About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 16
|
|
S v Esterhuysen and Others (KS 13/01) [2002] ZANCHC 16 (17 May 2002)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling,
Kimberley)
STAAT
SAAK NR.:
KS 13/01
vs
JACO
ESTERHUYSE BESK 1
STEFANUS
A ESTERHUYSE BESK 2
MAGDALENA
E ESTERHUYSE BESK 3
LUKAS
JOHANNES KRIEL BESK 4
ADRIAAN
KRIEL BESK 5
CORAM
:
MAJIEDT
R
KONSEPUITSPRAAK
OP VONNIS
MAJIEDT
R:
Die
taak van vonnisoplegging is die uitsluitlike prerogatief van die
voorsittende Regter. Daarom het ek dan ook na skuldigbevinding
alleen voortgegaan in hierdie verrigtinge sonder my assessore.
Hierdie is ân moeilike en eensame taak wat ek as spreekbuis van
die gemeenskap geroepe is om te volvoer. Die oorweging van ân
gepaste vonnis word soveel te meer bemoeilik in hierdie saak deur
die volgende faktore:
Die
feit dat daar ân voorgeskrewe minimum vonnis is uit die hoofde
van die bepalings vervat in Wet 105/1997 (hierin verder na
verwys
as
die
Wet
)
ten aansien van die misdryf waaraan Beskuldigde 5 skuldig bevind
is;
Die
relatiewe jeugdigheid van veral Beskuldigdes 1 en 2;
Die
aard, omvang en erns van die misdryf wat meermale tydens die
advokate se betoë bestempel is as â
nie
die gewone tipe aanranding nie
â.
Wanneer
daar gestreef word om ân ewewigtige vonnis op te lê dan moet ân
balans getref word tussen die erns van die misdryf,
die betrokke
beskuldigde se persoonlike omstandighede en die belange van die
gemeenskap. Veral Beskuldigdes 1, 2 en 5 is aan
baie ernstige
misdrywe skuldig bevind. In die geval van Beskuldigde 5 is ân
lewe van ân mens geneem wat onherroeplike
gevolge het. Ek sal
aanstons by die Beskuldigdes se persoonlike omstandighede kom.
Wat die belange van die gemeenskap aanbetref
was hierdie ân
opspraakwekkende voorval wat in die klein gemeenskappie van
Windsortonstasie groot belangstelling en in die
algemeen afkeur
ontlok het. Ek sal later meer volledig met hierdie onderskeie
aspekte handel.
Daar
is getuienis aangebied van twee proefbeamptes wat verslae ten
aansien van Beskuldigde 1 (bewysstuk R) en Beskuldigde 2
(bewysstuk S) ingehandig het. Verder het Beskuldigde 5 ook
self getuig. Ek wil nou alreeds op rekord plaas dat Beskuldigde
5
sedert die skuldigbevinding nuwe regsverteenwoordigers aangestel
het te wete prokureur Louw en advokaat Kotze. Ten aansien
van
bewysstuk R, die proefbeampteverslag oor Beskuldigde 1 het Me.
Bezuidenhout haar verslag nader toegelig op aspekte wat
aan haar
voorgehou is deur Mnr Muhlohlonye, Mev Birch en ekself. Die
volgende val op in haar verslag:
Beskuldigde
1 en Beskuldigde 2, se ouers het gedurende 1988 van mekaar
geskei. Hul moeder, Beskuldigde 3, het toesig oor
die twee seuns
gekry en het hierdie beskuldigdessedertdien grootliks sonder ân
vaderfiguur opgegroei. Dit is dan ook opmerklik
uit die verslae,
bewysstukke R en S, dat hulle beide van hulle, veral Beskuldigde
1, hulle nie onderwerp het aan gesag en
dissipline nie.
Hulle
albei het by verskeie geleenthede (Beskuldigde 1 soveel as 13
keer) gedros uit die Kestell kinderhuis. Verder het Beskuldigde
1 ook al gedros uit die Lerato Plek van Veiligheid.
Beskuldigde
1 het ân vorige veroordeling vir diefstal en spog hy blykbaar
daaroor dat hy al in die gevangenis verkeer het.
