About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 19
|
|
Stuttafords magte Rugbyklub v Horn and Others (499/2002) [2002] ZANCHC 19 (7 June 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno
:
499/2002
DATUM
VERHOOR
:
2002-05-31
DATUM
GELEWER
: 2002-06-07
In
die saak van
:
STUTTAFORDS
MAGTE RUGBYKLUB APPLIKANT
versus
MELVYN
HORN N.O.
EERSTE
RESPONDENT
DANIE
VAN DER MERWE N.O.
TWEEDE
RESPONDENT
DIE
GRIEKWALAND-WES RUGBY UNIE
DERDE
RESPONDENT
SCANIA
POLISIE RUGBYKLUB, KIMBERLEY
VIERDE
RESPONDENT
VRYBURG
RUGBYKLUB
VYFDE
RESPONDENT
KURUMAN
RUGBYKLUB
SESDE
RESPONDENT
SISHEN
RUGBYKLUB
SEWENDE
RESPONDENT
Coram:
VAN
DER WALT R
et
MAJIEDT
R
REDES
VIR BEVEL
MAJIEDT
R:
Ons
het die volgende bevel uitgereik in hierdie hiersieningsaansoek wat
op ân dringende basis gebring was:
â
DIT
WORD GELAS
:
DAT die besluit
van die bestuur van die Kimberley streek van die Griekwaland-Wes
Rugby Unie geneem op 17/5/2002 soos vervat in Aanhangsel
A hiertoe
hersien en tersyde gestel word.
DAT die effek
sover dit die liga kompetisie betref van die uitslae van die
wedstryde gespeel op 18 Mei 2002 tussen die Vryburg Rugbyklub
en die
Kuruman Rugbyklub asook tussen Scania Polisie Kimberley Rugbyklub en
Sishen Rugbyklub opgeskort word hangende die uitslag
van die
hangende dissiplinêre ondersoek teen die applikant welke ondersoek
voortgesit moet word om 18h00 op 3 Junie 2002.
DAT enige van die
partye wat dit nodig vind of so geadviseer word om teen ân
bevinding van die dissiplinêre kommitee appél aan
te teken, dit
sal doen nie later as die dag nà die dag van die bevinding nie en
dat die verhoor oor sodanige appél ân aanvang
sal neem op die
daaropvolgende dag
DAT uitspraak op
koste voorbehou word.
DAT redes vir die
uitspraak sal volg.â
Ons
het die redes vir die bevel sowel as die koste-aspek voorbehou. Hier
volg hulle.
Die
Applikant se aansoek is gebring teen die Eerste Respondent in sy
verteenwoordigende hoedanigheid as waarnemende voorsitter van
die
Kimberley streek van die Griekwaland-Wes Rugby-unie (Derde
Respondent) sowel as teen die Tweede Respondent in sy
verteenwoordigende
hoedanigheid as voorsitter van die Dagbestuur van
die Derde Respondent. Die Vierde-, Vyfde-, Sesde- en Sewende
Respondente is
rugbyklubs wat almal ân belang het by die
aangevraagde regshulp.
Ek
maak nou reeds al daarvan melding dat hierdie die derde aansoek
binne ân bestek van twee weke was wat op ân dringende basis
voor
hierdie Hof geplaas is aangaande die voortslepende rugbytwis tussen
die partye. Ek sal aanstons na ten minste van een van
die vorige
aansoeke verwys hierin.
In
sy Kennisgewing van Mosie vra die Applikant dat die besluit van die
Bestuur van die Kimberley streek van Derde Respondent wat
geneem is
op 17 Mei 2002 ingevolge waarvan die Applikant se ligapunte hom
ontneem is en die Applikant verbied is om verder aan
die M-Net
uitdaag-kompetisie deel te neem, hersien en tersyde gestel word.
Die Applikant vra verder ook vir die hersiening en
tersydestelling
van ân besluit van die Dagbestuur van Derde Respondent geneem op
dieselfde datum (17 Mei 2002) in terme waarvan
die voormelde besluit
van die Kimberley streek gehandhaaf is. Daar is ook sekere
aanverwante regshulp aangevra as volg:
dat
die uitslae van rugbywedstryde gespeel op 18 Mei 2002 tussen die
Vyfde en Sesde Respondente sowel as tussen die Vierde en
Sewende
Respondente ongeldig verklaar word;
dat
die Applikante toegelaat word om verder deel te neem aan wedstryde
in die M-Net liga;
dat,
hangende die finale afhandeling van die voormelde
hersieningsaansoeke alle verdere wedstryde wat nog in die M-Net
liga
gespeel moet word in die Kimberley- en Van Drutenstreke van
Derde Respondent opgeskort word;
Kostebevele
teen die Derde Respondent sowel as die Kimberley-streek van Derde
Respondent en enige ander persoon of instansie wat
die aansoek
opponeer.
Al
die Respondente behalwe die Sesde en Sewende Respondente (wat hulle
berus by die beslissing van hierdie Hof) opponeer die aansoek.
Die
stukke in hierdie aansoek is omvangryk, sonder dat daar enige
regverdiging hoegenaamd daarvoor bestaan. Daar is ân warboel
van
beweringe, ontkennings, gedeeltelike erkennings en teenbeweringe wat
grootliks ontersaaklik is tot die eintlike geskilpunte
tussen die
partye. Op die stukke is daar feitegeskille (grootliks oor
ontersaaklikhede) wat so wyd as die Liewe Heer se Genade
loop. Dit
wil my voorkom dat diegene wat die Applikant se funderende stukke
opgestel het, ân mog-het-troffe houding ingeneem
het, sonder om
daadwerklik te besin oor wat die eintlike kern van die Applikant se
saak is. Ek ag dit nie nodig om hierin te handel
met al die aspekte
wat te berde gebring is in die Applikant se stukke waarop die
Respondente noodwendig moes antwoord nie. Ek
volstaan met die
opmerking dat, na my mening, die stukke in hierdie aansoek
gereduseer kon word tot ân kwart van die huidige
omvang, as die
werklike geskilpunte vanuit die staanspoor aangespreek was.
Op
die keper beskou is die eintlike geskilpunt tussen die partye bloot
maar of die Bestuur van die Kimberley-streek van die Derde
Respondent die nodige regsbevoegdheid gehad het om die gewraakte
besluit van 17 Mei 2002 te neem, welke besluit die onderwerp vorm
van die hersieningsaansoek. Dit staan vas, en die Applikant het dit
so aanvaar, dat die Derde Respondent inderdaad geen besluit
geneem
het op 17 Mei 2002 wat op hersiening geneem kan word nie. Ten einde
ons diskresie behoorlik te kan uitoefen ten aansien
van die
koste-aspek, moet noodwendig ook daaroor besin word of die Applikant
hom inderdaad skuldig gemaak het aan ân oortreding
van die reëls
ten aansien van die M-Net liga wat die Derde Respondent neergelê
het. Alhoewel Mnr Botha, wat namens die
Applikant voor ons
verskyn het, gesubmitteer het dat dit onnodig en inderdaad onvanpas
is dat ons daaroor ân beslissing moet
maak, is ek die
teenoorgestelde mening toegedaan. Die Applikant het pertinent
hierdie aspek te berde gebring in sy funderende
stukke en moes die
Respondente noodwendig daarop reageer. Ek sal vir
doelmatigheidsredes hierdie aspek waarna ek so pas verwys
het,
eerste behandel hierin.
7.1 Ten
einde die aangeleentheid in konteks te plaas, is dit nodig om ân
kort agtergrond te verskaf tot die geskil tussen die partye.
Die
M-Net liga van die Derde Respondent word gespeel in vier streke in
Griekwaland-Wes:
Kimberley-streek,
Van
Druten-streek,
Oranje-streek,
Namakwalandstreek.
7.2 In
die Kimberley-streek is daar agt spanne waarvan twee as volwaardige
eerste liga spanne beskou word, te wete die Applikant en
die Vierde
Respondent.
In
die Van Druten-streek is daar drie spanne wat almal as volwaardige
eerste liga spanne beskou word.
In
die Namakwaland-streek is daar vyf spanne, waarvan vier as
volwaardige eerste liga spanne beskou word.
In
die Oranje-streek is daar drie spanne waarvan twee as volwaardige
eerste liga spanne beskou word.
7.3 Die
Derde Respondent het 34 gekontrakteerde rugbyspelers, d.w.s. spelers
wat op ân professionele basis rugby voltyds as ân
beroep beoefen
en aan die Provinsiale Unie gekontrakteer is. Hierdie spelers is
almal vir klubrugbydoeleindes toegedeel aan die
Applikant en die
Vierde Respondent. Ten einde die speelvelde gelyk te maak in die
Kimberley-streek het die Derde Respondent se Dagbestuur
op 15
Februarie 2002 ân besluit geneem dat kotrakspelers wat vir die
voormelde klubs speel aan die M-Net liga mag deelneem, behalwe
vir
wedstryde teen Kimberley plattelandse spanne en die B-span van die
Vierde Respondent. Die effek van die voormelde besluit is
dat die
gekontrakteerde spelers van die Applikant en die Vierde Respondent
slegs aangewend kan word wanneer dié twee spanne teen
mekaar speel.
Die M-Net liga is as volg gestruktureer:
In
elke streek speel die onderskeie spanne eers teen mekaar uit, die
vier beste spanne dring deur na die semi-finale waar die twee
beste
spanne in daardie streek bepaal word (op grond van ligapunte).
Daarna
speel die eerste en tweede bestes van die onderskeie streke oorkruis
teen mekaar in die
kwarteindrondte
van
Derde Respondent se M-Net liga reeks, deurdat die eerste en tweede
beste spanne van Kimberley-streek onderskeidelik die naasbeste
en
beste spanne van die Van Druten-streek aanpak. Dieselfde situasie
geld vir die beste en tweede beste spanne van Oranje-streek
teen dié
van die naasbeste en beste van die Namakwaland-streek.
Die
wenspanne dring uiteindelik deur tot ân halfeindrondte en dan ân
eindrondte. Die wenner van die M-Net liga kompetisie
verteenwoordig
Griekwalandwes as provinsie by die nasionale klubkampioenskappe wat
jaarliks plaasvind. Dit is gemeensaak dat die
nasionale
klubkampioenskappe vanaf 29 Junie tot 6 Julie van hierdie jaar
plaasvind.
Die
Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal Unie (
SARVU
)
het bepaal dat ân gekontrakteerde speler slegs in die nasionale
klubkampioenskappe mag deelneem indien hy drie klubwedstryde
vir sy
klub gespeel het. Dit is dus duidelik uit die voorafgaande dat, wat
die bepalings in die Kimberley-streek self betref,
ân
gekontrakteerde speler nie daarin sou kon slaag om drie wedstryde te
speel vir sy klub nie, aangesien hy hoogstens twee keer
sou kon
deelneem vir sy span in sy wedstryde wat binne die streek uitgespeel
word, m.a.w. een keer in die rondomtaliegedeelte en
in die
semi-finaal indien die Applikant en die Vierde Respondent daarby
betrokke is. Alhoewel daar vertoë daaraangaande gerig
is deur die
Derde Respondent aan SARVU, het laasvermelde voet by stuk gehou by
hulle voormelde vereiste.
7.4 Dit
is gemeensaak dat daar gedurende April 2002 dissiplinêre stappe teen
die Applikant ingestel is deur die Kimberley-streek
vir oortreding
van die reël aangaande die gebruik van gekontrakteerde spelers
waarna ek alreeds verwys het. Die sanksie wat die
Applikant opgelê
is, soos in gewysigde vorm gehandhaaf op appél, is as volg:
â
Die
Applikant se eerste span word vanaf 17 April 2002 vir ân periode
van een jaar van alle rugby-aangeleenthede geskors welke skorsing
opgeskort was vir een jaar op voorwaarde dat dieselfde oortreding nie
weer gedurende die periode van opskorting gepleeg word nie
.â
7.5 Op
13 April 2002 het die bestuur van die Derde Respondent weereens die
voormelde besluit van die dagbestuur van 15 Februarie 2002
ten
aansien van die gebruik van gekontrakteerde spelers bevestig en
verder bygevoeg dat, vanaf
alle
kwarteind en hoër wedstryde
gekontrakteerde
spelers nie uitgesluit word nie. Daar is verder ook besluit op 13
April 2002 â
dat
daar vanaf hierdie stadium spanne op volle sterkte met die oog op die
klubkampioenskappe behoort te funksioneer.â
8.1 Op
14 Mei 2002 het die Applikant se span in die semi-finaal van die
Kimberley-streek (te onderskei van ân kwarteind, semi-finaal
en
finaal in die hele Unie-liga) gespeel teen Vyfde Respondent se span
en hulle met 55-13 geklop. Die gevolg van daardie uitslag
sowel as
die uitslag in die ander semi-finaal tussen die Vierde Respondent en
die Hartswater Rugbyklub was dat die Applikant opgeskuif
het na die
eerste posisie op die punteleer van die Kimberley-streek en was dus
die top-span in daardie streek.
Die
verdere gevolg daarvan was dat die span van die Applikant op
Saterdag 18 Mei 2002 teen die span van Sewende Respondent in
die
kwarteindstryd
van
die M-Net liga van die Derde Respondent moes speel. Die Applikant
is egter op 16 Mei 2002 in kennis gestel per faks dat ân
dissiplinêre verhoor gehou sou word, omrede die Applikant na
bewering die Derde Respondent se reël oortree het deur van
gekontrakteerde
spelers gebruik te maak in die voormelde
semi-finaal wedstryd op 14 Mei 2002 teen Vyfde Respondent se span.
Dit is gemeensaak
dat daardie verrigtinge nog nie afgehandel is
nie, aangesien dit uitgestel was.
Op
17 Mei 2002, d.w.s. ân dag voordat die kwarteind wedstryde van
die Derde Respondent se M-Net liga moes plaasvind, is ân
vergadering van die Kimberley-streek gehou. Dit is verder
gemeensaak dat die Applikant nie op sodanige vergadering
verteenwoordig
was nie, alhoewel hulle daarvan kennis gekry het.
â
n
Deel van die Applikant se aanvanklike saak het daarop berus dat:
daar
nie voldoende kennis van die vergadering aan hulle gegee is nie;
die
agendapunte nie volledig aan hulle oorgedra is nie; en
die
feit dat besluite in hul afwesigheid geneem is wat hulle regte
benadeel.
Mnr
Botha het wyslik afgesien van hierdie punte en dit is gevolglik nie
nodig om dit te bereg nie. Ek volstaan bloot met die opmerking
dat
dit my
prima
facie
mening
is dat die Applikant grootliks die outeur van sy eie benadeling is,
deurdat hy op die oog af onverskillig gestaan het teenoor
die
vergadering en die gevolge van die besluite wat daar geneem mag word
en sy amptenare eerder verkies het om deel te neem aan ân
gholfdag
in Bloemfontein. Hoe dit ook al sy, op hierdie vergadering is
besluit deur die Bestuur van die Kimberley-streek dat die
Applikant
se liga-punte ontneem word en dat hy nie verder mag deelneem aan die
M-Net kompetisie nie.
9.1 Dit
dan wat betref die agtergrond van hierdie aangeleentheid. Ek moet
byvoeg dat op Saterdag 18 Mei 2002, enkele ure voordat
die
wedstryde in die semi-finale sou plaasvind, die Applikant vir Kgomo
RP genader het op ân dringende basis met ân aansoek vir
ân
interdik om die speel van daardie middag se wedstryde te verbied. Die
verrigtinge het in ope hof plaasgevind, mondelinge getuienis
is gelei
en daardie verrigtinge is getranskribeer en die oorkonde daarvan voor
ons geplaas.
9.2 Die
volgende aspekte val pertinent op in die voormelde verrigtinge:
Die
Applikant het die dringende aansoek gebring op die volgende basisse:
Dat
daar onvoldoende kennis gegee is van die vergadering van 17 Mei
2002 en dat die agendapunte nie volledig aan hulle oorgedra
is nie;
Dat
ân besluit geneem is in die afwesigheid van Applikant wat sy
belange en regte aantas;
Dat
die bestuur van Kimberley-streek ân besluit van die Bestuur van
die Derde Respondent omvergewerp het sonder dat hy die bevoegdheid
het om sodanige besluit omver te werp.
Uit
die voorafgaande blyk dit dus duidelik dat die Applikant tydens
daardie aansoek glad nie daarop gesteun het dat die Bestuur
van
Kimberley-streek nie die regsbevoegdheid voortspruitend uit die
Grondwet van die Derde Respondent gehad het om ân besluit
te kon
neem om die Applikant verdere deelname aan die M-Net liga te ontsê
nie.
In
sy mondelinge getuienis het die getuie vir die Applikant, ene
Mnr Jacobus Christiaan Olivier, wat die sekretaris van
die
Applikant is, in hoof getuig dat die wedstryde van daardie dag (18
Mei 2002) die status het van ân
kwarteind
wedstryd
.
Die effek hiervan is duidelik: op Olivier se getuienis kon die
wedstryd van 14 Mei 2002 wat die onderwerp van dissiplinêre
verrigtinge teen die Applikant vorm, hoegenaamd nie ân kwarteind
wedstryd wees nie.
10.1 Die
Applikant het deurgaans in voorafgaande korrespondensie, sy
funderende en repliserende stukke, en selfs in sy advokaat se
betoogshoofde die houding ingeneem dat die besluit van die Bestuur
van die Derde Respondent geneem op 13 April 2002 ten aansien van
die
gebruik van gekontrakteerde spelers in die M-Net liga uitgelê moet
word as dat dit die speel van semi-finaal wedstryde binne
ân streek
insluit. Die Respondente neem almal die teenoorgestelde houding in.
Dit gaan my verstand te bowe hoe enige regdenkende
sò ân uitleg
kan koppel aan die voormelde besluit soos wat die Applikant dit wil
hê. Binne ân streek se wedstrydbepalings
is daar tog geen
kwarteind wedstryd nie. Daar is slegs ân aantal rondomtalie
wedstryde wat gevolg word deur ân semi-finaal ten
einde die eerste
en tweede beste spanne binne daardie streek te bepaal, waarna die
kwarteind wedstryde oorkruis in die onderskeie
streke volg.
10.2 Mnr
Botha het klem gelê op die gebruik van die woord â
alle
â
in die besluit wat lui:
â
Dat
vanaf alle kwarteind en hoër wedstryde gekontrakteerde spelers nie
uitgesluit word nie.â
Ek
volg nie sy argument hoe die gebruik van hierdie woord die Applikant
se uitleg daarvan ondersteun nie. Die woord â
alle
â
verwys na my mening bloot na die feit dat al die kwarteind wedstryde
wat tussen die onderskeie streke gespeel word, daarby ingesluit
word.
Die verwysing na â
kwarteind
en hoër wedstryde
â
verwys myns insiens na daardie deel van die M-Net liga kompetisie
waarby al die streke van die Unie betrokke word, m.a.w. na die
provinsiale M-Net liga as geheel. In die eerste deel van die
voormelde kompetisie speel die streek binne homself uit en is daar
nie sprake dat daar kwarteind wedstryde gespeel word nie. As die
bewoording van die betrokke besluit dit nie al reeds duidelik na
vore
bring nie, moet daar na die omringende omstandighede en die doel van
die besluit gekyk word. Die doel was duidelik om billike
kompetisie
teweeg te bring ten aansien van al die spanne in al die streke ten
opsigte van die eindmikpunt, te wete die bepaling van
die M-Net
ligakampioen in die hele Unie.
Die
onbillikheid wat die Applikant se uitleg teweeg bring spreek nie
alleen vanself nie, maar blyk ook uit wat in die praktyk gebeur
het.
ân
Plattelandse span is aangewese op die trek van spelers uit sy eie
omgewing wat uit die oogpunt van rugbyspelers yl bevolk is,
terwyl
spanne soos dié van die Applikant en Vierde Respondent die voordeel
het van beroepspelers vanoor die hele land wat aan die
Unie
gekontrakteer word. Dit verbaas gevolglik nie dat Applikant se span
op 14 Mei 2002 die Vyfde Respondent se span met 55-13 kafgedraf
het
nie.
10.3 Dit
is geykte reg dat by uitleg van ân besluit, reël, verordening of
ân wet die vertrekpunt is dat aan woorde hulle normale
betekenis
gegee word. Indien daar enigsins sprake kan wees van vaagheid en
verwarrendheid, dan word gekyk na die omringende omstandighede
en die
konteks waarin die woorde gebruik word.
Vergelyk
in dié verband:
Kommissaris van Binnelandse Inkomste
vs
Execom Mining and Exploration 1996(1) SA 50 (NK)
te 58 B-C.
Vir
soverre daar ruimte is vir vaagheid en verwarring rondom die besluit
van Derde Respondent nou hier ter sprake, is dit in die
konteks van
die gebeure hierin myns insiens heeltemal duidelik dat die besluit
soos hierbo aangedui is:
gemik
was op daardie deel van die M-Net liga kompetisie wanneer wenners
van die streke oorkruis teen mekaar speel in die kwarteindwedstryde
en daarna;
die
motivering daarvoor te vinde is in die feit dat die Derde Respondent
klaarblyklik dit ten doel gehad het dat spanne op volle
sterkte moet
kompeteer vanaf die kwarteindronde wedstryde en hoër.
10.4 Ek
het vroeër hierin (par 7.2) ân uiteensetting gegee van die
onderskeie spanne in die streke. In ân skrywe gerig
deur die
Tweede Respondent hierin, is vertoë gerig aan SARVU om die reël ten
aansien van drie klubwedstryde wat deur gekontrakteerde
spelers
gespeel moet word alvorens hulle in die nasionale klub kampioenskappe
kan deelneem, te verslap ten aansien van die Griekwaland-Wes
Rugby-unie. In daardie skrywe, wat aanhangsel VDM2 tot die Tweede
Respondent se opponerende eedsverklaring is, word ân uiteensetting
gegee van die erkende eerste liga klubs in die Provinsie (sien
par 7.2 hierbo). Dit is opmerklik dat daar in elke streek ten
minste twee sodanige eerste liga klubs bestaan. Ek het alreeds
uitgewys dat in die Kimberley-streek daar slegs twee sodanige spanne
is, te wete die Applikant en die Vierde Respondent. Hierdie feit
bevestig na my mening dat die Derde Respondent dit ten doel gehad
het
dat gekontrakteerde rugbyspelers sonder beperking gebruik kon word
wanneer die M-Net liga die oorkruis kwarteind rondte fase
bereik,
wanneer die streke se bestes en naasbestes kragte meet.
Vir
die voormelde redes is ek derhalwe die mening toegedaan dat daar
absoluut geen meriete bestaan in die Applikant se submissie
dat die
korrekte uitleg van die reël is dat dit ook die semi-finale binne
ân streek sou insluit nie.
Die
gevolg van hierdie bevinding is dat die Applikant baie duidelik na my
mening die reël oortree het deur op 14 Mei 2002 in die
semi-finaal
van sy gekontrakteerde spelers gebruik te maak.
Ek
bespreek vervolgens die volgende aspek te wete of die Bestuur van
die Kimberley-streek wel met die nodige regsbevoegdheid beklee
was
om ân besluit te neem soos dié wat hulle geneem het op 17 Mei
2002.
Dit
is aksiomaties in ons reg dat vrywillige verenigings soos
sportklubs en sportunies, synde privaat entiteite, in hulle interne
huishoudelike reëlings genoop is om die gemeenregtelike beginsels
van die administratiewe reg te eerbiedig.
Sien
in dié verband:
Devenish,
Govender & Hulme:
ADMINISTRATIVE
LAW AND JUSTICE IN SOUTH AFRICA
,
te 25 soos aangehaal in:
Pennington
v
Friedgood
& others 2002(1) SA 251(K)
te
263 B-D.
11.3
Een
van die hoekstene van die gemeenregtelike beginsels van
administratiewe reg is dat administratiewe handelinge deur ân
privaat
entiteit soos die Streekbestuur van die Derde Respondent in
die onderhawige geval wat openbare bevoegdhede uitoefen, met die
nodige
regsbevoegdheid beklee moet wees daartoe
.
Sien
in dié verband:
Baxter:
ADMINISTRATIVE
LAW
te
386.
11.4 ân
Vrywillige vereniging soos die Derde Respondent ontleen al sy
regsbevoegdhede vanuit sy grondwet. Dieselfde geld vir instellings,
geskep in sodanige grondwet, wat gemagtig word om sekere
regsbevoegdhede namens die moederliggaam (Derde Respondent) uit te
oefen
by wyse van gedelegeerde bevoegdheid. ân Tipiese voorbeeld
daarvan is ân dissiplinêre komitee ingestel ingevolge die grondwet
van die Derde Respondent wat met die regsbevoegdheid beklee is
daarvolgens om met alle dissiplinêre aangeleenthede van Derde
Respondent
te handel.
Sien
ondermeer:
Turner
vs
Jockey
Club of South Africa 1974(3) SA 633(A)
te
645 C â 646 F.
11.5 In
die onderhawige geval is dit opvallend dat die Bestuur van die
Kimberley-streek geen bevoegdhede vanuit die Derde Respondent
se
grondwet verkry het om dissiplinêre aangeleenthede self aan te
spreek nie. Daarvoor word daar uitdruklik in die grondwet ân
dissiplinêre komitee geskep, beide in die streek asook op unie-vlak.
Na my mening het die Bestuur van die Kimberley-streek deur
sy
besluit van 17 Mei 2002 aan homself ân bevoegdheid wat uitsluitlik
aan die dissiplinêre komitee toevertrou is, toegeïen.
Sodanige
optrede is
ultra
vires
;
Sien:
Baxter:
ADMINISTRATIVE
LAW
,
te 434.
Dit
ly na my mening geen twyfel nie dat die effek van die besluit van 17
Mei 2002 neerkom op dissiplinêre optrede teen die Applikant
â dit
is per slot van sake waaroor die uitgestelde dissiplinêre
verrigtinge gegaan het.
Mnr
Knoetze, wat namens daardie respondente wat hierdie aansoek
opponeer, verskyn het, het hom beroep op klousules 19.1.1, 19.1.6
en
28 van die grondwet van die Derde Respondent. Hy het aangevoer dat
die Kimberley-streek Bestuur uit hierdie klousules die
regsbevoegdheid ontleen om sy besluit van 17 Mei 2002 te kon geneem
het. Ek meen dat daar geen meriete in hierdie submissie is
nie.
Klousule 19 omskryf bloot in algemene terme wat die doelstellings
van die streekbestuur is. Dit sluit in die bevordering,
ontwikkeling en bestuur van rugby in sy streek sowel as die
handhawing van dissipline en orde ter bevordering van rugby. Geen
bevoegdhede word direk of selfs by noodwendige implikasie toegedeel
aan die streekbestuur uit hoofde van hierdie klousule nie.
Klousule
28 handel oor ligabepalings van klubrugby in die streek. Ook
hierdie klousule verleen hoegenaamd geen regsbevoegdheid
aan die
streek se Bestuur aangaande dissiplinêre aangeleenthede nie. Dit
handel bloot met die bepalings van die ligas vir klubs
(â
fixtures
â).
Alles
inaggenome dus is ek die mening toegedaan dat die Bestuur van die
Kimberley-streek nie die regsbevoegdheid gehad het om die
besluit te
neem wat op 17 Mei 2002 geneem is nie. Om daardie rede het ons
daardie besluit hersien en tersyde gestel. Die sinvolle
weg verder
was dat die hangende dissiplinêre verrigtinge teen die Applikant so
spoedig doenlik deur die bevoegde liggaam (die
dissiplinêre
komitee) afgehandel moes word. Ons het derhalwe, by ooreenkoms
tussen die partye, die verdere bevele uitgereik soos
vervat in
paragrawe 2 en 3 van die oorspronklike bevel.
14.1 Ek
behandel nou die koste-aspek. Hierdie aspek berus uitsluitlik in ons
diskresie en meen ek dat die tersaaklike faktore wat
ân beslissing
oor koste moet onderlê, die volgende is:
dat
die Derde Respondent inderdaad geen besluit geneem het wat vatbaar
vir hersiening is nie;
dat
die Applikant hierdie Hof genader het op ân dringende basis met
uiteenlopende, grootliks ontersaaklike gronde en beweringe
ter
ondersteuning vir die aansoek om hersiening;
dat
die Applikant asât ware met â
vuil
hande
â
hof toe gekom het, gegewe sy oortreding van die duidelike reël wat
deur die Derde Respondent neergelê is, soos alreeds hierin
bevind
is; en
die
feit dat die Applikant in die dringende aansoek voor Kgomo RP
waarna ek alreeds verwys het, glad nie gesteun het op die
gebrek
aan regsbevoegdheid van die Streekbestuur wat die gewraakte besluit
geneem het nie; dit wil voorkom asof hierdie aspek
as ân soort
van nagedagte toegevoeg is tot die onderhawige aansoek.
14.2 Na
my mening was die voor-die-handliggendste basis waarop hierdie
aansoek gevoer moes gewees het dié een waarna ek so pas verwys
het,
te wete die feit dat die Bestuur van Kimberley-streek hoegenaamd nie
regsbevoegheid ingevolge die grondwet gehad het om ân
besluit te
geneem het soos wat hulle wel geneem het nie. Indien die Applikant
op dié basis sy saak gevoer het sou hy nie net suksesvol
gewees het
nie, maar sou die magdom beweringe in die omvangryke stukke ook
aansienlik verminder gewees het. Aan die ander kant is
dit wel so
dat die Streekbestuur ân besluit geneem het waartoe hy duidelik nie
regsbevoegd was nie en het hy al by ân vorige
geleentheid die
pot
mis gesit
toe
die Derde Respondent ân soortgelyke besluit omver moes werp.
In
die omstandighede meen ek dat dit billik sal wees om te gelas dat
elke party sy eie koste betaal, behalwe dat die Applikant noodwendig
die Derde Respondent se koste moet betaal, aangesien die Derde
Respondent nooit ân besluit geneem het wat op hersiening geneem
kon
word nie.
By
gevolg sou ek die volgende bevel uitreik bykomend tot die bevel wat
alreeds uitgereik is op 31 Mei 2002:
Die
Applikant word gelas om die koste van die Derde Respondent te betaal.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word aldus gelas:
_________________
JC
VAN DER WALT
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIKANT:
CH
BOTHA
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENTE 1, 2, 3, 4 EN 5:
B
KNOETZE
PROKUREUR
NAMENS APPLIKANT:
ENGELSMAN,
BENADE & VAN DER WALT INGELYF
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENTE 1, 2, 3, 4 EN 5:
VAN
DE WALL & VENNOTE
DATUM
VAN VERHOOR:
31
MEI 2002
DATUM
VAN LEWERING VAN REDES:
7
JUNIE 2002