S v Kiwido (CA & R 139/2002) [2002] ZANCHC 28 (22 November 2002)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Crimen iniuria — Appellant found guilty of crimen iniuria for publicly insulting complainant during a municipal meeting — Appellant alleged bias from the prosecutor and magistrate, which was unsubstantiated — Appellant's defense that he had the right to express disagreement with the complainant rejected — Court upheld the trial court's credibility findings and confirmed the appellant's guilt — Sentence of R1200 fine or 6 months imprisonment, half suspended for 5 years, found to be shockingly inappropriate given mitigating factors — Sentence replaced with a fine of R1200 or 6 months imprisonment, wholly suspended for 5 years on condition of no further crimen iniuria convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 28
|

|

S v Kiwido (CA & R 139/2002) [2002] ZANCHC 28 (22 November 2002)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA &
R 139/2002
Datum
verhoor: 2002-11-25
Datum
gelewer: 2002-11-25
In
die appél van
:
MARTIN
EMANUEL KIWIDO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is skuldig bevind op ‘n aanklag van
crimen
iniuria
.
Hy het aanvanklik onskuldig gepleit en is na skuldigbevinding
gevonnis tot ‘n boetestraf van R1200 of 6 maande gevangenisstraf,
waarvan die helfte (R600 of 3 maande gevangenisstraf) opgeskort was
vir ‘n periode van 5 jaar op bepaalde voorwaardes. Die appellant
kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Hierdie
voorval het plaasgevind op 23 Julie 2001 te Victoria-Wes. Op
daardie stadium was die appellant die stadsekretaris van die
Ubuntu
Munisipaliteit (die saamgesmelte munisipaliteit van Loxton, Richmond
en Victoria-Wes, hierna genoem “
die
raad
”).
Hy was ook die verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Munisipale
Werkersunie,’n vakbond. Op die stadium toe hierdie
voorval
plaasgevind het, was die klaer Mnr. Van Heerden, voorsitter van
die raad se finansiële komitee. Op daardie bepaalde
datum is ‘n
vergadering gehou tussen amptenare van die raad sowel as die
plaaslike arbeidsforum wat die raad se werknemers se
verteenwoordigers was. Die vergadering het gehandel oor ‘n
finalisering van ‘n organogram en daarmee gepaardgaande die raad
se finansiële probleme. Tydens hierdie vergadering wat in die
stadsaal gehou is, het die appellant na bewering die klaer bestempel
as ‘n rassis en as ‘n skelm. Laasvermelde weergawe is van
staatsweë voorgehou deur die klaer self en ene Mnr Mcintosh,
wat ook ‘n raadslid by die gemelde munisipaliteit was en
teenwoordig was by die betrokke vergadering.
Die
appellant en sy getuie het nie heeltemal met hierdie weergawe
saamgestem nie en het hulle beweer dat die appellant bloot vir
die
klaer gesê het dat hy rassisties optree. Die appellant het
heeltemal ontken dat hy die klaer ‘n skelm genoem het.
Die
appellant was regsverteenwoordig deur ‘n plaaslike prokureur
tydens die verhoor. Op appél voor ons het hy egter self sy
appél
behartig en is die betoogshoofde ook deur hom self opgestel. Een
van die gronde van die appél is dat die staatsaanklaer
en die
landdros teenoor die appellant bevooroordeeld was. Hierdie aspek
blyk nie uit die rekord van die verrigtinge self nie en
by ‘n
gebrek aan enige ander getuienis, is ek heeltemal tevrede dat die
betrokke grond van appél geen meriete het nie.
Wat
die meriete van die skuldigbevinding self aanbetref wil dit my
voorkom dat dit die appellant se saak is dat die landdros gefouteer
het deur die verdedigingsweergawe te verwerp ten gunste van dié van
die staat. Verder blyk dit ook dat die appellant aanvoer
dat hy die
reg gehad het om te verskil van die klaer tydens die vergadering en
dat hy die reg gehad het om uit te wys waar die
klaer òf leuenagtig
opgetree het òf gediskrimineer het by die voorhou van sekere
inligting aan die vergadering, te wete die salarisse
wat swart
werknemers verdien het.
Die
bevoegdhede van ‘n Hof van Appél ten aansien van feitebevindinge
is nou alreeds welbekend. In dié verband het Marais AR,
in
S
v Hadebe and others 1997(2) SASV 642 (A)
te
645 e-f dit as volg gestel:
“
Before
considering these submissions it would be as well to recall yet again
that there are well-established principles governing
the hearing of
appeals against findings of fact. In short, in the absence of
demonstrable and material misdirection by the trial
Court, its
findings of fact are presumed to be correct and will only be
disregarded if the recorded evidence shows them to be clearly
wrong.
The reasons why this deference is shown by appellate Courts to
factual findings of the trial court are so well known that
restatement is unnecessary.”
Op
die oorkonde voor ons is daar geen aanduiding dat die landdros
gefouteer het in sy geloofwaardigheidsbevindinge nie. Die landdros
het die voordeel gehad om die getuies self waar te neem en is al die
getuies onderwerp aan deurtastende kruisondervraging deur
die
appellant se prokureur en die staatsaanklaer onderskeidelik. Daar
bestaan geen wesenlike weersprekinge in die staatsaak nie
en is die
staat se weergawe op die waarskynlikhede aansienlik meer aanvaarbaar
as dié van die appellant en sy getuie. In die
omstandighede is ek
dus tevrede dat daar geen basis is op grond waarvan ons op die
landdros se feite- en geloofwaardigheidsbevindinge
kan inmeng nie.
Die
volgende vraag wat ontstaan is of die appellant hom skuldig gemaak
het aan die misdryf van
crimen
iniuria
op die bewese feite soos bevind deur die landdros.
Snyman,
Strafreg, 4
de
uitgawe
te 466 omskryf die betrokke misdryf as volg:
“
Crimen
iniuria
is
die wederregtelike, opsetlike en ernstige aantasting van die
waardigheid of privaatheid van ‘n ander.”
In
hierdie geval het die klaer getuig dat sy eer gekrenk en sy
waardigheid aangetas was deur die woorde wat die appellant hom
toegesnou
het. Daar is by my geen twyfel nie dat dit inderdaad ‘n
aantasting van ‘n persoon se waardigheid sal wees om hom in die
openbaar
by ‘n vergadering soos in die onderhawige geval as ‘n
skelm uit te kryt. Die woorde
per
se
sou enige regdenkende persoon se
dignitas
aantas
en sou dit ook so beskou word wanneer die
mores
van ons samelewing van vandag inaggeneem word.
Ek
is verder die mening toegedaan dat om ‘n persoon ‘n rassis te
noem in ons huidige demokratiese bestel ook ‘n persoon se
dignitas
kan
aantas. Die klaer het getuig tydens die verhoor dat hy die term
rassis beskou as ‘n persoon wat nie vir persone van ‘n
ander ras
hoegenaamd omgee nie. Ek is die mening toegedaan dat hierdie ‘n
korrekte en algemeen aanvaarbare omskrywing sou wees
van die
bepaalde term. Daar is by my min twyfel dat in die oë van die
algemene publiek ‘n persoon wat met reg as ‘n rassis
bestempel
kan word se aansien en waardigheid aansienlik sal daal. Ek is dus
tevrede dat ook hierdie woorde die misdryf van
crimen
iniuria
daarstel.
Ek
is verder tevrede dat op die getuienis wat deur die landdros aanvaar
is, die appellant die direkte opset gehad het om die misdryf
te
pleeg. Al is ek verkeerd in hierdie beskouing staan dit in elk
geval oorvloediglik bewese op die oorkonde dat die appellant
ten
minste met
dolus
eventualis
opgetree het. Hierdie betrokke opsetsvorm is voldoende om die
misdryf van
crimen
iniuria
daar te stel.
Sien
S
v Steenberg 1999(1) SASV 594 (N)
te 597 g.
In
al die omstandighede dus is ek tevrede dat die appellant korrek
skuldig bevind is aan
crimen
iniuria
.
Wat
die vonnis betref betoog die appellant dat die vonnis skokkend
onvanpas is wanneer dit vergelyk word met ‘n appélsaak waarin
‘n
boete van R1000 opgelê is. Die appellant verwys hier na die
Steenberg
-beslissing
waarna ek hierbo verwys het. In daardie saak het 2 regters van die
Natalse Provinsiale Afdeling ‘n skuldigbevinding
aan
crimen
iniuria
bekragtig waar die appellant in daardie saak ‘n swart
polisiebeampte ‘n “
kaffer
”
genoem het. ‘n Vonnis van R1000 of 6 maande gevangenisstraf in
geheel opgeskort vir 5 jaar is ook bekragtig.
Die
landdros het al die tersaaklike faktore inaggeneem en voer in sy
verdere redes aan dat die openbare belang vereis dat raadslede
of
vakbondlede nie mekaar kwetsende woorde moet toesnou nie. Volgens
sy verdere redes is dit om iemand ‘n rassis te noem net
so erg
kwetsend as rassisme self. Verder is dit ook erg kwetsend om iemand
as ‘n skelm uit te kryt. Die landdros is heeltemal
korrek met
hierdie benadering. Wat egter deeglik in gedagte gehou moet word en
wat nie blyk uit die landdros se redes nie, is
dat emosies
klaarblyklik baie hoog geloop het by hierdie vergadering. Daar was
‘n aansienlike mate van onvergenoegdheid by die
vakbondlede
teenoor sekere van die uitlatings wat die klaer gemaak het, hetsy
sodanige onvergenoegdheid geregverdig was al dan
nie. Dit blyk ook
duidelik uit die oorkonde en het die landdros ook daarna verwys in
sy uitspraak, dat die klaer erge kru-taal
gebruik het teenoor van
die aanwesiges op die vergadering. Dit is te verwagte dat in die
omstandighede mense dinge sou sê waaroor
hulle later spyt sal wees.
Ek is van mening dat in die omstandighede van hierdie saak dit
gepas sou wees om, soos in die
Steenberg
-saak,
die opgelegde boete of alternatief van gevangenisstraf soos opgelê
deur die landdros, in geheel op te skort. Deur in te
meng met die
vonnis probeer ek nie te kenne gee dat dit aanvaarbaar is dat sulke
kwetsende woorde deur verantwoordelike persone
in leierskap posisies
soos wat die appellant staan, mag gebruik nie. Ek meen egter dat
daar onvoldoende aandag geskenk was aan
die strafversagtende faktore
wat ek hierinvantevore na verwys het en inmenging op appél
geregverdig is gegewe die skokkende onvanpastheid
van die vonnis
wanneer dit vergelyk word met dié in
S
v Steenberg
supra
.
Die
appellant se skuldigbevinding word bekragtig maar die vonnis word
tersyde gestel en vervang met die volgende: ‘n boete van
R1200
(een duisend twee honderd Rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf
wat in die geheel opgeskort word vir ‘n tydperk van 5
(vyf) jaar
op voorwaarde dat die appellant nie weer skuldig bevind word aan
crimen
iniuria
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : VERSKYN IN PERSOON
NAMENS
RESPONDENT : ADV E KAMMIES
DATUM
VAN VERHOOR : 18 NOVEMBER 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK :