About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 34
|
|
Hoerskool Namakwaland and Another v Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Opleiding, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaapse Provinisiale Regering en 'n Ander (1241/2001) [2002] ZANCHC 34 (15 November 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1241/2001
Datum
Verhoor: 2002-10-18
Datum
Gelewer: 2002-11-15
In
die saak van
:
HOërskool
NAMAKWALAND
EERSTE
APPLIKANT
DIE
BEHEERLIGGAAM VAN DIE HOëRSKOOL NAMAKWALAND
TWEEDE
APPLIKANT
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VIR
EERSTE
RESPONDENT
ONDERWYS,
OPLEIDING, KUNS EN KULTUUR
IN DIE
NOORD-KAAPSE PROVINSIALE REGERING
DIE
DEPARTEMENTSHOOF: DEPARTEMENT
TWEEDE
RESPONDENT
VAN ONDERWYS,
OPLEIDING, KUNS EN
KULTUUR
VAN DIE PROVINSIE NOORD-KAAP
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Hierdie
bestrede aansoek is aanvanklik as een van dringendheid gebring
gedurende Desember 2001. By daardie geleentheid het Buys R
by
ooreenkoms tussen die partye gelas as volg:
â
1. Dat die
besluit deur Tweede Respondent om nie gevolg te gee aan die
aanbeveling van Tweede Applikant vir die aanstelling van onderstaande
opvoeders in onderstaande poste nie, hersien, vernietig en tersyde
gestel word, naamlik:
1.1 Mnr
M Smit vir die pos van adjunk-hoof, posnommer 200110/0100;
1.2 Mej
MA van Jaarsveld vir die pos van departementshoof, posnommer
200110/0105;
1.3 Mev
LA van den Heever vir posvlak 1 posnommer 200110/0136;
1.4 Mej
M Klopper vir tydelike aanstelling in posvlak 1 posnommer
200110/0137;
1.5 Mev SLF Briel
vir posvlak 1 posnommer 200110/0137;
1.6 Mev K Störm
vir posvlak 1 posnommer 200110/0168.
2. Dat
die aangeleentheid terugverwys word na Tweede Respondent en dat
Tweede Respondent sy statutêre verpligting kragtens artikel
6(3)(b)
van die Wet op Indiensneming van Opvoeders, 76 van 1998, uitoefen met
behoorlike inagneming van die bepalings van artikel
6 van gemelde
wet.
3. Dat
die Tweede Respondent die proses waarna in paragraaf 2 verwys word
voltooi en applikante van die uitslag daarvan in kennis
te stel voor
of op 28 Desember 2002.
4. Dat
verlof aan die Applikante verleen word om hierdie Hof op dieselfde
stukke, behoorlik aangevul indien nodig, vir verdere regshulp,
indien
nodig, te nader.
5. Dat die koste
oorstaan.â
Hierna,
op 27 Desember 2002, het die Tweede Respondent ân besluit geneem
ingevolge die bepalings vervat in art 6(3)(b) van
die Wet op
Indiensneming van Opvoeders, 76 van 1998 (â
die
Wet
â)
dat hy nie die aanbevelings van die Tweede Applikant aanvaar nie en
gevolglik weier om enige van die ses kandidate aan te stel
in die
vakante poste.
Die
voormelde besluit van die Tweede Respondent het tot gevolg gehad dat
die Applikante, soos hulle veroorloof was uit hoofde van
die
hofbevel waarna ek hierbo verwys het, hulle stukke aangevul het en
vra die Applikante nou die volgende regshulp aan:
â
5A.1. Dat die
besluit van die Tweede Respondent, geneem nà terugverwysing na hom
van die aangeleentheid ingevolge die hofbevel verleen
op 14 Desember
2001, om te weier om die opvoeders vermeld in die smeekbedes hierbo
aan te stel op aanbeveling van die Tweede Applikant,
hersien,
vernietig en tersyde gestel word;
5A.2 Dat
hierdie agbare hof die opvoeders MARGARET ALIDA VAN JAARSVELD en
SOPHIA LOUISA FRIEDA BRIEL na verwys in die smeekbedes hierbo,
aanstel in die onderskeie posnommers daarin vermeld, met effek vanaf
1 Januarie 2002.
6. Dat Eerste en
Tweede Respondente gelas word om die koste van hierdie aansoek
gesamentlik en afsonderlik te betaal op die skaal
soos tussen
prokureur en eie kliënt.â
Uit
die voorgaande blyk dit dus dat die Tweede Respondent se besluit van
27 Desember 2001 ten aansien van die weiering van aanstelling
van al
ses kandidate soos voormeld, aangeval word en daar versoek word dat
hierdie Hof self die opvoeders Mevv. Van Jaarsveld en
Briel in die
vakante poste aanstel.
Die
stukke hierin is van aansienlike omvang en wemel van dispute,
twiste, beskuldigings en verwyte. Dit is verder ook ân
ongelukkige
kenmerk van die stukke dat daar deurlopend
emosiebelaaide stellings gemaak word en dat beskuldigings van
mala
fides
,
kwaadwilligheid en viktimisasie deur die partye teenoor mekaar
toegesnou word. Die feit dat die stukke so omvangryk is, is tot
ân
groot mate daaraan toe te skryf dat die litigante hulle fokus op die
ware geskilpunte verloor het en ân hele aantal sydelingse
en selfs
beuselagtige aspekte bygesleep het by hierdie verrigtinge.
Inaggenome
my voorafgaande opmerkings, meen ek dat die geskilpunte wat
beregting hierin verg die volgende is:
6.1 Of
die Tweede Respondent regtens geoorloof was om die Tweede Applikant
se aanbevelings te weier, meer bepaald uit hoofde van die
bepalings
vervat in art 6(3)(b)(v) van die Wet;
6.2 Wie
verantwoordelik gehou moet word vir die koste hierin, insluitende die
koste van die verrigtinge wat uitgeloop het op die hofbevel
van
Buys R op 14 Desember 2002.
In
die loop van die jaar 2001 het sewe vakatures by die Eerste
Applikant vakant geraak. Met navolging van die statutêr
voorgeskrewe
prosedures het die volgende plaasgevind:
a) die
poste is geadverteer;
b) ân
subkomitee van die Tweede Applikant te wete die Onderhoudskomitee,
het ân kortlys van gesifte kandidate saamgestel;
c) onderhoude
is met die kandidate op die kortlys gevoer deur die Onderhoudskomitee
en aanbevelings is aan die Tweede Applikant deurgegee;
d) aanbevelings
is daarna deur Tweede Applikant gemaak aan die Tweede Respondent ten
aansien van die vulling van die vakante poste.
Soos
alreeds vermeld hierin, het die Tweede Respondent toe geweier, met
volledige opgaaf van redes, om sodanige aanbevelings te implementeer
en om die aanbevole kandidate aan te stel in die vakante poste.
ân
Nuttige opsomming van die prosedures wat gevolg moet word by die
vulling van vakante poste ingevolge die Wet kan gevind word
in:
Douglas
Hoërskool v Premier, Noord-Kaap en andere 1999(4) SA 1131 (NK)
te
1138 H â 1139 F.
Dit
is gemene saak dat hierdie die voorgeskrewe prosedure is en ag ek dit
nie nodig om in besonderhede dit hierin te herhaal nie.
Die
Tweede Respondent het vollediglik redes verskaf op 27 Desember 2001
aan die Tweede Applikant oor sy weiering om die aanbevole
kandidate
aan te stel in die vakante poste. Hierdie skriftelike redes is by
die stukke ingebind as aanhangsels tot die Tweede
Respondent se
opponerende eedsverklaring. Kortweg gestel kom hierdie redes daarop
neer dat daar eerstens fout was met die prosedure
van kortlysting,
onderhoudvoering en aanbeveling tussen die onderhoudskomitee en
Tweede Applikant en tweedens voer die Tweede Respondent
aan dat die
Tweede Applikant versuim het om ag te slaan op die demokratiese
waardes en beginsels vervat in art 7(1) van die
Wet (d.w.s. dat
die Tweede Respondent weier om die aanbevelings te implementeer op
grond van art 6(3)(b)(v) van die Wet se
bepalings). Alvorens
ek met hierdie twee aspekte handel, is dit nodig dat ek ân punt
in
limine
aangevoer deur die Respondente, te wete die nie-voeging van sekere
partye, hierin bespreek.
Meneer
Danzfuss namens die Respondente, voer aan dat ten minste die ses
kandidate wat deur die Tweede Applikant aanbeveel is vir
ân
aanstelling, ân wesenlike en direkte belang by die verrigtinge kan
hê en derhalwe gevoeg moes gewees het as Respondente
hierin. Die
toets by voeging is nou reeds welbekend. In hierdie verband verwys
ek na
Amalgamated
Engineering Union v Minister of Labour 1949(3) SA 637 A
te
659. Ek het onlangs geleentheid gehad in die saak van
Laerskool
Gaffie Maree en ân ander v LUR vir Onderwys, Kuns en Kultuur
Noord-Kaap Provinsie en andere
(saakno. 1240/2001 ongerapporteerd en gelewer op 2 Augustus 2002)
om met hierdie aangeleentheid te handel. In daardie saak het
ek
bevind dat dit nie nodig is om onsuksesvolle kandidate te voeg as
partye by so ân aansoek soos die onderhawige nie. Ek het
verder
in daardie saak by noodwendige implikasie bevind dat dit wel nodig
is om ân aanbevole kandidaat te voeg tot die verrigtinge.
Ek is
steeds dieselfde mening toegedaan. Daar kan na my mening beswaarlik
betoog word dat die aanbevole kandidate nie ân direkte
en
wesenlike belang by hierdie verrigtinge kan hê nie. Per slot van
sake is hulle tog die kandidate wat na sifting, kortlysting
en
onderhoudvoering aanbeveel is vir aanstelling. Die blote feite dat
Mevv. Briel en Van Jaarsveld aangedui het dat hulle bewus
is van
hierdie verrigtinge is na my mening nie voldoende nie. Daar sou
verwag gewees het dat hulle uitdruklik hullle reg tot voeging
by die
verrigtinge moes abandoneer. Verder moet ook in gedagte gehou word
dat Applikante steeds volhou met 'n versoek dat ek die
Tweede
Respondent se besluit om nie een van die ses kandidate aan te stel
nie moet hersien, tersyde stel en vernietig. Bygevolg
dus is ek
die mening toegedaan dat die Applikante verplig was om die aanbevole
ses kandidate waaroor hierdie dispuut gaan moes
gevoeg het as
Respondente in hierdie aangeleentheid. Ek stem egter nie saam met
Mnr Danzfuss se voorstel dat, gegewe die
gevorderde stadium van
hierdie proses, die aangewese uitweg sou wees om al die poste te
heradverteer en die aanstellingsproses
opnuut te volg nie. Hierdie
vakatures moes reeds teen vroeg in Desember 2001 gevul gewees het.
