About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 36
|
|
S v Koopman and Others (KS 20/2002) [2002] ZANCHC 36 (5 December 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
KS
20/2002
Datum Gelewer: 2002-12-05
In
die saak van
:
DIE STAAT
versus
MARLON
KOOPMAN BESKULDIGDE 1
LEON
DANZIE BESKULDIGDE 2
GERT
EDMUND BESKULDIGDE 3
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Gedurende
die vroeë oggendure van 30 September 2001 het ân onderonsie
ontstaan tussen die oorledene, Clinton Clive Barends, en
beskuldigde
2 hierin by ân drinkplek in Colville hier plaaslik te Kimberley.
Die onderonsie het aanvanklik as ân blote woordewisseling
sy
beslag gevind, maar het gou daarna ontaard in ân bakleiery en het
dié twee mekaar met ân mes en ân skroewedraaier onderskeidelik
toegetakel. Die oorledene is later daardie dag deur die polisie in
ân oop veld naby die mynhope langsaan Colville leweloos aangetref.
Uit ân geregtelike nadoodse ondersoek later het dit geblyk dat hy
nie minder nie as 33 steekwonde opgedoen het.
Voortspruitend
uit die voorafgaande staan die 3 beskuldigdes nou tereg op ân
aanklag van moord en beweer die staat dat hulle almal
deel gehad het
in die voormelde aanval op die oorledene. Van staatsweë word
beweer dat beskuldigdes 1 en 2 die oorledene met
messe gesteek het
en dat beskuldigde 3 hom met ân bierbottel oor die kop geslaan
het.
Al
3 beskuldigdes het onskuldig gepleit. Namens beskuldigde 1 het Mnr
Muhlohlonye aangedui dat hy sy swygreg uitoefen. Mnr Schreuder,
namens beskuldigde 2 het in die pleitverduideliking aangedui dat dié
betrokke beskuldigde erken dat hy die oorledene 3 keer gesteek
het
met ân okapi mes uit selfverdediging. Die feit van die 3
steekwonde is as ân formele erkenning aangeteken ingevolge art
220
van Wet 51/77 se bepalings. Ek moet nou alreeds vermeld dat, later
gedurende die verrigtinge, Mnr Schreuder aangedui het dat
die
pleitverduideliking verkeerd is in die sin dat beskuldigde 2
inderdaad die oorledene gesteek het, nie met ân okapi-mes nie,
maar met ân lang mes. Namens beskuldigde 3 is ân skriftelike
pleitverduideliking ingehandig te wete bewysstuk A voor die Hof.
Daarin verklaar beskuldigde 3 dat hy gedurende die vroeë oggendure
van 30 September 2001 by ân sekere drinkplek was en dat
hy later
verneem het dat sy vriend, beskuldigde 2, besig was om met ân
ander persoon buite te baklei. Hy en beskuldigde 1 is
toe na buite
waar hulle gesien het dat beskuldigde 2 en die oorledene baklei het.
Hy wat beskuldigde 3 was het ân halfgevulde
bierbottel in sy hand
gehad. Die oorledene het later verby hom gehardloop, terug in die
rigting van die taverne met beskuldigdes
1 en 2 agerna en hy het
hulle daarna nie weer gesien nie. Hy is toe daarna huistoe.
Beskuldigde 3 ontken gevolglik enige deelname
aan die ten laste
gelegde misdryf.
Die
volgende aspekte is gemene saak hierin:
Dat
die oorledene in lewe Clinton Clive Barends was en dat sy dood
veroorsaak is deur veelvuldige steekwonde soos voorgehou deur
Dr
Mafungo in sy
post
mortem
verslag en ook dat die liggaam vandat dit verwyder is vanaf die
toneel waar die polisie dit aangetref het op 30 September 2001
totdat die lyskouing uitgevoer is, geen verdere beserings opgedoen
het nie.
Dat
die oorledene tydens die voorval van die bakleiery met beskuldigde
2 in besit was van ân skroewedraaier wat hy gebruik het
om
beskuldigde 2 mee te steek.
Dat
beskuldigde 2 twee steekwonde onder sy linkeroog en aan die kant
van sy kop opgedoen het, welke steekwonde toegedien is deur
die
oorledene soos voormeld.
Dat
beskuldigde 2 die oorledene gesteek het met ân lang swarthef mes
wat bewysstuk 5 voor die Hof is.
Dat
beskuldigde 1 tydens die voorval in besit was van ân okapi-mes.
Dat
beskuldigde 3 wel tydens die voorval op die toneel was en ân
bierbottel in sy hand gehad het.
Dat
beskuldigde 2 se klere vol bloed was, welke bloed afkomstig was
vanaf die oorledene â hierdie feit is bevestig deur ân
forensiese verslag wat as ân bewysstuk voor die Hof by ooreenkoms
ingehandig is.
Dat
ân mesring op die oorledene gevind is deur die polisie toe hulle
die oorledene se lyk aangetref het soos ek alreeds beskryf
het
hierin.
Wanneer
die getuienis ontleed word en inaggenome die voormelde aspekte wat
gemene saak is, dan kan die geskilpunte hierin as volg
geïdentifiseer word:
Of
beskuldigde 2 die oorledene meer as 3 steekwonde toegedien het.
Of
beskuldigde 3 die oorledene met die bierbottel oor sy kop geslaan
het.
Het
beskuldigde 1 wel enigsins die oorledene aangerand deur hom te
steek met die okapi-mes waarvan ek melding gemaak het?
Of
die okapi-mes voor die Hof, bewysstuk 6 wel die eiendom van
beskuldigde 1 is wat in sy besit was tydens die voorval.
Of
die mesring wat op die oorledene gevind was, wel pas op bewysstuk
6, die okapi-mes.
â
n
Aantal getuies het namens die staat getuig, verreweg die
belangrikste van hulle is Cassiem Fredericks. Hierdie getuie is ân
enkelgetuie op die gebeure toe die oorledene aangeval was. ân
Stel fotoâs wat as bewysstuk voor die Hof dien dui aan dat die
drinkplek waar die moeilikheid begin het, geleë is in Agnesstraat.
Reg langsaan die taverne is ân groot maslig wat daardie
straat
aansienlik verlig. Op die hoek van Agnesstraat en St. Paulsweg (die
hoofweg in Colville), is ân straatlig wat die toneel
aldaar verder
sou belig het. Volgens Fredericks was hy en die oorledene die aand
in ân drinkplek genaamd Jesses Tavern in Agnesstraat.
Die drie
beskuldigdes was ook daar en daar het later ân stryery ontstaan
tussen beskuldigde 2 en die oorledene. Dié twee is
op ân stadium
by die taverne uit. Voordat hulle uit is, kon Fredericks opmerk dat
die oorledene ân skroewedraaier in sy besit
gehad het, terwyl
beskuldigde 2 ân lang voorwerp onder sy hemp gehad het. Die
stryery tussen hierdie 2 het klaarblyklik gegaan
oor ân meisie.
Die oorledene het die drinkplek verlaat omdat hy en Fredericks
mandrax en dagga wou rook en die oorledene die
dagga by sy huis sou
gaan haal het. Nadat die oorledene uit is het beskuldigde 2 ook
agterna gegaan. Hy wat Fredericks is is
daarna uit en het gesien
dat die oorledene en beskuldigde 2 baklei by die hoek van
Agnesstraat en St Paulsweg. Die punte waar
hulle baklei het is deur
hom uitgewys aan die polisie en word weergegee op die fotoâs.
Volgens hom het die bakleiery plaasgevind
aan die linkerkant van
daardie straathoek, soos mens na die fotoâs kyk. Hy kon sien hoe
beskuldigde 2 die oorledene steek en
op ân stadium het
beskuldigdes 1 en 3 verby hom gehardloop na die bakleiery.
Beskuldigde 1 het ân okapi-mes uitgehaal soos
hy aangehardloop
gekom het en beskuldigde 3 het ân bierbottel in sy hand gehad.
Beskuldigde 1 het die oorledene in die rug gesteek
terwyl
beskuldigde 2 die oorledene wegtrek van die draad. Beskuldigde 3
het by ân punt verder aan die oorledene met ân bierbottel
geslaan, so hard dat die oorledene gesteier het. Die oorledene het
verder gehardloop tot in St Paulsweg by ân plek waar ân
doringboom voorheen gestaan het. Beskuldige 1 het weer die
oorledene in die rug gesteek. Die oorledene het daar geval,
opgespring
en weer teruggehardloop in die rigting van Agnesstraat.
Hy wat Fredericks is het op ân stadium vir die oorledene probeer
beskerm
en gesê die oorledene moet terughardloop na die taverne se
kant toe om hulp te kry. Hy het ook met beskuldigde 2 gepraat en
gesê
dat hulle moet ophou met die bakleiery. Die beskuldigde het
egter 2 keer na hom gemik met sy mes. Daar is baie goeie beligting
en hy kon alles duidelik sien. Hy het die volgende oggend verneem
van die oorledene se dood.
In
kruisondervraging het dit geblyk dat hierdie getuie, Fredericks,
vroeër die dag, ongeveer tussen 6 en 7 uur die namiddag dagga
en
mandrax gerook het. Volgens hom het dit hom egter nie affekteer
nie. Dit blyk ook dat hierdie getuie middelmatig dronk was,
volgens
sy eie beskrywing, aangesien hy by die taverne met vriende bier
gedrink het. Volgens Fredericks was hy, nieteenstaande
die feit dat
hy vroeër dagga gerook en die aand bier gedrink het, nie sodanig
aangetas dat hy nie kon weet wat om hom aangaan
nie. Sy
getuieverklaring aan die polisie is ingehandig en daar is enkele
aspekte aan hom uitgewys waar hy sou afgewyk het van
sy
viva
voce
getuienis. Ek sal later weer hierna terugkeer wanneer ek die
getuienis evalueer. Al drie die regsverteenwoordigers het hulle
kliënte se saak aan die getuie gestel, maar die getuie het volhard
in sy getuienis dat hierdie 3 beskuldigdes deel gehad het in
die
aanval op die oorledene soos ek alreeds voorheen hierin beskryf het.
Inspekteur
Dennis Anthony van die SAPD se honde-eenheid het getuig dat hy op
Sondag 30 September 2001 afgekom het op die toneel
naby die mynhope
langsaan St Johnstraat in Colville waar die oorledene aangetref is.
Die oorledene het ân T-hemp aangehad wat
vol bloed was. Dit was
duidelik dat hy ân aantal meswonde opgedoen het. Hy en insp.
Jansen het toe verneem van ân vroumens
dat daar bloed by die hoek
van Agnesstraat en St Paulsweg is en dat ene Cassiem Fredericks dalk
van hulp kan wees in hulle ondersoek.
Hulle het inderdaad ân
groot hoeveelheid bloed by hierdie straathoek opgemerk. Hierdie
bloedspatsels het vanaf die straathoek
gelei tot by St Johnsstraat
in die voetpaadjie in die rigting waar die oorledene se lyk gelê
het. Hulle het Cassiem Fredericks
aangetref en hom gespreek waar hy
onder ân boom gesit het. Hy het vir hulle meegedeel dat 2 persone
die oorledene gesteek het
en het hulle verwys na ene Gert. Dit is
gemene saak dat hierdie Gert beskuldigde 3 is. By die huis in
Ceceliastraat in Colville
waarna Fredericks hulle verwys het, het
hulle ân mnr en mev Danzie gespreek. Verdere ondersoeke het hulle
gelei tot waar hulle
vir beskuldigde 3 en 2 ander persone aangetref
het (dit blyk te wees beskuldigdes 1 en 2 wat in sy geselskap was).
Hulle het later
by Lambdastraat in Colville ân huis deursoek op
grond van inligting wat hulle gekry het. Tydens hulle deursoeking
is hulle meegedeel
dat beskuldigdes 1 en 2 vroeër daar was en het
hulle met die huiseienaar se toestemming die huis deursoek waar
hulle gevind het
dat ân rooi sokkertrui en ân denim hoed op die
wasgoedlyn hang. Dié items was nat en dit het gelyk of daar bloed
op die denim
hoed was. Hierdie sokkertrui en denim hoed is
ingehandig as bewysstuk 1 en 2 by die Hof. Hulle het ene Miriam
gespreek. Sy het
vir hulle uitgewys waar die persone wat die
verdagtes was, geslaap het. Onder daardie bed het hulle ân blou
oorpakbroek en wit
All
Star
tekkies aangetref met bloed op en het beslag daarop gelê. Die
broek is bewysstuk 3 voor die Hof en die tekkies is bewysstuk 4.
Hulle het toe verneem van dié persoon, Miriam, dat beskuldigdes 1
en 2 so pas met beskuldigde 3 daar weg is en die polisie het
toe
besef dat dit die 3 persone is wat hulle vroeër in die straat
aangetref het. Hulle het weer vertrek en beskuldigdes 1 en
2
gearresteer. Die bewysstukke is aan inspekteur Dibebe oorhandig.
Na die arrestasie van dié 2 beskuldigdes het die 2 polisiebeamptes
teruggekeer na Lambdastraat waar hulle beslaggelê het op ân bruin
okapi-mes, ân geel-en-swart skroewedraaier sowel as ân
swarthef
tafelmes. Hierdie voorwerpe is as bewysstuk 5, 6 en 7 voor die hof
ingehandig. Op die okapi-mes het dit gelyk asof daar
bloed was.
Die wapens was in ân plastieksak vervat en het hulle dit verder
aan insp Dibebe oorhandig. Beskuldigde 2 het tydens
arrestasie ân
oop wond op sy regter voorkop gehad. Daar was ân wit verband op.
William
Danzie het getuig dat beskuldigde 2 sy neef is, terwyl beskuldigde 3
sy oom is. Beskuldigdes 1 en 2 het gedurende die vroeë
oggendure
van 30 September 2001 by William Danzie se huis opgedaag en hom
wakker geklop. Beskuldigde 2 het die blou broek en rooi
sokkerhemp,
die tekkies en die denim hoed aangehad wat voor die Hof is.
Beskuldigde 2 het in sy besit gehad ân swart mes, terwyl
beskuldigde 1 ân skroewedraaier en ân okapi-mes in sy besit
gehad het. Mnr Danzie het hierdie items geïdentifiseer as die
bewysstukke voor die Hof waarna ek alreeds verwys het. Al drie die
voorwerpe was vol bloed. Dit het vir hom voorgekom asof dié
2
beskuldigdes besope was en dat hulle baklei het. Beskuldigde 2 het
beserings op sy kop en sy wang gehad en hy wat Danzie is
het die
wonde toe versorg. Hy het vir hulle gevra wat gebeur het en
beskuldigde 2 het aan hom gesê dat hulle baklei het en dat
hulle
die persoon gejaag het tot in die veld â toe het hy wat
beskuldigde 2 is geloop en vir beskuldigde 1 daar agtergelos.
Beskuldigde 2 het verder aan hom gesê dat die bakleiery begin het
by Jesseâs tavern en dat beskuldigde 3 ook teenwoordig was.
Hy en
beskuldigde 1 en die oorledene gejaag en hy wat beskuldigde 2 is het
ook gesê dat hulle ook die oorledene met ân bierbottel
gegooi het
gedurende hierdie jaagtog. Later die oggend toe hulle opgestaan
het, het beskuldigde 1 aan hom die wapens oorhandig
en gesê dat hy
die messe moet vernietig. Hy het die messe daar bewaar. Die
polisie het later daar opgedaag en is die messe en
skroewedraaier
aan hulle oorhandig.
William
Danzie se meisie, Allison Miriam Cherry het ook getuig en sy
bevestig in breë trekke William Danzie se getuienis. Sy het
eers
later die Sondagoggend die wapens gesien op die yskas in ân geel
plastieksak. Beskuldigde 2 het vir haar gevra om dié
messe en
skroewedraaier af te was, wat sy dan ook gedoen het. Op versoek van
beskuldigde 1 het sy ân rooi T-hemp en ân denim
hoed uitgewas.
Sy het die kledingstukke uitgeken as die eiendom van beskuldigdes 1
en 2, d.w.s. die kledingstukke wat as bewysstukke
voor die hof is.
Die
staat het vervolgens die getuienis gelei van Kapt Daniël Blömerus.
Hy is verbonde aan die polisie se ballistieke eenheid
en is ook ân
forensiese analis. Hy is gestasioneer te Macassar in Kaapstad. Sy
opleiding en ervaring sluit in die ontleding
en analisering van
ammunisie en vuurwapens maar ook relevant tot hierdie saak die
identifisering van gereedskapsmerke en die passing
van voorwerpe en
die fotografering daarvan. Op 13 September 2002 het hy in ân
verseëlde koevert gemerk no. 1057 en met
MAS nr 1074/09/01
asook ân KPRS nr 363/09/01 ân okapi knipmes sowel as ân
stukkie metaalring ontvang van kapt. Claassen.
Die betrokke
okapi-mes en mesring wat bewysstukke voor die Hof is is aan hom
getoon en hy het bevestig dat dit dié items is wat
aan hom
oorhandig is. Tydens sy ondersoek het hy die mesring en die
okapi-knipmes gepas op mekaar en die twee het presies gepas.
Hy het
daarna die bewysstukke opties ondersoek en gemerk dat dit dieselfde
kleur, vorm en tekstuur het sowel as ân unieke breekpatroon
op
beide voorwerpe. Hy het dié breekpatrone m.b.v. ân gietafdruk
onder ân vergelykingsmikroskoop bestudeer en gemerk dat
beide
voorwerpe ooreenstem, d.w.s. dat dit presies op mekaar pas. Hy het
ân hofkaart voorberei wat as bewysstuk voor die Hof
ingedien is en
uitgewys waar die ooreenstemmende kenmerke is. Hy het toe tot die
slotsom gekom dat dié mesring wat gebreek is,
wel afkomstig is van
die betrokke okapi knipmes. Sy deskundigheid is intens aangeval
deur Mnr Muhlohlonye in kruisondervraging
en is hy onder andere
gekruisondervra oor die feit dat hy nie ân metallurg van beroep is
nie en geen deskundigheid ten aansien
van fraktografie het nie.
Dr
Mafungo se getuienis is daarna aangehoor en het hy getuig oor die
veelvuldigde steekwonde wat die oorledene opgedoen het wat
tot sy
dood gelei het. Die oorledene het onder andere 5 steekwonde
opgedoen wat sy longe gepenetreer het, sowel as 3 steekwonde
wat sy
hart gepenetreer het. Volgens Dr Mafungo sou al 5 hierdie wonde
fatale gevolge gehad het en sou die oorledene met ân
kombinasie
daarvan, sowel as die ander steekwonde, nie langer as 5 minute
oorleef het sonder enige mediese hulp nie. Die oorledene
het ook ân
hou op die kop gehad wat die dokter as stompgeweld beskryf het. Op
die rug is daar 3 steekwonde wat versoenbaar is
met die
skroewedraaier voor die Hof, een daarvan is twyfelagtig ten aansien
van welke voorwerp dit mee toegedien is, terwyl ân
ander een deur
ân mes veroorsaak was. Volgens Dr Mafungo is die steekwonde in
die bors versoenbaar met enige een van die 2 messe
voor die Hof,
d.w.s. die lang swarthef mes en die okapi-mes. Die wond langs die
kop wat toegeskryf kan word aan stompgeweld waarna
ek verwys het, is
eers later op die
post
mortem
verslag per hand ingeskryf en wel op die 27
ste
Mei 2002, die datum toe hierdie saak uitgestel is aanvanklik.
Beskuldigdes
1 en 2 het getuig en namens beskuldigde 3 het ene André Jood
getuig. Beskuldigdes 1 en 2 het grootliks hulle verwere
soos
aanvanklik in die pleitverduidelikings voorgehou of onder
kruisondervraging uitgekristalliseer, bevestig. André Jood het
getuig oor ân bakleiery tussen beskuldigde 2 en ân ander persoon
wat hy nie geken het nie, maar het ontken dat beskuldigde
3 op enige
stadium op die toneel aanwesig was.
Namens
die staat het Mnr Roach betoog dat hier ân gemeenskaplike oogmerk
was tussen die 3 beskuldigdes om die oorledene te dood.
Dit is
dienstig om ter aanvang met hierdie submissie te handel. Ek meen
nie dat daar kan sprake wees van gemeenskaplike oogmerk
in die
omstandighede van hierdie saak nie. Daar was klaarblyklik
aanvanklik ân geveg tussen beskuldigde 2 en die oorledene welke
gemene saak is. Dit moet bloot beslis word wat die aandadigheid van
die ander 2 beskuldigdes op hulle eie handelinge is. Daar
was
nêrens direkte getuienis van ân gemeenskaplike oogmerk nie en kan
so ân oogmerk in elk geval nie afgelei word op die aangebode
getuienis voor my nie. Ek bevind derhalwe pertinent dat hier nie
sprake is van ân gemeenskaplike oogmerk nie. Elk van die
beskuldigdes se aandadigheid moet dus op sy eie handeling,
wederregtelikheid en skuld beoordeel word.
Ek
wend my nou na die evaluering van die getuienis voor my. Daar is by
my geen rede om die getuienis van William Danzie, Allison
Cherry,
die polisie getuies en Dr Mafungo nie te aanvaar nie. Al hierdie
getuies was goeie getuies en het hulself nêrens weerspreek
nie.
Daar is in elk geval nie voor my betoog deur enige van die
beskuldigdes se regsverteenwoordigers dat ek nie hierdie getuienis
behoort te aanvaar nie.
Die
getuienis van kapt Blömerus staan op ân ander basis. Mnr
Muhlohlonye het aangevoer dat hierdie getuie nie ân deskundige
op
sy gebied is nie. Ek meen die kern probleem in Mnr Muhlohlonye se
argument is dat hy heeltemal misverstaan waar die deskundigheid
van
hierdie getuie in hierdie onderhawige saak lê. Die ballistieke
deskundige, soos wat kapt Blömerus ongetwyfeld is, doen ondermeer
as deel van sy deskundigheid ballistieke vergelykings tussen
afgevuurde patroondoppies en vuurwapens om te bepaal of ân doppie
afgevuur is deur daardie betrokke vuurwapen al dan nie. Hy doen so
ân vergelyking deur die 2 items mikroskopies te analiseer
en vir
bepaalde ooreenstemmende kenmerke op die 2 items te kyk en dan tot
ân deskundige opinie te kom ten aansien van die feit
of die doppie
afkomstig is vanuit daardie vuurwapen al dan nie. Dit is presies
wat gebeur het in hierdie onderhawige saak. Die
getuie het fisies
die mesring en okapi-mes ontleed en gekyk na ooreenstemmende
kenmerke wat hy wel gevind het. Daarna het hy
ân fisiese passing
gedoen en gevind dat dit wel pas. Laastens, en die belangrikste,
het hy onder ân vergelykingsmikroskoop
die 2 breekpatrone se
gietafdrukke bestudeer en tot die slotsom gekom dat dit ooreenstem.
