S v Witbooi (503/2002) [2002] ZANCHC 25 (5 September 2002)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Offences against Correctional Services — Illegal entry into prison — Accused found guilty of entering a prison unlawfully by climbing over a wall; sentenced to 24 months imprisonment, with half suspended for 5 years. — Legal issue concerns the appropriateness of the sentence given the nature of the offence and the absence of evidence of harm caused. — Court held that the sentence was shockingly inappropriate and reduced it to 12 months imprisonment, with 6 months suspended for 5 years, emphasizing the lack of evidence of malicious intent or harm.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 25
|

|

S v Witbooi (503/2002) [2002] ZANCHC 25 (5 September 2002)

6
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hersieningsnr:
428/02
Saaknr: 503/2002
Datum
gelewer:
2002-09-05
In
die hersieningsaak van
:
DIE STAAT
versus
FRANS
WITBOOI
BESKULDIGDE
Coram:
MAJIEDT R
et
LACOCK R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Ek
het redes vir die opgelegde vonnis versoek van die landdros hierin
en hy het volledige redes verskaf.
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan ‘n oortreding van art 122(a)
van die Wet op Korrektiewe Dienste, Wet 111 van 1998 (“
die
Wet
”)
deurdat hy van buite af oor ‘n muur by die gevangenis ingeklim
het. Hy is ‘n vonnis van 24 maande gevangenisstraf opgelê
waarvan die helfte (12 maande) opgeskort is vir ‘n tydperk van 5
jaar op bepaalde voorwaardes.
Die
landdros beklemtoon in sy redes die strafbepaling by art 122
van die Wet waarvolgens ‘n skuldigbevinding strafbaar is
met ‘n
boete, of by wanbetaling daarvan met gevangenisstraf vir ‘n
tydperk van hoogstens 4 jaar of met sodanige gevangenisstraf
sonder
‘n keuse van ‘n boete of beide sodanige boete en sodanige
gevangenisstraf. Na sy mening is “
dit
duidelik dat die Wetgewer ‘n oortreding van hierdie aard in ‘n
baie ernstige lig beskou – vandaar die hoër jurisdiksie
wat ‘n
landdroshof verleen word in die Wet
.”
Verder wys die landdros daarop dat hy kennis geneem het van die
beskuldigde se vorige veroordelings (3 waarvan ressorteer
onder die
Dwelmwet) en “
moet
die Hof noodwendig wonder of hierdie onwettige betreding nie ook
verband hou met verskaffing van dwelmmiddels aan gevangenes
nie
”.
Daarbenewens het die landdros inaggeneem dat gevangenes onder
beheer van die Staat verkeer en dat aangesien hier toegang tot
‘n
vrouegevangene verkry is, die Staat verantwoordelik gehou sou word
indien ‘n vrouegevangene byvoorbeeld verkrag, aangerand
of selfs
vermoor sou word.
Die
landdros se beklemtoning van die strafbepaling hou selektief buite
rekening die feit dat die betrokke bepaling ook voorsiening
maak vir
‘n boetestraf. Dit impliseer eweneens dat die Wetgewer ook voor
oë gehou het die feit dat daar grade van betreding
mag wees met
bepaalde gevolge. In die onderhawige geval is daar hoegenaamd geen
getuienis oor enige skade of ander moles veroorsaak
deur die
beskuldigde binne die gevangenis nie. Dit moet nie uit die oog
verloor word nie dat die Staatsaanklaer dit goed geag
het om die
beskuldigde se pleit asook die basis daarvan soos vervat in die
art 112(2)-pleitverduideliking, te aanvaar. Daarvolgens
wou
die beskuldigde bloot met die vroumense in die gevangenis gesels.
Dit is derhalwe na my mening blote ongegronde spekulasie
wanneer die
landdros aandui dat hy
wonder
of
die onwettige betreding nie ook verband hou met die verskaffing van
dwelmiddels aan die gevangenes nie.
Die
landdros neem tereg in ag die feit dat gevangenes onder die beheer
van die Staat verkeer en dat hulle veiligheid aan die Staat
toevertrou is. Weereens egter is daar geen getuienis byvoorbeeld
dat die betreder/beskuldigde gewapen was of met onedele motiewe
die
gevangenis betree het nie.
Dit
is weliswaar so dat die beskuldigde ‘n redelik indrukwekkende
misdaadrekord het (5 vorige oortredings in die voorafgaande
10
jaar), maar meen ek dat die vonnis wat opgelê is skokkend onvanpas
is, gegewe die feite en omstandighede van hierdie saak.
Ek is van
mening dat daar heeltemal te veel klem gelê is op die feit dat die
Wetgewer ‘n vonnis van tot soveel as 4 jaar gevangenisstraf
voorskryf. Soos ek alreeds aangetoon het, het die landdros
verkeerdelik die strafbepalings selektief gelees. Hierdie is, na my
mening, een van die minder ernstige gevalle van betreding in ‘n
gevangenis wat ‘n mens jou kan voorstel en regverdig dit nie
die
opgelegde vonnis nie.
Na
my mening sal ‘n halvering van die opgelegde vonnis ‘n meer
gepaste vonnis wees.
Die
beskuldigde se skuldigbevinding word gevolglik bekragtig maar die
vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
8.1
12
(twaalf) maande gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande
gevangenisstraf opgeskort word vir ‘n tydperk van 5 (vyf) jaar op
voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan ‘n
oortreding van artikel 122(a) van Wet 111 van 1998 gepleeg gedurende
die
tydperk van opskorting nie en waarvoor die beskuldigde gevonnis
word tot gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete.
8.2
Ingevolge
die bepalings vervat in art. 282 van die Strafproseswet 51 van
1977 word die vonnis terugdateer na 17 Julie 2002.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
HJ
LACOCK
REGTER