Beide
Beskuldigde 1 en 2 toon geen berou oor die voorval nie en ook
geen simpatie teenoor die oorledene en/of sy familie nie.
Inteendeel, tydens getuienis het dit geblyk dat Beskuldigde 1
uiters negatief staan teenoor die oorledene en inderdaad
neerhalend na hom verwys het teenoor die proefbeampte.
Beide
proefbeamptes, Me Bezuidenhout en Me March, het baie volledige
verslae aan die Hof voorgehou. Verder wil ek herhaal
wat ek
tydens hul getuienislewering aan hulle oorgedra het, naamlik dat
dit verfrissend is om te sien dat proefbeamptes
die moeite maak
om ook die oorlede se familielede te spreek ten einde ook hulle
persoonlike omstandighede voor die Hof
te plaas. In die geval
van Beskuldigde 1 beveel Me Bezuidenhout aan dat ek aan hom
gevangenisstraf oplê ingevolge artikel
276(1)(i) van die
Strafproseswet, 51/1977, d.w.s korrektiewe toesig onderhewig aan
die Kommissaris se goeddunke ten opsigte
van uitplasing. In die
geval van Beskuldigde 2 beveel Me March aan dat ek aan hom
ân uitgestelde vonnis soos vervat
in die bepalings van artikel
297(1)(a) van die Strafproseswet oplê, tesame met korrektiewe
toesig ingevolge artikel 276(1)(h)
van die Strafproseswet.
Ek
handel vervolgens met die onderskeie Beskuldigdes se persoonlike
omstandighede.
Beskuldigde
1
.
Hy is tans 19 jaar oud en was 18 jaar oud toe die voorval
plaasgevind het. Soos alreeds aangedui is sy ouers tydens 1988
geskei en is hy deurgaans in sy moeder se sorg gewees behalwe vir
die korstondige tydperke wat hy in die Kinderhuis of by die
Plek
van Veiligheid deurgebring het. Hy is tans werkloos en het alreeds
met die gereg gebots deurdat hy gedurende 2000 skuldig
bevind is
aan diefstal van goedere ter waarde van R1000.00 en is hy ân
vonnis van 6 maande opgelê. Hy moes klaarblyklik pas
uit die
gevangenis gekom het toe die onderhawige voorval plaasgevind het
gedurende September 2000, want hy is Maart 2000 in die
gevangenis
opgeneem. Hy is finansieel afhanklik van sy moeder en sy vader
lewer klaarblyklik finansieel geen bydrae tot sy funksionering
nie.
Beskuldigde
2
.
Hy is tans 18 jaar oud en was 17 jaar oud tydens die voorval. Hy
is eweneens sedert 1988 in die sorg van sy moeder en was
dan ook by
verskeie geleenthede by Kestell kinderhuis opgeneem. Dit het
tydens die getuienis van Me March geblyk dat hierdie
Beskuldigde
huidiglik by sy moeder by die Rand Motel woon en dat hy tans daar
werksaam is.
Beskuldigde
3
.
Sy is die moeder, soos reeds aangedui, van Beskuldigdes 1 en 2.
Sy is werksaam by die Rand Motel en verdien R1200.00 per maand
aldaar, welke inkomste sy aanvul deur fooitjies van klante en
verdien sy daarmee gemiddeld R600 per maand. Sy is alleen
verantwoordelik
vir die versorging van die twee seuns, Beskuldigde
1 en 2, uit haar voormelde inkomste.
Beskuldigde
4
.
Hy is tans 28 jaar oud, ongetroud en in diens van die SAPD sedert
1994 waar hy tans ân sersant is in die Goud- en Diamanttak.