Om nou gehoor te gee aan sy voorstel,
sou ân vertraging van ten
minste ân aantal maande veroorsaak en mag moontlik lei tot verdere
regsgedinge. Na my mening is
die meer bevredigende weg hierin om
die bevel wat ek gaan maak op ân voorlopige basis uit te reik en
om aan hierdie ses aanbevole
kandidate ân geleentheid te bied om
redes aan te voer waarom hierdie voorlopige bevel nie finaal gemaak
moet word nie.
Ek
wend my nou na die meriete van die aansoek en meer bepaald na die
aspekte voorgehou deur die Tweede Respondent as basis vir sy
besluit
om nie die aanbevole kandidate aan te stel nie. Alhoewel die stukke
en die advokate se betoogshoofde handel met die posisie
van die ses
aanbevole kandidate wat betref die beweerde tekortkominge in die
prosedures soos voorgehou deur die Tweede Respondent,
is ek die
mening toegedaan dat dit slegs nodig is om hierin te beslis of die
Tweede Applikant die prosedures behoorlik nagekom
het wat betref
Mevv Van Jaarsveld en Briel. Dit is slegs hierdie twee dames
se aanstelling wat aangevra word deur die Applikante.
ân
Bespreking van die posisie van die ander vier aanbevole kandidate
wat om verskeie redes nie meer beskikbaar is vir aanstelling
nie sou
na my mening nodeloos en futiel wees. Gevolglik betrag ek nou die
posisie van die twee aanbevole kandidate wat nog steeds
beskikbaar
is vir aanstelling te wete Mevv Van Jaarsveld en Briel.
Wat
die pos van Mev Briel aanbetref was dit geadverteer vir die vakke
Wiskunde
en
Rekeningkunde
.
Daar was sewe kandidate waarvan slegs een (die aanbevole kandidaat,
Mev Briel) gekortlys is deur die onderhoudskomitee. Meneer
Danzfuss
het aangevoer dat die beheerliggaam meer kandidate as net vir Mev
Briel in aanmerking moes geneem het. Hy het verder
daarop gewys dat
deurgaans in gedagte gehou moet word dat die kortlyskomitee en die
onderhoudskomitee eintlik maar dieselfde is.
Beide van hulle
fungeer as subkomitees van die beheerliggaam, d.w.s. lede van die
beheerliggaam het ook sitting op hierdie twee
subkomitees. Meneer
Du Toit, wat namens die Applikante verskyn het, het in sy betoog
aansienlik klem gelê op die feit dat, teenstrydig
met die versoek
van die Tweede Applikant, die Tweede Respondent se departement die
poste verkeerd geadverteer het. Wat gebeur
het is dat die Tweede
Applikant versoek het dat die onderskeie poste geadverteer moes word
gekoppel aan bepaalde vakrigtings om
te voorsien in die skool se
kurrikulum behoeftes. Vanweë ân fout wat ingesluip het by die
Departement van Onderwys (hierna
â
die
Departement
â),
is die poste egter verkeerdelik geadverteer sonder dat daar voldoen
is aan die voormelde versoek van die Tweede Applikant.
Daar is bloot
in die advertensie versoek dat kandidate die vakke wat hulle aanbied
moet vermeld. Dit het, soos wat verwag kan
word, tot gevolg gehad
dat verskeie kandidate aansoek gedoen het wat nie die nodige vakke
kon aanbied om in die skool se kurrikulum
behoeftes te voorsien nie.
Hierdie nalate aan die kant van die Departement speel ân
belangrike rol, ook wanneer die geval van
Mev Van Jaarsveld
onder die loep geneem sal word. Meneer Du Toit se betoog verder was
dat Mev Briel wel
Wiskunde
kon aanbied en derhalwe gekwalifiseer het vir die pos. Volgens hom
bestaan daar geen bepalings in die Wet of ander statutêre
voorskrifte wat die beheerliggaam (Tweede Applikant) verplig om meer
as een kandidaat aan te beveel vir ân vakante pos nie.
Meneer Du
Toit is heeltemal korrek in hierdie laaste submissie. Ek sal
aanstons handel met Mev Briel se posisie wanneer dit
kom by die
toepassing van art 6(3)(b)(v) waarop die Tweede Respondent
sterk steun.
Die
posisie van Mev Van Jaarsveld is dat die Eerste Applikant die
vakature na die Departement gestuur het met ân versoek
dat die
Departementshoofpos (waarvoor Mev Van Jaarsveld uiteindelik
aanbeveel is) gekoppel moet word aan die vak
Natuur-
en Skeikunde
vir graad 11-12. Die Departement het hierdie pos verkeerdelik
geadverteer sonder om dit te koppel aan ân bepaalde vakgebied
of
vakgebiede. Die gevolg was weereens dat applikante wat enige
vakrigting aangebied het, sou kon aansoek gedoen het vir die pos,
wat wel gebeur het. Uit die Applikante se stukke blyk dit dat
hierdie bepaalde probleem met betrekking tot die verkeerde
advertering
van die pos met die Departement se amptenare opgeneem is
wat geadviseer het dat die skool se kurrikulum behoeftes aangespreek
moes
word. Hierdie beweringe word glad nie in geskil geplaas deur
Tweede Respondent in sy opponerende stukke nie. Inteendeel, die
Tweede Respondent neem die verbasende houding in dat die poste, as
gevolg van hierdie nalate aan die Departement se kant, heradverteer
moet word. Vir hierdie bepaalde pos is ene Mej M Klopper en
Mev M Robberts gekortlys vir die pos. Mevrou Van Jaarsveld is
vir
twee ander poste gekortlys. Onderhoude is met al die kandidate
gevoer en Mev Robberts is toe vir die Departementshoofpos as
eerste
keuse en Mej Klopper as tweede keuse aanbeveel deur die
Onderhoudskomitee. Mevrou Van Jaarsveld het ook vir hierdie
betrokke
pos (departementshoof) aansoek gedoen.
Mevrou
Robberts was later toe nie meer beskikbaar nie en uit hoofde van die
kurrikulum behoeftes van die skool het Mej Klopper
nie die paal
gehaal by die Tweede Applikant se oorwegingsproses nie. Mevrou Van
Jaarsveld is toe vir aanstelling aanbeveel deur
die Tweede Applikant
aan die Tweede Respondent. Die Tweede Respondent verkwalik die
beheerliggaam daarvoor dat Mev Van Jaarsveld
aanbeveel word vir
aanstelling in ân pos waar daar nie met haar ân onderhoud gevoer
is nie. Ek meen dat hierdie beswaar uit
die oog verloor dat Mev Van
Jaarsveld inderdaad vir die betrokke pos aansoek gedoen het. Dit
mag so wees dat dit verkieslik
was dat daar met haar ân onderhoud
gevoer moes gewees het meer bepaald vir hierdie pos, maar is ek die
mening toegedaan dat so
ân nalate nie fataal tot die hele proses
is nie. Die Tweede Applikant, synde getaak met die funksie om na
behoorlike kortlysting
en onderhoudvoering en oorweging van die
kandidate wat geskik is vir die pos ân aanbeveling te doen vir
aanstelling, het hierin
behoorlik aandag gegee aan die skool se
kurrikulum behoeftes soos aan hulle voorgestel deur die Departement
se amptenare. Hierdie
laasvermelde aspek, te wete wat die
Departement se amptenare aan die skool in oorweging gegee het ten
aansien van die verkeerde
advertering van die poste word, soos
alreeds vermeld, nie in geskil geplaas op die stukke deur die
Respondente nie en is ân baie
belangrike faktor in die beregting
van hierdie saak. Ek is derhalwe die mening toegedaan dat die feit
dat Mev Van Jaarsveld
aangestel is in ân pos waar daar nie
met haar ân onderhoud gevoer is nie, nie fataal vir die Applikante
se saak is nie. ân
Beheerliggaam soos die Tweede Applikant wat sy
statutêr opgelegde funksie uitoefen om aanbevelings vir
aanstellings te maak aan
die Departementshoof (Tweede Respondent) is
per slot van sake nie ân blote rubberstempel vir ân
onderhoudskomitee se aanbevelings
nie. Al wat van hom verwag word
is om ân weloorwoë en regtens en feitelik gegronde basis te kan
voorhou vir enige afwyking
van die Onderhoudskomitee se
aanbevelings. In die onderhawige geval het Tweede Applikant na my
mening oorvloedig rede gehad om
af te wyk van sy Onderhoudskomitee
se aanbeveling.
Dit
is nodig dat ek kortliks moet handel met die posisie van Mev LA van
den Heever, aangesien Mnr Danzfuss namens Tweede Respondente
aangevoer het dat haar posisie nou saamhang met dié van Mev Van
Jaarsveld. Ter aanvang moet ek daarop wys dat dit gemene saak
is
dat al ses die aanbevole kandidate, uitgesluit Mev LA van den
Heever, Blankes is. Mnr Danzfuss het aangevoer dat die feit dat
Mev
Van den Heever op ân tydelike basis vir aanstelling aanbeveel is
in ân ander pos as dié waarvoor sy aansoek gedoen het,
ân
direkte effek gehad het op Mev Van Jaarsveld se aanbeveling. Die
argument is dat Mev Van den Heever as ân sogenaamde
Gekleurde
,
se aanbeveling in ân tydelike pos blote vertoon of, soos mnr.
Danzfuss dit bestempel het, â
window
dressing
â
was. Ek sal aanstons handel met hierdie betrokke aspek wanneer ek
die bepalings van art 7(1) van die Wet in oënskou neem.
Daar
is groot meriete in Mnr Danzfuss se argument, maar meen ek dat die
beheerliggaam se aanbeveling van Mev Van Jaarsveld voldoen
aan al
die voorgeskrewe statutêre prosedures.
