Sishen iron Ore Company (Pty) Ltd v Krugel (986/2002) [2002] ZANCHC 30 (29 November 2002)

55 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Provisional sequestration — Requirements for granting provisional sequestration — Applicant must prove a claim of at least R100, a deed of insolvency, and that sequestration will benefit creditors — Court found that while the applicant met the first two requirements, there was insufficient evidence to suggest that sequestration would yield a significant dividend for creditors — Respondent's assets and liabilities indicated no substantial benefit would accrue to creditors from sequestration, leading to dismissal of the application for provisional sequestration.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 30
|

|

Sishen iron Ore Company (Pty) Ltd v Krugel (986/2002) [2002] ZANCHC 30 (29 November 2002)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 986/2002
Datum
Verhoor: 2002-11-15 Datum Gelewer: 2002-11-29
In
die saak van
:
SISHEN
IRON ORE COMPANY (PTY) LTD
APPLIKANT
versus
WILLEM
FREDERICK KRüGEL
VERWEERDER
Coram
:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Hierdie
is ‘n bestrede aansoek vir die voorlopige sekwestrasie van die
respondent se boedel. Die aansoek is aanvanklik as een
van
dringendheid gebring, maar na opponering is dit uitgestel sodat
antwoordende en repliserende eedsverklarings afgelewer kon
word.
Artikel
10 van die Insolvensiewet, nr. 24 van 1936 (hierna “
die
Wet
”
genoem), vereis van ‘n applikant om die volgende
prima
facie
bewys te lewer deur getuienis voor die hof alvorens ‘n bevel van
voorlopige sekwestrasie uitgereik sal word :
Dat
die applikant ‘n vordering het teen die respondent van ten minste
R100;
Dat
die respondent ‘n daad van insolvensie gepleeg het of daadwerklik
insolvent is;
Dat
daar rede is om te glo dat die sekwestrasie van die respondent se
boedel tot die voordeel van die respondent se skuldeisers
sal wees.
In
die stukke voor my is dit gemeensaak dat die applikant wel vereistes
(a) en (b) in die voorafgaande paragraaf bewys het. Al
wat in
geskil is, is die vraag of daar rede bestaan om aan te neem dat dit
tot voordeel van die skuldeisers van die respondent
sal strek as sy
boedel gesekwestreer word. Wat hierdie betrokke aspek aanbetref,
beoog ek om ‘n tweeledige ondersoek te doen
naamlik :
of
daar ‘n dividend beskikbaar sal wees aan konkurrente skuldeisers
en daarmee saam of sodanige dividend noemenswaardig moet
wees en of
enige dividend goed genoeg sal wees;
of
daar voldoende gronde bestaan op die stukke om te glo dat die
aanstelling van ‘n kurator en sy daaropvolgende ondersoeke
daartoe sal lei dat òf verdere bates ontdek sal word òf dat
transaksies aangegaan deur die respondent tersyde gestel kan word.
4.1 Die
respondent het
via
sy prokureur in sy opponerende stukke ‘n berekening gedoen en
daarvolgens sou ‘n vrye oorskot van R66873.12 beskikbaar wees vir
verdeling onder konkurrente skuldeisers wat ‘n dividend van
hoogstens 3 sent in die rand sou oplewer. Hierdie berekening neem
egter nie in aanmerking die opgelope rente op bedrae verskuldig aan
bepaalde skuldeisers nie. Wanneer sodanige opgelope rente ook
bygewerk word, dan sal die dividend natuurlik minder wees.
4.2
Meskin,
Insolvency Law
te bladsy 2-19 neem die volgende houding ten aansien van die
beskikbare dividende vir verdeling onder konkurrente skuldeisers in:
“
It
is respectfully submitted that the correct position is that the
relevant reason to believe (
whether
sequestration will be to the advantage of creditors
)
exists where, after making allowance for the anticipated costs of
sequestration, there is a reasonable prospect of an actual payment
being made to each creditor who proves a claim,
however
small such payment may be
,
unless some other means of dealing with the debtor’s predicament is
likely to yield a larger such payment.” (
my
invoeging en beklemtoning
)
Ons
howe het egter deurlopend ‘n teenoorgestelde houding ingeneem as
dié voorgehou deur
Meskin
.
Daarvolgens sal enige bedrag nie noodwendig voldoende wees nie maar
word vereis dat daar inderdaad ‘n “
not
negligible dividend
”
moet wees.
Sien
ondermeer :
London
Estates (Pty) Ltd v Nair 1957(3) SA 591 (D)
;
Epstein
v Epstein 1987(4) SA 606 (K)
te 609 D;
Hillhouse
v Stott; Freban Investments (Pty) Ltd v Itzkin; Botha v Botha 1990(4)
SA 580 (W).
4.3 Op
die stukke voor my blyk dit nie asof die applikant ernstig in geskil
plaas dat, soos wat die respondent se bates en laste tans
daar
uitsien nie, daar nie voordeel vir die skuldeisers sal wees nie.
Alhoewel Mnr Zietsman, wat namens die applikant verskyn, my
probeer
oortuig het dat ek die benadering van
Meskin
behoort te volg, is ek tevrede dat die benadering soos deur die howe
gevolg, inderdaad die korrekte een is. Dit is dan ook die benadering
in hierdie afdeling dat ‘n beduidende dividend moet voortvloei
alvorens gesê kan word dat sekwestrasie tot voordeel van skuldeisers
sal wees. Tydens sy betoog was Mnr. Zietsman dan ook genoodsaak
om ‘n toegewing te maak dat daar nie ‘n beduidende dividend
sal
voortvloei vir konkurrente skuldeisers nie, gegewe die huidige stand
van sake van die respondent se boedel. Ek moet hier melding
maak van
die feit dat die respondent in sy antwoordende eedsverklaring ‘n
volledige uiteensetting verskaf het van sy bates en laste.
In
repliek het die applikant glad nie daarmee in geskil getree nie. Ek
neem in ag dat wanneer dit kom by die konsep van voordeel
vir
skuldeisers, dan beteken dit die voordeel wat ‘n aansienlike
gedeelte van skuldeisers sal toeval. In
Fesi
and another v Absa Bank Ltd 2000(1) SA 499 (K)
te 505 B – 506 D is bevind dat hierdie term beteken dat dit ‘n
meerderheid van skuldeisers moet wees ten aansien van die bedrag
wat
verskuldig is deur die insolvent/respondent. Ek vereenselwig my
respekvol met hierdie siening. Alles inaggenome is ek die mening
toegedaan dat daar nie ‘n basis is om te kan bevind dat wat betref
die dividend wat konkurrente skuldeisers sal toeval daar voordeel
vir
skuldeisers sal wees indien die respondent se boedel gesekwestreer
sou word nie.
5.1 In
sy aanvullende skriftelike betoogshoofde het Mnr. Zietsman aangevoer
dat waar ‘n daad van insolvensie bewys is deur ‘n
applikant in
sekwestrasieverrigtinge (
in
casu
is dit gemene saak dat die respondent wel ‘n daad van insolvensie
gepleeg het), sterk gronde deur ‘n respondent aan die Hof voorgelê
sal moet word, ter weerlegging. As gesag het hy verwys na
Stock
Owners Co-operative Co. Ltd v Rautenbach 1960(2) SA 123 (EC)
te 127.
5.2 Hierdie
voormelde benadering wat ook in ander vroeëre sake neergelê is
(vergelyk
Wilkens
v Pieterse
1937 CPD 165
;
Erasmus
v Van Zyl 1959(3) SA 146 (E)
te
147 A-F), is nie gevolg in ander afdelings nie.
Sien:
Leadenhall
Meat Market v Hartman
1938 WLD 99
te 103;
Paarl
Wine & Brandy Co. Ltd v Van As 1955(3) SA 558 (O)
te 560 A;
Lotzof
v Raubenheimer 1959(1) SA 90(O)
te 93 G – 94 A.
5.3 In
hierdie afdeling is die benadering in die
Stock
Owners Co-op
-saak
(
supra
)
en die ander sake tot dieselfde effek, uitdruklik verwerp.
Sien:
LTR
Beleggings (Edms) Bpk v Hechter (Mynhardt toetredend) 1977 (1)
SA 22 (NK)
te
24 A-B.
Ek
vereenselwig my respekvol met hierdie laasvermelde benadering.
5.4 Die
betoog dat ‘n
nulla
bona
relaas (soos
in
casu
)
die redelike afleiding regverdig dat ‘n ondersoek noodwendig mag
lei tot voordeel vir skuldeisers, gaan ook nie op nie.
Vergelyk:
Paarl
Wine & Brandy Co. Ltd v Van As
,
supra
,
te 560 C:
“
......a
nulla
bona
return, provide no reinforcement for the contention that the
sequestration will be to the advantage of creditors”.
Sien
ook:
Lotzof
v Raubenheimer
,
supra
,
te 93 H.
Dit
bring my by die volgende aspek, te wete of die aanstelling van ‘n
kurator met die gepaardgaande masjinerie wat die Insolvensiewet
aan
hom verskaf, redelikerwys daartoe sal lei dat hy bates sal opspoor
wat sal lei tot ‘n finansiële voordeel vir die respondent
se
skuldeisers. Wat hierdie aspek aanbetref is dit klinkklaar op die
stukke dat daar nie ‘n suggestie is dat daar verborge bates
van
die respondent is wat hy nie geopenbaar het nie. Die applikant se
saak is uitsluitlik daarop geskoei dat die kurator suksesvol
kan
wees in die tersydestelling van sekere suspisieuse transaksies
waarna ek aanstons meer volledig sal verwys.
In
Borchers
v Kaehne 1933 SWA 105
te 108 het Van den Heever R verklaar dat:
“
Sequestration
is an extraordinary process in execution – if it can at all be
appropriately regarded as such – and each creditor
is presumed to
be the best judge as to what is to his benefit.”
In
LTR
Beleggings (Edms) Bpk v Hechter
supra
te
24 D verklaar Van den Heever R (soos sy toe was) as volg:
“
En, die
geleentheid wat sekwestrasie daarstel om ondersoek in te stel na 'n
insolvent se transaksies is per se 'n voordeel mits daar
rede is om
te vermoed dat
"as a
result of inquiry under the Act some asset may be revealed or
recovered for the benefit of the creditors"
Vergelyk
ook:
Meskin
& Co. v Friedman 1948(2) SA 555(W)
te 559;
London
Estates (Pty) Ltd v Nair
supra
te 593.
Wat
staan dan ‘n applikant te doen om oor hierdie bepaalde hekkie te
kom om ‘n hof te oorreed dat daar voordeel vir skuldeisers
sal
wees voortspruitend uit ‘n kurator se ondersoeke? “
Rede
om te vermoed
”
gaan van die veronderstelling uit dat daar feite bestaan wat sò ‘n
vermoede onderlê – hierdie feite moet op ‘n
prima
facie
basis aangetoon word deur ‘n applikant op die stadium wanneer hy
‘n voorlopige sekwestrasiebevel aanvra (by die keerdag sal
hy dit
op ‘n oorwig van waarskynlikhede moet bewys indien hy ‘n finale
sekwestrasiebevel sou verlang).
Sien
London
Estates (Pty) Ltd v Nair
supra
te 593.
Meneer
Zietsman, wat namens die applikant verskyn, het veral gefokus op
twee suspisieuse transaksies hierin, te wete die verkoop
van die
plaas
Wonderfontein
asook die verkoop van die respondent se skrootmateriaal besigheid
aan ene
Wienand
.
Alhoewel Mnr Zietsman sydelings in sy betoogshoofde verwys het na
die bestaan van 4 erwe te De Aar wat die eiendom van die respondent
is en waarop onvoldoende bodpryse ontvang is tydens ‘n
eksekusieveiling, het hy glad nie daarmee gehandel tydens sy
mondelinge
betoog nie. Die submissie gemaak in die skriftelike
betoogshoofde dat ‘n insolvensieveiling gehou deur ‘n kurator
gewoonlik
beter pryse oplewer as ‘n gewone eksekusieveiling,
verloor heeltemal buite die oog dat hierdie ‘n gedwonge veiling
sal wees.
Daar kan derhalwe verwag word dat pryse betaal sal word
wat aansienlik laer is as markverwante pryse;
Sien
in hierdie verband:
Nel
v Lubbe 1999(3) SA 109(W);
Ex
parte Anthony en ‘n ander en ses soortgelyke aansoeke 2000(4)
SA116(K)
.
Daar
is nêrens gesuggereer dat daar enigiets verdag is rondom hierdie
voormelde 4 erwe te De Aar nie en meen ek dat dit buite rekening
gelaat kan word vir hierdie bepaalde ondersoek waarmee ek nou besig
is.
Wat
die plaas
Wonderfontein
aanbetref is die volgende aspekte gemeensaak:
Die
plaas, wat 3,400 ha groot is, is deur die respondent aangekoop
gedurende 1999 vir ‘n bedrag van R1 240 000,00.
Deur
‘n skriftelike koopkontrak gedateer 20 Julie 2000 is die
plaas verkoop aan die Wonderfontein Familietrust, waarvan
die
respondent en sy eggenote die enigste trustees was, vir ‘n bedrag
van R268 630,00.
Eiendomsreg
het oorgegaan by die registrasie van transport op 1 Junie
2001.
Daar
is sekere verbeterings aangebring aan die plaas voordat dit
vervreem is soos voormeld, welke verbeterings deur die respondent
beweer word die plaas se markwaarde verhoog het tot ongeveer
R 1 400 000,00.
Uit
hoofde van die voorafgaande beweer die respondent dat daar “
sterk
aanduidings
”
is dat die vervreemding van hierdie plaas sonder teenwaarde was en
dat daar derhalwe ‘n redelike vooruitsig is dat ‘n kurator
daarin sal kan slaag om dit tersyde gestel te kry. In sy
betoogshoofde het Mnr. Zietsman aangevoer dat daar geen aanduiding
is
in die koopkontrak self dat die bestaande verband ten gunste van
die Landbank deur die koper (die familietrust) oorgeneem sal word
nie. Soos Mnr. Olivier, wat namens die respondent verskyn, tereg
aangetoon het, hou hierdie submissie heeltemal buite rekening
die
feit dat die applikant dit self in sy funderende stukke vermeld het.
Dit is inteendeel gemene saak op die stukke voor my dat
die
koopprys van die plaas nie slegs die bedrag van R268 630,00
behels het nie, maar ook die oorname van die verband (d.w.s.
‘n
verdere bykomende R500 000,00). Daarbenewens, só het Mnr.
Olivier gesubmitteer, moet die verdere nie-tasbare voordeel
vir die
respondent inaggeneem word, naamlik dat hy waarde daaruit sou verkry
dat hy as vader/trustee die plaas vir die familietrust
bekom. In
dié verband het Mnr. Olivier verwys na die bepaling van teenwaarde,
naamlik dat dit nie voldoende
per
se
hoef
te wees nie en dat dit nie markwaarde hoef te wees nie; wat
inaggeneem behoort te word is die materiële voordele wanneer
al
hierdie omstandighede inaggeneem word.
Sien
Swanee’s
Boerdery (Edms) Bpk (in liquidation) v Trust Bank 1986(2) 850 (A)
te 860 E-F;
Commissioner
for Inland Revenue v Bowman N.O. 1990(3) SA 311 (A)
te
314 G-H.
Meneer
Olivier is natuurlik korrek dat hierdie aspek ook in oorweging geneem
moet word, maar die probleem daarmee is dat dit baie
moeilik is om ‘n
monetêre waarde daarop te plaas.
12.1 ‘n
Verdere aspek van belang wat beregting verg wat hierdie plaas se
vervreemding aanbetref, is die bepaling van die tersaaklike
transaksie datum ten aansien daarvan. Meneer Zietsman het betoog dat
die tersaaklike datum die datum van oordrag van eiendomsreg
is, met
ander woorde toe die oordrag geregistreer is op 1 Junie 2001. Meneer
Olivier aan die ander kant het aan die hand gedoen
dat die
tersaaklike transaksie datum die datum van ondertekening van die
koopkontrak is, te wete 20 Julie 2000. Die tersaaklike
transaksie
datum is van belang omdat òf artikel 26 van die Wet
(Beskikkings oor goed sonder teenwaarde) of artikel 29
van die
Wet (Vernietigbare voorkeure) se bepalings van toepassing mag wees op
die bepaalde transaksie.
12.2 Artikel
26(1) van die Wet bepaal as volg:
“
Elke
vervreemding van goed sonder teenwaarde kan deur die hof tot niet
gemaak word as daardie vervreemding gedaan is deur 'n insolvent-
(a) meer as twee
jaar voor die sekwestrasie van sy boedel en bewys gelewer word dat
onmiddellik na die vervreemding die skulde van
die insolvent sy bate
te bo gegaan het;
(b) binne
twee jaar voor die sekwestrasie van sy boedel en die persoon wat
kragtens die vervreemding 'n vordering inbring of wat daardeur
bevoordeel is, nie kan bewys nie dat onmiddellik na die vervreemding
die bate van die insolvent sy skulde te bo gegaan het:
Met
dien verstande dat as bewys word dat die skulde van die insolvent te
eniger tyd na die vervreemding sy bate te bo gegaan het met
minder as
die waarde van die vervreemde goed, die vervreemding slegs tot die
hoogte van daardie oorskot tot niet gemaak kan word.”
12.3 Artikel
29(1) van die Wet lees as volg:
Elke vervreemding
van sy goed, deur 'n skuldenaar nie meer as ses maande voor die
sekwestrasie van sy boedel of, indien hy oorlede
en sy boedel
insolvent is, voor sy dood, gedaan, waarvan die gevolg is dat aan een
van sy skuldeisers bo 'n ander voorkeur verleen
is, kan deur die hof
vernietig word, as die skulde van die skuldenaar onmiddellik na die
vervreemding die waarde van sy bate te bo
gegaan het, tensy die
persoon ten bate van wie die vervreemding gedaan is, bewys dat die
vervreemding in die gewone loop van besigheid
gedaan is en dat
daarmee nie bedoel was om aan een skuldeiser bo 'n ander voorkeur te
verleen nie.
12.4 Uit
die voorafgaande blyk dit dus dat die datum van die transaksie
bepalend is vir die tydperk van òf 2 jaar òf 6 maande, soos
die
geval mag wees, wat bereken moet word.
In
Cohen
and others NNO v Saphi (Pty) Ltd 1996(1) SA 1190 (A)
het dit gegaan oor die bepaling van die tersaaklike transaksie datum
met die verkoop van ‘n besigheid. Die koopooreenkoms is onderteken
op 6 Desember 1989 en daarin is bepaal dat, nieteenstaande die datum
van ondertekening van die ooreenkoms, die effektiewe datum van
die
ooreenkoms 16 Desember 1989 sou wees. By ‘n bepaling van die
tersaaklike transaksie datum vir doeleindes van die berekening
van
die 6 maande periode vervat in artikel 34(1) van die Wet, kom die
Appélhof eenparig tot die gevolgtrekking dat die datum van
ondertekening van die koopooreenkoms die tersaaklike datum is. Op
1194 D-E sê Vivier AR die volgende:
“
He
submitted, however, that in the present case both the conclusion of
the contract on 6 December 1989 and the delivery on 16 December
1989
constituted dispositions for the purpose of s 34(1) of the Act. I do
not agree. In my view there was only one relevant disposition
and
that occurred when the contract was concluded. The delivery was no
more than a legal incident of that disposition, viz the performance
of the seller's obligation in terms of the contract.:
Sackstein
v Van der Westhuizen en ‘n ander 1996(2) SA 431(O)
is
direk in punt op hierdie bepaalde aspek. In daardie saak het dit
gegaan oor die bepaling van die datum van vervreemding van onroerende
goed vir doeleindes van artikel 29 van die Wet. Op 436 F bevind
Beckley R pertinent dat die vervreemding van onroerende
eiendom
plaasgevind het op die datum toe die skriftelike koopooreenkoms
aangegaan is. Die applikant se benadering dat die tersaaklike
transaksie datum die datum van oordrag van registrasie is, is
uitdruklik verwerp in die voormelde saak deur Beckley R. Ek is
dit respekvol eens met die geleerde Regter se benadering en kan die
applikant se submissies hierin nie opgaan nie.
12.5 Meneer
Zietsman het verder aangevoer dat die woordomskrywing van
“
beskikking”
of “
disposition”
in Engels in die Wet so wyd is dat dit ook oordrag van registrasie
kan insluit. Hierdie betoog hou eweneens nie water nie. Daar
kan
tog nie twee vervreemdings van dieselfde bate wees nie. Die
woordomskrywing van “
beskikking”
sluit in die woord
oordrag
bloot omdat ek meen dit ten doel het daardie gevalle waar lewering
van roerende bates plaasvind sonder dat daar ‘n vooraf ooreenkoms
aangegaan is.
12.6 Vir
doeleindes van hierdie aangeleentheid dus is die datum van
vervreemding van die plaas
Wonderfontein
inderdaad die datum van die ondertekening van die skriftelike
koopooreenkoms, te wete 20 Julie 2000.
As
vir die oomblik aanvaar word dat die applikant korrek is in sy
submissies dat daar
prima
facie
op die beskikbare inligting geen teenwaarde vir die plaas betaal is
tydens die vervreemding daarvan nie, ontstaan die volgende
vraag
naamlik:
is
daar rede om te glo dat die kurator met ‘n aksie ingevolge artikel
26(1) van die Wet daarin kan slaag om aan te toon dat onmiddellik
na
die vervreemding van die plaas die respondent se laste sy bates te
bowe gegaan het
?
Daar moet nie buite die oog verloor word nie dat by die instel van
so ‘n aksie die kurator hom natuurlik van die bewyslas op
‘n
oorwig van waarskynlikhede sal moet kwyt. Nêrens in die funderende
stukke het die applikant enigsins aangevoer dat die respondent
se
laste sy bates te bowe gegaan het onmiddellik na 20 Julie 2000, dit
wil sê die datum van vervreemding van die plaas nie. Verder
moet
die volgende inaggeneem word ter oorweging van die moontlike
tersydestelling van hierdie transaksie:
In
die geval van tersydestelling van die transaksie sal die koopsom
van R286 630,00 aan die koper (die familietrust) terug
betaal
moet word.
Die
verbandverpligting van meer as R500 000,00 ten gunste van
Landbank sal ook terugval na die respondent se boedel.
Daar
is nie getuienis voor die Hof oor wat die plaas op ‘n gedwonge
verkoping sal behaal nie.
Die
sekwestrasiekoste in die boedel sal aansienlik toeneem indien die
plaas terugval in die boedel, inaggenome die bykomende

advertensiekoste verbonde aan die verkoop van die plaas sowel as
die kurators- en afslaerskostes.
Die
plaas is tans onderworpe aan ‘n huurkontrak, welke ‘n nadelige
effek sal hê op die koopprys wat bekom sal kan word op
‘n
gedwonge verkoping.
Laastens
moet natuurlik ook inaggeneem word dat indien ingevolge
artikel 26(1) van die Wet die bedrag van oorskryding van
die
respondent se laste oor sy bates minder is as die waarde van die
plaas by vervreemding, sal die boedel slegs geregtig wees
op ‘n
bedrag waarmee die laste toé die bates oorskry het.
Alles
inaggenome is ek nie daarvan oortuig dat daar redelike gronde bestaan
om te kan bevind dat die kurator redelikerwys in staat
sal wees om
hierdie bepaalde transaksie tersyde gestel te kry nie.
Wat
die transaksie met
Wienand
ten aansien van die skrootmateriaal aanbetref is die feite kortliks
die volgende:
14.1 Nadat
die Balju beslaggelê het op sekere roerende bates van die respondent
het ene
Wienand
‘n eedsverklaring geliasseer wat in die vorm is van ‘n aanspraak
soos geformuleer in ‘n tussenpleitgeding.
14.2 Kragtens
hierdie aanspraak beweer
Wienand
dat hy ‘n skriftelike ooreenkoms met die respondent aangegaan het
ingevolge waarvan hy die respondent se gehele skrootmetaalbesigheid
aangekoop het teen die uitstaande skuld wat respondent aan
Wienand
verskuldig was.
14.3 Die
applikant het hierdie transaksie as verdag afgemaak op grond daarvan
dat die bates teen boekwaarde verkoop is wat beteken
dat ‘n
bepaalde waardevermindering inaggeneem is en die goedere dus nie teen
die werklike ekonomiese waarde verkoop is nie. Verder
gee die
applikant ook te kenne dat
Wienand
in effek betaal is as ‘n skuldeiser ten minste op 1 Mei 2001, wat
ondersoek regverdig.
Die
respondent het volledig gehandel met die bepaalde beweringe rondom
die transaksie met
Wienand
.
Daarvolgens blyk dit duidelik, na my mening, dat hierdie ‘n
bona
fide
ooreenkoms was en dat respondent heeltemal sy belange in die
skrootmetaalbesigheid oorgedra het. Hy is tans bloot ‘n werknemer
by ‘n ander soortgelyke onderneming en meen ek dat dit opsigself
glad nie suspisie wek nie. Die koopooreenkoms tussen die respondent
en
Wienand
is aangeheg in die stukke. Die applikant het nooit in sy funderende
stukke ‘n saak daarvoor uitgemaak dat hierdie aanspraak
van
Wienand
ongegrond is nie en dat bates teruggevorder sou kon word vir die
boedel nie. In repliek het die applikant slegs effens verder
gegaan
en aan die hand gedoen dat die transaksie bloot ondersoek moet word.
Ek neem in aanmerking die feit dat dit blyk uit die
stukke dat
hierdie bepaalde transaksie tussen respondent en
Wienand
ten
aansien van die respondent se skrootmetaalbedryf alreeds solank as
18 maande gelede plaasgevind het; die bepalings van artikel
29(1)
van die Wet sal derhalwe nie aanwending vind hier nie. Selfs wat
betref die bepalings vervat in artikels 30 en 31 van die
Wet bestaan
geen rede tot ‘n ondersoek nie. Wat artikel 30 aanbetref het
die applikant nêrens aangetoon of eers beweer
dat die respondent se
bates sy laste oorskry het as gevolg van die bepaalde transaksie
nie.
Daar
is in die applikant se stukke in repliek vir die eerste keer gewag
gemaak van die feit dat artikel 31 van die Wet moontlik
ter
sprake mag kom aangesien daar moontlike samespanning was met die
verkoop van die plaas
Wonderfontein
.
Ek kan glad nie ag slaan op die beweringe wat in repliek gemaak is
nie, aangesien die respondent geen geleentheid gehad het om
daarmee
te handel nie en sal dit wesenlike benadeling vir die applikant
teweegbring. Ek is in elk geval tevrede op die stukke
dat daar geen
sprake van samespanning met die vervreemding van die plaas kan wees
nie omrede:
a) Die
respondent het ‘n volledige en aanvaarbare verduideliking
daaraangaande verskaf.
b) Lank
voordat die plaas vervreem is het die respondent alreeds besluit om
‘n spesiale trust tot stand te bring sodat hy die plaas
daaraan kan
vervreem.
c) Dit
staan onbetwis dat die respondent tydens hierdie transaksie steeds
probeer het om die applikant te kan betaal vir sy skuld
deur sekere
eiendom van hom van die hand te sit. Hierdie bepaalde aspek militeer
teen ‘n bedoeling om die plaas bedrieglik weg
te hou van die
applikant.
‘
n
Deeglike oorweging van die voorafgaande aspekte en inaggenome die
toets by die vraag of daar voordeel vir skuldeisers sal wees
betreffende hierdie eng grond, te wete of daar rede is om te vermoed
of ‘n kurator daarin sou kon slaag om van hierdie voormelde
transaksies tersyde gestel te kry, is ek nie tevrede dat die
applikant
prima
facie
bewys
gelewer het van hierdie aspek nie.
Meneer
Olivier het aangevoer dat die aansoek bloot op grond van die gebrek
aan dringendheid afgewys kan word. Ek meen egter dat
daar voldoende
basis was vir die applikant om hom spoedeisend tot hierdie Hof te
wend, gegewe die twyfelagtige aard van sommige
van die transaksies
hierin.
Gevolglik
word die applikant se aansoek van die hand gewys met koste.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIKANT : ADV P ZIETSMAN
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENT : ADV CJ OLIVIER
PROKUREUR
NAMENS APPLIKANT : ELLIOTT, MARIS, WILMANS & HAY
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENT : DUNCAN & ROTHMAN
DATUM
VAN VERHOOR : 2002-11-15
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2002-11-29