About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 62
|
|
Marais v Naude and Others (10648/84) [1987] ZASCA 62; [1987] 2 All SA 332 (A) (29 May 1987)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak van:
(Saaknr.
a quo
10648/84)
J A MARAIS
Appellant
en
S M NAUDE
1 ste Respondent
TEW SCHUMANN
2
e Respondent
J J DE BEER
3 e Respondent
I W FERREIRA
4 e Respondent
C F ZIERVOGEL
5
e Respondent
S A VAN DER WESTHUIZEN
6 e Respondent
M J VAN
SCHALKWYK
7 e Respondent
J B M HERTZOG (JNR)
8
e Respondent
In die saak van : (Saaknr.
a quo
849/85)
J A MARAIS N. O
Appellant
en
/S
M NAUDE N.
O.
S M NAUDE N.O
1 ste Respondent
TEW SCHUMANN N.O
2
e Respondent
J J DE BEER N.O
3 e Respondent
I W FERREIRA N.O
4 e Respondent
C F ZIERVOGEL N.O
5
e Respondent
S A VAN DER WESTHUIZEN N.O
6 e Respondent
M J VAN
SCHALKWYK N.O
7 e Respondent
J B M HERTZOG (JNR) N.O
8
ste Respondent
NASIONALE RAAD VAN TRUSTEES
. 9 e Respondent
DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
KAAPSTAD
10
e Respondent
PIETER NEETHLING FONDS
(
INTER VIVOS TRUST
) 11 e Respondent
PIETER NEETHLING
FONDS
(
TESTAMENTêRE STIGTING
) 12 e Respondent
J A MARAIS
N.O
13 e Respondent
S A VAN DER WESTHUIZEN N.O
14
e Respondent
Coram: CORBETT, JOUBERT, SMALBERGER, VIVIER ARR et BOSHOFF Wn AR.
Datum van Verhoor
: 4 Mei 1987
Datum qelewer
: 29 Mei 1987
/UITSPRAAK
UITSPRAAK JOUBERT
AR :
Toe dr S M Naude sy applikasie in saaknr.
10648/84 op 8 Junie 1984 teen die agt respondente, te wete dr Schumann, J A
Marais, dr de
Beer, I W Ferreira, C F Ziervogel, S A van der Westhuizen, ds van
Schalkwyk en J B M Hertzog jnr, in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling
aanhangig gemaak het, het hulle nege persone as trustees van die Pieter
Neethling Fonds gefungeer. Hy het sy aansdek gebring
omdat daar onder hulle 'n
meningsverskil was of daar volgens die trustakte 'n maksimum van slegs 4
trustees mag wees en indien wel,
/wie
4
wie die 4 wettige trustees uit die bestaande nege persone was. Volgens
hom was die vier wettige trustees dr Schumann, dr de Beer,
J A Marais en hyself.
Dr Schumann het as eerste respondent die standpunt ingeneem dat daar slegs 4
trustees mag wees en dat hy en
dr de Beer die enigste wettige trustees was. J A
Marais het as tweede respondent nie saamgestem met dr Naude se aansoek nie. Hy
het
aangedui dat hy '
n
aansoek van sy eie sou bring. Hy het ook gevra dat
dr Naude se aansoek van die hand gewys word met koste
de bonis
propriis
.
Saaknr 849/85 is 'n aansoek wat deur J A Marais, C F Ziervogel, S A van der
Merwe, ds van Schalkwyk, J B M
/Hertzog jnr.....
5
Hertzog jnr NN.O en andere as applikante op 16 Januarie 1985 teen dr
Naude, dr Schumann, I W Ferreira, dr de Beer NN.O en andere as
respondente
gebring is waarin hy '
n
bevel aangevra het dat al nege huidige trustees
hul ampte as trustees wettig beklee. In die alternatief het hy 'n bevel aangevra
om
te verklaar wie hul posisies wettig beklee en dat die res van die huidige
nege trustees as wettige trustees aangestel word. Dit is
nie vir doel= eindes
van hierdie appel nodig om op die verdere alter= natiewe regshulp wat hy
aangevra het, in te gaan nie. Hierdie
aansoek is teengestaan deur I W Ferreira
as 3 e respondent met wie drs Naude, Schumann en de Beer hulle as
respondente vereenselwig het.
/STAFFORD R. ......
6
STAFFORD R het deur ooreenkoms van die
partye die twee aansoeke saam verhoor. Hy het
bevind dat daar volgens die bepalings van die be=
trokke trustakte, waarna ek straks sal verwys, '
n
maksimum van 4 trustees mag wees en dat dr Schumann
die enigste wettige trustee is. Hy het geweier
om die onwettige trustees as trustees van die Pieter
Neethling Fonds (die,,trustfonds") aan te stel.
Met verlof van die hof
a quo
appelleer die appellant
teen hierdie en ander bevindinge. In saaknr
10648/84 berus Ziervogel, van der Westhuizen,
van Schalkwyk en J B M Hertzog jnr
/hulle....
7
hulle by die uitspraak van die hof
a quo
terwyl in saaknr 849/85
hulle, asook die 9 e, 10 e, 11 e, 12 e, 13 e en 14 e respondente, hul by die
uitspraak van die hof
a quo
berus. Die gevolg is dat J A Marais die
enigste appellant is.
Die appellant versoek hierdie Hof om die versuim om die kennisgewings van
appel, asook die oorkonde van die appèl, betyds te
liasseer, te
kondoneer. Daar is verduidelikings vir die ver = suim aangevoer. Hiërdie
aansoek is ook nie in hierdie Hof bestry
nie. Kondonasie word toegestaan en die
appellant moet enige verkwiste koste daardeur
veroorsaak, persoonlik
betaal.
/Die
8
Die eerste geskilpunt is of die trustakte
slegs 'n maksimum van 4 wettige trustees beoog soos
die hof
a quo
bevind het. Dit verg 'n vertolking
van die trustakte. Laasgenoemde is op 17 Maart
1939 deur ene Jacobus de la Rey du Toit, '
n
notaris
publiek, verly. Daarvolgens het die stigter, Pieter
de Waal Neethling, sekere bates in trust aan die
trustees geskenk (klousule 2) sodat die inkomste van
die trustfonds aangewend kan word vir die bevordering
van die trustfonds se doeleindes (klousule 7). Die
doeleindes van die trustfonds is onpersoonlik van aard
en volgens klousule 6 is dit o.a. "om die Afrikanervolk
/te....
9
te dien deur die bevordering van sy geestelike, kulturele en ekonomiese
belange : om die Kommunisme en die Kommunistiese stromings
in Suid-Afrika te
bestry." Wat die benoeming van trustees betref, bepaal klousule 3 soos volg
"Dat as Trustees en beheerdërs van die gesegde Fonds word hiermee benoem
en aangestel met
reg van aanvullin
g die Stigter tesame met ALBERT
HERTZOG, tans van 'Waterkloof' Pretoria, en WYNAND HENDRIK LOUW van 'Die Hoogte'
Suider Paarl, elk
tot aan sy dood. Die Trustees moet van tyd tot tyd een van
hulle as Voorsitter kies en aan= stel." (My onderstreping)
Verder is klousule 5 ter sake wat soos volg lui :
/"Dat
10
"Dat vakatures in die ledetal van die Trustees
wat mag ontstaan deur bedanking, afsterwe of andersins,
aangevul word
deur die oorblywende Trustees. Die Trustees moet onmiddellik na aanvaar=
ding van hulle amp by ineerderheid van stemme hul opvolgers
aanwys maar het
nogtans die reg om sodanige aanwysings van tyd tot tyd te verander. Ingeval
enige Trustee te enige tyd in gebreke
bly om sy pligte uit te voer na behoorlike
skriftelike kennisgewing, kan die oor= blywende Trustees (indien die daar is),
of die
Nasionale Raad van Trustees (indien daar geen oorblywende Trustee is
nie), die betrokke Trustee verwyder en sy pos vakant verklaar,
waarop sy aange=
wysde opvolger
mettertyd
in sy plek tree. Indien geen opvolger aangewys
is nie, moet die oorblywende Trustee, en indien daar geen oorblywende Trustee is
nie,
dan moet die Nasionale Raad van Trustees iemand aanstel in die vakante
pos."
(My onderstreping).
/Dit
11
Dit blyk nie uit die oorkonde wie die
Nasionale
Raad van Trustees is nie. Die advokate kon ook
geen lig op hierdie misterieuse liggaam werp nie.
Die bepalings van die trustakte en hul benoemings
as die oorspronklike drie trustees is aanvaar deur
die stigter Neethling asmede Albert Hertzog en
Wynand Hendrik Louw.
Klousule 3 het
spesifiek
slegs op die oor=
spronklike drie trustees, te wete Neethling, Albert
Hertzog en Louw, betrekking wat as trustees
van die trustfonds benoem en lewenslank aangestel word,
/Dit.....
12
Dit is aan hulle
spesifiek
wat 'n
"
reg
van aanvulling
" verleen word en aan niemand anders nie. Nog die aangevulde
trustees nog die opvolgende trustees word deur klousule 3 'n
"
reg
van aanvulling"
verleen. Wat beteken die ,
reg van aanvullin
g" waarvan
klousule 3 melding maak ?
Adv
. de Villiers het namens die appel = lant (J
A Marais) betoog dat klousule 3 nie na die aanvulling van vakatures verwys
nie.Volgens
hom is 'n
"
reg van aanvulling
" gelykstaande aan 'n
reg van toe= voeging of 'n reg van koöptasie of 'n reg van assumpsie. Die
woord
"
aanvullin
g" beteken volgens hom
"
toevoeging
" of
"
kooptasie
".Hy het verder
betoog dat die op= steller van die trustakte die woord
"
assumpsie
" vermy
/het
13
het omdat
"
assumee
r" swak Afrikaans sou
wees.Met sy aanval op die woord
"
assumeer
" is ek dit nie eens
met hom nie.Die woord
"
assumeer
" is deur Nederlands ontleen
aan die Franse werkwoord
"
assumer
" wat afkomstig is van die
Latynse werkwoord
assumere
wat beteken
"
om toe te voeg".Dit is
nie ontleen aan die Engelse werk= word
"
assume" nie.Afrikaans is ryk
aan woorde van Romaanse oorsprong wat
via
Nederlands oorgeneem is. Dit
geld veral vir 'n groot aantal Afrikaanse werkwoorde wat op -
eer
eindig,
bv.
abandonneer
,
arresteer
,
arriveer, appelleer
,
assosieer
,
assureer,
authentiseer
,
authoriseer
ens.Die skrywers oor die Romeins-Hollandse reg was
/goed
14
goed vertroud met die werkwoord
assumeren
in die
betekenis van
"
om te ko-opteer".So ook die self=
standige naamwoord
assumtie
betekende ko-optasie.
Raadpleeg agter in Wassenaar se
Practyck Judicieel en
Practyck Notariaal,
1729, die
Woordenboek van alderhande
Konst ende Bastaardt-woorden tot de Practyque Judicieel
ende des Notarischaps en andere Rechts-oeffeningenseer.>nodig
er
dienstig,
s.v.
assumeren
en
assumtie.
Lybrechts,
Redenerend Vertoog over 't Notaris Ampt,
1780, Eerste
Deel, hoofstuk 30 nr 15 verwys na die
assumeren
van 'n
mede-voog en gebruik dan die uitdrukkinge :
qeassumeerde
Vooqd asook assumtie. In 2 Observationes Tumultuariae
/1615 is.....
15
1615 is 'n testamentêre
clausule van assumptie
en
surrogatie
asook
magt van assumptie en surrogatie
ter sprake. Raadpleeg ook Kersteman,
Hollandsch
Rechtsgeleert Woordenboek,
1768, s.v. Assumtie.
Afrikaans is vertroud met
assumeer
,
assumptie
en
mag
/
reg van assumptie,
in dieselfde betekenis as Nederlands,
soos blyk o.a. uit HAT, 1970, s.v.
assumeer, assumpsie;
Woordeboek van die Afrikaanse Taal;
band 1, 1950, s.v.
assumeer;
Hiemstra en Gonin,
Drietalige Regswoordeboek,
2 e uitgawe, 1986 s.v.
assumeer
en
assumpsie
. Selfs
van 1913 gebruik die wetgewer het in artikels 33(1), (.2), (3) en 39van die
Boedelwet 24
gemaak van
te assumeren
,
req van assumptie
,
geassumeerde
eksekuteur
. Ons vind dat die wetgewer dieselfde doen
/in
16
in artikels 15 (l)(a), (b), (2) en 23.{2)van die Boedelwet
66 van 1965. Ek kan derhalwe nie met die betoog saam=
stem dat
"
assumeer" swak Afrikaans is nie. Indien die
notaris in klousule 3 van die uitdrukking
"
reg van
assumpsie" wou gebruikmaak, het niks hom verhinder
om dit te doen nie.
Volgens die
Woordeboek van die Afrikaanse Taal,
band 1, 1950 beteken "aanvulling":
1. Byvoeging, toevoeging - veral van wat ontbreek :
Die
aanvulling van 'n vakature,
begroting ens. Aanvulling
v/d leemtes in sy kennis.
2. Die toegevoegde gedeelte.
(My onderstreping). /Die.....
17
Die werkwoord
"
aanvul
" beteken : 1. Verder
volmaak; opvul: Bottels wat half vol is verder
met wyn aanvul. 2. Voltallig
maak : 'n Bestuur van '
n
vereniging met nuwe
lede aanvul. 3.
Volledig maak deur byvoeging van wat ontbreek of kortkom
:
Leemtes, gebreke, algemene kennis,
vakatures
ens
aanvul
. 'n
Aanvullende verslag, lys, begroting. 'n Aanvullende
eksamen, in een of meer vakke wat vir 'n
bepaalde ser=
tifikaat vereis word en waarin nog geen eksamen afgelê
is nie.
(My onderstreping).
/Raadpleeg ..
18
Raadpleeg verder: Terblanche en Odendaal,
Afrikaanse
Woordeboek
, 1966, s.v.
"
aanvul
" en
"
aanvulling
;" HAT, 1970 s.v.
"
aanvul
" en
"
aanvulling
". Na my mening beteken die
"
reg van
aanvulling
" in klousule 3 nie 'n reg van assumpsie of kooptasie, soos namens
die appellant aangevoer is, nie. Dit is ondenk= baar dat klousule
3 beoog het om
aan die oorspronklike drie trustees '
n
onbeperkte bevoegdheid om 'n legio
van mede-trustees te koöpteer, te verleen. Na my mening beteken die
"
reg van aanvulling
" in klousule 3 die bevoegdheid om
vakatures wat onder die oorsprohklike drie trustees ontstaan, aan te vul weens
die volgende redes:
/1. So
19
1. So'n gevolgtrekking is in ooreenstemming met die gewone
grammatikale betekenis van die woord
"
aanvulling".
2. Klousule 3 moet in samehang met klousule 5 gelees word.
Klousule 5 wys daarop dat die oorblywende trustees
vakatures in die ledetal van die trustees wat op watter.
wyse ookal mag ontstaan, moet aanvul.Hierdie be=
paling is gerig
in die algemeen
aan die
"
oorblywende
trustees" en het derhalwe betrekking op die oorspronklike
drie trustees, die aangevulde trustees wat deur hulle
aangestel is sowel as hul opvolgers ten einde die kon=
tinuïteit van trustees te bewerkstellig om die onper=
soonlike trust te beheer en uit te voer wat aan geen
/tydsbeperking.....
20
tydsbeperking onderhewig is nie. Die werkwoord
"aangevul word" in klousule 5 het dieselfde betekenis
as die selfstandige naamwoord
"
aanvulling" in
klousule 3.
3. So'n gevolgtrekking word ook onderskraag deur die feit
dat stigter Neethling asmede Albert Hertzog en Wynand
Hendrik Louw op 8 Junie 1939 'n notarïele wysigings=
akte van die trustakte deur Carl Ferdinand Markotter,
'n notaris publiek, laat verly het ten einde die trust=
akte in sekere opsigte te wysig o.a. deur Johannes Neethling Henoch
Morkel as 'n trustee aan te stel en deur klousule 3 van
die trustakte sodanig te wysig dat sy naam
"
beskou
/sal...
21
sal word as synde daarin bevat en beskrywe". Die effek
hiervan was dat die oorspronklike drie trustees se
getal uitgebrei is na 4. Morkel het sy aanstelling as
trustee aanvaar soos blyk uit die notaríële wysigings=
akte van die trustakte. Tereg het die hof
a quo
hierdie
omstandigheid van die wysiging van die trustakte as
contemporanea expositio
beskou wat daarop dui dat
die oorspronklike drie trustees wat by die oprigting van
die trustfonds betrokke was klousule 3 se
"
reg van aan=
vulling"
as 'n reg om vakatures aan te vul, beskou het
en nie as 'n reg van assumpsie of kooptasie nie. Indien
dit laasgenoemde beteken het, was dit nie vir hulle
nodig om klousule 3 se ledetal van 3 trustees te wysig
/In....
22
In die lig van die voorgaande het die hof
a quo
tereg
beslis dat daar volgens die trustakte 'n maksimum van 4 trustees mag wees. Alle
trustees ongeag of hulle oorspronklike trustees
of aangevulde trustees is, het
die bevoegdheid om vakatures in die ledetal van die trustees aan te vul sodat
daar 'n maksimum van
4 trustees is.
Ek gaan nou daartoe oor om die tweede geskil=
punt te behandel, nl. om vas te stel wie van die
9 trustees is wettige trustees. In hierdie verband
is dit nodig om met 'n submissie van
adv
. de Villiers
te handel indien daar slegs 4 wettige trustees mag wees
/Waar....
23
Waar die trustees volgens klousule 5 hul opvolgers aanwys, sou
die effek daarvan wees (volgens hierdie submissie) dat 'n wettig aangewese
opvolger outomaties sonder 'n verdere regshandeling in 'n vakante trustamp
opvolg. Hierdie submissie verloor uit die oog dat klousule
5 uitdruklik
voorsiening maak vir die reg om die aanwysings van opvolgers van tyd tot tyd te
verander, Dit verloor ook uit die oog
die woord
"
mettertyd
" in
klousule 5. Laasgenoemde onderskei duidelik tussen die aanwysing van 'n opvolger
en die aanstelling van iemand as 'n trustee
in 'n vakante trustamp.
Van
outomatiese opvolging is daar geen sprake nie. Dit
/is
24
is immers erkende reg dat niemand 'n trustee kan word
sonder dat hy sy benoeming as trustee vrywillig aanvaar
nie.Insgelyks kan '
n
onwettige trustee nie sonder 'n
regshandeling verander word nie. Die vraag of iemand
'n wettige of onwettige trustee is, moet op die oomblik
van sy aanstelling beoordeel word. Na my oordeel is
die submissie van adv. de Villiers volkome ongegrond.
Die benadering van die hof
a quo
was dat enige
benoeming en aanstelling van 'n trustee waaraan 'n on=
wettige trustee deelgeneem het, ongeldig is. Op
hierdie wyse is bevind dat dr Schumann (die 2 e respon=
dent in hierdie appèl) die enigste wettige trustee is.
/Adv. de Villiers...
25
Adv. de Villiers het aan die hand van die
beslissing
van die Kaapse volle regbank in
Loedolff & Smuts v
Robertson & Others
,
(1863) 4 Searle 128
, die kor=
rektheid van hierdie benadering betwis. In hierdie
gewysde het die eisers Loedolff en Smuts 'n aksie teen
die verweerders ingestel om die besluite en resolusies
van die sinodes van die Kaapse N G Kerk, gehou in die
jare 1852, 1857 en 1862, nietig te verklaar omdat die
dominees en ouderlinge van die Natalse en Oranje-
Vrystaatse N G Kerke asook twee teologiese professore
van Stellenbosch aan die sinodale verrigtinge, besluite
en resolusies deelgeneem het sonder dat hulle die reg
/daartoe....
26
daartoe gehad het. Die Kaapse hof het absolusie van die
instansie verleen. Hoofregter HODGES verwys op p 134 na die feit dat 'n sinode
"
a numerous body" is. Op p 135 formuleer hy sy
ratio decidendi
soos volg:
"The Synods cannot be said to have been illegal assemblies by reason of the
presence of persons who were not
de jure
entitled to be there, nor does
the declaration venture to designate them by that name. By the law and custom of
Parliament in England,
the proceedings during a session are not in the slightest
degree vitiated by the presence of persons who sat and voted as members,
al=
though they were subsequently found not to be members
de jure
. The
greatest possible in= convenience would arise if any other rule prevailed."
Hierdie greep na
"
the law and custom of Parliament in
England" met betrekking tot die geldigheid van die
/Engelse .....
27
Engelse parlement se verrigtinge waaraan persone as
parlementslede deelneem terwyl dit later blyk dat hulle nie wettige
parlementslede
is nie, kom vir my met alle respek nie as toepaslike gesag vir
die beslissing van die
Loedolff
-saak voor nie. Daarenteen het CLOETE R na
D 1.14.3 en Voet 1.14.6 verwys waarby WATERMEYER R aangesluit het terwyl BELL R
sy aandag
aan die inhoud van die resolusies bestee het. Laat ons nou kyk na D
1.14.3 en Voet 1.14. 6 (daardie gedeelte daarvan wat ter sake
is).
/D 1.......
28
D 1-14. 3 (Ulpianus) : Barbarius Philippus cum servus fugitivus esset, Romae
praeturam petiit et praetor designatus est,sed-.nihil
ei servitutem obstetisse
ait Pomponius, quasi praetor non fuerit : atquin verum est praetura eum functum.
Et tamen videamus : si
servus quamdiu latuit, dignitate praetoria functus sit,
quid dicemus ? Quae edixit, quae decrevit, nullius fore momenti ? An fore
propter utilitatem eorum, qui apud eum egerunt vel lege vel quo alio iure? Et
verum puto nihil eorum reprobari : hoc enim humanius
est : cum etiam potuit
populus Romanus servo decernere hanc potestatem, sed et si scisset servum esse,
liberum effecisset. Quod ius
multo magis in imperatore observandum est.
(Watson se vertaling : Barbarius Philippus, while he was a runaway slave,
stood as a candidate for the praetorship at home and became
a praetor designate.
His servile status was no kind of obstacle, says Pomponius,
/to
29
to his being a praetor, as a matter of fact
he did perform the functions of the praetor=
ship. But let us consider : if a slave, so long as his status was unknown,
exercised the praetorian responsibilities, what are we
to say ? That the edicts
and decrees he issued would be null and void ? Would that be to the benefit of
those who had sued
in his court
either on statutory grounds pr on some
other right? The truth, I think, is that none of these edicts, decrees and so
forth, would
be deemed nullities.
For this is the more humane view. For the
Roman people certainly was competent to have conferred this power on a
slave
,
but
,
of course
,
if it had known he was a slave
,
it would have set him
free.
The right to do so then must all the mor
be held valid in the case of the emperor
.)
(My
onderstreping). Die woorde
"
in
his court
" in Watson se
/vertaling
30
vertaling is 'n vrye vertaling- en die ewe-knie daar= van kom
nie in die Latynse teks voor nie.'
n
Praetor was wel '
n
staatsamptenaar (
magistratus
) maar die Romeinse
magistratus
was nie '
n
regsplegende beampte nie. Sien
May v. Udwin,
1981 (1)
SA 1
(AD) op p 12
in fine
- 13 A. Volgens die
per formulam
-prosedure het die litigante
in iure
voor die praetor verskyn waar hulle
'n
iudex
benoem het en waar die praetor aan hulle 'n skriftelike
formula
. verleen het. Die verhoor het dan
in iudicio
voor die
iudex
plaas= gevind. Raadpleeg Van Warmelo ,
Die Oorsprong en
Betekenis van die Romeinse Reg
, 2 e uitgawe 1978,
/para
31
para 101, 18, 26,
36- In D 1.14.3
is 'n voortvlugtige slaaf
Barbarius Philippus wat daarin geslaag-het om as praetor aangestel te word
sonder dat sy gebrek aan status
bekend was, ter sprake. Die vraag is of sy
edikte wat hy as 'n staatsamptenaar uitgereik het on= geldig of geldig is ? Die
gronde
waarvolgens Ulpianus van mening is dat hulle wel geldig is, word oor die
boeg gegooi dat dit 'n meer humane beskouïng is. Verder
voer Ulpianus aan
dat die (soewereine) gesag van die Romeinse volk, en later die keiser, hierdie
bevoegdheid aan hom as 'n
slaaf kon verleen het. Dog as dit bekend was
dat hy 'n slaaf is, sou hy eerder van owerheidsweë vrygelaat
/gewees
32
gewees het. Na my mening is die probleem waarmee D 1.14. 3
handel glad nie
in pari materia
met die probleem in die huidige
appèl waar onwettige trustees deelneem aan die benoeming en aanstelling
van trustees nie.
Bowendien kan die gronde waarop Ulpianus steun nie
mutatis
mutandis
in die onderhawige geval toegepas word nie.
Voet 1.14.6 (insoverre relevant): Sed si quis ad tabellionis munus aut
magistratus officium admotus fuerit per eos, qui éjus
faciendi potestatem
habent, quique errore communi ignorarunt impedimentum, quo muneri admotus vel ab
initio inhabilis erat, vel post
collatum ab initio rite munus inceperat
inidoneus esse, ipse quidem scienter adspirans ad munus, illudve retinens contra
leges ,
/congruente
33
congruente poena coërcendus est. Cod. 10.33
(32). 2. Sed firmum nihilominus atque ratum manebit
ex aequitate &
humanitate
, quicquid coram tali tabellione vel magistratu gestum, non per
ignorantés tantum, sed & per scientes impedimentum, cum
forte paucis
illud innotuisset; non propter communem errorem;
sed propter designationem
seu electionem,
& discusso errore subsecutam tacitam comprobationem
eorum
,
qui eligendi ac comprobandi potestatem habent
, ut ante dictum,
convenienter D 1.14.3. Vide Jacob. Gothofredum libello singul. ad D 1.14.3
nr.l3, Zoesium ad D 1.14.3, Besoldum
delib. juris ad Pand. libr. 1 nr. 47 pag
152, 153).
(My onderstreping).
(Gane se vertaling: But if a person had been advanced to the function of
notary or the duty of magistrate by those who had the power
to make him such,
and they by common mistake were ignorant of the obstacle which
/had
34
had either made the person so advanced to the
office originally ineligible, or had caused him to be disqualified after the
office
had been originally duly conferred upon him, then that same person, if he
knowingly aimed at the office and retained it contrary
to the laws, has to be
restrained by a suitable penalty (Cod. 10.33(32). 2. None the less will
everything done in the presence of
such notary and magistrate, not only by those
who were ignorant but also by those who were aware of the obstacle, if perchance
it
had become known to few only, remain stable and valid
on the grounds of
fairness and human justice
. That is not because of the common error,
but
because of the choice and selection
,
and of the tacit approval
,
after the dispelling of the mis
=
take
,
on the part of those
who
, as we said above,
had the power to choose and approve
. This is
in conformity with the law as cited below.)
(My onderstreping). In
May v Udwin, supra
, op p 14
in fine
15
A
/is....
35
is daarop gewys dat die woord
"
magistraat" in die
Romeins-Hollandse reg tweeledige betekenisse het en dat dit wel op die Hof van
Skout en: Schepenen kan slaan. In
die aangehaalde passasie se konteks wil dit
eerder voorkom asof Voet
magistratus
, net soos in die Rcxneinse reg, in
die betekenis van staatsamptenaar en nie regs= plegende beampte nie gebruik.
Voet behandel die
geval waar 'n staatsamptenaar of 'n notaris publiek aangestel
is. Dit was egter onbekend aan diegene wat die aanstellings= bevoegdheid
het dat
daar, van die begin af of daarna, 'n belemmering aan hul aanstellings kleef wat
hulle vir die aanstellings diskwalifiseer.
Voet meen dat dit billik
en humaan is dat die notaris en die staatsamptenaar se
/handelinge
36
handelinge as geldig beskou word. Hy wys ook daarop dat
diegene, wat die aanstellingsbevoegdheid gehad het, hul handelinge stilswyend
goedgekeur het nadat die be= lemmering aan die lig gekom het. Op watter basis
Voet hierdie stelling maak, is nie duidelik nie. Die
verwysings na Zoesius kon
ek nie vind nie terwyl Gothofredus en Besoldus se betrokke werke nie vir my
beskikbaar is nie.
Dionysius Gothofredus (1549-1622), die vader van Jacobus Gothofredus, se
kommentaar ad
D 1-14.3 is soos volg :
Decreta Barbarii firma esse hoc argumento ostend Populi
interest eique utile est decreta Barbarii
/valuis....
36 (a)
valuisset. Et populum itaque decreta Barbarii (tametsi servi hominis)
confirmasse verisimile est. Quidni vero decreta homine lata
imo confirmaverit
populus, cum si servum esse
scivisset, liberum efficere potuisset, imo
liberum effecisset? Quod si populus id potuit,
aeque, imo, & multo magis princeps liberum facere ita potuit.
Tereg wys hy daarop dat dit in die openbare belang (
populi interest
)
is en dat dit ook nuttig (
utile
) is dat die dekrete van Barbarius
Philippus (na wie in D 1.14. 3 verwys word) regsgeldig moet wees. Dit is daarom
waarskyn= lik dat
die Romeinse volk sy dekrete bevestig het ofskoon hy 'n slaaf
is, aldus Gothofredus.
Dit kom vir my voor asof die
rationes decidendi
van die uitsprake in
Loedolff
-saak nie toepaslik kan wees op gevalle waar 'n mens te doen het
met 'n bestuurs=
liggaam, soos 'n raad van trustees wie se bevoegdhede
skriftelik
37
skriftelik in hul konstitusies of aktes omskryf is..nie. In
die onderhawige geval is die gewysigde trustakte die konstitusie van die
trustees vir die beheer en bestuur van die trustfonds. In klousule 3, soos
gewysig, word voorsiening gemaak vir '
n
maksimum van 4 trustees. Enige
besluit om hul. getalle te vermeerder, is
ultra vires
die gewysigde
trustakte. Insgelyks beoog klousule -5 dat wettige aangevulde trustees aangestel
word sodat die aan= stelling van enige
onwettige aangevulde trustees
ultra
vires
die gewysigde trustakte is.
Laat ons nou aan die hand van bogenoemde beginsels die aanstellings van die
trustees, soos veral uit die notules van die vergaderings
van die trustees blyk,
ontleed:
/1. Aanvanklik ...
38
1. Aanvanklik het ons die oorspronklike 4 trustees wat
wettig aangestel is, nl. Neethling, Albert Hertzog,
Louw en Morkel, soos ek reeds aangetoon het.
2. Na die oorlyde van Neethling is dr Schumann op 11 Julie
1939 as 'n aangevulde trustee in sy vakature deur Albert
Hertzog, Louw en Morkel aangestel (Bylae D
2
band 1 p 32)
Hierdie aanstelling is derhalwe regsgeldig.
3. Op 8 Januarie 1945 neem Albert Hertzog, Louw, Morkel en
dr Schumann 'n besluit om die getal trustees na 5 uit te
brei (Bylae D
3
band 1 p 34). Hierdie besluit is
ultra
vires
. Daar word ook besluit om prof Malan as 5 e trustee aan te stel.
Hierdie aanstelling van prof
Malan as 5 e trustee is derhalwe onwettig.
/4. Op ...
39
4. Op 9 Februarie 1950 word ds du Toit as 'n 5 e trustee
aangestel in die vakature wat deur die oorlyde van Morkel
gedurende Desember 1949 veroorsaak is (Bylae D
4
band 1
p 36-37).Sy aanstelling deur Albert Hertzog, Louw,
dr Schumann en prof Malan is derhalwe onwettig.
5. Op 8 Mei 1952 bedank prof Malan as trustee (Bylae D
5
band 1 p 38).Die oorblywende trustees was toe Albert
Hertzog, Louw, dr Schumann en ds du Toit.
6. Op 18 Maart 1960 besluit Albert Hertzog, Louw, dr
Schumann en ds du Toit om die getal trustees na 6 uit
te brei (Bylae. D
10
band 1 p 49-50). Hierdie besluit
ultra vires. Daar word ook besluit om prof Naude
/en...
40
en C D N Hertzog as 5 e en 6 e trustees aan te stel
Hul aanstellings as 5 e en 6 e trustees is onwettig.
7. Op 10 Julie 1966 is C D N Hertzog oorlede (Bylae D
12
band 1 p 55). Die oorblywende trustees was toe
Albert Hertzog, Louw, dr Schumann, ds du Toit en prof
Naude.
8. Op 21 Augustus 1967 is Louw oorlede (Bylae D
13
band
1 p 58).
9. Op 10 Februarie 1968 word die appellant J A Marais deur
Albert Hertzog, dr Schumann, ds du Toit en prof Naude
as 5 e trustee benoem om die vakature veroorsaak deur die
oorlyde van C D N Hertzog te vul (Bylae D
13
band 1
op p 60). Hierdie benoeming van J A Marais as 5 e
/trustee .
41
trustee is onwettig.Daar word ook besluit om dr
Treurnicht in die vakature veroorsaak deur die oorlyde
van Louw aan te stel indien hy gewillig is om dit te
aanvaar.Dit is gemene saak dat hy dit aanvaar het.
Sy benoeming as 6 e trustee is ongeldig.
10.Op 5 Junie 1971 het die trustees die bedanking van dr
Treurnicht, gedateer 24 April 1971, aanvaar (Bylae D
14
band 1p 63). Die trustees was toe Albert Hertzog,
dr Schumann, ds du Toit, prof Naude en J A Marais.
Hulle het op dieselfde datum dr de Beer as trustee benoem
(Bylae D
14
band 1 p 63).Dr de Beer het die benoeming
wel aanvaar soos blyk uit Bylae D
15
band 1 p 65.Sy
aanstelling as 6 e trustee is onwettig.
/11. Op.....
42
11. Op 30 April 1976 is Ziervogel as 7 e trustee aangestel
deur dr Schumann, Albert Hertzog, ds du Toit, prof Naude, dr de Beer en J A
Marais. Hierdie aanstelling as 7 e trustee is onwettig.
12. Op 28 Maart 1978 word Ferreira en van der Westhuizen as bykomstige
trustees aangestel, nl as 8 e en 9 e trustees, deur Albert
Hertzog, dr Schumann,
ds du Toit, prof Naude, dr de Beer, J A Marais en Ziervogel. Hierdie
aanstellings as 8 e en 9 e trustees is
onwettig.
13.
Op 5 November 1982 is
Albert Hertzog oorlede (para 8. 19 band 1 p 13) terwyl ds du Toit gedurende 1981
oorlede is
14.
Op 1 Julie 1983 word ds van
Schalkwyk as 8 e trustee
/in
43
in die plek van Albert Hertzog aangestel terwyl J B M
Hertzog jnr as 9 e trustee in die plek van ds du Toit
aangestel is. (Bylae D
20
ban 1 p 79). Die trustees
was toe dr Schumann, prof Naude, dr de Beer, J A Marais, Ziervogel, Ferreira
en van der Westhuizen. Hierdie aanstellings van ds van
Schalkwyk en J B M
Hertzog jnr as 8 e en 9 e trustees is onwettig.
Uit die voorgaande blyk dit dat slegs die aan= stelling van dr Schumann as
aangevulde trustee geldig is terwyl die aanstellings van
prof Naude, dr de Beer,
J A Marais, Ziervogel, Ferreira, van der Westhuizen, ds
van Schalkwyk. en J B M Hertzog jnr ongeldig is omdat
/elkeen
44
elkeen van hulle by hul aanstellings die maksimum
getal van 4 trustees oorskry het. Ek kom derhalwe
tot dieselfde slotsom as STAFFORD R ofskoon hy, soos
vermeld, 'n ander maatstaf toegepas het.
Die derde geskilpunt is dat die hof
a quo
geweier het om die onwettige trustees as wettige trustees
aan te stel. Na my oordeel het die appellant nie genoeg=
same gronde aangetoon waarom die hof
a quo
dit moes doen
nie. Die hof
a quo
het tereg beslis dat dit 'n aan=
geleentheid vir dr Schumann as wettige trustee was om
3 mede-trustees in. terme van klousule 5 van die trustakte
aan te stel.
/Dit....
45
Dit volg dat die appèl nie kan slaag nie.
Wat koste van die appèl betref, het adv. de Villiers gevra dat dit
deur die trustfonds betaal word indien die appèl
onsuksesvol is. Die
advokate wat namens die 2 e asook 3 e en 4 e respondente verskyn het, was
geneë in hul mondelinge vertoë
om hiermee akkoord te gaan. Hierdie Hof
is egter nie deur hul houding gebind nie. In die onderhawige geval het STAFFORD
R 'n goeie
oorwoë uitspraak gegee wat in geen enkele opsig deur hierdie Hof
as verkeerd bevind is nie. Die appellant was die enigste party
wat hom nie daarby wou neerlê nie. Alles in ag geneem,
/is
46
is ek van oordeel aan die hand van die beginsels toegepas
in
Abraham-Kriel Kinderhuis v Adendorff
N O, 1957 (3)
SA 653 (AD) op p 657 dat die koste van appèl deur die
appellant gedra moet word.
Die resultaat is dan soos volg:
Die appèl word van die hand gewys met koste.
Indien die respondente nie daarin slaag om hul koste
van die appellant persoonlik te verhaal nie moet die
koste deur die Pieter Neethling trustfonds (inter vivos)
betaal word.
C. P. JOUBERT AR.
CORBETT AR
SMALBERGER AR
VIVIER AR Stem saam.
BOSHOFF Wn A:R