About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 13
|
|
S v Molale (CA&R 1/02) [2002] ZANCHC 13 (10 May 2002)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R
1/02
Datum
verhoor:
2002-05-06
Datum
gelewer:
2002-05-10
In
die appél van
:
SINDISWA
SYLVIA MOLALE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
HATTINGH
R
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK OP
APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant, ân hoftolk, is in die landdroshof skuldig bevind aan
bedrog en gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf. Sy kom
nou in
hoër beroep teen beide haar skuldigbevinding en vonnis.
Die
misdryf wat die appellant ten laste gelê is en waaraan sy skuldig
bevind is, het gespruit uit ân voorval toe die klaer, John
Brand,
gedurende Augustus 1999 ân boete van R100 by die landdroshof
betaal het, welke boete hom opgelê is vir wat bestempel
is as
â
dronkenskapâ
.
By die landdroskantoor het hy die bedrag in kontant aan ân dame
oorhandig en het hy die aangeleentheid as afgehandel beskou.
Dit
blyk uit sy getuienis dat hy nooit ân kwitansie vir dié betaling
ontvang het nie. Later, en wel gedurende Februarie 2000
is hy deur
ân Mev Conradie, werksaam by die kantoor van die Klerk van
die Hof, versoek om haar te spreek by die landdroskantoor.
Dit het
toe geblyk dat die kontantbedrag op wederregtelike wyse toegeëien
is deur die dame aan wie Brand dit in die eerste instansie
oorhandig
het. Op die stadium toe Conradie vir Brand gespreek het by die
landdroskantoor, is die kantoorhoof, Mnr Bezuidenhout,
laat roep.
Terwyl hulle drie in gesprek was by die kontantsaal het die
appellant van agter die klaer, Brand, genader en het Brand
toe die
appellant uitgewys as die dame aan wie hy die geld oorhandig het.
Die
appellant het van meet af aan identiteit in geskil geplaas,
aangesien haar verweer een van algehele ontkenning is. Sy het self
getuig en het ontken dat sy ooit vir Brand op die dag van die
voorval ontmoet het of enige bedrag geld van hom ontvang het. Sy
het verder aangedui in haar getuienis dat sy nie kan onthou wat haar
bewegings was op die dag van die voorval nie.
Die
landdros het Brand as ân goeie getuie bestempel en hy het,
gedagtig aan die versigtigheidsreël ten aansien van
identifikasiegetuienis,
bevind dat op Brand se uitkenning en die
uitwysing van die appellant in die teenwoordigheid van Conradie en
Bezuidenhout, die appellant
wel skuldig is aan die misdryf.
Namens
die appellant het Mnr Titus, wat ook tydens die verhoor vir haar
verskyn het, hoofsaaklik hierdie uitwysing en uitkenning
van die
appellant aangeval in betoog. Die redes wat die bestaan van ân
versigtigheidsreël ten aansien van identifikasiegetuienis
onderlê,
is nou reeds welbekend en behoef geen verdere herhaling hierin nie.
Ek volstaan daarmee deur daarop te wys dat die eerlikheid
van ân
uitkenningsgetuie alleen nie voldoende is nie, maar dat daar ook
bevredigende waarborge ten aansien van die betroubaarheid
van so ân
uitkenning moet wees, alvorens daar bo redelike twyfel bevind kan
word dat ân uitkenning korrek is.
In
die onderhawige geval het die klaer weliswaar getuig dat hy die
persoon aan wie hy die geld oorhandig het vir ongeveer vyf minute
waargeneem het en dat hy haar goed gade geslaan het ingeval hy weer
sou moes terugkeer na die landdroskantoor. Ek meen egter dat
die
volgende aspekte militeer teen ân betroubare uitkenning:
Die
sogenaamde uitwysing van die appellant by die landdroskantoor het
ongeveer ses maande na die voorval plaasgevind;
Brand
het nooit vantevore die appellant geken of eers gesien voor die dag
van die voorval nie;
Daar
bestaan ten minste ân redelike twyfel op die getuienis van
Conradie, welke getuienis dié van Bezuidenhout weerspreek,
of daar
nie ân onbehoorlike suggestie gemaak was aan Brand toe hy die
appellant uitgewys het of sy dalk die persoon was aan
wie hy die
geld oorhandig het;
Uit
die getuienis blyk dit duidelik dat daar min waarde te heg is aan
Brand se beskrywing van die persoon aan wie hy die geld
oorhandig
het as synde ân kort gesette dame, wanneer inaggeneem word dat
daar klaarblyk baie ander dames is bo-en-behalwe die
appellant wat
dié beskrywing pas by die landdroskantoor;
Verder
is daar beduidende verskille tussen die getuies Brand, Conradie en
Bezuidenhout se weergawes oor Brand se beskrywing aan
wie hy die
geld oorhandig het. Só byvoorbeeld is die getuies dit nie eens of
Brand inderdaad genoem het dat dit ân tolk of
hofbeampte was en
of hy hoegenaamd ân beskrywing van so ân persoon aan Conradie
gegee het nie.
Alles
inaggenome meen ek dat daar redelike twyfel is op die aangebode
getuienis aangaande die betroubaarheid van die uitkenning
van
Brand. Daar is ân verdere aspek waarna ek moet verwys. Die
landdros se benadering in sy uitspraak dat geen beweegrede
aangevoer is waarom valse getuienis teen die appellant aangebied
sou wees nie, is ân verkeerde benadering vir die volgende
redes:
Eerstens,
soos ek alreeds hierbo aangedui het, is die vraag nie slegs of ân
uitkenningsgetuie eerlik en
bona
fide
is nie, maar ook of sy uitkenning betroubaar is in die
omstandighede.
Tweedens
dien daarop gelet te word dat ons howe by meerdere geleenthede al
gemaan het dat ân beskuldigde se weergawe onder
eed behoorlik
oorweeg moet word ten einde te bepaal of dit nie redelik moontlik
waar is nie.
Sien:
S
v Van Aswegen 2001(2) SASV 97 (HHA).
In
die onderhawige geval het die appellant se weergawe uiteraard
neergekom op ân blote ontkenning, maar hou so ân algehele
ontkenning
ook in die moontlikheid dat ân eerlike dog foutiewe
uitkenning behoorlik oorweeg moet word.
Gevolglik
meen ek dat die appél behoort te slaag en dat die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel behoort te word.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam. Die appél slaag en die appellant se skuldigbevinding en
vonnis word ter syde gestel.
_____________
GA
HATTINGH
REGTER
NAMENS
APPELLANT:
MNR
B TITUS
NAMENS
RESPONDENT:
ADV
E VAN DYK
DATUM
VAN VERHOOR:
2002-05-06
DATUM VAN
UITSPRAAK: