S v Martin (20556, 28/02, M1835/01) [2002] ZAWCHC 73 (17 December 2002)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea and Evidence — Accused's admission during plea explanation — Accused charged with obstructing police officer and intentional damage to property — Accused pleads not guilty but admits to tearing police officer's uniform during altercation — State fails to present evidence at trial — Conviction based solely on accused's admission deemed insufficient without corroborating evidence — Court finds that the absence of state evidence and failure to inform accused of rights under section 174 of the Criminal Procedure Act undermines conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 73
|

|

S v Martin (20556, 28/02, M1835/01) [2002] ZAWCHC 73 (17 December 2002)

rapporteerbaar
in die hooggeregshof van
Suid-Afrika
(kaap die goeie hoop
provinsiale Afdeling)
Hooggeregshof Verw. no.: 020556
Landdros se
reeksno.: 28/02
Saakno. M1835/01
In
die saak tussen:
die staat
en
andries martin
Beskuldigde
uitspraak: 17 Desember 2002
Griesel R
:
Feitelike Agtergrond
Die
beskuldigde het in die landdroshof te Malmesbury tereggestaan op ’n
aanklag van oortreding van art 67(1)(a), gelees met
art 1,
van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995. In die
klagstaat is die beskuldigde ten laste gelê dat
hy

‘’
n lid van die Mag
[sic],
1
nl Sers Alfranco September, by die uit­oefening van sy
bevoegdhede of die verrigting van sy pligte of werksaamhede
weer­staan
of opsetlik gehinder of belemmer het, of by die
uitoefening van sy bevoegdhede of by die verrigting van sy pligte of
werksaamhede
deur ’n lid van die Mag [sic], hom opsetlik met so ’n
lid of sy uniform of uitrusting of enige deel daarvan bemoei het te
wete
deur hom aan sy hemp (polisie uniform) te gryp en die hemp te
skeur en deur op hom te vloek en te skel en te weier om uit sy woning
te kom.’
In die
alternatief was hy aangekla van opsetlike saakbeskadiging deurdat hy
opsetlik die betrokke polisiebeampte se hemp geskeur het.
Die
beskuldigde, wat onverdedig was, het onskuldig gepleit op die hoof-
sowel as die alternatiewe aanklagte. Nadat die bepalings
van art 115
en 220 van die Strafproseswet sowel as sy swygreg deur die landdros
(
die eerste landdros
) aan die beskuldigde verduidelik is, het
hy soos volg verklaar:
‘
Ek en my vrou het gestry.
Ek het ’n paar drankies ingehad en my vrou het die Polisie laat
kom. Ek beveel die Polisie om my perseel
te verlaat nadat hy ’n
flits in my kamer gelig het. Hierna het hy op ’n blok gestaan en
deur die venster na binne gehang. Toe
lig hy met die flits in my
gesig.
Na die 3de keer het ek
opgestaan uit my bed en sers September geruk en sy klere geskeur. Ek
erken dat ek die klaer aan sy uniform
geruk het en sy klere geskeur
het.’
Hierop
het die landdros die beskuldigde meegedeel dat indien die
pas­gemelde erkennings as formele erkenning in terme van art
220
van die Straf­proseswet aangeteken word, dit bly staan as bewys.
Die beskuldigde het toe­gestem dat die erkennings
aangeteken
word as formele erkennings ingevolge die gemelde artikel.
Daarna
is die saak uitgestel en het by die volgende geleentheid voor ’n
ander landdros (
die tweede landdros
) gekom, aangesien die
eerste landdros oënskynlik nie beskikbaar was nie. By daardie
geleentheid het die staats­aan­klaer
die hof meegedeel dat
die staat geen getuienis gaan lei nie en dat die staat sy saak
sluit. Die land­dros het daarop die beskuldigde
se regte in
verband met getuienis­lewe­ring aan hom verduidelik, waarna
die beskuldigde verkies het om self onder eed te
getuig.
In die loop van sy
getuienis het die beskuldigde wesenlik die weer­gawe wat hy
tydens sy pleit­verduideliking voor die hof
geplaas het,
herhaal. Tydens kruis­onder­vraging het hy onder andere soos
volg geant­woord op vrae van die staatsaanklaer:
‘
V Was dit nodig om die
Polisiebeampte voor die bors te vat en vaste [sic] gryp sodat sy
klere skeur?
A Nee dit was nie nodig nie.
V Het u die
Polisieman gevloek?
A Nee net kras met hom gepraat.
V Het u
besef dat u verkeerd optree indien u ’n polisiebeampte hinder in sy
pligte om sy pligte uit te voer?
A Ja.
V U het besef u doen
verkeerd en kan gestraf word?
A Ja.’
Na
sluiting van sy saak, is die beskuldigde op die hoof­aanklag
skuldig bevind soos aangekla. Geen vorige veroordelings is teen
hom
bewys nie en hy is daarop gevonnis tot ’n boete van R600 of drie
maande gevange­nis­straf, tesame met ’n verdere
drie
maande gevangenisstraf, wat voor­waardelik opgeskort is vir drie
jaar.
Landdros en DOV se Redes
Toe die
aangeleentheid daarna op outomaties hersiening voor my geplaas is,
het ek die landdros versoek om sy redes vir skuldigbevinding
te
verstrek, veral in die lig van die staat se versuim om enige
getuienis aan te bied. Die landdros het soos volg hierop gereageer:
‘
Hoewel die Staat versuim
het om enige getuienis aan te bied, het die beskuldigde ’n
erkenning gemaak nl. “Ek erken dat ek die
klaer aan sy uniform
geruk het en sy klere geskeur het.”
…
Alhoewel die staat nie
getuies geroep het om te getuig nie was daar ’n
prima facie
saak
uitgemaak deur die staat waarop beskul­dig­de moet kom getuig
op grond van sy erkenning wat hy gemaak het.
Ek het bepalings van die saak
Staat vs Lubaxa
2001(2) SACR 703 nie uit die oog verloor nie
en was vertroud met die feite van die saak nl. dat na staatsaak die
beskuldigde nie
die getuiebank moet betree om te getuig in die hoop
dat hy hom dalk kan inkrimineer nie.
Beskuldigde erken dan verder
onder eed dat hy die misdryf gepleeg het en verkeerd opgetree het en
dat hy daarvoor gestraf kan word.’
Na
ontvangs van die landdros se redes, het ek die aangeleentheid op 25
Februarie 2002 na die Direkteur van Openbare Vervolgings
(
DOV
)
verwys vir sy kom­mentaar, veral aangesien die bepalings van
art 174 van die Straf­proses­wet oënskynlik nie
deur
die landdros aan die beskuldigde verduidelik is nie en ook nie
mero
motu
deur hom toegepas is nie.
Meer
as nege maande later, op 6 Desember 2002, is ek voorsien van ’n
memo­randum deur een van die personeellede van die DOV,
waar­mee
die DOV saamstem. (Geen verduideliking of verskoning vir die
uitermate lang vertraging is verstrek nie.) In die memo­randum
word die mening uitgespreek dat die skuldig­bevinding nie
bekragtig behoort te word nie aangesien

daar
aan die einde van die staatsaak
‘geen getuienis van staats­weë
was (nie)’
. Volgens die DOV, het die erkennings nie
prima
facie
bewys daargestel nie.
daar
nie bewys is dat die klaer ’n lid van die
‘mag’
(sic)
was, soos bedoel in art 1 van die Wet nie;
die
landdros nie die beskuldigde van sy regte inge­volge art 174
van die Straf­proseswet ingelig het nie en die land­dros
ook
nie
mero motu
die bepalings van daardie artikel toegepas het
nie;
‘art 118
van die Strafproseswet nie toe­gepas is nie’.
Art 118
Ek
handel eerstens met die laasgenoemde aspek. Art 118 van die
Straf­proseswet bepaal soos volg:
‘
Nie-beskikbaarheid van
regterlike amptenaar na pleit van onskuldig.—Indien die regter,
streeklanddros of landdros voor wie ’n
beskuldigde in ’n summiere
verhoor onskuldig gepleit het om enige rede nie beskikbaar is om die
verhoor voort te sit nie en
geen getuienis
reeds
aangevoer
is nie, kan die verhoor voor enige ander regter, streeklanddros of
landdros van dieselfde hof voortgesit word.’ (my beklemtoning)
Alhoewel
die verwysing in die memo­randum na art 118 nie verder
uitgebrei of gemotiveer word nie, wil dit uit die konteks
voorkom
asof die DOV by implikasie suggereer dat die tweede landdros nie die
verrigtinge kon voortsit nie, aangesien daar wel
‘getuienis’
voor die eerste landdros aangevoer is. Dit behels verder dat
aanvaar moet word dat die beskuldigde se antwoorde ingevolge art 115
en/of die erkennings wat tydens die pleitverrigtinge inge­volge
art 220 genotuleer is vir doeleindes van art 118 wel
‘getuienis’
daarstel.
Hierdie
aspek het reeds by verskeie geleenthede, in die een of ander vorm,
voor ons howe gekom. In
S v Hendricks
2
het die Appèlhof die probleem indringend bespreek teen die volgende
feitelike agtergrond. Die beskul­digde het op drie aanklagte
tereggestaan. Hy het op al drie aanklagte skuldig gepleit, maar na
ondervraging deur die landdros, is pleite van onskuldig op die
tweede en derde aanklagte aangeteken. Ingevolge die
voorbehoudsbepaling tot art 113(1) het die bewerings, wat
tydens die
ondervraging deur die beskul­digde erken is, bly
staan as bewys van sodanige bewerings. Na afloop van die
ondervraging, het
die aanklaer ’n vierde klagte (van verkragting)
by­gevoeg, waarop die beskuldigde eweneens skuldig gepleit het,
welke pleit
na onder­vraging eweneens in ’n pleit van
onskuldig verander is. Die beskuldigde is later op drie van die vier
aanklagte
(insluitend aanklag 4) skuldig bevind en tot
gevangenisstraf gevonnis.
Op
appèl is die punt namens die appellant geopper dat dit nie vir die
staat moontlik was om ’n verdere aanklag by te voeg nadat
hy reeds
op die eerste drie aanklagte gepleit het en daaromtrent ondervra is
nie in die lig van die bepalings van art 81(1), wat
soos volg lees:
‘
Enige getal aanklagte kan
in dieselfde verrigtinge teen ’n beskuldigde saamgevoeg word te
eniger tyd voordat
enige getuienis
ten opsigte van enige
bepaalde aanklag
gelei is
…’ (my beklemtoning)
Die
vraag waaroor die Appèlhof uitsluitsel moes gee, was of die
mede­delings van die beskuldigde tydens die ondervraging wat
tydens die pleitfase ingevolge art 112 genotuleer is, neerkom
op
‘getuienis’
wat
‘gelei’
is vir doeleindes
van art 81(1).
In
die loop van die uitspraak deur Marais AR, namens ’n eenparige
Hof, is ’n deeglike ontleding gedoen van die begrip
‘getuienis’
(‘evidence’)
in die Strafproseswet. Daar is verwys na die
verskillende bepalings in die Straf­proseswet waar die woord
‘evidence’
gebruik word, bv arts 81(1), 87(1), 88, 115A,
118, 150, 157(1), 174, 196(2) en (3), 209, 210, 219, 256 tot 270, en
272.
3
Nadat gewys is op sekere absurde resultate wat sou volg indien die
woord
‘evidence’
so wyd geïnterpreteer sou word om
enigiets in te sluit wat vir doel­eindes van die staatsaak
bewyswaarde het,
4
het Marais AR soos volg voortgegaan:
5
‘
It is not difficult to see
why once the leading of evidence has commenced, no further charge or
accused persons may be joined, and
no other judicial officer may
continue to hear the matter if the judicial officer who com­menced
during the trial is no longer
available. In these instances there is
an easily discernible reason for the limitation. One cannot join
additional accused persons
who have not heard some of the evidence
which has already been given
viva voce
. An accused is entitled
to see and hear the witness giving evidence so that he can make
appropriate submissions regarding the demeanour
of the witness when
the stage of argument is reached. Giving such an accused an
opportunity of cross-examining a witness who has
given his evidence
in chief, and may even have been cross-examined in the absence of the
accused, does not adequately compensate
for the disadvantage arising
from not having seen and heard the witness testify. Reading the
evidence of such a witness to the accused
or providing the accused
with a transcript of the evidence given in his absence is, for the
same reason, not a sufficient cure.
It is basic to the concept of a
fair trial in South Africa that, save in exceptional circumstances
clearly and unambiguously prescribed
by constitutionally competent
statute, evidence upon which the State intends to rely in support of
the charge against the accused,
must be adduced in the presence of
the accused.
One cannot allow a substitute
judicial officer who has not heard the evidence given earlier in a
trial, to hear the rest of the evidence
given in the trial, and then
purport to evaluate
all
the evidence given and return a
verdict. The reason is obvious. Some of the witnesses have not been
seen or heard by that judicial
officer and the accused may be
deprived of the potential benefit which may have accrued to him if
the demeanour of those witnesses
had been unsatisfactory and
indicative of unreliability. That being the obvious mischief which
the limitation is designed to prevent,
there is no good reason to
include within the concept of “evidence . . . led in respect of the
charge” (s 157(1)) or “evidence
. . . adduced” (s 118), what
may have emerged during the plea-taking phase of the case. No
question of the demeanour of a witness
arises and there is no need
for either an accused who is joined later, or a substitute judicial
officer, to know more than what was
said during that phase. What was
said then or, if it be documentary, what was placed before the court,
was not evidence given under
oath; it was not subject to
cross-examination; it was not admissible against anybody other than
the accused from whom it has emanated.
It is true that its
evidential value, if any, would have to be evaluated at the end of
the trial, but the evaluation would not depend
upon the demeanour of
the accused when making the statements which he did during the taking
of his plea, nor, if a written explanation
of plea was tendered,
would the question of demeanour arise at all. The potential
prejudice to an accused which is present in the
case where
viva
voce
evidence on oath has been given in his absence, or where a
substitute magistrate takes over the hearing of a case at a stage
where
viva voce
evidence has already been given, is absent
where all that has happened in the way of generation of evidential
material, is what happened
during the taking of the accused's plea.’
Met
inagneming van die konteks en doel van die betrokke bepaling (dws
art 81(1)), het die Hof tot die gevolgtrekking gekom

‘
that even if what happens
during the taking of the plea in a criminal trial may be regarded as
evidential material in the broad sense,
it is not evidence led, or
adduced, or tendered within the meaning of those expressions where
they occur as limiting expressions
in many of the provisions of the
Act’.
6
Die Hof
tref egter ’n onderskeid tussen erkennings en ander mededelings wat
in die loop van die
‘pleitfase’
gemaak en genotuleer word
(soos in die huidige saak asook die
Hendricks-
saak) en ander
erkennings ingevolge art 220, wat
dehors
die pleitfase,
onmiddellik voor of gedurende die
‘verhoorfase’
, gemaak
is. Laasgenoemde aspek is deur die Hof oopgelaat.
7
Alhoewel
dit in die
Hendricks
-saak gegaan het oor die bepalings van
art 81(1) van die Strafproseswet, is dit myns insiens uit die
bostaande aan­halings
duidelik dat presies dieselfde oorwegings
ook in die huidige konteks geld, waar die bepalings van art 118
ter sprake is. Hier
het die beskuldigde sekere erkennings gemaak in
die loop van sy pleitverduideliking ingevolge art 115 van die
Strafproseswet.
Sy erkennings is behoorlik ingevolge die bepalings
van art 115(2)(b) aangeteken en word geag erkennings ingevolge
art 220
te wees. Uit hoofde van die
ratio
in
Hendricks
se saak
supra
lei dit tot die gevolg­trekking dat die
blote notering van hierdie erkennings nie neerkom op
‘getuienis’
wat
‘aangevoer’
is nie.
8
Hierdie gevolgtrekking bring verder mee dat die tweede landdros wel
ingevolge art 118 die verhoor kon voortsit waar die eerste
landdros nie beskik­baar was nie en dat geen on­reëlmatigheid
geskied het wat hierdie aspek aanbetref nie.
Art 174
Dit
bring my dan vervolgens by die vraag of die beskuldigde nie aan die
einde van die staatsaak ingevolge die bepalings van art 174
op
ontslag geregtig was nie. Ingevolge laasgenoemde artikel kan ’n
hof ’n uitspraak van onskuldig lewer indien die hof aan
die einde
van die staatsaak van oordeel is dat daar
‘geen getuienis’
is
dat die beskuldigde die bedoelde misdryf (of ’n misdryf waaraan hy
op die aanklag skuldig bevind kan word) gepleeg het nie.
Die
geykte toets wat in hierdie konteks toegepas word, is of daar enige
getuienis is waarop ’n redelike mens die beskuldigde kan
skuldig
bevind.
9
In die huidige konteks is die ondersoek selfs nog enger: was daar
aan die einde van die staatsaak enige
getuienis
hoegenaamd
teen die beskuldigde, gesien in die lig van die feit dat die staat
geen getuies geroep het nie en self geen bewys­materiaal
voor
die hof geplaas het nie?
In
die lig van die gevolgtrekking hierbo
10
in verband met die inter­pretasie van die woord ‘getuienis’
vir doeleindes van art 118, sou ’n soort­gelyke
interpretasie van die woord vir doeleindes van art 174
a
fortiori
beteken dat die beskuldigde aan die einde van die
staatsaak op ontslag geregtig moet wees, aangesien sy erkennings nie
‘getuienis’
is nie. Dit sou egter tot die paradoksale
resultaat lei dat ’n beskuldigde ontslaan kon word aangesien daar
geen
‘getuienis’
teen hom is nie, terwyl daar wel
‘voldoende bewys’
teen hom mag wees uit hoofde van
erkennings genotuleer ingevolge art 220.
Die
oplossing vir hierdie potensiële paradoks is, volgens my oordeel,
geleë in die
Hendricks-
saak
supra,
waar Marais AR
daarop gewys het
‘that the meaning to be given to particular
words is influenced by the context in which they are used and that
the same word may
not always have the same meaning in a statute’
.
11
Soos hierbo aangetoon, het Marais AR spesifiek met ver­wysing na
die woord
‘evidence’
in die Strafproseswet aangetoon dat
dit ver­skillende betekenisse kan dra, afhangende van die
konteks.
Ten
einde effek te gee aan die bedoeling van die wetgewer in art 174
is ek van oordeel dat die woord
‘getuienis’
in die
konteks van daardie artikel geïnterpreteer moet word as
‘bewys’
(‘proof’)
.
12
Hierdie
gevolgtrekking bring mee dat die erkennings wat ’n beskul­digde
maak ingevolge art 115(2)(b), gelees met art 220,
van die
Strafproses­wet wel deel van die bewysmateriaal vorm wat die hof
in ag moet neem by oor­weging van die vraag of
’n beskuldigde
op sy verdediging geplaas behoort te word al dan nie. Trouens, ’n
beskuldigde wat onskuldig gepleit het, kan
deur die hof skuldig
bevind word uitsluitlik op sterkte van sy erkennings ingevolge art
220.
13
Die belangrike voorbehoud in hierdie konteks is egter die volgende:
‘
Die landdros behoort egter
in 'n geval soos die onderhawige, veral waar die beskuldigde nie deur
'n regsgeleerde bygestaan word nie,
pertinent die beskuldigde se
aandag op die inherente teenstrydigheid tussen sy pleit en sy
erkenning te vestig. Indien die beskuldigde
in beide sy pleit en sy
erkenning volhard, kan die landdros hom op grond van sy erkenning
skuldig bevind mits hy tevrede is dat die
beskuldigde inderdaad
skuldig is.’
14
’n
Belangrike faktor wat in
Talie
se saak afwesig was, is die
feit dat die landdros nie aan die einde van die staatsaak die
beskuldigde van sy regte om te getuig
ingelig het nie, maar hom
bloot skuldig bevind het op sterkte van sy erkennings. Daardie
gebrek is nie in die huidige saak aanwesig
nie.
Getuienis
Dit
bring my laastens by die bewysmateriaal voor die landdros aan die
einde van die staatsaak. Uit hoofde van die erken­nings
deur die
beskuldigde ingevolge die bepalings van art 115(2)(b), gelees
met art 220, was daar aan die einde van die staatsaak
‘voldoende bewys’
van die feite dat die beskul­digde
vir
‘sersant September … aan sy uniform geruk het en sy klere
geskeur het’
. Daar­deur het hy hom klaar­blyklik met
die uniform of uitrusting van Septem­ber, of enige deel daarvan,
bemoei, wat
hom
prima facie
binne die om­vang van die
misdaadbeskrywing bring. Wat meer is, die beskul­digde het
pertinent erken dat sy vrou die
‘Polisie’
ontbied het,
waarop
‘
sersant
September’
opge­daag
het en die beskuldigde vir die gemelde sersant aan sy
‘uniform’
geruk en sy klere geskeur het. Wat die alternatiewe aanklag
aanbetref, was daar eweneens
prima facie
bewys van opsetlike
saakbeskadiging.
Teen
hierdie agtergrond sou dit myns insiens neerkom op pedanterie om te
suggereer dat daar aan die einde van die staatsaak geen
bewys van
die pleging van die misdaad voor die hof was nie. Die enigste
element van die mis­daad wat in daardie stadium moontlik
nog
uitstaande was, was die kwessie van opset. Die bewys­materiaal
voor die hof was egter van so ’n aard dat die afleiding
van opset
van die omstandigheidsgetuienis gemaak kon word; met ander woorde,
daar was
prima facie
bewys dat die beskuldigde wel opset­lik
gehandel het. Daar het gevolglik ’n weerleggingslas op die
beskuldigde gerus om een
of ander regverdigings- of
skulduitsluitingsgrond voor die hof te plaas waardeur daardie
prima
facie
afleiding ontsenu kon word.
In
die omstandighede is ek van oordeel dat daar aan die einde van die
saak wel bewysmateriaal op rekord was waarop ’n redelike
hof die
beskuldig­de op die betrokke aanklagte (insluitend die
alternatiewe aanklag) kon skuldig bevind.
Dit
volg derhalwe dat die be­palings van art 174 van die
Strafproses­wet op die feite van die huidige saak glad nie
ter
sprake gekom het nie. Dit volg verder dat die landdros nie geroepe
was om die beskuldigde
mero motu
te ont­slaan of om die
beskuldigde aangaande die bepalings van art 174 in te lig nie.
15
Die
huidige saak kan volgens my oordeel op die feite onderskei word van
die uitspraak in
S v Peta.
16
In daardie saak was die beskuldigde aangekla van aan­randing met
die opset om ernstig te beseer, sowel as oortreding van art 2(1)
van Wet 71 van 1968, deurdat hy in besit was van ’n mes. Die
beskuldigde het on­skuldig gepleit op beide aanklagte. Ingevolge
art 115 het hy egter verklaar:
‘Ek het hom
[d.i. die klaer]
met sy eie mes gesteek.’
Die beskuldigde het toe­gestem
dat die gemelde mededeling as erkenning aange­teken kon word.
Die saak is daarop uitgestel
en by die volgende verskyning het die
staats­aanklaer die hof meegedeel dat geen getuies opgespoor kon
word nie en dat hy die
staat se saak sluit sonder om enige getuies
te roep.
Die
landdros het hierna die beskuldigde se regte met betrekking tot
getuienislewering aan hom verduidelik, waarop die beskuldigde
besluit het om wel onder eed te getuig. In die loop van sy getuienis
het hy ’n veront­skul­digende verduideliking verskaf,
wat
daarop neerkom dat die klaer hom uit­ge­tart het, met sy
vuiste bygedam het en hom uiteindelik ook met die mes probeer
steek
het. Die beskuldigde sou toe die mes van die klaer afgeneem en hom
daarmee gesteek het. Die beskuldigde is nietemin op die
eerste
aanklag skuldig bevind soos aangekla en na die streekhof verwys vir
vonnis.
Die
streeklanddros was egter van mening dat die blote erkenning deur die
beskuldigde dat hy die klaer met sy eie mes gesteek het
nie ’n
prima facie
saak teen die beskuldigde daargestel het nie en
dat hy by ontstentenis van enige getuienis van die staat die saak
nie behoorlik
teen hom bewese was nie.
Op
spesiale hersiening het die hof (per Eksteen R, Cloete RP
same­stemmend) met die streeklanddros se benadering saamgestem
en onder andere soos volg verklaar:
17
‘
Dit wil my voorkom dat reg
nie hier geskied het nie, en dat waar die Staat geen getuienis
hoegenaamd aangebied het om die aanklag
te staaf nie - en te meer
waar die beskuldigde onverdedig was - die landdros die beskuldigde
nie op sy verdediging moes gestel het
nie, maar hom onskuldig moes
bevind het en hom ontslaan het.
In elk geval is ek nie
tevrede dat op die beskuldigde se eie getuienis daar voldoende redes
was vir 'n bevinding dat hy enigsins die
nodige mens rea gehad het om
enige misdaad te pleeg nie.’
Met
groot eerbied teenoor die geleerde Regter, is ek van oordeel dat die
eerste gedeelte van die bostaande aanhaling nie die
ratio
van
die beslissing korrek weergee nie. Die beskuldigde in daardie saak
moes ontslaan gewees het, aangesien daar aan die einde van
die
staatsaak geen
prima facie
saak teen hom was waarop hy moes
antwoord nie. Die feite dat die staat geen getuienis aan­gebied
het om die aanklag te staaf
nie en dat die beskuldigde onverdedig
was, het met daardie gevolgtrekking niks te make nie.
18
In
die huidige saak, soos wat hierbo aangetoon is, was daar by sluiting
van die staatsaak wel
prima facie
bewys dat die beskuldigde
die onderhawige misdaad gepleeg het. Die landdros was derhalwe
korrek om die beskuldigde op sy verdediging
te plaas. Wat meer is,
anders as in
Peta
se saak
supra
, is ek tevrede dat die
huidige beskuldigde se eie getuienis sy skuld bo twyfel bewys.
Weens
die bostaande redes word die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
B M Griesel
Van Heerden
R
: Ek stem saam.
B J van Heerden
1
Die
woordkeuse is anachronisties: die betrokke artikel sowel as die Wet
verwys deurgaans na
‘Diens’,
terwyl die herroepe Polisiewet 7 van 1958 verwys het na
‘Mag’.
2
1995
(2) SASV 177 (A)
3
te
187
i

188
c
4
te 188
d

i
5
te 188
j

189
h
6
te
190
h

i
7
te
191
b

d
8
Vergelyk
ook in hierdie verband die uitspraak in
S
v Mjoli and another
1981 (3) SA 1233
(A) te 1243C, waar die Appèlhof in die konteks van
art 209 van die Strafproseswet beslis het dat
‘admissions
proffered or elicited in the course of proceedings under s 115
of Act 51 of 1977, whether they are deemed admissions
under s 220
or not, do not constitute “evidence”, … and cannot serve to
confirm an antecedent extra-judicial confession’.
9
Sien
bv
S
v Khanyapa
1979 (1) SA 824 (A) 838F
10
para
[17]
11
te
184
a
12
Vergelyk
S
v Nzuza
1963 (3) SA 631
(A) 634G

H, waar die Appèlhof die woord
‘evidence’
in
art 284 van die ou Strafproseswet van 1955 (die voorganger van
die huidige art 220) geïnterpreteer het om
‘proof’
te beteken. Sien ook
S
v Thomo & others
1969 (1) SA 385
(A) 387F

G, asook
S
v Veldthuizen
1982 (3) SA 413
(A) 416G

H, waar die woorde
‘prima
facie evidence’
in
art 212(2) van die Strafproseswet geïnterpreteer is om te beteken
‘prima
facie proof’
.
13
S
v Talie
1979 (2) SA 1003
(K) 1004F

G
14
ibid
1005A

C
15
Vergelyk
S
v Lubaxa
2001
(4) SA 1251
(HHA) 1258C para [23]
16
1982
(4) SA 863
(OK)
17
te
865C
18
Vergelyk
ook die opmerkings van
Baker
R
in
S
v Becket
1987 (4) SA 8
(K) te 15B

16C,
asook Du Toit
et
al, Commentary on the Criminal Procedure Act
(Losbladsy
vervangingsdiens) te 18-10.