Die wetenskap van metallurgie en meer
bepaald fraktografie kom glad
nie ter sprake hier nie. Metallurgie is die wetenskap bestudering
van metale. Fraktografie is die
bestudering van die oppervlaktes
van gebreekte metale om te bepaal wat aanleiding gegee het tot
sodanige breuk. Dit is juis daar
waar Mnr Muhlohlonye die pot
misgesit het met sy betoog. Hy het aan my ân artikel opgehandig
aangaande fraktografie wat hy van
die internet bekom het. Daardie
artikel bevestig juis dat fraktografie glad nie ter sprake is in die
onderhawige geval nie. Dit
gaan hier nie oor die bestudering van
die breekoppervlakte om te bepaal waarom die metaal ingegee het nie,
maar eerder die vergelyking
van 2 breekoppervlaktes om te bepaal of
dit opmekaar pas. Ek is derhalwe heeltemal tevrede dat kapt
Blömerus ân deskundige
op sy gebied is en dat sy getuienis
onvoorwaardelik en sonder voorbehoud aanvaar kan word. Ek bevind
gevolglik dat die mesring
voor die Hof wel afkomstig is en pas op
die okapi-mes wat ook ân bewysstuk voor die Hof is. Mnr
Muhlohlonye het uitgewys dat,
toe ek die staat se aansoek toegestaan
het om sy saak te heropen, die dokument wat ingehandig is as ân
bewysstuk, slegs ân
afskrif is. Ek het in my diskresie hierdie
dokument toegelaat kragtens die bepalings vervat in art. 222
van die Strafproseswet
saamgelees met art 34(2) van die Wet op
Bewyslees in Siviele Sake, 25 van 1965.
Wanneer
dit kom by die getuie Cassiem Fredericks is ek deeglik bewus daarvan
dat hy ân enkelgetuie is. Die geykte versigtigheidsreël
ten
aansien van die getuienis van enkelgetuies moet derhalwe deeglik
ingedagte gehou word, soos wat ook hierin doen. Kyk bv. na
S
v Banana 2000(2) SASV 1 ZSC
te 8 a-c. Ek moet dadelik sê dat Fredericks as ân getuie
nie te sleg gevaar het nie. Hy het selfversekerd voorgekom en
hy
het nie gehuiwer om vrae te antwoord nie. Daar is geen wesenlike
weersprekinge in sy getuienis te bevind nie, behalwe enkele
klein
aspekte tussen sy getuieverklaring en sy
viva
voce
getuienis. Van meer belang is, na my mening, die feit dat hy aan
insp. Anthony gesê het dat 2 persone die oorledene aangeval
het.
Ek meen egter dat dit in konteks verstaan moet word, dat hy bedoel
het dat 2 persone die oorledene gesteek het. Hy het klaarblyklik
met hierdie mededeling beskuldigde 3 buite rekening gelaat wat op sy
getuienis nie die oorledene gesteek het nie, maar wel met
ân
bierbottel geslaan het. Van groter belang nog is die feit dat
hierdie getuie, op sy eie weergawe, middelmatig dronk was en
vroeër
die dag ook dagga en mandrax gerook het. Dit is ân aspek wat ek
deeglik ingedagte hou en wat my juis noop, ook omdat
hy ân
enkelgetuie is, om sy getuienis met aansienlike versigtigheid te
benader. Gegewe hierdie aspekte, is ek slegs bereid om
Mnr
Fredericks se getuienis te aanvaar op wesenlike aspekte, d.w.s. waar
dit die beskuldigdes direk in die ten laste gelegde misdryf
inkrimineer, waar sy getuienis gestaaf word deur ander aanvaarbare
getuienis.
Wat
beskuldigde 1 se inkriminering aanbetref, vind ek stawing vir Mnr
Fredericks se getuienis dat beskuldigde 1 die oorledene in
die rug
gesteek in die volgende aspekte:
Die
mediese getuienis soos voorgehou deur Dr Mafungo bevestig dat ten
minste 3 van die wonde aan die beskuldigde se rug versoenbaar
is
met ân voorwerp soos ân skroewedraaier. Dr Mafungo het
verduidelik waarom dit sy opinie is en blyk dit ook uit die fotoâs
van hierdie wonde. Beskuldigde 1 het later by William Danzie se
huis opgedaag met ân skroewedraaier â aldus Danzie.
Beskuldigde
1 se getuienis dat hy nie die oorledene gesteek het nie verwerp ek
as vals bo redelike twyfel. Hy was ân swak getuie
en het
herhaaldelik klei getrap. Die rekord sal weerspieël op welke
onbevredigende wyse hy getuig het. Sy voorkoms in die
getuiebank
was ook glad nie bevredigend nie. Ek moes hom aanhoudend vra om
harder te praat en het hy glad nie selfversekerd
voorgekom nie. Hy
het die heeltyd kop onderstebo gestaaan en het by meer as een
geleentheid glad nie ân vraag geantwoord nie
â duidelik omdat
hy nie ân gepaste antwoord kon kry nie. Sy weergawe dat hy glad
nie in die veld was waar die oorledene
gevind is nie, word verwerp
in die lig van die feit dat beskuldigde 2 hom op die toneel plaas
en ook die feit dat, volgens William
Danzie, beskuldigde 2 bevestig
het dat beide hy en beskuldigde 1 die oorledene tot by die veld
gejaag het. Ook sy ontkenning
dat die mesring nie pas op die
okapi-mes voor die Hof nie, word verwerp, gegewe kapt Blömerus se
getuienis.
Dit
is insiggewend dat beskuldigde 3 in sy skriftelike
pleitverduideliking Cassiem Fredericks se getuienis bevestig dat
beskuldigdes
1 en 2 die oorledene agtervolg het in Agnesstraat in
die rigting van die taverne. Dit is die algemene rigting wat lei
tot die
plek waar die oorledene uiteindelik gevind is.
Seker
die belangrikste getuienis wat dien as stawing vir Fredericks se
inkriminering van beskuldigde 1 is die feit dat kapt Blömerus
tot
die bevinding gekom het dat die mesring wel pas op die okapi-mes
voor die Hof. Daardie mesring is op die oorledene gevind
en is die
enigeste redelike afleiding in die omstandighede dat die mes
gebreek het terwyl beskuldigde 1 besig was om die oorledene
daarmee
aan te rand.
Insiggewend
is dat beskuldigde 2 getuig dat nadat hy die toneel verlaat het tot
die telefoonhokkie onder in Agnesstraat hy na
ân kerkgebou is en
het beskuldigde 1 eers ongeveer ân uur later daar opgedaag waar
hy gesit het. Beskuldigde 2 getuig ook
insiggewend verder dat toe
beskuldigde 1 by hom opdaag, hy wat beskuldigde 2 is opgemerk het
dat die okapi-mes van beskuldigde
1 gebreek is. Die afleiding is
noodwendig dat die mes vroeër heel was en dat dit daarna moes
gebreek het, heel waarskynlik
in die proses toe beskuldigde 1 die
oorledene gesteek het me die okapi-mes. Beskuldigde 1 se bewering
dat die mes alreeds gebreek
was en hy vroeër daarmee lemoene
geskil het, oortuig net nie op die waarskynlikhede nie.
Beskuldigde
1 se aandadigheid aan die misdryf word verder bevestig deur sy
optrede daarna toe hy saam met beskuldigde 2 vir William
Danzie en
Allison Cherry versoek het om die bebloede klere uit te was, die
bebloede messe af te was en die messe daarna te vernietig.
Daar
is by my gevolglik geen twyfel nie dat Cassiem Fredericks se
inkriminering van beskuldigde 1, gegewe hierdie stawende aspekte
soos
voormeld, bewys bo redelik twyfel teen beskuldigde 1 daarstel.
Wat
Mnr Fredericks se inkriminering van beskuldigde 2 aanbetref, voer hy
aan dat beskuldigde 2 die oorledene verskeie kere met die
swarthef
mes voor die Hof gesteek het. Dit is natuurlik gemene saak dat
beskuldigde 2 ten minste 3 keer die oorledene gesteek
het met
hierdie betrokke mes. Dit verskaf natuurlik stawing vir Fredericks
se getuienis maar is daar ook verdere stawing te vinde
in die
volgende:
Die
mediese getuienis van Dr Mafungo dat die lang swarthef mes versoen
kan word met van die steekwonde op die oorledene se liggaam.
Op
beskuldigde 2 se eie weergawe het hy op ân stadium, toe die
oorledene van hom af weggehardloop het, hom agtervolg in
Agnesstraat.
Dit blyk dus duidelik dat daar woede en aggressie aan
die kant van beskuldigde 2 was en kan aanvaar word, myns insiens,
dat
hy op die waarskynlikhede die oorledene aansienlik meer as
slegs 3 keer gesteek het.
Beskuldigde
2 se optrede agterna, soos ek alreeds vermeld het, verskaf ook
verdere stawing. Hy is die een wat mededelings gemaak
het aan
William Danzie, welke mededelings ek alreeds aanvaar het as korrek
en waar, tot dien effekte dat hy en beskuldigde 1
die oorledene
gejaag het tot in ân veld waar hy vir beskuldigde 1 agtergelaat
het.
Beskuldigde
2 was na my mening ân beter getuie as beskuldigde 1, alhoewel hy
ook maar plek-plek gesukkel het. Ek aanvaar sy
weergawe slegs
soverre dit strook met die getuienis van Cassiem Fredericks en die
algemene waarskynlikhede. Ek aanvaar wel sy
getuienis dat hy op ân
stadium by die kerk gaan sit het toe sy wonde hom klaarblyklik
gepla het en dat beskuldigde 1 eers
ongeveer 1 uur later by hom
aangesluit het met ân gebreekte okapi-mes in sy besit.
Beskuldigde
2 saam met beskuldigde 1 het natuurlik ook vir William Danzie en
Allison Cherry versoek om hul bebloede klere uit
te was, die
bebloede messe af te was en die goed te bêre. Dit is ân optrede
wat slaan op aandadigheid aan ân misdryf, na
my mening.
Ek
is derhalwe tevrede dat Cassiem Fredericks se inkriminering van
beskuldigde 2 bewys bo redelik twyfel daarstel wanneer hierdie
stawende aspekte inaggeneem word.
Selfs
al is ek hieraangaande verkeerd met my aanvaarding van die getuienis
van Cassiem Fredericks, is ek in elk geval heeltemal
oortuig wat
betref die inkriminering van beskuldigde 2 dat hy op sy eie weergawe
homself skuldig gemaak het aan moord met
dolus
directus
as opset. Op sy eie weergawe het hy die oorledene die aangerand op
ân stadium toe dit nie meer nodig was om die oorledene aan
te val
nie. Dit is baie duidelik uit Dr Mafungo se getuienis dat die
steekwonde wat hy die oorledene toegedien het, uiteindelik
tot sy
dood sou lei.
Wat
beide beskuldigdes 1 en 2 aanbetref is ek bo redelike twyfel tevrede
dat hulle met
dolus
directus
opgetree het. Wanneer mens in aanmerking neem die veelvuldige
aantal steekwonde, die ligging, erns en aard daarvan, dan kan daar
geen twyfel wees dat hierdie beskuldigdes die direkte opset gehad
het om die oorledene te dood nie.
Ek
wend my laastens tot beskuldigde 3. Mnr Roach het aangevoer dat
daar stawing vir Fredericks se inkriminering van beskuldigde
3 is in
die mediese getuienis. Ek kan nie daarmee saamstem nie. Die
getuienis was dat toe beskuldigde 3 die oorledene met die
bierbottel
slaan het die bierbottel gebreek. Dr Mafungo het duidelik getuig
dat wanneer so iets plaasvind, hy sekondêre snymerke
sou verwag
het. Dit is gemene saak dat geen sodanige sekondêre snymerke op
die oorledene se kop waar die stompgeweld wond voorkom,
aangetref is
nie. In elk geval het Dr Mafungo ook toegegee dat die stompgeweld
hou ook veroorsaak kon gewees het toe die oorledene
geval het.
Fredericks het duideli kgetuig dat die oorledene op ân stadium
geval het daar waar vantevore ân boom was in St
Paulsweg. In die
omstandighede is ek regtens genoop om aan beskuldigde 3 die voordeel
van die twyfel te gee wat my by bestaan
en kan ek nie Cassiem
Fredericks se getuienis as enkelgetuie sonder enige stawing daarvoor
ten aansien van beskuldigde 3 aanvaar
nie. Ek het vroeër ân
aansoek om ontslag ingevolge art 174 namens beskuldigde 3 van die
hand gewys omdat, op daardie stadium,
ân kwessie van
geloofwaardigheid van getuies nie ter sprake kom nie. Op daardie
stadium was daar ten minste ân
prima
facie
saak teen beskuldigde 3.
By
gevolg word beskuldigdes 1 en 2 skuldig aan moord soos aangekla en
vind ek pertinent dat hulle
dolus
directus
as opsetvorm gehad het. Beskuldigde 3 word onskuldig bevind en
ontslaan.
__________
SA MAJIEDT
REGTER