S v Sebokolodi and Others (KS 56/00) [2002] ZANCHC 26 (9 September 2002)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellants convicted of multiple serious offenses including armed robbery and attempted murder — Sentences challenged as excessively harsh and unconstitutional under section 12(1)(e) of the Constitution — Court considers the appropriateness of cumulative sentences and the impact of the appellants' actions during the commission of the crimes — Sentences upheld as not disproportionate to the severity of the offenses committed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 26
|

|

S v Sebokolodi and Others (KS 56/00) [2002] ZANCHC 26; [2002] 4 All SA 282 (NC)' (9 September 2002)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
KS
56/00
Datum
verhoor:
4
Maart 2002
Datum gelewer: 9
September 2002
In die appél van:
PETER TSWAILE
SEBOKOLODI APPELLANT 1
DAVID
SIMONE APPELLANT 2
WELILE
BASIL BOLTON APPELLANT 3
DINGAAN
ALPHEUS KHALO APPELLANT 4
EDDIE
NDLOVU APPELLANT 6
VINCENT
DADLA APPELLANT 7
GIDEON
MATELA APPELLANT 8
JEREMIA
MALUME KHANYILE APPELLANT 9
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
VAN
DER WALT R
et
MAJIEDT
R
et
LACOCK R
UITSPRAAK
OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
Appellante kom met verlof van die Verhoorregter in hoër beroep teen
hulle vonnisse.
Ek
verwys hierin na die Appellante soos wat na hulle verwys is tydens
die verhoor, ten einde verwarring te vermy.
Ons
is by die aanvang van die verrigtinge meegedeel deur mnr. Muhlohlonyi
dat die Eerste Appellant nie voortgaan met sy appél nie
en dat die
Tweede Appellant intussen oorlede is.
Hy
het ons nietemin versoek om ons inherente hersieningsbevoegdheid uit
te oefen ten aansien van die Eerste Appellant ingeval ons
sou inmeng
met die opgelegde vonnisse.
Die
Appellante het op altesaam 10 aanklagte tereggestaan, te wete:
Aanklag
1
:
Diefstal
van ‘n motorvoertuig;
Aanklag
2:
Roof
met verswarende omstandighede (roof van ‘n motorvoertuig tydens
welke rooftog vuurwapens na bewering gebruik is);
Aanklag
3:
Roof
met verswarende omstandighede (roof van ‘n motorvoertuig, kontant,
klerasie en kredietkaarte, waartydens vuurwapens na bewering
gebruik
is);
Aanklag
4
:
Roof
met verswarende omstandighede (‘n sogenaamde transitoroof van
R642 100.00 kontant en van vuurwapens, tydens welke rooftog
vuurwapens, insluitend outomatiese vuurwapens na bewering gebruik
is);
Aanklag
5:
Poging
tot moord (na bewering is daar met vuurwapens geskiet na verskeie
polisiebeamptes tydens of net na uitvoering van die transitoroof
hierbo vermeld);
Aanklag
6:
Poging
tot moord (‘n soortgelyke aanval as dié na verwys in aanklag 5
hierbo);
Aanklag
7:
Oortreding
van die bepalings vervat in artikel 2, gelees met artikels 1,
39(1)(h) en 39(2) van Wet 75 van 1969, d.w.s. besit van
ongelisensieerde vuurwapens insluitend ‘n outomatiese geweer,
submasjiengewere, rewolwers en pistole;
Aanklag
8:
Oortreding
van artikel 36, gelees met artikels 1, 39(1)(h) en 39(2) van Wet 75
van 1969, d.w.s. onwettige besit van ammunisie;
Aanklag
9:
Oortreding
van artikel 32(1)(a) gelees met artikels 1, 32(5)(a), 32(5)(b) en
39(2)(aA)(i) van Wet 75 van 1969, d.w.s. onwettige besit
van ‘n
masjiengeweer;
Aanklag
10
:
Oortreding
van artikel 32(1)(e) gelees met artikels 1, 32(5)(a), 32(5)(b) en
30(2)(aA)(ii) van Wet 75 van 1969, d.w.s. onwettige
besit van
ammunisie wat bestem is om uit ‘n masjiengeweer afgevuur te word.
Buys R,
bygestaan deur 2 assessore, het na ‘n lang verhoor op die
voormelde aanklagte die onderskeie Appellante skuldig bevind
en
gevonnis soos skematies hierna getabuleer. Waar toepaslik het die
geleerde Verhoorregter in elke bepaalde geval gelas ingevolge
die
bepalings vervat in artikel 280 van die Strafproseswet, dat vonnisse
samelopend uitgedien word. Buys R het ook in die
geval van al
die Appellante aanbeveel dat ‘n bepaalde termyn van
gevangenisstraf eers uitgedien moet word alvorens hulle vir
parool
oorweeg moet word. Al die Appellante is onbevoeg verklaar om
vuurwapens te besit ingevolge artikel 12 van Wet 75 van 1969.
Die
skuldigbevindings en vonnisse sien as volg daaruit:
APPELLANT
1 : PETER TSWAILE SEBOKOLODI
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1*
Diefstal
Skuldig
6*
2*
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6*
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
20
5**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
6**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
7***
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7***
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9***
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15***
10***
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5***
Totale
opgelegde vonnis in jare
79
Totale
effektiewe vonnis in jare
51
Jare
voordat parool oorweeg mag word
30
* /
** / ***
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
2 : DAVID SIMONE
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
20
5*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
6*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
7
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9
Onwettige
besit van masjiengeweer
Onskuldig
-
10
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Onskuldig
-
Totale
opgelegde vonnis in jare
53
Totale
effektiewe vonnis in jare
43
Jare
voordat parool oorweeg mag word
30
*
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
3 : WELILE BASIL BOLTON
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1*
Diefstal
Skuldig
6*
2*
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6*
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
25
5**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
6**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
7***
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7***
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9***
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15***
10***
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5***
Totale
opgelegde vonnis in jare
84
Totale
effektiewe vonnis in jare
56
Jare
voordat parool oorweeg mag word
35
* /
** / ***
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
4 : DINGAAN ALPHEUS KHALO
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2*
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6*
3*
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6*
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
25
5**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
6**
Poging
tot moord
Skuldig
10**
7***
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7***
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9***
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15***
10***
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5***
Totale
opgelegde vonnis in jare
84
Totale
effektiewe vonnis in jare
56
Jare
voordat parool oorweeg mag word
35
* /
** / ***
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
6 : EDDIE NDLOVU
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
24
5*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
6*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
7**
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
9**
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9**
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15**
10**
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5**
Totale
opgelegde vonnis in jare
77
Totale
effektiewe vonnis in jare
55
Jare
voordat parool oorweeg mag word
35
* /
**
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
7 : VINCENT DLADLA
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
20
5*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
6*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
7**
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7**
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9**
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15**
10**
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5**
Totale
opgelegde vonnis in jare
73
Totale
effektiewe vonnis in jare
51
Jare
voordat parool oorweeg mag word
30
* /
**
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
8 : GIDEON MATELA
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
25
5*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
6*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
7**
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7**
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9**
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15**
10**
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5**
Totale
opgelegde vonnis in jare
78
Totale
effektiewe vonnis in jare
56
Jare
voordat parool oorweeg mag word
35
* /
**
Vonnisse
samelopend
APPELLANT
9 : JEREMIA MALUME KHANYILE
Aanklag
No
Aanklag
Beskrywing
Skuldig/
Onskuldig
Vonnis
in
jare
1
Diefstal
Onskuldig
-
2
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
6
3
Roof
met verswarende omstandighede
Onskuldig
-
4
Roof
met verswarende omstandighede
Skuldig
20
5*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
6
*
Poging
tot moord
Skuldig
10*
7**
Besit
van vuurwapens sonder lisensie
Skuldig
7**
8
Onwettige
besit van ammunisie
Onskuldig
-
9**
Onwettige
besit van masjiengeweer
Skuldig
15**
10**
Onwettige
besit van masjiengeweer ammunisie
Skuldig
5**
Totale
opgelegde vonnis in jare
73
Totale
effektiewe vonnis in jare
51
Jare
voordat parool oorweeg mag word
30
* /
**
Vonnisse
samelopend
Die
opgelegde vonnisse is primêr op die volgende gronde aangeval deur
die Appellante se advokate:
Dat
die vonnisse skokkend onvanpas is en dat dit neerkom op “
wrede,
onmenslike of vernederende
”
straf, wat uitdruklik verbied word in artikel 12(1)(e) van die
Grondwet, Wet 108 van 1996.
Daar
is verder aangevoer dat die vonnisse die Appellante se
lewensverwagtinge ver oorskry en dat dit uiteindelik beteken dat

die Appellante die res van hul lewens in die gevangenis sal moet
slyt.
Submissies
is gemaak dat die Verhoorregter ongrondwetlik opgetree het deur
aanbevelings oor parool te maak – daar is aangevoer
dat sodanige
aanbevelings ongeldig is.
Na
submissie het die Verhoorhof te min gewig gelê op die feit dat van
die Appellante beseer is tydens die gebeure, terwyl aan
die
anderkant, niemand deur hulle beseer is nie.
Op
ons versoek het die advokate ook aanvullende skriftelike
betoogshoofde geliasseer aangaande die regsvraag of ‘n Hof

bevoegd is om by vonnisoplegging twee of meer minimum vonnisse
soos voorgeskryf in Wet 105 van 1997, te laat saamloop.
Ek
skets vervolgens baie bondig die gebeure wat aanleiding gegee het
tot die skuldigbevindings en vonnisse in hierdie saak.
6.1 Op
17 Februarie 2000, in die omgewing van die Vryburg-Morokweng-hoofpad
(distrik van Vryburg) het ‘n totaal van 13 swaar gewapende
rowers
‘n rooftog uitgevoer op ‘n gepantserde pensioenvoertuig wat
vergesel was deur sekuriteitswagte en ‘n voertuig van die
pensioene
maatskappy.
6.2 Tydens
die rooftog is ‘n groot bedrag kontant en vuurwapens buitgemaak.
6.3 Die
polisie, wat vooraf inligting ontvang het oor die beplande rooftog en
in die gebied ontplooi het, het toegeslaan op die rowers
onmiddellik
na afloop van die rooftog. ‘n Woeste skietgeveg het ontstaan
waartydens drie van die rowers op die toneel doodgeskiet
is en vier
ander gewond is (die derde, sesde, sewende en agste Appellante).
6.4 Die
Appellante is almal op of naby die toneel van die roof gearresteer.
6.5 Die
tweede Appellant, wat soos alreeds vermeld intussen oorlede is, was
‘n werknemer van die sekuriteitsmaatskappy wat dekking
tydens die
vervoer van die pensioengelde verskaf het. Hy was na bewering (en
dit is so bevind deur die Verhoorhof) die rowers se
kontak binne-in
die sekuriteitsmaatskappy.
6.6 Die
rooftog was fyn beplan en is voorafgegaan deur:
die
diefstal en roof van voertuie wat uiteindelik gebruik is deur die
rowers in die uitvoering van die rooftog;
‘
n
mislukte poging op 21 Januarie 2000 in dieselfde omgewing;
kontak
met onder andere tweede Appellant asook ene mnr Mocwiri, die
bestuurder van die pensioenvoertuig (dit is laasgenoemde wat
via sy
toesighouer die polisie van die voorgenome transitoroof van 17
Februarie 2000 ingelig het).
Dit
ly geen twyfel nie dat hierdie misdrywe, soos wat die Verhoorregter
tereg bevind het, baie ernstig van aard is – die advokate
namens
die Appellante het dit dan ook so toegegee. Hierdie was inderdaad
‘n fyn beplande rooftog waartydens die rowers nie
geskroom het om
wild en wakker op die polisie te skiet nie. Dit is heeltemal tereg
bevind deur die Verhoorregter dat hulle na
die polisie geskiet het
om dood te skiet.
Verdere
verswarende faktore is die volgende:
Die
rowers het pensioengeld buitgemaak, dus geld wat vir die behoeftiges
en minderbevoorregtes bestem was – dié aspek het hulle
vanweë
hebsug hulle glad nie aan gesteur nie.
Die
oorgrote meerderheid van hulle het honderde kilometers ver gereis
vanaf Gauteng om die roof te kom uitvoer.
Wat
aanklagte 5 en 6 (poging tot moord) aanbetref, is dit duidelik dat
hulle op die polisie geskiet het nadat die rooftog
alreeds
afgeloop
het. Hierdie faktor speel ‘n besliste rol by die vraag rakende
die sameloping van vonnisse, ‘n aspek waarmee ek tegelegenertyd
sal handel.
Die
rowers was, soos alreeds vermeld, tot die tande toe gewapen en het
nie gehuiwer om dié vuurwapens te gebruik nie.
8.1 Die
submissie namens die Appellante dat dit ‘n versagtende faktor is
dat geen onskuldige persone gedood of beseer is tydens
die voorval,
het geen meriete nie. Dit sou na my mening verregaande wees om
erkenning te verleen aan die Appellante se powere skietvernuf
of die
paraatheid van die polisie deur dit in hulle guns as strafversagtende
faktor in ag te neem.
8.2 Die
verdere submissie dat die beserings opgedoen deur van die Appellante
(nrs 3, 6, 7 en 8) as morele vergelding beskou moet word
en in ag
geneem moes word deur die Hof
a
quo
,
kan eweneens nie opgaan nie. ‘n Gewapende transito rower neem tog
bewustelik die risiko aan dat hy sy Moses mag teëkom en dat
hy
beseer (selfs gedood) mag word in die loop van sy misdadigheid. Die
Appellante se beroep op
S
v De Vries
1995(1) SASV 662(T) is heeltemal misplaas. Die feite in daardie
saak is heeltemal onderskeibaar van dié in die onderhawige
geval.
De Vries se beserings was baie ernstiger as dié in hierdie saak.
Belangriker nog – De Vries was nie ‘n slagoffer van
‘n
oor-en-weer skietery met die polisie waar die polisie in
selfverdediging opgetree het soos wat hier die geval is nie.
Eweneens
is ‘n beroep op
S
v Brand
1998(1)
SASV 296(K) misplaas, gegewe die onderskeibare feite van daardie
saak.
Die
bevoegdhede van ‘n Hof van Appél ten aansien van vonnis is nou
reeds baie duidelik uitgekristalliseer en behoef nie herhaling
hierin nie. Daar is voor ons hoegenaamd nie aangevoer deur enigeen
van die Appellante se advokate dat die Verhoorregter ‘n wesenlike
mistasting begaan het nie. Wat egter noukeurige oorweging verg is
die submissie dat die opgelegde vonnisse skokkend onvanpas is.

Hiermee saam verg die volgende betoë deeglike evaluering:
Het
die Verhoorregter ten doel gehad om die Appellante permanent uit die
samelewing te verwyder? – indien wel, was die vonnis
van
lewenslange gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis?
Het
die Verhoorregter gepoog om die effek van parool te neutraliseer
deur die swaar vonnisse wat opgelê is?
Openbaar
die vonnisse ‘n treffende verskil met dié opgelê in soortgelyke
sake?
Die
geleerde Verhoorregter het die volgende gesê ten aansien van
verwydering van die Appellante uit die samelewing:
“
Ek
is van oordeel dat die beskuldigdes mense is wat, indien nie
permanent nie, dan wel vir die grootste deel van hulle lewe uit die
samelewing verwyder moet word.”
Hy
het verder daarop gewys dat die gemeenskap vuisvoos is vir misdaad en
dat transito rowers kennis moet neem dat hulle die res van
hul lewens
of die grootste deel daarvan agter tralies mag deurbring.
Dit
is onteenseglik so dat lewenslange gevangenisstraf die mees
gepaste vonnis is waar ‘n Hof die samelewing wil beskerm teen
‘n
beskuldigde op permanente en effektiewe wyse.
Sien:
S
v Siluale en ander
1999(2) SASV 102 (HHA) te 106 i-j;
S
v Bull and another, S v Chavulla and others
2001(2) SASV 681 (HHA) te 693j – 694a.
Die
Hoogste Hof van Appél het ook al by herhaling gemaan dat dit geheel
en al onvanpas is om vonnisse op te lê wat so lank is dat
dit ‘n
beskuldigde se lewensverwagting ver oorskry, met die doel om die
verlening van parool te neutraliseer;
Sien:
S
v Mhlakaza and another
1997(1) SASV 515 (HHA) te 521g – 522h (waarin met goedkeuring
verwys word na
S
v Smith
1996(1) SASV 250(O) te 254c – 259c);
S
v Siluale en ander
,
supra
,
te 107b-c;
S
v S
1987(2)
SA 307(A) te 313 H-J.
In
S
v Mhlakaza and another
,
supra
,
het Harms AR in groot besonderhede oorweging geskenk aan lewenslange
gevangenisstraf as ‘n vonnis. Die Hoogste Hof van Appél
moes
oorweeg of vonnisse met ‘n kumulatiewe effek van 47 jaar en 38 jaar
onderskeidelik opgelê deur die Verhoorhof, gepas is.
Die
volgende belangrike aspekte word voorgehou in Harms AR se uitspraak:
Tot
‘n mate is alle vonnisse van gevangenisstraf onbepaalde termyne
van gevangenisstraf, inaggenome die moontlikhede van parool
en
remissie van vonnis (te 520f – 521d);
‘
n
Geregshof wat vonnis oplê se funksie is om ‘n maksimum termyn van
gevangenisstraf te bepaal wat ‘n beskuldigde moet uitdien;
‘n
Hof het geen beheer oor die minimum of werklike termyn wat uitgedien
word nie (te 521d-e);
Inaggenome
die voorafgaande, is ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf ‘n
vonnis wat potensieel die effek het van gevangenisstraf
vir die res
van ‘n prisonier se natuurlike lewe en ‘n vonnis van 47 jaar mag
potensieel vir die totale termyn (47 jaar) loop.
De
jure
dus,
is ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf potensieel swaarder
as een van 47 jaar (afhangende natuurlik van die beskuldigde
se
lewensverwagting) –
sien
521d-e;
Die
howe het nie die bevoegdheid om voor te skryf aan die uitvoerende
gesag oor hoe en vir hoe lank persone wat skuldig bevind en
gevonnis
is aangehou moet word nie. Eweneens mag howe nie die bevoegdhede
van die uitvoerende gesag toe-eien deur vonnisse op
te lê wat
onvanpas is nie (te 521g-i).
Die
geleerde Appélregter kom dan tot die slotsom dat, aangesien ‘n
vonnis van lewenslange gevangenisstraf gepas sou wees in daardie
saak, inmenging op appél nie geregverdig is nie, aangesien so ‘n
vonnis
de
jure
nie
ligter is as ‘n vonnis van 47 jaar of 38 jaar effektiewelik nie.
Die
advokate vir die Appellante het groot gewag gemaak van die
beslissing in
S
v Bull and another; S v Chavulla and others
2001(2) SASV 681(HHA).
Die
argument is kortliks die volgende – die misdrywe gepleeg in daardie
twee sake is aansienlik ernstiger as dié in die onderhawige
geval
aangesien daar ook meerdere skuldigbevindings aan moord ter sprake
is. Inaggenome dus dat op appél die vonnisse tersydegestel
is en
vervang is met lewenslange gevangenisstraf in die
Chavulla
-saak
en 25 jaar in die
Bull
-saak,
des te meer is inmenging op appél geregverdig
in
casu
.
Ek
is die mening toegedaan dat hierdie ietwat simplistiese benadering
die volgende heeltemal uit die oog verloor:
In
Bull
en
Chavulla
het dit primêr gegaan oor die bepalings van artikels 286A en 286B
van die Strafproseswet, wat nie die geval hier is nie.
Toe
die Verhoorhowe vonnisse opgelê het in daardie sake was die
bepalings vervat in Wet 105 van 1997, die Strafregwysigingswet,
nie
van toepassing nie. Die Hoogste Hof van Appél het dus ook nie
nodig gehad om daarmee te handel nie. Hierdie is ‘n belangrike
onderskeidende faktor in die onderhawige saak, aangesien Wet 105 van
1997 se bepalings, na my mening, ‘n ingrypende nuwe benadering
tot
vonnisoplegging ten aansien van sekere ernstige misdrywe
teweeggebring het.
In
Bull
en
Chavulla
se saak bespreek Vivier Wn AHR breedvoerig die kwessies van
lewenslange gevangenisstraf, parool en lang kumulatiewe vonnisse.
Tot
‘n groot mate bevestig hy die beginsels alreeds neergelê in die
Siluale
en
Mhlakaza
-sake
waarna ek alreeds verwys het.
Van
groot belang is die volgende
dictum
van die geleerde Regter:
“
It
is clear from the above passage in the judgment of Grosskopf JA (in
die
Siluale
-saak
te 106g-107c) that it is the possibility of parole which saves a
sentence of live imprisonment from being cruel, inhuman and
degrading
punishment” (te 695c).
14.1 Daar
is in die jongste tyd heelwat regspraak oor paroolbeleid, oor die
effek daarvan by vonnisoplegging en oor ellelange termyne
van
gevangenisstraf wat deur die Howe opgelê word met die doel om die
effek van moontlike parool te neutraliseer. Ek het alreeds
in
paragraaf 11 hierin sommige van hierdie gewysdes aangehaal.
Daarby kan gevoeg word:
S
v Tcoeib
1991(2) SASV 627 (Nm);
S
v Nkosi
1993(1) SASV 709(A) te 717;
S
v Segole and another
1999(2) SASV 115(W), veral te 125b-j;
S
v Sidyno
2001(2)
SASV 613(T) te 620h – 622i.
14.2 Na
my mening is die regsposisie nou duidelik uitgekristalliseer deur die
Hoogste Hof van Appél as volg:
Die
swaarste vonnis wat regtens huidiglik opgelê kan word is
lewenslange gevangenisstraf – dít behoort alleenlik opgelê te
word in gevalle:
waar
die vonnisoplegger se oogmerk is om die oortreder permanent uit die
samelewing te verwyder; of
dit
die minimum voorgeskrewe straf is uit hoofde van die bepalings van
Wet 105 van 1977 en daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan nie.
Alhoewel
‘n regsprekende beampte nie by vonnisoplegging sy/haar oë kan
sluit vir die praktiese effek van parool nie, is dit
‘n
onbepaalbare faktor, hoogs spekulatief van aard en behoort
derhalwe heeltemal buite rekening gelaat te word.
Aansluitend
by die voorafgaande, is dit nie geoorloof om sulke lang termyne
van gevangenisstraf op te lê om parool te neutraliseer,
wat ‘n
beskuldigde se lewensverwagting ver oorskry nie.
Daar
moet uiteindelik vir ‘n gevonnisde lig aan die einde van die
tonnel wees – as ‘n vonnis opgelê word wat geen realistiese
hoop vir die gevonnisde bied om dit ooit uit te dien nie, al
gebeur wat ook al, word die vonnis ‘n klug en hoort dit nie
in
‘n beskaafde regstelsel nie.
15.1 Ek
wend my nou na die submissies oor die aanbevelings ten aansien van
parool wat die Verhoorregter gemaak het, wat na bewering
ongeldig is.
Dit
staan vas dat ‘n geregshof nie kan
voorskryf
aan die uitvoerende gesag hoe lank ‘n gevonnisde aangehou moet word
en wanneer parool oorweeg of toegestaan kan word nie. Sien:
S
v Nkosi, (1) S v Nkosi (2), S v Mchunu
1984(4) SA 94(T) te 98-99,
S
v Mhlakaza and another
,
supra
,
te 521g-h.
15.2 ‘n
Aanbeveling is egter allermins ‘n voorskrif of lasgewing. Die
advokate kon ons na geen gesag verwys nie en ek is nie
bewus van
enige gesag tot dien effekte dat ‘n
aanbeveling
ten aansien van parool deur ‘n geregshof neerkom op toe-eiening van
‘n bevoegdheid wat by die uitvoerende gesag tuishoort en
derhalwe
ultra
vires
is nie. Die hofverslae wemel van gewysdes waar vonnisopleggers sulke
aanbevelings maak – tot my kennis is tot op hede nog nooit
met
sodanige aanbevelings ingemeng op appél nie.
‘n
Geregshof wat ‘n aanbeveling doen ten aansien van parool poog nie
om ‘n bevoegdheid uit te oefen nie. Sien
S
v Maseko
1998(1) SASV 451(T) te 459h-i waar Swart R hom soos volg uitlaat:
“
Grobbelaar
R was natuurlik bewus daarvan dat die appellant op parool uitgelaat
kon word. Ek dink nie dat hy, soos beweer, misgetas
het nie. Ek dink
nie hy wou aan die gevangenisowerhede voorskryf nie. Hy het 'n
aanbeveling gemaak, wat nie bindend is nie, maar
wat aanduidend is
van sy mening oor die verloop van tyd voordat parool oorweeg moet
word.”
Ek
vereenselwig my met respek met hierdie siening. Ek is hoegenaamd nie
oortuig dat ‘n Hof nie enige aanbevelings ten aansien
van parool
mag maak nie.
In
S
v Sidyno
,
supra
,
te 623b-f het Van der Westhuizen R die vraag oorweeg of dit
gepas is vanuit ‘n grondwetlike en juridiese oogpunt om so ‘n
aanbeveling te maak ten aansien van parool wat nie oorweeg mag word
nie vir ‘n tydperk wat 25 jaar oorskry. Die geleerde Regter
bespreek weliswaar die aangeleentheid van beide kante, maar kom nie
tot ‘n besliste antwoord nie.
Wat
van belang is, is die daaropvolgende oorweging of sò ‘n
aanbeveling enige effek het en of dit hoegenaamd in ag geneem word
(te 623g).
Met
verwysing na
S
v Segole
,
supra
,
te 125F-J kom die geleerde Regter tot die slotsom dat sò ‘n
aanbeveling wel in aanmerking geneem word, mits dit nie twee-derdes
van ‘n vonnis te bowe gaan nie en nie 25 jaar oorskry nie.
15.4 Ons
het nie die voordeel gehad van insae in die dokument waarna in
S v
Segole
verwys is nie. Mnr. Pienaar, wat namens die derde en sesde
Appellante verskyn, het aangevoer dat daar inderdaad geen statutêre
voorskrifte oor parool bestaan by die Departement van Korrektiewe
Dienste nie. Hy het aan ons opgehandig ‘n stel diensorders van
daardie Departement wat onder andere insluit kriteria vir die
oorweging van parool wat riglyne bevat ten aansien van prisoniere wat
lewenslange gevangenisstraf uitdien.
Daarvolgens
blyk dit dat sò ‘n prisonier ten minste
20 jaar
moet uitdien alvorens parool oorweeg kan word. Insiggewend verder
verskyn die volgende daarin [par. VI (1A)(22)(f)]:
“
Courts
still have the competence to stipulate a period of reviewal when
imposing a sentence, yet the recommendation does not derogate
the
competence of the Parole Boards to consider placement after 20
years”.
Meneer
Pienaar het verder ons aandag daarop gevestig dat die dokument waarna
verwys word te 695g in die
Bull-
en
Chavulla
-saak
(Kennisgewing 1222 van 1996 in Staatskoerant Nr 17386 van 30 Augustus
1996) inderdaad nie die Departement van Korrektiewe Dienste
se
vrylatingsbeleid weergee nie, maar bloot ‘n besprekingsdokument is.
Hy het hierdie Kennisgewing aan ons opgehandig en daaruit
blyk dit
inderdaad die geval is – die Kennisgewing se opskrif is:
“
VOORSTELLE
RAKENDE DIE VRYLATINGS-/UITPLASINGSBELEID VAN DIE DEPARTEMENT
(VAN KORREKTIEWE DIENSTE)” – die beklemtoning en invoeging is
myne.
Die
Kennisgewing vra dan ook kommentaar en reaksie aan op die voorstelle
daarin vervat.
16.1 Die
vraag rondom parool en paroolbeleid word verder vertroebel deur die
betreurenswaardige stand van sake van die tersaaklike
wetgewing.
Die
Wetgewer is vermoedelik deeglik bewus van die debat rondom hierdie
aangeleentheid en van die sluimerende spanning tussen vonnisopleggers
en die gevangenisowerhede.
Hierdie
vermoede is gebaseer op die feit dat die Wetgewer dit nodig geag het
om:
artikels
65(5) en (6) van die Wet op Korrektiewe Dienste, 8 van 1959, te
wysig deur die Wysigingswet op Parool en Korrektiewe Toesig,
87 van
1997; en
‘
n
nuwe wet, die Wet op Korrektiewe Dienste, 111 van 1998, op die
wetboek te plaas.
Beide
hierdie Wette bevat bepalings dat ‘n gevonnisde prisonier wat
lewenslange gevangenisstraf uitdien ten minste 25 jaar moet
uitdien
alvorens oorweging aan parool geskenk kan word (art 9(d)(v) van
Wet 87 van 1997 en art. 73(6)(b)(iv) van Wet 111 van
1998).
Die
nuwe Wet op Korrektiewe Dienste (111 van 1998) gaan verder as dit en
bepaal dat ‘n Hof moet bepaal wanneer ‘n gevonnisde
wat
lewenslange gevangenisstraf uitdien op parool vrygelaat moet word
[art 73(5)(a)(ii)].
Die
tersaaklike bepalings van Wet 87 van 1997, en van Wet 111 van 1998 is
tot op hede nog nie in werking gestel nie.
Ek
vereenselwig my respekvol met Vivier Wn AHR se opmerkings
aangaande hierdie onbevredigende stand van sake (sien 702a-3 van
die
Bull
-
en
Chavulla
-saak).
16.2 Daar
is egter ‘n verdere kompliserende verwikkeling in die alreeds
treurige stand van sake.
Die
Wysigingswet op Korrektiewe Dienste, 32 van 2001, is teen die einde
van laasjaar op die wetboek geplaas.
Artikel
27 van daardie Wet wysig verskeie bepalings van Wet 111 van 1998
(welke bepalings, soos gesê is, nog steeds nie in werking
gestel is
nie) en meer bepaald art 73(6) daarvan wat handel met vrylating
op parool. Dit is steeds nie duidelik waarom Wet
111 van 1998, of
ten minste dan die deel daarvan wat betrekking het op parool, tot op
hede nog nie in werking gestel is nie.
17.1 Ek
neem nou die opgelegde vonnisse
in
casu
onder die loep.
Die
strafverswarende faktore is alreeds uitgewys vroeër hierin. Daar is
geen noemenswaardige strafversagtende faktore wat uit die
oorkonde
blyk nie. Die belangrikste is die feit dat die eerste, tweede,
sewende en negende Appellante geen vorige veroordelings
gehad het
nie. Die Verhoorregter het dit deeglik in ag geneem en het ‘n
onderskeid getref tussen hulle en die ander Appellante
wat wel vorige
veroordelings gehad het. Dié onderskeid word dan ook weerspieël in
die vonnisse. Die vorige veroordelings van
die derde, vierde, sesde
en agste Appellante is in ag geneem by die vonnis wat opgelê is op
aanklag vier (die transitoroof) asook
by die aanbeveling ten aansien
van parool.
Die
vonnisse wat opgelê is is gewis baie swaar. Daar is nie voor ons
deur enige van die Appellante se advokate aangevoer dat
die
individuele vonnisse self te swaar is nie. Daar is eerder
gesubmitteer dat die vonnisse kumulatief beskou, heeltemal té
swaar en skokkend onvanpas is. Mnr Muhlohlonyi het as alternatief
aan ons voorgehou dat lewenslange gevangenisstraf vir al die
aanklagte tesame meer gepas sou wees. Ek meen nie dat dít die
aangewese weg is om te volg nie. Myns insiens was dit nie die
Verhoorregter se oogmerk om die Appellante permanent uit die
samelewing te verwyder nie.
‘
n
Verdere aspek wat nou oorweging verg is of minimum vonnisse soos
voorgeskryf in Wet 105 van 1997 kan saamloop met ander vonnisse
(wat ‘n ander minimum vonnis kan insluit). Die advokate is dit
almal eens dat daar regtens geen sodanige beletsel daarteen
bestaan
nie.
Ek
is die mening toegedaan dat hierdie konsensusposisie die korrekte een
is. Dit is opvallend dat artikel 51(5) van Wet 105 van
1997
uitdruklik die opskorting van enige vonnis of deel daarvan opgelê
ingevolge artikel 51 verbied.
Artikel
51(4) bepaal dat ‘n vonnis opgelê ingevolge artikel 51, bereken
word vanaf die datum van die vonnis – hierdeur word
die
terugdatering van vonnisse uitdruklik belet (die vindingryke argument
van mnr Hugo dat dié subartikel ten doel sou hê
dat alle
minimum vonnisse vanaf datum van vonnisoplegging begin loop en dus
die bepalings van art 280(2) van die Strafproseswet
“
neutraliseer
”,
is heeltemal sonder meriete).
Daar
kom egter geen sodanige verbod teen sameloping van vonnisse voor nie.
Indien die Wetgewer bedoel het dat minimum vonnisse nie
mag saamloop
nie, sou die Wetgewer dit tog uitdruklik gesê het.
Ek
is van mening dat die stelreël “
expressio
unius est exclusio alterius”
aanwending vind hier. Hierdie stelreël moet weliswaar met
versigtigheid toegepas word.
Sien:
South
African Roads Board v Johannesburg City Council
1991(4) SA 1(A) te 16G.
Dit
verskaf myns insiens egter minstens ‘n
prima
facie
-aanduiding
dat die Wetgewer sò ‘n verbod op sameloping nie wou uitgesluit het
nie.
Sien:
R
v Vlotman
1912 AD 136
te 141;
Hlatswayo
and others v Hein
1999(2) SA 834(LCC) te 837 F-G.
Verdere
steun vir hierdie siening is te vinde in die gevestigde beginsel by
wetsuitleg dat by uitleg van ‘n latere Wet dit nie die
wetgewer se
bedoeling is om vroeëre wette te herroep of te wysig nie – sò ‘n
herroeping of wysiging moet
uitdruklik
geskied of by wyse van
noodsaaklike
implikasie
.
Sien:
LC Steyn:
Die
Uitleg van Wette
,
5de uitgawe te 99-100 en te 189.
GE
Devenish:
Interpretation
of Statutes
(1992) te 159-161.
Gevolglik
kan aanvaar word dat die bepalings vervat in Wet 105 van 1997 nie die
bepalings van art 280(2) van die Strafproseswet
ten aansien van
die sameloping van vonnisse herroep of gewysig het nie.
Die
kumulatiewe vonnisse
in
casu
wissel van 53 jaar tot 84 jaar. Die effektiewe vonnisse,
inaggenome die effek van die sameloping van vonnisse soos gelas
deur
Buys R, wissel van 43 jaar tot 56 jaar.
Alhoewel
daar meriete is in mnr De Nysschen, wat vir die Staat verskyn, se
betoog dat lewensverwagtinge nie bepaalbaar is deur toepassing
van
eksakte wetenskaplike beginsels nie, meen ek tog dat dit ‘n faktor
is wat ons in aanmerking behoort te neem. Tewens, dit blyk
uit van
die gewysdes waarna ek alreeds verwys het, dat dit deeglik in ag
geneem behoort te word. Die vonnisse, selfs die effektiewe
termyne,
oorskry die lewensverwagtinge van al die Appellante voor ons.
Ek
is die mening toegedaan dat die vonnisse te swaar is en dat inmenging
op appél geregverdigd is.
Ek
kom tot hierdie slotsom primêr aan die hand van rigtinggewende
beslissings hierinvantevore aangehaal, veral dié van die Hoogste
Hof
van Appél.
Ek
is die mening toegedaan dat die vonnisse getemper behoort te word
deur sameloping van die vonnisse op aanklagte 4 en 9 waar daar
minimum vonnisse betrokke is (daar is nie namens die Appellante
aangevoer dat Buys R gefouteer het deur te bevind dat daar geen
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan nie).
Ek
het vroeër hierin (sien par 7(c) hiervan) melding gemaak van die
feit dat wat aanklagte 5 en 6 (poging tot moord) aanbetref,
daar op
die polisie geskiet is
nadat
die transitoroof (aanklag 4) reeds afgeloop het.
Daar
is, met ‘n beroep op
S
v Belelie 1997(2) SASV 79(W)
deur mnr Hugo in sy betoogshoofde aan die hand gedoen dat, deur nie
te gelas dat die vonnisse op die poging tot moord klagtes (5
en 6)
saamloop met dié op die transitoroof klagte (4) nie, het Buys R
as’t ware ‘n verdubbeling van straf laat plaasvind.
Hierdie
submissie het geen meriete nie – in die
Belelie
-saak
het die poging tot moord plaasgevind
tydens
die rooftog (sien 80 a-b van daardie uitspraak waar Labe R
die tersaaklike feite uiteensit). Die feite in die onderhawige
geval
is, soos ek alreeds uitgewys het, totaal en al onderskeidbaar –
nadat die roof afgeloop het en die rowers alreeds in besit
was van
hul buit, het die skietgeveg met die polisie op twee verskillende
plekke ontstaan.
In
sulke omstandighede is daar na my mening geen aanvaarbare basis
waarop sameloping gelas kan word nie.
Vergelyk:
S
v Maraisana and another 1992(2) SASV 507(A)
.
Aan
die ander kant en juis op dieselfde basis, meen ek dat dit vanpas sou
wees om die vonnisse op aanklag 4 (transitoroof) en
9 (onwettige
besit van ‘n masjiengeweer) te laat saamloop – die masjiengeweer
was gebruik in die uitvoering van die transitoroof.
Hierdie
was ‘n baie ernstige voorval, soos blyk uit die feite hierin
uiteengesit. Ek meen dat dit een van daardie uitsonderlike
gevalle
is waar ‘n Hof geregtig is om ‘n aanbeveling te maak ten
aansien van ‘n minimum termyn van gevangenisstraf wat
eers
uitgedien moet word alvorens parool oorweeg kan word.
Sien:
S
v Sidyno
,
supra
,
te 624h.
Die
minimum termyne moet uiteraard aangepas word ooreenkomstig die
aanpassing van die effektiewe vonnisse, gegewe die beslissing
oor
sameloping van die vonnisse op aanklagte 4 en 9. Soos aanvanklik
versoek deur mnr. Muhlohlonyi oefen ons ons inherente
hersieningsbevoegdheid uit ten aansien van die Eerste Appellant se
vonnisse.
In
die omstandighede sou ek die vonnisse van die eerste, derde, vierde,
sesde, sewende, agste en negende Appellante tersydestel en
vervang
met die volgende:
EERSTE
APPELLANT
Aanklag
1
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 20
(twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
1 en 2
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Eerste Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 36 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Eerste Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het
nie.
DERDE
APPELLANT
Aanklag
1
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 25
(vyf-en-twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
1 en 2
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Derde Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 41 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Derde Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het nie.
VIERDE
APPELLANT
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
3
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 25
(vyf-en-twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
2 en 3
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Vierde Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 41 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Vierde Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het
nie.
SESDE
APPELLANT
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 24
(vier-en-twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Sesde Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 40 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Sesde Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het nie.
SEWENDE
APPELLANT
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 20
(twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Sewende Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 36 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Sewende Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het
nie.
AGSTE
APPELLANT
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 25
(vyf-en-twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Agste Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 41 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Agste Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het nie.
NEGENDE
APPELLANT
Aanklag
2
: 6
(ses) jaar gevangenisstraf
Aanklag
4
: 20
(twintig) jaar gevangenisstraf
Aanklag
5
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
6
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
7
: 7
(sewe) jaar gevangenisstraf
Aanklag
9
15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Aanklag
10
: 5
(vyf) jaar gevangenisstraf
Ingevolge
art 280 van die Strafproseswet word dit gelas dat die vonnisse op die
volgende aanklagte gelyktydig uitgedien word:
Aanklagte
5 en 6
Aanklagte
4, 7, 9 en 10
Die
Negende Appellant word dus ‘n effektiewe vonnis van 36 jaar
gevangenisstraf opgelê.
Dit
word aanbeveel dat die Negende Appellant nie vir parool oorweeg word
alvorens hy 20 jaar van die gevangenisstraf uitgedien het
nie.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so beveel.
________________
JC
VAN DER WALT
REGTER
Ek
stem saam.
__________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANTE 1 EN 4: ADV MM MUHLOHLONYI
NAMENS
APPELLANTE 3 EN 5: ADV J LE F PIENAAR
NAMENS
APPELLANTE 7, 8 EN 9: ADV DP HUGO
NAMENS
RESPONDENT: ADV JM DE NYSSCHEN
DATUM
VAN VERHOOR: 4 MAART 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK: 9 SEPTEMBER 2002