Hy
is betrokke in ân vaste verhouding met ân dame vir die afgelope
vyf jaar en daar is vooruitsigte dat hullle moontlik
in die eg
verbind kan word teen die einde van hierdie jaar. Hierdie
Beskuldigde het matriek gedurende 1992 voltooi. Hy is ân
eerste
oortreder en ek is meegedeel deur sy advokaat dat hy in September
2000 geskors is en die helfte van sy maandelikse salaris
moes
inboet a.g.v. sodanige skorsing. Hierdie skorsing is opgehef in
Oktober 2001 waarna hy oorgeplaas is na die SAPD se logistieke
eenheid waar hy hoofsaaklike administratiewe take verrig het. Na
opheffing van die skorsing soos voormeld is hy terugwerkend
die
helfte van sy salaris terugbetaal. Volgens Mnr Nel moet ân
departementele verhoor nog plaasvind na aanleiding van hierdie
verrigtinge wat nou op vonnisstadium is en het hy my gevra om in ag
te neem dat daar ân wesenlike moontlikheid is dat Beskuldigde
4
sy werk kan verloor. Volgens Mnr Nel het Beskuldigde 4 ân
bedrag van R2000.00 beskikbaar vir ân boete maar ân hoër
bedrag sal sy ouers hom van hulp mee wees.
5.5
Beskuldigde
5
.
Hy het getuig dat hy tans 23 jaar oud is en was tydens die voorval
ân bietjie ouer as 21 jaar. Hy het standerd 8 op skool geslaag
en
was by twee geleenthede onsuksesvol om standerd 9 te slaag. Hy het,
nadat hy skool verlaat het gewerk by ân konstruksiemaatskappy
in
Pretoria vir ongeveer 3 maande en het toe by sy vader, wat ân
landmeter van beroep is, gewerk ook in Pretoria. Hy het in diens
van
sy vader huise gebou vir ongeveer ses maande. Hy is daarna, en wel
in 1998 oorsee waar hy in London rugby gaan speel het. Hy
het daar
ongeveer 1 jaar en 1 maand deurgebring waar hy ook deelgeneem het aan
die studente wêreldbeker en was onderkaptein van
ân span. By sy
terugkeer in SA het hy vir 3-4 maande by sy ouerhuis gewoon en sy
ouers het toe na Kimberley verhuis en hy het
saam met hulle hierheen
getrek ongeveer 15 maande voor die voorval. Hy het geen werk gehad
nie alhoewel hy gepoog het om werk te
bekom. Alhoewel die Staat geen
vorige veroordelings teen hom kon bewys nie het sy advokaat klaarblyk
op instruksie van Beskuldigde
5 aan die Hof openbaar dat hy wel ân
vorige veroordeling het vir ân oortreding van die Padverkeerswet,
te wete bestuur onder
die invloed van drank. Vir dié misdryf is hy
ân boete van R3000.00 of 2 jaar gevangenisstraf opgelê wat beide
in geheel opgeskort
is. Die misdryf het klaarblyk gespruit nadat
daar vir hom ân afskeidspartytjie in Pretoria gehou is op die
vooraand van sy vertrek
na London waarna ek alreeds verwys het.
Die
optredes van die Beskuldigdes in hierdie saak is besonder
afkeurenswaardig omdat, soos Mev Birch namens die Staat tereg
voorgehou het, ân weerlose man deur Beskuldigdes 1, 2, 3 en 5
aangerand is terwyl hy op die grond gelê het. Hy is verder
met
ân warm vloeistof (waarskynlik kookwater) oor sy liggaam
gegooi terwyl hy steeds so weerloos op die grond gelê het.
Hierdie daad is gepleeg deur Beskuldigde 1 terwyl Beskuldigdes
2, 3 en 5 daar op die toneel teenwoordig was. Die oorledene
is
herhaaldelik geslaan, getrap en geskop sodanig so dat daar nie
minder nie as 30 identifiseerbare beserings oor sy liggaam
voorgekom het. Uit die fotos voor die Hof blyk dit duidelik dat
hy oor sy hele liggaam gekneus was. Natuurlik is hy toe
ook ten
minste een keer teen die kop geskop deur Beskuldigde 5,
welke skop ek alreeds bevind het die noodlottige hou
was. Daar
is na my mening geen meriete hoegenaamd in ân betoog wat hier
voorgehou is dat die oorledene tot ân mate
self aanleiding
gegee het tot die gebeure deurdat hy ân steurnis veroorsaak
het nie. Op die bewese feite was die oorledene
en sy vriende
alreeds oppad huis toe en ver weg van die Motel-perseel toe
hulle agterna gesit, ingehaal en die oorledene
so noodlottig
aangerand is. Hierdie is uiteraard strafverswarende aspekte.
Natuurlik
kan ân mens verwag dat die gemoedere van die gemeenskap daar
te Windsorton oor hierdie onnodige en ongevraagde
aanval hoog
loop. Daar was dan ook sprake tydens die verhoor dat mense
vanuit die gemeenskap vir sommige van die Beskuldigdes
gedreig
het. Dit is juis waarom ân gepaste vonnis, wat deeglik die
gemeenskap se wesenlike belange hierin in ag neem,
opgelê moet
word, met die voorbehoud dat die nodige gewig verleen word aan
die ander twee tersaaklike aspekte, te wete
die Beskuldigdes se
persoonlike omstandighede en die erns van die misdrywe.
Die
Beskuldigdes, veral dan Beskuldigdes 1, 2, 3 en 4 is op
verskillende feite basisse aan verskillende grade van aanranding
skuldig bevind. Verder wissel hulle persoonlike omstandighede
ook opmerklik van mekaar. Die gevolg hiervan is dat elkeen
van
hulle se vonnis geïndividualiseer behoort te word om tred te
hou met so ân Beskuldigde se unieke persoonlike omstandighede
en graad van morele blaamwaardigheid aan die misdryf waaraan
hy/sy skuldig bevind is.
Ek
gaan vervolgens daarna oor om oorweging te skenk aan die gepaste
vonnisse wat elke individuele Beskuldigde opgelê behoort
te
word, met inagneming van my algemene opmerkings ten aansien van
die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap
sowel
as elke beskuldigde se unieke persoonlike omstandighede.
Beskuldigde
1
.
Hierdie Beskuldigde is relatief jeugdig en, soos in die geval van
al die ander Beskuldigdes, is hier geen bewys dat daar vooraf
beplanning was wat betref die pleging van die misdryf nie. Ek neem
verder ook in ag dat, wat geweldsmisdade aanbetref, hy ân
eerste
oortreder is en dat hy klaarblyklik uit ân gebroke huis kom en
dat die afwesigheid van ân vaderfiguur uiteraard in
ân groot
mate aanleiding gegee het tot sy onvermoë om hom aan gesag en
dissipline te onderwerp soos wat duidelik blyk uit
die getuienis
voor my. Die strafverswarende faktore is die feit dat hierdie
Beskuldigde die een is wat ek bevind het die warm
vloeistof,
waarskynlik kookwater, op die oorledene uitgegooi het terwyl nog
gelewe het en terwyl hy weerloos op die grond gelê
het. Die
mediese getuienis sowel as die fotos voor die Hof illustreer
grafies die skade wat hierdie warm vloeistof aan die oorledene
se
liggaam aangerig het. Ek kan my ook voorstel dat die oorledene op
daardie stadium erge pyn moes verduur het toe Beskuldigde 1
die warm vloeistof oor hom uitgegooi het. Die Beskuldigde toon
hoegenaamd geen berou nie, hy toon ân algehele gebrek aan
simpatie aan die oorledene en/of sy familie, veral sy kinders en
staan heeltemal afsydig teenoor die gevolge van sy wandaad.
Dit
blyk inteendeel uit die getuienis dat die betrokke Beskuldigde
neerhalend na die oorledene verwys het tydens die onderhoud
met die
proefbeampte. Verder het ek tydens die verhoor die indruk gekry
dat hy sowel as Beskuldigde 2 die erns van die huidige
verrigtinge
by die vonnisstadium tot ân aansienlike mate gering skat en selfs
minag, gegewe hulle onbehoorlike gegiggel terwyl
die proefbeampte
getuienis afgelê het. Die moontlikhede om hierdie Beskuldigde te
rehabiliteer is nie heeltemal uitgesluit
nie, soos blyk uit Me
Bezuidenhout se getuienis en verslag. Ek meen egter dat
rehabilitasie nie anders sal kan as om in gevangenisverband
te
geskied nie. Daar is by my geen twyfel dat die enigste gepaste
vonnis in die geval van Beskuldigde 1 een van direkte
gevangenisstraf
is nie. Hy kan nie ân boete betaal nie, wat in
elke geval onvanpas sou wees in die omstandighede; ân vonnis van
algehele
opgeskorte gevangenisstraf sou myns insiens ook nie van
pas wees in die omstandighede van hierdie saak nie; verder is dit
te
betwyfel of hy behoorlik moniteerbaar sal wees wat korrektiewe
toesig betref. Ek meen dat die aanbeveling van korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet wat die
proefbeampte aanbeveel, die erns van die misdryf grootliks sal
onderbeklemtoon.
Verder is dit ook so dat die Beskuldigde alreeds
voorheen ân vonnis van 6 maande gevangenisstraf opgelê is.
Beskuldigde
1 se geskiedenis is een treurmare van regressie vir
soverre dit toesig, dissipline en beheer aanbetref. Hy beweeg op
ân kurwe
van misdadigheid wat aanhou opwaarts beweeg en is dit
slegs in sy hande of hy, met behulp van die nodige programme vir
rehabilitasie
in die gevangenis, hierdie opwaartse kurwe in ân
ander rigting sal dwing.
Beskuldigde
2
.
Hierdie Beskuldigde is eweneens skuldig bevind aan aanranding met
die opset om ernstig te beseer. Sy skuldigbevinding berus
egter op
ân ander basis as dié van sy broer, Beskuldigde 1, deurdat hy
skuldig bevind is op die basis van ân gemeenskaplike
doel en sy
eie handeling ter uitvoering van hierdie gemeenskaplike doel is dat
hy die oorledene geskop en getrap het. Na my
mening behoort hy
aansienlik meer toegeeflik behandel te word as Beskuldigde 1,
aangesien hy slegs teenwoordig was toe die warm
vloeistof op die
oorledene se liggaam uitgegooi is en hy dit nie self gedoen het
nie. Verder is hy ook ân algehele eerste
oortreder en is hy ook
effens jonger as sy broer. Ek het ook die indruk gekry uit my
waarnemings in die hof, asook uit die proefbeampte
se verslaeg,
bewysstuk S, dat hy tot ân groot mate nog beïnvloedbaar is en ân
aansienlik mindere rol gespeel het tydens
die voorval. Ook in sy
geval en ook vir die redes alreeds vermeld ten aansien van sy
broer, Beskuldigde 1, meen ek dat ân
boetevonnis en ân algehele
opgeskorte vonnis nie van pas sal wees nie. Dit laat twee
moontlikhede te wete direkte gevangenisstraf
of korrektiewe toesig.
Ek het na versigtige en deeglike oorweging tot die slotsom gekom
dat ten einde hierdie Hof se afkeur
aan sy optrede en inaggenome
die erns, omvang en aard van die misdryf wat gepleeg is teenoor die
oorledene te laat weerklank
vind, ân vonnis van direkte
gevangenisstraf waarvan ân gedeelte opgeskort word op gepaste
voorwaardes, ân gepaste vonnis
vir hierdie Beskuldigde sal wees.
Ek meen eweneens dat die aanbeveling van die proefbeampte, Me March
, dat ek sy vonnis sal
uitstel vir ân tydperk, die erns van die
misdryf heeltemal sal onderbeklemtoon.
Beskuldigde
3
.
Hierdie Beskuldigde is grootliks op grond van haar eie erkennings
ten aansien van die aanranding op die oorledene skuldig bevind
aan
aanranding gewoon. Haar persoonlike omstandighede blyk uit die
proefbeamptes se verslae en dit is dat sy op ân vroeë
stadium
van die lewens van haar twee seuns, Beskuldigdes 1 en 2, as moeder
en vader moes figureer en alleen verantwoordelikheid
moes aanvaar
het vir hulle opvoeding. Dit moes uiteraard ân groot las op haar
gewees het en neem ek deeglik in ag dat sy met
die karige inkomste
wat sy verdien die wa deur die drif moes trek wat hierdie twee
seuns betref. Haar optrede was egter dié
betrokke aand ongevraagd
en heeltemal onnodig wat betref die aanranding op die oorledene.
Ook in haar geval moet individualisering
van vonnis geskied en meen
ek dat dit tot gevolg het dat sy ân aansienlik ligter vonnis
opgelê behoort te word as dié wat
haar twee seuns toekom. Ek
meen dat in haar geval ân boete vanpas sal wees soos wat Mnr
Muhlohlonye en Mev Birch
ad
idem
oor is.
Beskuldigde
4
.
Hy is skuldig bevind aan aanranding gewoon op die klaer Abel
Vries. Ek neem deeglik in ag dat hy nie verantwoordelik gehou
kan
word vir die aanval en dood van die oorledene nie, maar meen ek tog
dat sy optrede dié aand in konteks van al die gebeure
daar beskou
moet word. Veral die feit dat hy ân polisiebeampte is en, soos
ek alreeds bevind het, sy optrede ver te kort geskiet
het van dié
wat die gemeenskap verwag van ân polisiebeampte, werk erg
strafverswarend teen hom in. Ek neem in ag dat hy ân
eerste
oortreder is. In sy geval, juis omdat hy ân polisiebeampte is,
sal ek eweneens die Hof se afkeur aan sy optrede met
ân swaarder
vonnis besoek as dié wat Beskuldigde 3 toekom. Ek meen dat sy
advokaat, Mnr Nel, sinvol aan die hand gedoen het
dat, juis a.g.v.
hierdie strafverswarende faktor ân stywe boete, gekoppel aan
opgeskorte gevangenisstraf op gepaste voorwaardes
hom behoort te
onderskei van die vonnis wat Beskuldigde 3 opgelê sal word. Mev
Birch namens die Staat het hierdie benadering
ondersteun as
aanvaarbaar in die omstandighede.
Beskuldigde
5
.
In die geval van hierdie Beskuldigde is dit ân aansienlik
moeiliker taak om op ân gepaste vonnis te besluit. Die redes
daarvoor is voor-die hand-liggend en tweeledig:
Eerstens
die feit dat hy, anders as die ander Beskuldigdes aan moord
skuldig bevind is, weliswaar slegs op die basis van
dolus
eventualis
;
en
Tweedens
die feit dat daar voortspruitend uit hierdie skuldigbevinding
ân minimumvonnis van 15 jaar gevangenisstraf
deur die
Wetgewer voorgeskryf word in die Wet.
Wat
hierdie Beskuldigde aanbetref moet daar eerstens oorweging geskenk
word of daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
wat
afwyking van die minimum vonnis regverdig. Sy advokaat, Mnr Kotze,
het op bekwame en deeglike wyse voorgehou dat die volgende
as
wesenlike en dwingende omstandighede aangemerk behoort te word te
wete:
Die
feit van sy beskonkenheid en gepaardgaande vermindering van
oordeelsvermoë aan sy kant;
Die
feit dat hy slegs op grond van
dolus
eventualis
skuldig bevind is aan moord;
Sy
relatiewe jeugdigheid en die feit dat hy ân eerste oortreder is
wat betref geweldsmisdade;
Die
feit dat hier geen voorafbeplanning was nie.
Mnr
Kotze het my gevra om te bevind dat hierdie faktore, kumulatief
gesien, wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel. Hy
het
verder ook aan die hand van die uitspraak in
S
v Malgas 2001(1) SASV 469 (HHA)
aan die hand gedoen dat die vonnis wat gewoonweg opgelê sou word aan
Beskuldigde 5 gegewe die omstandighede van hierdie saak, so
disproporsioneel is teenoor hom, die erns van die misdryf en die
belange van die gemeenskap, dat dit afwyking van die minimum vonnis
regverdig. Hy het ook, weliswaar nie met groot oorgawe nie, my
verwys na die ongerapporteerde uitspraak van
KS
23/99, S v Visser
,
ân uitspraak van Steenkamp RP. Ek meen dat Mnr Kotze se
uiteindelike toegewing dat die vonnis in daardie saak opgelê
heeltemal
onvanpas sou wees in die onderhawige saak, heeltemal tereg
is.
Ek
het ernstige oorweging geskenk aan hierdie submissies. Die aspekte
wat voorgehou is deur Mnr Kotze beskou ek inderdaad as
strafversagtende
faktore wat ten gunste van die Beskuldigde 5 tel.
Of dit wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel, is egter ân
ander
saak. Ek meen dat die Beskuldigde se getuienis oor sy
hoeveelheid van drankinname en die effek daarvan op hom wat
teenstrydig is
met die vroeëre getuienis wat hy afgelê het, nie as
geloofwaardig aangemerk kan word nie. Sy beweegrede vir sy
aanvanklik leuenagtige
getuienis voor my, gaan net eenvoudig nie op
nie. Ek is dit eens met Mev Birch se submissie dat dit eerder dui op
ân aanpassing
van sy getuienis later. Ek aanvaar egter dat die
ander faktore wat Mnr Kotze voorgehou het wel strafversagtende
omstandighede daarstel.
Ek is egter die mening toegedaan dat hierdie
strafversagtende faktore grootliks geneutraliseer word wanneer die
erns, aard en omvang
van die aanval op die oorledene in perspektief
gestel word. Hierdie man en sy vriende was alreeds besig om die
perseel te verlaat
oppad huis toe toe hulle agterna gesit en aangeval
was. Die oorledene was, soos ek alreeds aangedui het, weerloos op
die grond toe
hy so erg aangerand was en uiteindelik ân fatale skop
teen die kop gekry het. In
S
v Malgas
waarna ek alreeds verwys het sê Marais AR die volgende te 482 b
E. The
Legislature has however deliberately left it to the courts to decide
whether the circumstances of any particular case call
for a departure
from the prescribed sentence. While
the
emphasis has shifted to the objective gravity of the type of crime
and the need for effective sanctions against it
,
this does not mean that all other considerations are to be ignored.
Verder
aan te 482 e sê hy:
I. If
the sentencing court on consideration of the circumstances of the
particular case is satisfied that they render the prescribed
sentence
unjust in that it would be disproportionate to the crime, the
criminal and the needs of society, so that an injustice would
be done
by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser
sentence.
J. In
so doing, account must be taken of the fact that crime of that
particular kind has been singled out for severe punishment and
that
the sentence to be imposed in lieu of the prescribed sentence should
be assessed paying due regard to the bench mark which the
Legislature
has provided.
Ek
het, soos ek alreeds aangedui het, hierdie aspekte baie versigtig
oorweeg en tot die slotsom gekom dat, selfs al was die bepalings
vervat in die Wet ten aansien van die minimum vonnis nie op die
Wetboek nie, ek steeds, gegewe die erns van die misdryf en die
belange
van die gemeenskap, ân vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
sou opgelê het. Ek is derhalwe van mening dat disproporsionaliteit
van vonnis nie hier ter sprake sou kom soos wat in
Malgas
se
saak na verwys word nie. Gevolglik bevind ek dat daar geen dwingende
en wesenlike omstandighede bestaan wat my in staat stel om
af te wyk
van die minimum voorgeskrewe vonnis nie.
Ek
vonnis dus elk van die Beskuldigdes as volg:
Beskuldigde
1
.
2 (twee) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
2
.
2 (twee) jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word
vir ân tydperk van vier jaar, op voorwaarde dat die Beskuldigde
nie weer skuldig bevind word aan ân misdryf waarvan geweld teen
ân ander ân wesenlike element is en waarvoor hy gevonnis
word
tot gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete wat gepleeg
word gedurende die tydperk van opskorting nie.
Beskuldigde
3
word gevonnis tot ân boete van R1500.00 (een duisend vyfhonderd
Rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf.
Beskuldigde
4
word gevonnis tot ân boete van R2500.00 of 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf sowel as ân verdere 9 (nege) maande
gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort word vir ân tydperk van
vier jaar op voorwaarde dat die Beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan
ân misdryf waarvan geweld teen ân ander ân wesenlik
element is nie waarvoor hy gevangenisstraf sonder die keuse van ân
boete opgelê word wat gepleeg word gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Beskuldigde
5
word ingevolge die bepalings vervat in artikel 51(2)(a)(i) van Wet
105 van 1997 gevonnis tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf.
__________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS
STAAT:
Advokaat
Tania Birch
NAMENS
BESKULDIGDES 1, 2, 3
Adv
MM Muhlolonye
NAMENS
BESKULDIGDE 4
Adv
I Nel
NAMENS
BESKULDIGDE 5
Adv
D Kotze
DATUM
VAN VERHOOR:
28/01/2002
â 06/02/2002
DATUM
VAN VONNISUITSPRAAK:
17
Mei 2002