About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 52
|
|
Tuinroete Klein Karoo Distriksmunisipaliteit v Lategan en 'n Ander (H62/2001) [2002] ZAWCHC 52; 2003 (2) SA 683 (C) (19 September 2002)
REPORTABLE
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID AFRIKA
(OOSTELIKE
RONDGAANDE PLAAASLIKE AFDELING)
SAAK NO: H62/2001
In die saak tussen:
TUINROETE
KLEIN KAROO DISTRIKSMUNISIPALITEIT
EISER
en
ANDRIES
ALBERTUS LATEGAN VERWEERDER
SANTAM BEPERK DERDE PARTY
UITSPRAAK GELEWER OP 19 SEPTEMBER 2002
__________________________________________________________
HJ
ERASMUS, J
Die eiser is die Tuinroete/Klein Karoo Distriksmunisipaliteit, ân
distriksmunisipalitieit ingestel kragtens die voorskrifte van
die Wet
op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture 117 van 1998. Die eiser
is die resgopvolger van die Suid-Kaap Distriksraad (âdie
SDRâ),
ân plaaslike owerheid soos omskryf in artikel 1 van die Wet op
Brandweerdienste 99 van 1987 (âdie Wetâ).
Die SDR het as âbeherende gesagâ soos omskryf in artikel 1 van
die Wet, ân brandweerdiens soos bedoel in artikel 3 van die
Wet
binne sy regsgebied ingestel en in stand gehou.
Die verweerder is ân boer en eienaar van die plaas Koudouw wat
geleë is in die omgewing van Herold in die distrik van George.
Die eiser voer aan dat daar op 1 Julie 1999 ân brand op die
verweerder se plaas ontstaan het en dat die brand daarna versprei het
na aanliggende eiendomme in die omgewing. Die eiser het gedurende die
tydperk 1 Julie tot 12 Julie 1999, soos dit regtens verplig
was om te
doen, deur die gebruik van sy brandweerdiens, die brand op die
verweerder se plaas en die omliggende eiendomme bestry en
geblus.
In Julie 2001 reik die eiser ân dagvaarding teen die verweerder uit
waarin betaling van die bedrag van R242,107.00 geëis word.
Die
grondslag van die eis blyk uit paragrawe 7 en 8 van die eiser se
Besonderhede van Eis:
â7. Die bestryding en blus van die voormelde brand deur die SDR,
het ten behoewe van die verweerder op wie se plaas die gemelde
brand
ontstaan het, geskied en is verweerder derhalwe uit hoofde van die
bepalings van artikel 10 van die Wet, verantwoordelik vir
betaling
van die gelde verskuldig aan die SDR vir die lewering van die
voormelde brandweerdiens gedurende die tydperk 1 Julie 1999
tot 12
Julie 1999.
Die SDR se
brandweerhoof het ingevolge die voorskrifte van artikel 10(2) van
die Wet vir verweerder aangeslaan vir betaling van
die voormelde
gelde verskuldig aan die SDR, maar weier en/of versuim verweerder om
die gelde aan eiser as die regsopvolger van
die SDR te betaal.â
Die verweerder het
mettertyd ân verweerskrif, waarby by wyse van latere wysiging ân
spesiale pleit inbegrepe is, afgelewer asook
ân kennisgewing aan
die derde party.
Die verweerder
ontken in sy verweeksrif dat hy aanspreeklik is teenoor die eiser,
en ontken spesifiek dat:
die bestryding en
die blus van die brand ten behoewe van hom geskied het;
die brand op sy
plaas ontstaan het;
hy uit hoofde van
die bepalings van artikel 10 van die Wet verantwoordelik is vir die
betaling van enige gelde aan die SDR vir lewering
van enige
brandweerdienste.
Die kern van die
spesiale verweer wat geopper word, is vervat in paragrawe 1.2 en 1.3
daarvan:
â1.2 Ingevolge Artikel 10 van die Wet kan ân persoon slegs
regtens aangespreek word vir betaling van die gelde vir die lewering
van brandweerdienste wat ten behoewe van hom aangewend is, nadat
sodanige persoon ingevolge Artikel 10(2) van die Wet, skriftelik
deur
die brandweerhoof van die beherende gesag wie die diense aangewend
het, aangeslaan is vir betaling van die gelde.
1.3 Ten tyde van die uitreiking van dagvaarding en steeds, het
Eiser versuim om deur middel van sy brandweerhoof, die Verweerder
skriftelik aan te slaan soos bedoel in Artikel 10(2) van die Wet vir
die gelde wat betaalbaar is ten opsigte van brandweerdienste
wat na
bewering deur Eiser ten behoewe van Verweerder aangewend is.â
Die advokate, Mnr
Fourie namens die eiser, Mnr Van der Merwe namens die verweerder en
Mnr Nel namens die derde party, het my versoek
om op hierdie stadium
uitsluitsel te gee slegs oor die regsvraag wat in paragraaf 1.2 van
die spesiale pleit aan die orde gestel
word.
Die grondslag van die verweer wat in hierdie paragraaf van die
spesiale verweer geopper word, is dat by ân behoorlike uitleg van
artikel 10(2) van die Wet, die uitreiking van ân aanslag ingevolge
die subartikel ân statutêre voorvereiste is vir ân aksie
vir
betaling van die gelde vir die lewering van brandweerdienste teen ân
persoon ten behoewe aan wie
brandweerdienste
gelewer is.
Artikel 10 van die
Wet lui soos volg:
10(1) ân Beherende
gesag kan, behoudens enige voorwaarde beoog in artikel 11(2)(a), die
gelde bepaal wat deur ân persoon ten behoewe
van wie die diens van
die beherende gesag aangewend word, betaalbaar is â
vir die bywoning
van die diens;
vir die gebruik van
die diens en toerusting; of
vir enige materiaal
wat gebruik word.
(2) ân Persoon ten
behoewe van wie ân diens van ân beherende gesag na die oordeel
van die betrokke brandweerhoof aangewend is,
kan skriftelik deur
daardie brandweerhoof vir die betaling van die gelde bedoel in
subartikel (1) of ân gedeelte daarvan aangeslaan
word.
(3) ân Persoon wat
hom veronreg ag deur ân aanslag beoog in subartikel (2) kan binne
14 dae na ontvangs van daardie aanslag skriftelik
by die betrokke
beherende gesag beswaar aanteken teen daardie aanslag as sodanig of
die bedrag daarvan.
(4) Sodra ân
beswaar beoog in subartikel (3) ontvang word, moet die
hoof-uitvoerende beampte van die betrokke beherende gesag onverwyld
skriftelike kommentaar daarop van die brandweerhoof verkry en dit
tesame met die beswaar voorlê aan die beherende gesag, wat die
aanslag kan bekragtig, wysig of intrek.
(5)
ân Sertikaat wat heet deur ân brandweerhoof onderteken te wees en
waarin gesertifiseer word dat die daarin vermelde aanslag
kragtens
subartikel (2) gedoen is, is by oorlegging daarvan in ân geregshof
prima facie
-bewys
van die bedrag wat deur die daarin vermelde persoon betaalbaar is.
Die Engelse teks van
subartikels (2) en (5) van artikel 10 van die Wet lui soos volg:
(2) A person on
whose behalf, in the opinion of the chief fire officer concerned, a
service of a controlling authority has been employed,
may in writing
be assessed by that chief fire officer for the payment of the fees
referred to in subsection (1) or any portion thereof.
(5)
A certificate purporting to be signed by a chief fire officer and in
which it is certified that the assessment specified therein
was made
under subsection (2), shall on production thereof in a court of law
be
prima facie
proof of the amount
payable by the person mentioned therein
.
Die artikel moet uitgelê word aan die hand van die bekende beginsels
van die uitleg van wette. Mnr Van der Merwe het tereg klem
daarop
gelê dat by die uitleg van die artikel daar ook ag geslaan moet word
op die bepalings van die Grondwet 108 van 1996.
By nadere beskouiing van die bepalings van artikel 10 van die Wet
blyk die volgende:
Subartikel (1)
Subartikel (1) handel oor
gelde
wat
betaalbaar
is deur
ân persoon ten behoewe van wie
brandweerdienste gelewer is.
Op die onsekere betekenis van die frase
ân persoon ten behoewe
van wie
(
a person on whose behalf)
brandweerdienste
gelewer is, hoef daar nie nou ingegaan te word nie. Daar kan slegs
vermeld word dat die Engelse frase âon behalf
ofâ in ân wyer en
enger betekenis gebruik kan word, terwyl die Afrikaanse frase slegs
in ân wyer betekenis gebruik word. Met
verwysing na die gebruik van
die twee frases in die Engelse en Afrikaanse tekste van artikel 20
bis
vn die Versekeringswet 27 van 1943 sê Botha AR in
Premier Milling
Co (Pty) Ltd v Van der Merwe and Others NNO and Another
1989 (2)
SA 1
(A) op 11FâG die volgende:
â
The
Afrikaans text has, for âon behalf ofâ, the expression âten
behoewe vanâ. Applying the reasoning in
Moloiâs
case
supra
at 215F and 215Jâ216A, and in
Melkâs
case
supra
at 574EâH, âten behoewe vanâ is incapable of bearing
any meaning other than âfor the benefit ofâ, or âto the
advantage
ofâ, or âin the interests ofâ, which is the wide
meaning of âon behalf ofâ; in order to effect a reconciliation
between
the English and Afrikaans texts it is consequently necessary
to interpret âon behalf ofâ in the English text as bearing its
wide
meaning.â
(Die volledige verwysing na die twee sake waarna verwys word is
S
v Moloi and Another
1987 (1) SA 196
(A) en
Sv Melk
1988
(4) SA 561
(A).)
Die subartikel magtig (oor âkanâ en âmayâ sien verder
hieronder) ân beherende gesag om gelde (âfeesâ) te bepaal vir
brandweerdienste gelewer. Die beherende gesag kan derhalwe tariewe
voorskryf wat betaalbaar is vir die lewering van die dienste wat
in
paragrawe (a), (b) and (c) van die subartikel uiteengesit word. Die
subartikel skep ân
sui generis
statutêre skuldoorsaak. In
die afwesigheid van so ân statutêr opgelegde aanspreeklikheid sou
ân beherende gesag vir die verhaal
van vergoeding vir gelewerde
brandweerdienste aangewese gewees het op gemeenregtelike gronde van
aanspreeklikheid. Hier dink ân
mens veral aan saakwaarneming.
In ân voorganger van die Wet, die Ordonnansie op Brandweerdienste
14 van 1978 (K), word in artikel 9(1) die bevoegheid van ân
plaaslike owerheid om gelde voor te skryf uitdruklik uitgespel:
â
Behoudens die die bepalings van subartikels (2) en
(3) kan ân plaaslike owerheid gelde of koste voorskryf vir die
bywoning of gebruik
van sy dienste of vir die gebruik van enige
materiaal.â
Die bepaling in subartikel (1) van artikel 10 dat ân beherende
gesag gelde kan bepaal âbehoudens enige voorwaarde in artikel
11(2)(a) van die Wetâ het betrekking op voorwaardes wat deur die
Provinsiale regering opgelê kan word ten opsigte van hulptoelaes
wat
aan ân beherende gesag bewillig en betaal kan word ten opsigte van
die instelling of instandhouding van ân brandweerdiens.
Hierdie
bepaling vind duidelik weerklank in artikel 9 van die Ordonnansie op
Brandweerdienste 14 van 1978 (K) ingevolge waarvan ân
plaaslike
owerheid koste of gelde kan voorskryf âbehoudens die bepalings van
subartikels (2) en (3)â. Subartikel (2) bepaal dat
ân plaaslike
owerheid wat ân gesubsidieerde diens het onder sekere omstandighede
nie gelde of koste mag verhaal vir dienste gelewer
nie.
Die woorde âkanâ en âmayâ word in subartikel (1) van artikel
10 in hul gewone of primêre betekenis gebruik. Met verwysing
na
Custodian of Enemy Property v Brakpan Mines Ltd
1922 TPD 179
;
SAR&H v Transvaal Consolidated Land and Exploration Co Ltd
1961 (2) SA 467
(A) en
Commissioner for Inland Revenue v King
1947 (2) SA 196
(A) word daar in
Northwest Townships Ltd v The
Administrator, Transvaal
1975 (4) SA 1
(T) op 12GâH die
volgende gesê:
â
The effect of the authorities, as I understand them,
is this: The word âmayâ, like any other word in a statute, is to
be given
its primary meaning in the absence of cogent internal
indications that it means something else. And when a statue says that
an official
âmayâ do something, the ordinary meaning of that
provision is that he is being empowered, not directed, to do that
thing. He
is, therefore (in the absence of contrary indication in the
enactment) vested with a discretion.â
Subartikel (1)
magtig dus ân beherende gesag om gelde te bepaal vir die lewering
van brandweerdienste. Daar rus geen verpligting
op die beherende
gesag om sodanige gelde te bepaal nie, en ân beherende gesag wat ân
hulptoelae ontvang kan denkbaar deur voorwaardes
wat ingevolge
artikel 11(2)(a) opgelê is, verbied word om gelde of koste onder
bepaalde omstandighede te verhaal. Indien ân beherende
gesag egter
gelde ingevolge die bepalings van artikel 10 wil verhaal van ân
persoon ten behoewe van wie brandweerdienste gelewer
is, dan blyk dit
uit die bepaling van subartikel (2) dat dit gebruik sal
moet
maak van die bevoegheid wat dit het om gelde te bepaal.
Subartikel (2)
Die subartikel bepaal dat indien ân brandweerhoof van oordeel is
dat brandweerdienste ten behoewe van ân persoon gelewer is,
hy die
persoon skriftelik kan aanslaan vir die gelde bedoel in subartikel
(1).
As ân brandweerhoof dus ân persoon wil aanslaan, dan moet hy dit
doen ooreenkomstig die gelde soos bepaal deur die beherende
gesag.
Vandaar dat hierbo gesê is dat ân beherende gesag wat deur sy
brandweerhoof gelde ingevolge artikel 10 wil verhaal, van
die
bevoegheid wat dit het om gelde te bepaal, gebruik
moet
maak.
Die brandweerhoof âkanâ die persoon aanslaan (âmay â assessâ)
ten behoewe van wie brandweerdienste aangewend is. Hy het
die
bevoegdheid om ân persoon aan te slaan maar daar rus geen
verpligting op hom om dit te doen nie. Voorwaardes wat ingevolge
artikel 11(2)(a) opgelê is, kan hom moontlik verhoed om bepaalde
persone aan te slaan. Origens sal die besluit of ân aanslag
uitgereik
moet word al dan nie, waarskynlik geneem word in die lig
van beleid wat ân beherende gesag in hierdie verband neerlê.
Sodra die keuse gemaak is om die gelde deur middel van die proses
waarvoor artikel 10 voorsiening maak, in te vorder, volg dit by
noodwendige implikasie dat daar ân aanslag uitgereik sal word. Die
gebruik van die woord âkanâ in subartikel (2) beteken nie
dat
die brandweerhoof na willekeur ân aanslag kan uitreik slegs teen
sommige van die persone wat aangespreek word vir die betaling
van die
gelde wat ingevolge subartikel (1) betaalbaar is nie. So ân uitleg
van die subartikel sou strydig wees met die oogmerke
van artikel 9
van die Grondwet wat bepaal dat almal gelyk is voor die reg en ook
geregtig is op gelyke beskerming en voordele onder
die reg.
Versuim om ân persoon aan te slaan het twee belangrike gevolge.
Eerstens, as ân aanslag nie uitgereik word nie kan die bepalings
van subartikels (3) en (4) kan nie in werking tree nie. Die tweede
gevolg van die versuim om ân persoon aan te slaan, is dat ân
sertifikaat nie ingevolge subartikel (5) uitgereik kan word nie.
Subartikels (3) en (4)
Hierdie subartikels maak voorsiening vir ân beswaar-prosedure deur
ân persoon wat hom of haar veronreg voel âdeur ân aanslag
beoog
in subartikel (2)â. Beswaar kan geopper word teen die âaanslag as
sodanig of die bedrag daarvanâ. Die aanslag bevat die
beherende
gesag se skriftelike redes waarom die betrokke persoon aangespreek
word vir die betaling van die gelde, en vorm die grondslag
waarop die
persoon sy besware kan bou.
As daar geen aanslag ingevolge subartikel (2) uitgereik word nie, en
die prosedure waarvoor daar in subartikels (3) en (4) voorsiening
gemaak word gevolglik nie in werking tree nie, dan word die betrokke
persoon die reg en die geleentheid ontneem om aangehoor te word
voordat regstappe ter invordering van die gelde teen hom geneem word.
Subartikel (5)
Die subartikel skryf die inhoud voor van die sertifikaat van ân
brandweerhoof wat in ân hof as
prima facie
bewys kan dien
van die bedrag wat verskuldig is. Daar moet in die sertifikaat verwys
word na die aanslag en daar moet gesertifiseer
word dat die aanslag
ingevolge subartikel (2) gedoen is. Indien daar geen aanslag
ingevolge subartikel (2) gelewer is nie, dan kan
daar geen
sertifikaat uitgereik word nie en verbeur die beherende gesag die
voordeel van die
prima facie
bewys wat die sertifikaat bied.
Die skepping van statutêre aanspreeklikheid vir betaling vir
brandweerdienste gelewer sluit nie die verhaal van vergoeding op
grond
van ân gemeenregtelike skuldoorsaak uit nie. In hierdie
verband kan daar by wyse van analogie verwys word na
Swanepoel en
ân Ander v Transnet Bpk
2000 (2) SA 191
(T) op 198IâJ. Die
voor die hand liggende, dog nie die enigste, sodanige gemeenreglike
aksiegrond, is saakwaarneming. In daardie
geval sal die beherende
gesag as eiser al die elemente van ân saakwaarnemingsaksie moet
bewys en sal hulle vir die bewys van die
quantum
van hul eis
nie kan steun op ân sertifikaat wat uitgereik is ingevolge
subartikel (5) van artikel 10 nie.
By ân behoorlike vertolking van artikel 10 van die Wet blyk dus die
volgende:
Die artikel magtig ân beherende gesag om gelde te bepaal vir
brandweerdienste wat ten behoewe van ân persoon gelewer word.
Die artikel skep ân statutêre verpligting om die gelde te betaal
vir brandweerdienste wat gelewer is, gekoppel aan ân vinnige
invorderingsmeganisme.
Die skepping in die artikel van statutêre aanspreeklikheid vir
betaling vir brandweerdienste gelewer, sluit nie die verhaal van
vergoeding vir dienste gelewer op grond van ân gemeenregtelike
skuldoorsaak uit nie.
ân Brandweerhoof wat vergoeding wil verhaal van ân persoon ten
behoewe van wie brandweerdienste gelewer is, het die keuse om
die
persoon op grond van ân gemeenregtelike aksiegrond te dagvaar vir
die betaling van vergoeding, of om ingevolge die bepalings
van die
artikel, die gelde te verhaal soos bepaal deur die beherende gesag.
ân Brandweerhoof wat besluit om ingevolge die bepalings van die
artikel op te tree, moet die voorskrifte van subartikel (2) nakom.
In subartikels (3) en (4) word ân prosedure geskep wat die
spoedige (en goedkoop?) afhandeling van besware teen die uitgereikte
aanslag beoog.
ân Persoon wat nie tevrede is met die bekragtiging of wysiging van
die aanslag nie en weier om te betaal, kan in ân bevoegde
geregshof aangespreek word. By ân hofgeding sal die beherende
gesag, wat betref die bewys van die
quantum
van die eis, die
voordel geniet van subartikel (5).
Uit voorgaande volg dat paragraaf 1.2 van die spesiale verweer in die
guns van die verweerder beslis moet word.
By die beredenering van die spesiale verweer het die derde party hom
met die standpunt wat die verweerder ingeneem het vereenselwig
en by
monde van Mnr Nel argument voorgedra.
In die lig van voorgaande word die volgende bevele gemaak:
Paragraaf 1.2 van die spesiale verweer word in die guns van die
verweerder beslis.
Die eiser word gelas om die koste van die verweerder en die derde
party te betaal.
HJ ERASMUS, R