About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 15
|
|
S v De Wee (202/2002) [2002] ZANCHC 15 (10 May 2002)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hersieningsnr:
199/02
Saaknr:
202/2002
Datum
gelewer:
2002-05-10
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
MARTIENS
DE WEE
Coram:
Kgomo
RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Ek
het die volgende navrae aan die landdros gerig toe hierdie saak op
outomatiese hersiening voor my gedien het:
â
Hierdie
was weliswaar ân ernstige aanranding op ân vrou, maar is die
vonnis nie te swaar nie? Moes die landdros nie ân gedeelte
(byvoorbeeld een jaar) daarvan opgeskort het op gepaste voorwaardes
nie?
Misken
die vonnis nie die beskuldigde se jeugdigheid en skoon rekord nie?â
Die
landdros het hierop gereageer en ek sal weldra daarna verwys.
Die
beskuldigde was 21 jaar oud ten tye van die voorval en 22 jaar oud
tydens vonnisoplegging. Hy is skuldig bevind aan aanranding
met die
opset om ernstig te beseer deurdat hy die klaagster, sy vrymeisie,
sewe keer met ân
Okapi
-mes
gesteek het. Sy het veelvuldige beserings opgedoen te wete
steekwonde op:
die
linkergedeelte van haar rug onder die blad;
die
regterkant van haar bors;
die
linkerkant van haar bors;
haar
linkerhand;
regterkant
van haar bo-boud;
onderkant
van haar linker bo-arm;
onderkant
van die regter bo-arm.
Sy
moes twee dae in die hospitaal deurbring en het hegsteke vir die wond
op haar rug gekry.
Dit
blyk dat die beskuldigde die aanranding op die klaagster gepleeg het
omdat hy op haar jaloers was. Sy het klaarblyklik na sy
mening te
veel aandag bestee aan ander jong mans.
Die
landdros het in sy redes aangedui dat hy meen die vonnis vanpas is
deurdat die aanranding, na sy mening, grens aan poging tot
moord en
dat hy aan die beskuldigde genade betoon het deur nie die
aangeleentheid na die Streekhof te verwys vir vonnisoplegging
nie.
Verder dui die landdros aan dat hy tydens vonnisoplegging inaggeneem
het die feit van die beskuldigde se jeugdige ouderdom,
dat hy ân
eerste oortreder was en dat die klaagster ân jong meisie van slegs
15 jaar oud was.
Hierdie
was inderdaad ân ernstige aanranding op ân jong meisie wat
beslis direkte gevangenisstraf regverdig. Ek meen egter
dat die
landdros onvoldoende klem geplaas het op die beskuldigde se
jeugdigheid en die feit dat hy ân eerste oortreder is. Die
vonnis
is na my mening dermate onvanpas dat dit ân gevoel van skok wek en
meen ek daarom dat inmenging op hersiening geregverdig
is. Die
landdros het in sy redes ook verwys na ân ongerapporteerde
Volbank-beslissing, te wete
Die
Staat v Klaas van Wyk
(saaknommer CA&R 45/00 gedateer 5/6/2000). Ek meen dat die
individualisering van vonnisse voor oë gehou moet word en dat
die
beskuldigde in hierdie saak meer strafversagtende faktore in sy guns
het as in die
Van
Wyk
-saak
en daarom meen ek dat die twee sake nie heeltemal analoog aan mekaar
is nie.
BEVEL:
Die
beskuldigde se skuldigbevinding word bekragtig maar die vonnis word
ter syde gestel en vervang met een van drie jaar gevangenisstraf
waarvan een jaar opgeskort word vir ân tydperk van vyf jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
ân
misdryf waarvan geweld teen ân ander persoon ân wesenlike
element is, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ingevolge
artikel 282 van die Strafproseswet 51 van 1977 word die vonnis
teruggedateer na 03/04/2002.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
___________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT