S v Gabatlhole (B3358/02) [2002] ZANCHC 35; 2004 (2) SACR 270 (NC) (4 December 2002)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Intimidation — Reverse onus of proof — Accused unrepresented during trial — District court failed to inform accused of reverse onus under Intimidation Act — Accused convicted of burglary and intimidation — High Court reviews conviction for intimidation due to procedural irregularity — Holding that failure to inform the accused of the reverse onus constituted an irregularity that prejudiced the accused, resulting in the conviction for intimidation being set aside while upholding the conviction for burglary.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 35
|

|

S v Gabatlhole (B3358/02) [2002] ZANCHC 35; 2004 (2) SACR 270 (NC) (4 December 2002)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hersieningsnr: 705/2002
Saaknr: B3358/02
Datum
gelewer: 2002-12-04
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
PETER
GABATLHOLE BESKULDIGDE
Coram
:
Kgomo RP et Majiedt R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT
R:
Hierdie
aangeleentheid is op spesiale hersiening na hierdie Hof deurgestuur
deur ‘n Streekhoflanddros ingevolge die bepalings
vervat in
artikel 116(3)(a) van die Strafproseswet. Die Streekhoflanddros was
nie tevrede dat die verrigtinge ooreenkomstig die
reg is nie en het
gevolglik die aangeleentheid na hierdie Hof gestuur op spesiale
hersiening.
Die
beskuldigde wat onverteenwoordig was, het tereggestaan op ‘n
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal en
‘n
aanklag van intimidasie. Die aangeleentheid is na die
streekhoflanddros verwys vir vonnis nadat die beskuldigde skuldig

bevind is op beide aanklagte. Die onderwerp van die
streekhoflanddros se twyfel is aanklag 2, dié van intimidasie. Sy
navraag
aan die landdros wat die skuldigbevinding uitgebring het,
lees as volg:
“
Skrywer
verwys na bogemelde saak, waarvan hy die notule behoorlik nagegaan
het. Skrywer het geen probleem met die skuldigbevinding
t.o.v.
klagte 1, maar t.o.v. klagte 2, verlang skrywer die landdros se
kommentaar t.o.v. die volgende:
Waarom
het die landdros nie vir die beskuldigde behoorlik ingelig van die
gevolge van die “reverse onus presumption”, wetende
dat
beskuldigde onverteenwoordig was.”
Die
landdros het as volg daarop gereageer:
“
Ek
verwys na u skrywe gedateer 5/11/02. Ek het nie die bepalings soos
vervat in art 2 Wet 72 van 1982 aan die beskuldigde verduidelik
nie.
Ek merk op art. 2 maak melding van “die bestaan van ‘n wettige
rede”. Slegs art. 1(1)(a) en nie art. 1(1)(b) nie lees
as volg:
“Iemand wat – (a) sonder wettige rede ..... laat vaar
.....”. Dit is vreemd dat die woorde “sonder wettige
rede”,
nie ook in sub. art. 1(1)(b) genoem word nie. Dit blyk egter uit die
bewoording van art. 2 dat lg. in beide gevalle
aanwending vind.
In die onderhawige saak het die beskuldigde van meet af die bewering
teen hom ontken. Die bewyslas was deurgaans
op die staat. Sy
ontkenning dat hy die woorde geuiter het, het hy tot en met die
finalisering van die saak mee volstaan. Derhalwe
is hy nie en kon hy
nie benadeel word nie.
Uit
die getuienis blyk dit dat die beskuldigde op heterdaad betrap is
deur die klaer in sy huis. Dit is duidelik dat die staat
die
misdryf op aanklag 1 bewys het. Nadat hy, met behulp van sy
swaer, die beskuldigde vasgetrek het, is die klaer as volg
gedreig
deur die beskuldigde (volgens die klaer se getuienis):
“
Toe
ons hom vasgemaak het op die grond ook, het hy verskeie kere vir my
gesê, my vrou en swaer dat hy en sy bandiet tjommies sal
terugkom”.
Volgens
die klaer het hy gevrees dat die beskuldigde en sy vriende terug sal
keer en vir hom en sy familie leed aandoen.
Die
landdros het glad nie op enige stadium tydens die verhoor vir die
beskuldigde ingelig van die verskuifde bewyslas vervat in
artikel
1(1)(b) saamgelees met artikel 1(2) van die Wet op Intimidasie, 72
van 1982 (“
die
Wet
”)
nie. Volgens daardie bepalings rus die onus op ‘n beskuldigde om
die “bestaan van ‘n wettige rede” vir bepaalde optrede
aan te
toon. Die distrikhoflanddros verwys tereg na die anomalie in die
Wetsbepalings deurdat die woorde “sonder wettige rede”
voorkom
in artikel 1(1)(a) maar nie in artikel 1(1)(b) nie [
in
casu
is die beskuldigde aangekla van ‘n oortreding van artikel
1(1)(b)]. Wanneer die bepalings van artikel 1(2) onder die loep
geneem
word, is dit egter duidelik dat hierdie verskuifde onus ook
by ‘n artikel 1(1)(b)-oortreding geld.
In
S
v Motshari 2001(1) SASV 550 (NK)
te
554 e-f het Kgomo R (soos hy toe was)
obiter
bevind dat daar ‘n plig rus op ‘n voorsittende beampte om ‘n
onverteenwoordigde beskuldigde in te lig van die onus wat op
hom rus
uit hoofde van die bepalings vervat in artikel 1(1)(b) saamgelees
met artikel 1(2) van die Wet en dat só ‘n nalate ‘n
onreëlmatigheid daarstel.
Vergelyk
ook die
ratio
decidendi
in
S
v Kester 1996(1) SASV 461 (B)
te
472 j-474 g.
Ek
is dit respekvol eens met die benadering voorgehou in die voormelde
sake.
Daar
is by my ernstige twyfel of hierdie bepaling in die Wet grondwetlik
is. Ek vereenselwig my respekvol daaraangaande met Kgomo
R se
siening in
S
v Motshari
,
supra
te 554 d-e. Dit is vir doeleindes van die beregting van die
onderhawige saak egter nie nodig om dié aspek te beslis nie.
Uit
hoofde van die voorafgaande is ek daarvan oortuig dat die
distrikhoflanddros se nalate soos voormeld, ‘n onreëlmatigheid
daarstel. Ek is verder tevrede dat dit die beskuldigde dermate
benadeel het dat die verrigtinge tersyde gestel behoort te word.
Vergelyk:
S
v Oliphant
(ongerapporteerde hersieningsuitspraak, saaknr. 105/02, gelewer op
3/5/02);
S
v Booysen
(ongerapporteerde
hersieningsuitspraak, saaknr. 27/01, gelewer op 7/12/01).
Daar
is ‘n verdere rede waarom die verrigtinge voor die
distrikhoflanddros nie ooreenkomstig die reg is nie. Soos Kgomo R
bevind
het in
S
v Motshari
,
supra
,
is ek ook die mening toegedaan dat die bepalings van artikel 1(1)
van die Wet nie bedoel was vir minder ernstige gevalle soos
hierdie
nie. Ek betwyfel dit sterk dat ‘n skuldigbevinding van
intimidasie in ‘n verhoor
de
novo
regtens die toets soos neergelê in die voormelde gewysde sal
deurstaan.
Die
Direkteur van Openbare Vervolgings word versoek om
S
v Motshari
supra
pertinent onder die aandag van aanklaers te bring. (Die
“
incriminations
”
op 560 b moet lees “
recriminations
”).
Landdroste moet, na aanhoor van al die getuienis, die aanklaers vra
om hulle behoorlik toe te spreek op die vraag of genoemde
Wet op
Intimidasie (72 van 1982) op die saak voor hulle ‘n aanwending
vind al dan nie. Landdroste in die Noord-Kaapse Afdeling
is gebonde
aan die
Motshari
-uitspraak.
Sien:
Ex
Parte Minister of Safety and Security and Others: In re: Walters and
Another 2002(4) SA 613 (CC)
te 643 G – 646 H (paras 55-61).
Bygevolg
reik ek die volgende bevel uit:
10.1 Die
beskuldigde se skuldigbevinding op die aanklag van huisbraak met die
opset om te steel en poging tot diefstal word bekragtig.
10.2 Die
beskuldigde se skuldigbevinding aan ‘n oortreding van
artikel 1(1)(b) van Wet 72 van 1982 word tersydegestel.
10.3 Die
aangeleentheid word terugverwys na die Streekhof, Kimberley, vir
afhandeling van die vonnis op aanklag 1, soos in 9.1 hierbo
uiteengesit.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT