General Accident Insurance Co (SA) Ltd v Summers; In re: Southern Versekerings Assosiasie BPK: General Accident Insurance Co (SA) Ltd (456/85) [1987] ZASCA 65; [1987] 2 All SA 345 (A) (2 June 1987)

80 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Damages — Calculation of damages — Method of calculating loss of support — Appellants, as insurers, contested the quantum of damages awarded for loss of support following the death of a father in a motor vehicle accident — The trial court applied differing methodologies for calculating damages, leading to disputes on whether future losses should be discounted to the date of the accident or the trial — The court upheld the trial court's approach, affirming that the method used to calculate damages was appropriate and consistent with precedent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 65
|

|

General Accident Insurance Co (SA) Ltd v Summers; In re: Southern Versekerings Assosiasie BPK: General Accident Insurance Co (SA) Ltd (456/85) [1987] ZASCA 65; [1987] 2 All SA 345 (A) (2 June 1987)

Saaknommer 456/85 E du P
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPELAFDELING
)
In
die
saak tussen:
(1)
GENERAL ACCIDENT INSURANCE
CO (SA) LTD
Appellant
en
NAOMI GLORIA SUMMERS
Respondent
(2)
DIE SOUTHERN VERSEKERINGS
-
ASSOSIASIE BPK
Appellant
en
HENDRIK MICHIEL CARSTENS N O
.
Respondent
(3)
GENERAL ACCIDENT INSURANCE
COMPANY
OF SOUTH AFRICA LIMITED
Appellant
en
MHLENGANI NHLUMAYO
Respondent
Coram
/
Coram
: RABIE WND
HR, JANSEN, VILJOEN, HOEXTER et
BOTHA,
ARR.
Verhoordatum
:
Leweringsdatum
:
6
Mei 1987 2 Junie
1987
7
Mei 1987
8
Mei 1987.
UITSPRAAK
RABIE WND HR:
In hierdie uitspraak word drie
appêlle
behandel. Die uitsprake waarteen
geappelleer word,
is gerapporteer: kyk (1)
Summers v. General Accident
Insurance Co South Africa Ltd 1985(3) SA 418 (K);
(2) Carstens N O
v. Southern Insurance Association
Ltd/....
3
Ltd
1985(3) SA 1010(K) en (3)
Nhlumayo v. General
Accident Insurance Co of SA Ltd 1986(3) SA 859 (D)
Die appellant in elk van die drie sake is 'n bevoegde
versekeraar ingevolge die bepalings van die Wet op
Verpligte Motorvoertuigversekering No. 56 van 1972, en die
appèl in elk van die gevalle is gerig teen die bedrag
wat die betrokke appellant deur die verhoorhof gelas
is om as skadevergoeding aan die eiser in die saak
te betaal. Volgens die appellante se betoë het
al drie die verhoorhowe dieselfde foutiewe metode,
of benadering, gevolg toe hulle die bedrag van skade-
vergoeding moes bepaal en het hulle as gevolg daarvan
'n te hoë bedrag vasgestel. Dieselfde vrae duik in
die/....
4
die drie gevalle op en die appêlle kan gerieflik
saam behandel word.
Ek gee hieronder eers 'n kort uiteensetting
van die
belangrikste feite van die sake en van die
getuienis wat die partye in verband met die vraag
van die berekening van skadevergoeding voorgelê het
Daarna bespreek ek die vraag of die howe by die be-
rekening van skadevergoeding 'n verkeerde metode gevolg
het.
In die
Summers-
saak was die feite soos volg.
Die aksie is ingestel deur Naomi Gloria Summers, die moeder en natuurlike
voog van Tracy Lee Martin (hier-
na "Tracy" genoem) , wat op 10 Augustus 1976
gebore is
Haar/
5
Haar vader was Paul Jonathan Martin, wat
op 5 September
1982 gedood is in 'n botsing tussen 'n motorfiets waarop
hy gery het en 'n motorkar wat by die verweerder-
maatskappy (nou die appellant) ingevolge die bepalings
van die bogemelde Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering
verseker was. Die verhoorhof het bevind dat die be-
stuurder van die motorkar vir die botsing verantwoordelik
was en hierdie bevinding is nie op appèl aangeveg nie.
Martin, wat nie met Tracy se moeder getroud was nie,
was 28 jaar oud toe hy gedood is. Hy het ten tyde
van sy dood ongeveer R450 per maand verdien en dit was
gemene saak dat hy in daardie tyd elke maand R45 tot
die onderhoud van Tracy bygedra het en dat hy sou voort-
gaan/....
6
gaan om dit te doen as hy nie gedood is nie.
Tracy se moeder het op 8 Februarie 1984
'n aksie
ingestel waarin sy R7 052-67 weens die ver-
lies aan onderhoud wat Tracy as gevolg van haar vader
se dood gely het, van die appellant geëis het.
By die verhoor het mnr H W Beets, 'n aktuaris
van
Kaapstad, ten behoewe van die eiseres getuig.
Hy het die skade wat Tracy gely het soos volg bereken,
Hy het aangevoer dat Tracy se vader ten tyde van sy
dood R45 per maand tot haar onderhoud bygedra het
en dat daardie bedrag elke jaar daarna, tot op Tracy
se 18de verjaardag (wanneer sy selfstandig sou word),
groter sou geword het - net soos Martin se salaris
-
om met die inflasiekoers tred te hou. Daarna het hy
die/
7
die maandelikse bedrae wat Martin gedurende die tydperk
5 September 1982 (die datum van Martin se dood) en 1
April 1985 (wat byna met die datum van die verhoor
20 Maart 1985 - saamval) aan onderhoud sou betaal
het, bymekaar getel. Die totaal was Rl 597. Wat
Tracy se verlies ná 1 April 1985 betref, het Beets
eers uitgewerk wat Martin vanaf daardie datum tot
op Tracy se 18de verjaardag by wyse van maandelikse
betalings aan haar onderhoud sou bestee het en toe
het hy deur 'n verdiskonteringsproses die waarde van
al daardie betalings, soos op 1 April 1985 bereken,
bepaal. Die bedrag wat aldus bepaal is, was R6 330
Daarna het Beets die totaal van die bedrae R1 597 en
R6 330/....
8
R6 330, d.w.s. R7 927, met die oog op gebeurlikhede ("contingencies") wat
daartoe kon bygedra het om die bedrae te verminder, met
5%
verminder. Dit
het hom toe 'n bedrag van R7 531 gegee, wat hy as Tracy se skade beskou het. By
'n vóórverhoorkonferensie
is ooreengekom dat indien dit veroorloof
was om, soos Beets gedoen het, Tracy se verlies gedurende twee tydperke te
bereken (t.w.
(1) die periode tussen Martin se dood en 1 April 1985, en (2) die
periode tussen 1 April 1985 en Tracy se 18de verjaardag), Tracy
se totale
verlies R7 000 bedra het. (Kyk 1985(3) SA op 420B.)
Die/....
9
Die appellant het ook 'n aktuaris, mnr R J Koch, as getuie opgeroep om oor
die vraag van die bepaling van skadevergoeding te getuig,
Sy benadering wat
dié aangeleentheid betref, word soos volg uit-eengesit in die verslag wat
hy vir die doel van sy getuienis
by die verhoor opgestel het:
"A lump-sum award for loss of expectations of support is understood to represent
the market value of the chance which has been lost
of receiving such support.
Because there is no market trading in lost support it is necessary to estimate a
market value by means
of a financial model which in-corporates expected average
rates of interest, inflation and mortality. As a first step an estimate
is made
of the yearly losses which are expected as the reasonable
and
probable/
10
probable consequences of the death. This series of yearly amounts is then
reduced to present value by means of discounting
techniques."
Die getuie het, soos Beets, uitgewerk
welke bedrae Martin waarskynlik gedurende elk van die bogemelde twee tydperke as
onderhoud sou
betaal het, maar hy het, anders as Beets, die totaal van die
bedrae wat gedurende elk van die tydperke betaal sou gewees het, verdiskonteer
om te bepaal wat die waarde daarvan op die dag van Martin se dood (die datum van
die delik) sou gewees het. Die bedrae wat hy op
dié wyse be-
paal het, was R1 272 in die geval van die eerste tydperk en R3 916 in die
geval van die tweede tydperk. Die
totaal/....
11
totaal van hierdie twee bedrae (R5 188) het hy met 5% verminder om vir
gebeurlikhede voorsiening te maak, wat meegebring het dat hy
Tracy se skade op
R4 929 vasgestel het. By die vóórverhoorkonferensie is ooreengekom
dat indien Koch se berekeningsmetode
as die korrekte aanvaar sou word,
skadevërgoeding ten bedrae van R5 000 aan Tracy toegeken moes word. (Kyk
1985(3) SA op 420
B.)
Koch se standpunt was dat iemand wat van-weë 'n delik skade ly, se
skuldoorsaak op die datum van die delik ontstaan en dat die
vergoeding waarop hy
geregtig is gevolglik vasgestel moet word op die waarde wat dit op daardie datum
gehad het. Verliese
wat/
12
wat uit 'n delik voortvloei, moet dus, volgens
die
getuie, tot op die datum van die delik verdiskonteer
word en nie, soos Beets ten opsigte van die tweede
tydperk, hierbo genoem, gedoen het, tot op die datum
van die verhoor nie. Wat betref Beets se standpunt
dat verliese wat by die verhoor reeds gely is onver-
minderd toegeken moet word (d.w.s. sonder dat dit aan
verdiskontering onderwerp word), was Koch se mening
dat dit eintlik daarop sou neerkom dat rente op 'n
ongelikwideerde skadevergoedingsbedrag toegeken word,
wat regtens ongeoorloof is. Die rente wat toegeken
word, is, volgens hierdie siening van die saak, daardie
bedrag wat die reeds gelede skade (soos deur Beets
bereken/....
13
bereken) groter is as die verdiskonteerde
waarde
daarvan soos op die datum van die delik. Volgens
Koch se benadering laat 'n mens rente op 'n onge-
likwideerde skadevergoedingsbedrag toe as jy vergoeding
vir toekomstige skade tot op die datum van die verhoor
verdiskonteer in plaas van tot op die datum van die delik
Die verhoorhof was van mening dat daar 'n
genoegsame
ooreenkoms tussen die feite van hierdie
saak en dié van
Wigham v. British Traders Insurance
Company Ltd
1963(3) SA 151 (W) bestaan om die toepassing
van die benadering wat in daardie saak gevolg is, te
regverdig, en het R7 000 as skadevergoeding toegeken,
Hieruit blyk dat die hof Beets se berekening van die
skadevergoeding aanvaar het.
In/....
14
In die Carstens-saak is 'n sestienjarige
seun, Clive
Cornelius (hierna "Clive" genoem)
,
op
15 Desember 1979 in 'n motorbotsing beseer. Die
botsing is veroorsaak deur die nalatige bestuur van
die bestuurder van 'n motorkar wat ingevolge die
bepalings van die gemelde Wet op Verpligte Motorvoertuig-
versekering by die appellant verseker was. Clive,
wat destyds gewerk het, is so ernstig beseer dat hy nooit
weer enige werk sou kon doen nie. Sy vader (Eric
Cornelius) het in Julie 1983 'n aksie ingestel om
skadevergoeding te eis vir die skade wat Clive gely het
In 'n later stadium is 'n curator ad litem vir Clive
aangestel. Hierdie
curator
ad
litem
is die respondent
in die appèl. Die verhoor het op 22 November 1984
begin/....
15
begin, d.w.s. byna 5 jaar nadat Clive beseer is.
Die partye het by 'n
vóórverhoorkonferensie
oor 'n hele
paar aangeleenthede tot 'n ooreenkoms met
mekaar geraak, o.a. dat Clive se algemene skade
R30 OOO beloop het; dat hy-as gevolg van sy beserings
totaal arbeidsongeskik was; dat hy vóór sy beserings
R112 per week verdien het; dat hy daarna dieselfde
salaris, soos van tyd tot tyd aangepas om met die in-
flasiekoers tred te hou, sou verdien het, en dat hy,
indien hy nie beseer is nie, waarskynlik tot sy 65ste
jaar sou aanhou werk het.
Die vernaamste geskil tussen die twee partye
by die
verhoor was oor die vraag hoe die skadever-
goeding/...
16
goeding wat aan Clive toegeken moes word, bereken
moes word. Albei partye het 'n aktuaris as getuie op-
geroep. Mnr J de Bruyn het ten behoewe van Clive
getuig, en mnr Koch, wat ook in die
tuig het was die verweerder-maatskappy se getuie.
Mnr D.e Bruyn se benadering tot die aange-
leentheid
was dieselfde as dié van Beets in die
Summers-saak. Hy het die vergoeding ten opsigte van
twee tydperke bereken. Die eerste was die tydperk
tussen die datum waarop Clive beseer is (15 Desember
1979) en die datum van die verhoor (wat as 1 Desember
1984 geneem is), en die tweede was die tydperk vanaf
die datum van die verhoor tot die datum waarop Clive
sou/....
17
sou gewerk het indien hy nie beseer is nie. Hy het aan
die hof gesê dat sy oogmerk met die berekening wat
hy gemaak het soos volg was:
"The purpose of the exercise was to place the plaintiff, as far as possible, in
the position he would have been in, financially speaking,
if the accident had
not occurred. But the problem resolved itself into finding a lump sum payment
which was equal in value to an
assumed series of earnings which was presumed
lost. To do this one capitalised this series of payments and when you capitalise
something
you try to find the present value, which means a discounting approach
and you aim to discount this to the date at which you actually
make the lump sum
payment."
Die verliese wat Clive tot 1 Desember 1984 gely het,
was, volgens De Bruyn se berekening, R17 749. Hierdie bedrag is, die totaal van
die bedrae wat Clive waarskynlik as salaris sou ontvang het as hy
nie/....
18
nie beseer was nie, en dit is nie verdiskonteer
nie.
Wat toekomstige verliese betref, het De Bruyn die bedrae
wat Clive waarskynlik sou verdien het as hy nie be-
seer was nie, terugverdiskonteer tot op 1 Desember
1984. Die resultaat was die bedrag van R147 819,
De Bruyn het dieselfde metode gevolg om die waarde
van die verwagte pensioen wat Clive verloor het, te
bepaal. Hierdie waarde, soos op 1 Desember 1984
bereken, was R4 924.
De Bruyn het in die loop van sy getuienis
gesê
dat dit tot die nadeel van 'n persoon wat op
skadevergoeding geregtig is, strek indien die vergoeding
tot/...
19
tot op die datum waarop die delik gepleeg is,
verdis-
konteer word. Die bedrag wat tot op die datum van
die delik verdiskonteer is, het hy gesê, sou 'n eiser
vir sy skade vergoed indien dit op daardie datum aan
hom betaal sou word, maar dit vergoed hom nie daar-
voor indien die bedrag eers by die verhoor, wat lank
ná die pleeg van die delik kan plaasvind (in die
onderhawige geval, byna 5 jaar), aan hom betaal word
nie. Wanneer die eiser so laat betaal word, het hy
gesê, "you have denied him the opportunity of investing
it for five years." Die oogmerk by die berekening
van skadevergoeding, het hy getuig, is om die be-
seerde in dieselfde posisie te plaas waarin hy sou
gewees het as hy nie beseer is nie, en, het hy gesê,
"You/...
20
"You cannot achieve this by giving him a lump sum that
you should have given him five years ago."
Koch het, net soos De Bruyn, uitgewerk wat
Clive
waarskynlik gedurende elk van die bogemelde
twee tydperke sou verdien het indien hy nie beseer
is nie, maar het, anders as wat De Bruyn gedoen het,
albei die bedrae wat hy op dié manier bepaal het tot
op die datum van die delik verdiskonteer. Hy het
getuig dat hy tot op die dag van die delik verdiskon-
teer het omdat 'n mens vergoeding vir die verlies van
die eiser se verdienvermoë ("earning capacity")
moet bepaal, en nie vergoeding vir 'n verlies van
inkomste nie, en omdat die eiser se verdienvermoë
op die datum van die delik vernietig is. 'n Mens se
verdienvermoë/....
21
verdienvermoë, het hy gesê, is 'n bate
("asset"), en
'n mens moet die waarde daarvan bepaal op die datum
waarop dit vernietig of beskadig word. Wanneer die
partye by die verhoor probeer bepaal wat die waarde van
daardie bate ten tyde van die pleeg van die delik was,
het Koch gesê, moet dit beskou word asof "the parties
negotiating the deal are negotiating a price at a date
some years back, but taking into account that information
which has become available since that date in order to
more accurately assess the chances." Met betrekking
tot sy standpunt dat dit by die berekening van skade-
vergoeding om die bepaling van die beseerde se
verdienvermoë/...
22
verdienvermoë ("earning capacity") gaan, het die
ge— túie verwys na
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v.
Byleveldt
1973(2) SA 146(A), waar Rumpff AR gesê het (op 150 C-D):
"Die verlies van geskiktheid om inkomste te verdien, hoewel gewoonlik gemeet aan
die . standaard van die verwagte inkomste, is 'n
verlies van geskiktheid en nie
'n verlies van inkomste nie ."
Koch het verder
gesê dat indien 'n mens 'n skadever-goedingsbedrag tot óp die dag
van die verhoor in plaas van tot op
die datum van die delik verdiskonteer, jy op
'n indirekte manier doen wat jy nie regstreeks mag doen nie, nl. om rente op 'n
ongelikwideerde
skadevergoedingsbedrag toe te laat.
Koch se metode van berekening het meegebring
dat/...
dat hy die vergoeding wat aan Clive toegeken moet word op 'n
heelwat laer bedrag as De Bruyn bepaal het, nl. R11 044 as vergoeding
vir skade
gedurende die eerste periode (soos hierbo genoem) gely, en R56 384 as
skadevergoeding ten opsigte van die tweede periode.
(Ek laat die bedrag wat
bý vir algemene gebeurlikhede ("general contingencies") van hierdie
bedrae afgetrek het, buite rekening,)
Die verhoorhof het De Bruyn se benadering gevolg
Daar is, behalwe die kwessie van verlies
van inkomste, of verdienvermoë, ook 'n paar ander
aangeleenthede met betrekking tot die vraag van
skadevergoeding wat in die verhoorhof, en ook voor
ons, beredeneer is. (Kyk,wat die verhoorhof betref,
1985/,
24
1985(3) SA op 1023 D - 1028 D en 1029 D-G.)
Dit
sal gerieflik wees om eers later in die uitspraak
daaraan aandag te gee.
In die Nhlumayo-saak is die eiser (nou
die
respondent) op 27 Oktober 1979 omgery deur 'n
motor-
kar wat ingevolge die bepalings van die gemelde Wet
op Verpligte Motorvoertuigversekering by die appellant-
maatskappy verseker was. Nhlumayo, wat toe 32 jaar
oud was, is ernstig beseer. Een van sy arms moes
afgesit word, en as gevolg daarvan kon hy nie voort-
gaan met die werk wat hy voorheen gedoen het nie.
Hy was 'n werker in die boubedryf. Hy het op 26
Januarie 1984 'n aksie om skadevergoeding teen die
appellant ingestel. Die verhoor het in September 1984 pla;
gevind/....
25
gevind en uitspraak is in April 1985 gegee. Nie
een van die advokate wat die partye by die verhoor
verteenwoordig het, kon aan die verhoorhof sê waarom
daar so 'n lang vertraging was voordat die aksie
ingestel is nie.
Die partye het vóór die verhoor met
me-
kaar ooreengekom dat Nhlumayo vir 60% vir die
botsing
waarin hy beseer is, verantwoordelik was en dat hy
dus op vergoeding van 40% van die skade wat hy gely
het, geregtig was. Hulle het terselfdertyd ook oor-
eengekom dat Nhlumayo se algemene skade R30 000 was
en dat sy mediese onkoste R2 738 beloop het. By die
verhoor het albei partye 'n aktuaris as getuie opgeroep
Mnr/...
26
Mnr D G Rolland het ten behoewe van Nhlumayo getuig,
en ranr A J Koch (wat ook in die
Summers
- en
Carstens-
saak getuig het) ten behoewe van die appellant. Nadat
al die getuienis in die saak aangehoor is, is die
verhoorhof deur die advokate meegedeel dat die partye
soos volg met mekaar ooreengekom het aangaande Nhlumayo
se eis om skadevergoeding weens sy "loss of earnings"
(a) Indien veronderstel word dat alle verlore in-
komste ("all lost income") tot op die datum van
die delik (27 Oktober 1979) verdiskonteer moet word,
dan was Nhlumayo se reeds gelede verlies toe die
verhoor plaasgevind het R23 156 en sy toekomstige
verlies R63 489 (d.w.s. 'n totale verlies van R86 645);
en/...
27
en (b): Indien veronderstel word dat reeds gelede verlies nie verdiskonteer
moet word nie en toekomstige inkomste ("future income")
tot op die datum van die
verhoor terugverdiskonteer moet word, dan was sy reeds gelede verlies R34 377 en
sy toekomstige verlies
R130 120 (d.w.s. 'n totale verlies van R164 497). By die
bepaling van hierdie bedrae is aftrekkings wat die verhoorhof weens
gebeurlikhede
("contingencies") sou wou maak, buite rekening gelaat.
Albei
aktuarisse het 'n berekening gemaak van die bedrae wat Nhlumayo waarskynlik sou
verdien het as hy nie beseer is nie gedurende
(a) die tydperk vanaf die dag
waarop hy beseer is tot op die datum van die verhoor, en
(b)
die/.....
28
die tydperk vanaf die verhoor tot sy 65ste jaar,
wanneer hy sou opgehou het om te werk. Rolland se
benadering was dieselfde as dié van De Bruyn in die
Carstens-saak en dié van Beets in die Summers-saak.
Hy het die bedrae wat Nhlumayo gedurende die eerste
tydperk sou verdien het, onverminderd (d.w.s. sonder
om dit tot op die datum van die delik terug te ver-
diskonteer) as reeds gelede skade beskou, en die be-
drae wat Nhlumayo gedurende die tweede tydperk sou
verdien het, het hy terugverdiskonteer tot op die
datum van die verhoor. Koch het in die geval van
albei tydperke die betrokke bedrag tot op die datum
waar op Nhlumayo beseer is, terugverdiskonteer
Rolland/
29
Rolland het getuig dat hy by die berekening
van iemand se toekomstige skade nog altyd tot op die datum van die verhoor
(of, waar partye die saak skik, tot op die datum van die
skikking) verdiskonteer
het en dat dit die algemene praktyk onder aktuarisse is. Sy benadering tot
hierdie aangeleentheid blyk uit
die volgende uittreksel uit sy
hoofgetuienis:
"Now in practical terms what would be the result to a plaintiff if one was to
discount all the income back to the date of the accident?
— Well it would
mean that he wouldn't be able to place himself in the same position financially
because the compensation would
be too small.
Could you elaborate on that and tell us briefly how that would come about?
— Well assuming we know what he is going to earn
in the future, we are
trying to give him a lump sum to replace his lost income and
the/....
30
the only way to do this at compound interest is to discount to the present
time and not to some other date.
Now in discounting to the present time, can I express it this way, is one
trying to give him a sum which, invested, will produce an
annuity which will
theoretically expire in the course of his ïifetime? — Yes.
Well during the course of his working life? —During the course of his
working life, yes.
If
an award was made now of an amount discounted to a date six years
earlier would you have achieved the same results? No."
In die loop van sy kruisondervraging het hy in hierdie verband ook
gesê:
"....as far as I am aware we are supposed to be trying to place the plaintiff
in the position he would have been in had he not been
injured. In order to
replace his future income we can only discount to date of trial. If we discount
back to date
of/....
31
of accident the cash wouldn't be sufficient to replace his income."
Koch het, net soos hy ook in die
Carstens
-en
Summers
-saak
gedoen het, na
Sigournay v. Gillbanks
1960(2) SA 552 (A) verwys en die
mening uitgespreek dat daardie saak die benadering verwerp het wat Rolland
gevolg het. Om toekomstige
verliese tot op die datum van die verhoor te
verdiskonteer, het hy gesê, "is the same thing as adding interest to a
debt which
arose notionally at the date of the delict. It has that effect
numerically." Die getuie het ook weer verwys na
Santam
Versekeringsmaatskappy
Bpk
/....
32
Bpk v. Byleveldt
1973(2) SA 146 (A), waar
gesê is dat
dit "verlies van geskiktheid om inkomste te verdien"
is wat vergoed word, en nie "verlies van inkomste" nie
Volgens Koch staan aktuarisse wat dieselfde metode
as Rolland volg onder die invloed van die praktyk in
Engeland, waar wetgewing "interest on damages" toelaat.
Die verhoorhof (Leon R) het die berekenings-
metode wat deur Rolland gevolg is, aanvaar. Die
geleerde regter se bevinding oor hoeveel daar vir
gebeurlikhede toegelaat moes word en die appellant
se aanval daarop, word later in die uitspraak genoem
en bespreek.
In/....
33
In al drie die appelle waaroor hierdie uitspraak
gaan, is daar namens die appellant aangevoer dat die
verhoorhof 'n te groot bedrag as skadevergoeding
toegeken het (a)Omdat dit vergoeding vir skade wat gedurende die
periode tussen die datum van die delik en die datum
van die verhoor gely is nie tot die datum van die
delik verdiskonteer het nie, en (b) omdat dit vergoeding vir toekomstige
skade, d.w.s. skade wat in die periode tussen die
datum van die verhoor en die einddatum gely is, tot
op die datum van die verhoor in plaas van tot op die
datum van die delik verdiskonteer het. (In
Summers
se
Saak/.....
34
saak is die einddatum die datum wanneer die afhanklike
selfstandig sou word, en in die ander twee sake die
datum wanneer die beseerde sou opgehou het om te werk
indien hy nie beseer was nie.) Daar is aangevoer
dat die benadering wat deur die verhoorhof in elk van
die sake gevolg is op verskeie gronde foutief is.
Hierdie gronde kom op die volgende neer. In die eerste
plek word gesê dat daardie benadering in stryd is met sekere vroeë
beslissings van ons howe en, verder,
dat dit ook strydig is met die beslissing van hierdie hof in
Sigournay v.
Gillbanks
1960(2) SA 552. In
die tweede plek word betoog dat indien skade
wat op die tydstip wanneer die verhoor plaasvind reeds gely
is/
is nie tot op die datum van die delik verdiskonteer
word nie, en indien skade wat ná die datum van die
verhoor gely word tot op die datum van die verhoor
in plaas van tot op die datum van die delik verdis-
konteer word, daar 'n voordeel aan 'n eiser gegee word
wat dieselfde is asof daar rente op 'n ongelikwideerde
skadevergoedingsbedrag toegeken word. Dit is erkende reg,
lui die betoog, dat rente nie op 'n ongelikwideerde
bedrag toegelaat word nie.
Ek behandel eerste die betoog dat die ver-
hoorhof in al drie sake voor ons fouteer het deur
'n berekeningsmetode te volg wat in stryd is met
beslissings van ons howe. Die advokaat van die
appellant in die Summers-saak het ons verwys na 'n
aantal/....
35
36
aantal sake wat met die eise van afhanklikes te doen
gehad het en wat, volgens sy betoog, sou toon dat dit
'n ou gevestigde praktyk is om vergoeding vir verlies
van onderhoud te bepaal op die grondslag van die
gekapitaliseerde waarde, soos op die dag van die
broodwinner se dood bereken, van die bedrag wat die
broodwinner waarskynlik aan die onderhoud van die
afhanklike sou bestee het. Die sake waarna ons in
hierdie verband verwys is, is:
Kennedy v. Port Elizabeth
Harbour Board
5 E D C 311
;
Waring & Gillow Ltd v.
Sherborne
1904 T.S. 340
; Chisholm v. East Rand
Proprietary Mines, Ltd.
1909 T.H. 297
;
Hulley v. Cox
1923 A.D: 234
;
Smart and Others v. South African
Railways and Harbours
1928 N.L.R. 361
;
Paterson v
South/.....
37
South African Railways and Harbours
1931 C.P.D. 289
;
Jacobs v. Cape Town Municipality
1935 C.P.D. 474
;
Arendse v. Maher
1936 T.P.D. 162
;
Van Heerden v.
Bethlehem Town Council
1936 O.P.D. 115
;
Graaff v.
Speedy Transport
1944 T.P.D. 236
;
Maasberg v. Hunt,
Leuchars & Hepburn Ltd
1944 W.L.D. 2
, en
Roberts v,
London Assurance Co. Ltd 1948(2) S.A. 841(W).
Ek het hierdie sake gelees en is nie voornemens om
hulle een vir een te bespreek nie.Dit is voldoende
om te sê dat hulle nie die bestaan van 'n praktyk,
soos deur die advokaat aangevoer, bewys nie. Dit is
wel waar dat in sommige van die sake gelet is op die
gesamentlike lewensverwagting van die broodwinner
en die afhanklike, wat daarop kan dui dat skadever-
goeding/....
38
goeding soos op die datum van die dood van die brood-
winner bereken is. Dit is egter nie duidelik dat dit
so was nie: daar is nêrens enige bespreking van die
aangeleentheid nie.Daar is ook nie in enige van die
sake ingegaan op, of 'n beslissing
gegee
oor, die
vrae waarmee ons in die onderhawige drie sake te doen
het nie.Punte wat meermale in hierdie
sake beklemtoon is, is dat 'n hof by die toekenning
van skadevergoeding 'n bedrag moet probeer bepaal wat
billik teenoor die eiser en die verweerder is en,
verder, dat by die bepaling van die betrokke bedrag
'n hof nie verplig is om die een of ander berekenings-
metode te volg nie. In
Hulley v. Cox,
supra, op 243 —
244, het hierdie hof (per Innes HR) die volgende in
hierdie/....
39
hierdie verband gesê:
"
...compensation is only awarded in respect of material loss caused to
the dependents of the deceased man by his death. Some authorities
consider that
the calculation should be based upon the principle of
an annuity (See
Grotius
3 .33.2. Matthaeus de
Criminibus
48.5.11.)
Voet
on
the other hand favours a more general estimate. Such damages, he thinks, should
be awarded as the sense of equity of the judge
may determine, account being
taken of the maintenance which the deceased would have been able to afford and
had usually afforded
to his wife and children. (Ad
Pand
. 9.2.11.) That
would seem the preferable view as giving a greater latitude to deal with varying
circumstances. It is at any rate
desirable to test the result of an actuarial
calculation by a consideration of the general equities of the case."
Daar is in verskeie latere sake na hierdie passasie
verwys/....
40
how such damages are to be calculated......
verwys. Kyk bv.
Graaff v. Speedy Transport
,
supra
, waar 'n man die
gekapitaliseerde waarde van die onder-houd wat hy en sy vrou (met wie hy binne
gemeenskap van goedere getroud was)
van hulle seun, wat gedood is, sou ontvang
het, geëis het. Schreiner R het na die uitspraak in
Hulley v. Cox
,
supra
, verwys en o.a. gesê (op 239): "There is no hard and fast
rule as to
Daar is verder betoog, soos hierbo aangedui,
dat die beslissing in
Sigournay
se saak, supra, inhou
dat by die berekening van die vergoeding wat aan 'n
eiser toegeken moet word vir die verlies van inkomste
wat hy sou verdien het as hy nie beseer is nie, die
bedrag/....
41
bedrag wat hy waarskynlik sou verdien het terugverdis-
konteer moet word tot op die datum van die delik.
Summers
se saak is betoog dat dieselfde moet geld
in gevalle waar vergoeding weens verlies van onderhoud
geëis word.) In
Sigournay
se saak het die verhoorhof
(kyk
Gillbanks v. Sigournay
1959(2) SA 11 (N) ) die
eiser se skade gedurende drie tydperke bereken, nl.
(i) die tydperk tussen die datum van die delik en die
datum van die dagvaarding; (ii) die tydperk tussen
die datum van die dagvaarding en die datum van die
verhoor, en (iii) die tydperk tussen die datum van
die verhoor en die datum waarop die eiser sou opgehou
het om te werk. Schreiner AR, wat die uitspraak van
die/.....
42
die meerderheid van die lede van die hof geskryf het,
het o.m. gesê (op 557 G -558 B) :
"Where there has been a change in the situation between the date of the delict
and the date of the judgment this change may affect
the amount of damages to be
awarded.But in respect of the claim for loss of earnings in this case no
relevant change took place between
those dates. There was no income actually
lost, in the sense of being earned but not received. In respect of the period
before judgment
the contingency of the plaintiff's death before reaching his
expected terminal age had
pro tanto
been removed from the picture, but
for the rest the enquiry was the same. It was throughout an enquiry into the
damages based on
the income that the plaintiff would probably have earned, and
an estimate had to be made as to what the plaintiff would probably
have earned
in 1956 on precisely the same lines as the estimate as to what he would probably
earn in 1960. In this case therefore
I can see no advantage
in
the/
43
the course adopted by the learned Judge, though not by the
actuary, of splitting the period from the date of the delict to the end
of the
expected working life, so as to make points of division at the date of summons
and at the date of judgment.Such a division
at least introduces an unnecessary
complication and may even lead to error if it is supposed that a fuller or more
certainly verifiable
amount of compensation is to be awarded in respect of the
earlier period or periods than in respect of. the last."
Hierdie passasie, lui die betoog van die appellante se advokate, is gesag vir
die siening dat verdiskon-tering tot op die datum van
die delik moet plaasvind.
In sy uitspraak in
Carstens
se saak het waarnemende regter Aaron 'n
ontleding gedoen van die uitspraak
van/....
44
van Schreiner AR in
Sigournay
se saak en
van sy be-
handeling daarin van die uitspraak van die verhoorhof
in dieselfde saak (1959(2) SA.ll) en op grond daarvan
tot die gevolgtrekking gekom dat die uitspraak van
Schreiner AR nie inhou dat 'n hof verplig is "to
capitalise loss of earnings, either past or prospective,
as at the date of the delict" nie. (Kyk 1985 (3)
SA 1018 G-1019 I.)Daar is voor ons betoog dat die
geleerde regter se ontleding van die Sigournay-saak
nie juis is nie.In die lig van die mening wat ek
oor die aangeleentheid het, is ek nie voornemens om
die juistheid al dan nie van Aaron Wnd R se bespreking
van die aangeleentheid te behandel nie. Ek moet,
met alle eerbied, sê dat ek nie seker is dat ek alles
wat/.....
45
wat Schreiner AR in die aangehaalde passasie gesê
het, reg verstaan nie. Die betekenis van die
laaste sin in die passasie is veral nie vir my duidelik
nie. Ek wil egter nie meer hieroor sê nie aangesien
ek van mening is dat Schreiner AR nie bedoel het om
dit as 'n vaste reël neer te lê dat verlies van inkomste
altyd soos op die dag waarop die delik gepleeg is,
bepaal moet word nie . Die geleerde regter se berede-
nering was toegespits op die geval voor hom, soos blyk
wanneer hy sê:
"In this case
I can see no advantage
judgment".(My beklemtoning.) Verder, dit is na my
mening onwaarskynlik dat hy 'n
metode
waarop skadever-
goeding bereken kan word tot 'n algemeen geldende voor-
skrif/....
46
skrif sou wou verhef het. Indien die geleerde regter dit wou
gedoen het, sou sy uitspraak, meen ek, 'n volledige bespreking van die
aangeleentheid bevat het.In hier-die verband wil ek ook daarop wys dat dit na my
mening blyk (soos later aangetoon word) dat die
bepaling van skadevergoeding
soos op die datum van die delik in die praktyk onbillik en nadelig teenoor 'n
eiser kan werk. Dit is
'n faktor wat oorweging verdien voordat besluit kan word
of dié of dáárdie metode van skadevergoedings-berekening
gevolg behoort te word.In die uitspraak in die
Sigournay
-saak is daar nie
aandag aan hierdie aangeleentheid gegee nie. Dit is 'n verdere rede
waarom/
waarom ek meen dat daar in Sigpurnay se saak
nie bedoel is om te sê dat vergoeding vir verlies
van inkomste altyd soos op die dag van die delik
bepaal moet word nie.Hier kan bygevoeg word
dat die howe tot op die hede toe die uitspraak in
Sigournay
se saak nie so opgevat het dat dit voor-
skryf dat verdiskontering altyd op die datum van
die delik moet geskied nie. Dit
blyk dat daar verskeie sake in hierdie hof was waar
die verhoorhof by die berekening van vergoeding
vir toekomstige verlies van inkomste tot op die datum
van die verhoor verdiskonteer het en dat hierie hof
die aangeleentheid sonder kommentaar ook op daardie
grondslag/....
47
grondslag behandel het. Kyk
Shield Insurance Co.
Ltd v. Hall 1976(4) SA 431 op 443 F-H;
A A Mutual
Insurance Association Ltd v. Maqula
1978(1) SA 805
op 812 A-B en 813 F;
Marine & Trade Insurance Co.
Ltd v. Katz N O
1979(4) SA 961 op 977. Dit is wel
waar, soos namens die appellante voor ons betoog is,
dat in daardie sake nie betoog is dat die
Sigournay-
saak die benadering wat deur die verhoorhowe gevolg
is, belet het nie, maar die feit dat die gedagte
nie by een yan die geleenthede by hierdie hof opgekom
het dat die berekeningsmetode van die verhoorhof dalk
in stryd met die beslissing in die
Sigournay
-saak
was nie, is nogtans nie sonder betekenis nie.
Ek/.....
48
49
Ek is gevolglik van mening dat daar nie
gesag bestaan wat bepaal dat vergoeding vir verlies
van inkomste altyd, of noodwendig, soos op die datum
van die delik bepaal moet word nie. Dieselfde geld
wat vergoeding vir verlies van onderhoud betref.
In aansluiting by wat hierbo i.v.m
Sigournay
se saak gesê is, wil ek byvoeg dat die
beslissing in daardie saak ook nie so opgevat moet
word dat dit voorskryf dat " vergoeding vir verlies
van inkomste (of verdienvermoë) - en onderhoud - altyd,
of noodwendig, in één berekening bepaal moet word nie.
In hierdie verband kan daarop gelet word dat in reël
18(10) van die Hooggeregshofreëls, wat op 15 Januarie
1965/.....
50
1965 in werking getree het, bepaal word dat wanneer
iemand skadevergoeding weens "ongeskiktheid ten opsigte
van verdienste" eis, hy in die uiteensetting van sy eis
"die verdienste tot datum verloor" en "die beraamde
toekomstige verlies" moet vermeld.
Ek bespreek vervolgens die betoog dat in
elk van die drie sake waarmee ons hier te doen het
die verhoorhof 'n te groot bedrag as skadevergoeding toe-
geken het omdat hy nie die betrokke eiser se skade
soos op die datum van die delik bepaal het nie. Die
betoog dat vergoeding vir die verlies van verdienvermoë
en/.....
en die verlies van onderhoud soos op die dag van die
delik bepaal moet word, is gegrond op die stelling
dat iemand teenoor wie daar 'n delik gepleeg word,
se skuldoorsaak by die pleeg van die delik ontstaan.
Hierdie stelling is natuurlik juis.Die persoon
wat onregmatig deur 'n ander beseer word, of wie se
broodwinner deur 'n ander gedood word, of wie se saak
deur 'n ander beskadig of vernietig word, se reg om
vergoeding vir sy skade te eis ontstaan op die dag
waarop die delik gepleeg is.(Moontlike uit-
sonderingsgevalle kan buite rekening gelaat word.)
Omdat dit so is, lui die betoog verder, moet die
benadeelde sy skade ook soos op die datum van die
delik/.....
51
52
delik bepaal. Ons is na 'n reeks sake verwys as gesag
vir die stelling dat vergoeding vir die skade wat deur
'n delik veroorsaak word, soos op die dag van die
delik bepaal word. Die sake is: (a)
Scrooby v.
Engelbrecht
1940 TPD 100
; (b)
Heath v. Le Grange
1974
(2) SA 262 (K); (c)
Philip Robinson Motors (Pty) Ltd
v. N M Dada (Pty) Ltd
1975(2) SA 420 (A) ; (d)
Monumental
Art Co v. Kenston Pharmacy (Pty) Ltd
1976(2) SA 111
(K); (e)
Botha v. Rondalia Versekeringskorporasie
van SA Bpk
1978(1) SA 996 (T); (f)
Victor N O v.
Constantia Insurance Co Ltd 1985(1) SA 118 (K) en (g)
Majele/......
53
Majele v. Guardian National Insurance Co Ltd
1986(4) SA
326 (T.) In die eerste vyf van hierdie sake -(a) tot (e) - het dit gegaan om die
vergoeding van die skade wat iemand gely
het omdat 'n roerende saak wat aan hom
behoort het, beskadig is of
-
in geval
(c) - hom ontneem is. In vier
van die vyf gevalle was die saak 'n motorkar; in die vyfde geval was dit
bou-materiaal (geval (d)).In
die
Philip Robinson Motors
-saak ((c) hierbo)
het Holmes AR gesê (op 428 F-G):
"The time at which to measure the delictual damage is ordinarily the date of
the delict, because that is when the owner's patrimony
is reduced.In the present
case the date is 17 June 1971 when the respondent unlawfully disposed of the
appellant's car to Vorster."
In
Victor N O v. Constantia Insurance Co Ltd
- (f)
hierbo .
54
hierbo - waar dit gegaan het om die verlies wat 'n minderjarige kind gely het
deurdat sy ouers, deur wie hy onderhou was, gedood is,
het die hof gesê
(op 120 E-F):
"It is common cause that the time at which delictual damages must be assessed is
the date of the commission of the delict be-cause
it is then that the loss is
suffered. See
Philip Robinson Motors (Pty) Ltd v. N M Dada (Pty) Ltd
1975(2) SA 420(A) at 428 F-G."
Die betrokke passasie
in die
Philip Robinson Motors
-saak is hierbo aangehaal.Laasgenoemde saak
het, soos hierbo aangedui is, oor 'n eienaar se verlies van sy motorkar
gegaan.In
Majele v. Guardian National Insurance Co Ltd
- (g) hierbo - het
die ver-hoorregter hom ook op die hierbo aangehaalde passasie in die
Philip
Robinson Motors
-saak beroep toe hy gesê
het/
55 het (op 327 E-F) :
"It has been authoritatively established that in general the date of delict is
the correct date from which to calculate
damages."
Die appellant se betoog is dat
vergoeding
vir verlies van onderhoud (soos in die
Summers
-saak)
en
vir verlies van inkomste, of verdienvermoë (soos in
die
Carstens
-
en
Nhlumayo
-saak), net soos vergoeding vir
skade aan 'n saak soos 'n
motorkar, soos op die datum van
die delik vasgestel moet word. In
albei gevalle, lui die betoog, gaan dit immers om vergoeding vir 'n saak, of
bate, in iemand se boedel. Wat skade weens verlies van
onderhoud betref, is
daarop
gewys/....
56
gewys dat al gesê is dat dit om die verlies van 'n reg
gaan: kyk
Peri-Urban Areas Health Board v. Munarin
1965
(3) SA 367 (A) op 376 C, waar Holmes
AR
gesê het: "What
she has lost is a right - the right of support". Die
getuie Koch het, soos hierbo aangedui is, gepraat van
die verlies van 'n "expectation" wat vergoed moet word.
In die gevalle waar vergoeding geëis word omdat 'n eiser
weens beserings wat hy opgedoen het nie meer die inkom-
ste kan verdien wat hy vroeër verdien het nie, lui die
betoog dat dit eintlik om die verlies van die eiser
se "earning capacity" (verdienvermoë) gaan, en nie om
die verlies van inkomste nie; dat hierdie "earning
capacity" 'n bate in die eiser se boedel is en dat
vergoeding vir die verlies daarvan dus, net soos by
die/........
57
die verlies of beskadiging van 'n saak soos 'n motorkar, soos
op die dag van die delik vasgestel moet word. In hierdie verband is
ons verwys
na wat in uitsprake van hierdie hof in
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v.
