About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 24
|
|
Van Heerden and Others v Senwes Beperk (1625/99, 1939/99) [2002] ZANCHC 24 (4 September 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Datum
verhoor
: 26
Augustus â 4 September 2002
Datum
gelewer
:
4
September 2002
In
die saak van:
JAN
VAN HEERDEN & SEUNS BK
Eiser
in saaknr 1635/99
CHARLES
JOHANNES ENGELBRECHT
Eiser
in saaknr 1643/99
LOUIS
JACOBUS FOURIE
Eiser
in saaknr 1664/99
CHARLES
HENRY DU PREEZ MARTINSON
Eiser
in saaknr 1715/99
TIELMAN
CHRISTIAAN LODEWIKUS MEYER
Eiser
in saaknr 1716/99
SUSANNA
KATHERINA OTTO N.O.
Eiser in saaknr 1724/99
PETRUS
PAULUS VAN EEDEN VAN WYK
Eiser in saaknr 1737/99
versus
SENWES
BEPERK
Eerste
Verweerder
SENWESBEL
Tweede
Verweerder
VAALHARTS
KOöPERASIE BEPERK
Derde
Verweerder
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
IN AANSOEK OM UITSTEL
MAJIEDT
R:
Die
Eisers doen aansoek vir ân uitstel van hierdie saak omdat dit
deelsverhoord is. Die verhoor is ter rolle geplaas vir 5 weke
en
ons is nou in die 2de week van die voormelde 5 weke. Die aansoek
berus hoofsaaklik op twee gronde te wete:
dat
ân sleutelgetuie vir die Eiser, Mnr DE Collett wat tans onder
kruisverhoor is en alreeds vier dae in die getuiebank deurgebring
het, ongesteld is tot die mate dat hy nie in die afsienbare toekoms
hof kan bywoon nie en nie die Eisers kan bystaan nie.
Dat
die Verweerders, teenstrydig met hul verweerskrif, ân gewysigde
verweerskrif by wyse van ân deskundige opsomming ingevolge
Reël 36(9)(b) en deur kruisondervraging van die getuie
Collettt ân wesenlike element van die Eisers se saak wat gegrond
is op onregverdige verryking, in geskil geplaas het, met die gevolg
dat die Eisers verdere deskundige getuienis moet bekom, wat
noodwendig ân uitstel sal noodsaak.
Die
Verweerders bestry die aansoek hoofsaaklik op twee gronde, te wete:
dat
die Eisers nie toelaatbare getuienis voor my geplaas het waarop ek
tot ân bevinding kan kom dat Collett wel ongesteld is
tot die
mate dat hy nie die hofverrigtinge kan bywoon nie, en
dat
die pleitstukke inderdaad weergee dat die Verweerders die wesenlike
element van verarming/verryking in geskil plaas vir soverre
dit die
Eisers se eisoorsaak van onregverdige verryking aangaan.
â
n
Volledige stel eedsverklarings is voor my geplaas in hierdie
aansoek. Dit is ongetwyfeld so dat hierdie ân komplekse,
omvangryke
saak is met verrykende implikasies vir die onderskeie
partye hiertoe. Dit is verder van belang om daarop te let dat
hierdie saak
voor my wat gekonsolideerde aksie van ses verskillende
eise teen die Verweerders is, in sommige kringe beskou word as 'ân
toetssaak
vir ongeveer 160 ander hofgedinge wat tans hangende is en
waar ten minste die Eerste en Tweede Verweerders betrokke is.
â
n
Nuttige samevatting van die regsbeginsels wat in oorweging van ân
aansoek soos hierdie onderlê, word gevind in
Myburgh
Transport v Botha t/a SA Truck Bodies
1991(3)
SA 310 (NMSC) te 314 F â 315 J. Vir soverre dit hierdie
onderhawige aansoek aanbetref is die regsbeginsels
wat beklemtoning
verdien die volgende:
dat
ek ân diskresie het om die aansoek toe te staan of te weier en
sodanige diskresie moet regterlik uitgeoefen word;
â
n
hof moet slegs in uitsonderlike omstandighede ân aansoek vir
uitstel van ân saak weier waar die ware rede vir ân party
se
onvermoë om voort te gaan ten volle verduidelik is en waar
sodanige onvermoë nie te wyte is aan ân sloertaktiek nie
en
mits belange van geregtigheid vereis dat die saak uitgestel moet
word.
â
n
Hof moet die benadeling wat ân Respondent in so ân aansoek sal
toeval indien die aansoek vir uitstel toegestel word, opweeg
teenoor die benadeling teenoor die Applikant as die aansoek
afgewys sou word.
Volgens
die Eisers se funderende stukke het die getuie Mnr Collett, volgens
die waarneming in prokureur Brits se eedsverklaring,
teen Donderdag
laas week ongesteld begin voel en teen Vrydagoggend het Mnr Collett
gekla van duiselikheid en dubbele visie. ân
Plaaslike geneesheer,
Dr Booyens, wat Mnr Collett ondersoek het, het griep en koors
by hom gediagnoseer. ân Mediese sertifikaat
indiervoege is
voorgelê aan my, op my versoek aangesien dit verlê was op die
stadium toe die aansoek gebring was. Mnr Collett
het toe ân
internis te Pretoria, ân Dr Kok geraadpleeg op Saterdag 31
Augustus en die internis het hom verwys vir verdere ondersoeke,
ondermeer ân neurologiese ondersoek.
Die
Eisers voer aan dat Collett ân sleutelgetuie is, dat sy
aanwesigheid en kundige advies noodsaaklik is vir die voorbereiding
en verdere voer van hulle saak en dat hy inderdaad onmisbaar is in
die verrigtinge vir sover wat dit hulle aanbetref.
Die
Verweerders betwis nie die feit dat Collett inderdaad ân
sleutelgetuie vir die Eisers is nie. Hulle maak egter kapsie teen
die feit dat die Eisers se aansoek feitlik uitsluitlik wat Collett
se gesondheidstoestand aanbetref, op hoorsê-beweringe berus.
Ek is
versoek om hierdie hoorsê-beweringe nie toe te laat as getuienis
nie en bygevolg die aansoek alreeds op daardie grond van
die hand te
wys.
Ek
het alreeds vroeër in hierdie verrigtinge ân voorlopige reëling
gemaak aangaande beswaar oor getuienis wat onder kruisondervraging
ontlok is aangaande die waardasie van die Eiser, Engelbrecht, se
ledeheffingsfondse ten tyde van die transaksie tussen die Derde
en
Eerste Verweerders gedurende November en Desember 1996. Soos ek toe
aangedui het is daardie ân voorlopige reëling en het
bondige
voorlopige redes daarvoor verskaf. Dit is ân aangeleentheid wat
tegelegenertyd weer oorweging sal moet geniet. Die
feit dat die
Eisers hierdie aspek weer te berde bring as die tweede been vir
hulle aansoek vir ân uitstel beteken in effek dat
ek uitgenooi
word om hierdie voorlopige reëling alreeds nou in heroorweging te
bring. Dit is na my mening onwenslik en, gegewe
die gevolgtrekking
waartoe ek hierin gekom het betreffende die eerste been van die
Eisers se aansoek vir uitstel, is dit ook nie
nodig om dit nou weer
onder die loep te neem nie.
Dit
is inderdaad so, en die Eisers by monde van Mnr De Bruin, het dit
geredelik toegegee, dat die beweringe aangaande Collett se
gesondheidstoetstand grootliks, indien nie geheel en al nie, berus
op hoorsê. Die Eisers voer aan dat ek die hoorsê getuienis
behoort toe te laat omrede:
hiedie
aansoek as een van dringendheid gebring is en hoorsê beweringe in
dringende aansoeke toegelaat word onder sekere omstandighede
(sien
Erasmus,
Superior
Court Practice
,
te B1-54); en
dat
ek my diskresie behoort uit te oefen ingevolge die bepalings
vervat in art 3(1)(c) van die Wysigingswet op die Bewysreg,
Wet 45 van 1988.
Die
voormelde artikel verleen aan my ân diskresie om hoorsê getuienis
toe te laat indien ek van oordeel is dat dit in die belang
van
geregtigheid toegelaat behoort te word. Ek moet die volgende
faktore onder andere in aanmerking neem:
die
aard van die verrigtinge;
die
aard van die getuienis;
die
doel waarvoor die getuienis aangebied word;
die
getuieniswaarde van die getuienis;
die
rede waarom die getuienis nie afgelê word deur die persoon van
wie se geloofwaardigheid die getuieniswaarde afhang nie;
die
moontlikheid van benadeling;
enige
ander tersaaklike faktor.
Ek
oorweeg vervolgens die onderskeie faktore afsonderlik:
11.1
Aard
van die verrigtinge
.
As uitgangspunt moet vermeld word dat hoorsê getuienis in wese
steeds onbetroubaar bly. Soos dit in
S
v Ramavhale 1996(1) SASV 639(A)
te 650 a aangemerk is: â
But
the facts of life do not simply vanish at the flourish of a
legislators pen. Hearsay evidence was long recognised to be
unreliable
and continues to tend to be soâ
.
Schmict,
Bewysreg
,
4de uitg. te 477
lug die mening dat howe meer geredelik die betrokke artikel sal
toepas in siviele as in strafsake. Ek is
ad
idem
met die geleerde skrywer oor hierdie aspek.
In
casu
is ons besig met ân lang, komplekse siviele verhoor en die
getuienis van ân sleutelgetuie wie se getuienis baie duidelik die
hoeksteen vorm van die Eisers se saak.
11.2
Die
aard van die getuienis
.
Hierdie faktor handel oor die betroubaarheid al dan nie van die
hoorsê getuienis. Faktore wat hier ter sake is, is die volgende:
Die
verhouding, indien enige tussen die afwesige getuie en die ander
partye. Van belang hier is dat die Verweerders in hulle
beantwoordende eedsverklaring daarop gewys het dat die internis,
Dr Kok, ân direkteur is van Landbou Lex, ân organisasie
wat
klaarblyklik ân kampanje voer teen ten minste die Eerste en
Tweede Verweerders. Daar is ân suggestie dat ân indirekte
verbintenis tussen Collett en Landbou Lex ook alreeds in die
getuienis gevestig is wat deur Collett afgelê is. Hierdie is
ân
faktor wat ek in ag neem, alhoewel my mening van minder belang is.
Die
moontlikheid van ân motief om vals bewerings te maak â hierdie
aspek hang saam met die aspek vermeld in (a) hierbo en
kom ek tot
dieselfde gevolgtrekking as voorheen.
Die
spontaneïteit van die uiting en of dit sonder enige spesifieke
doel voor oë gemaak is, die aspek is nie tersake in die
onderhawige geval nie.
Die
omstandighede waaronder die afwesige getuie die bewerings gemaak
het. Beide geneeshere het die getuie medies ondersoek
en het
hulle mediese verslae voor die Hof gedien.
Die
afwesige getuie se reputasie vir eerlikheid. Ek is nie in staat
om op die stukke voor my enige bevinding teen die betrokke
getuies, Drs Booysen en Kok te maak nie en is ek ook nie versoek
om so te doen nie.
Die
tydsverloop tussen die gebeurtenis waaroor die bewerings handel en
die uiting daarvan aan die getuie wat getuie oor die
hoorsê. Dit
is duidelik dat prokureur Brits die mededelings wat hy skriftelik
ontvang het, dadelik voor die Hof geplaas het
in sy
eedsverklaring.
Die
manier waarop die inligting oorgedra is (d.w.s. mondeling of
skriftelik).
In
casu
het ons twee skriftelike mediese verslae van twee geneeshere, een
van hulle ân spesialis/internis. In
Mnyama
v Gxalaba 1990(1) SA 650(K)
het
Conradie R (soos hy toe was) die problematiek verbonde aan die
akkurate herroep van mondelinge medelings uitgewys. Dit
is
onteenseglik so dat mondelinge, eerder as skriftelik mededeling
meer geredelik deur howe toegelaat sal word in hierdie
omstandighede.
11.3
Die
doel waarvoor die getuienis aangebied word
.
Daar is ân verskil in benadering ten aansien van hierdie aspek
deur sommige van ons howe.Aan die een kant word die standpunt
gehuldig dat hoorsê getuienis oor ân sentrale aspek van ân saak
minder geredelik toegelaat behoort te word as getuienis i.v.m.
ân
kollaterale aangeleentheid. Sien ondermeer:
Hlongwane
v Rector St Francis College 1989(3) SA 319 (D); Hewen v Curie NO
1993(3) SA 233 (T).
In
S v Mpofu
1993(2) SASV 109(N)
te
116 i verskil Alexander R egter van die standpunt en verklaar as
volg: â
So
far as the purpose for which the evidence is tendered I cannot, with
respect, agree that the importance of the evidence is an aspect
???
against his admission. Evidence that is otherwise relevant, should
not depend for its reception on its importance in the case.
If the
evidence saught to be lead carries the hallmark of truthfulness and
reliability, then its reception is doubtless justifiedâ.
Ek is dit eens met
Schmidt,
Bewysreg
,
4de uitgawe
te 479 dat die laasvermelde standpunt ondersteun behoort te word. As
die getuienis relevant is en al slaan dit ook op ân sentrale
aspek
van die saak soos wat in die onderhawige geval wel is, behoort dit
toegelaat te word as die ontvangs daarvan geregverdig is.
11.4
Die
getuieniswaarde van die getuienis
.
As die getuienis relevant is, is dit toelaatbaar en derhalwe moet
die aangebode hoorsê getuienis ook die toets van relevantheid
slaag.
Die partye voor my is
ad
idem
dat hoorsê getuienis aangaande Collett hoogs relevant is.
11.5
Die
rede waarom die getuienis die afgelê word deur die persoon van wie
se geloofwaardigheid die getuieniswaarde afhang nie
.
In die onderhawige geval is die getuie Kok in Pretoria en nie
geredelik beskikbaar nie. Dit is so dat Dr Booyens ân plaaslike
geneesheer en is daar aansienlike meriete in die betoog namens die
Verweerder dat ân eedsverklaring ten minste van hom verkry kon
gewees het. Ek neem ook hierdie faktor in ag.
11.6
Die
moontlikheid van benadeling
.
Die mediese verslae vorm ongetoetse getuienis voor my. Daarmee saam
moet egter inaggeneem word dat die prokureur Brits se waarnemings
dat
Collett sigbaar ongesteld vir hom as leek voorgekom het Vrydagoggend,
30 Augustus 2002, hoegenaamd nie betwis is deur die Verweerders
nie.
11.7
Enige
ander faktore wat die Hof in ag mag neem
.
Ek ondersteun die volgende siening uiteengesit in
Hewen
v Courie
supra
waarna ek alreeds verwys het: â
Section
3(1)(c) requires the Court, in the excercise of its discression, to
have regard to the collective and interrelated effect
of all the
considerations set out in paragraphs 1-6, also to any other factor to
the opinion of the Court be taken into accountâ
.
ân Faktor wat ek bykomend inagneem, is dat die Eisers baie min tyd
gehad het om die aansoek vir uitstel voor te berei. Bowendien
moes
dit oor ân naweek geskied, met inagneming van die logistieke
probleme veroorsaak deur die feit dat die Eisers se
regsverteenwoordigers
in Bloemfontein was, die geneeshere Booyens en
Kok onderskeidelik in Kimberley en Pretoria, en die Eisers grootliks
in die Hartswater
omgewing woonagtig is. Die faktor van tyd is onder
andere inaggeneem deur Navsa R (soos hy toe was) in
Van
Zyl v Jonathan Ball Publishers Pty (Ltd) 1999(4) SA 571 (W)
te
590 D, die geleerde Regter in sy diskresie hoorsê getuienis
toegelaat het.
Alles
inaggenome dus, en gegewe die kritieke belangrikheid vir die Eisers
se saak van die getuienis van Collett en die omvangrykheid
van sy
getuienis soos duidelik blyk uit die oorkonde en sy deskundige
verslae met aanhangsels, is ek die mening toegedaan dat belange
van
geregtigheid vereis dat ek die hoorsê getuienis van die Eisers se
funderende stukke behoort toe te laat. Bygevolg dus is
ek tevrede
dat met ân oorwig van waarskynlikhede die Eisers substantieel
benadeel sal word indien ek nie hulle aansoek vir ân
uitstel
toestaan nie vanweë Collett se ongesteldheid.
Wat
koste aanbetref meen ek dat die Eisers die Hof ân vergunning vra
en dat die geykte reël passing behoort te vind naamlik dat
selfs al
is dit buite ân Eiser se beheer dat sy getuie onsteld word tydens
die verrigtinge, nog steeds die koste van ân aansoek
vir uitstel
behoort te dra. Verder is ek die mening toegedaan dat die
Verweerders heeltemal geregtig was om hierdie aansoek te
bestry,
gegewe die feit dat die Eisers grootliks van hoorsê getuienis
gebruik gemaak het in hulle funderende eedsverklaring ter
ondersteuning van die aansoek.
Die
kwessie van die verkwiste koste meegebring deur die uitstel in die
saak staan egter op ân ander been. Ek meen dit sal raadsaam
wees
om dié aspek oor te laat staan tot aan die einde van die verhoor
wanneer dit baie duideliker sal wees of die Eisers behoorlik
voorbereid was vir die verhoor gegegewe die stand van die
pleitstukke en inaggenome enige verdere reëling of bevel wat ek mag
maak aangaande die kwessie van die waardasie van die
ledeheffingsfondse van die Eisers tydens die transaksie.
Ek
reik gevolglik die volgende bevel uit:
15.1 Die
Eisers se aansoek word toegestaan en die saak word
sine
die
uitgestel.
15.2 Die
Eisers word gelas om gesamentlik en afsonderlik die koste van die
aansoek te betaal op ân bestrede basis, welke koste sal
insluit die
koste van twee advokate.
15.3 Die
aspek van die verkwiste koste meegebring deur die uitstel van die
saak sal oorstaan vir beregting aan die einde van die verhoor.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS
EISERS
Adve
JP de Bruin SC en AJR Van Rhyn i.o.v. Haarhoffs Ing., Kimberley
NAMENS
VERWEERDERS 1, 2, EN 3
Adve
Smallberger SC en JP Vorster SC i.o.v. Van de Wall & Vennote,
Kimberley
DATUMS
VAN VERHOOR:
18
â 20 FEBRUARIE 2002; en
26 AUGUSTUS â 4
SEPTEMBER 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK:
4
SEPTEMBER 2002