About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 18
|
|
Human v Smith (CA & R 27/01) [2002] ZANCHC 18 (24 May 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA
& R 27/01
Datum
verhoor:
2002-05-20
Datum
gelewer:
2002-05-24
In
die appél van
:
WILLEM
JACOBUS WYNAND HUMAN APPELLANT
versus
CORNELIUS
ALWYN SMITH RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP
APPéL
MAJIEDT
R:
Die
Appellant (wat die Verweerder in die
hof
a quo
was)
kom in hoër beroep teen die bevel van die landdros waarvolgens
vonnis teen hom verleen is ten gunste van die Respondent (wat
Eiser
in die
hof
a quo
was)
in die bedrag van R19 521.60. Gerieflikheidshalwe sal ek na
die partye hierin verwys soos hulle in die
hof
a quo
was.
Daar
is terselfdertyd ook ân aansoek deur die Verweerder vir kondonasie
van die laat indiening van die oorkonde in die verrigtinge.
Aangesien hierdie aansoek nie opponeer was nie en daar
prima
facie
gegronde redes bestaan vir die versuim, het ons die aansoek
toegestaan.
Die
Eiser se eis het voortgespruit uit die feit dat die Verweerder
onregmatiglik en nalatiglik ân sekere gifstof op ân gedeelte
van
die Eiser se wingerd laat beland het wat daartoe aanleiding gegee
het dat die Eiser nie hierdie wingerd kon lewer vir verbruik
deur
die wynkelder nie. Eiser en Verweerder was op daardie stadium
druiweboere wat aangrensend tot mekaar in die Groblershoop-distrik
geboer het. In die landdroshof het die Verweerder aanspreeklikheid
aanvaar om die Eiser te vergoed vir sodanige skade as wat hy
mag
bewys.
Ter
bewys van sy eis het die Eiser self getuig asook ene D Botha,
ân taksateur, wat as deskundige deur die Eiser geroep is.
Die
Eiser is na Botha se getuienis teruggeroep om verdere getuienis af
te lê op aansoek van die Verweerder se prokureur. Namens
die
Verweerder het hyself getuig asook ene Pieter van Wyk.
Op
appél voor ons het Mnr Danzfuss namens die Verweerder op verskeie
gronde die landdros se bevindinge aangeval. Na sy submissie
het die
Eiser versuim om voldoende getuienis voor die landdros te plaas en
behoort die landdros absolusie van die instansie te
gelas het teen
hom.
Ek
handel ter aanvang met daardie aspekte waarop Mnr Van Niekerk, wat
namens die Eiser op appél voor ons verskyn het, toegegee
het die
landdros gefouteer het.
Ten
eerste het die landdros foutiewelik die massa in kilogram na ton
omgeskakel as synde 100 kilogram in ân ton instede
van
1000 kilogram in ân ton.
Verder
het die landdros bloot die tonnemaat van rosyne op die Eiser se
state wat hy ingehandig het by die verhoor tesame met die
nat
druiwe se tonnemaat in aanmerking geneem. Hierdie is natuurlik nie
korrek nie en moes daar uiteraard ân omskakeling gewees
het in
tonnemaat vanaf nat druiwe na rosyne. Daar is voor die landdros
getuienis gelei dat vier ton nat druiwe een ton rosyne
lewer.
Hierdie laasvermelde getuienis is ook ân bron van dispuut tussen
die partye op appél.
Mnr
Danzfuss het aangevoer dat die landdros gefouteer het deur hoorsê
getuienis toe te laat. Die belangrikste aspekte waaroor
daar
volgens Mnr Danzfuss se submissie, hoorsê getuienis gelei is, is
die volgende:
Die
Eiser se getuienis dat hy vier ton nat druiwe moes produseer om een
ton rosyntjies te kry; en
Die
deskundige, Botha, se getuienis dat hy die bedrag van R830/ton vir
nat druiwe verkry het van ân amptenaar van die wynkelder.
Uit
die aard van die saak is hierdie twee aspekte wesenlik tot die
berekening van Eiser se bedrag van skadevergoeding. ân Hof
van
Appél is geregtig om ân
hof
a quo
se
feitebevindinge te ignoreer en sy eie feitebevindinge en afleidings
te maak, waar die
hof
a quo
opsigtelike
en wesenlike verkeerde feitebevindinge gemaak het.
Sien:
R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)
te 705 â 706.
Op
dié basis dus is hierdie Hof geoorloof om die korrekte berekeninge
te maak wat betref die omskakeling van kilogramme na ton op
appél.
Is hierdie Hof egter geoorloof om hoorsê getuienis (indien getuienis
wel op hoorsê gegrond is) toe te laat? Mnr Danzfuss
het ons na
verskeie beslissings verwys as steun vir sy submissie dat die hoorsê
getuienis uitgesluit behoort te gewees het.
Die
eerste vraag wat ontstaan is of die getuienis wel kwalifiseer as
hoorsê getuienis. Ek is van mening dat die eerste aspek,
te wete
die getuienis dat vier ton druiwe een ton rosyne daarstel, nie op
hoorsê gebaseer is nie. Die Eiser se aanvanklike getuienis
in hoof
was baie duidelik gebaseer op eie ervaring en daarvolgens moes hy
vier ton nat druiwe produseer om een ton rosyntjies te
verkry. Hy
het weliswaar in kruisondervraging aangedui dat dit algemeen
aanvaarbaar is dat vier ton nat druiwe een ton rosyne
produseer.
Hierdie stelling van hom is egter nooit betwis of aangeval deur
Verweerder se prokureur nie.
Verder
is dit insiggewend dat toe die Verweerder getuig het, hy nooit
hierdie getuienis in geskil geplaas het nie of getuienis tot
die
teendeel aangebied het nie. Selfs al is die deskundige getuie Botha
se getuienis oor dieselfde aspek gebaseer op inligting verkry
vanaf
ân ander bron ( die SAD), is ek die mening toegedaan dat die Eiser
se getuienis daaromtrent gebaseer is op sy eie ervaring.
Selfs al is
ek verkeerd met my voormelde bevinding, dan is dit wat ek hieronder
sê in par. 8
mutatis
mutandis
ook van toepassing op hierdie geval.
Wat
die tweede aspek betref, naamlik die bedrag per ton, is dit
weliswaar net Botha wat daaroor getuig het op grond van inligting
wat hy verkry het van ân werknemer van die wynkelder. Ook hierdie
getuienis is nooit betwis òf in kruisondervraging òf in
getuienis
deur die Verweerder of sy getuie nie. Mnr Danzfuss het aangevoer
dat, selfs waar geen beswaar gemaak is teen die aanbieding
van die
getuienis in die
hof
a
quo
nie, ân hof nie ontoelaatbare getuienis in aanmerking mag neem
nie. Vir hierdie submissie het hy op ân aantal beslissings
gesteun, o.a. ook op
President
of the RSA v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1
op
53 E. Die ander beslissings waarna hy verwys is beslis voor
1988 toe die Wysigingswet op Bewysreg op die wetboek geplaas
is. Ek
sal aanstons na hierdie betrokke wet verwys.
Wat
die voormelde gewysde van
President
of the RSA v South African Rugby Football Union
aanbetref, moet in aanmerking geneem word dat daardie beslissing
daarop berus dat dit deurgaans die appellant se saak daar was dat
die
getuienis ontoelaatbaar was. Vir daardie rede het die Grondwetlike
Hof dan ook beslis dat die appellante se versuim om teen
die
beweringe beswaar te maak as synde ontoelaatbare hoorsê getuienis
nie ân geïmpliseerde erkenning daarstel nie.
9.1 Artikel
3 van die Wysigingswet op die Bewysreg, 45 van 1988 lees as volg:
â
3 Hoorsê-getuienis
(1) Behoudens
die bepalings van enige ander wet, word hoorsê-getuienis nie by
strafregtelike of siviele verrigtinge as getuienis
toegelaat nie,
tensy-
(a) elke
party teen wie die getuienis aangevoer staan te word tot die
toelating daarvan as getuienis by die verrigtinge toestem;
(b) ....................
(c) die
hof, met inagneming van-
(i) die
aard van die verrigtinge;
(ii) die
aard van die getuienis;
(iii) die
doel waarvoor die getuienis aangebied word;
(iv) die
getuieniswaarde van die getuienis;
(v) die rede
waarom die getuienis nie afgelê word deur die persoon van wie se
geloofwaardigheid die getuieniswaarde van daardie
getuienis afhang
nie;
(vi) enige
benadeling wat die toelating van daardie getuienis vir 'n party mag
inhou; en
(vii) enige
ander faktor wat na die hof se oordeel in aanmerking geneem behoort
te word,
van
oordeel is dat daardie getuienis in die belang van geregtigheid
toegelaat behoort te word.â
Die
aanwending van hierdie betrokke artikel is breedvoerig bespreek
deur Navsa AR in
Makhathini
v Road Accident Fund 2002 [1] All SA 413 (A)
te
423 â 425. Deur toepassing van Navsa AR se voormelde
benadering bespreek ek vervolgens nou die gewraakte getuienis
aan
die hand van die riglyne neergelê in die betrokke artikel.
Ek
neem in ag dat hierdie getuienis gelei is tydens ân siviele
verhoor waartydens beide partye deur baie ervare prokureurs
verteenwoordig was. Ek neem verder in ag dat die getuienis
klaarblyklik aangebied was as ân wesenlike element ter bewys van
die Eiser se bedrag van skadevergoeding. Verder let ek daarop dat
die hoorsê mededelings afkomstig was van ân amptenaar van
die
wynkelder, wat uiteraard self eerstehands breedvoerige kennis
daaroor sou hê. Dit blyk nie op die oorkonde waarom die amptenaar
van die wynkelder nie geroep is om getuienis te lewer nie, maar
aanvaar ek dat dit bloot ân nalate was van die eiser se
prokureur.
Wat
benadeling aanbetref is daar niks op die oorkonde wat benadeling aan
die Verweerder suggereer nie. Mnr Danzfuss het ook nie
gepoog om
sodanige benadeling aan te toon teen die Verweerder sou die getuienis
toegelaat word nie.
9.4 ân
Faktor wat vir my die deurslag gee, is die feit dat daar nooit
beswaar aangeteken was deur die Verweerder se prokureur teen
die
aangebode getuienis nie. Verder het die Verweerder self ook nie
enigiets tot die teendeel getuig of Botha se getuienis daaroor
aangeval of gekritiseer nie. Na my mening is dit duidelik dat, as
hierdie getuienis uitgesluit sou word, daar kwalik ân herberekening
op appél gedoen sou kon word ten einde die Eiser se skade te bepaal.
Die partye is
ad
idem
dat die Eiser skade gely het a.g.v. die Verweerder se nalatige en
onregmatige optrede. Dit sal vir die Eiser ontsettend moeilik
wees
om op hierdie stadium nou sy eis te moet bewys indien hierdie Hof
absolusie van die instansie toestaan, wat dalk die noodwendige
gevolg
sou wees indien hierdie voormelde hoorsê getuienis nie toegelaat
word nie.
Vir
dié redes is ek die mening toegedaan dat die getuienis oor die
bedrag wat per ton uitbetaal is, wel toegelaat behoort te word,
sodat
die belange van geregtigheid gedien kan word.
Mnr
Danzfuss het ook die landdros se uitspraak gekritiseer omrede hy nie
voorsiening gemaak het vir die Eiser se koste om sy oes
te produseer
nie. Verder het hy ook daarop gewys dat daar getuienis was dat die
suidelike deel van die Eiser se landerye baie
beter geproduseer het
as die noordelike deel en dat daar geen getuienis op rekord is wat
aandui waar die geaffekteerde area geleë
was nie. Hierdie is
weliswaar geldige kritiek, maar is ek die mening toegedaan dat
hierdie Hof tot die beste van sy vermoë ân
herberekening behoort
te doen van Eiser se skade aan die hand van die beskikbare materiaal
voor hom.
Sien
in dié verband:
Esso
Standard SA (Pty) Ltd v Katz
1981 (1) SA 964
(A)
te
970 A-B per Diemont AR:
â
........that
the Court doing the best it can with insufficient material may have
to form conclusions on matters on which there is
no evidence and to
make allowance for contingencies even to the extent of making a pure
guess.â
Sien
verder ook:
Caxton
Ltd and Others v Reeva Forman (Pty) Ltd and Another
[1990] ZASCA 47
;
1990 (3) SA 547
(A)
te 573 I;
Hushon
SA (Pty) Ltd v Pictech (Pty) Ltd and Others
1997 (4) SA 399
(HHA)
te 412 G-H.
Mnr
Danzfuss het aangevoer dat ons nie die benadering van die voormelde
gewysdes behoort te volg nie, aangesien die Eiser versuim
het om
alle redelike stappe aan te wend om die nodige getuienis voor die
hof
a quo
te plaas ten einde sy eis op ân oorwig van waarskynlikhede te
bewys. Dit is inderdaad korrek dat daar sò ân voorbehoud
gekoppel
word aan hierdie benadering. In
Mkwanazi
v Van der Merwe and Another
1970 (1) SA 609
(A)
te
632 B-D verduidelik Van Winsen Wn AR die bestaansrede vir
hierdie voorbehoud as volg:
â
Die rede vir so
'n voorbehoud is dan ook ooglopend. Word 'n hof onder 'n verpligting
gestel om te poog om op die grondslag van onvolledige
getuienis 'n
berekening van skade te maak in die geval waar daar inderdaad
afdoende of dan wel vollediger getuienis van skade beskikbaar
is, kan
dit ex post facto blyk dat die hof se berekenings nie met die
werklikhede strook nie en 'n onreg kan maklik die een of die
ander
van die partye aangedoen word. Word die weerhouding van beskikbare
getuienis ten opsigte van skade eenmaal deur die howe op
dié wyse
geoorloof kan dit maklik gebeur dat 'n party doelbewus getuienis
weerhou in die hoop dat die hof se skadeberekening meer
in sy guns
sal uitval as wat die geval sou gewees het, indien hy die beskikbare
getuienis wel voor die hof geplaas het. Die alreeds
moeilike taak wat
op 'n hof berus in verband met skadebepaling sou daardeur oneindig
moeiliker gemaak kon word, en die faktore wat
meewerk tot die skep
van onsekerheid by sodanige bepaling sou vermenigvuldig word.â
Ek
is egter van mening dat daar nie, wat die onderhawige geval
aanbetref, meriete in Mnr Danzfuss se submissie is nie. Die Eiser
het, onmiddellik na die voorval, moeite gedoen om ân taksateur,
Botha, se deskundige hulp in te roep om sy skade te probeer
kwantifiseer.
Hy kon tog nie op daardie stadium voorsien het dat
Botha so ân powere getuie sou wees dat sy prokureur aan die einde
van die dag
glad nie op sy getuienis kon steun nie. Die Eiser het
self berekeninge gedoen, state tydens die verhoor ingedien en na die
beste
van sy vermoë aan die
hof
a quo
voorgehou
die wyse van sy berekeninge en slotsom waartoe sy berekeninge hom
gebring het. In
Sentrachem
Bpk v Wenhold
1995 (4) SA 312
(A)
het dit ook gegaan oor die bewys van oesverlies as skade waar ân
stof die oeste aangetas het. Op 327 B-F bevind FH Grosskopf
AR as volg:
â
Na my oordeel
het die eiser sy basiese eis van oesverlies bewys, en kon dit nie van
hom verwag word om ook elke denkbare of selfs
ondenkbare
ondergeskikte aspek wat nooit in geskil geplaas was, te bewys nie.
In strafsake geld die beginsel dat die Staat, op wie
die bewyslas
deurgaans rus, nie verplig is om elke denkbare punt waarop 'n
beskuldigde moontlik sou kon steun, by voorbaat te weerlê
nie. (In R
v Mlambo
1957 (4) SA 727
(A) het Malan AR soos volg op 738A
opgemerk: 'In my opinion, there is no obligation upon the Crown to
close every avenue of escape
which may be said to be open to an
accused.' Dit was 'n minderheidsuitspraak wat later met goedkeuring
aangehaal is in S v Rama
1966 (2) SA 395
(A) op 401A-C; en S v Sauls
and Others
1981 (3) SA 172
(A) op 182G-H.) Na my mening geld hierdie
beginsel a fortiori in die geval van 'n siviele geding.â
Ek
vereenselwig my respekvol met hierdie benadering van die geleerde
Appélregter.
In
die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat die mees
sinvolle en gepaste
modus
operandi
ten einde die Eiser se skade te bepaal, wel dié is soos wat die
landdros gevolg het, met die voorbehoud dat sy verkeerde
feitebevindinge
en aannames gekorrigeer moet word. Daarvolgens word
die Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar (1995, 1996 en 1997)
bepaal in terme
van ton per hektaar. Dit word dan vermenigvuldig
met die totaal hektaar geaffekteerde land (1,5 hektaar) en met
die bedrag
waarde van ân ton nat druiwe (R830.00 per ton).
Derhalwe
word op die aangebode getuienis die volgende feitebevindinge gemaak
ter berekening van die Eiser se skade:
Totale
tonnemaat nat druiwe vir 1995
:
74 ton op 7 hektaar wingerd, met ân gemiddelde opbrengs van 10,57
ton per hektaar.
Totale
tonnemaat nat druiwe vir 1996
:
106 ton op 7 hektaar, met ân gemiddelde opbrengs van 15,14 ton
per hektaar
Totale
tonnemaat nat druiwe vir 1997
:
191 ton op 10.5 hektaar, met ân gemiddelde opbrengs van 18,19 ton
per hektaar.
Dit
beteken dus dat die gemiddelde opbrengs vir ân periode van drie
jaar vanaf 1995 tot 1997 14,63 ton per hektaar is en die
Eiser se
verlies ân totaal van 21,94 ton was. As die waarde van ân
ton nat druiwe as R830.00 aanvaar word, dan is die
Eiser se skade
die bedrag van R18 210.20
Die
voormelde berekeninge berus op die volgende aannames en/of
feitebevindinge:
Die
partye het ooreengekom tydens die verhoor dat die druiwe verbou is
gedurende 1995 en 1996 op 7 hektaar grond en in 1997 op
ân
bykomende 5 hektaar grond wat in totaal 12 hektaar
daarstel. Van die voormelde 1997-syfer moet natuurlik die
1,5 hektaar grond wat deur die gif besmet is afgetrek word,
sodat die 1997 oes inderdaad op 10,5 hektaar verbou is.
Hierdie ooreenkoms bind uiteraard hierdie Hof wanneer die
herberekening gedoen moet word.
Die
Eiser se getuienis dat vier ton nat druiwe een ton rosyne oplewer
word aanvaar.
Die
druiwe wat aan ene Mnr Kossatz gelewer is gedurende 1997 is
heeltemal buite rekening gelaat.
Die
berekening is gedoen oor Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar vanaf
1995 tot 1997, omdat daar ook boekstawing daarvoor is,
te wete Eiser
se state. Ek verkies dié benadering bo dié soos voorgestel deur
Mnr Danzfuss, naamlik dat die buurman, Van Wyk,
se getuienis hieroor
inaggeneem moet word. Van Wyk het die grond by die Eiser oorgekoop
na die voorval en sy getuienis het gehandel
oor die druiwe wat hy op
die grond geoes het vanaf 1998 tot 2000. Hy het egter geen stawende
dokumentasie voorgelê vir die syfers
wat hy voorgehou het in sy
getuienis nie.
Uit
hoofde van die voorafgaande dus is ek tevrede dat, op die
aangebode getuienis en met die korrigering van die landdros se
verkeerde feitebevindinge hierdie Hof na die beste van sy vermoë
die Eiser se skade kan bepaal op R18 210.20.
Die
volgende vraag wat ontstaan is die kwessie van rente. Hierdie is
ân ongelikwideerde eis en is die Eiser geregtig op
rente vanaf
die datum van betekening van sy dagvaarding of aanmaning, welke
datum ookal vroeër is. Eiser se reg op rente
spruit voort uit
die bepalings vervat in art 2(A)(1) saamgelees met
art 2(A)(2)(a) en art 4 van Wet 55 van 1975.
Mnr Van
Niekerk het namens die Eiser toegegee dat die aanmaning soos
vervat in die stukke nie voldoen aan die omskrywing soos
vervat in
die voormelde Wet nie. Vervolgens is die Eiser dus geregtig op
rente teen die statutêr voorgeskrewe koers vanaf
die datum van
betekening van sy dagvaarding.
Wat
koste aanbetref het Mnr Van Niekerk heeltemal tereg toegegee dat,
aangesien die Verweerder op appél daarin geslaag het
om die
bedrag wat die landdros toegeken het as vonnis te verminder, die
Verweerder geregtig sal wees op die koste van appél.
Ek
reik vervolgens die volgende bevel uit:
Die
landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met die volgende:
Daar
word vonnis verleen ten gunste van die Eiser in die bedrag van
R18 210.20;
Die
Verweerder word gelas om rente te betaal op die voormelde bedrag
teen 15.5% per jaar vanaf die datum van betekening van die
dagvaarding op hom;
Die
Verweerder word gelas om die Eiser se koste te betaal.
Die
Eiser word gelas om die Verweerder se koste van die appél te
betaal.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT:
ADV
FWA DANZFUSS I.O.V. DUNCAN & ROTHMAN
NAMENS
RESPONDENT:
ADV
JG VAN NIEKERK I.O.V. HAARHOFFS ING
DATUM
VAN VERHOOR:
2002-05-20
DATUM VAN
UITSPRAAK: