolge art 112 genotuleer is, neerkom
op
âgetuienisâ
wat
âgeleiâ
is vir doeleindes
van art 81(1).
In
die loop van die uitspraak deur Marais AR, namens ân eenparige
Hof, is ân deeglike ontleding gedoen van die begrip
âgetuienisâ
(âevidenceâ)
in die Strafproseswet. Daar is verwys na die
verskillende bepalings in die Strafproseswet waar die woord
âevidenceâ
gebruik word, bv arts 81(1), 87(1), 88, 115A,
118, 150, 157(1), 174, 196(2) en (3), 209, 210, 219, 256 tot 270, en
272.
3
Nadat gewys is op sekere absurde resultate wat sou volg indien die
woord
âevidenceâ
so wyd geïnterpreteer sou word om
enigiets in te sluit wat vir doeleindes van die staatsaak
bewyswaarde het,
4
het Marais AR soos volg voortgegaan:
5
â
It is not difficult to see
why once the leading of evidence has commenced, no further charge or
accused persons may be joined, and
no other judicial officer may
continue to hear the matter if the judicial officer who commenced
during the trial is no longer
available. In these instances there is
an easily discernible reason for the limitation. One cannot join
additional accused persons
who have not heard some of the evidence
which has already been given
viva voce
. An accused is entitled
to see and hear the witness giving evidence so that he can make
appropriate submissions regarding the demeanour
of the witness when
the stage of argument is reached. Giving such an accused an
opportunity of cross-examining a witness who has
given his evidence
in chief, and may even have been cross-examined in the absence of the
accused, does not adequately compensate
for the disadvantage arising
from not having seen and heard the witness testify. Reading the
evidence of such a witness to the accused
or providing the accused
with a transcript of the evidence given in his absence is, for the
same reason, not a sufficient cure.
It is basic to the concept of a
fair trial in South Africa that, save in exceptional circumstances
clearly and unambiguously prescribed
by constitutionally competent
statute, evidence upon which the State intends to rely in support of
the charge against the accused,
must be adduced in the presence of
the accused.
One cannot allow a substitute
judicial officer who has not heard the evidence given earlier in a
trial, to hear the rest of the evidence
given in the trial, and then
purport to evaluate
all
the evidence given and return a
verdict. The reason is obvious. Some of the witnesses have not been
seen or heard by that judicial
officer and the accused may be
deprived of the potential benefit which may have accrued to him if
the demeanour of those witnesses
had been unsatisfactory and
indicative of unreliability. That being the obvious mischief which
the limitation is designed to prevent,
there is no good reason to
include within the concept of âevidence . . . led in respect of the
chargeâ (s 157(1)) or âevidence
. . . adducedâ (s 118), what
may have emerged during the plea-taking phase of the case. No
question of the demeanour of a witness
arises and there is no need
for either an accused who is joined later, or a substitute judicial
officer, to know more than what was
said during that phase. What was
said then or, if it be documentary, what was placed before the court,
was not evidence given under
oath; it was not subject to
cross-examination; it was not admissible against anybody other than
the accused from whom it has emanated.
It is true that its
evidential value, if any, would have to be evaluated at the end of
the trial, but the evaluation would not depend
upon the demeanour of
the accused when making the statements which he did during the taking
of his plea, nor, if a written explanation
of plea was tendered,
would the question of demeanour arise at all. The potential
prejudice to an accused which is present in the
case where
viva
voce
evidence on oath has been given in his absence, or where a
substitute magistrate takes over the hearing of a case at a stage
where
viva voce
evidence has already been given, is absent
where all that has happened in the way of generation of evidential
material, is what happened
during the taking of the accused's plea.â
Met
inagneming van die konteks en doel van die betrokke bepaling (dws
art 81(1)), het die Hof tot die gevolgtrekking gekom
ï¾
â
that even if what happens
during the taking of the plea in a criminal trial may be regarded as
evidential material in the broad sense,
it is not evidence led, or
adduced, or tendered within the meaning of those expressions where
they occur as limiting expressions
in many of the provisions of the
Actâ.
6
Die Hof
tref egter ân onderskeid tussen erkennings en ander mededelings wat
in die loop van die
âpleitfaseâ
gemaak en genotuleer word
(soos in die huidige saak asook die
Hendricks-
saak) en ander
erkennings ingevolge art 220, wat
dehors
die pleitfase,
onmiddellik voor of gedurende die
âverhoorfaseâ
, gemaak
is. Laasgenoemde aspek is deur die Hof oopgelaat.
7
Alhoewel
dit in die
Hendricks
-saak gegaan het oor die bepalings van
art 81(1) van die Strafproseswet, is dit myns insiens uit die
bostaande aanhalings
duidelik dat presies dieselfde oorwegings
ook in die huidige konteks geld, waar die bepalings van art 118
ter sprake is. Hier
het die beskuldigde sekere erkennings gemaak in
die loop van sy pleitverduideliking ingevolge art 115 van die
Strafproseswet.
Sy erkennings is behoorlik ingevolge die bepalings
van art 115(2)(b) aangeteken en word geag erkennings ingevolge
art 220
te wees. Uit hoofde van die
ratio
in
Hendricks
se saak
supra
lei dit tot die gevolgtrekking dat die
blote notering van hierdie erkennings nie neerkom op
âgetuienisâ
wat
âaangevoerâ
is nie.
8
Hierdie gevolgtrekking bring verder mee dat die tweede landdros wel
ingevolge art 118 die verhoor kon voortsit waar die eerste
landdros nie beskikbaar was nie en dat geen onreëlmatigheid
geskied het wat hierdie aspek aanbetref nie.
Art 174
Dit
bring my dan vervolgens by die vraag of die beskuldigde nie aan die
einde van die staatsaak ingevolge die bepalings van art 174
op
ontslag geregtig was nie. Ingevolge laasgenoemde artikel kan ân
hof ân uitspraak van onskuldig lewer indien die hof aan
die einde
van die staatsaak van oordeel is dat daar
âgeen getuienisâ
is
dat die beskuldigde die bedoelde misdryf (of ân misdryf waaraan hy
op die aanklag skuldig bevind kan word) gepleeg het nie.
Die
geykte toets wat in hierdie konteks toegepas word, is of daar enige
getuienis is waarop ân redelike mens die beskuldigde kan
skuldig
bevind.
9
In die huidige konteks is die ondersoek selfs nog enger: was daar
aan die einde van die staatsaak enige
getuienis
hoegenaamd
teen die beskuldigde, gesien in die lig van die feit dat die staat
geen getuies geroep het nie en self geen bewysmateriaal
voor
die hof geplaas het nie?
In
die lig van die gevolgtrekking hierbo
10
in verband met die interpretasie van die woord âgetuienisâ
vir doeleindes van art 118, sou ân soortgelyke
interpretasie van die woord vir doeleindes van art 174
a
fortiori
beteken dat die beskuldigde aan die einde van die
staatsaak op ontslag geregtig moet wees, aangesien sy erkennings nie
âgetuienisâ
is nie. Dit sou egter tot die paradoksale
resultaat lei dat ân beskuldigde ontslaan kon word aangesien daar
geen
âgetuienisâ
teen hom is nie, terwyl daar wel
âvoldoende bewysâ
teen hom mag wees uit hoofde van
erkennings genotuleer ingevolge art 220.
Die
oplossing vir hierdie potensiële paradoks is, volgens my oordeel,
geleë in die
Hendricks-
saak
supra,
waar Marais AR
daarop gewys het
âthat the meaning to be given to particular
words is influenced by the context in which they are used and that
the same word may
not always have the same meaning in a statuteâ
.
11
Soos hierbo aangetoon, het Marais AR spesifiek met verwysing na
die woord
âevidenceâ
in die Strafproseswet aangetoon dat
dit verskillende betekenisse kan dra, afhangende van die
konteks.
Ten
einde effek te gee aan die bedoeling van die wetgewer in art 174
is ek van oordeel dat die woord
âgetuienisâ
in die
konteks van daardie artikel geïnterpreteer moet word as
âbewysâ
(âproofâ)
.
12
Hierdie
gevolgtrekking bring mee dat die erkennings wat ân beskuldigde
maak ingevolge art 115(2)(b), gelees met art 220,
van die
Strafproseswet wel deel van die bewysmateriaal vorm wat die hof
in ag moet neem by oorweging van die vraag of
ân beskuldigde
op sy verdediging geplaas behoort te word al dan nie. Trouens, ân
beskuldigde wat onskuldig gepleit het, kan
deur die hof skuldig
bevind word uitsluitlik op sterkte van sy erkennings ingevolge art
220.
13
Die belangrike voorbehoud in hierdie konteks is egter die volgende:
â
Die landdros behoort egter
in 'n geval soos die onderhawige, veral waar die beskuldigde nie deur
'n regsgeleerde bygestaan word nie,
pertinent die beskuldigde se
aandag op die inherente teenstrydigheid tussen sy pleit en sy
erkenning te vestig. Indien die beskuldigde
in beide sy pleit en sy
erkenning volhard, kan die landdros hom op grond van sy erkenning
skuldig bevind mits hy tevrede is dat die
beskuldigde inderdaad
skuldig is.â
14
ân
Belangrike faktor wat in
Talie
se saak afwesig was, is die
feit dat die landdros nie aan die einde van die staatsaak die
beskuldigde van sy regte om te getuig
ingelig het nie, maar hom
bloot skuldig bevind het op sterkte van sy erkennings. Daardie
gebrek is nie in die huidige saak aanwesig
nie.
Getuienis
Dit
bring my laastens by die bewysmateriaal voor die landdros aan die
einde van die staatsaak. Uit hoofde van die erkennings
deur die
beskuldigde ingevolge die bepalings van art 115(2)(b), gelees
met art 220, was daar aan die einde van die staatsaak
âvoldoende bewysâ
van die feite dat die beskuldigde
vir
âsersant September ⦠aan sy uniform geruk het en sy klere
geskeur hetâ
. Daardeur het hy hom klaarblyklik met
die uniform of uitrusting van September, of enige deel daarvan,
bemoei, wat
hom
prima facie
binne die omvang van die
misdaadbeskrywing bring. Wat meer is, die beskuldigde het
pertinent erken dat sy vrou die
âPolisieâ
ontbied het,
waarop
â
sersant
Septemberâ
opgedaag
het en die beskuldigde vir die gemelde sersant aan sy
âuniformâ
geruk en sy klere geskeur het. Wat die alternatiewe aanklag
aanbetref, was daar eweneens
prima facie
bewys van opsetlike
saakbeskadiging.
Teen
hierdie agtergrond sou dit myns insiens neerkom op pedanterie om te
suggereer dat daar aan die einde van die staatsaak geen
bewys van
die pleging van die misdaad voor die hof was nie. Die enigste
element van die misdaad wat in daardie stadium moontlik
nog
uitstaande was, was die kwessie van opset. Die bewysmateriaal
voor die hof was egter van so ân aard dat die afleiding
van opset
van die omstandigheidsgetuienis gemaak kon word; met ander woorde,
daar was
prima facie
bewys dat die beskuldigde wel opsetlik
gehandel het. Daar het gevolglik ân weerleggingslas op die
beskuldigde gerus om een
of ander regverdigings- of
skulduitsluitingsgrond voor die hof te plaas waardeur daardie
prima
facie
afleiding ontsenu kon word.
In
die omstandighede is ek van oordeel dat daar aan die einde van die
saak wel bewysmateriaal op rekord was waarop ân redelike
hof die
beskuldigde op die betrokke aanklagte (insluitend die
alternatiewe aanklag) kon skuldig bevind.
Dit
volg derhalwe dat die bepalings van art 174 van die
Strafproseswet op die feite van die huidige saak glad nie
ter
sprake gekom het nie. Dit volg verder dat die landdros nie geroepe
was om die beskuldigde
mero motu
te ontslaan of om die
beskuldigde aangaande die bepalings van art 174 in te lig nie.
15
Die
huidige saak kan volgens my oordeel op die feite onderskei word van
die uitspraak in
S v Peta.
16
In daardie saak was die beskuldigde aangekla van aanranding met
die opset om ernstig te beseer, sowel as oortreding van art 2(1)
van Wet 71 van 1968, deurdat hy in besit was van ân mes. Die
beskuldigde het onskuldig gepleit op beide aanklagte. Ingevolge
art 115 het hy egter verklaar:
âEk het hom
[d.i. die klaer]
met sy eie mes gesteek.â
Die beskuldigde het toegestem
dat die gemelde mededeling as erkenning aangeteken kon word.
Die saak is daarop uitgestel
en by die volgende verskyning het die
staatsaanklaer die hof meegedeel dat geen getuies opgespoor kon
word nie en dat hy die
staat se saak sluit sonder om enige getuies
te roep.
Die
landdros het hierna die beskuldigde se regte met betrekking tot
getuienislewering aan hom verduidelik, waarop die beskuldigde
besluit het om wel onder eed te getuig. In die loop van sy getuienis
het hy ân verontskuldigende verduideliking verskaf,
wat
daarop neerkom dat die klaer hom uitgetart het, met sy
vuiste bygedam het en hom uiteindelik ook met die mes probeer
steek
het. Die beskuldigde sou toe die mes van die klaer afgeneem en hom
daarmee gesteek het. Die beskuldigde is nietemin op die
eerste
aanklag skuldig bevind soos aangekla en na die streekhof verwys vir
vonnis.
Die
streeklanddros was egter van mening dat die blote erkenning deur die
beskuldigde dat hy die klaer met sy eie mes gesteek het
nie ân
prima facie
saak teen die beskuldigde daargestel het nie en
dat hy by ontstentenis van enige getuienis van die staat die saak
nie behoorlik
teen hom bewese was nie.
Op
spesiale hersiening het die hof (per Eksteen R, Cloete RP
samestemmend) met die streeklanddros se benadering saamgestem
en onder andere soos volg verklaar:
17
â
Dit wil my voorkom dat reg
nie hier geskied het nie, en dat waar die Staat geen getuienis
hoegenaamd aangebied het om die aanklag
te staaf nie - en te meer
waar die beskuldigde onverdedig was - die landdros die beskuldigde
nie op sy verdediging moes gestel het
nie, maar hom onskuldig moes
bevind het en hom ontslaan het.
In elk geval is ek nie
tevrede dat op die beskuldigde se eie getuienis daar voldoende redes
was vir 'n bevinding dat hy enigsins die
nodige mens rea gehad het om
enige misdaad te pleeg nie.â
Met
groot eerbied teenoor die geleerde Regter, is ek van oordeel dat die
eerste gedeelte van die bostaande aanhaling nie die
ratio
van
die beslissing korrek weergee nie. Die beskuldigde in daardie saak
moes ontslaan gewees het, aangesien daar aan die einde van
die
staatsaak geen
prima facie
saak teen hom was waarop hy moes
antwoord nie. Die feite dat die staat geen getuienis aangebied
het om die aanklag te staaf
nie en dat die beskuldigde onverdedig
was, het met daardie gevolgtrekking niks te make nie.
18
In
die huidige saak, soos wat hierbo aangetoon is, was daar by sluiting
van die staatsaak wel
prima facie
bewys dat die beskuldigde
die onderhawige misdaad gepleeg het. Die landdros was derhalwe
korrek om die beskuldigde op sy verdediging
te plaas. Wat meer is,
anders as in
Peta
se saak
supra
, is ek tevrede dat die
huidige beskuldigde se eie getuienis sy skuld bo twyfel bewys.
Weens
die bostaande redes word die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
B M Griesel
Van Heerden
R
: Ek stem saam.
B J van Heerden
1
Die
woordkeuse is anachronisties: die betrokke artikel sowel as die Wet
verwys deurgaans na
âDiensâ,
terwyl die herroepe Polisiewet 7 van 1958 verwys het na
âMagâ.
2
1995
(2) SASV 177 (A)
3
te
187
i
ï¾
188
c
4
te 188
d
ï¾
i
5
te 188
j
ï¾
189
h
6
te
190
h
ï¾
i
7
te
191
b
ï¾
d
8
Vergelyk
ook in hierdie verband die uitspraak in
S
v Mjoli and another
1981 (3) SA 1233
(A) te 1243C, waar die Appèlhof in die konteks van
art 209 van die Strafproseswet beslis het dat
âadmissions
proffered or elicited in the course of proceedings under s 115
of Act 51 of 1977, whether they are deemed admissions
under s 220
or not, do not constitute âevidenceâ, ⦠and cannot serve to
confirm an antecedent extra-judicial confessionâ.
9
Sien
bv
S
v Khanyapa
1979 (1) SA 824 (A) 838F
10
para
[17]
11
te
184
a
12
Vergelyk
S
v Nzuza
1963 (3) SA 631
(A) 634G
ï¾
H, waar die Appèlhof die woord
âevidenceâ
in
art 284 van die ou Strafproseswet van 1955 (die voorganger van
die huidige art 220) geïnterpreteer het om
âproofâ
te beteken. Sien ook
S
v Thomo & others
1969 (1) SA 385
(A) 387F
ï¾
G, asook
S
v Veldthuizen
1982 (3) SA 413
(A) 416G
ï¾
H, waar die woorde
âprima
facie evidenceâ
in
art 212(2) van die Strafproseswet geïnterpreteer is om te beteken
âprima
facie proofâ
.
13
S
v Talie
1979 (2) SA 1003
(K) 1004F
ï¾
G
14
ibid
1005A
ï¾
C
15
Vergelyk
S
v Lubaxa
2001
(4) SA 1251
(HHA) 1258C para [23]
16
1982
(4) SA 863
(OK)
17
te
865C
18
Vergelyk
ook die opmerkings van
Baker
R
in
S
v Becket
1987 (4) SA 8
(K) te 15B
ï¾
16C,
asook Du Toit
et
al, Commentary on the Criminal Procedure Act
(Losbladsy
vervangingsdiens) te 18-10.