About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 31
|
|
De Bruin and Others v Lid van die Uitvoerende Raad Belas met Onderwys, Noord-Kaapse Provinsiale Regering and Another (1061/2001) [2002] ZANCHC 31 (29 November 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1061/2001
Datum
Verhoor: 2002-11-21 Datum Gelewer: 2002-11-29
In
die saak van
:
W
DE BRUIN
Eerste
Applikant
H
PIETERS
Tweede
Applikant
AS
SNYDERS
Derde
Applikant
LJ
EKSTEEN
Vierde
Applikant
MC
MACZALI
Vyfde
Applikant
versus
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD BELAS MET
ONDERWYS,
NOORD-KAAPSE PROVINSIALE REGERING
Eerste
Respondent
DIE
DEPARTEMENTSHOOF : DEPARTEMENT VAN
ONDERWYS
VAN DIE NOORD-KAAP PROVINSIE
Tweede
Respondent
Coram
:
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
5 applikante is opvoeders in diens van die Departement van Onderwys
in die Noord-Kaap (
âdie
Departementâ
).
Hulle is almal skuldig bevind aan wangedrag deur ân dissiplinêre
tribunaal en is ân aanbeveling gemaak dat hulle almal
uit diens
ontslaan word. Die tweede respondent het hierdie aanbeveling
aanvaar en is die applikante almal uit diens ontslaan.
ân Appél
teen die voormelde bevinding na die eerste respondent was
onsuksesvol en is die tweede respondent se besluit bekragtig.
Die
applikante nader nou hierdie Hof met ân aansoek vir die hersiening
en tersydestelling van hierdie voormelde besluite van
die
respondente.
By
ooreenkoms tussen die partye en voortspruitend uit ân dringende
aansoek vir tussentydse regshulp, is die applikante se
uitdiensstelling
opgeskort hangende die beregting van hierdie
hersieningsaansoek.
Die
bepalings vervat in die Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 76
van 1998 (â
die
Wet
â)
reguleer die tersaaklike aspekte van die gebeure wat ek ter
inleiding na verwys het. Die Wet is gewysig deur Wet 53 van 2000,
maar aangesien die voormelde tugstappe teen die applikante ingestel
is aangaande beweerde wangedrag wat gepleeg is voor die
inwerkingrtreding
van Wet 53 van 2000, geld die bepalings van die
Wet soos dit daar uitgesien het voor die voormelde wysiging
(vergelyk art. 38A
van die Wet).
Die
applikante was daarvan aangekla en is daaraan skuldig bevind dat
hulle aan ân onwettige sitstaking deelgeneem het by die Hoërskool
Carnarvon (â
die
skool
â)
waar hulle in diens was. Op die meriete het hulle nooit hierdie
feite betwis nie, maar het hulle gepoog om dié optrede te
probeer
regverdig aan die hand van sekere griewe wat hulle gekoester het.
Op
hersiening voor ons het die applikante aanvanklik gesteun op twee
breë gronde, te wete:
5.1 Prosedurele
onreëlmatigheid deurdat:
5.1.1 die
applikante nie van ân skriftelike oorkonde van die verrigtinge voor
die tribunaal voorsien is nie (die verrigtinge was
op band opgeneem);
en
5.1.2 die
dokumentêre bewysstukke wat tydens die verrigtinge ingehandig is
(ses in totaal) nie aan die applikante oorhandig is nie,
met die
gevolg dat hulle nie behoorlike vertoë kon voorberei nie; en
5.1.3 die
tweede respondent nie in besit was van die voormelde bewysstukke toe
hy sy besluit geneem het nie.
5.2 Substantiewe
ongeregtigheid deurdat nóg die eerste, nóg die tweede respondente
enigsins ag geslaan het op die getuienis voor
die tribunaal nie â
die applikante het beweer dat nie een van die respondente na die
bandopnames (tien in totaal wat die ses dae
wat die verrigtinge
geduur het se getuienis bevat) geluister het nie.
