Munisipaliteit Kai Garib v White (CA&R 95/02) [2002] ZANCHC 17 (23 May 2002)

57 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Interdict — Jurisdiction of magistrate's court — Appellant municipality sought an interdict against respondent to prevent the sale of alcohol on a property without proper rezoning — Magistrate dismissed the application on grounds of lack of jurisdiction, citing the Badenhorst case — Court found that the magistrate erred, as the appellant's application did not involve a contractual dispute and fell within the jurisdiction of the magistrate's court under the Northern Cape Planning and Development Act — Appeal upheld, and interdict granted with conditions regarding rezoning.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 17
|

|

Munisipaliteit Kai Garib v White (CA&R 95/02) [2002] ZANCHC 17 (23 May 2002)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 95/02
DATUM:
23-05-2002
In
die Appél van:
MUNISIPALITEIT
KAI GARIB APPELLANT
teen
FRANS WHITE RESPONDENT
CORAM:
F D KGOMO RP et C C WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
Appellant het op 5 April 2002 ‘n tussentydse interdik verkry teen
die Respondent in die Landdroshof vir die distrik Kenhardt
vir die
volgende regshulp.
“
Die Respondent
en/of sy werknemers/verteenwoordigers verbied word om drank te
verkoop of verwante aktiwiteite op perseel 1765, Kenhardt
te bedryf
en/of voort te sit;”
Die Respondent het geen opposisie aangeteken nie
en op die keerdag was daar geen verskyning namens die Respondent nie
en het hy ook
nie in persoon verskyn nie.
Na
aanhoor van argument namens die Appellant het die landdros die
aansoek van die hand gewys met koste op die basis dat die landdroshof
nie jurisdiksie het om die bevel toe te staan nie.
Die
landdros se redes vir sy bevinding blyk tweevoudig te wees. Eerstens
voer hy aan dat die landdroshof nie jurisdiksie het om ‘n
gebiedende interdik te verleen nie en;
tweedens
dat dit nie bewys is dat die hof beklee is met monitere jurisdiksie
uit hoofde van die bepalings van artikel 29 van Wet 32
van 1944 (
“Die
Wet”
)
nie.
Wat
die eerste grond hierbo betref steun die landdros vir sy bevinding op
die uitspraak gelewer in
Badenhorst
v Theophanous 1988(1) SA 793 CPD
waar die hof by monde van Tebbut R gevind het dat die landdroshof nie
jurisdiksie het om ‘n verbiedende interdik te verleen wat
op
implikasie eintlik neerkom op die daadwerklike vervulling van sekere
kontraktuele regte en verpligtinge
ad
factum praestandum
nie, sonder dat daar ‘n alternatiewe eis vir skadevergoeding
gevorder word nie. So ‘n situasie sou dan duidelik in konflik wees
met die bepalings van artikel 46(2)c) van die Wet.
Die
feite in die
Badenhorst
saak is egter soos tereg aangevoer deur Mnr. Van Niekerk wat vir die
Appellant verskyn heeltemal te onderskei van die in dié onderhawige
geval. Hier bestaan geen kontraktuele verband tussen die partye nie
en die regshulp aangevra deur die Appellant staan nie in verband
met
‘n geding wat uit hoofde van artikel 46(2)c) van die Wet buite die
landdroshof se jurisdiksie val nie. Die Appellant, Munisipalitiet
Kai Garib, het slegs aansoek gedoen daarvoor dat die Respondent
verbied word om teenstrydig met die regulasies afgekondig kragtens
Wet 7 van 1998, Northern Cape Planning and Development Act, ‘n
perseel binne die regsgebied van Appellant te bedryf as drankwinkel
en/of sportkroeg terwyl Respondent nie die nodige hersonering van die
perseel vir die betrokke bedryf verkry het nie.
Die
landdros se bevinding dat die interdik deur Appellant aangevra by
implikasie ‘n gebiedende interdik is na aanleiding van die
Badenhorst
saak gaan dus nie op nie.
Die
interdik soos voor aansoek gedoen deur die Appellant verskil maar
weinig van die tipe interdik waar ‘n respondent byvoorbeeld
verbied
word om lasterlike uitlatings teenoor ‘n applikant te maak.
In
terme van art 30(1) van die Wet kan ‘n landdroshof
“binne
die grense van die bevoegdheid by hierdie wet aan hom verleen, teen
persone en sake bevele vir arres tanquam suspectus de
fuga,
beslaglegging, interdikte en mandamenten van spolie verleen”.
Die grense waarna verwys word in artikel 30(1) van
die Wet wat hier tersaaklik is, is die bepalings van artikel 29 van
die Wet, wat
dan ook die landdros se tweede grond is vir die afwysing
van die aansoek.
Die
tersaaklike gedeelte van artikel 29 lees as volg:
“
1) Behoudens die
bepalings van hierdie wet het die Hof, ten aansien van skuldoorsake,
jurisdiksie in
- …………..
g) ander aksies as die
wat reeds in hierdie subartikel vermeld is, waar die vordering of die
waarde van die onderwerp in geskil nie
die bedrag wat die Minister
van tyd tot tyd by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal, te bowe
gaan nie.”
Die bedrag waarna verwys word is deur die Minister
bepaal huidiglik as R100 000,00.
Die
Appellant het in sy aansoekstukke geen melding gemaak van die waarde
van die skuldoorsaak nie. Aan die ander kant het die Respondent
nie
die jurisdiksie van die hof ten opsigte van die waarde van die
skuldoorsaak in geskil geplaas nie. Inteendeel daar was geen
verskyning aan die kant van die Respondent nie.
Die
hof is egter geregting om
mero
motu
die vraag na jurisdiksie te opper en dan sou die onus op die
Appellant wees as Applikant in die verrigtinge, om te bewys dat die
hof beklee is met jurisdiksie.
Die
vraag wat onmiddellik hier opduik is wat is die onderwerp in geskil
waaraan daar ‘n waarde geheg moet word?
Mnr.
Van Niekerk voer aan dat daar twee moontlike antwoorde op hierdie
vraag is. Eerstens, die Respondent se reg om die eiendom te
gebruik
vir die doel van die bedryf van ‘n drankwinkel of sportkroeg en
tweedens die publieke belang in die afdwinging van soneringsbepalings
en -beperkings.
Ek
is van menig dat Mnr. Van Niekerk reg is dat slegs die tweede
moontlike antwoord hierbo van toepassing is aangesien die Respondent
duidelik geen reg het op die gebruik van die perseel vir die gemelde
doel sonder dat hy voldoen aan die soneringsvereistes nie.
Indien
dit dan die geval is dat die onderwerp in geskil die publieke belang
in die afdwinging van soneringsbepalings en –beperkings
is, is dit
dan ook duidelik dat dit uiters moeilik sal wees om ‘n waarde
hieraan te heg.
In
Erasmus,
Jones & Buckle; The Civil Practice of the Magistrates Courts in
south Africa,
8ste
uitgawe, volume 1 bl 83 word die volgende gesê aangaande hierdie
probleem
“
In
the case of perpetual interdicts there is the additional difficulty
of assessing the value to be placed thereon in order to ascertain
whether the claim falls within the jurisdiction. The position
appears to be that, if nothing appears to the contrary either ex
facie
the summons or from the evidence, or if the plaintiff alleges
that the claim is under the monetary jurisdictional limit and the
defendant
does not dispute it, the magistrate has jurisdiction.”
Sien
ook
Schmidt
v The African Farms, Ltd
1914 TPD 528
op
529 waar Wessels R die volgende sê;
“
The
magistrate can only refuse to hear a cause when ex facie the summons
it appears that the matter is beyond his jurisdiction. From
this
particular summons it is quite impossible for the magistrate to say
ex facie what the value is of the interdict to restrain
the defendant
from trespassing on the farm. When the matter came before the
magistrate the defendant did not raise any objection,
and did not
offer to show that the interdict was of a value beyond the
jurisdiction of the magistrate, and therefore the magistrate
might
very well conclude that under these circumstances the defendant was
also of opinion that it was not of a greater value than
£100 and was
therefore within his jurisdiction. As far as I know, nothing
appeared in the evidence, after the case was heard, to
show that the
value of the interdict was more than £100. In these circumstances,
it appears to be perfectly clear that the magistrate
had
jurisdiction. Numbers of cases have been quoted by Mr. Tindall, but
none of them appear to me to affect the principle that a
magistrate
has jurisdiction so long as nothing appears to the contrary.”
In
die huidige geval is daar niks
ex
facie
die aansoekstukke wat daarop dui dat die waarde van die onderwerp in
geskil meer as R100 000,00 is nie en gesien in die lig van die
feit
dat daar geen beswaar deur die Respondent is nie is die landdroshof
na my mening dus beklee met jurisdiksie in hierdie aangeleentheid.
Mnr.
Van Niekerk verwys verder na die bepalings van artikel 69 van die
Northern Cape Planning and Development Act, Wet 7 van 1998
wat die
Landdroshof uitdruklik beklee met jurisdiksie in aangeleenthede waar
grondgebruik strydig is met die bepalings van hierdie
wet.
Artikel 69 van Wet 7 van 1998:
“
Judicial order,
imposition of spot fines and other penalty provisions. –
Notwithstanding any legal provisions to the contrary with
regard to
courts of law, a judge and a magistrate shall have the jurisdiction
to make an order on application by the MEC or a competent
authority,
and if the judicial officer is convinced that the development or use
of land is in contravention of or does not comply
with the provisions
of this Act or an approval or authorisation granted in terms thereof
or that the environment concerned has been
damaged as a result of an
act or omission which constitutes an offence in terms of this Act –
prohibiting
any person from commencing or proceeding with the development or use
of land;
Die
Appellant is inderdaad ‘n
“competent
authority”
soos bedoel in artikel 69 van Wet 7 van 1998 en is die landdroshof
ook beklee met jurisdiksie ten opsigte van hierdie wet om die
aansoek
te bereg.
Die
landdros was dus, volgens my mening verkeerd toe hy bevind het dat
die landdroshof nie jurisdiksie het om die aansoek aan te hoor
nie.
Dit
gesê is ons van mening dat die regshulp aangevra deur die Appellant
te beperkend is. Daar word nie ‘n basis gelê vir die
algehele
verbod van die spesifieke bedrywighede op die betrokke perseel nie,
en na ons mening moet die bevel gekwalifiseer word met
die nodige
voorbehoud.
Die
appél slaag met koste en die landdros se bevel word ter syde gestel
en vervang met die volgende bevel:
1. Die Respondent en/of
werknemers/verteenwoordigers word verbied om drank te verkoop of
verwante aktiwiteite op perseel 1765, Kenhardt,
te bedryf en/of voort
te sit, alvorens die perseel hersoneer word na ‘n Sake 1 Sone met
die vergunningsregte om ‘n drankwinkel
en/of sportkroeg of taverne
daar te bedryf.
2. Die Respondent word
gelas om die Applikant se koste van die aansoek te betaal.
____________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
F.
D KGOMO
REGTER
PRESIDENT
Nms.
Appellant: Adv. J G Van Niekerk
i.o.v.
Duncan & Rothman
Nms.
Respondent: Geen verskyning
i.o.v.
Datum
aangehoor: 19-05-2003