About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 56
|
|
Smith and Another v Van Heerden and Others (8177/00) [2002] ZAWCHC 56; [2002] 4 All SA 461 (C) (14 October 2002)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER:
8177/00
In
die saak tussen:
PIETER
FRANCOIS SMITH
Eerste
Applikant
ALETTA
SUSANNA CATHERINA SMITH
Tweede
Applikant
en
JACOBA
VAN HEERDEN
Eerste
Respondent
CYNTHIA
CHAPMAN
Tweede
Respondent
MOSSELBAAI
MUNISIPALITEIT
Derde
Respondent
DIE
MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING
Vierde
Respondent
DIE
PREMIER VAN DIE WES-KAAP
Vyfde
Respondent
________________________________________________________________
UITSPRAAK
: 14 OKTOBER 2002
________________________________________________________________
VAN
HEERDEN R
:
Inleiding
Eerste
en tweede applikante (hierna
âmnr
Smith
â en â
mev
Smith
â, onderskeidelik)
doen aansoek om tersydestelling, alternatiewelik wysiging, van 'n
kostebevel wat op 22 Februarie 2001 in 'n hersieningsaansoek
teen
hulle verleen is. Die huidige aansoek word gebring in terme van Reël
42 van die Eenvormige Hofreëls en, meer spesifiek Reël
42(1)(a), op
grond van die bewering dat die kostebevel verkeerdelik aangevra of
alternatiewelik verkeerdelik gegee is in die afwesigheid
van
mnr en mev Smith. In die funderende eedsverklaring wat deur mnr
Smith gemaak is, het die applikante in die alternatief gesteun
op
Reël 42(1)(c), dws dat die kostebevel gegee is as gevolg van 'n
gemeenskaplike fout van die partye, maar mnr
Grobbelaar
,
wat namens mnr en mev Smith voor my verskyn het, het die Hof in
kennis gestel dat die applikante nie meer op die bepalings van
laasgenoemde
paragraaf van Reël 42 staatmaak nie.
Agtergrond tot
die huidige aansoek
Gedurende
November 2000, het die eerste en tweede respondente (hierna â
Van
Heerden
â en â
Chapman
â,
onderskeidelik) ingevolge Reël 53 aansoek gedoen vir die hersiening
van: (i) die spesiale besluit geneem deur die derde respondent
(hierna â
die
Munisipaliteit
) om 'n
gedeelte van Van Heerden en Chapman se onroerende eiendom, beskryf as
Erf 353 Reebok (â
Erf 353
â)
te onteien; en (ii) die vierde respondent (hierna â
die
Minister
â) se goedkeuring
van gemelde spesiale besluit ingevolge artikel 123 van die Munisipale
Ordonnansie 20 van 1974 (soos gewysig).
In terme van die
Kennisgewing van Mosie in die hersieningsaansoek, het Van Heerden en
Chapman ook vir 'n bevel gevra waarby die
vyf respondente tot die
hersieningsaansoek (naamlik, die huidige vyfde respondent (hierna
â
die Premier
â),
die Minister, die Munisipaliteit en mnr en mev Smith) â
gelas
word om Applikante
[nl, Van
Heerden en Chapman]
se
koste te betaal
â.
Dit
is gemene saak dat die Kennisgewing van Mosie behoorlik op die Smiths
beteken is en dat hulle nie kennis gegee het van hulle voorneme
om
die hersieningsaansoek te bestry nie. Dit is ook gemene saak dat,
op 30 November 2000, die Premier en die Minister 'n gesamentlike
kennisgewing in terme van Reël 53 geliasseer het, waardeur hulle te
kenne gegee het dat hulle nie van voorneme is om Van Heerden
en
Chapman se hersieningsaansoek te opponeer nie, maar dat hulle by die
uitspraak van die Hof sal berus. In ruil hiervoor, het Van
Heerden
en Chapman onderneem om geen kostebevel teen hulle te vra nie. By
wyse van 'n brief gedateer 7 Desember 2000, het Van Heerden
en
Chapman se prokureurs die Munisipaliteit in kennis gestel van die
feit dat die bogenoemde kennisgewing deur die Premier en die
Minister
geliasseer is en dat Van Heerden en Chapman nie 'n kostebevel teen
die Premier en die Minister sou vra nie. Die prokureurs
het in terme
van hierdie brief gevra of die Munisipaliteit â
ook
van voorneme is om sodanige kennisgewing te liasseer
â
en het verder aangedui dat â
indien
wel, sal daar nie 'n kostebevel teen u gevra word nie
â.
Geen
sodanige brief is deur Van Heerden en Chapman se prokureurs aan mnr
en mev Smith geskryf nie. Op 19 Desember 2000, het die
Munisipaliteit
wel 'n soortgelyke kennisgewing in terme van Reël 53
geliasseer. Dit is gemene saak dat mnr en mev Smith glad nie in
kennis gestel
is van òf die liassering van hierdie kennisgewings
deur die Premier en die Minister, asook deur die Munisipaliteit,
onderskeidelik,
òf die ondernemings gegee deur Van Heerden en
Chapman dat hulle - in ruil vir hierdie kennisgewings - geen
kostebevel teen enige
van hierdie drie respondente sou vra nie.
Die
hersieningsaansoek is ter rolle geplaas vir aanhoring op 22 Februarie
2001 op 'n onbestrede basis. Op daardie dag, het Jali R
'n hofbevel
verleen in terme waarvan die vermelde spesiale besluit deur die
Munisipaliteit en die goedkeuring daarvan deur die Minister
ter syde
gestel is en slegs mnr en mev Smith gelas is om Van Heerden en
Chapman se koste van die hersieningsaansoek te betaal.
Mnr
en mev Smith het eers gedurende Julie 2001 bewus geword van die feit
dat 'n kostebevel teen hulle toegestaan is. Dit het aanleiding
gegee
tot korrespondensie tussen hulle prokureurs en Van Heerden en Chapman
se prokureurs. Nadat mnr en mev Smith op 13 September
2001 die
allokator van die taksasie ontvang het, wat bepaal het dat die
getakseerde koste ongeveer R26 000,00 beloop, is die huidige
aansoek
op 21 September 2001 uitgereik. Die oorspronklike Kennisgewing van
Mosie is daarna gedurende Oktober 2001 gewysig. In terme
van die
gewysigde Kennisgewing van Mosie, doen mnr en mev Smith aansoek vir
'n bevel met die volgende terme:
â
(i)
Dat
die kostebevel wat op 22 Februarie 2001 teen die Applikante
[mnr
en mev Smith]
toegestaan is
tersyde gestel word.
In
die alternatief tot bede (i) hierbo, dat die kostebevel wat op 22
Februarie 2001 teen die Applikante toegestaan is, gewysig word
om te
lees dat die derde tot vyfde Respondente in hierdie aansoek
[die
Munisipaliteit, die Minister en die Premier]
gelas
word om die eerste en tweede Respondente (die eerste en tweede
Applikante in die oorspronklike Kennisgewing van Mosie)
[Van
Heerden en Chapman]
se
koste van die Hersieningsaansoek te betaal.
Verder
in die alternatief, dat die kostebevel wat op 22 Februarie 2001 teen
die Applikante toegestaan is, gewysig word om te lees
dat die eerste
en tweede Applikante en die derde tot die vyfde Respondente in
hierdie aansoek
[mnr en
mev Smith, die Munisipaliteit, die Minister en die Premier]
gelas
word om die eerste en tweede Respondente (die eerste en tweede
Applikante in die oorspronklike Kennisgewing van Mosie)
[Van
Heerden en Chapman]
se
koste van die Hersieningsaansoek te betaal.
Dat
die Respondente
[Van
Heerden, Chapman, die Munisipaliteit, die Minister en die Premier]
gelas word om die koste van
hierdie aansoek te betaal en
Verdere
en/of alternatiewe regshulp.
â
Al vyf respondente
opponeer hierdie aansoek.
Relevante
feite
Mnr
en mev Smith is die geregistreerde mede-eienaars van die onroerende
eiendom beskryf as Erf 352 ('n gedeelte van Erf 295) Reebok,
die
noordelike grens waarvan die suidelike grens van Erf 353 (die eiendom
van Van Heerden en Chapman) vorm. Erf 351 Reebok, geleë
aan die
westelike grens van Erf 352, is geregtig op 'n padserwituut van drie
meter wyd oor erwe 352 en 353, welke padserwituut in
1986
geregistreer is. Dié padserwituut gee toegang tot Erf 351 vanaf
Olckersweg, die openbare pad geleë aan die noordelike grens
van Erf
353. Op 9 November 1999, het die Raad van die Munisipaliteit besluit
om 'n â
markverwante aanbod
van R9 116,64 soos deur die Munisipale Waardeerder bepaal
â
aan Van Heerden en Chapman te maak vir die registrasie van 'n 3 meter
breë serwituut oor hulle erf (Erf 353) ten gunste van Erf
352, om
toegang vanaf Olckersweg te verleen aan die eienaar van Erf 352 (mnr
en mev Smith) via erf 353. Hierdie bedrag sou deur
mnr en mev Smith,
synde die mede-eienaars van Erf 352, betaal word. Die Raad het
verder besluit dat, indien Van Heerden en Chapman
nie die aanbod sou
aanvaar nie, die Munisipaliteit 'n proses om 'n gedeelte van Erf 353,
van drie meter wyd en strekkende langs die
hele westelike grens van
dié erf, te onteien van stapel sou stuur; dat die Raad vir die
regs- en administratiewe kostes van die
transaksie verantwoordelik
sou wees, en dat, wanneer die voormelde gedeelte grond aan die Raad
oorgedra word, dit met Erf 352 gekonsolideer
sou word om 'n
â
pansteel
â
te vorm en dat 'n serwituut van reg van weg daaroor ten gunste van
Erf 351 geregistreer sou word.
Omdat
Van Heerden en Chapman nie die Munisipaliteit se aanbod aanvaar het
nie, is 'n voorlopige kennisgewing van onteiening (gedateer
27
Januarie 2000) in terme van artikel 123 van Ordonnansie 20 van 1974,
soos gewysig, aan Van Heerden en Chapman se plaaslike prokureurs
versend. Daarna, op 8 Februarie 2000, het die Raad van die
Munisipaliteit 'n spesiale resolusie aanvaar tot dien effekte dat die
onteiening van die voorgemelde gedeelte van Erf 353 sou voortgaan.
In
terme van 'n brief gedateer 11 Februarie 2000, het Van Heerden en
Chapman se prokureurs skriftelik beswaar gemaak teen die voorgenome
onteiening. Die betrokke brief plaas op rekord â
dat
die voorgestelde onteiening
ultra
vires
die bepalings
van Ordonnansie 20 van 1974 is, aangesien dit nie vir
bona
fide
munisipale
doeleindes is soos vereis in artikel 123 van die gemelde Ordonnansie
nie ⦠U Raad is nie by magte om die eiendom van
een individu te
onteien indien dit ten doel het en slegs tot voordeel is van een
ander individu nie
â.
Volgens hierdie brief is die Munisipaliteit in kennis gestel dat,
indien die Munisipaliteit met die voorgestelde onteiening
sou
voortgaan, Van Heerden en Chapman die Hooggeregshof sou nader ten
einde hulle belange te beskerm.
Ten
spyte van hierdie brief, die inhoud waarvan uiteengesit is in 'n
voorlegging opgestel aangaande die onteiening deur die Departement
van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising, (klaarblyklik vir
die aandag van die Minister), is die Munisipaliteit se spesiale
besluit ten opsigte van die onteiening deur die Minister, as die
â
bevoegde gesag
â,
ingevolge artikel 123 van die Munisipale Ordonnansie op 22 Mei 2000
goedgekeur. Die onteiening is ook deur die Direktoraat
Streekbeplanning
en die Direktoraat Grondontwikkelingsbestuur
ondersteun. Voordat die Munisipaliteit egter die onteiening, soos
deur die Minister
goedgekeur, kon uitvoer, het Van Heerden en Chapman
die goedkeuring van die onteiening by wyse van 'n hersieningsaansoek
bestry.
Hulle het hoofsaaklik gesteun op die argument dat â
die
onteiening van die gedeelte van Erf 353 ⦠nie in ooreenstemming is
met die bepalings van artikel 123(2) van die Munisipale
Ordonnansie
nie, meer bepaald omdat die onteiening nie vir munisipale doeleindes
geskied het nie, maar uitsluitlik ter voldoening
aan Vierde
Respondent
[mnr Smith]
se
begeerte om oor Erf 353 te beweeg na Erf 352
â.
Na
die loods van die hersieningsaansoek, het die Afdeling Regsdienste
van die Wes-Kaap Provinsiale Administrasie oorweging aan die
aangeleentheid geskenk en 'n verslag, gedateer 27 November 2000, aan
die Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising,
versend. In dié verslag, is die mening uitgespreek dat â
die
onteiening nie in die openbare belang is soos vereis deur die
Onteieningswet, 1975 (Wet 63 van 1975) en in die Grondwet, 1994
nie.
Slegs die eienaar van Erf 352 se belang word gedien in die onteiening
van die gedeelte van Erf 353 ⦠Daar sal wel gevalle
wees waar die
publiek ook gedien word wanneer 'n derde voordeel verkry deur
onteiening, maar ons glo nie dat hierdie geval so 'n
uitsondering is
nie
â. Die verslag
bevestig dus in wese die standpunt ingeneem deur Van Heerden en
Chapman se prokureurs, in hulle bogenoemde brief
(gedateer 11
Februarie 2000) aan die Munisipaliteit, dws dat die voorgestelde
onteiening
ultra vires
die bepalings van Ordonnansie 20 van 1974 is, aangesien dit nie vir
bona fide
munisipale doeleindes is nie.
Dit
is klaarblyklik as gevolg van hierdie regsadvies deur die Wes-Kaap
Provinsiale Administrasie, Afdeling Regsdienste, dat die Premier
en
die Minister, en daarna die Munisipaliteit, besluit het om nie die
Hersieningsaansoek te opponeer nie. Soos reeds hierbo uitgewys,
het
die Premier, die Minister en die Munisipaliteit met Van Heerden en
Chapman ooreengekom dat die Hersieningsaansoek nie teengestaan
sou
word nie; dat hierdie drie respondente kennisgewings tot dien effekte
in terme van Reël 53 sou liasseer en dat, in ruil hiervoor,
Van
Heerden en Chapman geen kostebevel teen hulle sou aanvra nie. Soos
reeds gesê, is mnr en mev Smith nooit in kennis gestel van
hierdie
inter partes
reëlings en ooreenkomste nie.
Die
handelinge en korrespondensie wat aanleiding gegee het tot die
Munisipaliteit se bogenoemde spesiale besluit om 'n gedeelte van
Van
Heerden en Chapman se onroerende eiendom te onteien, welke besluit
daarna deur die Minister goedgekeur is, word volledig in die
verskillende eedverklarings, soos in die huidige verrigtinge
geliasseer, uiteengesit. Vir doeleindes van hierdie uitspraak, is
dit
nie nodig om dié feite verder te bespreek nie. Dit is voldoende
om te sê dat, myns insiens, dit uit die verskillende eedsverklarings
blyk dat die regsadvies wat aan mnr en mev Smith in verband met die
hersieningsaansoek gegee is en op grond waarvan hulle geen
kennisgewing
van opponering of enige ander dokument geliasseer het
nie, glad nie goeie advies was nie. Sou hulle 'n kennisgewing van
nie-opponering
in terme van Reël 53, waarin hulle enige
aanspreeklikheid vir die koste van die hersieningsaansoek verwerp
het, geliasseer het,
tesame met 'n beëdige verklaring met 'n
uiteensetting van al die feite wat in die huidige funderende
eedsverklaring uiteengesit
is, is dit miskien moontlik dat hulle deur
die hof a
quo
van enige koste-aanspreeklikheid vrygestel sou gewees het. Ek spreek
geen mening in dié verband uit nie. Die huidige vraag is
egter
nie
of mnr en mev Smith in die abstrak 'n goeie verweer tot die
â
koste-gedeelte
â
van Van Heerden en Chapman se hersieningsaansoek sou gehad het nie;
die enigste geskilpunt wat in hierdie verrigtinge aangespreek
moet
word, is of die kostebevel gemaak deur Jali R op 22 Februarie 2001
â
verkeerdelik aangevra of
verkeerdelik gegee is in die afwesigheid van 'n party wat daardeur
geraak word
â, binne die
betekenis van Reël 42(1)(a).
Regsposisie
Reël
42(1) bepaal dat:
â
Die
hof het benewens ander magte wat hy mag hê, die reg om
mero
motu
of op aansoek
van 'n party wat geraak word, bevele of vonnisse te wysig of te
herroep:
wat
verkeerdelik aangevra of verkeerdelik gegee is in die afwesigheid
van 'n party wat daardeur geraak word
â.
Erasmus
et al
Superior Court
Practice
(1994, met
losblad-vervangings) B1-308A sê die volgende met betrekking tot die
betekenis en toepassing van Reël 42(1)(a):
â
An
order or judgment is erroneously granted if there was an irregularity
in the proceedings, or if it was not legally competent for
the court
to have made such an order, or if there existed at the time of its
issue a fact of which the judge was unaware, which would
have
precluded the granting of the judgment and which would have induced
the judge, if he or she had been aware of it, not to grant
the
judgment. Though in most cases such an error would be apparent on
the record of the proceedings, it is submitted that in deciding
whether a judgment was erroneously granted a court is not confined to
the record of the proceedings.
â
(Sien
verder
Promedia Drukkers &
Uitgewers (Edms) Bpk v
Kaimowitz
1996
(4) SA 411
(C) te 417G-I en die ander sake aangehaal deur Erasmus et
al
loc cit
.)
Daar
is nie eenstemmigheid in die Suid-Afrikaanse uitsprake met betrekking
tot die vraag of die hof wat 'n aansoek in terme van Reël
42(1)(a)
oorweeg geregtig is om feite wat nie uit die rekord van die
verrigtinge voor die verhoorhof (dws die hof wat die bevel toegestaan
het), en waarvan laasgenoemde hof onbewus was, in oorweging te neem
nie. Hierdie vraag is bevestigend beantwoord deur Nepgen R in
Stander & Another v Absa
Bank
1997(4) SA 873 (E) te
880H-884E (sien ook
Promedia
Drukkers en Uitgewers (Edms) Bpk v Kaimowitz & Others (supra)
te
417H-I en
Weare v Absa Bank
Ltd
1997 (2) SA 212
(D) at
217B-C). Erasmus R het egter tot die teenoorgestelde gevolgtrekking
gekom in beide
Bakoven Ltd v
G J Howes (Pty) Ltd
1992
(2) SA 466
(E) en
Tom v
Minister of Safety & Security
[1998] (1) All SA 629
(E) te 632g-645b. Die huidige aansoek is voor
my geargumenteer op die basis dat ek
nie
beperk is tot die inhoud van die rekord van die verrigtinge voor Jali
R nie en dat ek
wel
geregtig is om feite waarvan Jali R onbewus was en, â
which,
had he been aware thereof, would have induced him not to grant the
order sought
â, in
oorweging te neem. Dit is ook myns insiens die korrekte benadering
tot die toepassing van Reël 42(1)(a) en ek vereenselwig
my met die
redenasie van Nepgen R in die
Stander
saak (
supra
)
in dié verband. Dit is ook die benadering tot Reël 42(1)(a) gevolg
deur my ampsbroeder, Van Reenen R, in die
Promedia
Drukkers en Uitgewers saak
(
supra
)
te 421D-E.
Soos
mnr
Grobbelaar
,
wat vir mnr en mev Smith voor hierdie Hof verskyn het, geargumenteer
het, in terme van die Kennisgewing van Mosie soos op mnr en
mev Smith
beteken, is aansoek gedoen vir 'n kostebevel teen al vyf respondente
(nl, die Premier, die Minister, die Munisipaliteit
en mnr en mev
Smith). As die verhoorhof so 'n kostebevel sou gegee het, sou elkeen
van die vyf respondente slegs aanspreeklik gewees
het om sy of haar
aliquot
aandeel (een-vyfde aandeel) van die kostes te betaal, en sou hulle
nie gesamentlik en afsonderlik daarvoor aanspreeklik gewees het
nie.
(Sien, in dié verband, Van Winsen et al
Herbstein
& Van Winsen : The Civil Practice of the Supreme Court of South
Africa
(4de uitgawe 1997)
734). Alhoewel dit van die Suid-Afrikaanse uitsprake na die
uitspraak van die Appèlhof in
Minister
of Labour v Port Elizabeth Municipality
1952 (2) SA 522
(A), duidelik is dat â
the
general rule is that, if two or more litigants both appear to oppose
or to take part in litigation and make common cause in so
doing,
their opponents are entitled to an order that costs should be paid
jointly and severally by the unsuccessful parties, even
if there has
been no specific prayer to this effect
â
(sien Cilliers â
Costs
â
in
LAWSA
Vol 3 Part 2 (eerste heruitgawe, 1997) par 386), is dit ook duidelik
dat daardie algemene reël nie van toepassing is in die omstandighede
van die huidige saak nie. (Sien verder in dié verband Cilliers
Law
of Costs
(1997, met
losblad-vervangings) par 11.02 - 11.05, en die sake daar aangehaal.)
Nieteenstaande
die voormelde formulering van die bede ten opsigte van koste in die
Kennisgewing van Mosie, het Van Heerden en Chapman
egter (soos hierbo
reeds uiteengesit), sonder om vir mnr en mev Smith daarvan in te lig,
agteraf ooreenkomste aangegaan in terme
waarvan die Premier en die
Minister, en daarna die Munisipaliteit, kennisgewings geliasseer het
dat hulle nie die aansoek om hersiening
sou opponeer nie en sou berus
by die beslissing van die hof, in ruil waarvoor Van Heerden en
Chapman onderneem het om geen kostebevele
teen hierdie drie
respondente te vra nie.
Dit
is nie in geskil dat mnr en mev Smith glad nie betrek is by
bogenoemde ooreenkomste tussen Van Heerden en Chapman, aan die een
kant, en die Premier, die Minister en die Munisipaliteit, aan die
ander kant nie. Inteendeel, soos hierbo bespreek, alhoewel Van
Heerden en Chapman se prokureurs, by wyse van brief (gedateer 7
Desember 2000) vir die Munisipaliteit in kennis gestel het dat die
Premier en die Minister 'n kennisgewing van nie-opponering geliasseer
het en dat Van Heerden en Chapman in ruil daarvoor nie 'n kostebevel
teen hulle sou vra nie, is geen sodanige brief aan mnr en mev Smith
geskryf nie. Terwyl die Munisipaliteit by wyse van hierdie brief
gevra is of dit van voorneme is om ook 'n kennisgewing van
nie-opponering te liasseer en dat, indien wel, Van Heerden en Chapman
ook nie 'n kostebevel teen die Munisipaliteit sou vra nie, is geen
sodanige voorstel aan mnr en mev Smith gemaak nie.
Mnr
en mev Smith was dus totaal onbewus van die feit dat, benewens hulle
twee, daar geen ander respondent was wat Van Heerden en Chapman
se
hersieningsaansoek opponeer of vir die koste daarvan verantwoordelik
sou wees nie. In sy funderende eedsverklaring verklaar mnr
Smith
dat, indien hy en sy vrou bewus sou gewees het van hierdie feite,
hulle beslis die kostebevel in die hersieningsaansoek sou
geopponeer
het. Dié stelling word nie eintlik deur enige van die respondente
in hulle opponerende beëdigde verklarings in geskil
geplaas nie.
Daar is egter 'n feite-dispuut tussen mnr en mev Smith, aan die een
kant, en die Minister, aan die ander kant, ten
opsigte van die vraag
of die Minister, in 'n telefoniese gesprek met mnr Smith na die
uitreiking van Van Heerden en Chapman se hersieningsaansoek,
â
bevestig het dat ek
[mnr
Smith]
en tweede applikant
[mev Smith]
persoonlik geen aandeel aan die nalate en opvolgende aksies van die
derde of vierde respondente
[die
Munisipaliteit en die Minister]
het nie en nie by die hersieningsaansoek betrokke moet raak nie
â.
Daar
is ook feite-dispute tussen mnr en mev Smith, aan die een kant, en
die Munisipaliteit, die Minister en die Premier, aan die ander
kant,
oor die vraag of (soos deur mnr Smith in sy funderende eedsverklaring
beweer word) hy deur die Munisipaliteit en die Minister
verseker is
dat â
die probleem
inter
partes
opgelos sou
word, en dat ek
[mnr Smith]
en tweede applikant
[mev Smith]
nie betrokke is
en geen koste-risiko loop nie
â.
In
die lig van die gevolgtrekking waartoe ek gekom het, is voormelde (en
die ander) feite-dispute tussen die partye nie wesenlik nie
en is dit
nie nodig om dit verder te bespreek nie. Myns insiens, is die
enigste relevante feite waarvan Jali R ten tyde van die
aanhoor van
die ongeopponeerde hersieningsaansoek nie bewus was nie, die feit van
die onderlinge â
koste-ooreenkomste
â
tussen Van Heerden en Chapman, aan die een kant, en die Premier, die
Minister en die Munisipaliteit, aan die ander kant; die feit
dat mnr
en mev Smith nie deur Van Heerden en Chapman van hierdie ooreenkomste
in kennis gestel is nie; en die feit dat die kennisgewings
van
nie-opponering, wat deur die Premier en die Minister, asook deur die
Munisipaliteit, geliasseer is, nie op mnr en mev Smith beteken
is nie
en dat hulle totaal daarvan, en die implikasies daarvan, onbewus was.
Alhoewel Van Heerden en Chapman wel van hierdie feite
bewus was, is
dit gemene saak dat hierdie feite nie deur hulle voor Jali R geplaas
is nie.
Dit
is inderdaad die geval, soos mnr
du
Toit
(wat namens die derde
respondent voor hierdie Hof verskyn het) geargumenteer het, dat dit
die prerogatief van 'n applikant is om
te besluit teen welke
respondent of respondente hy of sy 'n kostebevel wil aanvra. Daarna
is dit binne die diskresie van die verhoorhof
om te bepaal (a) of
daar gronde in die aansoek bestaan vir sodanige bevel; (b) teen welke
van die gekose respondente dit verleen
sal word; en (c) wat die
presiese omvang en aard daarvan sal wees, ongeag die wyse waarop die
applikant se kostebede geformuleer
is. Die feit bly egter staan dat
in hulle kennisgewing van mosie, Van Heerden en Chapman slegs gevra
het vir 'n kostebevel teen
die vyf respondente, insluitende mnr en
mev Smith, en nie gevra het vir (byvoorbeeld) koste â
teen
sodanige respondente as wat die Hof mag gelasâ
nie of teen die vyf respondente gesamentlik en afsonderlik nie.
Dit
is ook korrek dat, in die algemeen, partye wat 'n koste-ooreenkoms
bereik onder geen prosedurele of ander verpligting staan om
ander
partye in die saak daaromtrent in te lig nie. Desnieteenstaande,
omdat die kernfaktor in die uitoefening van 'n hof se diskresie
ten
opsigte van koste die kwessie van billikheid teenoor alle partye is -
â
in essence it is a matter
of fairness to both sides
â
(sien
LAWSA op cit
par 292 en die sake daar aangehaal) - is daar, myns insiens, 'n
sodanige verpligting om ander partye in die saak van sulke
koste-ooreenkomste
in te lig in omstandighede waar hierdie
koste-ooreenkomste die effek sou hê om die gevraagde regshulp ten
opsigte van koste potensieel
te â
verswaar
â
tot nadeel van 'n
respondent wat nie 'n party tot so 'n koste-ooreenkoms is nie. In
wese het die onderlinge koste-ooreenkomste tussen
Van Heerden en
Chapman, aan die een kant, en die Premier en die Minister, asook die
Munisipaliteit, aan die ander kant, en die feit
dat Van Heerden en
Chapman daarna gedurende die aanhoor van die hersieningsaansoek slegs
gevra het vir koste teen mnr en mev Smith,
die effek gehad dat die
oorspronklike kennisgewing van mosie tot nadeel van mnr en mev Smith,
en sonder hulle kennis, deur Van Heerden
en Chapman gewysig is.
Instede van aanspreeklikheid vir hoogstens hulle
aliquot
gedeelte van die koste van die hersieningsaansoek (in totaal
twee-vyfdes), soos deur die oorspronklike kennisgewing van mosie
voorbedui
is, het Van Heerden en Chapman nie vir koste teen die ander
drie respondente gevra nie en is mnr en mev Smith uiteindelik
opgesaal
met 'n hofbevel in terme waarvan hulle al die koste van die
hersieningsaansoek moet betaal.
Mnr
du Toit
het ook geargumenteer dat, selfs indien geen koste-ooreenkomste
aangegaan is nie en Van Heerden en Chapman, soos in hulle
oorspronklike
kennisgewing van mosie, by die aanhoor van die
hersieningsaansoek vir koste teen al vyf die respondente gevra het,
Jali R in die
uitoefening van sy diskresie ten opsigte van koste nie
noodwendig 'n kostebevel teen òf die Premier, òf die Minister, òf
die Munisipaliteit
sou gemaak het nie. Mnr
du
Toit
het gesteun op die
algemene reël â
dat 'n
kostebevel nie toegestaan word teen 'n openbare amptenaar wat in die
foutiewe maar
bona
fide
uitoefening van
sy ampspligte opgetree het nie
â
(per Vivier AR in
Fleming v
Fleming & 'n Ander
1989
(2) SA 253
(A) te 262C). Hy het ook daarop gewys dat, selfs in die
afwesigheid van 'n koste-ooreenkoms, dit gebruiklik is vir 'n hof om
in
'n hersieningsaansoek
nie
'n kostebevel te maak teen 'n statutêre orgaan (as respondent) wie
se besluit op hersiening geneem word, indien sodanige respondent
sy
samewerking verleen deur hom by die besluit van die hof te berus nie
(sien
Cash Paymaster
Services (Pty) Ltd v Eastern Cape Province
1999
(1) SA 324
(CkHC) te 353G-J). (Sien ook, in verband met hierdie
â
algemene reëls,
â
Cilliers
Law of Costs op cit
par 10.05 â 10.08 en die
sake daar aangehaal.)
Dit
is egter duidelik uit die Suid-Afrikaanse sake in dié verband dat
voormelde reëls glad nie onbuigsame reëls is wat in alle
gevalle
geld sodat die hof se diskresie aan bande gelê word nie. (Sien
byvoorbeeld
Fleming v
Fleming & 'n Ander (supra)
te
262D). In die woorde van Corbett AR in
Attorney-General,
Eastern Cape v Blom & Others
1988 (4) SA 645
(A) te 670F â
â â¦
In
any event the rule should not be elevated into a rigid one of
universal application which fetters the judicial discretion.
â
Volgens
die Suid-Afrikaanse sake, â
where
the respondent public officers, acting in their official capacities,
had no malice but exceeded their authority and committed
âirresponsible actionsâ
they were ordered to pay the
applicantâs costs of the application. Gross negligence or even
negligence can apparently also be a
basis for a costs order against a
public official who has erred, even where he is
bona
fide
â (sien Cilliers
Law of Costs op cit
par 10.07 en die sake daar aangehaal).
Uit
die stukke wat in die hersieningsaansoek geliasseer is, is dit
duidelik dat die spesiale besluit van die Munisipaliteit om 'n
gedeelte van Van Heerden en Chapman se onroerende eiendom te onteien,
asook die goedkeuring van hierdie besluit deur die Minister
ingevolge
artikel 123 van die Munisipale Ordonnansie 20 van 1974 (soos
gewysig), alhoewel
bona
fide
, ten minste as
â
irresponsible actions
â
bestempel kan word. Soos hierbo uiteengesit, is die Munisipaliteit
reeds ongeveer 11 Februarie 2000 deur Van Heerden en Chapman
se
prokureurs in kennis gestel dat die voorgestelde onteiening
ultra
vires
die bepalings van
Munisipale Ordonnansie 20 van 1974 is, aangesien dit nie vir
bona
fide
munisipale doeleindes
was nie, en dat hierdie standpunt deur 'n voorlegging opgestel deur
die Departement van Beplanning, Plaaslike
Regering en Behuising,
behoorlik aan die Minister en die relevante verteenwoordiger van die
Premier oorgedra is. Desnieteenstaande,
het hierdie drie respondente
slegs
na
die uitreiking van die hersieningsaansoek regsadvies in dié verband
ingewin, welke regsadvies (in die vorm van 'n verslag opgestel
deur
die Afdeling Regsdienste van die Wes-Kaap Provinsiale Administrasie),
in wese die vroeëre standpunt van Van Heerden en Chapman
se
prokureurs bevestig het. As die drie respondente hierdie regsadvies
op 'n baie vroeër stadium ingewin het, sou hulle in alle
waarskynlikheid nie die besluite en aksies geneem het waarteen die
hersieningsaansoek geloods is nie. Dit is, myns insiens, heel
moontlik dat, indien Van Heerden en Chapman nie voormelde
koste-ooreenkomste aangegaan het nie en wel by die aanhoor van die
hersieningsaansoek
vir koste teen die Premier, die Minister en die
Munisipaliteit
inter alia
,
gevra het, Jali R bereid sou gewees het om in die uitoefening van sy
diskresie van die â
algemene
reël
â af te wyk en
sodanige kostebevele teen dié openbare amptenare te maak.
In
die oorspronklike Kennisgewing van Mosie wat mnr en mev Smith op 21
September 2001 hierin laat uitreik het, het hulle slegs vir
die
volgende regshulp aansoek gedoen:
â
1. Dat
die kostebevel wat op 22 Februarie 2001 teen die Applikante
toegestaan is tersyde gestel word;
Dat
die Respondente
[Van
Heerden, Chapman, die Munisipaliteit, die Minister en die Premier]
gelas word om die koste van hierdie aansoek te betaal; en
Verdere
en/of alternatiewe regshulp.
â
Op 22 Oktober 2001 het mnr en mev Smith in terme
van Reël 28(1) en(2) kennis aan al vyf respondente gegee van hulle
voorneme om die
oorspronklike Kennisgewing van Mosie te wysig deur
die invoeging van twee nuwe bedes 2 en 3, beide in die alternatief
tot bede 1,
en deur die hernumerering van die oorspronklike bedes 2
en 3 daardeur veroorsaak. Geen van die vyf respondente het enige
beswaar
teen die voorgenome wysiging gemaak en al die respondente is
dus, ingevolge Reël 28(5), geag tot die wysiging toe te gestem het.
Die gewysigde bladsye van die Kennisgewing van Mosie is
dienooreenkomstig op 30 November 2001 op al die respondente beteken.
Mnr
de Haan
,
wat namens die Minister en die Premier in hierdie verrigtinge verskyn
het, het betoog dat die voeging deur mnr en mev Smith van
hierdie
twee respondente 'n onnodige wanvoeging is. Volgens mnr
de
Haan
, omdat die kostebevel
nie ten gunste van die Minister en die Premier, en ook nie teen
hulle, gegee was nie, het hulle geen belang
by die aansoek om
tersydestelling van die kostebevel soos toegestaan deur Jali R nie en
hoef hulle ook nie daarby betrokke te wees
nie. Mnr
de
Haan
het verder
geargumenteer dat die twee alternatiewe bedes (soos ingevoeg
gedurende Oktober 2001) nie binne die strekwydte van die
hof se magte
in terme van Reël 42 om bevele of vonnisse te â
wysig
â
geval het nie en dat die Minister en die Premier dus slegs by die
alternatiewe aansoeke om wysiging van die kostebevel 'n belang
het
insoverre daar gevra word dat hulle beveel moet word om 'n gedeelte
van die koste van mnr en mev Smith se aansoek te dra. Hy
het dus
gevra dat die huidige aansoek afgewys word en dat, wat die koste van
hierdie verrigtinge betref, mnr en mev Smith gelas word
om die koste
van die Minister en die Premier te betaal op die skaal van prokureur
en kliënt omdat, volgens hom, mnr en mev Smith
doelbewus hulle
aansoek gewysig het om die Minister en die Premier daarby te betrek.
Namens
die Munisipaliteit het mnr
du
Toit
betoog dat mnr en mev
Smith onnodiglik die Munisipaliteit gedwing het om wesentlike
regskoste aan te gaan om die huidige aansoek
te opponeer, aangesien
daar geen regsgeldige grondslag bestaan om òf (i) die kostebevel
gemaak deur Jali R te wysig om die aanspreeklikheid
van die
Munisipaliteit in te sluit nie; òf (ii) 'n ongekwalifiseerde
kostebevel in hierdie aansoek teen die Munisipaliteit te vra
nie
(instede daarvan om sodanige bevel te vra slegs indien die
Munisipaliteit die aansoek opponeer). Mnr
du
Toit
het ook betoog dat die
Munisipaliteit genoodsaak is om die huidige aansoek te opponeer as
gevolg van die bewerings in die funderende
eedsverklaring tot die
effek dat die Munisipaliteit en die Premier vir mnr en mev Smith
verseker het dat hulle â
geen
handeling hoef uit te voer nie en dat hulle
[nl,
die Munisipaliteit en die Minister]
die
probleem sal oplos
â, en
verder dat die Munisipaliteit teenoor mnr en mev Smith onderneem het
dat hulle nie 'n koste-risiko in die hersieningsaansoek
dra nie. (In
dié verband, moet dit onthou word dat mnr Smith ook in sy funderende
eedsverklaring beweer het dat, na ontvangs van
die kennisgewing van
mosie in die hersieningsaansoek, die Minister telefonies aan hom
â
bevestig het dat ek en
tweede applikant
[mnr en
mev Smith]
persoonlik geen
aandeel aan die nalate en opvolgende aksies van die derde of vierde
respondent
[die
Munisipaliteit en die Minister]
het
nie en nie by die hersieningsaansoek betrokke moet raak nie
â.
Al hierdie bewerings word deur die Munisipaliteit en die Minister,
respektiewelik, ontken.) In navolging van die Munisipaliteit
se
opponerende eedsverklaring, het mnr
du
Toit
in sy argumentshoofde
gevra dat mnr en mev Smith se huidige aansoek van die hand gewys moet
word en dat mnr en mev Smith gelas moet
word om die Munisipaliteit se
koste te betaal op 'n skaal soos tussen prokureur en kliënt. In die
verrigtinge voor hierdie Hof,
het mnr
du
Toit
egter aangedui dat die
Munisipaliteit nie in die versoek vir 'n spesiale kostebevel teen mnr
en mev Smith volhard nie en dat hulle
slegs vra dat die huidige
aansoek van die hand gewys moet word en dat mnr en mev Smith gelas
moet word om die Munisipaliteit se koste
(op die normale skaal) te
betaal.
Wat
betref die beweerde wanvoeging van die Minister en die Premier:
â
If
a third party has, or may have, a direct and substantial interest in
any order the court might make in proceedings or if such an
order
cannot be sustained or carried into effect without prejudicing that
party, he is a necessary party and should be joined in
the
proceedings, unless the court is satisfied that he has waived his
right to be joined.
â
(Sien
Van Winsen et al op cit
170
en die sake daar aangehaal.)
Ek
stem met mnr
de Haan
saam dat ek nie by magte is om enige van die alternatiewe bedes 2 en
3 in mnr en mev Smith se Kennisgewing van Mosie, soos gewysig,
te
maak nie. Die eenvoudige rede hiervoor is dat dit gemene saak is,
soos hierbo uiteengesit, dat Van Heerden en Chapman met die
Munisipaliteit, die Minister en die Premier ooreengekom het om
nie
enige kostebevel teen hierdie respondente te vra nie. Myns insiens,
sou dit buite my diskresie ten opsigte van koste wees om 'n
kostebevel teen enige respondent te maak waar die applikant in die
betrokke aansoek, as
dominus
litis
spesifiek met daardie
respondent ooreengekom het om
nie
koste teen laasgenoemde te vra nie, en die hof in kennis gestel is
van die feit dat die applikant nie meer koste teen sodanige
respondent
vra nie. Die Munisipaliteit, die Minister en die Premier
het dus nie, myns insiens, â
a
direct and substantial interest
â
gehad in die gevraagde tersydestelling van die kostebevel wat deur
Jali R teen mnr en mev Smith op 22 Februarie 2001 toegestaan
is nie.
Desnieteenstaande,
as gevolg van die stellings in die funderende eedsverklaring ten
opsigte van die beweerde onderneming deur die
Munisipaliteit en die
Minister teenoor mnr en mev Smith tot dien effekte dat laasgenoemde
nie 'n koste-risiko in die hersieningsaansoek
dra nie, asook ten
opsigte van die beweerde telefoniese â
bevestiging
â
deur die Minister aan mnr Smith dat mnr en mev Smith â
persoonlik
geen aandeel aan die nalate en opvolgende aksies van die derde of
vierde respondente
[die
Munisipaliteit en die Minister]
het
nie en nie by die hersieningsaansoek betrokke moet raak nie
â,
was dit na my mening vir mnr en mev Smith nodig om die
Munisipaliteit, die Minister en die Premier by die huidige aansoek te
voeg, om hulle die kans te gee om hierdie stellings te beantwoord.
Dit kan ook gesê word dat, indien die kostebevel wat deur Jali
R
gemaak is, tersyde gestel word, hierdie tersydestelling ten minste
potensieel
tot die nadeel van die Munisipaliteit, die Minister en die Premier
sou wees.
Soos
hierbo bespreek, maak die Suid-Afrikaanse sake dit duidelik dat â
a
judgment has been erroneously granted
[in
terme van Reël 42(1)(a)]
if
there existed at the time of its issue a fact of which the Judge was
unaware, which would have precluded the granting of the judgment
and
which would have induced the Judge, if he had been aware of it, not
to grant the judgment
â
(per White J in
Nyingwa v
Moolman NO
1993 (2) SA 508
(Tk) te 510G). In
Stander &
Another v Absa Bank (supra)
te
884B-C, het Nepgen R die volgende gesê, waarmee ek ten volle
saamstem:
â
White
J, did, however, in this
dictum
state that the fact of which the Judge was unaware should be such
that it
âwould have
precluded the granting of the judgmentâ.
If
it was intended to convey, by the use of the word
âprecludedâ
,
that the fact has to be of such a nature that the granting of the
judgment would have been incompetent, I am of the view that it
goes
too far. However, I do not think that this is what was intended, as
White J had earlier referred, with apparent approval (and
certainly
without dissension) to the
Topol
case (supra)
[Topol &
Others v LS Group Management Services (Pty) Ltd
1988 (1) SA 639
(W)],
and he also described such
fact as being of the nature that it
âwould
have induced the Judge ⦠not to grant the judgmentâ.
If
it was only intended to refer to a fact which would have made the
granting of judgment incompetent, the question of inducement
not to
grant such judgment would not arise.
â
Alhoewel
Erasmus R, in die saak van
Tom
v Minister of Safety and Security (supra),
van sekere aspekte van die uitspraak van Nepgen R in die
Stander
saak (
supra
)
verskil het, het Erasmus R die volgende ten opsigte van die korrekte
uitleg van Reël 42(1)(a) gesê (te 644):
â
It
seems to me, quite simply, that an order or judgment is
âerroneously
soughtâ
in the absence of
a party where, for example, the rules of practice require notice but
no such notice was given or the notice is defective,
or
the applicant seeks a judgment or order beyond the notice given. In
such circumstances the order or judgment would also have been
âerroneouslyâ
granted.
To
that extent the terms
âerroneously
soughtâ
and
âerroneously
grantedâ
are not mutually
exclusive. A court may of course
mero
motu
âerroneously
grantâ
an order or
judgment. Accordingly, one need not go outside the record of
proceedings to give effect to the phrase
âerroneously
soughtâ
â
(emphasis
added).
(Sien
ook Van Winsen et al
op cit
697 en die sake daar aangehaal.)
Na
my mening, is die volgende feite, waarvan Jali R ten tyde van die
aanhoor van die hersieningsaansoek op 'n ongeopponeerde basis
nié
bewus was nie, wel feite â
which
would have precluded the granting of the judgment
[order]
and would have induced the
Judge, if he had been aware of it, not to grant the judgment
[order]â: die feit van
die onderlinge â
koste-ooreenkomste
â
tussen Van Heerden en Chapman, aan die een kant, en die Premier, die
Minister en die Munisipaliteit, aan die ander kant; die
feit dat mnr
en mev Smith nie deur Van Heerden en Chapman van hierdie ooreenkomste
in kennis gestel is nie; en die feit dat mnr
en mev Smith totaal
onbewus was van die liassering van die kennisgewings van
nie-opponering deur die Minister en die Premier, asook
deur die
Munisipaliteit, en van die implikasies van hierdie kennisgewings (en
van die daaropvolgende â
koste-ooreenkomste
â).
Ek
herhaal dat, in wese, die onderliggende â
koste-ooreenkomste
â
tussen Van Heerden en Chapman, aan die een kant, en die Premier, die
Minister en die Munisipaliteit, aan die ander kant, asook
die feit
dat Van Heerden en Chapman gedurende die aanhoor van die
hersieningsaansoek slegs gevra het vir koste teen mnr en mev Smith,
die effek gehad het dat die oorspronklike Kennisgewing van Mosie tot
nadeel van mnr en mev Smith, en sonder hulle kennis, deur Van
Heerden
en Chapman gewysig is. Na my mening, kan dit wel gesê word dat,
deur in hierdie omstandighede slegs vir koste teen mnr
en mev Smith
gedurende die aanhoor van die hersieningsaansoek te vra, Van Heerden
en Chapman inderdaad â
a
judgment or order beyond the notice given
â
gevra het (sien
Tom v
Minister of Safety and Security (supra)
te
644).
Dit
volg dat, myns insiens, die kostebevel wat op 22 Februarie 2001 deur
Jali R teen mnr en mev Smith gemaak is herroep staan te word
op die
basis dat dit, binne die betekenis van Reël 42(1)(a) â
verkeerdelik
aangevra of verkeerdelik gegee is in die afwesigheid van 'n party wat
daardeur geraak word
â.
Dit sou egter glad nie sin maak om hierdie kostebevel tersyde te
stel, sonder om enige ander kostebevel instede daarvan te maak
nie.
Soos ek egter alreeds gesê het, is ek nie by magte om bevele in
terme van enige van die alternatiewe bedes 2 en 3 van die
Kennisgewing van Mosie (soos gewysig) te maak nie. 'n Gepaste
oplossing sou wees om mnr en mev Smith te beveel om daardie gedeeltes
van die koste van die hersieningsaansoek, soos in terme van bede 2
van Van Heerden en Chapman se (oorspronklike) Kennisgewing van
Mosie
teen hulle gevra is (nl, elkeen ân
aliquot
aandeel van een-vyfde van
die koste), te betaal. Alhoewel mnr en mev Smith se Kennisgewing van
Mosie (soos gewysig) in hierdie verrigtinge
nie eksplisiet vir so 'n
bevel vra nie, het ek geen twyfel dat so 'n bevel in die
omstandighede van die huidige verrigtinge paslike
â
alternatiewe
regshulp
â onder bede 6
van die gewysigde Kennisgewing van Mosie sou wees nie.
Wat
betref die koste van die huidige verrigting, het mnr
Olivier
,
wat vir Van Heerden en Chapman voor my verskyn het, met verwysing na
die saak van
Meintjies NO v
Administrasie Raad van Sentraal Transvaal
1980
(1) SA 283
(T) te 294H-295B betoog dat, omdat mnr en mev Smith in
hierdie verrigtinge die Hof vir 'n vergunning nader, en omdat Van
Heerden
en Chapman se opposisie tot die aansoek nie onredelik was
nie, mnr en mev Smith gelas moet word om Van Heerden en Chapman se
koste
te betaal, selfs indien ek bereid sou wees om hulle aansoek toe
te staan. Hy het egter aangedui dat, ten spyte van Van Heerden en
Chapman se versoek in hulle opponerende eedsverklaring vir koste â
op
die skaal tussen prokureur en eie kliënt
â
teen mnr en mev Smith, Van Heerden en Chapman nie in hierdie versoek
vir 'n spesiale kostebevel teen mnr en mev Smith volhard
nie.
Die
â
normale reëls
â
in verband met litigante wat 'n hof vir 'n vergunning nader, word
soos volg in
LAWSA
op cit
par 302 uiteengesit:
â
The
general rule that costs follow the event is not applicable to
successful applications for the grant of an indulgence by the court.
In such cases the general rule is that the applicant should pay the
costs of the application and, in certain circumstances, even
the
costs of opposition to the application â¦
Where an application
for an indulgence is granted, it has been held that the applicant for
the indulgence should pay all the costs
that can reasonably be said
to be wasted because of the application, such costs to include the
costs of such opposition as is in
the circumstances reasonable and
not vexatious or frivolous.
The
general rule that the applicant for the grant of an indulgence â¦
should bear the costs of the application may, however, be
departed
from, and in this regard the conduct of the respondent may be
relevant.
â
(Sien
verder, in dié verband, die sake aangehaal deur Le Roux R in
Meintjies
NO
v Administrasieraad van Sentraal Transvaal (supra)
te
294H-295B.)
Dit
is gevestigde reg dat die maak van enige kostebevel in die diskresie
van die relevante hof is en dat hierdie diskresie judisieel
uitgeoefen moet word na 'n behoorlike oorweging van die feite van
elke besondere geval. Soos reeds gesê, is die kernfaktor in die
uitoefening van 'n hof se diskresie ten opsigte van koste die kwessie
van billiheid teenoor alle betrokke partye. (Sien, in dié
verband
Cilliers
op cit
par 1.04 â 1.08,
LAWSA
op cit
par
292, en die sake daar aangehaal.)
Na
'n oorweging van al die omstandighede van die huidige geval, is ek
van mening dat dit billik sal wees om Van Heerden en Chapman
te gelas
om mnr en mev Smith se koste van die huidige verrigtinge te betaal.
Dit was as gevolg van Van Heerden en Chapman se â
reëlingsâ
met die ander drie respondente (die Munisipaliteit, die Minister en
die Premier), asook hulle versuim om mnr en mev Smith van sodanige
â
reëlings
â
in kennis te stel, dat die kostebevel deur Jali R, wat ek tersyde
gaan stel, gegee is. Myns insiens, behoort Van Heerden en Chapman
ten minste aan mnr en mev Smith kennis te gegee het van hulle
voorneme om by die aanhoor van die hersieningsaansoek 'n kostebevel
teen slegs mnr en mev Smith te vra. Daarbenewens kon Van Heerden en
Chapman, toe die huidige aansoek geloods is, afstand gedoen
het van
ân gedeelte van die kostebevel wat in hulle guns deur Jali R gemaak
is en slegs twee-vyfdes van hulle koste van die hersieningsaansoek
van mnr en mev Smith geëis het. Instede daarvan, het hulle al die
regshulp waarvoor mnr en mev Smith gevra het (selfs in die gewysigde
kennisgewing van mosie) kragtig geopponeer. Sodoende het hulle na my
mening onredelik opgetree en sou dit billik wees dat hulle
mnr en mev
Smith se koste moet betaal.
Ten
opsigte van die koste van die ander drie respondente in hierdie
verrigtinge (die Munisipaliteit, die Minister en die Premier),
is dit
inderdaad so dat mnr en mev Smith geen substantiewe regshulp teen
hierdie respondente deur die bevele van hierdie Hof gaan
kry nie.
Nietemin, in die lig van die geskiedenis van hierdie geval, meer
spesifiek die feit dat (soos hierbo bespreek) die spesiale
besluit
van die Munisipaliteit om 'n gedeelte van Van Heerden en Chapman se
onroerende eiendom, asook die goedkeuring van hierdie
besluit deur
die Minister, ten minste as â
irresponsible
actions
â bestempel kan
word, sou dit myns insiens billik wees om 'n bevel te maak dat elkeen
van hierdie drie respondente hulle eie koste
van hierdie verrigtinge
moet betaal.
In
die omstandighede, maak ek die volgende bevele:
Die kostebevel wat deur Jali R op 22 Februarie 2001
onder Saaknommer 8177/2000 teen mnr en mev Smith toegestaan is, word
hiermee
gewysig om te lees dat mnr en mev Smith gelas word om elkeen
een-vyfde van Van Heerden en Chapman se koste van die
hersieningsaansoek
wat deur Jali R aangehoor is, te betaal.
Van
Heerden en Chapman word gelas om mnr en mev Smith se koste van
hierdie aansoek te betaal.
Van
Heerden, Chapman, die Munisipaliteit, die Minister en die Premier
word gelas om elkeen hulle eie koste van hierdie aansoek te
betaal.
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦
B
J VAN HEERDEN