Anthony v S (a94/02) [2002] ZAWCHC 50 (12 September 2002)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Aggravating circumstances — Appellant convicted of robbery with a toy firearm — Trial court found aggravating circumstances due to threat of serious bodily harm — Appellant appealed against conviction and sentence — Court held that the use of a toy firearm does not constitute a firearm under the definition of aggravating circumstances — However, the threat to inflict serious bodily harm was established — Appeal against conviction dismissed, but sentence set aside and referred back to trial court for re-sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 50
|

|

Anthony v S (A94/02) [2002] ZAWCHC 50; 2002 (2) SACR 453 (C) (12 September 2002)

in
die hooggeregshof van Suid-afrika
(kaap die
goeie hoop provinsiale Afdeling)
Saakno a94/02
In die saak tussen:
MELVYN ANTHONY
Appellant
en
Die
staat
Respondent
uitspraak: gelewer 12 September 2002
Griesel R
:
Die appellant is in die streekhof skuldig bevind op ’n aanklag van
roof. Alhoewel dit nie spesifiek so in die klagstaat vermeld
is nie,
het die streek­landdros bevind het dat verswarende omstandighede
aanwesig was deurdat ’n vuur­wapen tydens die
rooftog gebruik
is. Dit het die misdaad binne die trefwydte van die
Straf­reg­wysigings­wet van 1997 (
die Wet
)
gebring, aan­gesien roof met ver­swarende om­standighede
onder Deel II van die Bylae resorteer. In die lig van die bepalings
van
art 51(2)(a)(i)
van die Wet is die appellant daarop
gevonnis tot die verpligte minimum van 15 jaar gevangenis­straf.
Hy kom tans in hoër beroep
teen die skuldigbevinding sowel as die
vonnis.
Adv
Seth
,
wat op appèl voor ons namens die appellant
opgetree het, het in haar betoogpunte toegegee dat die getuienis teen
die appellant op
die meriete oorweldigend was en ek is tevrede dat
daardie toegewing korrek deur haar gemaak is. Ek is dus tevrede dat
die appellant
tereg aan roof skuldig bevind is.
Die meer kardinale vraag is egter of die streeklanddros korrek was
deur te bevind dat daar verswarende omstandig­hede aanwesig
was.
In hierdie verband blyk dit uit die getuienis dat die appellant ten
tyde van die pleging van die betrokke misdaad slegs met
’n
speelgoed vuurwapen ‘gewapen’ was, waar­mee hy die klaer
gedreig het. Die streeklanddros het nietemin bevind dat hier­die
feit genoeg­saam was om verswarende omstandighede daar te stel.
Die vraag is of daardie gevolgtrekking in die omstandighede
gereg­verdig
was.
‘
Verswarende
omstandighede’
word soos volg
gedefinieer in art 1 van die Straf­proseswet, 51 van 1977:
‘
(i) die hanteer van ’n vuurwapen of ’n
ander gevaarlike wapen;
die toediening van ’n ernstige liggaamlike
besering; of
’
n dreigement om ’n ernstige liggaamlike
besering toe te dien
deur die oortreder of ’n medepligtige hetsy voor
of gedurende of na die pleging van die misdryf.’
Die vraag of verswarende omstandighede aanwesig is, moet objektief
beoordeel word.
1
Op hierdie basis is dit myns insiens duidelik dat, welke definisie
van ‘vuurwapen’ ’n mens ookal gebruik, dit nie ’n speelgoed
vuur­wapen insluit nie. Dit volg dus dat die huidige saak nie
onder die eerste been van die difinisie van
‘verswarende
omstandighede’
tuisgebring kan word nie.
Dit is egter nie die einde van die ondersoek nie, want volgens die
derde been van die bogenoemde definisie is verswarende omstandighede
ook aan­wesig indien daar ’n
dreige­ment
was om ’n
ernstige liggaamlike besering toe te dien. In hierdie verband het die
klaer soos volg getuig:
‘
By die bushalte het hy [die appellant] my
meegedeel dat hy ook na my horlosie verlang en geld en die goedere
wat ek dra. Ek het hom
meegedeel dat daar is nie ’n manier dat ek
vir hom my horlosie sal oorhandig, nog minder die goedere wat ek dra.
Hy het toe vir
my gedreig en gesê … by hierdie tyd het hy die
vuurwapen uitgehaal al, toe is die vuurwapen nou in sy broeksak; en
hy het my gedreig
en gesê hy sal sommer uit sy broeksak uit skiet.
Ek het toe vir hom gesoebat en gesê dat hy moet dit nie doen nie, hy
moet nie
die ding doen wat hy probeer doen want ek was nie daarvan
seker of dit nou ’n regte vuurwapen is of speelgoed nie.’
In
S v Zonele
2
het die appellant die klaer gedreig met ’n vuurwapen wat buite
werking was en nie in staat was om te vuur nie. Die Appèl­hof
beslis des­nieteenstaande dat die appellant sodoende wel gedreig
het om die klaer ’n ernstige liggaamlike besering toe te dien.
In
S v Mbele
3
moes die hof beslis of verswarende omstandighede aan­wesig was
waar die beskuldigde die klaers met ’n ongelaaide vuurwapen
gedreig
het. In die loop van die uitspraak het Miller R onder andere die
volgende gesê:
4
‘
The wording of the relevant enactment is clear
and it says that aggravating circumstances in relation to robbery
mean and include
a threat to inflict grievous bodily harm. It is, to
my mind, a question of fact whether the accused in any given case
actually threatened
to inflict grievous bodily harm. If he did, then
the requirements of the section are complied with. There is no doubt
that threats
can be made not only by words but also by conduct; a man
who points a fire-arm at another and says – “Hand over your
money”
does not need to add – “. . . if you don't I shall shoot
you”. The pointing of the fire-arm is as eloquent as any words
could
be. There can clearly be a threat by conduct and by implication
for the purposes of the section.’
Steun vir hierdie benadering is gevind in die bogemelde beslissing in
Zonele
se saak,
supra,
wat deur die geleerde Regter
beskryf is as
‘decisive of the question which I have mentioned,
namely whether a person can be said to threaten grievous bodily harm
if he has
not the means at his disposal to carry out the threat’
.
5
Ek stem met eerbied met die bogenoemde benadering saam, wat ook
ooreenstem met die benadering gevolg in ’n onlangse uitspraak in
hierdie Afdeling in die appèl van
Calvin Render teen Die Staat
,
6
waarna ons namens die staat verwys is. In laasgenoemde saak het
Traverso ARP (Fourie Wnde R same­stemmend) die minimum
vonnisse
van 15 jaar gevangenisstraf weens roof met verswarende
omstandighede, opgelê ingevolge art 51(2)(a)(i) van die Wet,
bekragtig al
het die appellant slegs ’n speelgoed vuurwapen
gebruik. Alhoewel die vraag na die aanswesigheid van verswarende
omstandighede nie
pertinent ter sprake was nie, is dit minstens by
implikasie duidelik uit die
ratio
van die beslissing dat die
appellant in daardie saak wel deur middel van die speelgoed vuurwapen
die klaers met ernstige liggaamlike
leed gedreig het en hulle op
daardie wyse ge­traumatiseer het.
Op die basis van die bostaande getuienis van die klaer, en in die lig
van die gesag waarna ek hierbo verwys het, is ek tevrede dat
die
streeklanddros tereg bevind het dat die appellant in die onderhawige
saak die klaer wel met ernstige liggaamlike besering gedreig
het en
dat daar om hierdie rede wel verswarende omstandig­hede aanwesig
was.
’n Verdere aspek wat in hierdie konteks vermelding verdien, is die
vraag of die staat nie op ’n aanklag van roof in die klagstaat
behoort te beweer dat verswarende omstan­dighede aanwesig is nie.
Volgens my oordeel is dit beslis gewens dat dit spesifiek in
die
klagstaat vermeld word en nie agterna, na skuldigbevinding, soos in
die huidige saak, onder die beskuldigde se aandag gebring
word nie.
Steun vir hierdie standpunt is te vind, onder andere in die uitspraak
van Ramsbottom AR in
Zonele
se saak,
supra
7
.
Aangesien hierdie aspek egter nie voor ons beredeneer is nie, spreek
ek geen finale mening hier­omtrent uit nie.
Dit is vervolgens nodig om te oorweeg of daar wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig was wat die oplegging van ’n mindere
vonnis
as die voorgeskrewe 15 jaar regverdig. Die streeklanddros het hierdie
aspek soos volg benader in haar uitspraak oor vonnis:
‘
As die Hof kan bevind dat daar iets in hierdie
hele saak wat so belangrik is dat die Hof nie anders kan as om
hierdie straf wat in
die wet staan, ligter te maak nie, dan kan die
Hof dit doen – dis die een ding. Die wet sê ook dat as daar enige
ding in hierdie
saak was wat hierdie Hof letterlik “force” om
daardie straf wat in die wet staan, minder te maak, dan kan die Hof
dit ook doen.’
Later sluit sy soos volg af:
‘
As daardie wet nie hier was wat vir hierdie Hof
kan dwing om vir u 15 jaar te gee nie, dan sou hierdie dinge (wat die
Hof nou vir
u genoem het) dinge gewees het wat heel warskynlik [sic]
in u guns sou getel het; met ander woorde, wat die straf self vir u
dalk
beter sou kon gemaak het. Maar hierdie dinge is dinge wat
hierdie howe, die streekhof elke dag sien; dit is die manier waarop
die
rowe plaasvind daarbuite. En hierdie Hof kan nie vandag bevind
dat daardie dinge só belangrik is dat die Hof hierdie vonnis kan
minder maak nie, en die Hof kan ook nie bevind dat dit dinge is wat
hierdie Hof “force” om dit te doen nie.’
Met inagneming van die riglyne neergelê deur die Hoogste Hof van
Appèl in
S v Malgas
8
is ek van oordeel dat die streeklanddros die toets vir wesenlike en
dwingende omstandighede te hoog gestel het en sodoende ’n
mistasting
begaan het.
Normaalweg sou dit hierdie hof dus vrystaan om self vonnis op te lê.
In die huidige saak word die hof egter gekortwiek deur die
feit dat
die appellant se persoonlike omstandighede nie uit die oorkonde blyk
nie en ook nie in die streeklanddros se uitspraak vermeld
word nie.
Die appellant se prokureur het die hof wel voor vonnis­oplegging
ex parte
toegespreek, maar daardie gedeelte van die
verrigtinge is nie getranskribeer vir doeleindes van die huidige
appèl nie. Weens hierdie
oorweging is hierdie hof nie in ’n
posisie om te beoordeel of wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig was al dan nie.
In hierdie omstandighede is dit myns insiens wenslik om die
aan­geleentheid na die streekhof terug te verwys vir
vonnisoplegging
de novo
nadat beide die staat en die
verdediging geleentheid gebied is om sodanige verdere getuienis en/of
betoë aan die hof voor te lê
as wat nodig mag wees, of die
streeklanddros
mero motu
besluit om verdere getuienis te
bekom. Hierdie benadering is ook deur die staat op appèl voor ons
ondersteun.
Gevolglik word die appèl teen die skuldig­bevinding van die hand
gewys, maar die opgelegde vonnis word tersyde gestel en die
aangeleentheid word na die verhoorhof terugverwys vir vonnisoplegging
de novo
.
B M Griesel
Oosthuizen WnR:
Ek stem
saam.
A C Oosthuizen
1
Vgl
R
v Jacobs
1961 (1) SA 475
(A) 484H

485A
2
1959
(3) SA 319 (A) 329D
3
1963
(1) SA 257
(N)
4
te
260A

C
5
260D
6
Saakno
A322/01, 15 Februarie 2002, ongerapporteerd
7
te
323A

D
8
2001
(1) SASV 469 para [25]