Byleveldt
1973(2) SA 146 en
Dippenaar v. Shield Insurance Co Ltd
1979(2) SA 904 gesê is. Die betrokke passasie in die
Byleveldt-
saak
is hierbo in die uiteensetting van die feite van die Carstens-saak aangehaal. In
die
Dippenaar
-saak is (per Rumpff HR) gesê (op 917 B-C) :
"The capacity to earn money is considered
to be part of a person's estate and the
loss or impairment of that capacity constitutes
a loss, if such loss diminishes the estate."
Dit/.......
Dit klink waarskynlik logies om te sê dat
aangesien die slagoffer van 'n delik se skuldoorsaak
op die dag van die delik ontstaan, sy vergoeding weens
die verlies wat hy ly ook soos op daardie dag bepaal
moet word. Ek meen egter nie dat dit noodwendig,
of in alle omstandighede, 'n korrekte stelling is nie,
en ek meen veral nie dat dit aanvaar moet word dat
omdat skade aan 'n saak soos 'n motorkar soos op die dag
van die delik bepaal moet word, vergoeding vir verlies
van verdienvermoë of onderhoud noodwendig ook soos op
die dag van die delik vasgestel moet word nie. Die
twee gevalle is nie dieselfde nie. Wanneer 'n voor-
werp/.......
58
werp soos 'n motorkar vernietig of beskadig word, is
die vernietiging of beskadiging gewoonlik onmiddellik
voltooi en kan die omvang van die eiser se skade ook
dadelik bepaal word. Dit is dus maklik om te ver-
staan waarom daar in die geval van sodanige skade
vereis word dat die eienaar se skade soos op die
datum van die delik bepaal moet word. Kyk in hierdie
verband
Botha v. Rondalia Versekeringskorporasie van
SA Bpk
1978(1) SA 996 (T) op 1005 A-B waar Nestadt R
die volgende i.v.m, die bepaling van vergoeding vir
skade aan 'n motorkar gesê het:
"In/
59
60
"In the present matter there is no question of prospective damages. The owner's
loss occurred and must, as indicated, be assessed
at the time of the collision;
it then be-came crystallized in that amount representing the dif
f
erence
in value immediately prior to and after the collision; no further calculation or
assessment was necessary."
Dit is natuurlik waar dat
indien 'n voertuig wat sê maar R20 000 werd is op 'n sekere dag vernietig
word en die eienaar daarvan
eers drie jaar later by die verhoor daardie bedrag
as skadevergoeding toegeken word, hy eintlik nie ten volle vir sy skade vergoed
word nie.Hy het immers die gebruik van R20 000 vir drie jaar ontbeer, maar
hierdie ongelukkige gevolg Is daaraan te wyte dat die
reg blykbaar aanvaar
dat
die/
die eienaar op die dag van die delik 'n ander ewe
goeie voertuig vir R20 000 sou kon gekoop het, of hy
dit kon bekostig het of nie, en dat sy skade dus
nie meer as R20 000 kan wees nie. Waar iemand
beseer word en sy verdienvermoë as gevolg daarvan
vernietig of verminder word, is die posisie nie
dieselfde nie. Al word iemand se verdienvermoë
as 'n saak, of 'n bate, in sy boedel beskou, is die
skade wat deur die vernietiging daarvan ontstaan nie
op die dag van die delik voltooi en bepaalbaar
soos in die geval van 'n motorkar wat vernietig
of beskadig is nie. 'n Mens het in so 'n geval
te doen met skade wat ná die dag waarop die delik
gepleeg is, d.w.s. in die toekoms in, bly voortduur
Dieselfde/......
61
62
Dieselfde oorwegings geld waar skade weens die
dood
van 'n broodwinner ontstaan.
Ter ondersteuning van wat ek hierbo gesê
het
oor die verskil tussen skade wat ontstaan wanneer
'n saak soos 'n motorkar vernietig of beskadig word en
wanneer iemand beseer of gedood word, wil ek kortliks
verwys na wat gesê word in A.R. Bloembergen,
Schadever—
goeding bij Onrechtmatige Daad
(uitg. 1965). Die
skrywer wys daarop (kyk 132-135) dat skade nie altyd
"in haar geheel op één tijdstip ontstaat" nie, en dat
'n mens by doodslag en verwonding met "voortdurende
schade" te doen kry. Die tydstip waarop die skade
en die verbintenis om skadevergoeding te betaal,
ontstaan/....
63
ontstaan, sê die skrywer, is nie noodwendig dieselfde
as die tydstip wat vir die bepaling van die
inhoud
van die verbintenis beslissend is nie. Die ver-
bintenis om skadevergoeding te betaal,
kan dus op die tydstip waarop dit ontstaan nog onbe-
paald wees en deur latere feite en omstandighede
beïnvloed word. Werklik gelede skade, sê die skrywer,
word dus nie volledig vergoed "als de ontwikkeling
van het schadegeval niet in haar geheel in aanmerking
genomen wordt."
Ek let vervolgens op die betoog dat
indien
skadevergoeding bepaal word op die wyse wat
deur die
verhoorhowe in die onderhawige drie gevalle gevolg
is/...
64
is in plaas daarvan om die vergoeding soos op die dag van die betrokke delik
te bepaal, dit die uitwerking
het dat 'n voordeel wat as rente op 'n
ongelikwideerde
skadevergoedingsbedrag beskou kan word en dus onge-
oorloof is, aan 'n eiser toegeken word. Die betoog lui dat wanneer vergoeding
vir skade wat in die periode tussen die dag van die
delik en die datum van die
verhoor gely word nie tot op die datum van die delik verdiskonteer word nie maar
onverminderd (onverdiskon-teer)
toegeken word, soos in die onderhawige drie sake
gedoen is, die ongeoorloofde voordeel (of rente ) daardie bedrag is wat die
onverdiskonteerde
bedrag groter as die verdiskonteerde bedrag is.In die
geval/
65
geval van toekomstige skade, aldus die betoog, is die
ongeoorloofde voordeel die verskil tussen die bedrag
wat verkry word wanneer daar tot op die datum van die
verhoor verdiskonteer word en die bedrag wat verkry
word wanneer daar tot op die datum van die delik
verdiskonteer word. Die vraag is of hierdie betoog
gegrond is. Kyk 'n mens by wyse van voorbeeld na die
aangeleentheid in die lig van die feite in die Summers-
saak en die bedrae waarop die partye ooreengekom het
indien die een of die ander se benadering tot die bepaling
van skadevergoeding aanvaar sou word, dan
blyk die posisie die volgende te wees. Indien die
tot op die datum van die delik (5 September 1982)
verdiskonteerde/.......
66
verdiskonteerde bedrag van R5 000 op daardie dag aan Tracy se
moeder betaal sou gewees het en sy die bedrag dadelik sou bele het,
sou die
belegging elke maand tot op Tracy se 18de verjaardag (wanneer sy selfstandig sou
word)die bedrag opgelewer het wat haar vader
aan haar onderhoud sou bestee het
as hy nie gedood is nie, en die bedrag van R5 000 sou op daardie datum ook
uitgeput gewees het.
Dit sou beteken het dat Tracy finansieel in dieselfde
posisie sou gewees het as waarin sy sou gewees. het as haar vader nie gedood
is
nie. Die feit is egter dat Tracy se moeder geen bedrag op die datum van die
delik ontvang het wat sy op die ge-melde wyse kon
belê het nie. Die
verhoor het eers
op/
67
op 1 April 1985, d.w.s. sowat

jaar ná die datum van
die delik, plaasgevind, en as die bedrag van R5 000
eers op daardie datum betaal sou gewees het, sou
Tracy duidelik in 'n swakker posisie verkeer het as
waarin sy sou gewees het as die geld op die datum van
die delik betaal sou gewees het. Daar sou, volgens
Beets se berekening, tot op die datum van die verhoor
ongeveer Rl 597 aan haar onderhoud bestee gewees het.
As die R5 000 gebruik sou gewees het om dié Rl 597 te
betaal, sou dit 'n balans van sowat R3 400 gelaat het om in
haar onderhoud vir die volgende sowat 9 jaar (d.w.s.
tot op haar 18de verjaardag) te voorsien. Beets se
getuienis/...
68
getuienis toon dat op 1 April 1985 'n bedrag van R6 330
vereis was om elke maand daarna tot op Tracy se 18de
verjaardag die bedrag te lewer wat vir haar onderhoud
nodig was. Dit blyk dus dat betaling van R5 000
op die datum van die verhoor nie voldoende sou gewees
het om Tracy in dieselfde posisie te plaas waarin sy
sou gewees het as haar vader nie gedood is nie.
Dit sal blyk uit wat ek hierbo gesê het
dat ek meen dat dit nie verkeerd is om vergoeding vir
skade wat tussen die datum van die delik en die datum
van die verhoor gely word, onverminderd toe te laat
nie, d.w.s. sonder dat dit tot op die datum van die
delik/.......
69
delik verdiskonteer word. Vergoeding wat aldus on-
verminderd toegeken word is immers, in
Summers
se
saak, vergoeding vir onderhoud wat voorsien sou ge-
wees het indien Tracy se vader nie gedood is nie, en,
in die Carstens- en Nhlumayo- saak, vergoeding vir
inkomste wat verdien sou gewees het indien die be-
trokke persoon nie beseer is nie, en ek stem nie saam
met die siening dat sodanige vergoeding 'n onbehoorlike
voordeel vir die eiser of 'n nadeel vir die verweer-
der meebring nie. (Ek veronderstel natuurlik dat
daar by elke berekening behoorlik vir onsekere ge-
beurtenisse ("contingencies") toegelaat word.) As 'n
mens bv sou veronderstel dat in die Summers-saak
Tracy se moeder gedurende die periode tot by die
verhoor/.....
70
verhoor van tyd tot tyd geld moes geleen het om aan Tracy
die onderhoud te verskaf wat haar vader sou verskaf
het indien hy nie gedood is nie, sou dit moeilik wees
om te aanvaar dat die betrokke bedrae vanweë 'n reël dat
daar tot op die datum van die delik verdiskonteer moet
word, nie ten volle toegestaan moet word nie.In hierdie
verband wil ek ook daarop wys dat die appellante aan-
vaar dat daar by die verhoor gelet moet word op ge-
beurtenisse sedert die datum van die delik wat die
omvang van die skade kan affekteer. Hierdie houding
is gegrond op wat Schreiner AR in
Sigournay
se saak,
supra, op 557 G gesê het, nl:
"Where/......
71
"Where there has been a change in the situation between the
date of the delict and the date of the judgment this change may affect
the
amount of the damages to be awarded."
Die houding wat hieruit spreek, skyn my, met eerbied gesê, nie goed te
rym met die gedagte dat skadevergoeding soos op die datum
van die delik
vasgestel moet word nie. Dit skyn eerder in te pas by die gedagte, wat na my
mening juis en realisties is, dat daar
by die verhoor gekyk moet word na al die
gebeure wat dit voorafgegaan het en om skadevergoeding in die lig van al die
be-kende feite
en die werklikhede te bepaal.
In
Nhlumayo
se saak het die respondent se advokaat aan die hand van
die volgende voorbeeld aan-getoon hoe 'n eiser benadeel word as hy die
bedrag
van/
72
van sy skadevergoeding, soos bereken op die datum van
die delik, eers op die datum van 'n verhoor wat (soos
in die
Nhlumayo-
saak gebeur het) 5 jaar ná die datum.
van die delik plaasvind, sou ontvang. Die voorbeeld
veronderstel iemand wat vir die volgende 10 jaar
elke jaar R1 000 sou verdien en aan sy eie onderhoud sou
bestee.
Hy
word sodanig beseer dat hy
nie meer kan werk en
verdien nie. Vergoeding ten bedrae van R6 144-56,
indien dit op die datum van die delik teen 10% rente
belê sou word, sou aan hom jaarliks vir die volgende 10
jaar 'n bedrag van R1 000 gee, aan die einde van
welke periode die bedrag wat belê is ook uitgeput
sou wees. Dit sou hom dus in dieselfde posisie
plaas/.....
73
plaas as waarin hy sou gewees het as hy nie
beseer
is nie. As die som van R6 144-56 egter eers op die
datum van die verhoor (d.w.s. 5 jaar há die datum van
die delik) aan hom betaal sou word, sou R5 000 daarvan
aangewend moet word om te vergoed vir inkomste wat
hy gedurende die eerste 5 jaar verloor het, wat sal
meebring dat hy 'n bedrag van slegs R1 144-56 oor sou
hê om vir die volgende 5 jaar voorsiening te maak.
Dit sou die eiser klaarblyklik nie vergoed vir sy
skade nie. Indien aan die eiser in die voorbeeld
by die verhoor 'n bedrag van R5 000 toegeken sou
word om hom te vergoed vir die skade wat hy tot op
daardie datum gely het, sou 'n verdere bedrag van R3 790
nodig wees om aan hom die volgende 5 jaar elke jaar
R1 000 te lewer.
74
Dit is duidelik uit wat hierbo gesê is dat
'n
vergoedingsbedrag, soos op die datum van die delik
bereken, 'n eiser in dieselfde posisie sou plaas as dié
waarin hy sou gewees het indien die delik nie gepleeg
is nie indien dit op, die datum van die delik aan hom
betaal sou word, maar nie wanneer dit later ingevolge
'n toekenning by 'n verhoor aan hom betaal word nie.
Waar nou by die verhoor 'n groter bedrag aan 'n eiser
toegeken word as wat toegeken sou gewees het indien
betaling op die dag van die delik sou geskied het,
beteken dit m.i. nie dat die eiser 'n onbehoorlike
voordeel, t.w. rente (of die ekwivalent daarvan) op
'n ongelikwideerde skadevergoedingsbedrag, ontvang nie
en/.......
75
en ek meen ook nie dat, soos betoog is, die verweer-
der wat die betaling moet doen, daardeur benadeel
word nie.Die eiser kry nie meer as wat nodig is om
hom in dieselfde posisie te plaas as waarin hy sou
gewees het indien die betrokke delik nie gepleeg is
nie. Wat die verweerder betref, is dit waar dat hy
by die verhoor gelas word om 'n groter bedrag te betaal
as wat hy sou hoef te betaal het indien hy op die
dag van die delik betaal het, maar dit volg nie dat
dit vir hom nadeel inhou nie. Hy het immers in die
tydperk tussen die datum van die delik en die datum
waarop hy ingevolge die hofbevel betaling doen die
gebruik van daardie bedrag geld gehad.Daar is in
hierdie/......
76
hierdie verband in die Nhlumayo-saak betoog dat 'n ver-
weerder benadeel kan word deurdat die eiser vóór die ver-
hoor, of selfs tot in 'n laat stadium van die verhoor,
'n onredelik hoë bedrag kan eis en dat die verweerder
vóór of in die loop van die hofverrigtinge 'n realis-
tiese aanbod mag gedoen het, maar dat hy vanweë
reël 34(9) van die Hooggeregshofreëls, soos tans be-
woord, nie toegelaat word om die hof te vra - ek
haal aan uit die advokaat se skriftelike betoogpunte -
"to alter any portion of the judgment other than
costs since the 'interest factor' would be built
into the amount by virtue pf the method of discounting
employed." Ek het reeds my mening oor die beweerde
"interest"/....
77
"interest" gegee . Verder meen ek nie dat 'n
onbe-
vredigend bewoorde hofreël genoegsame rede
is om te beslis dat die skadevergoedingsberekenings-
metode wat deur die appellante voorgestaan word, aan-
vaar moet word nie.
Daar is nog 'n verdere betoog van die appellante
Dit lui dat indien die skadevergoedingsbedrag nie soos
op die dag van die delik bepaal word nie, dit eisers
sal aanmoedig om die instel van hulle aksies te ver-
traag, wat tot die nadeel van verweerders sal strek
Ek meen nie dat daar iets in hierdie betoog steek nie
Sover aan my bekend, toon die praktyk dat eisers
gewoonlik so gou as moontlik vergoeding vir hulle
skade/......
78
skade wil ontvang.Die lang versuim wat daar in die
Carstens- en Nhlumayo-saak was om die aksie in te
stel, kon nie deur die advokate verklaar word nie.
Daar is niks wat toon dat dit aan die eisers gewyt
moet word nie.Die reël dat 'n eiser net één maal
ten opsigte van dieselfde skuldoorsaak kan eis (kyk
Evins v. Shield Insurance Co Ltd
1980(2) SA 814(A) op
835 A-E), kan wel meebring dat 'n eiser die instel
van sy aksie sal uitstel totdat hy sekerheid oor die
aard en omvang van sy skade het, maar terselfdertyd
moet in gedagte gehou word dat ingevolge die bepalings
van die bogemelde Wet op Verpligte Motorvoertuig-
versekering 'n eis binne 2 jaar ná die ontstaan van die
skuldoorsaak/....
79
skuldoorsaak ingestel moet word. Ek kan in al die
omstandighede nie aanvaar dat die moontlikheid dat
eisers die instel van hul aksies kan vertraag 'n goeie rede sou wees om voor
te skryf dat skadever-goeding in gevalle soos dié
waarmee ons hier te
doen het soos op die datum van die delik bepaal moet word nie.
Uit hoofde van
al die voorgaande kan na my mening nie gesê word dat die verhoorhof in
enige van die drie appèlle fouteer
het deurdat dit 'n ver-keerde metode
gebruik het om die betrokke eiser se skadevergoeding te bepaal nie.
Die pas gemelde bevinding bring mee dat
die
bevel/.....
80
bevel van die verhoorhof in die Summers-saak on-
veranderd moet bly staan en dat die appel teen die
beslissing van die hof gevolglik afgewys moet word.
In die
Carstens-
en Nhlumayo-saak is daar, soos
vroeër aangedui, nog 'n paar punte oor waaraan aandag
gegee moet word.
In die Carstens-saak word die
oorblywende
aangeleenthede waaraan nog aandag gegee
moet word
in 1985(3) SA op 1023 D-1028 D en 1029 D-G genoem en
behandel.
Die eerste punt wat ter sprake kom, is
dié
wat die verhoorhof op 1023 D-F onder die
opskrif
"The date of discounting in respect of future medical
expenses/.......
81
expenses" bespreek. Die geleerde regter se siening
van die aangeleentheid is na my mening korrek.Ek
verwys na wat ek reeds hierbo gesê het.
Die volgende aangeleentheid is dié wat
op
1023 G - 1024 G van die verhoorhof se uitspraak
onder
die opskrif "Adjustment for the probability that Clive
is no longer likely to marry or have children" be-
spreek word. Die verweerder-maatskappy (nou die
appellant) het betoog dat aangesien Clive se toestand
as gevolg van sy beserings sodanig was dat hy na alle
waarskynlikheid nooit sou kon trou en kinders hê
nie, dit vir hom 'n groot besparing sou meebring.
Daar is betoog dat die betrokke bedrag, gekapitaliseer
soos/.......
soos op die datum van die delik, R17 661 was en dat
die skadevergoedingsbedrag waarop hy andersins ge-
regtig sou wees met hierdie bedrag verminder raoet
word. Die verhoorregter het die betoog nie aanvaar
nie, hoofsaaklik omdat, soos dit in sy uitspraak
gestel word, "The various matters assumed by Mr Koch
are in my judgment far too speculative to allow of
any accurate quantification", en hy het gevolglik be-
sluit "to approach. this aspect on a more generalised
basis and to include this as one of the factors to
be taken into account when making a deduction for
general contingencies." (Kyk op 1024 D-F.) Afge-
sien van die rede waarom die verhoorhof nie die
appellant/.......
82
83
appellant se betoog aanvaar het nie, is daar die vraag of dit hoegenaamd
geoorloof sou wees om die bedrag wat iemand skade ly deurdat
sy
verdienvermoë vanweë beserings vernietig is te verminder omdat hy in
die toekoms nie sal trou nie en nie kinders sal
hê nie en dus die geld wat
hy aan 'n vrou en kinders sou bestee het, bespaar. Die appellant beroep hom op
Reid v. South African Railways and Harbours
1965(2) SA 181 (D), waar
Fannin R gesê het (op 190 F-H):
"The plaintiff' s physical condition and in particular the total loss of his
sexual and procreative functions renders it unlikely
that he will ever marry.
While this factor is to be taken into account in estimating the damages suffered
by him as a result of
loss/
84
loss of amenities of life, it should, I think,also be taken into account in
estimating the compensation to be awarded to him for
his loss of earning
capacity. This is so because if he does not marry he will not have to maintain a
wife or children, and if he
does marry he will not have any natural children to
maintain."
Ek vind dit moeilik om hierdie siening
van die aan-geleentheid te aanvaar,As 'n besering iemand se -verdienvermoë
vernietig en
hy as gevolg daarvan R50 000 verloor wat hy sou verdien het indien
hy nie beseer is nie, dan - so kom dit my voor - beloop sy skade
R50 000, of hy
daarna trou of nie. Dit mag wel wees dat indien so iemand nie trou nie hy minder
uitgawes sal hê as wat hy sou
gehad het indien hy getrou het,maar hoe dit
kan beteken dat die ver-
lies/
85
lies van sy verdienvermoë minder as R50 000 is en dat dié bedrag
derhalwe verminder moet word, is vir my nie duidelik
nie. Maar hoe dit ook al
sy, dit is nie nodig om 'n finale mening oor hierdie aangeleentheid te gee nie.
Aaron Wnd R het, soos hierbo
aangetoon
is, 'n toelating gemaak vir die
waarskynlikheid dat Clive nie sou trou nie, en ek vind my nie bereid om te
sê dat sy besluit
gewysig moet word nie.
Die volgende punt waaroor
beslis moet word, word onder die opskrif "Adjustment to the mortality tables for
extra health risks" op
1024 G - 1027 C van die verhoorhof se uitspraak
behandel.Dit gaan hier in hoofsaak om die getuienis wat 'n neurochirurg, Dr
Cluver/
86
Cluver, afgelê het. Ek is nie voornemens om hierdie
getuienis te bespreek nie. Ek vind dit voldoende om
"te sê dat ek al die getuienis en die betoog van die
appellant se advokaat oorweeg het en dat ek nie daarvan oortuig is dat daar
voldoende rede bestaan om die verhoorhof se bevinding
oor die aangeleentheid te
wysig nie.
Die volgende punt wat bespreek moet word, is dié wat onder
die opskrif "Allowance for general contingencies" op 1027 D-1028
D van die
verhoorhof se uitspraak behandel word. Die omstandighede waar-in hierdie hof sal
ingryp in 'n verhoorhof se bevinding oor
wat vir gebeurlikhede toegelaat moet
word, blyk
uit/
87
uit die volgende passasie in die uitspraak van Trollip
AR in
Shield Insurance Co Ltd v. Booysen
1979(3) SA
953 (A) op 965 G-H:
"As the determination of allowances: for
such contingencies involves, by its very
nature, a process of
subjective impression
or estimation rather than objective calculation,
in other words, allowances on which judicial
opinions may vary appreciably, this Court
will not interfere with
such determination
by a trial Court and substitute its own
estimates, unless the learned trial Judge
misdirected himself in
some material respect,
or our own estimates and his are strikingly
disparate, or we are otherwise firmly
convinced that his estimates are wrong (see
Omega Africa Plastics (Pty) Ltd v.
Swisstool
Manufacturing Co (Pty) Ltd
1978(3) SA
465
(A) at 474 B-D and authorities there cited)."
Gedagtig hieraan,
en ná oorweging van die getuienis en die betoë wat voor ons gelewer
is, vind ek my nie
bereid/......
88
bereid om te bevind dat die verhoorregter se be-
slissing gewysig moet word nie.
Daar bly nou nog die punt oor wat die
ver-
hoorregter onder die opskrif "Costs arising out
of
the appointment of a
curator
bonis" op 1029 D-I van
sy uitspraak bespreek. Die bedrag van die koste
wat hier ter sprake is, word tot 'n groot hoogte be-
paal deur die bedrag van die skadevergoeding wat aan
Clive toegeken word. Waar ek tot die gevolgtrekking
gekom het dat die verhoorhof se toekenning nie ver-
steur moet word nie, is daar geen goeie rede om die
bedrag van die koste wat deur die verhoorhof bepaal
is, te wysig nie.
Wat/.....
Wat
Carstens
se saak betref, moet nog net
die
volgende gesê word. Die respondent gee toe dat
vanweë die bepalings van art. 21(1A) van die Wet op
Verpligte Motorvoertuigversekering, 1972, die bevel
van die hof a
quo
gewysig moet word om te bepaal dat
rente op die toegekende skadevergoedingsbedrag eers
ná verloop van 14 dae ná die hofbevel begin loop.
Die respondent gee ook toe dat die hofbevel gewysig
moet word om te bepaal dat rente op die koste eers
vanaf die datum van die takseermeester se allocatur
loop.
In
Nhlumayo
se saak is daar een
verdere
aangeleentheid/.....
89
aangeleentheid waaraan aandag gegee moet word. Dit
is die volgende.Die verhoorhof het, met die oog
op gebeurlikhede, beslis dat die skadevergoedings-
bedrag ten opsigte van die tydperk tot op die datum
van die verhoor met
5%
verminder moet word, en die
vergoedingsbedrag ten opsigte van die tydperk ná die
datum van die verhoor met 16⅔% Die appellant betoog
dat die hof fouteer het en albei bedrae met 33⅓
%
moes verminder het. Daar is na my mening nie vol-
doende rede om die geleerde regter se beslissing
te wysig nie en ek vind dit nie nodig om die aan-
geleentheid in besonderhede te bespreek nie.
In die lig van al die bostaande word
soos
volg/....
90
91
volg beveel:
(1)In die saak
General Accident Insurance Co (SA) Ltd v. Naomi Gloria
Summers
:
Die appèl word met koste afgewys.
(2)In die saak
Die Southern Versekerings-assosiasie Bpk v. Hendrik Michiel
Carstens N O
:
(a)Die appèl word met koste
afgewys, insluitende die koste van twee advokate.
(b) Die laaste sin van die verhoorhof se
bevel word gewysig om soos volg
te
lui:
"Defendant is to pay interest at the rate of 11 per cent per annum on the
aforesaid amount as from the 15th day after the date of
judgment to the date of
payment, and on the taxed costs as from the date of the
taxing/
92
taxing master's
allocatur
to the date of payment."
(3) In die saak
General Accident Insurance
Company of South Africa Limited v. Mhlengani
Nhlumayo:
Die appèl word met koste afgewys, insluitende
die koste van twee advokate.
WND HOOFREGTER
JANSEN, AR VILJOEN, AR HOEXTER, AR Stem saam BOTHA, AR
IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRIC A
(
APPELLATE DIVISION)
In the matter between:
1)
ABDULLAH MOHAMED OMAR
lst Appellant
HOWARD SIKOLAKE
MARAWU
2nd Appellant
MARCUS CHINNOSAMY SOLQMON
3rd
Appellant
LESLIE ANDREWS
4th Appellant
DERRICK RABINDRANATH
NAIDOO
5th Appellant
NEVILLE NAIDOO
6th Appellant
and
THE MINISTER OF LAW AND ORDER
lst Respondent
THE MINISTER OF JUSTICE
2nd Respondent
OFFICER
COMMANDING
,
VICTOR VERSTER PRISON
3rd Respondent
THE STATE PRESIDENT
4th Respondent
THE COMMISSIONER OF POLICÉ
5th Respondent
2)
MARJORIE FANI & OTHERS
Appellants
and
THE MINISTER OF LAW AND ORDER
lst Respondent
THE MINISTER OF JUSTICE
2nd Respondent
THE OFFICER COMMANDING
ST ALBAN'S PRISON
3rd Respondent
THE OFFICER COMMANDING
NORTHEND PRISON
4th Respbndent
3) The State President
2.
3)
THE STATE PRESIDENT
lst Appellant
THE GOVERNMENT OF THE
REPUBLIC
OF SOUTH AFRICA
2nd Appellant
THE MINISTER OF LAW AND ORDER
3rd Appellant
and
MARY CAMERON BILL
Respondent
CORAM:
RABIE, ACJ, JOUBERT, VILJOEN, HOEXTER, JJA et BOSHOFF, AJA
HEARD: 3 March 1987
DELIVERED:
JUDGEMENT
HOEXTER, JA,
In these three appeals I have had the
advantage.....
3
advantage of reading the judgment prepared by RABIE, ACJ. In
the
Fani
case I agree with RABIE, ACJ that the appeal should be dismissed
with costs, including the costs of two counsel. In the
Omar
case I am
unable to agree that the appeal should be dismissed with costs. For the reasons
set out later in this judgment I consider
that in the
Omar
case the
applicants in the Court below were entitled to some of the relief claimed by
them. Although I would allow the appeal in
part only, the order I have in mind
represents substantial success on appeal and in my view they should be awarded
the costs of the
appeal In the
Omar
case I would make the following
order:
"(1) The appeal succeeds to the limited extent hereunder indicated. The
respondents will bear the costs of the appeal inclu= ding
the costs of two
counsel.
(2) The order of the Court
a quo
is set aside and the following order
is substituted therefor:-
(a) It
4.
(a)
It is
declared that the detainees are entitled as of right. to access to their legal
advisers and that the consent of the first and/or
fifth respondents is not
required for such access;
(b)
It is declared
that reg 3(10)(a) and rules 5(1), (2) and (7) are invalid in that they are
ultra vires
the empowering provisions of sec 3 of Act 3 of
1953;
(c)
The respondents will pay the costs
of these proceédings including the costs of two
counsel
In the
Bill
case I am unable to agree
that the appeal succeeds. I am of the opinion that the judgment of LEVESON,
J,should be affirmed. I would
dismiss the appeal with costs, including the costs
of two counsel.
In order to shorten this judgment it is conve= nient at the outset to
indicate in summary form the larger respects in which I find
myself in
disagreement with the views expressed and the conclusions reached by the ACTING
CHIEF JUSTICE.
(1)
5.
(1)
I
respectfully disagree with the conclusions reached by RABIE, ACJ that reg 3 does
away completely with the
audi alteram partetn
rule.
(2)
I find myself in entire agreement
with the view stated by GOLDSTONE, J (and concurred in by COETZEE, DJP and
HEYNS, J) in
Momoniat v Minister of Law and Order
and
Others, Naidoo and Others v Minister of
Law and Order and Others
1986(2) at 2751 - 276A that reg 3(3) goes no
further than to deny a detainee the right to be heard
prior
to the
Minister's order for the detainee's further detention; and that reg 3(3) in no
way excludes the right of a detainee to make
representa= tions to the Minister
after the latter has ordered the former's further detention. I furrher agree
with GOLDSTONE, J
(at 276F/G) that the Minister is legally obliged to consider
such representations.
(3) I agree with the criticism made by RABIE, ACJ of the
reliance
6
reliance which the Court
a quo
in the
Bill
case placed on the
decisions of this Court in
Turner v Jockey Club of South Africa
1974(3)
SA 633 (A) and in
Ministerof Law and Order and Others v Hurley and
Another
1986(3) SA 568 (A)- I nevertheless consider that the reasoning of
LEVESON, J is in the main correct; and that he properly granted
the order (at
276B/D) which he did. In order to avoid any misunderstanding I should add that I
fully endorse the following observations
of KANNEMEYER, J in
Nqumba v State
President
1987(1) SA 456 (E) at 481 D/E in regard to the effect of the
judgment of
LEVESON, J:-
"I do not understand the judgment in
Bill
's case
supra
to mean
that the Minister is corapelled to provide reasons in every case in which he
makes an order in terms of reg 3(3). He is only
required to do so if he is asked
to do so."
(4) I agree that the phrase "no person,
other than the
Minister
7
Minister " in reg 3(10) clearly includes a
legal representative of the detainee. I differ, however, from the view of RABIE,
ACJ that ref 3(10)(a) is not
ultra vires
the Act. I likewise
differ from the view that sub-rules 5(1) and 5(2)
are not
ultra vires
the regulations. In this respect
I
agree (albeit for somewhat different reasons) with the conclusion reached by the
Natal Full Court in
Metal and Allied Workers Union v State President
1986(4) 358 (N) at 376H/I, that, insofar as they make
access by a detainee to his lawyer dependent on permission by others, reg
3(10)(a) is
ultra vires
the power of the State President and rule 5(1) is
ultra vires
the power of the Minister of Justice. In my judgment rule
5(2) is likewise
ultra vires
.
I shall begin by considering the appeal in the
Bill
case. In terms of
reg 3(3) the Minister ordered
the
8.
the detainee's detention to continue for the duration of the
emergency. Reg 3(3) empowers the Minister to order the further detention
of a
detainee without having to hear the detainee before making the order. In his
judgment RABIE, ACJ remarks:-
"This being so, I find it difficult to accept that it was nevertheless the
intention that the Minister would be obliged, after he
has made an order, to
inform the detainee of the grounds on which he made the order."
I
prefer to adopt a rather different approach to the inquiry. When one deals with
an enactment which empowers.. a functionary to make
an order prejudicially
affecting the rights of another the principle which ordinarily governs the
situation is enshrined in the maxim
"
audi alteram partem
" That is the
broad and inveterate rule. It at once follows, so it seems to me, that in the
instant case the question to be asked
is not whether in the light
of .
9.
of the abrogation in reg 3(3) of the detainee's right to
be heard
before
the ministerial order is made one is never=
theless able to perceive an intention in the regulations that the detainee
has a right to be heard while he remains in detention
after
the
ministerial order. The correct approach, with respect, is surely the directly
opposite one. The real question to be asked is
whether the contrary intention is
manifest. One must examine the regulations in order to see whether they
indicate, expressly or
by necessary implication, that after the ministerial
order has been made the detainee is deprived of his right to be heard.
As a matter of everyday psychology it is no doubt true (as is pointed out by
H Corder, "
The content of the audi alteram partem rule in South African
administrative law
",
1980 THRHR 156
at 162) that it is far more difficult to
induce an official to change his mind after he has made
it
10.
it up than before. Our Courts nevertheless recognise that in a given
situation the dictates of natural justice may be satisfied by
affording an
affected person some sort of hearing only after the prejudicial order has been
made. The following remarks of FAGAN,
J in
Everett v Minister of the
Interior
1981(2) SA 453 (C) at 458 D/E, represent, I" think, fair statement
of the position:-
"The more usual application of the rule in
quasi
-judicial decisions is
for a hearing to take place, or representations to be received prior to the
decision being arrived at. But
that is not always the position. Where expedition
is required, it might be necessary not to give the affected person the
opportunity
of presenting his case prior to the decision, but only after. He
thus obtains the opportunity of persuading the official to change
his mind."
(See further the authorities cited and discussed by GOLDSTONE, J in
Momoniat
' s case (
supra
) at 274D - 275C)
Having mentioned that the ministerial order
for
11.
for further detention takes effect immediately, RABIE, ACJ
proceeds to say in his judgment:-
" It seems to me, therefore, that when the Minister makes an order for a
person's further detention in terms of reg. 3(3), the order
is a final one, and
that there is thereafter no obligation on the Minister to. inform the detainee
of the grounds on which it was
made and then, after considering such
representations as the detainee may wish to make in regard to such grounds, to
reconsider the
order made by him."
It is clear, of course, that if the ministerial order for
further detention were in truth to be a "final" one, there would
be no room for the application of the
audi alteram partem rule
subsequent to the making of the order. However, the order cannot be regarded as
"final" unless its sub= sequent revocation or variation
by the Minister at any
time during the further detention is legally impermissible Now although the
power conferred on the Minister
in terms of reg 3(3) is an awesome one, it is
not an arbitrary or
autocratic
12.
autocratic power. The Minister may make an order for further detention only
if he is of the opinion that such order is necessary for
the purposes stated in
reg 3(1) -see
State President and Others v Tsenoli
1986(4) SA 1150 at
1184 E/F. Not surprisingly the regulations make express provision for the very
contingency that the opinion entertained
by the Minister at the time when he
makes his order for further detention in terms of reg 3(3) may undergo change
during the course
of the detainee's further detention. Reg 3(6) provides that
the Minister may at any time by notice in writing signed by him order
that a
person detained in terms of reg 3 be released on such condition or conditions,
if any, as may be determined in the notice.
Since the ministerial order in terms
of reg 3(3) is final only unless and until he changes his mind the application
of the
audi alteram partem rule
during detention subsequent to the order
is not excluded.
The
13.
The burden clearly rests on him who seeks to displace the
application of the
audi alteram partem rule
in a particular case to make
out that the ordinary rule must of necessity be ousted. In regard to the period
of further detention
following upon the Minister's order in terms of reg 3(3),
counsel for the Minister has not perSuaded me that such necessity exists.
For the reasons aforegoing I am impelled to the conclusion that after the
Minister has in terms of reg 3(3) ordered the further detention
of a detainee
the lattef is entitled to require the Minister to furnish him in writing with
the grounds for such further detention;
that the Minister is in law obliged to
inform the detainee in writing of such grounds; and that the Minister is in law
obliged to
give due consideration to such written representations as the
detainee may make in response thereto.
14.
I pass then to a consideration of the validity of reg 3(10)(a) and rule 5(1).
Their validity is in issue in both the
Bill
and
Omar
cases. It is
useful to begin by examining the scope and purview of reg 3(1). That
sub-regulation reads:-
"3. (1) A member of a Force may, without
warrant of arrest,
arrest or cause to be arrested any person whose detention is, in the opinion of
such
member, necessary for the maintenance
of public order or the safety of the
public
or that person himself
or for the termination of the state of
emergency, and may, under a written order signed by any member of a
Force, detain or cause to be detained,
any such person in custody or in prison." (My underlining).
The detention of persons authorised by reg 3(1) is designed to serve the
following different purposes: (a) the maintenance of public
order; or (b) the
safety of the public; or (c) the safety of the person detained; or (d) the
termination of the state of emergency.
Of particular relevance in the context of
these two appeals
is
15.
is the following feature of reg 3(1). It is apparent at once
that purposes (a) and (b) on the one hand, and purpose (c) on the other,
contemplate two separate and distinct classes or categories of detainess. In
what follows I shall, for the sake of brevity, refer
to the former class of
detainees as "category 1"; and to the latter as "category 2".
In times of national crisis the detention of category 1 detainees is an
expedient not infrequently adopted. It is conveniently described
as "preventive
justice" .
A
pithy definition of the notion underlying preventive justice
was given by the House of Lords seventy years ago in the case of
Rex v
Halliday
(1917)AC (HL) 260. Observing in the course of his speech that in
the laws of England it was no new thing, LORD ATKINSON remarked
(at 273):-
"Preventive
16.
"Preventive justice, as it is styled, which
consists in
restraining a man from committing
a crime he may commit but has not yet
committed,
or doing some act injurious to members of the
community which
he may do but has not yet
done "
(Reference to the above definition is made by STRATFORD, ACJ in
Sachs v
Minister of Justice
1934 AD 11
at 36.) On the other hand the detention
without trial of a category 2 detainee represents perhaps a more recent and
novel expedient.
However that may be, one thing is tolerably clear. The
detention of a category 2 detainee is very far removed from the concept of
preventive justice as expounded by LORD ATKINSON in
Rex v Halliday
(
supra)
. Preventive justice provides for the detention without trial of
a person suspected of having a propensity to the commission of future
crimes or
future acts injurious to the public. A category 2 detainee is not suspected of a
propensity to any sort of wrongdoing.
It is simply thought that his detention is
necessary in the interests
of
17.
of his own safety; that is to say, in order to shield him
from danger to life or limb. For purposes of this judgment the detention
of
category 2 detainees may con= veniently be referred to as "protective justice".
To sum up: preventive justice is designed to nip
in the bud latent criminal or
subversive tendencies on the part of persons suspected of being potential
wrongdoers. Protec=tive justice
is designed to protect persons who safety may be
in jeopardy. Whereas detainees in category 1 are seen as potential criminals
detainees
in category 2 are seen simply as potential victims of the violence of
others.
In connection with rule 5(1) RABIE, ACJ expresses the opinion that:-
"...it must.... be taken to be implied that leave can be refused only on
grounds which are related to the emergency."
If in the above-quoted statement the words "grounds
which
18.
which are related to the emergency" are intended to signify
"grounds which are related to the purposes of the emergency" I would
respectfully
assent to the propo= sition. Since those purposes are clearly
reflected in reg 3(1) it is not difficult to imagine grounds fór
refusal
of access to lawyers which are related to the purposes of the emergency. For
example, if a detainee is denied access to his
lawyer because it is believed
that such access, directly or indirectly, might imperil the maintenance of
public order or public safety,
these would be grounds related to the purposes of
the emergency And if the detainee in question were a category 1 detainee there
might well be room for such belief. It is noteworthy, for instance, that in
dealing with the whole problem of communication between
a detainee and persons
outside the place of detention, the State President in paragraph 16 of his
affidavit says,
inter alia:-
"Die
19.
"Die vraag of 'n spesifieke aangehoudende kontak met persone buite die plek van
aan= houding geweier moet word aldan nie, kan slegs
behoorlik beslis word met
inagneming van inligting aangaande die aangehoudende se deelname en rol in die
oproer en geweld wat gepleeg
is of verwag kan
word."
But what of the category 2 detainee? One asks
oneself what possible room there could be for a belief that access to his lawyer
by
a person detained solely in order to promote his own personal safety might
imperil his own personal safety; or imperil public order
or public safety. In my
opinion no possible room for such a belief exists.
In the judgment of RABIE, ACJ there are fairly lengthy quotations from the
affidavits respectively filed by the State President and
the Minister of
Justice. Upon a careful reading of these two affidavits I find in them nothing
at all which,
in relation to a category 2 detainee
, suggests the remotest
justification for denying him access to his lawyer. In my view no such
justification
20.
justification exists. In these circumstances one must find
readily applicable to the present case the oft-quoted
dicta
of VAN DEN
HEEVER, JA in
R v Pretoria Timber Co (Pty) Ltd and Another
1950(3) SA 163
(A) at 181 F/G:
"Where Parliament has conferred vast powers of legislation upon the Executive,
the Courts should not in my opinion be astute to divest
themselves of their
judicial powers and duties, namely to serve as buttresses between the Executive
and the subjects. A point may
arise where a regulation made pursuant to such
powers is so unreasonable that the Courts will say Parliament could, although it
used
the widest language, never have contemplated that such a measure be
countenanced."
Insofar as the provisions of reg
3(10) (a) and rule 5(1) enact that access to his lawyer by a person detained
solely for the purpose
of securing his own personal safety is dependent upon the
permission of others I have no hesitation in concluding that the critical
point
to which VAN DEN HEEVER, JA made reference is reached in the present case. I
find myself
quite
21 .
quite unable to assign to Parliament the
contemplation of so manifestly indefensible an encroachment on a right which our
law properly
regards as a fundamental one.
By making access to a lawyer in the case of a category 2 detainee subject to
permission, reg 3(10)(a) and rule 5(1) enjoin something
to be done which cannot
in any reasonable way advance or be related to the purposes mentioned in reg
3(1). To that extent they are
bad in law.
The question which then arises is this. How stands the matter if it is to be
supposed that in re=
lation to category 1 detainees, at any rate, the restric=
tions on access to lawyers imposed by reg 3(l0)(a) and rule 5(1)
are valid? It seems to me that even on that supposition the position cannot
be retrieved. Inasmuch as the provisions of reg 3(10)
(a) in no way
differentiate cate= gories of detainees those provisions must, in the present
context, be seen as one and inseparable.
Exactly the
same
22.
same is true of rule 5(1). One does not know and one
cannot
know whether a detainee has been detained because his
detention is considered necessary for the maintenance of
public order or for reasons of public safety or, on the
other hand, whether his detention has been prompted by
tender regard for his own safety. It follows that the
provisions of each of these enactments must stand or fall
together. If the provisions are bad in part, they are
in law bad altogether. My conclusion is accordingly
that since those provisions are obnoxious in regard to
category 2 detainees they are in law totally obnoxious
and void in regard to all detainees. To the extent that
reg 3(10)(a) and rule 5(1) make a detainee's access to
his lawyer dependent on the permission of another or others each enactment
is, in my opinion,
ultra vires
and invalid.
In the view which I take of the matter it is
unnecessary to determine the more difficult question
whether.....
23
whether, assuming that reg 3(1) had omitted the words "or that person
himself" reg 3(10) (a) and rule 5(1) would be legally valid;
and I refrain from
expressing any opinion thereon.
G G HOEXTER, JA