About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 79
|
|
S v De Wee (SS75/02) [2002] ZAWCHC 79 (4 July 2002)
IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES KAAP HOË HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS75/02
DATUM
: 4
JULIE 2002
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
ISRAEL DE WEE
VONNIS
WILLIAMS, WnR
Die beskuldigde, Israel De Wee, het in die
Streekhof gehou te Robertson skuldig gepleit en is skuldig bevind aan
huisbraak met die
opset om te steel en diefstal en ʼn klag van
verkragting. Die klaagster, Ingrid Dickson, ʼn 52 jarige vrou,
ly aan ʼn
mediese toestand bekend as
Spinal
Cerebella Degeneration
,
ek ken ongelukkig nie die Afrikaanse benaming vir die toestand
opspoor nie, maar dit behels die agteruitgang van die gedeelte van
die brein wat die liggaamsbewegings kontroleer en gaan gepaard met
die verbrokkeling van die senuwees in die ruggraatstelsel.
Die
Streeklanddros het bevind dat die verkragting as gevolg
van die klaagster se fisiese gestremdheid binne
Bylae 2 val van Wet 105 van 1997, synde verkragting waar die
slagoffer ʼn liggaamlik
gestremde vrou is wat weens haar
liggaamlike gestremdheid veral trefbaar is en is die beskuldigde dus
verwys na die Hoër Hof
vir vonnis ingevolge Artikel 52 (1)(a)
van die Wet. Die skuldigbevindings is in hierdie Hof bekragtig.
Mnr
Nel
,
wat vir die beskuldigde verskyn, gee ook toe dat die klaagster
gestremd is en dat die misdryf, die verkragting, binne Bylae 2
val.
Die Hof is dus in terme van Wet 105 van 1997 verplig om die
beskuldigde tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis, tensy
die Hof
tevrede is dat daar dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat
die oplegging van die mindere vonnis regverdig.
Die
getuienis in hierdie saak is as volg; die klaagster het getuig dat
sy en haar man, wie in Johannesburg woon, ʼn vakansiehuis
te
McGregor gehad het en dat hulle beplan het om na haar man se aftrede
hulle permanent daar te vestig. Ten tye van die voorval,
24 Februarie
2001, was die klaagster vir ongeveer ʼn maand alleen op McGregor
waar sy die verbouing en restourasiewerk aan
die huis oorsien het.
Die beskuldigde is ʼn neef van die bouers by die huis en het
handlanger werkies daar verrig wanneer
benodig. Hy is dan op ʼn
daaglikse basis betaal vir sy werk.
Toe die
voorval plaasvind het beskuldigde vir omtrent ʼn week nie by haar
gewerk nie. Gedurende die dag van 23 Februarie 2001
is ʼn nuwe
deur wat toegang tot die woning verleen in die huis ingebou. Toe die
bouers die Vrydagmiddag oppak was die pleister
rondom die deur nog
nie droog nie en is daar probeer om die ingang te beveilig deur die
deur met drade en spykers te verstewig.
Die klaagster self het ʼn
stuk seil aan die buitekant vasgemaak om die onklaar gedeelte te
versteek totdat die bouwerk weer
hervat.
Die
Vrydagnag het klaagster in haar bed gelê en slaap toe sy
skielik wakker word en bewus word dat daar iemand in haar slaapkamer
is. Toe sy omdraai het die beskuldigde, wat langs haar bed gestaan
het, haar aangeval, deur hom op haar neer te gooi, die palm
van sy
een hand styf teen haar mond en neus te druk en met die vingers van
hierdie hand in haar oë te druk. Met die ander
hand het hy haar
om die keel gehad en verwurg. Sy het probeer skree maar kon nie
omdat haar mond en keel toegedruk was. Sy kon
ook nie haar aanvaller
sien nie, omdat hy sy vingers in haar oë gehad het en omdat dit
donker in die kamer was.
Daar het ʼn struweling plaasgevind tussen die
twee en met die het die klaagster dit reggekry om van die bed af te
rol. Sy getuig
dat sy deurentyd haar bewussyn verloor en herwin het
as gevolg van die feit dat sy nie genoegsaam asem kon kry nie. Op
die vloer
het die beskuldigde bo op haar gelê en sy het probeer
om haar voete onder haar liggaam te kry om haar sodoende te kan
opstoot.
In die proses het sy haar toonnael geskeur. Die beskuldigde
het haar toe daar op die vloer verkrag. Na hy haar verkrag het, het
hy haar gevra waar is die geld. Hy het haar toe oor die vloer
gesleep met beide sy hande om haar nek. Sy het toe haar beurs uit
ʼn
sak in die spieëlkas gehaal en aan hom oorhandig. Daarna het sy
weer haar bewussyn verloor. Toe sy weer haar bewussyn
herwin was sy
nog op die slaapkamer vloer en die beskuldigde was weg.
Volgens
die klagstaat is R3 500 gesteel, en klaagster verduidelik dat sy
veral Vrydae groot bedrae kontant het om die werkers te
betaal sowel
as vir bou materiaal en die sulks.
Na die voorval het sy behalwe fisiese letsels ook
geweldige skok opgedoen en vreeslike emosionele trauma ervaar. Sy
moes antiretrovirale
medikasie kry om moontlike VIGS infeksie te
bestry, met die gepaardgaande newe-effekte daarvan. Sy moes vir vele
bloedtoetse gaan
om te bepaal of sy besmet is met die MI Virus. Tot
vandag gebruik sy antidepressante bedags en kalmeermiddels saans. Sy
voel
bedreig en het haar vertroue in veral mans verloor. Sy kan
saans nie meer alleen verkeer nie en kry nog paniekaanvalle,
nagmerries
en terugflitse.
Na die
voorval het sy vier terapie sessies met ʼn sielkundige gehad maar
sê sy dat sy nie deur hierdie trauma kan werk
nie aangesien sy
steeds te woedend is vir enige sielkundige om haar te kan help. Die
fisiese beserings opgedoen in die voorval
word in die mediese verslag
wat deel vorm van die rekord, en die mediese getuienis soos volg
gelys. Daar was kneusings en klein
bloeding aan die voorkop, neus en
ooglede. Beide die oog konjunktiva het bloeding gehad, die brug van
haar neus was baie geswel,
so ook haar lippe. Daar was ʼn
kneusing aan die voorkant van haar nek, met ʼn kneusing op die
larynx en agter op haar toraks
sowel as oor die blaai. Kneusings en
skraapwonde op haar kruis ook. Haar groot linkertoonnael was
afgebreek en het sy ook kneusplekke
en skaafwonde aan haar onderbene
gehad. ʼn Ginekologiese ondersoek het ʼn kneusing aan die
linker labia minora getoon.
Volgens die klaagster is haar fisiese toestand
ooglopend vir almal wie met haar kontak het. Sy loop abnormaal en is
onvas op haar
voete. Haar hande is ook bewerig. Die werkers wat by
haar huis te McGregor gewerk het moes opgelet het dat sy nie fisies
normaal
was nie. Oor sy moeilik loop en verskeie kere sê sy
het sy vir hulle koeldrank aangedra en moes hulle kon sien dat sy
bewerig
is.
Sy was ʼn
gekwalifiseerde verpleegsuster tot omtrent tien jaar gelede, maar kon
as gevolg van haar mediese toestand nie verder
die werk verrig nie.
Sy kan ook nie self kook of skryf nie. Sy kan ook slegs met die hulp
van ʼn handreëling trappe op
en af beweeg.
Die
beskuldigde het ook getuig. Hy is ʼn 34 jarige geskeide man,
woonagtig by sy ouers te McGregor. Hy het twee kinders
onderskeidelik
ses en drie jaar oud. Die kinders is woonagtig by hul
moeder. Volgens beskuldigde is sy pa ʼn pastoor en het die gesin
McGregor
toe getrek vanaf Atlantis omdat sy pa bang was hy en sy
broers word by bende bedrywighede in Atlantis betrek.
Hy getuig dat hy die Vrydagaand voor hy by die
klaagster se huis ingebreek het baie gedrink het, volgens hom het hy
drie papsakke
wyn, bier, sowel as brandewyn met vriende gedeel en het
hy boonop twee buttons gerook, dit is Mandrax en dagga gemeng. Die
Vrydagaand
na hy so gedrink en gerook het, het hy besluit hy wil nog
geld hê. Hy het geweet die klaagster het geld in ʼn sak
wat
sy gedurig met haar rond dra, omdat hy by haar los werkies gedoen
het en ook omdat hy haar by die winkels gesien het met hierdie
sak.
Hy het toe
die nag geloop na klaagster se huise, en daar rondgekyk om die huis
vir ʼn plek om die huis binne te gaan en toe
die nuwe deur in die
huis opgemerk. Hy het die deur verwyder en so toegang verkry.
Volgens hom het hy eers die klaagster se slaapkamer
ingegaan, daar
rondgesoek, toe na ʼn ander kamer en toe weer terug na die
klaagster se kamer. Hier het hy die bed lig aangesit.
Die klaagster
het toe wakker geword en geskree. Hy het toe oor die bed na haar
geduik en haar mond toegedruk. Sy het hom probeer
wegdruk en moes hy
toe noodgedwonge op haar keel druk. Met die struweling het hulle van
die bed gerol. Toe hulle op die vloer
rondrol het hy seksueel
opgewerk geraak en haar verkrag. Daarna het hy die klaagster gevra
waar die geld is en het sy self die
geld uit die kassie gehaal en vir
hom gegee. Hy is toe daar weg terwyl sy teen die kassie bly sit het.
Volgens hom was sy nie
bewusteloos nie.
Hy is toe
reguit huis toe en het vanaf die Saterdagoggend tot met sy arrestasie
aan die drink gegaan. Toe die polisie hom by ʼn
smokkelhuis kry
die Sondag was daar nog net omtrent R900 van die R3 500 oor.
Beskuldigde sê dat hy ʼn drankprobleem
het vanaf die ouderdom van 18 jaar en dat hy as gevolk van die
probleem gedurig
in die moeilikheid kom by die gereg, en hy het nog
nooit voorheen behandeling vir sy drankprobleem ontvang nie.
Gedurende kruisondervraging
erken beskuldigde dat hy geweet het die
klaagster beweeg moeilik en is bewerig. Hy sê verder ook dat
hy slegs na die klaagster
se huis toe is om geld te kry en dat hy toe
sy wakker word en hom sien haar mond en keel moes toe druk om te keer
dat sy skree.
Hy sê dat sy hom herken het en dat sy gesê
het dat sy weet wie hy is, maar juis omdat hy haar geken sê hy
wou
hy haar nie seermaak nie, en het hy haar net liggies op haar keel
gedruk en aangesê om nie te raas nie.
Hy sê
ook onder kruisondervraging vir die eerste keer dat die klaagster
self vir hom aanleiding gegee het toe hulle op die
vloer is deur haar
reg te skuif onder hom, en haar bene om hom te slaan en as gevolg
hiervan hy met haar seks gehad het.
Die
beskuldigde het ʼn lang lys van vorige veroordelings wat strek
vanaf 1980 toe hy ongeveer 12 jaar oud was, tot met 1999.
Daar is
altesame agt oneerlikheidsmisdrywe, dit is huisbraak en diefstal, en
agt aanrandings. Die beskuldigde was nog op parool
na hy
gevangenisstraf uitgedien het vir die laaste aanranding toe hierdie
misdrywe waarmee ons nou hier te doen het plaasvind.
Mnr
Nel
betoog dat wat die verkragtingsaanklag betref daar wel dwingende en
wesenlike omstandighede hier te vind is. Hy sê die feit
dat
die beskuldigde alkohol en dwelmmiddels ingeneem het voor die voorval
moet as versagtend gesien word, alhoewel dit nie die
beskuldigde se
saak is dat hy heeltemal onder die invloed van drank en dwelms
opgetree het nie moet ons aanvaar dat die middels
sy inhibisies laat
verkrummel het en moet dit dus in aanmerking geneem word as
versagtend.
Verder betoog hy was dit nie die beskuldigde se
bedoeling om die klaagster die nag te gaan verkrag nie, hy wou bloot
geld hê.
Die verkragting sê Mnr
Nel
het nie plaasgevind omdat die klaagster gestremd is nie maar omdat
die beskuldigde in die worsteling wat plaasgevind het seksueel
opgewerk geword het. Was dit nie vir die feit dat die klaagster wel
gestremd het nie sou die saak heel moontlik in die Streekhof
afgehandel word.
Die bewerings gemaak deur die beskuldigde dat die
klaagster aanleiding gegee het tot die feit dat hy met haar seks
gehad word nie
verder gevat in betoog nie, en word daar net gesê
dat die beskuldigde seksueel opgewerk geword het in die worsteling.
Die
beskuldigde se getuienis ten opsigte hiervan word in elk geval
verwerp as leuenagtig. Verder sê Mnr
Nel
dat die fisiese beserings aan die klaagster van so ʼn aard was
dat sy binne twee ure huis toe gestuur was. Wat die sielkundige
letsels aanbetref word betoog is die klaagster klaarblyklik ʼn
sterk persoon en alhoewel die verskriklike trauma waardeur sy
gegaan
het nie weggepraat kan word nie sy self in ʼn mate
verantwoordelik is vir die feit dat sy nog sielkundig en emosioneel
ly deur die woede wat sy nog openbaar.
Me
Greyling
betoog aan die ander kant dat die beskuldigde se drank en dwelm
inname nie as versagtend gesien moet word nie aangesien hy self
bewus
is van die feit dat wanneer hy die middels gebruik hy in die
moeilikheid kom. Hy gebruik reeds vir jare drank en sy aktiwiteite
die nag spreek ook nie van een wat hoog onder die invloed was van
alkohol of dwelms nie. Die feit dat die beskuldigde op parool
uit
was toe die voorval plaasgevind het moet ook as verswarende geag
word. Hy het beplan om die huisbraak te pleeg en te steel
juis by
die klaagster omdat hy geweet het dat sy alleen is en dat sy ʼn
fisiese probleem het. Hy het al die geweld gebruik
wat hy nodig
gehad het om haar onder bedwang te bring. Dit is ook so dat die
beskuldigde hier in die getuiebank die geweld wat
hy gebruik het wou
afmaak deur te sê dat hy haar net saggies gedruk het, dit word
natuurlik nie weergegee deur die mediese
getuienis nie.
Me
Greyling
betoog verder dat alhoewel die klaagster nie so erg gestremd is dat
sy byvoorbeeld in ʼn rolstoel is nie beteken dit nie dat
sy nie
gestremd is vir doeleindes van die Wetgewing nie, en dus hier in
hierdie geval geen dwingende en wesenlike faktore aanwesig
is nie.
Dit is nou my taak om te bepaal wat betref die
verkragtingsaanklag, of daar wel dwingende en wesenlike omstandighede
bestaan wat
ʼn afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Dat die klaagster gestremd is nie te betwyfel nie, dit was vir die
Hof
ook ooglopend dat sy moeilik geloop het, sy moes in die
getuiebank ingehelp word. Wanneer sy ʼn glas water wou drink het
sy
beide hande om die glas gesit en haar gesig na die glas gebring om
te drink. Die vraag is nou of sy veral trefbaar is as gevolg
van
haar gestremdheid. Die getuienis is dat sy moeilik loop, sy bewerig
is, sy nie meer kan skryf of kook nie, na my mening is
sy veral
trefbaar en Mnr
Nel
se betoog dat sy nie verkrag is as gevolg van haar gestremdheid nie
gaan nie op as versagting nie.
Wat belangrik is, is dat sy ʼn vrou is wat
haar nie kon verset teen die beskuldigde op dieselfde manier soos ʼn
liggaamlik
gesonde vrou haar sou kon nie. Die feit dat die
beskuldigde ook nie beplan het om die klaagster te verkrag nie gaan
ook nie op
verder nie. Verkragting is in die meeste gevalle
geleentheid misdryf, hy het ʼn weerlose vrou oorrompel, en in die
worsteling
het die beskuldigde die geleentheid gekry om vir haar te
verkrag, en hy het gebruik gemaak van hierdie geleentheid.
Hierdie klaagster is wreed in haar huis aangeval
en verkrag en tot vandag kan sy nog nie die sielkundige en
emosionele trauma hiervan
verwerk nie. Haar gestremdheid en
trefbaarheid as gevolg van haar gestremdheid dra ook heel waarskynlik
grotendeels daartoe by
dat sy nie die voorval kan verwerk nie. Sy
getuig dat sy nou daagliks ʼn paniek alarmstelsel om haar nek dra
en saans daarmee
langs haar gaan slaap.
Die
beskuldigde aanvaar ek was gedrink die nag, maar selfs op sy weergawe
en pleitverduideliking was hy nie so onder die invloed
van drank dat
hy homself nie kon beweer nie. Na my mening is hierdie beskuldigde ʼn
misdadige persoon en is daar wat betref
sy persoonlike omstandighede
en die misdryf self geen dwingende en wesenlike omstandighede hier te
sprake nie. Mnr De Wee u
word dus as volg gevonnis.
Wat betref u
EERSTE
AANKLAG
, huisbraak met die opset om te
steel en diefstal
6 (SES) JAAR
GEVANGENISSTRAF
, en wat betref die
TWEEDE AANKLAG
van verkragting kry u
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
WILLIAMS, WnR
/ds /...