About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 71
|
|
Boland Bank Bpk. v Piffods Bpk. and Others (123/86) [1987] ZASCA 71; [1987] 2 All SA 404 (A) (24 August 1987)
Saaknommer 123/86 mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
?
In die saak tussen:
BOLAND BANK BEPERK
Appellant
en
PICFOODS BEPERK
1ste Respondent
NEW BERNICA BEPERK
2de
Respondent
VOLKSKASGROEP BEPERK
3de Respondent
LEGAL &
GENERAL VOLKSKAS
VERSEKERING: BEPERK
4de Respondent
VOLKSKAS
PENSIOENFONDS
5de Respondent
NEW BERNICA SECURITIES (EDMS)
BEPERK
8ste Respondent
CORAM: CORBETT, HOEXTER, SMALBERGER, NESTADT, ARR
et
NICHOLAS, Wnd
AR
VERHOOR: 11 Mei 1987
GELEWER:
24 Augustus 1987
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR
In die Provinsiale Afdeling Kaap die
Goeie Hoop het die appellant op 1 April 1985 'n mosie-aansoek om sekere bevele
teen sewe respondente
geloods. Die respondente het die aansoek bestry en namens
hulle is beantwoordende verklarings ingedien. Die aansoek is gedurende
November
1985 aangehoor en met koste afgewys. Met verlof van die Hof
a quo
(VIVIER, R) kom die appellant teen gemelde afwysing na hierdie Hof in hoër
beroep.
Die appellant is 'n bankinstelling ingevolge die Bankwet, No 23 van 1965
("die Bankwet") geregistreer. Die eerste respondent, Picfoods
Beperk
("Picfoods") is
'n
maatskappy in die Pickard-groep van maatskappye. Die
tweede respondent is New Bernica Beperk en sowel hy as 'n maatskappy bekend as
New Bernica Securities (Edms) Beperk (laasgenoemde is mettertyd as agste
respondent by die aansoek gevoeg) is in die Volkskas-groep
van maatskappye.
In ..
3
In die Hof benede was dit gemene saak dat die tweede en agste
respondente "as een optree en ook so beskou moet word." Geriefshalwe
sal na die
tweede en agste respondente sonder onderskeid as "New Bernica" verwys word. Die
derde respondent is Volkskas Groep Beperk
("Volkskas"), 'n bank=
beheermaatskappy ingevolge die Bankwet. Die vierde respondent, Legal &
General Volkskas Versekering Beperk,
is '
n
maatskappy in die
Volkskas-groep. Geriefshalwe sal na die vierde respondent (wat gedurende 1986 sy
naam na "Lifegro Assuransie Beperk"
verander het) as "Legal & General"
verwys word. Die vyfde respondent is Volkskas Pensioenfonds ("VPF"). Die vyfde
respondent
is ook 'n maatskappy in die Volkskas-groep. Op 9 Augustus 1985 het
die appellant sy aansoek teen die sesde en sewende respon= dente
teruggetrek. Op
19 Desember 1986 het die appellant ook sy appèl teen Legal & General
teruggetrek en aangebied om laasgenoemde
se getakseerde party- en partykoste tot
op
daardie datum te betaal.
Die
4
Die appellant het in totaal 6 697 210 gewone aandele uitgereik. Met die
oog op sy onafhanklike voort= bestaan is dit die appellant
se beleid om
deurentyd te waak teen die verkryging deur enige instansie of instansies van
'
n
aandeelhouding in die appellant se uitgereikte aandele wat na die
oordeel van die appellant se bestuur oormatig is. (Kyk verder die
beperkings op
aandelebesit in 'n bank ingevolge art 28D van die Bankwet). Picfoods is die
geregistreerde aandeelhouer van 659 500
aandele in die appellant. Legal &
General is die geregistreerde aandeel= houer van 622 900 aandele in die
appellant. Mnr J A
J Pickard is die voorsitter en besturende direkteur van
Picardi Beleggings Beperk ("Picbel"). Picbel het 'n 53,6% aandeelhouding
in
Picardi Finance Corporation Beperk ("Picfin"). Op sy beurt is Picfin die
beherende maatskappy van Picfoods. Benewens sy aandeelhouding
in die appellant
was Legal & General in 1984 verder die geregistreerde aandeelhouer van 452
300 aandele in Picfoods' ("die
Picfoods-aandele"). Die appellant se aansoek in die Hof
benede
5
benede het voortgespruit uit 'n
transaksie in Desember 1984
ingevolge waarvan Picfoods 654 500 van sy aandele in die appellant ("die 654 500
BB-aandele") aan VPF
vervreem het en gelyktydig waarmee Picfin die
Picfoods-aandele van Legal & General bekotn het. Legal & General se
beleggingsbestuurder,
mnr P R du Toit, wou nie regstreeks met Pickard
onderhandel nie; en by uitvoering van die transaksie het New Bernica namens
sowel
VPF as Legal & General as lashebber opgetree.
Ofskoon die betrokke regshandelinge allersyds as twee wederkerige
koopkontrakte ingeklee is, het dit in werklikheid 'n ruiltransaksie
van aandele
tussen die Pickard-groep enersyds en die Volkskas-groep andersyds behels. In
ruil vir die Picfoods-aandele wat die
Pickard-groep van die Volkskas-groep ontvang het, kry
654 500 die Volkskas-groep die BB-aandele van die Pickard-groep.
Op 4 Desember 1984 het New Bernica die volgende teleks aan Picbel gerig:-
"This
6.
"This is to confirm our deal as concluded
on the telephone this morning.
We have sold to you and you have bought from
us 450 000 (sic)...PICFOODS LIMITED. You
have sold to us and we have bought from you
654 500 " BOLAND BANK LIMITED. The
value placed on both transactions is the same amount so that no money will
exchange hands. We will deliver the PICFOODS shares in
negotiable order to you
and you will deliver the BOLAND BANK SHARES in negotiable order to us on
Thursday 6th December 1984 at our
offices, 4th floor, Bank of Lisbon Building,
37 Sauer Street, Johannesburg."
Op 5 Desember 1984 het Legal & General die volgende brief aan New Bernica
geskryf:-
"We confirm having sold to you today for delivery 6 December 1984 and
settlement 29 December 1984 the following:
No of Shares Description Price Consideration
452 300 Picfoods llOOc R4 975 300 Limited
Die besturende direkteur van Volkskas, mnr P R Morkel, was ook die voorsitter
van VPF. Op 6 Desember 1984 het VPF 'n tjek ten bedrae
van R4 975 300 ten gunste
van New Bernica getrek; en op 31 Desember 1984 is gemelde bedrag
deur
7
deur New Bernica aan Legal & General oorbetaal. Morkel was 'n
mede-ondertekenaar van VPF se voormelde tjek van R4 975 300 aan
New Bernica.
In die appellant se mosie-aansoek was die deponent van sy funderende
beëdigde verklaring mnr G Z Liebenberg. Laasgenoemde is
die besturende
direkteur van die appellant en ondervoorsitter van sy direksie. Namens Volkskas,
VPF en New Bernica het Morkel 'n
beantwoordende verklaring ingedien. Dit is
gemene saak dat daar op 6 Desember 1984 'n telefoongesprek tussen Morkel en
Liebenberg
plaasgevind het. Van die presiese strekking van hierdie
telefoongesprek gee Liebenberg en Morkel botsende relase. Volgens Liebenberg
het
Morkel aan hom vertel dat daar 'n drieledige ooreenkoms tussen Volkskas, Legal
& General en VPF gesluit is ingevolge waarvan
hierdie drie maatskappye 'n
blok aandele in die appellant van Picfoods gekoop het. Volgens Morkel het hy
Liebenberg slegs daarvan
verwittig dat VPF die
654 500
8
654 500 BB-aandele van Picfoods gekoop het. Die onder= skeidelike relase
van Liebenberg en Morkel stem egter ooreen op die volgende
punt : dat Liebenberg
aan Morkel te kenrie gegee het dat die appellant registrasie van oordrag van die
654 500 BB-aandele op naam
van die oordragnemer sou weier.
Pickard was toentertyd 'n direkteur van die appellant. Op 28 Desember 1984
het Pickard in sy hoedanigheid as voorsitter van Picbel
'n brief aan die
besturende direkteur en die direksie van die appellant gerig. Onder die opskrif
"Verklaring van Belange" word in
die eerste paragraaf van hierdie brief die
volgende geskryf:-
"Net om te bevestig dat ons dit nodig gevind het om ons belang van 60% in
Picfoods op te skuif tot 73% deur die aankoop van 452 300
Picfoods aandele, wat
in besit was van Legal en General Volkskas Assuransie Beperk. Soos u weet beloop
kontant in Picfoods plus-minus
R62 miljoen. Legal en General het verkies om die
654 500 Boland Bank aandele oor te
neem
9.
neem. Picfoods het dus die Boland Bank aandele verkoop en (Picfin het) die
Picfoods aandele aangekoop, wat vir ons baie voordelig
was."
(Die woorde tussen hakies is in die oorspronklike brief per abuis weggelaat
en dié tikfout is in 'n latere brief van Picfoods
aan die appellant
uitgewys.)
Met verwysing na Pickard se bovermelde brief het Liebenberg op 24 Januarie
1985
'n
brief aan Picfoods gerig en laasgenoemde versoek om ingevolge art
28A van die Bankwet te verklaar of hy ten opsigtevan die 654 500
BB-aandele nog
steeds die voordeeltrekkende aandeelhouer is. Op 29 Januarie 1985 skryf die
sekretaris van Picfoods aan Liebenberg
en sê o a:-
"Op Desember 4, 1984 het Picfoods 654 500 Boland Bank aandele verkoop aan New
Bernica Limited teen 515 sent per aandeel vir lewéring
op Desember 6,
1984."
Na verdere briefwisseling het Liebenberg op 11 Februarie 1985 '
n
brief
aan Pickard gerig waarin o a die volgende beswaar aangeteken word:-
"6. Die
10.
"6 Die feit dat u en Picfoods Beperk ons
inlig dat
laasgenoemde maatskappy reeds
solank terug as 4 Desember 1984
inderdaad
654 500 aandele in Boland Bank vervreem het,
terwyl geen aansoek
om oordrag van die
aandele nog ontvang is nie, skep vir ons
probleme. Soos
u weet word banke deur
die Bankwet, 1965, enersyds verbied om
sekere
registrasies van aandele te doen
(Artikel 28D) "
Op 26 Februarie 1985 het Pickard '
n
verdere brief aan Liebenberg gerig
waarin Pickard o a weer eens bevestig het -
" dat skrywe van 29 Januarie 1985 nl.
dat Picfoods 654 500 Boland Bank aandele
aan New Bernica Limited teen 515
sent per
aandeel verkoop het "
en verder aangedui het dat, hangende die oordragnemer se aansoek om
registrasie van die BB-aandele, Picfoods -
" sal ..... voortgaan om in die registers
van Boland Bank Beperk die geregistreerde houer van die aandele te wees, maar
vir alle doeleindes sal hulle dit bloot as genomineerde
van die oordragnemer hou
wat die voordeeltrekkende houer van die aandele is."
Op
11
Op 6 Maart 1985 het Morkel in sy hoedanigheid as besturende direkteur van
Volkskas m b t die 654 500 BB-aandele 'n brief ("die 6 Maart
1985 brief")
aan
Liebenberg geskryf. Die eerste twëe paragrawe van die brief lees soos
volg:-
"Neem asseblief hiermee formeel kennis dat
654 500 aandele in Boland Bank deur die
bemiddeling van New Bernica Beperk van die
geregistreerde verkoper van hierdie aandele,
Picfoods Beperk, vir 'n entiteit wat 'n
verbintenis met Volkskas-Groep Beperk het,
gekoop is.
Op hierdie stadium is daar nog nie finaal
besluit watter sodanige entiteit of
entiteite as houer van die aandele sal optree
nie, maar dit is nie onmoontlik dat dit
Volkskas-Pensioenfonds sal wees nie. Sodra
daar finaliteit oor hierdie aangeleentheid
is, sal die aandele in die normale gang
van sake aangebied word vir registrasie."
Op 14 Maart 1985 het beide die voorsitter van die appellant
se
direksie en Liebenberg in 'n gesamentlike brief aan
Morkel skerp op die 6 Maart 1985 brief gereageer. Hierin is laasgenoemde
skrywe as "vreemd en in sekere opsigte
erg
12.
erg verwarrend" bestempel. In die derde paragraaf van hul brief wys die
skrywers daarop dat Morkel op 6 Desember 1984 vir Liebenberg
van die "drieledige
ooreenkoms" (die strekking waarvan reeds hierbo aangedui is) vertel het. Voorts
het die skrywers die aandag daarop
gevestig dat
hoewel Pickard op 28 Desember 1984 vermeld het dat Legal
654 500 & General die BB-aandele van Picfoods gekoop het Pickard
later berig het dat New Bernica eintlik die koper is;
en dat Pickard kort tevore bevestig het dat Picfoods die
654 500
BB-aandele as genomineerde hou en nie die voordeeltrekkende
houer daarvan is nie. Vervolgens verklaar die skrywers in die
voorslotparagraaf van hul brief dat "ten einde die aangeleentheid reg
te stel"
die appellant se direksie hom die reg voorbehou om indien nodig regstappe te
doen-
In sy beantwoordende verklaring sê Morkel o a dat in die lig van
Liebenberg se mededeling aan hom in die loop van die telefoongesprek
op 6
Desember 1984 hy (Morkel) regsadvies ingewin het oor die vraag of die
appellant
13.
appellant kon weier om die oordrag van die 654 000 BB-aandele
op naam van VPF te registreer. Die regsadvies was dat die appellant
sodanige
registrasie wel kon weier. Daarna, aldus Morkel, is die moontlikheid ondersoek
dat Picfoods die 654 000 BB-aandele as genomineerde
van VPF hou, maar met die
oog op die aard en omvang van Picfoods se akte van oprigting en statute is daar
besluit dat die Registrateur
van Pensioenfondse dit nie sou goedkeur nie.
Bygevolg is op 18 April 1985 verder besluit dat Volkskas die voor= deeltrekkende
aandeelhouer
van die BB-aandele sou word en dat, indien die appellant sou weier
om die aandele op naam van Volkskas te registreer, Picfoods dan
die aandele as
genomineerde van Volkskas sou hou.
Ingevolge art 3 van die Wet op Seëlregte, No 77 van 1968, word
seëlregte ooreenkomstig Bylae 1 daarvan gehef. Kragtens art
23(15) (a) van
gemelde Wet word enige seëlreg wat ingevolge Item 15(5) van Bylae 1 ten
opsigte van die verkryging van handelseffekte
betaalbaar
14.
betaalbaar is, aangedui op 'n akte of verklaring wat m b t
sodanige verkryging verly moet word. Art 23(1) bepaal dat dusdanige akte
of
verklaring, wat deur die partye by die transaksie onderteken moet word,
besonderhede van die transaksie wat nodig is vir die vasstelling
van aan=
spreeklikheid vir seëlreg moet aandui
" met volledige en juiste besonderhede
van dié handelseffekte en die betaalde vergoeding of, waar geen
vergoeding betaal word nie, die markwaarde van die handels=
effekte op die datum
van die transaksie...."
Dientengevolge het Picfoods, VPF, New Bernica en Volkskas op 27 Mei 1985 'n
skriftelike ooreenkoms ("die tweede kontrak") aangegaan.
Die eerste vier
klousules van die, tweede kontrak lees soos volg:-
"1. Picfoods en VPF kanselleer hiermee met ingang 4 Desember 1984 die ooreenkoms
ingevolge waarvan Picfoods op 4 Desember 1984 deur
bemiddeling van New Bernica
die sekuriteite beskryf in klousule 3 ('die sekuriteite') aan VPF vervreem
het.
2. 2.1
15
2. 2.1 Picfoods vervreem en dra hiermee oor
aan Volkskas wat hiermee van Picfoods oordrag neem van die sekuriteite met
ingang 4 Desember 1984.
2.2 Ondanks die kansellasie van die transaksie tussen VPF en Picfoods
ingevolge klousule 1, sal die ver= goeding wat daarkragtens
betaal is, dien as
vergoeding vir die vervreemding van die sekuriteite deur Picfoods aan Volkskas
ingevolge klousule 2.1.
2.3 Volkskas sal aan VPF 'n
bedrag betaal, waaroor hulle sal
ooreenkom, ten einde VPF in die posisie te stel waarin hy sou gewees het indien
die transaksie tussen
hom en Picfoods nie plaasgevind het nie.
3. Die volledige besonderhede van die
sekuriteite is soos volg:-
3.1 Aantal sekuriteite : 654 500 (ses= honderd vier en vyftigduisend
vyfhonderd).
3-2 Beskrywing van sekuriteite :
Gewone aandele in Boland Bank Beperk.
3.3 Sertifikaat nommers:
3.4
Onderskeidende Nommers :
Geen
3.5
Waarde van vergoeding wat vir die
sekuriteite gegee is: R3,370,675.
4.1 Tot tyd en wyl
Boland Bank Beperk die oordrag van die sekuriteite in die naam van Volkskas in
Boland Bank Beperk se lederegister
geregistreer het, sal
Picfoods,
16.
Picfoods, ongeag die vervreemding en oordrag van die sekuriteite deur
Picfoods aan Volkskas ingevolge hierdie ooreenkoms en vir sover
dit nie strydig
met die bepalings van enige wet is nie, voortgaan om in die registers van Boland
Bank Beperk die geregistreerde houer
van die sekuriteite te wees, maar vir alle
doeleindes sal Picfoods die sekuriteite hou as genomineerde van Volkskas, wat
die voordeeltrekkende
houer van die sekuriteite sal wees, ooreenkomstig die
bedinge en voorwaardes in hierdie ooreenkoms vervat en/of ooreenkomstig sodanige
ander bedinge en voorwaardes waaroor Picfoods en Volkskas van tyd tot tyd
skriftelik mag ooreenkom.
4.2
Volkskas onderneem om
onverwyld na die ondertekening van hierdie akte en, indien nodig, van tyd tot
tyd daarna die redelike stappe
te doen ten einde die oordrag van die sekuriteite
in die naam van Volkskas in Boland Bank Beperk se lederegister te laat
registreer.
4.3
Volkskas sal nie geregtig wees
om die transaksie vervat in hierdie akte waarkragtens Picfoods die
sekuriteite
J.
aan Volkskas vervreem, weens
enige rede hoegenaamd, te kanselleer nie. Ingeval die transaksie om enige rede
hoegenaamd verval, vrywaar
Volkskas vir Picfoods vir enige geldelike verlies wat
Picfoods mag ly as gevolg van sodanige verval."
Onder
17.
Onder dekking van 'n
brief gedagteken 27 Mei 1985 het Volkskas op
daardie datum die BB-aandele, vergesel van 'n
behoorlik voltooide
sekuriteit-oordragvorm, met 'n aansoek
654 500 om oordrag van die BB-aandele in Volkskas se naam by die
appellant ingedien. By sy brief het Volkskas 'n afskrif van die tweede
kontrak gevoeg. Op 18 Junie 1985 het die appel= lant se direksie
besluit om
Volkskas se gemelde aansoek om oordrag te weier, en ingevolge art 139(1) van die
Maatskappywet, No 61 van 1973, is sowel
Volkskas as Picfoods hiervan
verwittig.
By sy mosie-aansoek het die appellant aanvanklik die volgende regshulp
aangevra:-
"1. '
n
Bevel wat verklaar dat:-
1.1 Eerste respóndent (Picfoods)
se
aandeelhouding van 654 500 aandele
in applikant as genomineerde van tweede respondent (New Bernica) of van '
n
ander entiteit, strydig is met die bepalings van art 28(2) gelees met die
ander bepalings van die Wet (die Bankwet).
1.2 Die
18
1.2 Die huidige registrasie van 654 500
aandele in applikant se naam van eerste re= spondent derhalwe onwettig
is.
2. 'n Bevel wat tweede tot agste respondente gelas om binne '
n
tydperk
deur die Hof vasgestel vir applikant skriftelik in kennis te stel van die
identiteit van die koper soos dit blyk kragtens
die betrokke koop= transaksie
met eerste respondent ten opsigte van gemelde 654 500 aandele in applikant
tesame met juiste inligting
ooreenkomstig die bepalings van art 28A van die
Bankwet met betrekking tot sodanige
koper.
3.
Alternatiewe regshulp.
4.
'
n
Bevel wat gelas dat applikant se
koste
gesamentlik en afsonderlik deur al die respon=
dente betaal word."
Op 5 Augustus 1985 het die appellant kennis gegee dat hy
bede 2 met die volgende bede wil vervang:-
"2. 'n Bevel ingevolge waarvan derde Respondent (Volkskas) gelas word om
binne een maand vanaf die datum van die Hofbevel, die 654
500 aandele in
applikant te verkoop, te vervreem of van die hand te sit of op so 'n wyse
daarmee te handel dat eerste respondent
by die verstryking van die gemelde
tydperk, nie langer die voormelde aandele in applikant, as genomineerde van die
derde respondent
of enige ander entiteit hou nie, en wat die eerste
respondent
19.
respondent gelas om alle sodanige samewerking te verleen ten einde uitvoering
aan die voorgaande te gee, insluitende die ondertekening
van die nodige
dokumente."
By die verhoor van die aansoek het vier van die respondente betoog dat die
voorgenome wysiging van smeekbede 2 regtens ongegrond is
en derhalwe geweier
moet word.
Melding is reeds gemaak van die feit dat
ingevolge die transaksie wat in Desember 1984 uitgevoer is VPF 'n bedrag van
R4 975 300 aan Legal & General betaal het. Verder
dien opgemerk te word dat
ter uitvoer.ing van sy verpligting ingevolge klousule 2.3 van die tweede kontrak
Volkskas 'n
bedrag van R5 112 745 aan VPF betaal het. Hierdie
besonderhede het eers laat in Oktober 1985 -en dus kort voor die aanhoor van die
mosie-aansoek -onder die aandag van die appellant gekom. In 'n gevorderde
stadium van die betoë aan die Hof
a quo
, en toe die appellant se
advokaat reeds besig was om sy repliek te lewer, het die appellant aansoek
gedoen om smeekbede 1 met
'n
20.
'n nuwe bede te vervang. Die beoogde bede 1 sou soos volg
lees:-
"1. 'n Bevel wat verklaar dat:
1.1 Eerste Respondent (Picfoods) se
aandeelhouding van 654 500 aandele in Applikant as genomineerde van Tweede
Respondent (New Bernica) of van 'n ander entiteit(e) strydig
is met die
bepalings van Artikel 28(2) gelees met die ander bepalings van die Bankwet,
en/of nietig en ongeldig is vanweë die
feit dat die ooreenkoms van 27 Mei
1985 tussen Eerste, Tweedê, Derde (Volkskas) en Vyfde (VFP) Respondente
die bepalings van
Artikel 14 van die Wet op Seëlregte, Wet nr 77 van 1968
oortree het, en/of nietig en ongeldig is vanweë onmoont= likwording
van
prestasie ingevolge bovermelde ooreenkoms".
Dieselfde respondente wat teen die wysiging van bede 2 beswaar gemaak het,
het ook teen die wysiging van bede 1 beswaar gemaak.
Die uitsluitsel van die Hof
a quo
in verband met die appellant se
aansoeke om wysiging sal later in hierdie
uitspraak
21.
uitspraak aangedui word. Dit dan wat betref die regshulp op
die stukke aangevra.
Nadat die Hof benede op 10 Februarie 1985 verlof om te appelleer aan die
appellant verleen het, en in stryd met die voorskrifte van
reël 5(1) van
die reëls van hierdie Hóf, het die appellant se prokureur versuim om
die kennis= gewing van appèl
binne 21 dae daarna te liasseer. Omdat die
kennisgewing 12 dae laat ingedien is, doen die appellant aansoek om kondonasie
van sy
nie-nakoming van gemelde tydsbepaling. Die redes vir die versuim word in
'n beëdigde verklaring deur die appellant se prokureur
volledig toegelig.
Daaruit blyk dat dit te wyte is aan 'n glips van die prokureur wat toentertyd
weens die ongesteldheid van 'n vennoot
tydelik 'n groot werkdruk in sy
Hooggeregshof-praktyk ondervind het; en dat die appellant self in verband met
die versuim geen verwyt
dra nie. Die versuim was van korte duur en is behoorlik
verklaar. By beoordeling van die appellant se kanse op
welslae
22.
welslae in hoër beroep moet ten gunste van die appellant aangemerk word
die feit dat die Hof
a quo
dit goed geag het om verlof om te appelleer
toe te staan. In al hierdie omstandighede stem ek saam met die betoog van mnr
Seligson,
wat die appèl namens die appellant beredeneer het, dat
die appellant genoegsame redes aangetoon het waarom hy in die onderhawige
geval
van stiptelike nakoming van reël 5(1) vrygestel moet word. Na my oordeel
behoort die gevraagde kondonasie verleen te word.
Vervolgens moet die meriete van die appèl oor=
weeg word. By aanhoor van die aansoek in November 1985
was die identiteit van die "koper" van die 654 500 BB-aandele,
nl Volkskas, gemene saak. Trouens, die voorgenome bede 2 ingevolge die
appellant se kennisgewing van 5 Augustus 1985 gaan van daardie
veronderstelling
uit. Bygevolg het die bestaande bede 2 verval. Ingevolge daardie deel van bede 1
wat nie deur die tweede aansoek
om wysiging
geraak
23.
geraak is nie het die appellant gevra om 'n bevel wat
verklaar dat Picfoods se aandeelhouding van die 654 500 BB-aandele
as genomineerde van Volkskas met die bepalings van art
28(2) van die Bankwet strydig is; en dat die huidige
registrasie van die 654 500 BB-aandele in naam van Picfoods.
onwettig is.
Art 28(2) van die Bankwet lees soos volg:-
"'n Bankinstelling of bankbeheermaatskappy registreer nie aandele in hom op
naam van 'n genomineerde nie, behalwe in onder= staande
gevalle:
(a) op naam van die trustee van 'n effekte=
trustskema wat kragtens die
Wet op Beheer van Effektetrustskemas, 1947
(Wet No 18 van 1947), geregistreer
is,
of die genomineerde maatskappy van
genoemde trustee wat deur die
Registra=
teur van Effektetrustmaatskappye
goedgekeur is;
(b) op naam van die eksekuteur, administrateur,
kurator of voog ten
opsigte van die boedel
van 'n oorlede aandeelhouer van die
bankinstelling
of bankbeheermaatskappy of
van '
n
aandeelhouer wie se
boedel
gesekwestreer is of van 'n aandeelhouer wat
andersins
handelsonbevoeg is, of die
likwidateur van 'n regspersoon in die
proses
van likwidasie wat 'n aandeelhouer van die
bankinstelling of
bankbeheermaatskappy is;
(c) vir
24.
(c) vir 'n tydperk van ses maande op naam van
'n effektemakelaar of van
'n
maatskappy
wat deur hom beheer word of van 'n maat=
skappy wat
deur 'n bankinstelling beheer
word of van 'n amptenaar van
daardie
bankinstelling, indien dit nodig is dat
die aandele oorgedra word
te'n einde
lewering aan die koper te vergemaklik of
die regte van die
voordeeltrekkende eienaar
van die aandele te beskerm of waar
die
voordeeltrekkende eienaar van die aandele
nie bekend is nie;
(d) waar die registrateur sodanige registrasie
skriftelik goedgekeur
het."
Die betekenis van die woorde "op naam van 'n genomineerde" in art 28(2) is
nie ondubbelsinnig nie. Dit is nie duidelik of die verbod
teen registrasie slegs
gemik is op 'n oordragnemer wat by sy aansoek om oordrag onomwonde laat blyk dat
by registrasie in sy naam
van die bankinstelling se aandele hy gemelde aandele
as genomineerde en nie as voordeeltrekkende eienaar nie sal hou, dan wel of
die
Wetgewer hier ook in gedagte gehad het die geval van die oordragnemer wat
inderdaad '
n
genomineerde is maar wat by sy aansoek om registrasie
daardie feit verswyg. Vir
doeleindes
25.
doeleindes van die onderhawige appèl is dit onnodig om hieromtrent
enige mening uit te spreek. Wat wel vas staan is dat in
hul gewone alledaagse
betekenis die woorde "registreer nie aandele in hom" in art 28(2) slaan op die
handeling van die inskrywing
van 'n aandeelhouer se naam in die bankinstelling
se lederegister.Namens die appellant is egter in die Hof benede en weer eens
voor
hierdie Hof betoog dat van hierdie gewone gedagteinhoud van die aangehaalde
woorde afgewyk moet word ten einde aan die oogmerk van
die Wetgewer, soos deur
die appellant-voorgestel,gevolg te gee. In sy uitspraak stel die Hof
a
quo
die probleem wat by uitleg ontstaan het in die volgende woorde:-
"In die huidige saak is daar nie sprake daarvan dat Boland Bank aandele in
naam van 'n genomineerde moet registreer nie. Regi= strasie
is lank reeds
afgehandel toe die betrokke aandele in die naam van Picfoods geregistreer is.
Die vraag is egter of die sub-artikel
so uitgelê moet word dat dit ook die
geval tref waar 'n geregistreerde
aandeelhouer
26
aandeelhouer in 'n bankinstelling of bankbeheer= maatskappy sy aandele
verkoop en daarna die aandele as trustee of genomineerde van
die koper hou
hangende die registrasie daarvan in die naam van die koper."
Die belese regter het tot die slotsom geraak dat art 28(2) slegs die
registrasie deur 'n bankinstelling van aandele in 'n
naam van
'n
genomineerde verbied, en dat Boland Bank nie op die regshulp wat in die
oorspronklike bede 1 gevra is, geregtig is nie. Weens die
redes hieronder
genoem, deel ek die sienswyse van die Hof
a quo
by sy uitleg van art
28(2). Die algemene benadering wat die uitlegger moet volg, word in
Du
Plessis v Joubert
1968(1) SA 585 (A) te 594 fin-595B deur BOTHA, AR soos
volg aangedui:-
"Dit.....
27
"Dit is 'n primêre reël van wetsuitleg dat die woorde van '
n
wetsbepaling in hul gewone, alledaagse betekenis verstaan moet word, tensy
dit vasstaan dat daardie betekenis in stryd is met die
duidelike bedoeling van
die Wetgewer soos blyk uit die statuut as geheel en ander tersaaklike
omstandighede. In so 'n geval kan van
die gewone betekenis van die woorde
afgewyk word ten einde aan die duidelikë bedoeling van die Wetgewer gevolg
te gee. (
Venter v Rex
,
1907 TS 910
op bl 913-5, 921, 924;
Union
Government v Mack
,
1917 AD 731
op bl 743). Slegs 'n
duidelike en
onbetwyfelbare bepaalde bedoeling van die Wetgewer, en nie 'n bloot
veronderstelde bedoeling nie, kan 'n afwyking van
die gewone betekenis van
woorde regverdig, en dan alleen indien die woorde vir 'n ander betekenis vatbaar
is. (Vgl
Dadoo Ltd and Others v Krugersdorp Municipal
Council
,
1920 AD 530
op bl 554-5;
Principal Immigration Officer v Hawabu and
Another
,
1936 AD 26
op bl 34 - 5.)"
Ter
ondersteuning van sy argument het ranr
Seligson
verwys na die bepalings
van art 28A van die Bankwet waarvolgens 'n bankinstelling bevoeg is om by 'n
persoon -
" op wie se naam aandele in 'n bank=
instelling geregistreer
is
of gaan
word of iemand wat namens hom optree". (my onderstreping).
inligting
28.
inligting in te win om vir die doeleindes van o a art 28(2) te kan
bepaal of daardie persoon 'n voordeel=
trekkende aandeelhouer is. Hierdie
bepalings, so is in
oorweging gegee, bevat 'n aanduiding dat 'n
bankinstelling se
belang by die aandeelhouer se werklike status (d w s die vraag of hy 'n
voordeeltrekkende eienaar of 'n genomineerde is) verder as
die stadium van die
aanvanklike registrasie= handeling strek; en dat waar
'n
aandeelhouer
verkoop en daarna die aandele sonder enige verdere registrasiehande= ling as
genomineerde van die koper hou sodanige
aandeelhouding met art 28(2) in stryd
is. Daarteenoor het mnr
De Villiers
, wat die appèl namens die
respondente waargeneem het, aangevoer dat vir sover art 28A op art 28(2)
betrekking het eersgenoemde
op die uitoefening van 'n genomineerde aandeelhouer
se stemreg gemik is eerder as op die geldigheid van die registrasiehandeling
waardeur sy naam in die lederegister van die bankinstelling aangeteken word. In
hierdie verband het mnr
De Villiers
die
aandag
29.
aandag op art 28C van die Bankwet gevestig. Laasgenoemde art bepaal
dat waar 'n bankinstelling of sy beamptes "op grond van inligting
redelikerwys
verkry" te goeder trou en onwetend 'n bepaling van art 28(2) oortree, gemelde
oortreding nie strafbaar (kyk art 49 van
die Bankwet) is nie:-
" maar niemand mag persoonlik of by
volmag die stemreg ten opsigte van enige aandeel wat na die inwerkingtreding van
die Wysigingswet op Finansiele Instellings, 1976,
strydig met die bepalings van
artikels 28(2), 28D of 28E geregistreer is, uitoefen
nie."
Hoe dit ook sy het die Hof hier in die eerste
plek met die behoorlike vertolking van art 28(2) self te make. By nalees van die
Bankwet
as geheel en met deeglike inagneming van al die argumente namens die
appellant aangevoer, hou ek my nie daarvan oortuig nie dat daardie
oogmerk of
bedoeling van die Wetgewer waarvoor mnr
Seligson
hom beywer
onweerspreeklik by die statuut uitstraal nie. Soos meermale in die beslissings
van ons Howe beklemtoon,
moet
30.
moet in hierdie situasie deeglik voor oë gehou word dat -
"......it is dangerous to speculate on the
intention of the Legislature (see eg the reference in
Savage v
Commissioner for Inland Revenue
1951
(4) SA 400
(A) at 409 A and the Court
should be cautious about thus departing from the literal meaning of the words of
a
statute It should only do so where the
contrary legislative intent is clear and indubitable (see
Du Plessis v
Joubert
1968(1) SA 585 (A) at 594-5). Moreover, it is not the function of
the Court to supplement a statutory provision in order to provide
for a
casus
omissus
(see
Walker v Carlton Hotels
(SA)
Ltd
1946 AD 321
at
330;
Barkett
's case
supra
at 363 F - G)."
(Per CORBETT, AR in
Summit Industrial Corporation v Jade Transporter
1987(2) SA 583 (A) te 596 J - 597B).
Dit mag wees dat art 28(2) 'n voorbeeld van
onbeholpe wetsopstelling is. Dit tref my egter nie as minder waarskynlik nie
dat na die beskouing van die Wetgewer die beperkte verbod
wat die woorde van art
28(2) in hul gewone betekenis aandui, heeltemal sou deug. Ek is nie tevrede dat
die Wetgewer inderdaad die
teenoorgestelde bedoeling
gekoester het nie.
Verder
31.
Verder dien daarop gelet te word watter verreikende aanpassing van die
bewoording van art 28(2) geverg word by die vertolking wat
die appellant daaraan
wil heg. Mnr
Seligson
se betoog kom daarop neer dat die inleidende woorde
van art 28(2) uitgelê moet word om soos volg te lees:-
"'n Bankinstelling registreer nie
aandele in hom op naam van
'n
genomineerde nie en daarbenewens mag
daar nie in sy lederegister verskyn nie die naam van 'n lid wat aanvanklik as
voordeeltrekkende
aandeelhouer in sy lederegister aangeteken is en wat daarna
die aandele wat op sy naam geregistreer is as genomineerde hou."
Dit behoef geen argument nie dat dit 'n besonder ingrypende aanpassing is wat
-
" virtually rewrites the sentence and
changes its sense."
(
Summit Industrial Corporation v Jade Transporter
(
supra
) te
597G).
Om bostaande redes stem ek saam met die
beskouing van die belese regter dat art 28(2) slegs die
registrasie
32.
registrasie deur die bankinstelling van aandele
in naam van 'n genomineerde verbied. Na my mening het die appellant se betoog i
v
m die trefwydte van art 28(2) 'n verwronge en onjuiste uitleg tot gevolg.
Die appellant se tweede aansoek om wysiging van smeekbedes is uit hoofde van
verskeie regsgronde (o a dat dit nuwe skuldoorsake opper
wat in die
beëdigde verklarings nie aangesny is nie, en dat die respondente deur die
toestaan van die wysiging benadeel sou
word) namens die respondente teengestaan.
In die loop van sy uitspraak het die Hof
a quo
beslis dat dit onnodig is
om op die geldigheid van hierdie besware in te gaan omdat hy van oordeel
was:-
" dat op die eedsverklarings en ander
stukke tans voor my daar in elke geval geen feitebasis vir enige van die twee
addisionele gronde is nie."
Vir doeleindes van die appèl is die tweede addisionele grond in ieder
geval nie ter sprake nie. 'n Argument
namens
33.
namens die appellant dat die verbintenisse ingevolge die tweede kontrak weens
onmoontlikmaking van prestasie
uitgewis is deurdat dit onmoontlik geword het
vir Volkskas
om registrasie van die 654 500 BB-aandele in sy naam te verkry,
is tereg deur die Hof
a quo
verwerp. In sy betoogspunte aan hierdie
Hof het die appellant se advokaat m i wyslik gehandel deur die hele argument i v
m onmoontlikmaking
te laat vaar.
Die eerste addisionele grond wat die appellant by bede 1.1 wou byhaal, was
dat Picfoods se aandeelhouding as genomineerde van die
654 500 BB-aandele
ongeldig is vanweë die feit dat die tweede kontrak die bepalings van art 14
van die Wet op Seëlregte
oortree. Art 14 van Wet 77 van 1968 lees soos
volg:-
"'n Kontrak, ooreenkoms of onderneming wat aangegaan word met die doel om die
vereistes van hierdie Wet met betrekking tot die seëling
van stukke te
ontduik, te verydel of te dwarsboom, of met die doel om 'n beswaar of ondersoek
in verband met die
behoorlike ....
34.
behoorlike seëling van 'n
stuk te verhoed, is nietig: Met dien
verstande dat hierdie artikel nie 'n ooreenkoms tussen partye belet aangaande
die verdeling tussen
hulle van die verpligting om die bedrag te betaal wat aan
seëlreg betaalbaar is nie."
Namens die
appellant is aangevoer dat die bedrag van
R3 370 675 wat in klousule 3.5 van
die tweede kontrak
aangestip word as:-
"Waarde van vergoeding wat vir die sekuriteite gegee is".
die verkeerde bedrag is; dat die korrekte bedrag R4 975 300 sou wees; dat die
tweede kontrak ter ontduiking van seëlreg aangegaan
is; en dat die tweede
kontrak derhalwe nietig is.
In die verbygaan dien gemeld te word dat indien argumentshalwe ten gunste van
die appellant veronderstel sou wbrd dat die tweede kontrak
strydig met art 14
aange= gaan is, en dat dit bygevolg nietig is, dit moeilik in te sien is (soos
die respondente se advokaat tereg
daarop
gewys
35.
gewys het) hoe hierdie omstandigheid die appellant se aanspraak op die
regshulp in bede 1.1 aangevra (
'n
verkla= ring dat die registrasie van
die 654 500 BB-aandele in naam van Picfoods onwettig is) enigsins verstewig.
Nietigheid van die
tweede kontrak sal vermoedelik tot gevolg hê dat
Picfoods dan nog steeds sowel die geregi= streerde as die voordeeltrekkende
aandeelhouer sal wees. Dit is egter onnodig om verder hierop in te gaan. Na'my
mening het die appellant se betoog i v m die korrektheid
van die bedrag in
klousule 3.5 min om die lyf.
Soos reeds daarop gewys, het dit in Desember 1984 oor 'n ruiltransaksie
tussen die.Pickard-groep en die Volkskas-groep gegaan. Eersgenoemde
het die 654
500 BB-aandele wat hy gehou het in ruil gegee vir die Picfoods-aandele waarvan
die Volkskas-groep die houer was.. Die
uitwerking van die tweede kontrak op die
transaksie van Desember 1984 was enkel en alleen om binne
die
36.
die Volkskas-groep VPF deur Volkskas as oordragnemer te vervang.
Juridies het die aard van die kontrak as ruiltransaksie asook die
identiteit van
die ruilmiddels onveranderd gebly. Dit bly daarby dat die vergoeding wat die
Volkskas-groep vir die 654 500 BB-aandele
gegee het die Picfoods-aandele
was.
Paragraaf 15(5)(c)(iii) van Bylae 1 van Wet 77 van 1968, wat op die tweede
kontrak van toepassing is, bepaal dat seëlreg van
10 sent betaalbaar is vir
elke R10, of deel daarvan -
" van die bedrag of waarde van die
vergoeding gegee of, waar geen vergoeding gegee word nie, van die waarde van
die handelseffekte."
In sy samehang met die hele Wet op Seëlregte beskou, moet die woord
"waarde" in bovermelde paragraaf m i as "markwaarde op die
datum van die
transaksie" vertolk word.. Bygevolg was die partye tot die tweede kontrak
regtens verplig om in klousule 3.5 daarvan
die markwaarde
van
37.
van die Picfoods-aandele te meld.
Nou is dit so dat ten einde lewering van die Picfoods-aandele aan Legal &
General te bewerkstellig VPF R4 975 300 aan Legal &
General betaal het.
Hieruit kan egter nie sonder meer afgelei word dat die bedrag van R4 975 300 die
markwaarde van die Picfoods-aandele
ver= teenwoordig het nie. Op die stukke voor
die Hof benede was daar geen bewys van die werklike markwaarde van die
Picfoods-aandele
nie. Daar was hoogstens 'n aanduiding dat die markwaarde van
die Picfoods-aandele
minder
as R4 975 300 is. Legal & General se
beleggingsbestuurder, Du Toit, het in 'n beëdigde verklaring (
jurat
15 Oktober 1985) die volgende gesê:-
"The price received by Legal & General
for the sale of the Picfoods
shares
was extremely good, being a price
higher than that ruling at the
time
or subsequently "
Verder .......
38.
Verder meer : die appellant kon him in alle geval nie op die
nietigheidsbepaling in art 14 beroep nie by
ontstentenis van bewys. dat die tweede kontrak aangegaan
is met die doel om die bepalings van Wet 77 van 1968 te ontduik of te verydel
of te dwarsboom. Na my oordeel ontbreek dusdanige getuienis.
Trouens, wat die
Pickard-groep betref is daar aanduidings (kyk bv Picfoods se brief van 29
Januarie 1985 aan die appellant en Pickard
se brief van 26 Februarie 1985 aan
die appellant) dat
die Pickard-groep die 654 500 BB-aandele - wat hy bereid was om vir die
Picfoods-aandele te verruil - se "prys" teen 515 sent per
aandeel (= R3 370 675)
bereken het.
Om bostaande redes gaan ek verder akkoord met die Hof
a quo
se
bevinding dat yir die addisionele gronde wat die appellant in die betoog-stadium
wou byhaal daar
geen werklike feite-basis bestaan het nie. Na my oordeel het die belese
regter tereg bevind
dat
39.
dat die appellant nie op die regshulp òf soos oorspronklik
aangevra of soos in die wysigings waarvoor aansoek gedoen
is, geregtig is nie.
Die appel word met koste afgewys insluitende die
koste van twee advokate. Die appellant moet die koste
verbonde aan die aansoek om verlof om te appelleer asook
die koste verbonde aan die appellant se aansoek om kondonasie
dra, insluitende die koste van twee advokate.
G G HOEXTER, AR
CORBETT, AR )
NESTADT, AR ) Stem saam
NICHOLAS, Wn AR )