S v Dava (CA&R 141/01) [2002] ZANCHC 10 (27 March 2002)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Bail pending appeal — Appellant's application for bail pending appeal against conviction and sentence for theft — Appellant convicted and sentenced to five years' imprisonment, with vehicles forfeited to the State — Legal issue regarding the merits of the appeal against conviction and the standard for granting bail pending appeal — Court found no reasonable prospects of success in the appeal, affirming the lower court's decision to deny bail.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 10
|

|

S v Dava (CA&R 141/01) [2002] ZANCHC 10 (27 March 2002)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno
:
CA&R
141/01
Datum
verhoor
:
2002-03-26
Datum
gelewer
:
2002-03-27
In
die borgappél van
:
AARON SAMUEL
DAVA APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP BORGAPPéL
MAJIEDT R:
Die Appellant kom in
hoër beroep teen die Streeklanddros se weiering van sy aansoek om
borgtog hangende die beregting van sy appél
teen skuldigbevinding
en vonnis wat hy genotuleer het na hierdie Hof.
Die Appellant is skuldig
bevind aan diefstal en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Twee
voertuie, te wete ‘n Ford Cortina
bakkie met registrasienommer
CMG 283 GP sowel as ‘n Ford vragmotor met
registrasienommer FWN 539 GP is verder
ook ingevolge die
bepalings vervat in art 35(1) van die Strafproseswet aan die
Staat verbeurd verklaar. Soos alreeds gemeld,
het die Appellant
appél aangeteken na hierdie Hof teen die voormelde skuldigbevinding
en vonnis.
Die enigste aspek wat
beregting verg in hierdie appél is of daar meriete bestaan in die
voormelde appél teen skuldigbevinding
en vonnis. Die toets by ‘n
appél soos die onderhawige word uiteengesit in die bepalings vervat
in art 65(4) van die Strafproseswet,
d.w.s. dat die beslissing
waarteen geappelleer word nie tersyde gestel word nie, “tensy
sodanige hof of regter oortuig is dat
die beslissing verkeerd is, in
welke geval die hof of regter die beslissing gee wat na sy oordeel
deur die laer hof gegee moes
gewees het.”
Daar bestaan in ons
regspraak huidiglik twee denkrigtings oor die benadering van ‘n
Hof van Appél ten aansien van borgtog hangende
‘n appél teen
vonnis waar gevangenisstraf opgelê is. Die een denkrigting is dat
daar bloot ‘n argumenteerbare appél moet
wees wat vonnis
aanbetref en sou ‘n appellant dan in sulke omstandighede
kwalifiseer vir borg hangende appél. Sien onder andere:
S
v Anderson
1991(1)
SASV 525(K) te 526 i – 527 b.
S
v Naidoo
1996(2) SASV 250(W) te 252 h-j.
Aan die ander kant is
die denkrigting dat die maatstaf hoër gestel moet word, te wete dat
daar redelike vooruitsigte van sukses
in so ‘n appél moet bestaan.
Sien
onder meer:
S
v Rawat
1999(2) SASV 398(W) te 401 e-g.
Wat
myself aanbetref verkies ek die laasvermelde benadering soos
voorgestaan deur Van Oosten R in die Rawat-saak. Soos
aanstons egter sal blyk is dit na my mening nie nodig om ‘n
beslissing te maak in hierdie verband nie, aangesien ek die mening
toegedaan is dat selfs met toepassing van die ligter maatstaf soos
voorgestaan in die eersvermelde benadering, die Appellant steeds
nie
die mas opkom in hierdie appél nie.
Wat die skuldigbevinding
aanbetref het die landdros die Appellant skuldig bevind aan diefstal
op grond van omstandigheidsgetuienis
nadat hy die Appellant se
weergawe verwerp het as nie redelik moontlik waar nie. Meneer Van
Heerden wat namens die Appellant verskyn
het, het op verskeie gronde
betoog dat hierdie bevinding ontvanklik is vir inmenging op appél.
Ek stem nie met hom saam nie.
Dit is nie nodig om in groot
besonderhede in te gaan op die meriete van die skuldigbevinding nie
behalwe die volgende:
Die getuienis is baie
duidelik dat die polisiebeamptes wat getuig het deel was van ‘n
voorlê-operasie nadat hulle inligting
ontvang het oor die diefstal
van Telkom-koperdraad. Hulle getuienis is oor die algemeen
konsekwent en eenvormig dat die Appellant
en sy makkers (wat
weggekom het in die daaropvolgende polisie-optrede) die gebied eers
verken het en toe daarna die Telkom-draad
opgelaai het in ‘n trok
(die trok waarna ek vroeër hierin na verwys het en wat verbeurd
verklaar is aan die Staat).
Dit is gemeensaak dat
die Appellant die bestuurder was van hierdie trok, dat hy deur die
polisie voorgekeer is in die daaropvolgende
optrede en dat 2580 kg
koperdraad ter waarde van R24 480.00 agter in die trok gevind
was. Dit is verder gemeensaak
dat hierdie draad die eiendom van
Telkom is.
Die landdros was myns
insiens heeltemal korrek deur te bevind dat die Appellant se
weergawe so vergesog en deurspek van onwaarskynlikhede
is dat dit
net nie redelik moontlik waar kan wees nie. So byvoorbeeld:
Die
Appellant wil dit hê dat hy per toeval drie persone met oorpakke
aan waarop die woorde “
Fencing
contractors”
verskyn het, ontmoet het wat hom versoek het om sekere goedere vir
hulle op te laai.
Hy
vervoer die drie onbekende “
Fencing
contractors
”
(wat nie eers hulle eie vervoer het nie maar voorgee om “
Fencing
contractors”
te wees) en is teenwoordig waar hulle die koperdraad in die veld
optel en oplaai in die vragmotor. Dit is net eenvoudig té
vergesog dat hy op geen stadium voordat die polisie hulle
voorgekeer het begin vermoed het dat hierdie gesteelde draad is

nie.
Na my
mening grens die Appellant se weergawe soos in die
Hof
a quo
voorgehou, aan ‘n fantasie.
Alles inaggenome dus
meen ek dat die Appellant ‘n hopelose saak het wat betref sy appél
teen die skuldigbevinding hierin.
Vervolgens skenk ek
oorweging aan die Appellant se saak op appél soos wat dit die
vonnis aanbetref. Die landdros het in sy uitspraak
deeglik voor oë
gehou dat die Appellant ‘n eerste oortreder is, dat hy nadelig
getref word deur die verbeurdverklaringsbevel
ten aansien van die
twee voertuie waarna ek alreeds verwys het asook die feit dat die
Appellant verhoorafwagtend was in dié saak
vir ongeveer 2-3 maande.
Die landdros het klem gelê op die volgende strafverswarende
faktore:
Dat die Appellant geen
waarneembare berou getoon het nie;
Dat die Appellant
vanuit Gauteng na hierdie provinsie gereis het om die misdryf te
kom pleeg;
Dat Telkom ontsettende
skade ly a.g.v. die diefstal van koper telefoondraad en dat die
gemeenskap nadelig daardeur beïnvloed
word;
Dat die misdryf vooraf
beplan was.
Meneer Van Heerden het
aangevoer dat die landdros op ten minste twee van die voormelde
strafverswarende aspekte misgetas het, te
wete die feit dat Telkom
skade sou gely en die gemeenskap nadelig beïnvloed is deur die
diefstal van die koperdraad asook die
feit dat die misdryf vooraf
beplan was. Sy betoog is dat geen sodanige getuienis op rekord is
nie en dat dit inderdaad moontlik
is:
Dat Telkom self besig
was om die drade af te haal ten einde van meer moderne
telekommunikasie metodes gebruik te maak; en
Dat die Appellant eers
besluit het om die Telkom draad te steel toe hy die drie onbekendes
langs die pad opgelaai het en agtergekom
het dat hulle daarop uit
was om Telkom koperdraad te steel.
Ek meen dat hierdie
submissies heeltemal misplaas is, aangesien dit in gedagte gehou moet
word dat die draad onder bosse versteek
was en mens jou dit
beswaarlik kan indink dat Telkom die draad aldus sou versteek het.
Verder moet ook inaggeneem word dat, indien
bevind word dat die
landdros korrek was om die Appellant se weergawe as vals bo redelike
twyfel te verwerp, dan val die verduideliking
oor die drie onbekendes
wat hom na die koperdraad sou gelei het ook daarmee weg.
Selfs
al is ek verkeerd in my voormelde siening en selfs al word bevind op
appél dat hierdie inderdaad mistastings is, is die onoorkomelike
probleem vir die Appellant die feit dat daar beswaarlik enige
redelike vooruitsigte op sukses kan wees dat hy ‘n algehele
opgeskorte
vonnis gekoppel aan ‘n stywe boetevonnis opgelê sal
word op appél. Ek is die mening toegedaan dat hierdie misdryf so
ernstig
is en dat, vir die redes soos voorgehou deur die landdros,
‘n Hof van Appél, indien dit sou inmeng met die vonnis, slegs ‘n
klein gedeelte daarvan sou opskort en dat die Appellant dus steeds
vir ‘n aansienlike tydperk in die gevangenis sal moet deurbring.

Bygevolg meen ek dat selfs met toepassing van die ligter maatstaf
soos voorgehou in die
Anderson
-saak
en die
Naidoo
-saak
supra
,
die Appellant nie daarin geslaag het om my te oortuig dat die
landdros verkeerd was deur die aansoek om borg hangende appél van
die hand te wys nie.
Bygevolg
word die appél afgewys.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS APPELLANT: ADV
F VAN HEERDEN
NAMENS
RESPONDENT: MNR LJ ROACH
DATUM
VAN VERHOOR: 2002-03-26
DATUM
VAN UITSPRAAK: 2002-03-27