S v Wildeman (20021592) [2002] ZAWCHC 32 (14 June 2002)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — The accused, a 19-year-old first offender, was convicted of theft of a bicycle valued at R4000 and sentenced to a fine of R3000 or 18 months' imprisonment, with payment terms of R150 per month. Concerns arose regarding the appropriateness of the sentence given the accused's financial situation, earning R35 per day as a labourer. The court found insufficient evidence to justify the heavy sentence imposed, especially considering the accused's age and status as a first offender. The original sentence was set aside and replaced with a fine of R2000 or 12 months' imprisonment, with part of the sentence suspended for five years, conditional on no further offenses.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 32
|

|

S v Wildeman (20021592) [2002] ZAWCHC 32 (14 June 2002)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE
AFDELING)
Hooggeregshof-verw.-no.:
20021592
Landdros se
saaknommer: 212/2002
Landdros se
reeksno.: 46/2002
In
die saak tussen:
DIE STAAT
en
MORNEY WILDEMAN
_
HERSIENINGSUITSPRAAK
GELEWER OP
___________________________________________________________________
CLEAVER
R:
[1] Hierdie saak dien voor my op
automatiese hersiening.
[2] Die beskuldigde is in die
landdroshof van Knysna op ´n pleit van skuldig aan die diefstal van
´n fiets skuldig bevind. Die
waarde van die fiets volgens die Staat
was R4000. Die beskuldigde is beboet tot R3000 of 18 maande
gevangenisstraf. Hy is 19 jaar
oud. Hy is ongetroud met geen
kinders en verdien R35 per dag as ´n boswerker. Na afsluiting van
die saak het die hof gelas dat
die beskuldigde die vonnis afbetaal in
paaiemente van R150 per maand.
[3] My bekommernis
oor die vonnis
blyk
uit my navraag aan die
landdros
wat soos volg lees:
Luidens die beskuldigde se
getuienis is die gesteelde fiets in sy besit gevind en dit is
vermoedelik aan die klaer terugbesorg.
´n Vonnis van R3000 of 18 maande
gevangenisstraf is op die oog af ´n stywe vonnis, veral as in
gedagte gehou word dat die beskuldigde
´n eerste oortreder is. Het
u miskien die bedrag van die boete gekoppel aan die waarde van die
fiets? Indien so is die vraag of
dit in orde is.
Verder en miskien meer belangrik is
die vraag of die boete binne die beskuldigde se vermoë is. Die
enigste informasie voor die hof
betreffende die beskuldigde se
finansiële posisie was dat hy R35 per dag as ´n boswerker verdien.
Dit is glad nie duidelik of
hy elke dag van die maand werk of kan
werk nie en dit is heel moontlik dat hy nie in staat sal wees om vir
die volgende 26 maande
R150 per maand te betaal nie. Die vraag is
dus of die boete wat opgelê is binne die beskuldigde se vermoëns
is, want indien nie,
sal die doel van die oplegging daarvan verydel
word. Wanneer ´n opsie gegee word om ´n beskuldigde uit die tronk
te hou, moet
dit ´n ware opsie wees.”
Hierop het die landdros
breedvorig
geantwoord en my verwys na bekende sake waarin die beginsels wat by
vonnisoplegging
van toepassing is, uiteengesit word
tersake
is. Ek dink nie dat dit nodig is om hierop in te gaan nie. Die
landdros het ook verwys na die belange van die gemeenskap
wat
geregtig is om vreedsame en veilige
lewenstoestande
te
handhaaf. Laastens noem hy dat Knysna ´n dorp is waarin die meeste
van die inwoners finansiël gegoede mense is (ek neem aan
hy verwys
na die wit inwoners) en dat as gevolg daarvan die dorp ´n
trekpleister vir
potensiale
diewe is. Hy verwys ook na die
feit dat etlike sake van huisbraak, diefstal, ontvangs van gesteelde
goed en besit van gesteelde
goed daagliks op die hofrol verskyn. Hy
gee toe dat die vonnis ´n stywe een is, maar is van mening, na
oorweging van al die faktore
genoem deur hom dat dit ´n gepaste
vonnis is. Hy sê dat hy nie die boete aan die waarde van die fiets
gekoppel het nie.
[4] Dit word algemeen aanvaar dat
´n jong eerste oortreder gewoonlik nie direkte gevangenisstraf vir
diefstal opgelê word nie.
In baie gevalle word die vonnis geheel en
al opgeskort. Waar die diefstal van ernstige aard is, is dit nie
ongewoon om, soos in
die onderhawige geval, die oortreder te beboet
met die alternatief van gevangenisstraf. Wanneer dit kom by die
bepaling van ´n
boete moet aandag geskenk word aan die erns van die
oortreding, asook die beskuldigde se vermoë om die boete te betaal.
Na my mening
was daar nie genoegsame getuienis voor die hof om ´n
boete van R3000 te regverdig nie. Al wat die landdros geweet het was
dat die
beskuldigde R35 per dag ontvang het, maar daar was geen
getuienis voor hom om aan te dui of die beskuldigde voltyds gewerk
het of
nie. Die landdros noem in sy brief dat so vêr sy
geheue
strek die beskuldigde aangebied het om R150 per maand te betaal.
Hy sê dat dit ´n oorsig van sy kant was om dit nie te notileer
nie.
Na my mening neem dit egter die saak nie verder nie.
[5] Ek is bereid om te aanvaar dat
hierdie nie ´n geval is waar die vonnis geheel en al opgekort moet
word nie, maar, na my mening,
is die vonnis, wat beide die boete en
die gevangenisstraf betref, buitensporig swaar vir ´n 19 jarige,
eerste oortreder in die beskuldigde
se posisie.
[6] Die skuldigbevinding word
gevolglik bekragtig, maar die vonnis word tersyde gestel en vervang
met die volgende:
Beboet twee duisend rand (R2000) of
twaalf (12) maande gevangenisstraf waarvan een duisend rand (R1000)
of ses (6) maande gevangenisstraf
vir vyf (5) jaar opgeskort word op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal,
huisbraak of bedrog gepleeg
gedurend die periode van opskorting nie.
Die bevel wat die uitstel boete magtig
hy van krag.