About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 37
|
|
S v Pretorius (CA & R 109/02) [2002] ZANCHC 37 (9 December 2002)
7
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA & R 109/02
Datum verhoor: 2002-12-09
Datum
gelewer: 2002-12-09
In
die appél van
:
ABRAHAM
PETER PRETORIUS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
BUYS R
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK OP
APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is in die landdroshof skuldig bevind aan ân oortreding
van artikel 122(1)(a) van Wet 29/89. Dit was hom ten laste
gelê
dat hy op 23 Junie 2000 ân motorvoertuig bestuur het terwyl hy
onder die invloed van drank was. Hy is gevonnis tot ân
boete van
R6000.00 of een jaar gevangenisstraf en ân verdere twee jaar
gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik opgeskort
is vir vyf
jaar. Sy bestuurderslisensie is ook vir ân tydperk van nege
maande opgeskort.
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding. Ongeveer
6.30 op 23 Junie 2000 het ân kop aan kop botsing plaasgevind
in
Stasiestraat, Hartswater tussen die appellant se bakkie en ân
polisiebakkie. Voor die botsing het appellant se bakkie heen
en weer
oor die pad geslinger. Die botsing het op die appellant se verkeerde
kant van die pad plaasgevind. Dit is nie in geskil
dat die appellant
dronk was nie. Dit was ook dr Kuhn se mening wat die appellant na
die botsing ondersoek het.
Die
alkoholkonsentrasie in ân monster van die appellant se bloed was
.25 gram per 100 ml bloed. Die bloedmonster is om 19.25
en ongeveer
ân uur na die botsing geneem. Die enigste geskilpunt is of die
appellant sy bakkie bestuur het ten tye van die botsing.
Daar was
drie polisielede in die polisiebakkie. Sersant Kobokae het bestuur.
Hy het getuig dat daar slegs een persoon in die
appellant se bakkie
was en dat dit die appellant was. Die appellant se bakkie se ligte
was nie aan nie. Die ander twee polisiemanne
het getuig dat die
appellant se bakkie se ligte wel aan was en dat hulle nie gesien het
wie bestuur het of hoeveel persone in die
bakkie was nie. Hulle is
beseer in die botsing en het na +- 5 min eers sodanig herstel dat
hulle enige waarnemings kon doen.
Toe het hulle gesien dat die
appellant aan die passasierskant van sy bakkie op die teer gelê
het. Hy was beseer.
Die
staat het ook die getuienis van ân mnr. Aggenbach geroep wat
getuig het dat hy die dag by die appellant gekuier het by
laasgenoemde
se werk. Hulle het voor middagete en gedurende
middagete bier gedrink. Hy het met die beskuldigde se bakkie gery.
Ongeveer 4.30
nm. is hy met sy eie kar en die beskuldigde met sy
bakkie na die polisiekantien waar hulle weer gedrink het. Tussen
5.30 en 6.00
nm. is hy by die kantien weg. Hy het die appellant by
die kantien agtergelaat. Die appellant het getuig dat hy niks kan
onthou
vanaf die tyd dat hulle by die kantien aangekom het totdat hy
die volgende dag in Kimberley in die hospitaal wakker geword het
nie. Sy bakkie se voorruit was gekraak aan die passasierskant. Hy
het beserings aan sy knie en kop gehad. Dr Kuhn is deur die
appellant geroep. Sy getuienis was dat hy na die ongelukstoneel
uitgeroep was. Die beskuldigde het ân sny op sy linker wang
gehad
en by sy regter oogkas. Hy het ook ân nekbesering gehad. Die
appellant se geheueverlies was versoenbaar met harsingskudding
wat
hy met die stamp van sy kop kon opdoen.
Die
landdros het inspekteur Liebenberg geroep. Hy het saam met die
appellant en ân vreemde persoon wat Aggenbach moes gewees
het,
gedrink. Hulle twee is saam weg van die kantien af. Die appellant
se gedrag was normaal in die kantien. Hy het normaal
gesels en
geloop. Die appellant het onder meer gesê dat hy nog moes gaan
melk oplaai vir sy winkel. Daar is geen getuienis gelei
waar
Stasiestraat was nie en of dit die pad was wat die appellant sou ry
om die melk te gaan oplaai nie.
Die
enigste persoon wat moontlik die appellant se bakkie kon bestuur,
was Aggenbach. Hy het getuig dat hy in sy eie voertuig van
die
kantien af weg is. Die appellant het getuig dat dit moontlik was
dat hy een van sy werkers kon gevra het. Hierdie moontlikheid
kan
buite rekening gelaat word. Die bakkie is deur iemand bestuur wat
sterk onder die invloed van drank was en die appellant het
in elk
geval geen getuienis aangebied van enige van sy werkers wat moontlik
die bakkie kon bestuur het nie. Die appellant het
ook in gebreke
gebly om getuienis aan te bied dat hy behoorlik ondersoek ingestel
het of iemand hom moontlik in sy bakkie kon vervoer
het.
Kobokae
se getuienis is nie besonder indrukwekkend dat hy die appellant
herken het toe die bakkie hom sonder ligte genader het nie.
Sy
getuienis bots in elk geval met dié van sy kollegas dat die
appellant se bakkie se ligte gebrand het. Kobokae se getuienis
is
egter dat daar net een persoon in die bakkie was. Al wat moontlik
in die guns van die appellant tel is dat die voorruit aan
die
passasierskant gekraak was en die appellant gesigsbeserings gehad
het. Ek dink nie dat die feit dat die appellant aan die
passasierskant van die bakkie uitgehaal is van belang is nie.
Kobokae het getuig dat die deur aan die bestuurder se kant nie wou
oopmaak nie. Die verdediging het geen getuienis aangebied om dit te
weerspreek nie.
Al
wat dus oorbly is die vraag of dit moontlik was vir ân erge dronk
appellant wat dwarsoor die teerpad geslinger het om tydens
ân kop
aan kop botsing die voorruit aan die passasierskant te stamp. Uit
die beskuldigde se bloedalkoholvlak kan met ân redelike
mate van
sekerheid afgelei word dat hy sterk onder die invloed van drank was.
Verder getuig die fotoâs van die twee voertuie
na die botsing wat
as bewysstukke by die verhoor ingedien is, van aansienlike skade aan
beide voertuie. Kobokae het getuig dat
die polisievoertuig sodanig
beskadig is dat dit nie meer gebruik word nie. Al drie
polisiebeamptes en die appellant het beserings
opgedoen in die
botsing â die appellant sân aansienlik ernstiger as dié van die
drie polisiemanne. Daar kan derhalwe afgelei
word dat hierdie twee
voertuie met ân baie harde slag gebots het. Inaggenome die
appellant se erge graad van dronkenskap is
dit na my mening baie
waarskynlik dat hy tydens die botsing na links in sy voertuig
geslinger is en toe sy kop links teen die windskerm
gekap het.
Ek
het vroeër daarna verwys dat aldrie die polisiebeamptes en die
appellant beseer is tydens die botsing. Ek vind dit absoluut
onwaarskynlik dat ân ander persoon wat die appellant se bakkie
bestuur het, heeltemal ongeskonde daarvan sou afkom en dan nog
op
die koop toe daarin sou slaag om ongesiens van die toneel af te
verdwyn.
Daar
word van die Staat verwag om bewys bo
redelike
twyfel te lewer in ân strafsaak â nie om elke greintjie van
twyfel uit die weg te ruim nie.
Vergelyk
S
v Ntsele 1998(2) SASV 178 (HHA)
te 182 b.
Hierdie
is na my mening ân geval waar die twyfel, as dit bestaan (en by my
is daar geen twyfel hoegenaamd nie), nie as
redelik
aangemerk kan word nie.
Ek
is tevrede dat die Staat behoorlik bewys het dat die appellant wel
die bestuurder van sy motorvoertuig was en sou gevolglik die
appél
van die hand wys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam. Die appél word afgewys en die beskuldigde se
skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
_____________
AJ
DU P BUYS
REGTER
NAMENS
APPELLANT: ADV A BESTER
NAMENS
RESPONDENT: ADV TT BIRCH
DATUM
VAN VERHOOR: 2002-12-09
DATUM
VAN UITSPRAAK: 2002-12-09