S v Mbatha and Another (CA & R 55/02) [2002] ZANCHC 23 (2 August 2002)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Identification — Reliability of identification evidence — Appellants convicted of aiding in the unlawful removal of prisoners from custody — First appellant acquitted on grounds of insufficient identification evidence; second appellant’s identification confirmed by multiple witnesses — Court emphasizes the need for caution in identification procedures and the potential for reasonable doubt in the first appellant's case — Conviction of second appellant upheld due to strong identification evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 23
|

|

S v Mbatha and Another (CA & R 55/02) [2002] ZANCHC 23 (2 August 2002)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA
& R 55/02
Datum
verhoor: 2002-07-29
Datum
gelewer:
2002-08-02
In
die appél van
:
SIBUSISO
MESHACK MBATHA EERSTE APPELLANT
THULANI
PATRICK NHLEKO TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
VAN
DER WALT R
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK OP
APPéL
MAJIEDT
R:
Die
Appellante het tesame met twee ander beskuldigdes in die Streekhof
tereg gestaan op ‘n hoofaanklag van regsverydeling sowel
as drie
alternatiewe aanklagte onder die Wet op Korrektiewe Dienste (Wet 8
van 1959). Die eerste beskuldigde is oorlede voor die
aanvang van
die verhoor, terwyl die tweede beskuldigde ontslag gekry het na die
Staatsaak. Beide Appellante is skuldig bevind
op die hoofaanklag
soos voormeld en is gevonnis tot 7 en 9 jaar gevangenisstraf
onderskeidelik. Hulle kom albei in hoër beroep
teen die voormelde
skuldigbevindings en vonnisse.
Daar
is voor ons ook ‘n aansoek vir kondonasie van die laat indiening
van die Appellante se betoogshoofde. Namens die Appellante
het die
korrespondent-prokureur, Mnr Janse van Vuuren, ‘n eedsverklaring
geliasseer waarin hy verduidelik dat dit vanweë ‘n
oorsig aan sy
kant te wyte is dat die betoogshoofde laat ingedien is. Hierdie
verduideliking het maar baie min om die lyf, maar
het ons dit goed
geag om die Appellante ‘n geleentheid te bied om die meriete van
die appél te beredeneer ten einde te bepaal
of daar redelike
vooruitsigte op sukses is. Sò ‘n bevinding sal deurslaggewend
wees ten aansien van die aansoek van kondonasie
voor ons. Dit is
egter nodig om weer eens praktisyns daaraan te herinner dat
kondonasie nie maar bloot outomaties volg nie, selfs
al is daar
redelike vooruitsigte op sukses wat die meriete van ‘n appél
betref. In
Saloojee
and another NNO vs Minister of Community Development 1965(2) SA
135(A)
te 141 C het Steyn HR as volg gewaarsku:
“
There is a
limit beyond which a litigant cannot escape the results of his
attorney's lack of diligence or the insufficiency of the
explanation
tendered. To hold otherwise might have a disastrous effect upon the
observance of the Rules of this Court. Considerations
ad
misericordiam should not be allowed to become an invitation to
laxity.”
Vergelyk
ook:
S
v Mohlathe 2000(2) SASV 530 (HHA)
te
536.
Regspraktisyns
moet deeglik kennis neem van hierdie gesag en moet aansoeke vir
kondonasie behoorlik voorberei soos neergelê in die
voormelde
gewysdes asook in:
Melane
v Santam Insurance Company Ltd 1962(4) SA 531 (A)
te
532 C.
Ek
wend my nou na die meriete van die appél. Die Staat het getuienis
gelei dat twee verhoorafwagtende gevangenes, ene Mdluli en
Msomi, op
16 Februarie 1996 op onregmatige en bedrieglike wyse uit die
Kimberley gevangenis verwyder is. Dit was die Staat se
saak dat al
vier die beskuldigdes daarvoor verantwoordelik was, maar het die
getuienis slegs gehandel oor die betrokkenheid van
die twee
Appellante. Die
modus
operandi
wat gevolg is tydens hierdie onregmatige verwydering, was dat twee
persone wat hulle voorgedoen het as polisiebeamptes wat ‘n
saak
ondersoek, dokumente wat later blyk vervals te gewees het, oorhandig
het aan die ontvangspersoneel by die gevangenis. Twee
van hierdie
dokumente is as bewysstukke ingedien en staan bekend as
SAP 127’s
.
Dit is klaarblyklik vorms wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens
aangewend word om gevangenes in aanhouding uit die gevangenis
te
verwyder vir ondersoekdoeleindes.
Ten
minste een van die twee persone het ook ‘n aanstellingsertifikaat
wat deur die SAPD gebruik word, voorgelê aan die ontvangspersoneel
by die gevangenis. Die getuienis is dat dié betrokke persoon die
Tweede Appellant was, wat ook al die praatwerk dié betrokke dag
gedoen het.
Ongeveer
twee weke na die voorval, en op ‘n stadium toe die betrokke
verhoorafwagtendes se teenwoordigheid in die Hooggeregshof
benodig
was vir hulle verhoor, is daar ontdek dat dié gevangenes op ‘n
onregmatige wyse verwyder was. Die Staat het vyf beamptes
van die
Departement Korrektiewe Dienste (“
die
Departement”
)
wat
werksaam is by die Kimberley gevangenis se getuienis gelei en
hierdie vyf getuies het almal die Tweede Appellant uitgeken as
die
persoon wat dié betrokke dag die voorbok was en al die praatwerk
gedoen het. Die betrokke vyf Staatsgetuies het ook by ‘n
latere
uitkenningsparade die Tweede Appellant uitgewys. Daar is etlike
probleme met hierdie uitkenningsparade waarmee ek op ‘n
later
stadium sal handel.
5.1 Slegs
twee van die betrokke Staatsgetuies waarna ek verwys het in die
voorafgaande paragraaf, het die Eerste Appellant in die
hof
a quo
uitgeken
as die persoon wat saam met die Tweede Appellant op 16 Februarie 1996
by die Kimberley gevangenis was. Van hierdie twee getuies
het slegs
een, tewete
Pretorius
,
die Eerste Appellant by die uitkenningsparade uitgewys.
5.2 Soos
blyk uit die voorafgaande opsomming, gaan dit in hierdie appél soos
wat die geval was tydens die verhoor, eintlik maar oor
die vraag of
die Staat bo redelike twyfel die Appellante se identiteit bewys het.
Beide Appellante het getuig en verwere van alibis
geopper.
6.1 Meneer
Botha, wat namens die twee Appellante voor ons verskyn het, het
toegegee dat die meriete van die appél op skuldigbevinding
wat die
Tweede Appellant betref, uiters swak is en was uiteindelik genoodsaak
om toe te gee dat daar geen meriete in sy appél teen
skuldigbevinding is nie. Ek meen dat hierdie toegewing heeltemal
geregverdig is in die omstandighede, gegewe die feit dat nie minder
as vyf getuies hom uitgeken het, beide in die Verhoorhof sowel as op
die uitkenningsparade. Verder moet inaggeneem word dat ten
minste
een van hierdie uitkenningsgetuies,
Visagie
,
wat by die ontvangslokaal werksaam was, genoodsaak was om die Tweede
Appellant se gesig noukeurig te bestudeer ten einde dit te
vergelyk
met die foto op die aanstellingsertifikaat, wat volgens die getuienis
deur die Tweede Appellant aangebied is. In sulke
omstandighede is
daar beswaarlik ruimte vir ‘n fout wat die uitkenning aanbetref.
6.2 Die
landdros het dan ook, heeltemal tereg, die Tweede Appellant se
weergawe verwerp as vals bo redelike twyfel. Sy weergawe van
‘n
alibi is geheel en al onbestaanbaar teenoor die Staat se weergawe.
Sien:
S
v Van Aswegen 2001(2) SASV 97 (HHA)
te
101 a-e.
Die
situasie is heelwat anders wat betref die uitkenning van die Eerste
Appellant. Slegs twee van die betrokke amptenare van die
Departement, tewete
Pretorius
en
Botha
het tydens die verhoor die Eerste Appellant uitgeken as die persoon
wat die Tweede Appellant vergesel het die betrokke dag. Slegs
een
van hulle, tewete
Pretorius,
het die Eerste Appellant op die uitkenningsparade waarna ek alreeds
verwys het, uitgewys.
Die
beginsels ten aansien van die versigtigheidsreël by
identifikasiegetuienis is nou reeds goed gevestig in ons Reg en verg
nie
verdere bespreking nie. Wanneer inaggeneem word dat
Pretorius
,
op die stadium toe die twee persone by die gevangenis aangedoen het
en deur
Visagie
te woord gestaan was, besig was om op sy rekenaar sekere data te
verwerk, is dit duidelik dat sy aandag nie ten volle toegespits
sou
gewees het op hierdie twee persone nie.
Verder
moet inaggeneem word dat die persoon wat saam met die Tweede
Appellant op die toneel was, eintlik maar in die agtergrond gebly
het
en glad niks gepraat het nie. Dit is gemene saak dat die getuie
Pretorius,
soos die ander Staatsgetuies, nie vantevore die Eerste Appellant
gesien of geken het nie. In sulke omstandighede is daar aansienlike
ruimte vir ‘n
bona
fide
fout wanneer dit kom by uitkenning. Daar is na my mening nie
voldoende betroubaarheids-waarborge vir
Pretorius
se uitkenning nie en is daar na my mening ‘n redelike mate van
twyfel oor die korrektheid van sodanige uitkenning.
Wat
die getuie
Botha
aanbetref is dit opvallend dat hy nie die Eerste Appellant by die
uitkenningsparade kon uitken nie, alhoewel laasgenoemde daar
aanwesig was. Botha se verduideliking vir hierdie nalate is dat hy
nie die Eerste Appellant kon uitken by die uitkenningsparade
nie,
omdat hy slegs met die Tweede Appellant te doene gehad het op die
dag van die voorval. Volgens Botha het hy dié twee by
die voorhek
van die gevangenis ingelaat en ook die Tweede Appellant se vuurwapen
in ontvangs geneem op die betrokke dag. Dit is
net logies en sinvol
dat die getuie in sulke omstandighede nie by die uitkenningsparade
die Eerste Appellant, wat klaarblyklik
op die agtergrond gewees het
tydens die voorval, sou kon identifiseer nie. In die omstandighede
dus behoort die Eerste Appellant
na my mening die voordeel van die
twyfel te kry ten aansien van sy uitkenning.
9.1 Dit
is nodig om die aspekte rondom die uitkenningsparade wat Meneer Botha
aangeroer het, te bespreek. Dit was gemene saak dat
daar op 2 Julie
1996 ‘n uitkenningsparade gehou was onder beheer van Kaptein L
Verster by die hofselle te Kimberley Landdroshof.
Hierdie
uitkenningsparade is gevoer op versoek van die ondersoekbeampte,
Kaptein Lourens. By daardie uitkenningsparade is die Tweede
Appellant deur vyf Staatsgetuies uitgewys en die Eerste Appellant
deur een van die Staatsgetuies. Daar is twee belangrike fasette
van
die uitkenningsparade wat veel te wense oorlaat, tewete:
Die
feit dat ‘n aantal van die aanwesiges op die parade jeugdiges van
so jonk as 15 en 16 jaar oud was. Die 4 verdagtes was
almal ouer
as 23 jaar. Die destydse beskuldigde 2 het Kaptein Verster se
aandag daarop gevestig dat hy ontevrede was oor
hierdie betrokke
aspek. Kaptein Verster was egter tevrede om voort te gaan
aangesien, volgens haar, die jeugdiges se bou en
gelaatstrekke
ooreengestem het met dié van die vier verdagtes op die parade wat
aan haar uitgewys is deur haar kollega, Kaptein
Lourens. Hierdie
verduideliking gaan eenvoudig net nie op nie en meen ek dat dit ‘n
aspek is wat die bewyswaarde van die uitkennings
aansienlik
verminder.
Die
feit dat die persone op die parade almal verhoorafwagtendes was -
sommige van hulle mag heel moontlik op ‘n stadium
hulle in die
Kimberley gevangenis bevind het, vanwaar die vyf uitkenningsgetuies
afkomstig was. Natuurlik sou Kaptein Verster
nie bewus gewees het
van die feit dat die uitkenningsgetuies almal beamptes van die
Departement werksaam by die gevangenis was
nie, maar is dit ‘n
aspek wat die ondersoekbeampte deeglik bewus moes van gewees het.
Ook hierdie aspek, met die gevolglike
effek dat die
uitkenningsgetuies sommige van die betrokkenes op die parade
voorheen by die gevangenis kon gesien het, doen aansienlik
afbreuk
aan die betroubaarheid van die uitkennings op die
uitkenningsparade.
9.2 Na
my mening is die getuienis oor die uitkenningsparade nie heeltemal
ontoelaatbaar soos wat Meneer Botha voorgehou het nie, maar
is dit
eerder van twyfelagtige bewyswaarde.
Gegewe
die bevinding waartoe ek gekom het in hierdie saak, is dit egter nie
nodig om verder enigsins ‘n beslissing daaroor te maak
nie.
Dit
is egter nodig om weer eens te beklemtoon dat ondersoekbeamptes en
polisiebeamptes wat toesig hou oor die voer van uitkenningsparades,
wel deeglik voor oë moet hou die primêre vereiste wat gestel word
naamlik dat die identiteit van die verdagte persoon geensins
aan die
uitkenningsgetuie gesuggereer of geopenbaar moet word nie. Verder
moet die uitkenningsparade billik teenoor die verdagte/beskuldigde
wees.
Sien
in die algemeen:
Schmidt
BEWYSREG
(4
de
uitgawe)
te 403.
10. ‘n
Laaste aspek wat die meriete aanbetref wat bespreking verg, is die
vonnis wat die Tweede Appellant opgelê is, tewete nege
jaar
gevangenisstraf. Meneer Botha het met groot huiwering aangevoer dat
die vonnis skokkend onvanpas is. Dit is allermins die geval.
Die
Tweede Appellant was ‘n polisiebeampte wat klaarblyklik met die
prosedures vertroud was oor hoe om ‘n persoon in aanhouding
te
verwyder uit ‘n gevangenis vir ondersoekdoeleindes. Hy het sy
posisie en hierdie kennis van hom op ‘n sluwe en fyn voorafbeplande
wyse gebruik om twee persone wat verhoorafwagtend was op baie
ernstige misdrywe vanuit die gevangenis te ontset. Hierdie twee
persone
was verhoorafwagtend vir ‘n verhoor in die Hooggeregshof op
aanklagtes van moord asook gewapende roof in ‘n sogenaamde
transitoroof
waarin twee persone vermoor was. Dit blyk uit die
getuienis dat beide hierdie twee verhoorafwagtendes later weer
gearresteer is,
hulle verhore is afgehandel en albei van hulle is
lewenslange gevangenisstraf opgelê op die moord aanklagtes en
langtermyn gevangenisstraf
op die ander aanklagtes. Die misdryf
waaraan die Tweede Appellant skuldig bevind is is derhalwe ‘n baie
ernstige een en is die
vonnis, na my mening, eintlik te lig. Daar is
derhalwe geen rede hoegenaamd om daarmee in te meng nie.
11. Ek
ag dit nodig om laastens kortliks na die formaat van die landdros se
uitspraak te verwys.
In
S
v Bhengu 1998(2) SASV 231 (N)
te
234 g-h merk Broome ARP as volg op:
“
It is
unnecessary in a judgment to simply repeat the evidence. The
evidence is already on the record. It is this tactic of simply
repeating the evidence as it unfolded that makes this judgment
ridiculously long and largely meaningless. What is required of a
judicial officer is to set out in his judgment the material portions
of the evidence. He must ascertain and select what is material.”
Die
landdros het in hierdie saak ongelukkig dié werkswyse gevolg wat
Broome ARP teen gemaan het. ‘n Uitspraak soos dié
werk net
eenvoudig nie helderheid in die hand nie. Die leser van die
oorkonde, veral op appél, word aansienlik gekortwiek in sy
soeke na
die kernaspekte in die getuienis en die landdros se evaluering
daarvan. ‘n Korter uitspraak, met bondige opsomming van
die
wesentlike aspekte van elke getuie se getuienis, is veel eerder te
verkies bo ‘n eindelose herhaling van elke getuie se getuienis
in
hoof en kruisondervraging.
12. Alles
inaggenome meen ek dat daar gegronde redes bestaan om die Eerste
Appellant se aansoek vir kondonasie toe te staan en om
sy appél te
laat slaag en sy skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel.
Wat
Tweede Appellant aanbetref meen ek dat daar glad geen meriete in sy
appél is nie en dat sy aansoek om kondonasie derhalwe van
die hand
gewys behoort te word.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
Die
Eerste Appellant se aansoek om kondonasie word toegestaan. Die
Eerste Appellant se appél slaag en sy skuldigbevinding en vonnis
word tersyde gestel.
Die
Tweede Appellant se aansoek om kondonasie word van die hand gewys.
_________________
JC
VAN DER WALT
REGTER
NAMENS
APPELLANTE
: ADVOKAAT
MFT BOTHA
i.o.v.
DAVID
JANSE VAN VUUREN
NAMENS
RESPONDENT:
ADVOKAAT
S HINANA
DATUM
VAN VERHOOR:
29
JULIE 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK:
2
AUGUSTUS 2002