About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 29
|
|
S v Monyobo and Another (15/2002) [2002] ZANCHC 29 (27 September 2002)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: 15/2002
DATUM
VERHOOR:
DATUM
GELEWER: 2002-09-27
In
die saak van
:
DIE STAAT
versus
DAVID TONI
MONYOBO BESKULDIGDE 1
JOSEF
TSHABALALA BESKULDIGDE 2
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigdes staan tereg op ân aanklag van huisbraak met die opset
om te roof en roof met verswarende omstandighede soos omskryf
in art
1 van die Strafproseswet sowel as moord.
Die
Staat beweer dat hulle tussen 9 en 10 Junie 1996 te Brian
Shone-paneelkloppers te Jan Kempdorp hierdie misdrywe gepleeg het
deur Brian Desmond Shone (die oorledene) se huis oop te breek met
die opset om te roof en het daar toe sekere goedere soos vermeld
in
die aanhangsel, die eiendom van die oorledene, geroof. In die
aanhangsel verskyn die volgende items: 1 ligbruin mansbaadjie
ter
waarde van R400, 1 bruin tas ter waarde van R200. Ten aansien van
die moordaanklag beweer die Staat dat die beskuldigdes
op dieselfde
datums en op dieselfde plek die oorledene gedood het.
Die
beskuldigdes, bygestaan deur Advokaat Langenhoven namens beskuldigde
1 en Mnr Van Vuuren namens beskuldigde 2, het onskuldig
gepleit en
albei het verwere van alibiâs opgewerp.
Dit
is nie in geskil hierin nie dat die misdrywe soos voormeld wel
gepleeg is op die datums en op die plek soos vermeld in die akte
van
beskuldiging. Wat wel beregting vereis is of die beskuldigdes
aandadig was aan die pleging van hierdie misdrywe.
â
n
Stel fotoâs is as bewysstuk B ingehandig. Daarop word die perseel
van die oorledene uitgebeeld sowel as die oorledene self
waar hy aan
sy enkels en polse vasgebind is met sokkies en ân telefoonkoord
onderskeidelik en met ân tou om sy nek verwurg
is. Die kamer
waarin die oorledene vermoor is, is binne-in, luidens die fotoâs,
opmerklik in ân warboel en so ook etlike ander
vertrekke in die
huis.
â
n
Bamboesstok is as bewysstuk 3 ingehandig, dit is ook sigbaar op van
die fotoâs in die bundel. Die bamboesstok is vermoedelik
gebruik
om die oorledene mee aan te rand.
Die
destydse distriksgeneesheer, Dr JF Els, het die oorsaak van dood
bevind as strangulering met hipoksiese dood, d.w.s. dat die
oorledene verwurg is met gevolglike afsluiting van die bloedvloei na
en van die brein en asemhalingsbelemmering. Volgens Dr Els
se
getuienis het die oorledene ân swak hart gehad en was daar ook
breinbloeding aanwesig. Volgens hom het die oorledene duidelik
ân
hou met ân stomp voorwerp teen sy kop gekry, heelwaarskynlik
voordat hy verwurg is. As die nie was vir die feit dat die
oorledene doodgewurg het nie, sou hy waarskynlik a.g.v. hierdie hou
teen die kop mettertyd te sterwe kom indien mediese bystand
nie
tydig verleen is nie.
Daar
is ân aantal formele erkennings deur beide beskuldigdes gemaak
wat aangeteken is ingevolge die bepalings vervat in art 220
van die
Strafproseswet, vervat in bewysstuk H en J. Daarvolgens is die
oorledene se identiteit erken en is ook erken dat hy geen
verdere
beserings opgedoen het van die tyd wat sy lyk verwyder is nie totdat
dr Els die regsgeneeskundige lykskouing uitgevoer
het op hom nie.
Die
Staat het ân hele aantal getuies geroep, maar ag ek dit nodig om
in groot besonderhede met almal se getuienis te handel nie.
Wat
duidelik vasstaan is dat die oorledene gedurende die oggend van 10
Junie 1996 dood aangetref is in sy woonhuis soos op die
fotoâs
aangedui. Die huis was dan ook in warboel gevind. Van sy
werknemers het die oggend opgedaag en aangesien hulle onraad
vermoed
het, het hulle die polisie ontbied. Daar is toe ondersoek gedoen op
die toneel en fotoâs van die toneel is ook geneem.
Ek sal hierin
slegs die getuienis van die belangrikste staatsgetuies wat die
beskuldigdes aan die misdrywe verbind, se getuienis
in ân mate
van
detail
opsom.
Die
getuie, Mnr Albert Moritimang was ân werknemer van die oorledene
ten tye van sy dood. Volgens hom het beskuldigde 1 in die
geselskap
van ene
Bushy
op die 4de Junie 1996 daar aangedoen en met die oorledene ân
gesprek gevoer. Hy kon nie die gesprek hoor nie. Hierna het
beskuldigde
1 by die getuie se huis opgedaag en daar ân voorstel
gemaak dat hulle die oorledene moet doodmaak sodat hulle sy geld kan
kry
en uit Jan Kempdorp kan vlug. Hierdie gesprek het op ân
Saterdag plaasgevind net na die voorval waar die beskuldigde 1 ene
Bushy
aangedoen
het by die oorledene se werk. Die dag daarna, d.w.s. Sondag het
beskuldigde 1 weer by die getuie aangedoen om hom te
kom haal sodat
hulle die misdryf kan gaan pleeg wat hy vantevore melding van gemaak
het. Die getuie het besluit om nie saam te
gaan nie. Hy het die
Maandag oggend verneem dat die oorledene dood aangetref is. ân
Hele aantal weersprekings tussen hierdie
getuie se
viva
voce
getuienis en sy getuieverklaring aan die polisie, bewysstuk D, is
aan hom uitgewys geduirende kruisondervraging. Ek sal aanstons
hierna terugkeer.
Die
volgende getuie van belang wat namens die Staat getuig het, is
Maggie Boyi. Sy was die vrymeisie van beskuldigde 1 toe hierdie
voorval plaasgevind het gedurende 1996. Volgens haar het sy die
beskuldigde op 10 Junie 1996 ontmoet in ân kroeg waar hulle
gedrink het. Die beskuldigde was in die geselskap van ene
Mapita
wie se regte naam Petrus Mothupi is. Hulle het by etlike
drinkplekke drank gedrink. Op ân stadium het beskuldigde 1 vir
haar
ân R100 gegee, maar sy het slegs R30 daarvan aanvaar. Hulle
het hul later by
Mapita
se huis bevind waar hulle verder gedrink het.
Mapita
se vrou was ook daar aanwesig. ân Vriendin van haar, ene
Disebo
was deurgaans ook teenwoordig tydens hier drink ekspedisie. Op ân
stadium het die getuie,
Disebo
en beskuldigde 1 beweeg na die kamer waar beskuldigde 1 gewoonlik op
Mapita
se perseel slaap. Daar was ân tas binne-in hierdie kamer en
beskuldigde 1 het aan haar gesê dat hy mooi goed vir haar in die
tas het en het hy vir haar damesbroekies daarin gewys wat, volgens
haar, vir haar te groot was. Binne-in die tas was ook gesigsepies
gewees. Ook hierdie getuie se getuieverklaring is ingehandig as
bewysstuk F en sal ek aanstons daarna verwys wanneer ek haar
geloofwaardigheid as ân getuie evalueer.
Die
volgende getuie wie se getuienis ek opsom is dié van Elizabeth
Meyer, die hou-vrou van
Mapita
gedurende die tersaaklike tye. Volgens die getuie ken sy beide
beskuldigdes aangesien hulle by haar man kom kuier het en
beskuldigde
1 ook by hulle tuisgegaan het. Volgens haar was beide
beskuldigdes aanwesig op Sondag die 9de Junie 1996 waar hulle om ân
vuur
gesit het saam met haar en haar man. Die volgende oggend,
d.w.s. Maandag die 11de Junie 1996, het sy wakker geword ongeveer
5 uur
die oggend toe iemand geklop het aan die deur. Dit was
beskuldigde 1. Haar man het opgestaan en buite met beskuldigde 1
gaan
praat. Sy kon nie hoor wat hulle sê nie. Na hierdie gesprek
het haar man teruggekom, hom aangetrek en het hy en beskuldigde 1
vertrek en die hele dag weggebly. Hulle het eers kort voor 6 uur
die middag weer teruggekeer. Op daardie betrokke dag het
beskuldigde
1 ân roomkleurige baadjie aangehad volgens haar. Sy
het dié baadjie uitgewys as as bewysstuk 2 wat voor die Hof was.
ân
Ruk later het beskuldigde 2 opgedaag met ân tas. Hy het met
hierdie tas beweeg na die plek waar beskuldigde 1 gewoonlik slaap.
Die tas het sy uitgewys as bewysstuk 1 voor die Hof. Sy het toe die
huis binnegegaan en beskuldigde 2 het haar later geroep en
gesê dat
hy weggaan en dat sy vir beskuldigde 1 en
Mapita
in kennis moet stel dat hy daar was. Beskuldigde 1, haar man
(
Mapita
)
en beskuldigde 1 se meisie (
Maggie
)
het later opgedaag en het toe gesit en drink. Beskuldigde 1 en sy
meisie het toe gaan slaap en sy en haar man ook. Die polisie
het
die volgende dag daar opgedaag en onder andere beslaggelê op die
tas wat in beskuldigde 1 se slaapplek gevind is. Ek sal
later na
hierdie getuie se kruisondervraging en na haar getuieverklaring
verwys wanneer ek haar geloofwaardigheid as ân getuie
evalueer.
Superintendent
Wentzel, die destydse ondersoekbeampte in die saak, het ook
getuienis afgelê. Hy het getuig oor die toneel wat
hy aangetref
het en wat aan hom oorhandig is deur ân ander polisiebeampte. Hy
het ook die bamboesstok formeel ingehandig sowel
as die tas en die
baadjie voor die Hof as bewysstukke. In die loop van sy ondersoek
het hy beskuldigde 1 gearresteer nadat dié
eers van hom probeer
ontvlug het. Hy het ook beskuldigde 2 gearresteer.
Me
Ellen Senatle, die huishulp van die oorledene, het getuig dat
bewysstuk 2 (die baadjie) wel aan die oorledene behoort het.
Volgens haar het sy dit gereeld aangetrek wanneer hy vanaf die huis
beweeg het na sy werkplek wat op dieselfde perseel geleë is.
Volgens haar het sy op ân stadium na ân swart baadjie, wat ook
die eiendom van die oorledene was, gesoek op versoek van die
polisie. Sy het uiteindelik dié baadjie in ân kas gevind maar
het nie bewysstuk 2 daar gesien nie.
Die
volgende getuie was Petrus Mothupi
alias
Mapita
.
Hy het getuig dat gedurende die week van 4 Junie 1996 beskuldigde
1, wat toe by hom gebly het, van tyd tot tyd weg was en teruggekeer
het die Maandag oggend 10 Junie 1996 so ongeveer 5 uur die
oggend. Hy bevestig sy vrou, Elizabeth Meyer, se getuienis oor
die
feit dat beskuldigde 1 hom wakker kom klop het. Op versoek van
beskuldigde 1 het hulle na beskuldigde 2 gaan soek by verskeie
plekke en het hulle hul uiteindelik in Hartswater bevind. By die
taxi-staanplek te Hartswater het hulle beskuldigde 2 aangetref
en
was hy in besit van ân tas wat volgens die getuie bewysstuk 1 voor
die Hof is. Beskuldigde 1 het vir die getuie aangesê
om ân
papiersak te gaan koop, wat hy dan gedoen het. Met sy terugkeer by
die taxi-staanplek het hy gesien dat die twee beskuldigdes
klere en
ander items tussen hulle verdeel het. Beskuldigde 1 het sy deel van
die klere en ander items in die papiersak wat die
getuie gekoop het
geplaas terwyl beskuldigde 2 sy deel in die tas, bewysstuk 1 voor
die Hof, geplaas het. Volgens dié getuie
het beskuldigde 1 ân
baadjie, bewysstuk 2, aangehad. Hierdie baadjie het hy daar by die
taxi-staanplek gekry. Oppad terug in
ân taxi vanaf Hartswater na
Jan Kempdorp het daar ân berig oor die radio gekom dat ân witman
vermoor is in Jan Kempdorp
en beskuldigde 1 was sigbaar ontsteld oor
die nuus. Terug in Jan Kempdorp het hulle, soos wat Maggie Boyi
getuig het, haar raakgeloop
by ân drankhuis en op verskillende
plekke drank ingeneem. Op ân stadium het die polisie daar opgedaag
en is die getuie gearresteer.
Volgens hom het die polisie sy plek
deursoek maar niks gekry nie en hy het later verneem dat hulle die
tas, bewysstuk 1, in ân
ander vertrek waar beskuldigde 1 gebly
het, aangetref het. Ongeveer 3 dae na sy arrestasie is hy weer
vrygelaat. Ek sal eweneens
hierdie getuie se kruisondervraging en
ander aspekte bespreek wanneer en sy geloofwaardigheid oorweeg.
Beide
beskuldigdes het in hulle verweer getuig en albei van hulle het
alibiâs aangevoer. Volgens beskuldigde 1 was hy daardie
bepaalde
naweek uitstedig. Hy het eers die Maandagoggend 11 Junie 1996
tussen 7 en 8 uur teruggekeer na Jan Kempdorp. Volgens
hom behoort
bewysstuk 2, die baadjie, aan hom, synde ân geskenk van sy broer
wat in die weermag is. Hy het enige aandadigheid
aan die ten laste
gelegde misdrywe ontken. Hy het ook die getuienis van die
Staatsgetuies wat hom inkrimineer ontken. Namens
hom het sy broer,
Reginald Monyobo getuig. Hy is ân skutter in die SANW en het
bevestig dat hy gedurende 1994/95 die baadjie,
bewysstuk 2, wat hy
in Durban aangekoop het, aan sy broer geskenk het. Beide
beskuldigde 1 en sy broer het die baadjie geïdentifiseer
aan die
hand van die naam daarvan te wete
Sterling
asook 2 skeurmerke op die agter regterskouer daarvan. Ek het die
baadjie besigtig en dit is so dat die baadjie ân etiket op
het van
Sterling
en dat daar 2 opsigtelike skeurmerke op die agter regterskouer
daarvan is.
Beskuldigde
2 voer as alibi aan dat hy as dagga handelaar gedurende die betrokke
naweek besigheid gedoen het in Lime Acres en eers
ongeveer 5 uur
Maandag middag, d.w.s. 11 Junie 1996, terug was in Jan Kempdorp. Hy
het ontken dat hy ooit in besit was van ân
tas soos voor die hof
en het ook ontken dat hy
Mapita
se vrou, Elizabeth Meyer, enigsins ken. Namens hom het ene Morgan
Mongoale getuig en bevestig dat beskuldigde 2 by hulle gebly
het en
eers die Maandagmiddag teruggekeer het na Jan Kempdorp.
Dit
is duidelik dat die getuies Albert Moretimang, Elizabeth Meyer,
Maggi Boyi en Petrus Mothupi enkelgetuies is ten aansien van
daardie
aspekte waar hulle inkriminerende getuienis teen die onderskeie
beskuldigdes lewer. In dié verband is die gevestigde
versigtigheidsreël ten aansien van enkelgetuies op hulle van
toepassing. Drie van hulle se getuieverklarings is ingehandig te
wete Moretimang, Meyer en Boyi. Daaruit blyk verskeie opsigtelike
en, na my mening, wesentlike weersprekinge tussen hulle
viva
voce
getuienis en hulle verklarings. Ten aansien van Albert Moretimang
is daar die feit dat hy hom gruwelik weerspreek oor die motief
wat
hy aan beskuldigde 1 voorgehou het ten aansien van die aanval op die
oorledene. In sy verklaring sê hy dat beskuldigde 1
genoem het dat
hy die oorledene sou wou beroof, terwyl hy in die Hof getuig het dat
beskuldigde 1 hom versoek het om hom te help
om die oorledene te
dood. Verder verwys hy deurgaans in sy verklaring na beskuldigde 1
as ân onbekende man terwyl hy in die
hof sy naam genoem het. Hy
was ook nie ân baie bevredigende getuie toe hy onder kruisverhoor
geneem is nie, soos sal blyk uit
die oorkonde. Hy was opsigtelik
senuagtig in die hof en sy houding het voorgekom, volgens my, soos
iemand wat onseker is van homself.
In sy geval, soos in die geval
van al die ander staatsgetuies, moet natuurlik ook nie buite die oog
verloor word nie dat hierdie
voorval alreeds 6 jaar gelede
plaasgevind het. Na my mening behoort Moritemang se getuienis met
groot versigtigheid benader te
word en kan dit alleen aanvaar word
waar sy inkrimenerende getuienis teen ân bepaalde beskuldigde deur
ander aanvaarbare getuienis
gestaaf word.
Wat
Elizabeth Meyer aanbetref, is daar ân kennelike weerspreking
tussen haar getuieverklaring en haar mondelinge getuienis ten
aansien van ân wesenlike aspek van haar getuienis, naamlik die
stadium toe beskuldigde 2 met die tas by haar huis sou aangekom
het.
In haar verklaring het sy die indruk gekep dat sy in haar huis was,
reeds gereed om te slaap toe beskuldigde 2 daar opdaag.
In haar
getuienis in die hof aan die ander kant, getuig sy dat sy besig was
om die hoenders toe te maak buite toe beskuldigde
2 daar aangekom
het. Verder verklaar sy in haar getuieverklaring dat die beide
beskuldigdes die voorafgaande week daar woonagtig
was by hulle,
terwyl sy in die hof gesê het dat beskuldigde 2 elders gewoon het.
Sy het inderdaad ontken dat dit korrek is dat
beskuldigde 2 vir ân
week daar by hulle woonagtig was. Hierdie weersprekinge plaas ook
haar getuienis onder kwaai verdenking
en is my benadering dieselfde
as dié met die getuienis van Albert Moritemang, naamlik dat ek
slegs Elizabeth Meyer se getuienis
sal aanvaar as enkelgetuie waar
sy gestaaf word deur ander aanvaarbare getuienis sover dit
inkriminering van ân beskuldigde aanbetref.
Maggy
Boyi weerspreek haarself ook in haar getuieverklaring gemeet teenoor
haar
viva
voce
getuienis oor ân kern aspek, naamlik of beskuldigde 1 in haar
aanwesigheid ooit die tas, bewysstuk 1, oopgemaak het. In haar
getuieverklaring sê sy: â
Ek
het die koffer nie kop toe gevat nie
â.
In haar mondelinge getuienis beweer sy dat die koffer wel oopgemaak
is en dat sy sekere goed daarin gesien het. Hierdie is
ân
wesenlike weerspreking. Die Staat se beroep op
S
v Bruinders en ân ander 1998(2) SASV 432 (OK)
gaan net eenvoudig nie op nie. Hierdie is nie ân geval waar ân
getuie in ân getuieverklaring besonderhede weggelaat het
nie. Dit
is inteendeel ân direkte en wesentlike weerspreking. Wat Maggi
Boyi aanbetref is ek ook nie bereid om haar getuienis
vir sover dit
ân beskuldigde inkrimineer te aanvaar nie, tensy dit gestaaf word
deur ander aanvaarbare getuienis.
