About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2002
>>
[2002] ZAWCHC 28
|
|
S v Hammers (SS150/2002) [2002] ZAWCHC 28 (14 May 2002)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: SS150/2002
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHRISTOPHER JOHN HAMMERS
UITSPRAAK: 14 MEI 2002
CLEAVER R:
[1] Die beskuldigde, Christopher John Hammers,
staan tereg op ´n aanklag van moord. Dit word hom ten laste gelê
dat hy op Saterdag,
2 Desember 2000 wederegtelik en opsetlik sy
sewe-jarige seun Cheslyn John Hammers gedood het deur hom te verwurg
en/of te versmoor.
Hy word verdedig deur mnr
Pothier
,
terwyl me
Damon-Zloch
namens die Staat verskyn. Ek word bygestaan deur twee assesore, mnr
M J Groenewald ´n afgetrede landdros en mev C Olivier, ´n
toegelate
advokaat.
[2] In sy pleitverduideliking ingevolge artikel 115(3) van die
Strafproseswet, pleit die beskuldigde onskuldig op die aanklag van
moord, maar erken dat die oorledene doodgegaan het as gevolg van sy
handelinge. Hy ontken dat dit sy bedoeling was om die oorledene
dood
te maak, en sy verklaring lui dan verder soos volg:
â
5. Die gebeure rondom die dood van Cheslin is uiteengesit in
die verklaring wat ek aan Landdros Kriel gemaak het, en wat aangeheg
is tot hierdie pleitverduideliking;
6. Ek sal ook verdere besonderhede verskaf in my getuienis voor
hierdie Agbare Hof.â
Die verklaring wat die beskuldigde aan Landdros Kriel gemaak het lees
soos volg:
â
Vrydag
het ek en my vrou rusie gehad. Daarna het ek die kinders by die
creche gaan haal. Ek en die kinders het toe Strand toe gery.
Daar
het hulle hulself in die seewater geniet. Oppad terug Eersterivier
toe het my meisiekind gesê ons moet Paarl toe ry. Ons
het toe Paarl
toe gery na my suster toe. Ek en my swaer is toe weg om my broer te
gaan optel en is toe terug na my suster toe
waar
ons gesit en bier drink het. ´n Tydjie later het my meisiekind gesê
sy wil na haar ouma toe gaan. Ons is toe na my ma se
huis waar sy
uitgeklim het. Ek het verder gery om my broer te gaan aflaai. Ek en
my seuntjie het toe rigting huistoe gery. Ek
het van besluit
verander en besluit om Caledon toe te ry. Ons het na die casino toe
gery waar ek ´n paar rand uitgedobbel het.
Oppad Eersterivier toe
het die kar buite Caledon gebreek. Ek het ´n âtowtruckâ gebel
om ons te kom haal. Die eienaar het
my en my seuntjie teruggebring
Eersterivier toe.
Ons het in die huis ingegaan. Ek het die
seuntjie se slaapklere aangetrek. Hy het gesê hy is honger. Ek het
gesê as ons opstaan
gaan ek iets maak om te eet. Hy het gekerm hy
is honger. Ek het tee gemaak en peanutbutter en brood ge-eet. Na
ons klaar ge-eet
het, het ek hom in die kooi gesit. ´n Tydjie
daarna het hy vir my gesê hy kan nie slaap nie â sy kop is seer.
Ek vra hom toe
of hy iets wil hê vir sy kopseer. Hy het gesê ja en
het aanhoudend gehuil. Ek het hom toe ´n halwe slaappil gegee sodat
hy kan
slaap. Daarna het ek hom in die bed gesit en ek het voor die
tv gaan sit. ´n Tydjie later het hy my weer geroep en gesê hy kan
nie slaap nie en dat hy goeters teen die kaste sien. Ek sê toe vir
hom hy verbeel hom net, daar is niks, maar hy het net harder
en
harder geskree en gewys na die kaste. Ek het toe gesê hy moet sy
mond hou ek het toe sy mond toegehou sodat hy nie so hard moet
skree
nie. Hy het net aangehou skree en gewys na die kaste waar hy goeters
sien. Ek kon dit later nie meer vat nie. Ek het toe
die kussing op
sy kop gedruk dat hy kan ophou skree.
Ek het toe die kussing later afgehaal. Hy het aangehou en gesê
hy sien goeters. Hy het later so hard geskree dat ek dit nie kon
hou
nie en ek het my hand op sy nek gesit en hom gewurg. Ek het gesê hy
moet ophou skree, daar is niks goeters teen die kaste nie.
Toe ek my
kom kry, lê hy net stil. Toe ek besef dat ek my enigste kind
doodgemaak het. Ek het nie bedoel om my kind seer te maak
nie. Toe
ek besef dat hy dood is, het ek hom in die koffer gesit onder die
bed. Ek het vir niemand vertel daarvan nie. Ek wou
my toe self gaan
doodmaak. Gister toe my skoonma hulle gekom het, het ek uit die huis
geloop en om 2.30 die eerste trein Kaap toe
gevat. Ek het vanoggend
my vrou gebel om vir haar te sê wat ek gedoen het. My stiefseun het
die telefoon opgetel en hy wou haar
nie gaan wakker maak nie. Toe ek
weer bel het ´n vreemde man geantwoord. Toe weet ek my vrou-hulle
het die kind gekry. Ek het
toe my vriend gebel en daarna het ek
myself aan die polisie oorgegee. My vriend het gereël dat Retreat
se polisie my kom haal.â
By die aanvang van die verrigtinge het mnr
Pothier
namens die beskuldigde aangevoer dat wanneer die beskuldigde in sy
verklaring noem dat hy die oorlendene gewurg het, hy die woord
âwurgâ
gebruik in die sin van manuele strangulasie of âthrottlingâ in
Engels.
[3] Die Staat het drie getuies geroep om die
gebeure voor die gewraakte handeling van die beskuldigde te skets.
Hulle was Chané
Hammers
(âChanéâ),
die beskuldigde se aangenome dogter tans 12-jaar oud, Michelle
Williams (âMichelleâ), die suster van die oorledene
se moeder, en
die moeder Charmaine Hammers. Chané het getuig dat die beskuldigde
haar en haar broer, die oorledene, in die middag
van Vrydag, 1
Desember 2000 by die kleuterskool kom afhaal het in ´n motor wat die
familie onlangs bekom het. Die beskuldigde het
die kinders na die
Strand geneem waar hulle in die see gespeel het. Daarna is hulle na
haar antie Charmaine en toe na die oorledene
se stiefma in die Paarl
waar sy afgelaai is. Sy het vir die beskuldigde gevra of Cheslyn kon
saamgaan, maar hy het net geantwoord
dat hy haar later sou kom optel.
Hy het dit nie gedoen nie en sy het by haar ouma oorgeslaap. Op die
rit na die Paarl het sy gehoor
dat die beskuldigde op die selfoon met
haar ma praat. Hy het vir haar ma gesê dat sy nie weer haar kinders
gaan sien nie. Vir
haar was dit ´n gereelde ding dat sy en die
oorledene by haar ouma oorslaap en alhoewel daar nie ekstra klere vir
die kinders was
nie, het sy oorgeslaap tot Maandagoggend.
[4] Michelle Williams het tydens die gebeure saam
met haar suster Charmaine Hammers en die beskuldigde gebly in hulle
woning te Starrenbergstraat
99 in Eersterivier. Sy sê dat sy
omtrent ses-uur in die namiddag van Vrydag, 1 Desember by die huis
gekom het en gevind dat niemand
daar was nie. Nadat sy geëet het,
het haar suster haar van die werk gebel en meegedeel dat aangesien
die beskuldigde en die kinders
Paarl toe is, sy by haar moeder moes
oornag. Voordat haar moeder haar kom haal het, het die beskuldigde
haar geskakel en gevra of
iemand by die huis is. Sy noem toe aan hom
dat sy by haar ma sou gaan slaap en dat
sy die sleutel van die huis wat sy
gehad het by die bure oorkant die straat sou los. Die beskuldigde
het ook sy eie sleutels vir
die huis gehad. Sy het die Saterdag en
Sondag by haar ma deurgebring en ongeveer agt-uur of half-nege Sondag
aand na die huis teruggekeer
in die geselskap van haar moeder, haar
suster en ander familie-lede. Dit het ´n rukkie geneem voordat
iemand notisie geneem het
van haar klop aan die deur, maar na
sowat tien minute het die beskuldigde
die deur vir hulle oopgemaak. Die beskuldigde was op daardie stadium
in ´n kortbroek en ´n
âsweaterâ
geklee. Hy het blykbaar sondermeer toe ´n langbroek en ´n ander
kledingstuk aangetrek en die huis verlaat.
Toe hulle by die huis aankom was Charmaine Hammers
in die badkamer en sy het op Charmaine se versoek nagklere vir haar
gebring. Charmaine
het toe na haar en die beskuldigde se kamer
deurgegaan en kort daarna vir Michelle geskree om na die slaapkamer
te kom. Daar het
sy gesien dat die meeste van Charmaine se
klere, asook die klere van die
beskuldigde, in hulle kaste opgeknip/sny is. Michelle het toe gaan
slaap. Sy het omtrent vyf-uur
Maandagoggend wakker geword en omtrent
ses-uur opgestaan. Dit was haar gewoonte om haar klere in ´n tas
onder haar bed te hou en
sy het toe die tas uitgetrek om klere
daarvan uit te haal. Toe sy die tas oopmaak ontdek sy die liggaam
van die oorledene wat in
die tas gelê het. In kruisondervraging het
sy aangedui dat as gevolg van die mededeling van Charmaine dat die
beskuldigde en die
kinders Paarl toe is, sy nie verwag het dat hulle
later daardie aand sou terugkeer nie. Sy het ook bevestig dat die
beskuldigde ´n
goeie verhouding met beide kinders gehad het. Sy was
bewus van die feit dat die beskuldigde en sy vrou wel sommige tye
gestry en
baklei het, maar wat haar betref was hulle ´n
âgoeie
paartjieâ.
Toe die beskuldigde haar
geskakel het om uit te vind of iemand by die huis was, het sy nie die
indruk gekry dat sy besorg was oor
haar nie.
[5] Charmaine Hammers vertel dat haar huwelik met
die beskuldigde vanaf ongeveer Maart 2000 probleme begin optel het en
dat sy op
verskeie geleenthede met hom gepraat oor ´n moontlike
egskeiding. Hierdie gesprekke het dikwels in rusie ontaard. Die
beskuldigde
was hewig gekant teen ´n egskeiding en het dikwels
tydens hulle rusies gedreig om die kinders dood te maak indien daar
´n egskeiding
sou plaasvind. Op Donderdag 30 November was daar weer
´n argument tussen Charmaine en die beskuldigde waartydens ´n
moontlike
egskeiding genoem is. Dit het plaasgevind nadat die
beskuldigde die vorige aand vir ´n lank tyd weggebly het met die
egpaar se
pas aangekoopte motorkar. Charmaine sou Vrydagaand nagskof
werk en het daardie middag gaan lê sodat sy kon rus voor die nag se
werk. Terwyl die beskuldigde van die huis af
weg was, het Charmaine opgemerk dat die
sleutels vir haar kas by die werk nie in haar handsak was nie. Dit
het toe geblyk dat die
beskuldigde die sleutels geneem het, na haar
werk toe gegaan het en daar die sleutels van die kar uit haar kas
geneem het. Sy het
juis die sleutels vir die kar by die werk gelos
omdat sy nie wou hê dat die beskuldigde weer die kar moes
gebruik nie. Charmaine was baie kwaad
vir die beskuldigde hieroor en het vir hom gesê dat sy van plan was
om na die polisie toe
te gaan om ´n klagte van diefstal van haar
sleutels te lê. Sy het inderdaad vir hom gesê dat sy ´n klagte
sou gelê het. Sy is toe ongeveer
vyf-uur in die middag werk toe en sê dat die beskuldigde haar kort
daarna gebel het en vir haar
meegedeel het dat hy nie
âlusâ
â
is vir haar of vir ´n argument met haar nie
en dat hy vir die naweek sou weggaan.
Op daardie stadium kon sy hoor dat sy telefoonoproep uit ´n motor
gemaak is en sy kon ook
die kinders in die agtergrond hoor. Na ´n
redelike tyd het die beskuldigde haar weer geskakel en haar meegedeel
dat hy van plan
was om die kinders dood te maak. Sy was bekommerd
hieroor, maar het toe haar skoonmoeder in die
Paarl gebel. Van haar het sy vasgestel
dat Chané by haar skoonmoeder was en sy het toe met Chané gepraat.
Sy sê dat die beskuldigde
haar aanhoudend daarna gebel het en
telkens
meegedeel
dat hy die kinders gaan doodmaak. Op een geleentheid het hy vir haar
gesê dat sy nie die Maandag sou gaan werk nie, maar
lyke sou uitken.
Daarna het die beskuldigde haar weer gebel en vir haar gesê dat sy
âgoodbyeâ
vir Cheslyn moet sê. Daarna het sy niks verder gehoor totdat die
beskuldigde haar ongeveer 5:45 die volgende oggend gebel het en
gevra
het of sy lekker geslaap het. Hy het haar meegedeel dat hy glad nie
geslaap het nie. Sy kon sien dat al hierdie oproepe van
die
beskuldigde van sy selfoon gemaak is. Toe sy vroeg die volgende
oggend by die huis kom was sy onder die indruk dat daar niemand
by
die huis was nie, maar nadat sy vir ´n kort rukkie daar was, het sy
skielik vir die beskuldigde voor haar sien staan. Sy sê
dat sy
eerste woorde aan haar was
âWat is jou
storie?â
,
met
verwysing na haar verslag aan hom
dat sy hom by die polisie aangekla het. Sy sê dat sy toe geweet
het dat hy haar gaan slaan.
Sy is deur na hulle slaapkamer toe waar
die beskuldigde haar fisies aangerand het deur haar aan die keel te
gryp. Daar het toe ´n
bakleiery tussen hulle ontstaan waartydens sy
hom met haar kop gekap het. As gevolg daarvan moes hy badkamer toe
gaan om die bloed
van sy neus af te kry. Sy is toe deur na Michelle
se slaapkamer toe. Die beskuldigde het haar gevolg en op die grond
voor haar gesit
en weer oor ´n egskeiding met haar gesels. Sy sê
dat die beskuldigde toe by haar op die bed gelê het en dat die twee
van hulle
aan die slaap geraak het. Nadat hulle wakker geword het,
het die beskuldigde aangedui dat hy die kar en die kinders sou gaan
haal.
Volgens hom was die kar op daardie stadium by ´n vriend van
hom. Hy is toe weg. Sy het daardie dag nie gewerk nie en was
Saterdag
aand alleen by die huis. Sy sê dat sy ´n slaappil geneem
het en dat sy Sondag oggend wakker gemaak is deur die lui van die
telefoon.
Dit was toe nog nie sewe-uur in die oggend nie. Die
oproep was van die beskuldigde wat gesê het dat hy in die Kaap was
en dat
die kar stukkend was. Dit het vir haar geklink asof hy half
dronk was en toe hy vir haar sê dat hy
nie weet hoe hy by die huis sou kom nie, was haar antwoord dat dit sy
probleem was. Volgens
haar het die beskuldigde tussen nege- en
tien-uur die oggend by die huis gekom en toe heel beleefd met haar
gesels. Hulle het gepraat
oor die kar wat stukkend was. Haar
houding was dat hy homself nie daaroor moet bekommer nie en later het
sy weer op Michelle se
bed gaan lê. Sy het toe gehoor dat die
beskuldigde in die kamer sit en huil. Sy is deur na hom. Hy het haar
toe meegedeel dat
die kar nie in die Kaap is nie, maar dat dit by
Botrivier is. Hy sê dat dit gebreek het toe hy van Caledon
teruggery het en dat
die persoon wat die kar vir hom ingesleep het,
hom vroeg Saterdag oggend huistoe gebring het. Hy het toe vir haar
gesê dat hy die
volgende dag die kinders in die
Paarl sou
gaan haal. Sy was nie bekommerd oor
die kinders nie, want dit was normaal dat hulle by haar skoonmoeder
oorgebly het. Sy het toe
gaan slaap in Michelle se kamer en die
beskuldigde het weer by haar kom lê. Terwyl sy laat die Sondag
middag in die badkamer was,
het Michelle en haar moeder en ander lede
van haar familie by die huis aangekom. Sy het vir Michelle gevra om
´n handdoek en slaapklere
vir haar deur te bring na die badkamer
toe, maar het
die
beskuldigde nie weer gesien nie. Hy is weg met die aankoms van
Michelle en haar familie by die huis. Toe sy na die slaapkamer
deurgaan en haar kas oopmaak, merk sy dat al haar klere opgesny is,
en dat dieselfde met die beskuldigde se klere gebeur het. Haar
uniforms is geknip en volgens haar was van Chané se klere ook
opgesny, maar nie Cheslyn sân nie. Haar moeder en familie het ´n
bietjie gekuier en is toe later weg. Sy het vroeg Maandagoggend
wakker geword en ongeveer vyf-uur begin om van die vuil klere in
die
wasmasjien te sit. Michelle het daarna opgestaan en kort daarna uit
haar kamer gehardloop en geskree
âmy
case, my caseâ.
Michelle het vir
haar gesê dat sy nie moet omkyk nie, maar sy het ´n mens-been in
Michelle se tas op die vloer voor haar bed gesien.
Sy was onder die
indruk dat dit die beskuldigde se been was, maar sien toe dat dit
âbabaâ
se been was. Dit was te veel vir haar. Sy het uit die deur
uitgehardloop en haar buurman gevra om vir Cheslyn te gaan wakker
maak.
Sy het toe daar gesit totdat die polisie haar geroep het. Sy sê
dat die oggend toe Cheslyn se liggaam gevind is, die beskuldigde
haar
gebel het en gesê dat hy jammer is van Cheslyn. Hy het aangedui dat
hy homself aan die polisie sou oorgee en het gemeld dat
hy toe op
Retreat-stasie was.
[6] Mnr Paul Jonkers was met die beskuldigde
bevriend en het saam met hom gewerk by Metrorail se
sekuriteitsdienste. Hy en sy vrou
het die beskuldigde en sy vrou
geken en by geleentheid sosiaal met hulle verkeer. Hy sê dat hy op
die Maandagoggend ongeveer 8:30
´n telefoonoproep van die
beskuldigde ontvang het. Die beskuldigde het hom meegedeel dat hy
met hom wou praat. Hy was op daardie
stadium besig met ´n
vergadering by die Muizenberg spoorwegstasie. Teen daardie tyd was
hy al bewus van die feit dat die polisie
op soek na die beskuldigde
was want hy is so meegedeel deur sy beheerkamer. Hy het gevolglik
vir die beskuldigde gesê dat hy hom
by die Retreat spoorwegstasie
sou
ontmoet.
Hy het sy beheerkamer daarvan in kennis gestel en is toe per bakkie
deur na Retreat toe. By die Retreat-stasie het hy die
beskuldigde
gevind. Mnr Jonkers en die beskuldigde het in mnr Jonkers se bakkie
gaan sit. Mnr Jonkers
het vir die beskuldigde gevra wat plaasgevind het en wat hy met
Cheslyn gedoen het. Die beskuldigde het toe vir hom gesê dat sy
vrou wil skei en dat hy nie kans sien dat die kind deur iemand anders
grootgemaak moet word nie. Die beskuldigde het toe begin huil.
Hy
het aan die beskuldigde gesê dat hy seker weet dat hy tronk toe sou
gaan en het toe vir hom gebid. Die
polisie was al reeds op die stasie en hulle het die beskuldigde toe
weggeneem. Hy is gevra of
hy vir die beskuldigde gevra het wat
gebeur het. Volgens hom het die beskuldigde gesê dat hy wou nie vir
Cheslyn seergemaak het
nie. Hy het ook getuig dat die beskuldigde
nooit gesê het dat hy homself wou oorgee nie.
[7] Dr I G Brouwer het op 7 Desember 2000 ´n lykskouing op die
oorledene se liggaam uitgevoer. Sy het twee verslae oor die
lykskouing
uitgebring. Die vernaamste bevindings in die eerste
verslag was die volgende:
â
1. Die liggaam van ´n manlike kind.
2. Die liggaam is in ´n gevorderde toestand van
ontbinding. Liggaam is in ´n tas gevind.
3. Bloeding is teenwoordig in die sagteweefselbedekking van die
skedel links temporaal en oksipitaal. Bloeding is gevind by die
linker
kaakhoek.
4. Geen
uitwendige beserings is aan die liggaam waargeneem nie.
Dat as gevolg van my waarneminge wat in die hieropvolgende verslag
volg, die oorsaak van dood was: Nie met nadoodse ondersoek alleen
bepaal nie.â
Die volgende gedeelte van haar verslag is ook van belang:
â
KOP EN NEK
5 SKEDELBEEN EN BEDEKKENDE WEEFSEL
Daar is swelling en bloeding in die sagteweefselbedekking van die
skedel links temporaal en oksipitaal. Geen skedelfrakture is
teenwoordig
nie.
9 NEKSTRUKTURE
Bloedlose disseksie van die nekstrukture toon bloeding en
hemolitiese verkleuring onder die linker kaakhoek in die
sagteweefsel, asook
in ´n limfnode. Geen ander beserings is aan die
nek waargeneem nie. Die hioïed been is nie fraktuur nie.â
Nadat sy die polisie dossier ontvang het en insae tot die beskuldigde
se verklaring aan die landdros gehad het, het sy ´n tweede
verslag
opgestel waarin sy wel ´n mening oor die oorsaak van dood
uitgespreek het. Die relevante deel van haar verslag lees soos
volg:
â
1. Beserings gevind aan die nek, sou kon inpas met beserings
opgedoen tydens manuele strangulasie. In gevalle van manuele
strangulasie,
word daar dikwels baie min of selfs geen beserings aan
die sagteweefsel-, benige of vaskulêre strukture van die nek
waargeneem.
Die kneusing soos gevind by die kaakhoek, is waarskynlik
veroorsaak deur die greep van die hand om die nek.
2. Die meganisme van die dood in gevalle van strangulasie is
drievoudig:
(i) Toedruk van die lugweg.
(ii) Vaskulêre
obstruksie (arterieel of veneus).
(iii) Vaso-vagale
stimulasie.
In hierdie geval was die dood waarskynlik veroorsaak deur die sg.
vaso-vagale stimulasie. Die kneusing soos gevind by die linker
kaakhoek, is geleë baie naby aan die karotisliggaampies in die
karoties arterie. Die oormatige stimulasie van hierdie struktuur
kan
onmiddellike bewussynsverlies en dood veroorsaak deur kardiale
disritmieë en skielike val in bloeddruk.
3. Geen spoor van die slaappil, wat die vader na bewering vir die
kind gegee het voor sy dood, is gevind met die toksikologiese
ondersoek
van die organe nie.
4. Tekens
van stomp trauma is gevind tot die kop, naamlik kneusing en swelling
in die sagteweefsel van die kop links temporaal en
oksipitaal.â
Sy kom dan tot die gevolgtrekking
â
Dat die oorsaak van dood nie teenstrydig is met asfiksie weens
verwurging.â
In die hof het Dr Brouwer aangedui dat die
beserings aan die oorledene se kop aanduidend van stomp trauma was.
Dit kon volgens haar
veroorsaak gewees het deur enigiets soos ´n
vuishou of ´n kap teen ´n harde oppervlakte. Alhoewel sy nie wou
spekuleer oor die
meganisme waarop die kneusings ontstaan het nie,
het sy gesê dat ´n redelike mate van geweld nodig sou gewees het â
dieselfde
geweld wat nodig is om kneusing op ´n spier of ander plek
van die liggaam te veroorsaak. Volgens haar kon dit nie op ´n sagte
bed gebeur het nie. Sy sê dat die graad van ontbinding van die lyk
dit moeilik gemaak het om die presiese oorsaak van dood te bepaal.
Boonop het sy genoem dat in ´n groot meerderheid van gevalle van
dood waar die meganisme van dood verwurging is, hetsy manuele
strangulasie of strangulasie met ´n ligatuur, daar in ´n groot
meerderheid van gevalle geen beserings aan die nek gevind word
nie, asook geen beserings op die vel of
onderliggend tot die vel aan die sagte weefsel van die nek of benige
of vaskulêre strukture
nie. Sy het verduidelik dat vaso-vagale
stimulasie verwys na die stimulasie van die liggaampie wat in die nek
aanwesig is net voor
die karotis arterie vertak in die interne en
eksterne karotis arteries waar ´n mens se bloeddruk gereguleer word.
Stimulasie van
hierdie area deur middel van ´n direkte drukking
daarop veroorsaak dat ´n senuwee-impuls gestuur word na die brein en
dit opsigself
stuur dan weer ´n refleks-stimuli na die hart deur
middel van die vagus senuwee. Stimulasie van hierdie senuwee
veroorsaak dat
daar dan ´n disritmieë in die hart ontstaan.
Stimulasie van die hart op hierdie manier veroorsaak dat ´n skielike
dood intree.
Dit gebeur óf met ´n skielike stop van die kontraksie
van die hart óf met ´n disritmieë wat die dood veroorsaak. Dit is
nie
seker welke van hierdie twee meganismes die dood veroorsaak nie,
maar die feit is dat ´n skielike dood volg op so ´n stimulasie.
Volgens haar is dit in die meeste gevalle van strangulasie blote
spekulasie oor presies watter van die drie meganismes wat sy in
haar
verslag genoem het, uiteindelik die oorsaak van dood was. Dit kan ´n
kombinasie van die drie wees, of net een. Alhoewel ´n
mens by
veneuse obstruksie dikwels stuwing van die gesig, dit wil sê punt
bloedings in die gesig kry, was die liggaam van die oorledene
só
ontbind dat dit baie moeilik was om te beoordeel of hierdie faktore
aanwesig was. Die meganisme van dood by die toedruk van
die
lugweg is vermindering van die
suurstof-toevoer na die brein â dit
wil sê serebrale annoksie. Vir hierdie breinskade om plaas te vind
duur ´n paar minute.
Aangesien die brein heeltemal outolities was
tydens die lykskouing, was dit nie moontlik om te bepaal of daar
breinskade was nie.
Na aanleiding van die beskuldigde se weergawe
het sy tot die gevolgtrekking gekom dat die kneusing by die linker
kaakhoek waarskynlik
deur vingers veroorsaak is.
[8] Die verslag oor die forensiese toetse wat op organe van die
oorledene uitgevoer is, is vervat in ´n verslag opgestel deur mnr
S
R Mhlawuli ´n assistant forensiese analis in die Forensiese Chemie
Laboratorium te Kaapstad. Hierdie verslag is deur die verdediging
erken en lees soos volg:
â
1. Ek besit ´n Nasionale Diploma in Analitiese Chemie van die
Kaapstad Technikon en is in diens van die Staat as ´n forensiese
analis
in die Forensiese Chemie Laboratorium van die Departement van
Gesondheid in Kaapstad.
2. Op 7 Desember 2000 is ´n ingewandekas (Tygerberg No. 24),
verseël met die S A Polisie seëlnommer 1744 en gemerk âTDR
2716/2000â,
vanaf die SAPD Regsgeneeskundige Laboratorium,
Tygerberg, ontvang. Die ingewandekas het die volgende bevat:
2.1 ´n medium plastiekfles, wat ´n maag en inhoud bevat het;
2.2 ´n
groot plastiekfles, wat ´n lewer en twee niere bevat het;
2.3 ´n klein plastiekbotteltjie, wat gestolde bloed bevat het.
3. Ek het die organe tydens die verrigting van my ampspligte en
volgens metodes wat bedrewenheid in Skeikunde verg, ontleed, en die
volgende resultaat verkry:
Geen verdowingsmiddels kon opgespoor word nie.â
[9] Na sluiting van die Staat se saak en na
aanleiding van Dr Brouwer se kruisondervraging omtrent die forensiese
toetse het ek besluit
om mnr Mhlawuli te roep om meer duidelikheid
oor sy verslag te kry. Hy het verduidelik dat die maag en inhoud in
´n plastiekvles
ontvang is. Die vles
was met ´n vloeistof gevul om die maag
en inhoud te behou. Die vloeistof, maag en inhoud is toe saam
opgemaal en daarna getoets.
Op hierdie wyse word verseker dat enige
verdowingsmiddel opgespoor sal word, al het dit in die vloeistof
opgelos of deurgedring
na die maagwand toe. Hy het ook aangedui dat
dit nie moontlik was om die bloed te toets nie aangesien dit gestolde
bloed was.
[10] Slegs die beskuldigde het vir die verdediging
getuig. Hy sê dat die huweliksprobleme met sy vrou in ongeveer
Januarie 2000
begin het. Hy het ´n buite egtelike verhouding gehad
en beweer dat sy vrou ook so ´n verhouding gehad het. Dit is egter
nooit
deur sy vrou erken nie. Sy het erken dat sy wel bevriend
geraak het met ´n man toe sy vroeg in die jaar 2000 op ´n kursus
gegaan
het, maar het altyd daarin volhard dat die verhouding niks
meer as ´n vriendskapsverhouding was nie. As gevolg van sy
verhouding
met die ander vrou het sy vrou op ´n stadium vir hom
gevra om ´n ander blyplek te kry en hy het toe vir ongeveer ´n
maand in April
of Mei 2000 nie by die huis gebly nie. Daar was van
toé af sprake van ´n egskeiding. Hy het later
vir sy vrou gevra of hy kon terugkom na
die huis toe, aangesien hy die kinders mis en wou probeer die huwelik
nog ´n kans te gee.
Sy het ingestem. Die probleme tussen hulle het
egter nie weggegaan nie en die argumente en rusies het gevolg. Hy
ontken dat hy
sy vrou ooit fisies aangerand het, alhoewel hy erken
dat hy haar op ´n geleentheid voor die bors gegryp het. Hy erken
ook dat hy
haar op ´n geleentheid gebyt het, maar sê dat hy dit
gedoen het slegs om uit haar greep weg te kom. Hy sê dat hy
gereeld pyne
onder sy hart gekry het en ook probleme ondervind het
deurdat sy een hand van tyd tot tyd tekens van verlamming getoon het.
Hy beweer
dat hy ook onder stres was. Sy vrou het toe per
geleentheid aanbeveel dat hy na die Stikland hospitaal moes gaan en
hy het dit in
Junie 2000 gedoen. Volgens hom is hy slegs vir ´n week
afgeboek vir stres. Hy sê dat hy ook by sy werk melding gemaak het
dat
hy onder stres was. Volgens hom het die senior persoon aan wie
hy dit gerapporteer het, aangedui dat hy sou reel dat die beskuldigde
sielkundige hulp ontvang, maar niks het daarvan gekom nie. Omdat hy
nie gesond gevoel het nie, het hy in November 2000 vir Dr Adam,
die
familie se algemene praktisyn geraadpleeg. Dr Adam het hom verwys na
Dr Sampson, ´n spesialis in Mitchells Plain, wat sekere
medikasie
vir hom voorgeskryf het. Dit het slaappille en anti-depressiepille
wat hy gebruik het ingesluit. Hy erken dat hy telkens
aan sy vrou
gesê het dat hy die kinders sou doodmaak indien hulle sou skei. Hy
sê dat hy by sommige tye ook gesê het dat hy homself
en die kinders
sou doodmaak. Volgens hom het hy nooit die bedoeling gehad om
hierdie dreigemente of stellings deur te voer nie.
Hy erken
Charmaine se getuienis dat daardie Woensdagaand daar ´n stryery was
oor sy gebruik van die nuwe motorkar. Hy het die
kar geneem om
Michelle na die kerk toe te neem, maar op pad terug het hy by ´n
vriend van hom vertoef, ´n hele lang tyd by hom
gebly en eers so
nege-uur by die huis aangekom. Toe hy daar aankom was sy vrou baie
kwaad vir hom omdat hy so lank weggebly het
met die kar. Hy het toe
weer die kar geneem en vir Michelle gaan haal. Daarna het hy haar
afgelaai en toe weer
by
vriende van hom gaan bier drink. Hy het eers tussen elf- en
twaalf-uur die aand weer by die huis aangekom. As gevolg hiervan
wou
Charmaine nie hê dat hy die volgende dag die kar moes gebruik nie en
sy het gevolglik die kar se sleutels weggevat en by haar
werk gelos.
Hy erken dat hy toe Charmaine se werksleutels uit haar sak geneem het
en die kar se sleutels by haar werkplek gaan haal
het. Hy erken ook
dat sy vrou vir hom gesê het dat sy ´n klagte van diefstal teen hom
sou maak.
[11] Nadat Charmaine
die Vrydagmiddag werktoe is, het hy die
kinders by die kleuterskool gaan haal. Hy erken dat dit nie met sy
vrou afgespreek is nie
en dat die kinders gewoonlik met die
kleuterskool se vervoer huistoe gebring is. Dit was die laaste dag
van die skooltermyn en hy
het toe die kinders na die Strand toe
geneem aangesien Cheslyn na die see toe wou gaan. Nadat die kinders
in die water gespeel het,
het hy in die rigting van Eersterivier waar
hulle woon teruggery. Hy was van plan om huis toe te gaan, maar
Chané het toe aangedui
dat sy graag haar ouma (sy stiefma) in die
Paarl wou sien. Hy is eers na sy stiefsuster (ook
Charmaine) in die Paarl waar die
kinders met haar kinders gespeel het. Hy en sy swaer is toe na sy
stiefbroer se huis waar hulle
biere gedrink het en die drie van hulle
is daarna terug na sy stiefsuster se huis waar nog bier gedrink is.
Hy en die kinders en
sy stiefbroer is toe weg op pad om die broer af
te laai, maar Chané het toe aangedui dat sy haar ouma wou groet.
Chané is toe
by sy stiefma afgelaai en hy het toe verder gery en sy
broer ook afgelaai. Met slegs Cheslyn in die kar, ry hy nou huistoe,
maar
toe hy by die Strand se pad kom sien hy ´n bord wat die Caledon
casino adverteer. Hy besluit toe om by die casino aan te gaan en
bereik dit tussen tien- en elf-uur daardie aand. Teen hierdie tyd
was Cheslyn aan die slaap in die agterkant van die kar en hy reel
met
sekuritietswag om ´n oog oor hom te hou terwyl hy vir ´n uur of ´n
uur en ´n half in die casino vir homself geniet deur te
dobbel.
Daarna ry hy huistoe. Op pad huis toe breek sy motor. Uiteindelik
kry hy hulp van ´n insleepdiens in Botrivier. Hulle
slaag nie om
die kar weer aan die gang te kry nie en die kar word ingesleep na die
perseel van die persoon wat die insleepdiens behartig.
Hierdie
persoon neem hom en Cheslyn dan huistoe. Hulle kom tussen vier- en
vyf-uur daardie oggend by die huis. Hy sê dat hy toe
Cheslyn
uitgetrek het en in die bed gesit sodat hy kan slaap. Cheslyn was
egter honger. Hy het toe vir homself en vir Cheslyn
brood en tee gemaak wat hulle in die
sitkamer geniet het. Hy het Cheslyn teruggesit in die bed, maar
binne vyf minute roep Cheslyn
en sê vir hom dat sy kop seer is. Hy
sê dat aangesien daar geen disprin in die huis was nie, hy vir hom
´n halwe slaappil van
sy slaappille gegee het. Hy is seker dat
Cheslyn die pil geneem het, aangesien hy by hom in die gang gestaan
het en vir hom ´n
glas water gegee het om die pil mee te neem.
Cheslyn is toe weer in die bed maar na 15 minute skree hy weer vir sy
pa. Cheslyn
sê vir hom dat sy kop nog steeds seer is Hy moedig
die kind aan hom te slaap, maar kon
sien dat hy nie lekker voel nie. Cheslyn het daarna begin huil en
vir hom gesê dat hy gesiggies
en goeters op die kaste en die gordyne
sien. Hy het die kind probeer sus, maar Cheslyn het begin om
opgewonde en histeries te skree.
Hy het gesien dat hy bang was. Hy
het weer geskree dat hy goeters teen die kaste en die gordyne sien en
toe harder geskree. Hy het
hom na Michelle se slaapkamer gevat en
hom daar in die bed gesit. Na sowat 15 minute het Cheslyn weer hard
geskree. Hy sê dat
hy dit nie kon vat nie en het toe sy hand op
Cheslyn se mond gesit om die skreëry te stop. Hy sê dat hy sy hand
vir seker vyf
sekondes daar gehou het. Toe dit nie enige uitwerking
het nie, het hy ´n kussing oor Cheslyn se kop gesit en dit aan beide
kante
van sy kop
afgedruk
het om hom stil te maak. Dit het ook nie gewerk nie. Hy erken dat
Cheslyn met sy voete geskop het toe hy die kussing oor
sy kop hou.
Hy sê dat die gehuilery het baie op sy kop gewerk en was besig om op
sy senuwees te werk. Hy het toe sy hand gevat
en om Cheslyn se nek
gesit en toe hy
hom
weer kry, sien hy dat die kind stil lê. Hy is gevra om te
verduidelik wat hy met sy hand gedoen het. Sy beskrywing daarvan
was
dat hy ´n
âsqueezeâ
gegee het. Op ´n vraag oor hoe lank hy op die kind se nek gedruk
het, was sy antwoord dat dit vir een tot vyf sekondes geduur het.
Sy
enigste bedoeling was dat die kind moet ophou skree. Hy het toe
besef dat die kind dood is. Hy het langs die kind gesit en
sy lyk
aangekyk. Hy het toe Michelle se tas uitgehaal en die kind se
liggaam daarin gesit. Hy kan geen verduideliking vir hierdie
optrede
verskaf nie, maar sê dat hy nie geweet het wat om te doen nie. Hy
het toe na die kaste in die slaapkamer gegaan, ´n skêr
in Charmaine
se kas gesien en die klere begin opknip. Hy het ook sy klere in sy
kas opgeknip. Hy kan nie onthou dat hy nie Cheslyn
se klere gesny
het nie. Hy het nie klere uitgesoek nie, en weet nie waarom hy die
klere geknip het nie. Hy het op Cheslyn se bed
gesit totdat sy vrou
in die vroeg oggendure by die huis aangekom het. Hy erken dat terwyl
sy in die badkamer was hy haar gevra het
wat haar storie was,
bedoelend hoekom het sy na die polisie toe gegaan. Hy ontken dat
daar toe enige rusie of aanranding plaasgevind
het en sê dat sy toe
heel normaal met hom gesels het. Sy het hom gevra waar die kar is en
hy het haar meegedeel dat dit by ´n
vriend se huis is en dat hy dit
later sou gaan haal. Volgens hom het sy vrou wel ´n moontlike
egskeiding daardie dag genoem en
hy sê dat hulle toe verder in
Michelle se kamer oor allerande dinge gepraat het. Charmaine het
later ´n slaappil geneem en hy
is toe weg. Hy het toe ´n trein
Kaap toe gevat waar hy rondgedwaal het. Hy sê dat hy gedrink het by
een of meer kroeë in die
Kaap waar hy ´n vriend ontmoet het saam
met wie hy voorheen gewerk het. Hy bel toe vir sy vrou en deel haar
mee dat die kar nog
nie loop nie en dat hy nie weet hoe hy by die
huis sal kom nie. Hy bevestig dat sy aan
hom gesê het dat dit nie haar probleem
was nie. Hy sê dat hy toe ongeveer sewe-uur die Sondag oggend by
die huis gekom het en ontken
dat dit so laat as nege-uur was. Hy
erken Charmaine se getuienis dat hy toe in die hoofslaapkamer gesit
en huil het en dat hy toe
vir haar die ware storie van die kar vertel
het. Hy sê dat hulle weer begin stry het oor ´n egskeiding en
beweer dat dit die geleentheid
was waartydens sy sy neus gestamp het
tydens die stryery. Hy ontken egter dat sy neus gebloei het. Volgens
hom sou hy toe ingestem
het tot ´n egskeiding. Sy vrou het toe ´n
slaappil geneem en die twee van hulle het toe aan die slaap geraak.
Hy het wakker geword
met die gekloppery aan die deur deur Michelle
toe sy in die vroegaand huistoe kom. Met dié het hy hom aangetrek
en uit die huis
uitgeloop. Hy het toe by die sekuriteitskompleks by
die Eersterivier spoorwegstatsie gesit en uiteindelik die eerste
trein vanaf
Eersterivier na die Kaap geneem om 2:30 Maandagoggend.
In die vroeë oggendure bel hy na die huis toe want hy wou sê wat hy
gedoen
het. Die telefoon is egter geantwoord deur Michelle se oudste
seun Chelton, wat geweier het om sy ma wakker te maak aangesien dit
so vroeg in die oggend was. Toe hy ´n tweede keer bel het ´n
vreemde stem geantwoord waarop hy die telefoon neergesit het. Die
beskuldigde meld dat hy tydens die oproep mense in die agtergrond
gehoor huil het en toe besef het dat Cheslyn se lyk ontdek is.
Met die derde probeerslag het hy wel
met sy vrou gepraat en vir haar gesê dat hy nie bedoel het om die
kind dood te maak nie.
Sy
vra toe vir hom hoekom hy homself nie doodmaak nie. Hy sê
dat hy homself sou oorgee aan die
polisie. Daarna het hy vir sy vriend Paul Jonkers gebel en hom by
die Retreat-stasie ontmoet.
In sy getuienis in hoof sê hy dat hy
aan Jonkers gesê het dat hy nie weet wat gebeur het nie, en dat hy
nie die kind wou doodgemaak
het nie, maar slegs wou stilmaak.
Hierdie stellings en bewerings is egter nooit aan Jonkers in
kruisverhoor gestel nie. Wat Jonkers
se getuienis betref, naamlik
dat die beskuldigde gesê het dat hy die kind doodgemaak het omdat hy
nie kon sien dat iemand anders
sy kind sou grootmaak nie, was die
beskuldigde se antwoord dat hy nie kon onthou dat hy dit gesê het
nie en as hy dit wel gesê
het, hy nie weet hoekom hy dit gesê het
nie. Met betrekking tot die kneusings wat agter en langs die
oorledene se kop gevind is,
sê hy dat hy nie kennis dra dat hy sy
seun seergemaak het nie tot so ´n mate dat sulke wonde sou ontstaan
het.
[12] Dit beskuldigde se weergawe is dus dat hy nie bedoel het om sy
kind dood te maak nie en dat hy die kind se nek gedruk het of
gewurg
het slegs met die bedoeling om hom stil te maak. Om te bepaal of sy
weergawe redelik moontlik waar kan wees, moet sy weergawe
nie in
isolasie gesien word nie. Al die getuienis, insluitende sy weergawe
van wat met die kind gebeur het, moet inaggeneem word
om ´n
geheelprent te kry. Gevolglik is die getuienis wat die gebeure
daardie oggend voorafgegaan het asook dit wat daarna gebeur
het
belangrik.
[13] Mnr
Pothier
het aangevoer dat die dreigemente en stellings wat die beskuldigde
ten aansien van die kinders gemaak het in dieselfde lig gesien
moet
word as die dreigemente en stellings wat hy op vorige geleenthede
gemaak het. Gevolglik sê hy, dat die afleiding gemaak moet
word dat
die beskuldigde nie eintlik bedoel het om die dreigemente uit te voer
nie. Die dreigemente wat hy in die kar gemaak het,
is egter na ons
mening, van ´n heel ander aard as dié wat voorheen gemaak is.
Laasgenoemde was gemaak nadat ´n stryery oor ´n
moontlike
egskeiding plaasgevind het en was ten effekte dat die beskuldigde of
die kinders of homself en die kinders sou doodmaak
indien sy vrou sou
oorgaan tot ´n skeisaak. Die dreigemente van daardie Vrydag, as
âdreigementeâ
´n korrekte beskrywing daarvan is, was gemaak terwyl die kinders
alleen by hom in die kar was. Hy het aanhoudend vir Charmaine
gebel
en vir haar gesê dat hy die kinders gaan doodmaak. Sy dreigemente
was ook meer spesifiek as ooit tevore. So, byvoorbeeld
het hy
aangedui dat Charmaine Maandag nie sou gaan werk nie, maar lyke gaan
uitken. Die oorlede seuntjie is pertinent genoem want
Charmaine is
genooi om
âgoodbyeâ
te sê vir die kind. Dit wil ook voorkom asof Charmaine hierdie
optrede meer ernstig opgeneem het as die vorige dreigemente want
sy
het haar skoonmoeder daaroor geskakel en haar geraadpleeg. ´n
Verdere verskil is natuurlik dat die dreigemente gevolg is
deur die dood van ´n kind wat hy gesê
het dat hy sal doodmaak.
[14] Sy optredes daardie middag is ook aanduidend
dat hy seker wou maak dat niemand daardie nag by die huis sou wees
nie. Hy het
geweet dat sy vrou nie daar sou wees nie. Sy het
nagskof gewerk. Charmaine het geweet dat die beskuldigde en die
kinders nie tuis
sou wees nie, want die beskuldigde het haar
meegedeel dat hy vir die naweek weg sou wees met die kinders in die
Paarl. Daarom het
sy vir haar suster versoek
om die Vrydag- en Saterdag aand by haar
moeder deur te bring. Soos ons Michelle se getuienis verstaan was
die doel van die beskuldigde
se oproep aan haar om vas te stel of
iemand daardie nag by die huis sou wees, nieteenstaande mnr
Pothier
se poging in kruisondervraging om aan te dui dat die beskuldigde
gebel het om haar aan te raai om nie alleen in die huis te bly nie.
[15] Die beskuldigde se optrede in verband met die aflaai van Chané
by sy stiefma is ook belangrik. Die indruk wat ons gekry het
is dat
die kinders in die verlede altyd saam by hul ouma oornag het. Op die
betrokke dag het dit nie gebeur nie. Die beskuldigde
het geweier dat
Cheslyn sy ouma kon groet, nieteenstaande Chané se versoek dat hy
dit moes doen. Verder blyk dit dat dit Chané
se bedoeling was slegs
om haar ouma te groet en nie om by haar te oornag nie. Volgens die
beskuldigde self het hy nie eers sy stiefma
gegroet nie, of met haar
gepraat nie. Hy het slegs vir Chané afgelaai en voortgery met
Cheslyn. ´n Redelike afleiding van hierdie
eienaardige optrede is
ons insiens dat hy nie aan sy stiefmoeder wou aandui waarom Cheslyn
nie saam met Chané was nie.
[16] Paul Jonkers was ´n belangrike getuie. Hy
het geweet dat die polisie op soek was na die beskuldigde en sy
eerste vraag aan
die beskuldigde was
âWat
het jy met Cheslyn gedoen?â
. Die
beskuldigde se antwoord was dat hy nie kon sien dat die kind deur
iemand anders grootgemaak moet word nie. Toe die beskuldigde
met
hierdie getuienis gekonfronteer is, was sy reaksie insiggewend. Hy
kon nie onthou dat hy so iets gesê het nie, maar as hy so
iets gesê
het, kon hy nie verklaar waarom hy dit sou gesê het. Aangesien
hierdie getuienis van Jonkers nie betwis word nie, aanvaar
ons dat
die beskuldigde dit wel gesê het. Uiteraard is hierdie brokkie
getuienis redelik verdoemend teenoor hom. ´n Verdere deel
van
Jonkers se getuienis is ook van belang. Toe hy vir die beskuldigde
vra wat gebeur het, was die antwoord dat hy wou nie vir Cheslyn
seergemaak het nie. Die antwoord was nie dat hy nie vir Cheslyn wou
doodgemaak het nie.
[17] Wat die mediese getuienis betref het Dr Brouwer bevind dat daar
kneusings aan die linker- en agterkant van die kop was wat volgens
haar slegs deur redelike geweld veroorsaak kon gewees het. Die
beskuldigde kon geen verduideliking vir hierdie beserings gee nie.
Dr Brouwer het ook ´n kneusing gevind aan die linker kaakhoek wat
volgens haar deur vingers veroorsaak kon gewees het.
[18] Geen teken van die halwe slaappil wat volgens die beskuldigde
deur die oorledene ingeneem is, kon in sy maag of organe gevind
word
nie.
[19] ´n Laaste belangrike aspek is die verklaring
wat die beskuldigde aan die Landdros Kriel gemaak het. Daarin het
die beskuldigde
genoem dat hy die kind verwurg
het Hierdie mededeling aan die
landdros is nie betwis nie. In die hof het die beskuldigde aangedui
dat inteenstelling met die gewone
betekenis van die woord âwurgâ
hy slegs ´n ligte druk op die kind se keel gegee het. Dit was
duidelik dat hy die verskil tussen
âwurgâ en ´n âdrukâ
verstaan het. Tog het hy verkies om aan die landdros te sê dat hy
die kind gewurg het.
[20] Die beskuldigde se weergawe moet in hierdie
raamwerk ingepas word en ons moet dan besluit word of dit in die lig
van al die
feite redelik moontlik waar kan wees. Die indruk wat die
getuies op die hof gemaak het is natuurlik ook van belang wanneer ´n
finale
beslissing gemaak moet word. In dié verband het Chané,
Michelle en Charmaine Hammers ons beïndruk as goeie getuies wat
eerlik
en openhartig getuig het. Dieselfde kan egter nie van die
beskuldigde gesê word nie. Daar is geen werklik inherente
verskil tussen die getuienis van Chané
en Michelle en dié van die beskuldigde. Die enigste werklike
verskil is tussen Charmaine
Hammers se getuienis van wanneer sy en
die beskuldigde oor die egskeiding gestry het. Charmaine sê dat dit
die Donderdag plaasgevind
het, terwyl die beskuldigde beweer dat dit
slegs Saterdag geskied het. Charmaine sê dat die fisiese bakleiery
op Saterdag plaasgevind
het terwyl die beskuldigde beweer dat dit
Sondag gebeur het. Of Charmaine die beskuldigde so hard met haar kop
gestamp het dat sy
neus gebloei
het
of nie is nie van belang nie. Dat die bakleiery die Saterdag
plaasgevind het pas logies in met Charmaine se weergawe en is ook
´n
logiese gevolg van beskuldigde se eie weergawe dat sy eerste woorde
aan haar dié Saterdag was
âWat is jou
storie?â
met verwysing na ´n
dreigement om na die polisie toe te gaan. Waar beskuldigde se
weergawe met dié van Charmaine bots, aanvaar
ons haar weergawe.
[21] Die beskuldigde het nie ´n goeie indruk op
ons gemaak nie. Alhoewel hy verklaar het dat hy na die insident met
sy seun soos
´n
âzombieâ
rondgeloop
het, is sy getuienis nie dié van ´n
âzombieâ
nie. Hy kon sy bewegings in besondere detail onthou, asook dit wat
hy sou bespreek het met die persoon of mense wat hy die oggend
in die
Kaap raakgeloop het, asook dit wat hy met die sekuriteitswagte by die
Eersterivierstasie bespreek het
voordat
hy die eerste trein Kaap toe geneem het. Op vrae wat ´n negatiewe
uitwerking op sy weergawe kon gehad het was dit egter
´n ander
storie. Hier was die antwoord óf dat hy dit nie kan onthou nie,
maar as dit so was dan kan hy nie sê waarom dit gebeur
het of waarom
hy dit gesê het nie. Op verskeie vrae was sy antwoord eenvouding
dat hy geen kommentaar het nie. In die eerste plek
is dit onlogies
dat hy so veel detail kan onthou, maar dat sy geheue hom verlaat
wanneer hy by ´n inkriminerende aspek kom. Sy
reaksie op Jonkers se
getuienis is ´n skreiende voorbeeld. Sy beste vriend getuig dat hy
sê dat hy dit met sy kind gedoen het
omdat sy vrou wil skei en dat
hy nie kan sien dat sy kind deur iemand anders (dit wil sê ´n ander
man) grootgemaak word nie. Ewe
skielik kan hy nie onthou dat hy so
iets gesê het nie. Hy ontken dit egter nie, maar sê dat as hy dit
gesê het, hy nie weet waarom
hy dit gesê het nie. Só ´n antwoord
is ontwykend en onbevredegend om die minste te sê. Ook moet nie uit
die oog verloor word
nie dat die beskuldigde ´n basiese opleiding in
noodhulp ondergaan het. Hy het getuig dat hy opgelei is in
hartmassering en mond
tot mond asemhaling.
[22] Die feit dat verskeie van beskuldigde se
optredes laakbaar is beteken nie noodwendig dat hy skuldig is nie, en
die hof moet daarteen
waak om nie spekulasie omtrent die redes vir sy
optredes te verhef tot feite bevindings nie. Die feit is egter dat
indien die dood
van die kind ´n gevolg van ´n ongeluk, (dit wil sê
´n ligte drukkie op ´n besondere sensitiewe deel van sy liggaam)
geskied
het, die beskuldigde se optredes daarna nie strook met dié
van ´n persoon wat per ongeluk die dood van sy kind veroorsaak nie.
Alhoewel hy in sy getuienis in hoof aanvoer dat hy vir Paul Jonkers
gesê het dat hy slegs die kind wou stilmaak, kan sy getuienis
in
hierdie verband nie aanvaar word nie. Jonkers sou dit sekerlik
genoem het as hy dit gesê het. Dit was ook nooit aan Jonkers
gestel
nie.
[23] Mnr
Pothier
het manmoedig aangevoer dat nie een van die verskeie faktore wat ek
genoem het noodwendig die afleiding regverdig dat die beskuldigde
beplan het om die kind om die lewe te bring nie en dat daar by elke
aspek ´n heel onskuldige verduideliking mag
wees. Die beskuldigde het egter geen
verduideliking verskaf oor waarom hy vir Chané alleen by haar ouma
afgelaai het, sonder om
met sy stiefma daaroor te praat, en waarom hy
vir Cheslyn alleen saamgeneem het na sy stiefsuster en daarna na die
casino.
[24] In die lig van die redelike inkriminerende
getuienis van wat voor en na die insident plaasgevind het, was dit
verstaanbaar dat
mnr
Pothier
hom toegespits het op die gebeure in die huis in ´n poging om aan te
toon dat die dood van die oorledene eintlik per ongeluk ingetree
het
en die beskuldigde dit nie kon voorsien het nie. Die
ipse
dixit
van die beskuldigde is nie
opsigself deurslaggewend nie, al is hy die enigste persoon wat kan
getuig van wat daar gebeur het. Sy
weergawe moet getoets word teen
enige ander getuienis wat relevant mag wees; in hierdie geval die
mediese en forensiese getuienis.
Volgens Dr Brouwer is dit hoogs
onwaarskynlik dat die kneusing by die linker kaakhoek veroorsaak kon
gewees het deur so ´n ligte
drukkie as wat die beskuldigde
gedemonstreer het. Dan is daar Dr Brouwer se getuienis dat die
oorledene die geweld wat die kneusing
aan die kaakhoek veroorsaak het
moes oorleef het voordat hy daarna gesterf het omdat ´n kneusing
slegs veroorsaak kan word terwyl
´n persoon lewe en die bloed in sy
liggaam nog loop. Haar afleiding was dus dat iets verder daarna moes
gebeur het om die dood
te veroorsaak. Mnr Pothier het aan haar
gestel dat dit moontlik was dat indien ´n druk op die karotis sinus
sou lei tot onmiddelike
kardiale disritmieë dit teoreties moontlik
mag wees dat bloed as gevolg van die laaste klop of kloppe van die
hart nadat die hart
stilgestaan het nog sou kon vloei. Dus het hy
gesuggureer dat dit moontlik is dat ´n kneusing wel kon geskied het
deur middel van
die druk wat die kardiale disritmieë veroorsaak het
en dat daar nie noodwendig iets verder gebeur het nie. Hy het egter
nie enige
gesag vir hierdie proposisie gehad nie. Dr Brouwer was nie
bereid om hieroor te spekuleer nie. Sy het daarop gewys dat daar ´n
mate van spekulasie daaroor bestaan of die hart in so ´n geval
onmiddelik stop en of daar nog ´n bradikardie is
en dat mnr Pothier se vraag die
spekulasie ´n paar tree verder vat. Sy het gebly by haar getuienis
dat die feit dat daar ´n kneusing
was beteken dat daar ten minste ´n
tweede greep toegepas moes gewees het. Dr Brouwer het ook aangedui
dat indien ´n slaappil omtrent
´n half uur voor die oorledene se
dood ingeneem was, ´n mens sou verwag om tekens daarvan te vind, of
in die maag of in die organe
(dit wil sê die lewer en die niere) of
in die bloed. Die analis wat die forensiese toetse uitgevoer het,
het getuig dat hy nie
die bloed van die oorledene kon toets nie
aangesien dit in ´n gestolde toestand was. Hy het egter die organe
en die maag en inhoud
getoets en geen teken van enige
verdowingsmiddel gevind nie. Hy het aangedui dat die maag en die
inhoud daarvan getoets is deur
die maag en die inhoud asook die
vloeistof waarin dit behou is saam op te maal en dit daarna te toets.
Mnr Pothier het aan hom gesuggureer
dat indien slegs ´n gedeelte
van die gemengde mengsel getoets is, dit nie noodwendig volg dat daar
nie tekens van die verdowingsmiddel
in die oorblywende mengsel mag
wees nie. Mnr Mhlawuli het dit nie toegegee nie en het herhaal dat
die toetse wat hy uitgevoer het
die normale en algemene aanvaarde
toetse was. Hy is selfs meegedeel watter tipe slaappil die oorledene
na bewering sou geneem het
en was dus op die uitkyk vir enige tekens
van ´n verdowingsmiddel. Na ons mening is daar geen rede om nie te
aanvaar dat in alle
waarskynlikheid die oorledene nie ´n slaappil
omtrent ´n halfuur voor sy dood ingeneem het nie.
[25] Die beskuldigde was nie openhartig met die
hof nie. Ek het alreeds verwys na sy reaksie op Paul Jonkers se
getuienis. Dit was
nie die enigste keer nie. Op ´n vraag oor hoekom
hy nie vir Cheslyn ook by sy ouma afgelaai het nie, was sy enigste
antwoord day
hy geen verduideliking daarvoor kon gee nie. Toe hy
gevra is wat hy dink sou gebeur as hy sy hand op sy kind se nek
plaas, was sy
antwoord dieselfde. Daar was ook ander voorbeelde.
Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat die kumulatiewe effek van die
getuienis
wat deur die Staat aangebied is, gekoppel met die
beskuldigde se mededelings aan Paul Jonkers, sodanig is dat die
beskuldigde se
weergawe dat hy nie bedoel het om die oorledene dood
te maak nie en hom slegs wou stilmaak, nie redelik moontlik waar kan
wees nie.
Mnr
Pothier
het aangevoer dat dit nie
sin
sou maak dat die beskuldigde die oorledene na die huis terug sou neem
om hom daar dood te maak nie aangesien hy dit by verskeie
geleenthede
voor dit kon gedoen het. Na ons mening is dit irrelevant waar die
daad gepleeg is want die kind was in die beskuldigde
se sorg en hy
sou altyd ´n verduideliking moes verskaf. Die eenparige besluit van
die hof is dus dat die beskuldigde vooraf beplan
het om sy seun dood
te maak en inderdaad gedood het deur hom te verwurg. Hy word dan
skuldig bevind aan moord soos aangekla.
____________________
R
B CLEAVER