About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 21
|
|
Griekwaland-Wes Korporatief Beperk v Fletcher (187/02) [2002] ZANCHC 21 (2 August 2002)
14
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
187/02
Datum
verhoor: 2002-07-26
Datum
gelewer: 2002-08-02
In
die saak van
:
GRIEKWALAND-WES
KORPORATIEF BEPERK APPLIKANT
versus
JAMES
FLETCHER RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Applikant vra dat die voorlopige sekwestrasiebevel in hierdie
aangeleentheid bekragtig word, terwyl die Respondent versoek dat
ek
dit ophef.
Dit
is gemeensaak dat die Respondent
de
facto
insolvent
is deurdat sy laste sy bates oorskry. Verder het die Respondent, op
sy eie weergawe, ân daad van insolvensie soos bedoel
in art 8(e)
van die Insolvensiewet, 24 van 1936 (â
die
Wetâ
)
gepleeg, deurdat hy gepoog het om ân ooreenkoms aan te gaan met
een van sy skuldeisers, die Landbank, waarvolgens hy van sy
skuld
teenoor die Landbank kwytgeskeld word.
Die
Respondent voer aan dat die Applikant nie ân gelikwideerde
vordering van ten minste R100 teen hom bewys het nie (soos bedoel
in
art 9(1) van die Wet) en dat dit nie tot voordeel van sy
skuldeisers sal wees indien sy boedel gesekwestreer word nie.
Die
Respondent het ook
in
limine
aangevoer dat:
â
Dit
wil (my) voorkom asof applikant nie voordat die stukke in die aansoek
uitgereik is, sekuriteit gestel het soos bedoel in artikel
9(3) van
Wet 24 van 1936 nieâ.
Vir
doelmatigheidsredes behandel ek eers hierdie punt
in
limine
.
Artikel
9(3)(b) van die Wet bepaal as volg:
â
D
ie
bewerings in die versoekskrif moet deur 'n beëdigde verklaring
bevestig word en die versoekskrif moet vergesel gaan van 'n
sertifikaat
van die Meester wat nie meer as tien dae voor die datum
van die versoekskrif uitgereik is nie, dat voldoende sekuriteit
gestel is
vir die betaling van alle gelde en koste wat nodig is om
alle sekwestrasieverrigtings te volvoer en van alle koste van
bereddering
van die boedel totdat 'n kurator aangestel is, of as geen
kurator aangestel word nie, van alle gelde en koste wat nodig is om
die
boedel van sekwestrasie te onthef.â
5.1 Die
Applikant se aansoek is uitgereik op 28 Februarie 2002, luidens die
Griffier se datumstempel daarop. Die Meester se sertifikaat,
soos
bedoel in die voormelde art 9(3)(b), het ân datumstempel
daarop, ook van 28 Februarie 2002.
5.2 Vir
doeleindes hiervan is ek bereid om te aanvaar, ten gunste van die
Respondent, dat die sertifikaat uitgereik is nà die uitreiking
van
die stukke. Wat wel vasstaan is dat die Meester se sertifikaat voor
die Hof was op die stadium toe die aansoek gedien het vir
die
uitreiking van ân voorlopige bevel. Die Respondent beweer nie dat
dit nie die geval was nie. Ek is in die bevoorregte posisie
dat ek
voorgesit het toe die aansoek vir ân voorlopige sekwestrasiebevel
gedien het. ân Voorlopige sekwestrasiebevel sou nie
toegestaan
gewees het as ek nie dié sertifikaat voor my gehad het nie.
5.3 Daar
bestaan ân oormaat van gesag dat dit voldoende is dat die Meester
se sertifikaat voor die Hof is wanneer die voorlopige
sekwestrasiebevel uitgereik word.
In
Mafeking
Creamery Bpk
v
Van
Jaarsveld 1980(2) SA 776 (NK)
te
781 G â 782 B het Zietsman R as volg beslis:
â
Die
pertinente vraag in die onderhawige aansoeke was of daar aan die
bepalings van die Wet voldoen is in 'n geval waar die nodige
sekuriteit gegee is, maar waar die applikant nog nie in besit is van
die sertifikaat van die Meester nie, toe hy die stukke op die
respondent beteken en toe die respondent begin om onkoste aan te gaan
om die aansoek te bestry.
Die
Insolvensiewet bepaal nie dat aansoeke van hierdie aard op die
respondent beteken moet word nie. In die verlede het dit gebeur
dat
voorlopige sekwestrasie en voorlopige likwidasiebevele uitgereik is
sonder enige kennisgewing aan die respondente, en in sekere
gevalle,
soos, bv, waar kennisgewing van so 'n aansoek aan die respondent mag
veroorsaak dat die respondent skielik van sy bates
ontslae raak tot
nadeel van krediteure, sal dit miskien nog gebeur. Waar moontlik moet
stukke natuurlik behoorlik op die respondent
beteken word, maar dit
word nie volgens die Wet vereis nie en waar dit nie gedoen word nie
beteken dit nie dat 'n gebiedende wetlike
bepaling nie nagekom is
nie.
Dit
is na my mening duidelik dat die nodige sertifikaat deur die Meester
uitgereik moet word en voor die Hof moet wees voordat 'n
voorlopige
bevel uitgereik kan word, maar aangesien betekening van die stukke op
die respondent nie 'n wetlike vereiste is nie is
dit my mening dat
die betekening van 'n afskrif van die aansoek op die respondent
voordat die sertifikaat van die Meester ontvang
is, en die versuim om
op enige stadium daarna 'n afskrif van die genoemde sertifikaat op
die respondent te beteken, nie 'n versuim
is om aan 'n bepaling van
die Wet te voldoen nie en derhalwe nie noodwendig 'n fatale defek tot
die aansoek is nie.â
Vergelyk
ook:
RSA
Factors Ltd
v
Hansen 1983(4) SA 873 (D)
te
876 B-E;
Intercontinental
Exports (Pty) Ltd
v
Fowles 2000(4) SA 833 (W)
te
835.
5.4 In
die omstandighede dus, was daar wel behoorlike nakoming van die
bepalings vervat in art 9(3)(b) van die Wet en kan die
punt
in
limine
nie slaag nie.
6. Artikel
12(1) van die Wet bepaal as volg:
As die hof by die
verhoor na aanleiding van voormelde bevel nisi oortuig is dat-
(a) die
petisionerende skuldeiser 'n vordering soos bedoel in subartikel (1)
van artikel nege teen die skuldenaar bewys het; en
(b) die
skuldenaar 'n daad van insolvensie begaan het of insolvent is; en
(c) daar
rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van die skuldeisers
van die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer
word,
dan
kan die hof die skuldenaar se boedel sekwestreer.
7.1 Dit
word nie in geskil geplaas nie dat die Applikant op 23 November 2001
in hierdie Hof summiere vonnis teen die Respondent verkry
het in die
bedrag van R620 579.29, sowel as rente op daardie bedrag teen
21.5% per jaar vanaf 1 Januarie 2001 sowel as
gedingskoste.
7.2 Die
Respondent beweer ook nie dat hy nooit kennis gedra het van die
voormelde vonnis teen hom nie, nog minder word beweer dat
die vonnis
verkeerdelik toegestaan is.
7.3 Uit
die stukke blyk dit dat die dagvaarding uit hoofde waarvan die
voormelde summiere vonnis verleen is teen die Respondent, op
sy
wederhelf beteken is op 20 Februarie 2001.
8.1 Die
Respondent beweer dat hy ân teeneis het teen die Applikant wat die
Respondent se verskuldigdheid teenoor die Applikant uitwis
deur
toepassing van skuldvergelyking. Hierdie teeneis bestaan volgens die
Respondent uit die volgende:
â
n
bedrag van ongeveer R100 000.00 verskuldig deur Appl
ikant
aan Respondent, synde laasgenoemde se ledebelang in die Applikant;
en
â
n
bedrag van R600 000.00 plus rente daarop, ten aansien van
dienste gelewer deur die Respondent aan die Applikant.
8.2 Dit
is nodig dat ek die Respondent se beweringe ten aansien van 8.1(b)
hierbo nader toelig. Die Respondent beweer dat hy gedurende
2001
instrumenteel was tot die belê van ân vergadering tussen die
Applikant se topbestuur en die Premier en LUR van Landbou in
die
Noord-Kaap, wat later uitgeloop het op ân vergadering tussen die
Applikant se topbestuur en die Nasionale Minister van Landbou.
Hierdie vergaderings was daarop gemik om die Applikant se probleme op
te los wat ontstaan het uit die kwarantyn wat deur die Nasionale
Minister van Landbou ingestel is op besmette koring wat deur
Applikant se lede geoes en geberg is. Volgens die Respondent was
daar
ân mondelinge ooreenkoms tussen hom en die Applikant dat
indien hy die vergaderings belê en die kwarantyn opgehef word, dan
sou
die Applikant R600 000.00 as vergoeding ontvang. Volgens
die Respondent het hy sy deel van die ooreenkoms nagekom en is hy
derhalwe geregtig op vergoeding.
8.3 Ons
reg erken die beginsel dat skuldvergelyking toegepas kan word teenoor
ân vonnisskuld.
Sien:
The
Government
v
Regna-Adwel
Business Machines Africa (Pty) Ltd
1970 (2) SA 428
(T)
te
433 F.
8.4 Die
benadering ten aansien van feitegeskille in bestrede aansoeke waar ân
finale bevel aangevra word, is gesaghebbend neergelê
deur die
Appélhof in
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A)
te
634 H â 635 C.
Van
kardinale belang, volgens daardie benadering in die onderhawige
geval, is om te bepaal of die Respondent se beweringe aangaande
die
beweerde teeneis vir dienste gelewer hoegenaamd houdbaar is.
Vergelyk
ook:
Associated
South African Bakeries (Pty) Ltd v Oryx & Vereinigte Backereien
(Pty) Ltd en Andere
1982 (3) SA 893
(A)
te
924 A.
Die
Respondent se beweringe is myns insiens heeltemal vergesog. Ek kan
my nie voorstel dat enige regdenkende mens, nog minder persone
in die
topbestuur van die Applikant, hulle weg sal oopsien om aan ân
persoon die astronomiese bedrag van R600 000.00 te betaal
net om
vergaderings met belangrike besluitnemers te belê nie! Dit is
verder opvallend dat:
die
Respondent tot op hede nog nooit die Applikant aangemaan het tot
betaling van die som geld nie; en
die
Respondent nooit hierdie âverweerâ te berde gebring het op die
stadium toe die Applikant aansoek gedoen het vir summiere
vonnis nie
(daar sal onthou word uit wat ek alreeds hierin vermeld het dat die
Applikant se dagvaarding gedurende Februarie 2001
beteken is, maar
summiere vonnis is eers toegestaan gedurende November 2001).
8.5 Hierdie
teeneis van die Respondent is na my mening sò vergesog dat dit
onteenseglik onhoudbaar is en verwerp kan word alreeds
op die stukke.
9. Bowendien
en in elk geval, selfs al word vir doeleindes hiervan aanvaar dat
hierdie teeneis houdbaar is en in ag geneem moet word,
oorskry die
Applikant se vonnisbedrag tesame met rente steeds die Respondent se
beweerde teeneis met rente.
10. Vir
die redes voormeld is ek derhalwe tevrede dat die bepalings van
art 12(1)(a), saamgelees met art 9(1) van die Wet,
wel
nagekom is.
11. Wat
betref die voordeel vir skuldeisers het Mnr Van Niekerk, namens die
Respondent, tereg toegegee dat op die Respondent se eie
syfers soos
vervat in sy opponerende stukke, ân bedrag van ongeveer 20 c
in die Rand as dividend die konkurrente skuldeisers
sal toeval.
Hierdie
sal ân beduidende voordeel vir skuldeisers daarstel en is ek
eweneens tevrede dat die bepalings van art 12(1)(c) nagekom
is.
12.1 Daar
is ân laaste aspek wat ek kortliks mee moet handel alvorens ek by
die koste-aspek kom. By die aanvang van hierdie verrigtinge
het ek
die Respondent se aansoek dat ek hom toelaat om ân verdere stel
(dupliserende) eedsverklarings te liasseer, van die hand
gewys. Hier
volg my redes vir daardie bevel.
12.2 ân
Vierde stel eedsverklarings word slegs by wyse van hoë uitsondering
toegelaat in mosieverrigtinge.
Sien:
Kasiyamhuru
v Minister of Home Affairs and Others
1999 (1) SA 643
(W)
te 649 H â 650 D.
12.3 In
die onderhawige geval behandel die vierde stel eedsverklarings geen
nuwe aspekte wat na vore getree het uit Applikant se repliserende
eedsverklarings nie. Verder handel dit grootliks oor ontersaaklike
sydelingse aangeleenthede.
Geen
verduideliking is voorgehou waarom dié aspekte nou eers te berde
gebring word deur die Respondent nie. Gevolglik het ek die
aansoek
afgewys.
Ek
moet byvoeg dat die Respondent se
modus
operandi
om die stukke in te sluit by die res van die aansoek voor my
heeltemal voorbarig en verkeerd was. Die korrekte wyse is om die
stukke
agterweë te hou tot tyd en wyl ân aansoek om hulle in te
sluit toegestaan is.
13. Daar
is namens die Respondent aangevoer dat ek behoort te gelas dat die
koste meegebring deur die Respondent se opponering van
die aansoek
uit die insolvente boedel gedelg behoort te word.
Ek
kan my kwalik ân meer onvanpaste scenario voorstel om sò ân
bevel te maak as die onderhawige saak.
Die
Respondent het ân uiters mankolieke bed gekies om op te lê wat die
opponering van hierdie aansoek aanbetref. Dit verbaas
glad nie dat,
toe hy tydens betoog daarop moes gaan lê, die hele affêre in duie
gestort het sodat sy prokureur uiteindelik ân
hele klomp toegewings
moes maak en op die uiteinde maar handdoek moes ingooi.
Dit
sou ân onreg wees teenoor die Respondent se skuldeisers om te
voldoen aan sy versoek.
14. Die
voorlopige sekwestrasiebevel, wat op 1 Maart 2002 uitgereik is, word
bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT: Advokaat JG van Niekerk
NAMENS
RESPONDENT Mnr Mark van Niekerk
PROKUREUR NAMENS
APPLIKANT: Duncan & Rothman
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENT: Engelsman Benade & Van der Walt
DATUM VAN VERHOOR: 2002-07-26
DATUM
VAN UITSPRAAK: 2002-08-02