Beide
respondente het in hul antwoordende eedsverklarings ontken dat hulle
glad nie na die bandopnames geluister het nie. Met inagneming
van
die welbekende beginsels neergelê in
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984(3) SA 623(A)
was Mnr Du Toit namens die applikante genoodsaak om die aftog te
blaas wat die aspek van substantiewe ongeregtigheid aanbetref.
Al
wat nog beregting verg hierin is die kwessie van prosedurele
onreëlmatigheid. Daarmee gepaardgaande is dit uiteindelik slegs
die eerste respondent se besluit om die appél af te wys, wat nog
aangeval word hierin.
Dit
is gemeensaak dat die respondente geweier het om te voldoen aan die
applikante se versoek om hulle te voorsien van ân transkripsie
van
die bandopnames van die dissiplinêre verrigtinge. Dit is verder
gemeensaak dat die klankbande eers getranskribeer is vir
doeleindes
van hierdie hersieningsaansoek. Die respondente het deurgaans
volgehou met die siening dat die Wet nie vereis dat die
notule van
die dissiplinêre verrigtinge op skrif hoef te wees nie. Nadat ân
versoek daarvoor gerig is, het die tweede respondent
se kantoor
bloot die tien kassette beskikbaar gestel aan die applikante om na
te luister of om te dupliseer. Nog later is kopieë
van die tien
kassette aan die applikante gestuur. Die applikante se saak is dat
die oorkonde of notule wel getranskribeer moet
word, kragtens die
Wet se bepalings.
Ons
het uiters breedvoerige betoë aangehoor van beide advokate ten
aansien van die beweerde prosedurele onreëlmatighede soos hierbo
aangestip. Veral Mnr Olivier, namens die respondente, het
interessante en by tye vindingryke submissies voorgehou aangaande
die vraag of die â
notule
van verrigtinge
â
(in Engels : â
the
record of proceedings
â)
in die Wet wel ân skriftelike oorkonde bedoel. Na my mening is
dit nie nodig om bevindings hieraangaande te maak nie. Ek
is bereid
om te aanvaar, sonder om daaroor te beslis, dat daar prosedurele
onreëlmatighede geskied het in een of meer van die
opsigte soos
voorgehou deur die applikante (sien par 5.1 hierbo). Die kardinale
aspek wat dan beregting sal verg is die vraag
of daar benadeling
teweeggebring is aan die applikante deur hierdie prosedurele
onreëlmatighede.
Ter
motivering van my voormelde benadering is dit belangrik om in
gedagte te hou dat dit vasstaan in ons reg dat ân geregshof
slegs
aan ân applikant op hersiening verligting sal verleen, indien
bewys is dat só ân applikant benadeel is.
In
Rajah
& Rajah (Pty) Ltd & others v Ventersdorp Municipality &
others 1961(4) SA 402 (A)
te 407H â 408A is dit as volg gestel:
â
Now I think it
is clear that the Court will not interfere on review with the
decision of a quasi-judicial tribunal where there has
been an
irregularity, if satisfied that the complaining party has suffered no
prejudice. Jockey Club of South Africa and Others v
Feldman,
1942 AD
340
at p. 359; Larson and Others v Northern Zululand Rural Licensing
Board,
1943 NPD 40.
In principle it seems to me that the Court should
likewise not interfere in the present case at the instance of the
Council, whatever
the precise nature of the present proceedings,
since it is clear that there has been no prejudice to the public
interest which the
Council represents. The underlying principle is
that the Court is disinterested in academic situations.â
Vergelyk
ook:
Napolitano
v Commissioner of Child Welfare, Johannesburg & others 1965(1) SA
742 (A)
te
745 H;
SA
Post Office Ltd v Chairperson, Western Cape Provincial Tender Board
2001(2) SA 675(K)
te
694 F-H;
Vize
v Wilmans NO 2001(4) SA 1114 (NK)
te 1120I â 1121D;
Du
Plessis v Prokureursorde, Transvaal 2002(4) SA 344 (T)
te 350 C-G.
Op
wie rus die bewyslas om sodanige benadeling of die afwesigheid
daarvan aan te toon?
Baxter,
Administrative Law
te 718 huldig die standpunt dat nadeel veronderstel sal word indien
onregmatigheid bewys is.
Sien
ook :
Jockey
Club of South Africa v Feldman 1942 AD 340
te 359.
Baxter
gaan verder en verklaar dat die bewyslas om die afwesigheid van
benadeling aan te toon op ân respondent rus. Meneer Olivier
het
betoog dat hierdie standpunt nie meer die geldende reg kan wees nie,
inaggenome die bepalings vervat in die Promotion of Administrative
Justice Act, 3 van 2000. Dit is gemeensaak dat die bepalings van
hierdie wet van toepassing is op die onderhawige geval. Artikel
6(1)
daarvan bepaal dat:
â
Any person may
institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial
review of an administrative actionâ.
In
artikel 1 word â
administrative
action
â
omskryf as:
â
...........any
decision taken ....... which
adversely
affects
the rights of any person .......â
.
(my beklemtoning).
Daar
is heelwat te sê vir Mnr Olivier se argument dat die voormelde
bepalings die bewyslas verskuif na ân applikant wat sal moet
aantoon dat ân besluit â
adversely
affects his rights
â.
Chaskalson
en andere in hul werk,
Constitutional
Law of South Africa
,
te 63-20 [par. 63.3.(b).(vi)] huldig die mening dat hierdie bepaalde
element in die definisie die mees opspraakwekkende een is.
Volgens
hulle beperk hierdie vereiste die trefwydte van die voormelde Wet
ingrypend.
Cora
Hoexter, â
The
Future of Judicial Review in South African Administrative Law
â
(2000) 117 SA LJ 484 te 514, gaan selfs verder in haar kritiek
van dié vereiste en verklaar as volg:
â
This
is a startling departure both from the definition proposed by the
South African Law Commission and from the common law, and in
my view
its effects is to narrow the ambit of administrative action beyond
what is acceptable ... On this score alone one must harbour
the
gravest doubts about the constitutionality of s 1 of the Act.â
Dit
is na my mening eweneens nie nodig om ân bevinding te maak
aangaande hierdie verskuifde bewyslas nie. Selfs al word aanvaar
dat die bewyslas steeds op die respondente rus in die onderhawige
geval, is ek die mening toegedaan dat dit oorvloediglik bewese
is op
die stukke dat die applikante nie benadeel is deur enige prosedurele
onreëlmatigheid/hede nie. Ek kom tot die bevinding
aan die hand
van die volgende aspekte hierna aangestip.
Die
applikante se saak, by monde van hul regsverteenwoordiger is dat die
benadeling daarin geleë is dat hulle nie hul reg op
audi
alteram partem
ten volle kon uitoefen nie. Soos ek dit verstaan, is die argument
dat hulle ernstig gekniehalter is in die voorbereiding van hul
vertoë aan die eerste respondent, deurdat hulle nie in besit was
van ân getranskribeerde oorkonde en van die bewysstukke nie.
Die
hoogwatermerk van die applikante se saak ten aansien van benadeling
word as volg uiteengesit in hul funderende stukke:
â
50.
Die Applikante is,
benewens die opsigte alreeds vermeld, in die volgende opsigte
benadeel deur die versuim van die Tweede Respondent
om ân
getranskribeerde weergawe van die dissiplinêre verhoor tot hulle
beskikking te stel en om die bewysstukke wat ingedien is
tydens die
dissiplinêre verhoor tot hulle beskikking te stel naamlik:
50.1 Dit
was eenvoudig ân onbegonne taak vir ons prokureur en al vyf die
Applikante om na die bande te luister en dan aan die hand
daarvan en
met verwysing na spesifieke passassies in die getuienis, skriftelike
vertoë op te stel;
50.2 Dit
was onmoontlik om getuienis wat in die guns van Applikante gelewer is
in die skriftelike vertoë uit te wys omdat daar geen
verwysingsraamwerk was nie. Slegs algemene submissies kon in hierdie
verband gemaak word sonder spesifieke verwysing na spesifieke
passassies in die getuienis;
50.3 Applikante
moes gevolglik grootliks op hul geheue staatmaak om hul vertoë te
begrond sonder dat hulle geleentheid gebied is
om alle aspekte wat in
hul guns sou kon tel, ehoorlik te identifiseer en aan te haal in hul
vetoë;
50.4 Die
akkuraatheid van inligting wat van luister afkomstig is, kan nooit
vergelykbaar wees met die akkuraatheid wat verkry kan
word van
inligting wat op skrif verskyn nie, waarna die Eerste Respondent
verwys kon word en wat sy spesifiek kon lees om self te
bepaal of die
submissie goed of sleg is nie;
50.5 Sonder
die bewysstukke, is dit eenvoudig ân rondtasting in die donker om
vertoë te begrond en sinvolle submissies aan die
Eerste Respondent
te maak;
50.6 Die
is vir ons onbegryplik hoedat die Eerste Respondent wat, sekerlik
onafhanklik van enige vertoë wat ons mag rig, onafhanklik
tot
regverdige bevindings behoort te kom, dit hoegenaamd kan doen sonder
verwysing na enige bewysstuk en sonder om ân oorkonde
te lees. Ons
vind dit eenvoudig onwaarskynlik dat ân belangrike politikus soos
die Eerste Respondent, sowat ses dae van haar tyd
sou afstaan om na
die bande te luister. Dit blyk duidelik uit haar uitspraak, wat ek
aanstons sal ontleed, dat sy inderdaad nie
daarna geluister het nie.â
Die
applikante het alreeds, soos vermeld is, toegegee dat hierdie
aangeleentheid benader moet word op die basis dat die eerste
respondent wel na die klankopnames van die verrigtinge geluister
het. Punt 50.6, hierbo aangehaal, kan gevolglik buite rekening
gelaat word.
Die
applikante het
via
hul prokureur (wat ook vir hulle tydens die dissiplinêre verhoor
opgetree het sowel as in hierdie hersieningsaansoek) volledige
vertoë opgestel. Hulle het weliswaar hulle regte voorbehou gegewe
die gebrek aan ân getikte oorkonde en die bewysstukke. Dit
doen
nie afbreuk daaraan nie dat die vertoë van aansienlike omvang is
(dit beslaan 7 bladsye), besonder goed beredeneerd is en
dat die
opsteller daarvan, soos die applikante, tydens al ses dae
teenwoordig was tydens die dissiplinêre verhoor.
Enige
aandagtige luisteraar na die klankopname van die dissiplinêre
verigtinge sou deeglik bewus geword het van die getuienis wat
gelei
is en van die bewysstukke wat ingedien is by die verhoor. Verder
het die eerste respondent pertinent verwys na die vertoë
waar gewag
gemaak is van die feit dat een van die bewysstukke (ân brief van
die Speaker waarin die applikante versoek word om
hul sitstaking te
beëindig met ân gepaardgaande belofte dat aandag aan hulle griewe
geskenk sal word) verkeerd geïnterpreteer
is deur die tribunaal.
Anders as laasgenoemde, verwyt die eerste respondent glad nie die
applikante daarvoor dat hulle eers na
die tussentrede van die
Speaker teruggekeer het na hulle klaskamers nie.
Die
eerste respondent het volledige redes verskaf vir die afwysing van
die applikante se appél. Daardie redes getuig van ân
sorgvuldige
oorweging van die getuienis, die applikante se vertoë en van al die
tersaaklike omstandighede, beide wat die skuldigbevinding
en
strafsanksie aanbetref.
Die
vraag ontstaan natuurlik â waarom, indien die applikante sterk
genoeg gevoel het daaroor, hulle nie die Hof genader het op
ân
dringende basis vir ân
mandamus
dat die getranskribeerde oorkonde en die bewysstukke aan hulle
beskikbaar gestel moet word alvorens hulle ingevolge die Wet verplig
word om vertoë in te dien nie? Hierdie aspek word ook deur die
eerste respondent te berde gebring in haar redes vir haar besluit.
Daar
kan verseker aanvaar word dat die applikante se prokureur tydens die
dissiplinêre verhoor so volledig as moontlik per lang
hand rekord
gehou het van die getuienis. Hierdie afleiding word gerugsteun deur
die volledige skriftelike betoogshoofde (8 getikte
bladsye) wat toe
namens die applikante opgestel is. Hierdie betoogshoofde is verder
wydlopend en volledig toegelig deur die applikante
se prokureur se
mondelinge betoë. In die skriftelike sowel as die mondelinge betoë
word deurlopend verwys na die getuienis voor
die tribunaal en na die
bewysstukke wat ingehandig is.
Dit
kan aanvaar word dat die eerste respondent tot haar besluit van 27
Augustus 2001 om die appél af te wys gekom het sonder dat
sy die
bewysstukke A tot en met F onder oë gehad het. Dit moet egter
insgelyks aanvaar word dat sy wel na die bandopnames van
die
verrigtinge geluister het vir die redes hierinvantevore vermeld.
Ons het Mnr Du Toit uitgenooi om aan te toon tot welke mate
en op
welke basis die eerste respondent tot ân ander besluit sou gekom
het as sy wel die bewysstukke in haar besit sou gehad
het en dit
deurgegaan het. Hy kon nie enige sodanige basis aantoon nie.
Dit
is nuttig om vlugtig te kyk na die aard en inhoud van die
bewysstukke wat by die tribunaal ingedien is. Dit behels die
volgende:
21.1 Bewysstukke
A1 en A2 is skrywes van die derde en vierde applikante aan die skool
gedateer 6 Augustus 1999 waarin hulle bekendmaak
dat hulle vanweë
âdringende sakeâ die skool om 12h00 op daardie bepaalde dag sal
verlaat.
21.2 Bewysstuk
B is ân skrywe van die voorsitter van die beheerraad aan die
Departement se kringbestuurder, gedateer 29 Julie 1999,
waarin
laasvermelde ingelig word dat ân Mnr H Robyn amptelik
aanbeveel word vir aanstelling as waarnemende prinsipaal vir
daardie
(derde) termyn.
21.3 Bewysstuk
C is ân reaksie op bewysstuk B waarin die beheerraad se aanbeveling
aanvaar en die aanstelling van Mnr Robyn bekragtig
word.
21.4 Bewysstuk
D is ân memo mede-onderteken deur al die applikante, gerig aan die
ouergemeenskap van die skool. Die opskrif daarvan
is â
Verklaring
deur stakende onderwysersâ
en dit is gedateer 5 Augustus 1999. Daarin word aangekondig dat die
applikante terugkeer na hulle dienste â
op
versoek van die Permier (se) kantoorâ
en word die voorwaardes van sodanige terugkeer op rekord geplaas.
21.5 Bewysstuk
E is ân brief gerig aan die derde applikant, afkomstig van die
Speaker van die Noord-Kaapse Wetgewer, Mnr. CAT Smith,
gedateer 5
Augustus 1999. Ek ag dit nodig om dié brief aan te haal:
â
REQUEST
TO RETURN TO CLASSROOM
Purpose: For your
information and action
Please note that I
hereby humbly request that you return to the classrooms, and I will
take up the matter with the Honourable Mrs
Tina Joemat-Pettersson,
MEC for Education as well as with the Honourable Premier Manne
Dipico.
Please
contact me telephonically in this regard.
Hope
you find this in order.
Kind
regards.
Yours
faithfully
(Mr)
CAT Smith
SPEAKER
OF NORTHERN CAPE LEGISLATUREâ
21.6 Bewysstuk
F is ân handgeskrewe interne memo vanaf die waarnemende prinsipaal,
Mnr Robyn aan ene Mnr D Jason, ân opvoeder
by die skool,
waarin laasgenoemde se verantwoordelikhede by die skool uiteengesit
word.
Dit
is moeilik te verstane hoedat benadeling kan volg waar die
funksionaris (eerste respondent) ân besluit neem by onstentenis
van enige van die voormelde bewysstukke, waar die funksionaris wel
egter na die klankopname van die verrigtinge geluister het.
Ek is
bereid om te aanvaar dat die tribunaal bewysstuk E hierbo tot nadeel
van die applikante verkeerd geïnterpreteer het. Die
tribunaal se
bevinding was dat dit oorreding deur die Speaker geverg het om die
applikante terug in hul klaskamers te kry. Hierdie
aspek is
volledig voor die eerste respondent geplaas in die applikante se
vertoë. Sy het dit, in haar redes vir haar besluit,
deeglik
oorweeg en behandel. Nêrens in daardie redes kom dieselfde
waninterpretasie voor nie. Nêrens daarin word die applikante
enigsins verwyt vir die feit dat hulle teruggekeer het klaskamers
toe eers op die stadium toe die Speaker hulle só versoek het
nie.
Die eerste respondent verwyt eerder, heeltemal tereg, die applikante
daarvoor dat hulle nie die voorgeskrewe griewe prosedure
gevolg het
nie en omdat hulle die belange van die leerders gruwelik vernalaat
het deur hul onwettige staking.
Na
my mening behoort ân applikant op hersiening in sy funderende
stukke verder te gaan as ân blote bewering van benadeling â
daar
moet ân basis gelê word dat ân bepaalde onreëlmatigheid direk
of indirek ân bepaalde nadelige gevolg (
in
casu
â
die ontslag van die applikante) veroorsaak het. ân Applikant moet
per slot van sake in sy funderende verklarings (en by ân
hersieningsaansoek soos hierdie sluit dit ân applikant se
aanvullende funderende eedsverklarings in) sy saak behoorlik
uitmaak;
Sien:
M
& V Tractor & Implement Agencies BK v Vennootskap DSU
Cilliers en seuns en andere 2000(2) SA 571 (NK).
Prince
v President Cape Law Society 2001(2) SA 388 (CC)
te 399 E-F.
â
n
Respondent kan tog net hom van die bewyslas ten aansien van
benadeling kwyt (as ons hierin aanvaar dat die bewyslas wel op hom
rus)
indien hy gekonfronteer word met pertinente beweringe van
daadwerklike of potensiële benadeling.
Uit
hoofde van die voorafgaande is ek heeltemal oortuig daarvan dat daar
geen sprake hoegenaamd van enige benadeling aan die applikante
hierin kan wees nie.
Bowendien
en in elk geval, selfs al het die respondente gefouteer deur nie ân
geskrewe transkripsie van die klankopnames sowel
as die bewysstukke
aan die applikante beskikbaar te stel nie, is daar by my geen twyfel
nie dat die slotsom presies dieselfde sou
wees, te wete eerste
respondent se bekragtiging van die tweede respondent se besluit om
die applikante uit diens te ontslaan.
In sulke omstandighede het ân
geregshof op hersiening geen bevoegdheid om met sodanige besluit in
te meng nie.
Sien:
Hira
v Booysen 1992(4) SA 69 (A)
te 93 G-H.
Vergelyk
ook die hof se benadering in:
Du
Plessis v Prokureursorde, Transvaal,
supra
te 350 G-H/
Dit
volg derhalwe dat daar nie ân regsbasis is waarop hierdie Hof die
eerste respondent se besluit kan hersien en tersyde stel
nie. Die
advokate was
ad
idem
dat die afwysing van die aansoek noodwendig daartoe sal lei dat die
applikante as onsuksesvolle party die koste van die hoofaansoek
sowel as die koste van die uitstel op 27 September 2002 sal moet
betaal.
Vervolgens
maak ek die volgende bevel:
1. Die
aansoek word afgewys.
2. Die
applikante word gelas om gesamentlik en afsonderlik die koste van die
aansoek te betaal, welke koste sal insluit die koste
teweeggebring
deur die uitstel van die aansoek op 27 September 2002.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
HJ
LACOCK
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIKANTE : ADV JI DU TOIT
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENTE : ADV WA OLIVIER SC
PROKUREUR
NAMENS APPLIKANTE : VAN DE WALL & VENNOTE
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENTE : HAARHOFFS
DATUM
VAN VERHOOR : 21 NOVEMBER 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK : 29 NOVEMBER 2002