About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 32
|
|
S v Nelson (919/2002) [2002] ZANCHC 32 (31 October 2002)
Verslagwaardig:
Ja
/
Nee
Sirkuleer
aan Regters:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
aan Landdroste:
Ja
/ Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hersieningsnr:
529/2002
Saaknr:
919/2002
Datum
gelewer:
2002-10-31
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
JAN
NELSON BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te
steel asook aan die besit van ân klein hoeveelheid dagga.
Hy is
op die eerste aanklag voormeld ân vonnis van 3 jaar
gevangenisstraf opgelê en op die tweede aanklag is hy gewaarsku en
ontslaan. Aanklag 1 se vonnis is hersienbaar en dit vorm die
onderwerp van hierdie hersieningsuitspraak.
Die
skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om te steel is regtens
heeltemal in orde maar het ek op hersiening die landdros
versoek om
redes te verskaf vir die opgelegde vonnis. Die landdros het voldoen
aan hierdie versoek en het volledige redes verskaf.
Die
beskuldigde is 15 jaar oud. Hy is by sy ouma woonagtig. Hy het ân
lang reeks van vorige veroordelings. Inteendeel, hierdie
is die
sewende geval waar die beskuldigde skuldig bevind word. Sy vorige
ses veroordelings is almal vir huisbraak met die opset
om te steel
en diefstal. Op die eerste vier sodanige veroordelings is hy
gewaarsku en ontslaan, op die vyfde is die oplegging
van vonnis
uitgestel vir 5 jaar en op die laaste (sesde) een is hy 9 maande
gevangenisstraf opgelê, welke gevangenisstraf in
geheel opgeskort
is vir 5 jaar.
Die
beskuldigde is op heterdaad betrap in die woning van die klaagster
waar hy hy onder ân bed in die slaapkamer weggekruip het.
Hy het
toegang tot die huis verkry deur die slot van die agterdeur af te
breek. Van die vensters van die huis was ook gebreek.
Die
beskuldigde het deur sy inbraak skade aangerig aan die vensterruite
en die agterdeurslot van die klaagster se huis. Die klaagster
het
dus geen skade gely wat die verwydering van haar eiendom aanbetref
nie, aangesien die beskuldigde soos ek alreeds gesê het,
op
heterdaad betrap is.
In
sy redes verwys die landdros na geykte gesag en voer hy aan dat hy
deur sy vonnis daarna gestreef het om ân balans tussen die
beskuldigde se persoonlike omstandighede, die erns van die misdryf
en die belange van die gemeenskap te handhaaf. Hy voeg verder
by
dat dit naïef sou wees van ân hof om te hoop dat die beskuldigde
homself sou rehabiliteer buite gevangenisverband. Hy verklaar
verder, heeltemal tereg, dat ân opgeskorte vonnis nie die
aangewese strafopsie is nie.
Die
maatskaplike werker wat ân ondersoek gedoen het na die beskuldigde
se persoonlike omstandighede het weliswaar ân aanbeveling
vir
opgeskorte gevangenisstraf gemaak. Ek is dit heeltemal eens met die
landdros dat so ân vonnis nie vanpas sou wees in die
omstandighede
nie.
Ek
verskil egter van die landdros dat ân vonnis van drie jaar
gevangenisstraf in hierdie geval geregverdig is. Sò ân massiewe
sprong vanaf 9 maande gevangenisstraf in die geheel opgeskort wat
die beskuldigde opgelê is vir sy onmiddellik voorafgaande
veroordeling
tot een van 3 jaar gevangenisstraf is net eenvoudig
onaanvaarbaar. Hierdie opgelegde vonnis is na my mening skokkend
onvanpas.
Daar is verder die redelike moontlikheid dat die
opgeskorte vonnis wat die beskuldigde in 2001 opgelê is ook nog in
werking gestel
mag word. Ek meen dat ân vonnis van 3 jaar
gevangenisstraf ân treffende wanbalans skep tussen die beskuldigde
se persoonlike
omstandighede aan die een kant en die erns van die
misdryf en die belange van die gemeenskap aan die ander kant. Dat
die beskuldigde
noodwendig gevangenisstraf sal moet uitdien, staan
soos ân paal bo water. Ek meen egter dat ân aansienlik korter
termyn van
gevangenisstraf heeltemal gepas sou wees in hierdie
geval.
Die
landdros se mening dat die beskuldigde se vonnis in die lig van sy
lang rekord, haglike huislike omstandighede en moontlike
rehabilitasie by die jeugafdeling te De Aar, nie ân onvanpaste
vonnis is nie, oortuig geensins nie. Die beskuldigde kan per
slot
van sake nie verantwoordelik gehou word vir sy haglike huislike
omstandighede nie. Verder meen ek dat moontlike rehabilitasie
by ân
jeugafdeling van ân gevangenis net so goed kan geskied in ân
korter tydperk as wat dit in 3 jaar gedoen kan word.
9.1
Die
beskuldigde se skuldigbevinding op aanklag 1 word bekragtig, maar die
vonnis van 3 jaar gevangenisstraf word ter syde gestel.
9.2
Die
beskuldigde word gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf en dit word
gelas dat hy dié gevangenisstraf sal uitdien by die jeugafdeling
van
die De Aar-gevangenis.
9.3
Ingevolge
die bepalings vervat in art 282 van die Strafproseswet word die
vonnis teruggedateer tot 29 Augustus 2002.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
HJ
LACOCK
REGTER