S v Roux (2904/02, PSS131/2002, 50/2002) [2002] ZAWCHC 74; 2007 (1) SACR 379 (C) (2 December 2002)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Competence of witness — Testimony of minor with speech impairment — The accused faced charges of indecent assault on a 10-year-old boy with Down syndrome, who was the sole witness. The magistrate determined that the child could not comprehend the nature of an oath or communicate intelligibly, rendering him an incompetent witness. The case was referred for special review to determine if a speech therapist could assist in interpreting the child's testimony. The court held that the testimony of the child could be received through a qualified interpreter, allowing for a broader interpretation of "viva voce" testimony under section 161 of the Criminal Procedure Act, thus enabling the continuation of the trial.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 74
|

|

S v Roux (2904/02, PSS131/2002, 50/2002) [2002] ZAWCHC 74; 2007 (1) SACR 379 (C) (2 December 2002)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar
[PROVINSIALE AFDELING KAAP
DIE GOEIE HOOP ]
Hooggeregshof Verw
2904/02 Saaknommer PSS131/2002
Spesiale Hersiening
50/2002
In die saak :
DIE STAAT
Versus
ANDRIES PETRUS STEFANUS ROUX
Beskuldigde
_____________________________________________________________________________
HERSIENINGSUITSPRAAK
:
02
DESEMBER 2002
Williams WnR:
Die
beskuldigde staan tereg in die Streekhof Paarl op ‘n aanklag van
onsedelike aanranding gepleeg op ‘n 10 jarige seun met Down
sindroom. Die jong klaer, so wil dit voorkom vanuit die oorkonde, is
soos in meeste van hierdie tipe sake die Staat se enigste wesenlike
getuie ten opsigte van die misdryf.
Gedurende
ondervraging vanaf die streeklanddros om te bepaal of die klaer die
aard en betekenis van die eed begryp alternatiewelik
of hy kan
onderskei tussen die waarheid en onwaarheid het dit duidelik geword
dat die klaer ‘n spraakprobleem het daar hy homself
nie kon uitdruk
in sinne of woorde wat vir die hof sin gemaak het nie. Alhoewel hy
kon praat was sy antwoorde onduidelik en het
dit soms nie sin gemaak
nie. Die probleem wat die hof hier ondervind het kan slegs
geillustreer word deur uittreksels uit die oorkonde.
“
HOF:
Shank
ek moet nou hierdie vir jou vra. Het jy al gehoor van eed wat die
beteken om die eed te neem? …. Ja.
Sê jy ja? … Hy sê ja.
Weet
jy wat die beteken om die eed te neem? …. Ja.
…
(onduidelik)
Okay,
sê vir my wat dink jy is hierdie eed waarvan ek praat? … …
(onduidelik)
Onder.
Waar het jy gehoor van hierdie eed? … (onduidelik)
Gebou.
Gaan jy kerk toe? … Ja.
Vertel
my weer van die eed wat sê jy wat is dit? … Gebou …
(onduidelik)
Ek
weet nie wat enige van daardie woorde beteken nie.
MNR
MAARTENS:
Ek het gebou
hoor met diere en dan die woord bye.
HOF:
En
bye. En ek sukkel om die konteks van die eed daarby te kry. Kan u
enige skakeling en dit wat hy gesê het en die eed?
MNR
MAARTENS:
Met alle
eerbied Agbare en breek my kop. Ek weet nie of u in terme van sinne
maar wil begin dink nie, soos wat is die om te sweer
nie.
HOF:
Maar
ek gaan dink probeer dink daaraan maar ek … (onduidelik) Het jy
gehoor van sweer Shank. Weet jy wat die beteken om te
sweer? … Ja,
sweer manne kom en ….. (onduidelik) vat jou tronk toe.”
HOF:
‘n
Hof. Wat doen ‘n mens hier by hierdie plek? … Praat.
Praat.
Praat.
Ja, want dit doen ons baie. Nou as jy hier by die hof en daar gesê
word vir jou jy moet sweer, jy moet voor God sweer
weet jy wat dit
beteken? … Nee, die ding is … (onduidelik) en daar …
(onduidelik) om sit hier.
Ek
moet eerlik sê ek het nie enige van die aspekte verstaan nie. Okay,
ek kan probeer om ‘n ander aspek te – Shank weet
jy wat die
beteken om die waarheid te praat? … Jok.
Jok.
Wat beteken die waarheid? … Pak slae.
Pak
slae? … En straf.
En
straf? En as – en weet jy wat beteken dit as ‘n mens leuens
vertel of jok? … Jok? … (onduidelik) waarheid, sweer.
Ek
het straf gehoor. Watter een dink jy is reg en watter een dink jy is
verkeerd Shank. Is dit verkeerd om die waarheid te praat?
…
Waarheid.
Wat
gaan gebeur as ek jok? … … (onduidelik) het … (onduidelik)
seermaak.
Seermaak.
Is daar ander juffrou Haupt is daar enige – het u enige suggesties
oor hoe ek die getuie verder moet benader of wat u
indruk is van die
situasie. Kon u enigiets verstaan?
AANKLAER:
Edelagbare,
daar is dele wat ek nie kan verstaan nie. Uit die woorde wat hy
gebruik kan ek afleidings maak van wat hy bedoel maar
ek dink nie dit
is seker goed genoeg vir die Hof se doeleindes nie.
HOF:
So
met ander woorde elkeen van ons sal moet afleidings maak oor wat hy
eintlik bedoel.
AANKLAER:
Ja.
HOF:
Ons
hoor een greep en dan moet ons nou aanvaar hy sê dit is wat hy sê.
AANKLAER:
Dit is ongelukkig so Edelagbare.”
Die
streeklanddros het op grond van hierdie ondersoek beslis dat hy nie
kan bepaal of die klaer kan onderskei tussen die waarheid
en leuens
nie, en dat hy derhalwe ‘n onbevoegde getuie is.
Vanaf
Staatskant is daar aangedui dat die klaer moontlik deur middel van
‘n spraakterapeut getuienis sou kon aflê wat vir die
hof meer sin
sou maak en wat dit moontlik sou maak om beter met hom te
kommunikeer.
Dit
is hierdie aspek wat die probleem veroorsaak het. Volgens die
landdros maak artikel 161 van die Strafproseswet, wat handel met
getuienislewering, nie vorsiening vir ‘n geval soos hierdie waar
die getuie wel kan praat, maar homself nie sinvol kan oordra
nie.
Na
sy beslissing het landdros Klopper gelas dat die saak vir spesiale
hersiening aan hierdie Hof voorgelê word, om te beslis oor
die
toelaatbaarheid al dan nie van ‘n spraakterapeut om die jong klaer
se getuienis te interpreteur en oor te dra. Advokaat Geyser
van die
Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging het op uitnodiging
van die hof waardevolle insette in hierdie verband gelewer.
Hy word
bedank daarvoor.
Artikel
161 Wet 51/77 bepaal as volg:-
“
(1) n
Getuie by strafregtelike verrigtinge lê sy getuienis
viva
voce
af, behalwe
waar hierdie Wet of ‘n ander wet uitdruklik anders bepaal.
In
hierdie artikel word die uitdrukking
“viva
voce”,
in die
geval van ‘n doofstom getuie, geag gebaretaal en, in die geval van
‘n getuie onder die ouderdom van agtien jaar, geag
demonstrasies,
gebare of enige ander vorm van nie-verbale uitdrukkings in te
sluit.”
Die
landdros maak die volgende opmerking ten opsigte van artikel 161(2):
“
maar
dit is baie duidelik indien die artikel gelees word dat dit nie
voorsiening maak vir ‘n persoon wat wel viva voce getuig en
wat wel
‘n vorm van verbale uitdrukking gebruik, maar wat nie verstaan word
nie.”
Hier
wil ek met respek verskil van die streeklanddros. Tolke word
algemeen gebruik in ons howe reeds om getuienis oor te dra in ‘n
taal waarmee die beskuldigde en of die hof vertroud is. Artikel 6(2)
van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 bepaal:
“
Indien
getuienis in ‘n strafsaak afgelê word in ‘n taal waarmee na die
mening van die hof die beskuldigde nie genoegsaam vertroud
is nie,
moet die hof ‘n bevoegde tolk inroep om sodanige getuienis oor te
sit in ‘n taal waarmee die beskuldigde voorgee of aan
die hof blyk
genoegsaam vertroud te wees onverskullig of die taal waarin die
getuienis afgelê word een van die landstale is en of
die beskuldigde
se verteenwoordiger met die getuienis gebesigde taal vertroud is al
dan nie.”
Die
doel en beskrywing van ‘n tolk word in
S
v Naidoo 1962(2) SA 625 HHA op 632H
by monde van Williamson AR as volg opgesom:
“
The
witness being examined is saying something not perhaps understood by
the Court or the Court recorder; a species of expert witness
is
telling the court in a language understood by the Court (and any
recorder) what it is the witness is actually saying.”
In
R v Ramikolo
1954 (3) SA
255(O)
waar die landdros
‘n stom getuie bevoegd verklaar het om te getuig by wyse van
gebaretaal en toe later die saak op hersiening
gestuur het aangesien
die strafkode destyds slegs voorsiening gemaak het vir
viva
voce
getuienis merk
Horwitz R op te 256D:
“
In
my view, the magistrate seeks to place too narrow an interpretation
on the provisions of sec 220 of the Criminal Code. It is generally
accepted that any physically handicapped witness who has the
necessary intelligence to understand the nature of an oath and to
convey
what he wishes to communicate in some intelligible form,
whether by writing or by signs or motions, should be regarded as
competent
to testify, through the cogency of such testimony is a
matter for the trial court’s decision and a presiding officer will
receive
the evidence with caution.”
Die
geleerde regter haal verder aan uit ‘n voetnota van Wigmore
Evidence (3de uitgawe):
“
The
mode of communication will usually be in words or other symbols
directly intelligible to the tribunal. If the witness cannot
employ
a mode thus directly intelligible some intermediary may and must be
sought who can interpret the witness’ mode into an ordinary
one.”
In
Pachcourie v Additional
Magistrate, Ladysmith 1978(3) SA 986(N)
,
waar ‘n doofstom beskuldigde deur middel van ‘n tolk getuig het
wat hom etlike jare geken het en met hom kon kommunikeer deur
middel
van handgebare en dus op hierdie manier die handgebare vir die hof
kon interpreteer, het die hof op hersiening nie fout gevind
met die
wyse van getuienislewering nie, mits dit deur ‘n bevoegde en
behoorlike gekwalifiseerde tolk aangebied word.
In
S v T 1973(3) SA 794(A)
het die moeder van ‘n 5 jarige klaagster wat te sag gepraat het
vir die verhoorhof om te hoor opgetree as tolk sodat die hof haar
getuienis kon hoor. Die hof op appél het nie kritiek gehad teen die
wyse waarop die getuienis oorgedra is aan die hof nie, maar
wel ten
opsigte van die feit dat
die
getuienis oorgedra is deur ‘n persoon wat nie onpartydig teenoor
die saak gestaan het nie as moeder en ook getuie in die saak
en
die
moeder nie die eed geneem het dat sy die getuienis van die klaagster
getrou en korrek aan die hof sou weergee nie.
Daar
was dus geen beëidigde getuienis voor die hof oor wat die klaagster
sou getuig nie. As gevolg van hierdie redes is die klaagster
se
getuienis ontoelaatbaar gevind.
Dit
is duidelik uit die vooropgestelde dat ons howe oor die jare die aflê
van getuienis
“viva
voce”
wyd interpreteer
het. Ek glo dus nie dat die wetgewer beoog het dat artikel 161(2)
van die strafproseswet ‘n numerous clausus
daarstel van gevalle
waar die uitdrukking
“viva
voce”
ander vorms van
kommunikasie insluit nie. Dit is in elk geval my mening dat
strafhowe nie onnodiglik deur nou interpretasies van
wetgewing en/of
regsbeginsels struikelblokke in die pad plaas by die aanhoor van
getuienis van getuies wat nie op die normale wyse
hul getuienis kan
voorlê nie.
Die
oogmerk met hierdie subartikel sou na my mening reeds wees om te
verhoed dat getuienis bloot omdat dit nie op gewone wyse
verstaanbaar
is vir die hof, beskuldigde en hofamptenare nie,
uitgesluit word as daar wel ‘n manier is om die getuienis
verstaanbaar te maak.
Daar
is myns insiens geen beletsel daarteen om die getuienis van die klaer
te ontvang deur middel van ‘n spraakterapeut of – deskundige
nie,
mits die persoon in die omstandighede bevoegd is om die getuienis van
die klaer oor te tolk.
Daar
sal noodwendig eers ondersoek ingestel moet word om te bepaal of die
deskundige bevoegd is om die getuienis te tolk, waarna daar
met
behulp van die (deskundige) tolk ondersoek ingestel moet word of die
klaer self bevoeg is om te getuig.
_____________________
CC
WILLIAMS (WNR)
Erasmus
R : Ek stem saam.
Dit
word gelas dat die Streeklanddros voortgaan met die verhoor en
pogings aanwend om deur middel van ‘n wye interpretasie van art
161
Wet 51/77 om die getuies van die klaer aan te hoor.
_____________________
NC ERASMUS R