About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 20
|
|
S v Khaziwa (CA&R 86/01) [2002] ZANCHC 20 (10 June 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R
86/01
Datum
verhoor: 10 Junie 2002
Datum
gelewer: 10 Junie 2002
In
die appél van
:
VINCENT
KHAZIWA APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
VAN
DER WALT R
et
MAJIEDT
R
KONSEPUITSPRAAK
OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
Appellant het tereg gestaan in die Streekhof op vyf aanklagtes en is
op twee daarvan skuldig bevind te wete
roof
en
huisbraak
met die opset om te steel en diefstal
.
Die Appellant is gevonnis tot ses jaar en vier jaar gevangenisstraf
onderskeidelik op die voormelde twee aanklagte. Sameloping
van
vonnisse is gelas sodat die effektiewe vonnis een van agt jaar
gevangenisstraf is. Aan die Appellant, wat regsverteenwoordig
was,
is verlof verleen om te appelleer teen beide skuldigbevindings en
vonnisse, maar voor ons het sy regsverteenwoordiger, Me Padayachee,
slegs die appél teen die skuldigbevindings voortgesit.
Wat
die roofaanklag aanbetref, was dit die Appellant ten laste gelê dat
hy op 29 Januarie 1998 vir Clement Mpondo beroof het van
ân trui
en ân paar tekkies, die totale waarde waarvan R600.00 is. Op die
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal het die
Staat die Appellant dit ten laste gelê dat hy op 2 Oktober
1998 wederregtelik en opsetlik Sarah Mofokeng
se woning oopgebreek
en binnegegaan het met die opset om te steel en toe wederregtelik
drie komberse ter waarde van R1200.00, die
eiendom van Sarah
Mofokeng, gesteel het.
Die
klaer op die roofaanklag, Mpondo, ân polisiebeampte, het getuig
dat hy op 29 Januarie 1998 in ân voetpad in die veld voorgekeer
is
deur die Appellant, ene Thembisile en ân ander persoon. Hulle al
drie het messe in hul besit gehad en het hom daarmee gedreig.
Hy is
ook op ân stadium met vuiste bygedam. Op hulle bevel het hy sy
tekkies en trui uitgetrek en hulle het dit geneem en daarmee
spore
gemaak. Volgens die klaer ken hy die Appellant baie goed omdat hy
hom altyd in die woonbuurt ontmoet het en het die Appellant
ook van
tyd tot tyd sy (die klaer se) hare gesny. Volgens hom was die plek
waar die voorval plaasgevind het redelik goed belig,
danksy die lig
vanaf die spreiligte in die woonbuurt. Hy het die Appellant en die
ander persoon Thembisile (wat hy ook goed geken
het vanuit hul
skooldae saam) duidelik geïdentifiseer toe hy in hulle gesigte
gekyk het die aand van die voorval. Al drie sy
aanvallers het hoede
op hulle kop gehad. Volgens die klaer het hy alreeds in vorige
verrigtinge teen Thembisile getuig en is dié
skuldig bevind aan die
roof op die Appellant.
Die
persoon Thembisile na wie die klaer verwys het in sy getuienis, het
ook namens die Staat getuig en bevestig dat hy dié aand
in die
geselskap was van die Appellant en ân ander toe hulle die klaer
beroof het. Volgens hom het hy en die ander persoon,
ene Bungi, die
klaer vasgehou, die Appellant het die klaer met ân mes gedreig en
hulle het die klaer van sy tekkies en trui beroof.
Thembisile het
bevestig in sy getuienis dat hy en die klaer saam skoolgegaan het.
Hy het ook bevestig dat hy skuldig bevind is
aan hierdie roof en
twee jaar gevangenisstraf is hom daarvoor opgelê.
In
sy uitspraak het die landdros bevind dat die klaer ân uitstekende
getuie was, maar het tog sy identifikasie getuienis, tesame
met dié
van Thembisile, met die nodige versigtigheid benader. Die volgende
faktore het die landdros tevrede gestel dat die klaer
se uitkenning
van die Appellant as synde een van sy aanvallers dié aand, nie net
geloofwaardig nie maar ook betroubaar is in die
omstandighede:
Die
feit dat daar voldoende beligting in die omgewing was;
Die
Appellant was aan die klaer goed bekend;
Die
klaer het genoegsame tyd gehad om die Appellant te identifiseer,
die Appellant het met die klaer gepraat en naby aan die klaer
gestaan tydens die voorval;
Die
deurslaggewende aspek wat dui op die betroubaarheid van die klaer
se uitkenning is die feit dat een van die rowers wat alreeds
bo
redelike twyfel in ân hof skuldig bevind is en self sy
aandadigheid onder eed erken het, te wete Thembisile, positief deur
die klaer geïdentifiseer is.
Ek
is die mening toegedaan dat daar glad geen fout te vind is met die
landdros se benadering ten aansien van die identifikasie getuienis
in hierdie saak nie. Me Padayachee het namens die Appellant
aangevoer dat daar steeds ân redelike twyfel behoort te bestaan
oor die uitkenning van die Appellant. Haar betoog hieraangaande is
grootliks gerig op die feit dat daar relatief min beligting
moes
wees op die toneel asook die feit dat die klaer nie kon onthou
watter klere die Appellant die aand gedra het nie. Verder
het sy
ook uitgewys dat, alhoewel die klaer die Appellant se bynaam geken
het, hy versuim het om dit aan die polisie te noem in
sy verklaring.
Verder submitteer sy dat die klaer versuim het om vir die Appellant
in die polisievoertuig uit te wys, alhoewel
hy vir Thembisile by
daardie geleentheid uitgewys het.
Ek
meen dat die landdros se benadering ten aansien van die beligting
heeltemal korrek is in hierdie saak. Boonop is daar verdere
betroubaarheidswaarborge waarna ek alreeds hierin verwys het. Die
feit dat die klaer versuim het om die Appellant se naam te noem
aan
die polisie of om sy klere wat hy die aand van die voorval aangehad
het te beskryf, is van minder belang waar die Appellant
duidelik aan
die klaer goed bekend was. Soos die landdros tereg uitwys, het die
klaer ook ân korrekte uitkenning gemaak ten
aansien van Thembisile
wat erken het dat hy aandadig was aan die roof en ook aldus skuldig
bevind is. Die submissie oor die uitkenning
van die Appellant in
die polisievoertuig is misplaas â dit blyk uit die rekord dat die
Appellant nie in die polisievoertuig was
op die stadium toe die
klaer vir Thembisile (wat wel daarin was) uitgeken het nie.
In
die omstandighede dus is die Appellant na my mening behoorlik
skuldig bevind aan roof.
Wat
betref die aanklag van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal het Sarah Mofokeng (die klaagster) sowel as haar buurman,
ene Lazarus Maarman, getuig namens die Staat. Volgens die klaagster
het sy die aand van die voorval saam met die Appellant by
ân
drankhuis gedrink en op ân stadium het die Appellant wie se arm
beseer was en verbind was met gips of ân verband, verdwyn.
Toe sy
omstreeks drie-uur die oggend huiswaarts wou keer, het haar buurman,
Maarman, daar opgedaag en haar meegedeel dat sy haar
huis toe moet
haas want daar was iemand binne-in haar huis. Maarman het aan haar
ân beskrywing van dié persoon gegee. Sy het
toe besef dat dit
die Appellant moet wees en het sy later, ongeveer vyf dae daarna, ân
saak teen die Appellant aanhangig gemaak.
By haar huis aangekom,
het sy gevind dat die venster (wat vroeër behoorlik toegemaak was)
se knip oop was en daar binne het sy
drie van haar komberse vermis.
Maarman,
die buurman, het getuig dat hy nie die Appellant voor die voorval
geken het nie. Hy het die aand gelê en slaap en gehoor
dat daar
iemand hard klop aan die deur van die klaagster langsaan. Hy het na
buite gegaan en die Appellant daar buite aangetref.
Die Appellant
het verneem by hom of die klaagster tuis was en het Maarman hom
meegedeel dat sy nie daar is nie omdat hy die slot
buite haar deur
gesien hang het. Die Appellant het toe ân mes te voorskyn gebring
en gesê dat die klaagster sy geld uitdrink,
dat sy seker binne-in
die huis met ân ander man is en dat hy hulle altwee daar binne
gaan doodmaak. Maarman het besef dat daar
probleme is en het hom na
die drinkplek waar die klaagster haar bevind het, gehaas, waar hy
haar dan ook opgespoor het. Hy bevestig
dat hy die klaagster
meegedeel het dat sy huiswaarts moet keer omdat daar probleme is.
Volgens Maarman het hy, alvorens hy die
klaagster gaan soek het,
gesien dat die Appellant peuter by die venster van die klaagster se
huis, maar hy het nie die Appellant
die huis sien binnegaan nie.
Maarman het verder getuig dat sy gesprek met die Appellant so
ongeveer 10 minute geduur het en
dat hy die Appellant se gesig
goed gesien het. Volgens hom was daar ân hoë maslig in die
omgewing en was daar voldoende beligting
dat hy die Appellant kon
uitken. Ongeveer ân week later het hy die Appellant gesien by die
polisiekantoor en daar het hy die
Appellant uitgewys as die persoon
wat vermoedelik by die klaagster se perseel ingebreek het. Hy
bevestig ook dat die Appellant
op daardie stadium ân verband om sy
arm gehad het, maar het beklemtoon dat hy nie die Appellant daaraan
uitgeken het nie, maar
wel aan sy gelaatstrekke omdat hy sy gesig
gesien het.
Die
landdros was tevrede dat die klaagster ân redelik goeie getuie
was. Sy word, volgens die landdros se bevindinge, in alle
wesenlike
opsigte gestaaf deur die getuie Lazarus Maarman. Die landdros was
eweneens tevrede dat Maarman se uitkenning van die
Appellant
voldoende betroubaar is aangesien daar beligting was, hy ruim tyd
gehad het om die Appellant waar te neem (10 minute)
en dat hy die
Appellant uitgeken het aan sy gelaatstrekke. Die landdros het
stawing vir Maarman se uitkenning gevind in die feit
dat die
Appellant vir Maarman sou gesê het dat die klaagster sy geld
uitdrink, aangesien die klaagster wel vroeër getuig het
dat sy en
die Appellant besig was om te drink by die drankhuis toe hy daar weg
is. Die landdros was derhalwe tevrede dat op die
klaagster se
getuienis, soos gestaaf deur dié van Maarman, die Appellant hom wel
skuldig gemaak het aan die misdryf van huisbraak
met die opset om te
steel en diefstal.
Me
Padayachee se betoog is dat nòg Sarah Mofokeng, die klaagster, nòg
Lazarus Maarman, haar buurman, die Appellant gesien inbreek
het by
die perseel. Die is weliswaar so, maar moet ingedagte gehou word
dat Maarman, voor hy daar vertrek het, gesien het dat
die Appellant
aan die klaagster se venster peuter. Die klaagster se getuienis is
verder dat sy met haar terugkeer by die huis
inderdaad opgemerk het
dat die venster se knip oop is en is toegang tot haar huis deur
daardie venster verkry.
Na
my mening het die Staat bo redelike twyfel wel die Appellant se
skuld bewys op hierdie aanklag, soos die landdros tereg bevind
het.
Na
my mening is daar dus geen meriete in die appél teen
skuldigbevindings nie en sou ek die skuldigbevindings en vonnisse
bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
Die
appél word van die hand gewys en die Appellant se skuldigbevindings
en vonnisse word bekragtig.
_________________
JC
VAN DER WALT
REGTER
NAMENS
APPELLANT
:
ME
PADAYACHEE
NAMENS
RESPONDENT:
ADV
S HINANA
DATUM
VAN VERHOOR:
10
JUNIE 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK:
10
JUNIE 2002