Artikel
6(3)(b)(v) van die Wet bepaal dat die Tweede Respondent net ân
aanbeveling van ân beheerliggaam kan weier as sodanige
aanbeveling
nie ag geslaan op die demokratiese waardes en beginsels vervat in
art 7(1) van die Wet nie. Artikel 7(1) van die Wet
lees as volg:
â(1)
By
die doen van ân aanstelling of die vul van ân pos op ân
diensstaat van opvoeders kragtens hierdie Wet moet gelykheid,
billikheid
en die ander demokratiese waardes en beginsels wat in
artikel 195(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1996 (Wet
No. 108 van 1996), beoog word en wat die volgende faktore
insluit, behoorlik in ag geneem word, naamlik â
(a) die
bekwaamheid van die kandidaat; en
(b) die
behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë
verteenwoordiging te bewerkstellig.
Hierdie
betrokke wetsbepaling is tot dusver nog net in een gerapporteerde
beslissing tot my kennis bespreek, te wete in die saak
van:
High
School Carnarvon v MEC Education, Training, Arts and Culture of the
Norhern Cape Provincial Government and another [1999]
4 All SA
590
NK].
Op
600 i van hierdie beslissing verklaar Alkema WnR as volg:
âHaving regard to the ordinary grammatical meaning of the above
quoted words, the enquiry is directed at the recommendation, and
not
at the democratic values and principles. Of course, regard must be
had to those values and principles in order to assess the
recommendation,
but the Head of Department is only required to consider whether or
not the governing body took those values and principles into account
in arriving at its recommendation
.
If it did take those values and principles into account, the
recommendation must be accepted; if not, the recommendation may be
declined.â
(my
beklemtoning)
.
Verder
aan te 600 j â 601 b verklaar die geleerde Regter as volg:
âIn my view, the discretion conferred upon the Head of Department
under section 6(3)(b) does not extend to the power to sit in
judgment
on the recommendation of the governing body. He is not concerned
with the merit of the recommendation; he is only concerned
with
whether or not it meets with the requirements of section 6(3)(b).
The
question is not whether the recommendation accords with those values
and principles, but simply whether or not the recommendation
had
regard thereto
.â
(my
beklemtoning)
.
Mnr
Danzfuss het ân verbete aanslag gerig op hierdie
dictum
van Alkema WnR en my uitgenooi om te beslis dat dit verkeerd
is. Volgens Mnr Danzfuss moet art 6 en art 7(1)
saamgelees
word en die bepalings met mekaar versoen word. Hy het
veral daarop gewys dat art 7(1) ân verpligting plaas op die
Tweede
Respondent as departementshoof om ag te slaan op die
demokratiese waardes en beginsels. Na submissie is die taak om ân
aanstelling
te maak of poste te vul dié van die departementshoof.
Meneer Du Toit aan die ander kant het betoog dat die
Carnarvon
-saak
supra
korrek beslis is en dat die departementshoof bloot moet nagaan of
die beheerliggaam behoorlik ag geslaan het op die demokratiese
waardes en beginsels soos vervat in art 7(1) van die Wet.
Ek
het hierdie aspek sorgvuldig oorweeg en is ek die mening toegedaan
dat daar aansienlike meriete in Mnr Danzfuss se betoog is.
Ek het
ernstige bedenkinge of Alkema WnR korrek is in sy bevinding dat
die departementshoof se taak nie insluit om self die
meriete van die
aanstelling te oorweeg aan die hand van die vereistes vervat in
art 7(1) van die Wet nie. Indien die geleerde
Regter korrek is
in sy benadering, verstaan ek nie hoe voldoen sou kon word aan ân
verpligting wat rus op die departementshoof
soos wat vervat is in
art 7(1). Ek meen dat die departementshoof sodanige ag moet
slaan wanneer hy ân aanstelling maak.
Gegewe egter die feite van
hierdie saak is dit nie nodig om tot ân beslissing te kom of die
High
School Carnarvon
saak korrek beslis is al dan nie, soos wat ek aanstons sal aantoon.
19.1 Ek
handel vervolgens met die feite waarop die Tweede Respondent steun
vir sy aanname dat die beheerliggaam nie ag geslaan het
op die
demokratiese waardes en beginsels vervat in art 7(1) nie.
19.2 Aanhangsel
âSâ tot die Applikante se hoofdeponent se eedsverklaring bevat
gemeensaaklik die volledige motivering vir die
aanbevelings deur die
Tweede Applikant. Daardie aanhangsel is die notule van die Tweede
Applikant se vergadering van 26 November
2001.
19.3 Aanhangsels
âO7â tot en met âO13â tot die Tweede Respondent se
opponerende eedsverklaring bevat sy volledige redes vir
sy besluite
om nie die aanbevole opvoeders in die vakante poste aan te stel nie.
Vir doeleindes van hierdie uitspraak is aanhangsels
âO9â en âO12â
synde die motiverings vir die nie-aanstelling van Mevroue Van
Jaarsveld en Briel van bepaalde belang. Daarmee
saam moet ook ag
geslaan word op aanhangsel âO10â, die motivering ten aansien van
Mev L.A. van den Heever.
19.4 Ten
aansien van die beweringe dat die Tweede Applikant nie behoorlik ag
geslaan het op die demokratiese waardes en beginsels
vervat in
art 7(1) van die Wet nie, kan dit as volg opgesom word ten
opsigte van die voormelde drie kandidate (die redes stem
grootliks
ooreen):
19.4.1 die
aanbevelings verloor die huidige samestelling van die skool se
personeelkorps inaggenome ras, buite die oog;
19.4.2 waar
daar nie-blanke kandidate aansoek gedoen het, is hulle of nie
gekortlys nie of hulle is nie aanbeveel nie;
19.4.3 die
aanbevelings hou nie rekening met die feit dat die
Onderwysdepartement, Noord-Kaap ân regstellende aksie werkgewer is
nie;
19.4.4 die
aanbevelings staan in kontras met die huidige rassesamestelling van
die leerderkorps (45% swart en 55% blank) â deur
die aanbevelings
is kandidate wat die rassesamestelling van die personeelkorps meer
verteenwoordigend sal maak, geïgnoreer.
19.5 In
sy betoogshoofde en sy mondelinge betoog het Mnr Danzfuss hierdie
aspek verder gevoer deur aan te voer dat uit die vyf swart
kandidate
en sestien gekleurde kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen
het, slegs een gekleurde kandidaat op die kortlys
geplaas en ân
onderhoud mee gevoer is. Dit is Mev Van den Heever â sy is
egter aanbeveel vir ân pos waarvoor sy nie aansoek
gedoen het nie.
Volgens Mnr Danzfuss het die beheerliggaam die vereiste van
kurrikulum behoeftes verabsoluteer en geen ag hoegenaamd
geslaan op
ander faktore, meer bepaald regstellende aksie nie.
19.6 Meneer
Du Toit het in sy betoog, heeltemal tereg na my mening, uitgewys dat
hierdie voormelde argument nie tred hou met die feit
dat die
kandidate wat op die oog af aan die minimum vereistes voldoen,
inderwaarheid nie die vakke waaraan die skool ân behoefte
het,
aanbied nie. Hierdie feit het, soos voorheen vermeld, sy ontstaan te
danke aan die feit dat die Departement die poste verkeerd
geadverteer
het. Verder moet dit natuurlik nie buite die oog verloor word nie
dat, toe hierdie fout aan die Departement uitgewys
is, die skool juis
deur Departementele amptenare geadviseer is om toe te sien dat aan
die skool se kurrikulumbehoeftes voorsien word
wanneer aanbevelings
gemaak word. Hierdie nalate en daaropvolgende advies speel ân
deurslaggewende rol by die beoordeling van
die meriete van hierdie
bepaalde aspek, te wete die beweerde nie-inagneming van die waardes
en beginsels in art 7(1) van die
Wet.
19.7 In
nie een van die gevalle Van Jaarsveld en Briel, kon die Respondente
op die stukke my oortuig dat daar ander, gekwalifiseerde
nie-blanke
kandidate is wie se aanstellings aan die skool se kurrikulumbehoeftes
kon voorsien nie. In die geval van Mev Van Jaarsveld
was die
advertering van die Departementshoofpos veronderstel om met die
aanbieding van Natuur- en Skeikunde as vak gepaard te gaan.
Die pos
is egter verkeerd geadverteer en omdat Mev Van Jaarsveld wel die
bepaalde vak kon aanbied, is sy aanbeveel. In die geval
van Mev
Briel moes die vakante pos met spesifieke verwysing na die aanbieding
van Wiskunde as ân vak gepaard gegaan het. Hier
is eweneens egter
gefouteer met die advertering en omdat slegs Mev Briel Wiskunde kon
aanbied, was sy die enigste kandidaat wat aanbeveel
is deur die
onderhoudskomitee, welke aanbeveling deur die Tweede Applikant
aanvaar is.
19.8 Die
notule van die Tweede Applikant se kortlysting vergadering
(Aanhangsel Q) weerspieël dat demokratiese waardes een van
die
kriteria is wat in aanmerking geneem sal word in die
kortlystingsproses. Dit is ook by hierdie vergadering waar melding
gemaak
is van die Departementele amptenare se advies dat die probleem
met die verkeerde advertering ondervang moes word deur die skool se
kurrikulumbehoeftes voorop te stel. Die notule lees dan ook verder
dat:
........die OK
(onderhoudskomitee) besluit dat, alhoewel alle aansoekers in die
kortlystingsproses oorweeg sal word, die skool se
kurrikulumbehoeftes
voorrang sal geniet.â
20.1 Die
notule van die Tweede Applikant se vergadering waar die aanbevelings
gemaak is (Aanhangsel âSâ) lees as volg ter motivering
van die
aanbeveling van Mev LA van den Heever:
â
Die SBL (Tweede
Applikant) besluit om Mev LA van den Heever te benoem in
bogenoemde pos. Deur haar te benoem, dien die SBL daarmee
die skool
se kurrikulumbehoeftes sowel as sy mikpunt om meer onderwysers aan te
stel uit die gemeenskap wat nie tradisioneel deur
die skool bedien is
nie. Dit strook natuurlik ook met die NKOD se beleid van
verteenwoordigende indiensneming.â
20.2 Meneer
Danzfuss het in sy betoogshoofde uitgewys dat hierdie die enigste
plek in die notules is waar enigsins verwys word na
verteenwoordigende indiensneming. Dit is weliswaar so, maar meen ek
nie dat daar meriete is in die suggestie dat hierdie passasie
bloot
ingevoeg is in die notule om lippediens te bewys aan die vereiste van
regstellende indiensneming nie.
21.1 Die
konsep van verteenwoordigende indiensneming en van regstelling van
die ongelykhede van die verlede is baie ferm gevestig
in ons
Staatsdiens. Hierdie konsep word onderlê deur die fundamentele
demokratiese waardes en beginsels waarop ons Grondwet geskoei
is.
Hierdie beginsel is dan ook statutêr gevestig vir die Staatsdiens in
die algemeen in art 195 van die Grondwet en in art 7(1)
van
die Wet vir die onderwys in die besonder.
21.2 Artikel
195(1) van die Grondwet bepaal as volg:
â
Openbare
administrasie word beheers deur die demokratiese waardes en beginsels
wat in die Grondwet verskans is met inbegrip van die
volgende
beginsels:
(a) 'n
Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word.
(b) Die
voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne
moet bevorder word.
(c) Openbare
administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.
(d) Dienste
moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder
vooroordeel gelewer word.
(e) Aandag
moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet
aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.
(f) Openbare
administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
(g) Deursigtigheid
moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en
korrekte inligting te voorsien.
(h) Bekwame
bestuur van menslike hulpbronne en geskikte
loopbaanontwikkelingspraktyke moet ontwikkel word ten einde menslike
potensiaal
tot die maksimum te ontsluit.
(i) Openbare
administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees van die
Suid-Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en
personeelbestuurspraktyke
wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit,
billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te
stel ten einde breë
verteenwoordiging te bewerkstellig.
21.3 Reeds
in 1996 het Landman P in
George
v Liberty Life Association of Africa Ltd [1996]
8 BLLR 985
(IC)
geleentheid gehad om die konsep van regstellende aksie in die
werkmilieu van nader te beskou. Hy laat hom as volg daaraangaande
uit (te 1005 G â H):
â
For purposes of
the judgment I intend to use the expression âaffirmative actionâ
to encompass voluntary measures adopted by an
employer which are
designed to achieve equal employment opportunities by the adequate
protection and advancement of persons or groups
or categories of
persons disadvantaged by unfair discrimination.
Affirmative
action, viewed positively, is designed to eliminate inequality and
address systemic and institutionalised discrimination
including
racial and gender discrimination. It is a mechanism which is capable
of eventually ensuring equal opportunities.â
Swart
R het omvattend hierdie aspek ontleed in
Public
Servants Association of SA v Minister of Justice 1997(3) SA 925
(T)
;
veral te 978 H â 979 J.
Vergelyk
ook:
Department
of Correctional Services v Van Vuuren [1999]
11 BLLR 1132
(LAC)
te 1135 G â H.
21.4 Die
bestaansreg en onderliggende
ratio
vir die betrokke konsep staan vas in ons Reg. Die belangrikheid
daarvan in indiensnemingspraktyke in die Staatsdiens en meer bepaald
in die onderwys moet glad nie gering geskat word nie.
21.5 Indien
die feite dit onderlê het, sou ek nie gehuiwer het om ân bevinding
te maak hierin dat die Tweede Applikant nie ag geslaan
het op die
demokratiese waardes en beginsels vervat in art 7(1) van die Wet
nie. Soos egter hierinvantevore aangetoon, is ek
nie op die feite in
staat daartoe om tot sò ân bevinding te kom nie.
21.6 Dit
sou ân kwade dag wees as ân beheerliggaam, wat sy ontstaan en
funksies suiwer aan ân statuut ontleen, daarmee sou kon
wegkom dat
hy verteenwoordigende indiensneming en regstellende aksie, soos
neergelê in die Grondwet, ignoreer in sy aanbevelings.
Die
onderhawige aangeleentheid val na my oorwoë mening nie in daardie
kategorie nie.
22. Alles
inaggenome is ek nie oortuig dat die Tweede Respondent enige basis
gehad het om die Tweede Applikant se aanbevelings te
misken nie.
23.1 Die
volgende vraag wat ontstaan is of die aangeleentheid terug verwys
moet word na die Tweede Respondent al dan nie. Hlope R
het in
University
of the Western Cape & others v MEC for Health and Social Services
& others 1998(3) SA 124 (K)
te 131 D â H ân nuttige samevatting van die toepaslike
regsbeginsels verskaf as volg:
âOver the years South African Courts have recognised that in
exceptional circumstances the Court will substitute its own decision
for that of a functionary who has a discretion under the Act. Where
the end result is in any event a foregone conclusion and it would
merely be a waste of time to order the tribunal or functionary to
reconsider the matter, the Courts have not hesitated to substitute
their own decision for that of the functionary. (See Johannesburg
City Council v Administrator, Transvaal, and Another (supra at
76).)
The Courts have also not hesitated to substitute their own decision
for that of a functionary where further delay would cause
unjustifiable prejudice to the applicant. (See Local Road
Transportation Board and Another v Durban City Council and Another
1965 (1) SA 586
(A) at 598--9.) Our Courts have further recognised
that they will substitute a decision of a functionary where the
functionary or
tribunal has exhibited bias or incompetence to such a
degree that it would be unfair to require the applicant to submit to
the same
jurisdiction again. (See Johannesburg City Council v
Administrator, Transvaal and Another (supra at 76G)); Traube v
Administrator,
Transvaal and Others, above at 408.) It would also
seem that our Courts are willing to interfere, thereby substituting
their own
decision for that of a functionary, where the Court is in
as good a position to make the decision itself. Of course the mere
fact
that a Court considers itself as qualified to take the decision
as the administrator does not per se justify usurping the
administrator's
powers or functions. In some cases, however, fairness
to the applicant may demand that the Court should take such a view.
(See Theron
en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in
H Suid-Afrika en Andere
1976 (2) SA 1
(A) , where Jansen JA held
that the Court could substitute its own decision because it was
dealing with a type of decision with which
it was fully familiar and
referring the matter back woul
d
serve no purpose (at 31D--E).â
Vergelyk
ook:
Douglas
Hoërskool & ân ander v Premier, Noord-Kaap 1999(4) SA 1131
te 1148 C â 1149 D.
23.2 Ek
is die mening toegedaan dat daar geen nut hoegenaamd in sal wees om
die aangeleentheid terug te verwys nie. Die Tweede Respondent
het
alreeds geleentheid gehad om die aangeleentheid te oorweeg en het,
met volledige opgaaf van redes daarvoor, alreeds ân besluit
daaraangaande geneem. Al die tersaaklike feite is
ex
facie
die stukke voor die Hof. Hierdie Hof is derhalwe in net so ân
goeie posisie om die aangeleentheid af te handel.
24.1 Wat
koste aanbetref het Mnr Danzfuss aan die hand gedoen dat die aansoek
prematuur geloods was, aangesien die Tweede Respondent
eers op 27
Desember 2001 ân besluit geneem het. Daar is geen meriete in
hierdie betoog nie. Die Applikante moes noodgedwonge
die Hof nader
toe die Taakspan die aanstellingsproses in die wiele gery het. Op 27
Desember 2001 het die Tweede Respondent by ooreenkoms
ingestem om die
aanbevelings te oorweeg en ân besluit te neem â iets wat hy in
elk geval
statutêr
verplig
was
om te doen
.
24.2 Beide
advokate het submissies gemaak ter ondersteuning van ân spesiale
kostebevel â Mnr Danzfuss het aan die hand gedoen
dat die
Applikante gelas moet word om die koste te betaal, al is hulle ook
suksesvol, terwyl Mnr Du Toit betoog het dat in geval
van
sukses, die Applikante geregtig is op ân spesiale kostebevel op die
skaal van prokureur en eie kliënt. Albei hierdie betoë
is gegrond
op die feit dat die teenparty kwaadwilliglik opgetree het teenoor die
ander. Aangesien ek van mening is dat albei partye
blaamwaardig is
ten aansien van die emosiebelaaide beweringe in die stukke, gaan ek
bloot die gewone kostebevel maak ten gunste van
die Applikante.
25. Ek
reik die volgende bevel uit:
25.1 Die
volgende persone word opgeroep om redes aan te voer, indien enige,
voor Vrydag 13 Desember 2002, waarom die bevel soos uiteengesit
hierna nie uitgereik sal word nie:
Mnr
M Smit;
Mej
MA van Jaarsveld;
Mev
LA van den Heever;
Mej
M Klopper;
Mev
SLF Briel;
Mev
K Störm.
25.2 Dat
die besluit van die Tweede Respondent, geneem nà terugverwysing na
hom van die aangeleentheid ingevolge die hofbevel verleen
op 14
Desember 2001, om te weier om die opvoeders vermeld in paragraaf 25.1
hierbo aan te stel op aanbeveling van die Tweede Applikant,
hersien,
vernietig en tersyde gestel word;
25.3 Dat
die Tweede Respondent gelas word om binne 7 dae na uitreiking van die
finale bevel hierin die opvoeders Margaret Alida van
Jaarsveld en
Sophia Louisa Frieda Briel aanstel in die pos van departementshoof,
posnommer 200110/0105 en in posvlak 1, posnommer
200110/0168
onderskeidelik, met effek vanaf 1 Januarie 2002.
25.4 Dat
die Eerste en Tweede Respondente gelas word om gesamentlik en
afsonderlik die koste van die aansoek, ingesluit koste wat
oorstaan,
te betaal.
25.5 Hierdie
voorlopige bevel moet op die persone vermeld in paragraaf 25.1 hierbo
beteken word ooreenkomstig die voorskrifte vervat
in Reël 4(1)(a)(i)
of (ii) of (iii).
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT NAMENS
APPLIKANTE : ADVOKAAT JI DU TOIT
ADVOKAAT NAMENS
RESPONDENT : ADVOKAAT FWA DANZFUSS
PROKUREUR
VIR APPLIKANTE : VAN DE WALL & VENNOTE
PROKUREUR
VIR RESPONDENTE : HAARHOFFS ING.
DATUM VAN VERHOOR : 2002-18-10
DATUM VAN
UITSPRAAK : 2002-11-15