About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 66
|
|
Sydow en Andere v S (A66/2002) [2002] ZAWCHC 66; [2003] 1 All SA 118 (C); 2003 (2) SACR 302 (C) (22 November 2002)
14
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
[KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]
SAAKNO: A66/2002
In die
saak van:
SHAMIEL
SYDOW
Eerste Appellant
RIEDEWAAN
SYDOW
Tweede Appellant
ASHALEY
DAVIDS
Derde Appellant
BRIAN
DAVIDS
Vierde Appellant
teen
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP 22 NOVEMBER 2002
________________________________________________________________
H.J.
ERASMUS, R:
Die vier appellante het
in die Streekhof te Kaapstad tereg gestaan op ân aanklag van roof
met verswarende omstandighede, en ân
aanklag van oortreding van
artikel 2 van die Wet op Wapens en Ammunisie Wet 75 van 1969
(onwettige besit van twee vuurwapens).
Die
appellante is al vier op 10 April 2001 skuldig bevind op die aanklag
van roof met verswarende omstandighede. Die vierde appellant
is ook
op die aanklag van oortreding van artikel 2 van Wet 75 van 1969
skuldig bevind.
Elk van die
vier appellante is op 6 Junie 2001 gevonnis tot vyftien (15) jaar
gevangenisstraf op die aanklag van roof met verswarende
omstandighede. Die vierde appellant is ân verdere drie (3) jaar
gevangenisstraf opgelê ten opsigte van die aanklag van oortreding
van artikel 2 van Wet 75 van 1969. Die Hof het beveel dat hierdie
vonnis uitgedien word tesame met die vonnis op die aanklag van
gewapende roof.
Die
appellante kom in hoër beroep slegs teen hul skuldigbevinding.
Ná aanhoor
van mondelinge betoog, is die advokate versoek om skriftelike
kommentaar te lewer na aanleiding van die beslissing van
die Hoogste
Hof van Appèl in
S v Bezuidenhout
(ongerapporteerd,
saaknommer 22/2002, 27 September 2002). Ek is die advokate dank
verskuldig vir hul reaksie op hierdie versoek.
Die feite van
die saak, kan kortliks saamgevat word. Die klaagster beweer dat sy
op die aand van 2 Augustus 2000 deur die vier appellante
in ân
mini-bus taxi van haar baadjie, R80.00 en ân sleutel beroof is.
Die vierde appellant het haar in die proses geklap en
met ân
vuurwapen gedreig. Die rowers het haar êrens in Woodstock
afgelaai. Sy het by ân huis aangeklop en pen en papier gevra
om
die registrasienommer van die taxi neer te skryf. ân Man het haar
na die naaste polisie-kantoor geneem. Sy het die nommer
van die
voertuig aan die Polisie gegee en vertel dat sy beroof is. Die berig
van die roof en die registrasienommer van die voertuig
is op die
Polisie se radio-netwerk versprei. Die voertuig is pas daarna
voorgekeer met die vier appellante daarin. By die polisiestasie
is
twee vuurwapens in die voertuig gevind. Die klaagster het die vier
mans uitgeken as dié wat haar beroof het.
Die appèl
teen skuldigbevinding berus op drie gronde:
Die
appellante het nie ân billike verhoor gehad nie;
Die
klaagster se getuienis was ontoelaatbaar omdat die tolk nie
ingesweer was nie;
Die
appellante se weergawe kan redelik moontlik waar wees.
Die beswaar
dat die appellante nie ân billike verhoor gehad het nie, berus op
die oorweging dat die saak voor die Hof gebring is
op 15 Augustus
2000, slegs dertien dae ná die appellante se arrestasie. Die saak
is so gou voor die Hof gebring omdat die klaagster
op die punt
gestaan het om terug te keer na Duitsland.
By die
aanvang van die verhoor het die prokureur wat namens die appellante
verskyn het, te kenne gegee dat sy nie heeltemal gereed
is om voort
te gaan nie. Haar aanvanklike onwilligheid om met die saak voort te
gaan het egter gespruit uit haar aandrang dat ân
uitkenningsparade
gehou word. Dit is duidelik dat ân uitkenningsparade geen doel
sou gedien het nie â die appellante plaas
hulle self op die toneel
van die beweerde misdrywe in die teenwoordigheid van die klaagster.
Die
voorsittende landdros was wel deeglik bewus daarvan dat die saak op
kort kennisgewing ter rolle geplaas is, en hy het teenoor
die
appellante se prokureur te kenne gegee dat hy haar tegemoet sal kom
indien sy probleme ervaar.
Die klaagster se
getuienis in hoof is op die eerste dag van die verhoor aangehoor.
Haar kruisondervraging het twee dae later plaasgevind.
Uit die
oorkonde van die verrigtinge is dit duidelik dat die prokureur van
die appellante genoeg tyd gehad het om haar voldoende
op
kruisondervraging voor te berei (sien
S v Halgryn
2002 (2)
SASV 211 (HHA);
[2002] 4 All SA 157
(HHA) te par [9] en [10]).
Die
appellante is na my oordeel nie benadeel deur die feit dat die saak
redelik spoedig verhoor is nie .
Die klaagster
is Duitssprekend en het haar getuienis deur middel van ân tolk
afgelê. By die aanvang van haar getuienis, vra die
landdros aan
die tolk:
âAre you
an official court interpreter?â
Hierop
antwoord die tolk:
âYes I am. I am registered with the law court.â
Die tolk
het daarop voortgegaan om die getuienis van die klaagster van Duits
na Engels te tolk. Soos reeds vermeld voer die appellante
aan dat
die klaagster se getuienis ontoelaatbaar was omdat die tolk nie
ingesweer was nie.
Die tolk se
antwoord dat sy âgeregistreerâ is by die Hof, is, soos uit
gegewens blyk wat voor ons geplaas is, korrek in dié opsig
dat sy
ingevolge Hooggeregshofreël 59 toegelaat en ingeskryf is as ân
beëdigde vertaler. Sy is op 3 Mei 1990 in hierdie Hof
toegelaat as
beëdigde vertaler in Duits en in Engels.
Die vraag wat
ontstaan is of ân persoon wat as beëdigde vertaler in die
Hooggeregshof toegelaat en ingeskryf is, as tolk in strafverrtiginge
in ân landdroshof kan optree sonder om in daardie Hof ân eed af
te lê. In
S v Harksen; Harksen v President of the Republic of
South Africa and Others; Harksen v Wagner NO and Another
2000 (1)
SA 1185
(K); 1999 (2) SASV 448 (K) het ân beëdigde vertaler tydens
uitlewerings-verrigtinge getuig sonder om as tolk ingesweer te word.
Die tolk is nie ingesweer nie omdat, soos dit in paragraaf [3] van
die uitspraak gestel word â
âIt would appear that both she and the magistrate were mistakenly
under the impression that it was not necessary to do so.â
Die partye in
die saak was dit eens dat die getuienis om daardie rede nie behoorlik
vertolk is nie.
Vertolking
van getuienis in die landdroshof
Landdrosreël
68 maak voorsiening vir ân ampseed vir tolke, wat geleentheidstolke
insluit (oor permanente of amptelike tolke, en
geleentheidstolke,
sien
S v Naidoo
1962 (2) SA 625
(A) op 631DâE). Subreël
(4) van reël 68 maak in die besonder voorsiening daarvoor dat die
feit dat die eed deur ân geleentheidstolk
afgelê is, in die
hofstukke aangeteken moet word.
Die tolk in
die onderhawige geval was ân geleentheidstolk, dit wil sê, ân
tolk wat
ad hoc
aangewys word om in ân spesifieke saak as
tolk op te tree. Subreël (3) van Landdroshofreël 68 bepaal soos
volg wat betref die
eed wat ân geleentheidstolk moet aflê:
â(3) Wanneer ook al ân geleentheidstolk aangestel word om in ân
besondere saak te tolk, moet van hom vereis word dat hy ân
eed of
bevestiging voor ân regterlike amptenaar soos volg aflê:
âEk, â¦â¦â¦â¦., (volle naam) verklaar hierby onder eed/bevestig
opreg dat ek na my beste vermoë getrou en juis uit die taal
wat ek
aangesê mag word om te tolk in die verrigtinge van â¦â¦â¦â¦â¦
gehou in die landdroshof te â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦.in een
van die
amptelike tale sal tolk en omgekeerd.â
Sodanige eed of
bevestiging word op die wyse wat vir die aflegging of afneem van ân
eed of bevestiging voorgeskryf is, afgelê of
afgeneem.â
Van
belang in hierdie voorskrif is (i) dat daar van die geleentheidstolk
vereis
moet
word (âshall be requiredâ) om die voorgeskrewe
eed af te lê, en (ii) dat die eed afgelê word met verwysing na ân
spesifieke
saak.
Regspraak
In
S v
Naidoo
1962 (2) SA 625
(A) het ân geleentheidstolk opgetree wat
nie ân algemene eed ten opsigte van sy funksionering as tolk afgelê
het nie, en ook
nie spesiaal as geleentheidstolk ingesweer is nie.
Die Appèlhof bevind dat getuienis gelewer deur middel van ân tolk
wat nie ingesweer
is nie, ontoelaatbaar is en ân onreëlmatigheid
daarstel (
S v Naidoo, supra,
632H, 633C, 634D; sien ook
R v
Mutche
1946 AD 874
;
S v T
1973 (3) SA 749
(A) 796GâH;
S
v Bezuidenhout, supra,
par [14]). Die Hof bevind voorts dat die
jurie beïnvloed is deur die ontoelaatbare getuienis en dat daar geen
ander getuienis was
waarop ân skuldigbevinding gegrond kon word
nie. Die Hof het derhalwe die appèl teen die skuldigbevinding
gehandhaaf.
In
S v
Manjra
1966 (4) SA 319
(A) het die klaagsters getuienis afgelê
in Gujarati. Op appèl is aangevoer dat twee onreëlmatighede
ex
facie
die rekord blyk, naamlik, (i) die tolk was nie ingesweer
nie, en (ii) dat hy nie bevoeg was om getuies in te sweer nie. Uit
getuienis
wat aan die Hof
a quo
voorgelê is tydens ân
aansoek om verlof om te appelleer, het dit geblyk dat die tolk ân
algemene eed voor ân landdros (ân
kommissaris van ede) afgelê
het dat hy in alle sake waarin hy as tolk optree juis en getrou na
die beste van sy vermoë sal tolk.
Hy het daarna deurlopend as tolk
opgetree alhoewel hy geklassifiseer was as ân geleentheidstolk. Hy
het hoofsaaklik in die landdroshof
as tolk opgetree, maar by
geleentheid ook in die Hooggeregshof en tydens een van sy optredes in
die Hooggeregshof is hy as geleentheidstolk
ingesweer.
In sy
uitspraak onderskei Holmes AR,
S v Naidoo
1962 (2) SA 625
(A)
op grond daarvan dat in daardie saak die tolk nie ân algemene eed
om korrek te tolk afgelê het nie, en ook nie ân
ad hoc
eed
in die besondere saak nie. Op 321EâG sê Holmes AR:
âI therefore
express no comment, either of concurrence or dissent, on any aspect
of the judgment in that case. And I turn to the
facts of the present
case, in which the interpreter had taken a general oath in regard to
âall cases in which I officiateâ. I
can see no reason in law or
common sense why that oath should not be valid for the purposes of
his officiating as an interpreter
in the trial in the present case.
Was the oath any the less binding on his conscience because he was
now in the Supreme Court? No
statute or authority was cited to us
pointing the other way. Claassen J held forthrightly that the oath
which the interpreter took
before a magistrate, who was a
commissioner of oaths,
â
was
of general application and binds the person who takes the oath in all
matters and in all Courts where he is sued as an interpreterâ.
I agree with that
view.â
In
S v Kwali
1967 (3) SA 193
(A) is daar aan die einde van die saak, tydens die
beredenering van ân aansoek om a spesiale inskrywing, getuienis
aangebied oor
die bevoegdheid van ân tolk wat tydens die
verrigtinge opgetree het. Die aangebode getuienis het daarop gedui
dat die betrokke
tolk, behalwe by een geleentheid by ân voorlopige
ondersoek, nie as tolk in die landdroshof opgetree het nie en nooit
as tolk ingesweer
is nie. Op appèl was daar ân aansoek ingevolge
artikel 22 van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 van die kant
van die Staat
dat verdere getuienis oor die aangeleentheid aangehoor
word. Die getuienis wat die Staat wou aanbied was dié van ân
landdros tot
die effek dat die betrokke tolk gereeld as tolk in die
landdroshof opgetree het en dat hy ân algemene eed, nie beperk tot
ân
spesifieke saak nie, afgelê het. Die aansoek word toegestaan
en Williamson AR sê onder meer (op 197Hâ198A):
âThe evidence of
van Vuuren, if accepted, may show that the decision in
S v Manjra
1966 (4) SA 319
(A), is applicable and that no irregularity took
place during the trial. If on the other hand, the deposition of van
Wyk and the
testimony of Kibe were to be left uncontradicted, and
application of the decision in
S v Naidoo
1962 (2) SA 625
(A),
may bring about a completely different result of the appeal.â
Uit voorgaande
oorsig van die regspraak blyk dit dus dat as a tolk, selfs ân
geleentheidstolk, ân algemene eed afgelê het ten
opsigte van sy
aktiwiteite as tolk, dit nie ân onreëlmatigheid daarstel as hy as
geleentheidstolk nie spesifiek ingesweer word
ten opsigte van ân
besondere saak waarin hy optree nie.
Die vraag in hierdie
saak is of ân beëdigde vertaler, wat ân algemene eed afgelê
het, as geleentheidstolk kan optree sonder
om ân eed af te lê ten
opsigte van sy of haar optrede as tolk in daardie spesifieke saak?
Die beëdigde vertaler
Die eed
wat ân beëdigde vertaler by toelating en inskrywing aflê, lui
ingevolge Hooggeregshofreël 59(4) soos volg:
âEk â¦â¦â¦â¦. (volle naam) verklaar hierby onder eed/plegtig en
opreg dat ek in my hoedanigheid as vertaler van die Hooggeregshof
van
Suid-Afrika enige dokument getrou en korrek na die beste van my
kennis en vermoë sal vertaal in ân amptelike taal van die
Republiek van Suid-Afrika uit enige ander taal ten opsigte waarvan ek
as vertaler toegelaat en ingeskryf is.â
Ingevolge
Hooggeregshofreël 59(3) is ân behoorlike toegelate en ingeskrewe
beëdigde vertaler bevoeg om in al die Afdelings van
die
Hooggeregshof as vertaler op te tree in die tale ten opsigte waarvan
hy of sy as vertaler toegelaat en geskryf is.
Volgens die
voorgeskrewe eed, het die funksie van ân beëdigde vertaler het
pertinent betrekking op die vertaling van
dokumente
. Hierdie
funksie word verder omskryf in subreëls (1) en (2) van
Hooggeregshofreël 60 wat die opskrif dra âVertaling van
Dokumenteâ.
Die twee subreëls lui soos volg:
â(1) ân Dokument wat in ân ander taal as ân amptelike taal
van die Republiek in enige verrigtinge voorgelê word, moet vergesel
gaan van ân vertaling wat deur ân beëdigde vertaler as juis
gesertifiseer is.
(2) ân
Vertaling aldus gesertifiseer word
prima facie
geag ân
juiste vertaling te wees en is as sodanig by voorlegging
toelaatbaar.â
Die
vertolking van
viva voce
getuienis in ân Hoër Hof word
afsonderlik gereël in Hooggeregshofreël 61.
Die
beëdigde
vertaler as tolk
Uit voorgaande blyk
dus dat ân beëdigde vertaler ân persoon is (i) wie se
bevoegdheid as vertaler in bepaalde tale by wyse van
eksamen beproef
is, en (ii) wat ân algemene eed afgelê het betreffende die
vertaling van
dokumente
.
Ek is van oordeel
dat as ân beëdigde vertaler as tolk by strafverrigtinge in die
landdroshof optree, so ân beëdigde vertaler
die eed wat in
Landdroshofreël 68(3) voorgeskryf word, moet aflê.
Die beëdigde
vertaler in hierdie geval het geen algemene eed as tolk afgelê nie,
en is ook nie ingesweer as geleentheidstolk nie.
Die getuienis van
die klaagster by die verhoor was derhalwe ontoelaatbaar omdat dit
getuienis is wat sy gelewer het deur middel van
ân tolk wat nie
ingesweer was nie.
Die bevoegdheid van die beëdigde
vertaler as tolk
Die tolk het
klaarblyklik genoegsame kennis van geskrewe Duits en Engels gehad om
as beëdigde vertaler toegelaat en ingeskryf te
word. Mnr Samuels het
met reg aangevoer dat ân beëdigde vertaler se vaardigheid en
bevoegdheid in die vertaling van die geskrewe
woord nie noodwendig
beteken dat so ân vertaler vaardig en bevoeg is in die hantering
van die gesproke woord nie. Tog kan daar
weinig twyfel bestaan dat as
die landdros ondersoek ingestel het na die tolk se bevoegdheid, hy
haar na alle waarskynlikheid bevoeg
sou bevind het om as
geleentheidstolk ingesweer te word.
In die oorkonde van
die verrigtinge verskyn (i) die oorspronklike Engelse weergawe van
die vrae wat die aanklaer en die prokureur
vir die verdediging aan
die klaagster gestel het het, en (ii) die Engelse weergawe van die
klaagster se antwoorde soos uit Duits
vertolk. Tussen hierdie eerste
en laaste stappe in die proses is daar twee stappe wat nie in die
oorkonde weergegee word nie, naamlik,
(i) die vertolking in Duits van
die oorspronklike Engelse vrae, en (ii) die antwoorde in Duits op
hierdie vrae deur die klaagster.
Tussen die
oorspronklike Engelse vraagstelling en die uiteindelike vertolkte
antwoorde, soos weergegee in die oorkonde van die verrigtinge,
is
daar telkens ân logiese verband; elke antwoord is ân rasionele
respons op die voorafgaande vraag. Dit dui minstens
prima facie
daarop dat die vraag en die antwoord korrek vertolk moes gewees het.
Remedie
Artikel 322(3) van
die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal dat wanneer ân
skuldigbevinding en vonnis op appèl tersyde gestel word
op grond
daarvan dat geregtigheid nie geskied het nie as gevolg van die
toelating teen die beskuldigde van getuienis wat andersins
toelaatbaar is maar weens die een of ander gebrek by die verrigtinge
nie behoorlik voor die hof geplaas was nie, kan die hof van
appèl
die saak na die verhoorhof terugverwys met die opdrag dat daar met
die aangeleentheid, met die inbegrip van die aanhoor van
bedoelde
getuienis, gehandel word op die wyse wat die hof van appèl goed ag.
Hierdie bevoegdhede moet op so ân wyse uitgeoefen
word dat daar nie
inbreuk gemaak word op ân beskuldigde se grondwetlike reg op ân
billike verhoor ingevolge artikel 35(3) van
die Grondwet nie (
S v
Solo
1995 (1) SASV 499 (OK) op 508jâ509c).
Hiemstra
Suid-Afrikaanse Strafproses
(6e uitgawe deur Kriegler en
Kruger) (2002) op 899 sê dat die oogmerk van die subartikel is om ân
vryspraak wat op hoogs tegniese
gronde berus, te vermy. Die geleerde
skrywers verwys na
S v Naidoo, supra,
as ân voorbeeld van
die soort situasie wat deur die subartikel verhelp moet word: waar
toelaatbare getuienis toegelaat is, maar
op die verkeerde manier
(naamlik deur ân oningesweerde tolk). Die subartikel maak dit
moontlik om ân saak terug te verwys om
opnuut beslis te word nadat
die tegniese onreëlmatigheid reggestel is (nadat die getuienis op
die regte manier toegelaat is).
In
S v
Bezuidenhout, supra,
het die Hoogste Hof van Appél oorweging
geskenk aan die vraag welke van die bevoegdhede vermeld in artikel
52(3)(e) van die Strafregwysiginswet
105 van 1997 in daardie saak
uitgeoefen moes word. Die Hof bevind (par [20]) dat die wye
bevoegdhede wat die artikel verleen, op
soortgelyke wyse uitgeoefen
moet word as die bevoegdhede wat ân hof van appél ingevolge
artikel 322(3) van die Strafproseswet
51 van 1977 het. In hierdie
verband word (te par [19]) die volgende opmerkings gemaak wat,
mutatis mutandis,
van toepassing is op die omstandighede van
die onderhawige saak:
âDie beswaar teen
die toelaatbaarheid van haar getuienis is gevolglik van ân tegniese
aard en is te wyte aan ân fout wat deur
die landdros begaan is. In
die lig van voorgaande moes die hof
a quo
na my mening
oorweging daaraan geskenk het of dit nie ân geval was waar, sonder
om inbreuk te maak op die respondent se reg op
ân billike verhoor,
die gebrek reggestel kon word en in belang van geregtigheid reggestel
moes word nie. Die regstelling kon moontlik
geskied deur die
tersydestelling van die skuldigbevinding, die aanhoor van verdere
getuienis, óf self óf deur die streekhof wat
die respondent skuldig
bevind het. Die getuienis kon bestaan uit ân bevestiging deur die
klaagster van haar vroeëre getuienis
nadat aan die bepalings van art
162, 163 en 164 voldoen is, of uit ân herhaling van sodanige
getuienis en kruisondervraging van
die klaagster vir sover dit nodig
mag wees om te voldoen aan die grondwetlike vereiste van ân billike
verhoor. In die verband is
dit belangrik om in gedagte te hou dat
geregtigheid nie alleen vereis dat ân onskuldige persoon nie
verkeerdelik skuldig bevind
word nie maar ook dat ân persoon wat ân
misdaad gepleeg het behoorlik vir die pleging van die misdaad gestraf
word.â
In die lig van die
voorafgaande is ek van oordeel dat die saak na die verhoorhof
terugverwys moet word met die opdrag om oorweging
daaraan te skenk om
die saak te heropen vir die aanhoor van verdere getuienis deur die
klaagster op ân wyse wat die gebrek in die
aanvanklike voorlegging
van haar getuienis sal regstel.
Aangesien die saak
na die verhoorhof terugverwys word om opnuut beslis te word nadat die
gebrek in die aanvanklike voorlegging van
die klaagster se getuienis
reggestel is, sal dit onvanpas wees as hierdie Hof op hierdie stadium
ân mening uitspreek ten opsigte
van die derde grond waarop die
skuldigbevinding van die appellante aangeveg word, naamlik dat hul
weergawe van die gebeure redelik
moontlik waar kan wees.
Die volgende bevel
word gevolglik gemaak:
Die skuldigbevinding van die
appellante word tersyde gestel.
2 Die saak word na die verhoorhof terugverwys met die opdrag om
oorweging daaraan te skenk om die saak te heropen vir die aanhoor
van
verdere getuienis deur die klaagster op ân wyse wat die gebrek in
die aanvanklike voorlegging van haar getuienis sal regstel,
HJ ERASMUS, R
Ek stem saam
MOOSA, R