Ek
het Petrus Mothupi as ân redelike goeie getuie ervaar. Hy was
selfversekerd en het nêrens homself wesentlik weerspreek nie.
Daar
is ân vermoede dat hy meer weet van die aangeleentheid as wat hy
wil voorgee. Ek meen tog dat sy getuienis aanvaar kan
word. Die
probleem egter is dat, selfs aanvaar ek (soos ek wel doen), dat hy
saam met die beskuldigdes was waar ân tas op die
toneel was waar
goedere verdeel was te Hartswater, is ek nie in staat om bo redelike
twyfel te bevind dat daardie betrokke tas
dieselfde tas is wat voor
die hof as bewysstuk 1 is nie, die eiendom van die oorledene nie.
Beskuldigde
1 was ân baie swak getuie. Hy het op verskeie aspekte getuienis
gelewer wat nooit in kruisondervraging deur sy advokaat,
ân
bekwame en ervare regsman, aan die staatsgetuies gestel is nie. Die
afleiding is onafwendbaar dat hy nooit sulke instruksies
aan sy
advokaat gegee het nie. Hoe dit ook al sy, is ek nie tevrede dat
die Staat bo redelike twyfel bewys het dat bewysstuk 2,
die baadjie,
wel aan die oorledene behoort het nie. Daar is ten minste ân
redelike twyfel dat dit die eiendom van beskuldigde
1 kan wees.
Beskuldigde 2 was marginaal ân beter getuie as beskuldigde 1.
Wanneer
ek die getuienis voor my oorweeg om te bepaal of die beskuldigdes
se skuld bo redelike twyfel bewys is en daarmee saam,
of hulle
weergawes redelik moontlik waar is, dan moet ek die toets soos
neergelê in
S
v Van Aswegen 2001(2) SASV 97 (HHA)
te 101 b-e toepas waar Cameron AR die volgende
dictum
van Nugent R in
S
v Van der Meyden
aanhaal.
LEES AANHALING
UIT BOEK
.
Met toepassing van die voormelde benadering is hier, na my mening,
net nie voldoende getuienis om die beskuldigdes se skuld
bo
redelike twyfel te bewys nie. Die Staat het ân moedige en
prysenswaardige poging aangewend om wel so te doen. Die polisie
ondersoekspan en die Staat het na my mening soveel gedoen as wat
hulle kon om die misdrywe te bewys teen die beskuldigdes . Die
getuies voor my plaas die beskuldigdes , veral beskuldigde 1, onder
sterk verdenking. Dit is egter nie voldoende om hulle skuldig
te
bevind aan sulke ernstige misdrywe nie. Die Staat het my versoek om
aan die hand van die omstandigheidsgetuienis te bevind
dat die
beskuldigdes in besit was van die onlangs gesteelde goedere van die
oorledene en dat hulle derhalwe hulself skuldig gemaak
het aan die
misdrywe soos ten laste gelê. Soos ek alreeds gesê het, is die
Staat se getuienis net eenvoudig nie voldoende om
tot so ân
bevinding te kan kom nie. Die probleem wat hier bestaan is dat daar
nie stawing is vir daardie brokkies inkriminerende
getuienis teen
die beskuldigdes wat die onderskeie staatsgetuies soos voormeld,
gelewer het nie.
Onder
die omstandighede dus gee ek die beskuldigdes die voordeel van die
aansienlike twyfel wat by my bestaan en word albei beskuldigdes
onskuldig bevind aan beide die klagtes hul ten laste gelê.
__________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS STAAT: ADV C
NEKOSIE EN MNR L ROACH
NAMENS
BESKULDIGDE 1: ADV T LANGENHOVEN
NAMENS
BESKULDIGDE 2: MNR D JANSE VAN VUUREN
DATUM
VAN VERHOOR: 19-26 SEPTEMBER 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK: 27 SEPTEMBER 2002