Suid-Westelike Transvaalse and Another v Kotze (CA&R 99/2002) [2002] ZANCHC 8 (22 March 2002)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Acknowledgment of debt — Privilege — Appellant sought payment from Respondent based on a written acknowledgment of debt for R191,028.32, which Respondent claimed was part of settlement negotiations and thus privileged — Court held that acknowledgment of debt was valid and enforceable, separate from any payment terms, and not subject to privilege — Appeal upheld, and original dismissal of Appellant’s claim set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 8
|

|

Suid-Westelike Transvaalse and Another v Kotze (CA&R 99/2002) [2002] ZANCHC 8 (22 March 2002)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:
CA&R
99/2002
Datum
verhoor:
2002-03-18
Datum
gelewer:
2002-03-22
In
die appél van
:
SUID-WESTELIKE
TRANSVAALSE
LANDBOU
KOöPERASIE APPELLANT
versus
L
KOTZE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
et
WILLIAMS
WnR
UITSPRAAK
OP APPéL
MAJIEDT R:
Die Appellant kom in
hoër beroep teen die landdros se afwysing van sy eis met koste.
Die Appellant het in die
landdroshof aksie ingestel teen die Respondent vir betaling van die
bedrag van R191 028.32. Hierdie
eis het die Appellant gebaseer
op goedere verkoop en gelewer en in die alternatief op ‘n
skriftelike erkenning van verskuldigdheid
wat die Respondent
onderteken het.
Aanvanklik en nadat die
Appellant getuienis aangebied het, het die landdros absolusie van
die instansie gelas. Hierdie bevel is
daarop gebaseer dat die
Appellant met betrekking tot jurisdiksie van die landdroshof gesteun
het op die bepalings van klousule 6
van bewysstuk A, welke
steun die landdros bevind het regtens onontvanklik is. Hierdie
bewysstuk is ook van kardinale belang
wat betref die beregting van
hierdie appél en derhalwe is dit nodig om dit nader toe te lig.
Hierdie dokument wat onderteken
is deur die Respondent het as
opskrif die volgende:
“
OOREENKOMS OM SKULD TE BETAAL
AANGEGAAN
DEUR EN TUSSEN
SUID-WESTELIKE
TRANSVAALSE LANDBOUKOöRASIE BEPERK
(hierna
genoem ‘die skuldeiser’)
en
LOUIS
KOTZE
(hierna
genoem ‘die skuldenaar’)”.
In
die dokument erken die Respondent dat hy die bedrag van R191 028.32
verskuldig is aan die Appellant. Dit is ‘n pro-forma
dokument wat
ook ‘n blanko gedeelte bevat. Daardie blanko gedeelte bevat ‘n
inskrywing per hand waarin ‘n aanbod ter betaling
van die voormelde
verskuldigde bedrag in vier paaiemente gemaak word, asook rente teen
8% per jaar. Die dokument handel verder met
toestemming tot die
jurisdiksie van die landdroshof, koste asook die
domicilium
citandi et executandi
van die Respondent.
Die landdros het, wat
betref die bevel van absolusie van die instansie, tot die
gevolgtrekking gekom dat daar nooit ‘n ooreenkoms
tussen die
partye tot stand gekom het soos vervat in bewysstuk A nie, die
Appellant derhalwe nie op die bepalings daarvan
kon steun nie en
gevolglik is die Appellant se steun op die jurisdiksie van die
landdroshof voortvloeiend uit bewysstuk A
regtens onontvanklik.
Die Appellant het teen
hierdie beslissing van absolusie van die instansie geappelleer na
hierdie Hof wat by monde van Olivier WnR
met wie Malherbe R
saamgestem het, die appél met koste gehandhaaf het en die bevel van
absolusie van instansie tersyde gestel
het. Ek sal aanstons verder
verwys na daardie beslissing.
Die aangeleentheid is
toe terug na die landdroshof vir verdere getuienis en het die
Respondent dan ook verdere getuienis daar aangebied.
Daarna het die
landdros bevind dat bewysstuk A ‘n geprivilegeerde dokument
is, aangesien dit skikkingsonderhandelinge bevat.
Op dié basis is
die Appellant se eis toe van die hand gewys met koste.
Uit die voorafgaande is
dit dus duidelik dat die enkele regsaspek vir beregting in hierdie
appél voor ons die vraag is of bewysstuk A,
die erkenning van
skuld, wel ‘n geprivilegeerde dokument is op die basis dat dit
skikkingsonderhandelinge daarstel.
Dit
is nie nodig om in enige besonderhede die getuienis in hierdie
aangeleentheid te behandel nie. Dit kan opsommenderwys daarmee
volstaan word dat die Appellant se saak deurgaans in die
Hof
a quo
was dat bewysstuk A inderdaad ‘n erkenning van verskuldigheid
daarstel en dat die aanbod van betaling in vier paaiemente
ter
delging van die verskuldigde bedrag wat erken is, ‘n afsonderlike
aspek tot die erkenning van skuld was. Die Respondent
se saak
daarenteen was dat die aanbod van afbetaling in vier paaiemente ‘n
integrale deel was van die skikkingsonderhandelinge
waarby ingesluit
is die erkenning van skuld ten aansien van die bedrag van
R191028.32.
In die appéluitspraak
waarvolgens die landdros se bevinding van absolusie van die
instansie tersyde gestel is, het Olivier WnR
die volgende
beslis:
“
Daar
kan myns insiens nie twyfel daaroor bestaan nie dat dit wat deur die
appellant onaanvaarbaar gevind is in die dokument wat voorgelê
is
deur die respondent inderdaad net die wyse van betaling was. Oor die
res van die dokument was daar geen verskil of geskil tussen
die
betrokkenes nie. Die wyse van betaling, soos voorgestel deur die
respondent, was klaarblyklik ‘n onderskeidbare gedeelte tot
die
erkenning van die verskuldigheid en die onderneming om te betaal,
saamgelees met die orige paragrawe van die dokument. Die respondent
se gebondenheid by wyse van ‘n erkenning van skuld en onderneming
om te betaal (sien ook
Chapman
Dyer Miles & Moorhead Inc v Highmark Investment Holdings CC and
Others
1998(3) SA608(D) op 612G), verdere ondernemings en afstanddoening,
insluitende die toestemming tot jurisdiksie van die Landdroshof,
kan
gevolglik met reg onderskei word van die betalingswyse soos deur die
respondent voorgestel aan die appellant. (Sien in hierdie
verband
Vogel
NO v Volkerz
1977(1) SA537(T) op 548F).”
Die geleerde Waarnemende
Regter beslis dan as volg:
“
Gevolglik stel die onderhawige
dokument soos deur die respondent op 4 Maart 1994 onderteken ‘n
geldige en afdwingbare erkenning
van verskuldigheid met ‘n
onderneming om te betaal daar, welke dokument ook skriftelike
toestemming deur die respondent tot jurisdiksie
van die Landdroshof
ingesluit het.”
Die
geleerde Regter se bevindings soos voormeld word respekvol
ondersteun en is ek ook die mening toegedaan dat bewysstuk A
‘n
deelbare dokument daarstel. In die saak van
Polverini
v General Accident Insurance Co. South Africa Ltd
1998(3) SA546 (W) het die Hof onder andere ‘n aansoek om
deurhaling oorweeg ten aansien van twee briewe waarin die Respondent
aanspreeklikheid vir die Applikant se eis erken het, maar daarby ‘n
voorwaarde gevoeg het wat die Applikant onaanvaarbaar gevind
het.
In daardie saak het die Applikant, ook soos hier, aangevoer dat die
gewraakte briewe deel was van skikkingsonderhandelinge.
Horwitz WnR
sê die volgende te 550 I-J:
“
I
do not know of any provision of law which entitles a party who has
made an unqualified and unconditional admission of liability
towards
another party to claim that the admission cannot be used against the
first-mentioned party
.”
Verder
aan te 551 C bevind die geleerde Regter as volg:
In the instant
case, the respondent was not making any offer of settlement. It did
not attempt to settle the disputed portion of
the applicant’s
claim.
It
offered to pay him what it admitted owing him and nothing more but
then, arrogantly, attached an impermissible condition to its
admitted
obligation, something that it was not entitled to do, and refused to
pay the applicant unless he accepted that condition
.”
(my
beklemtoning)
Na my mening is die
Respondent in die onderhawige saak in presies dieselfde posisie. Die
erkenning van verskuldigdheid kan hoegenaamd
nie deel wees van
skikkingsonderhandelinge nie. Dit is gemenesaak dat die Appellant
die erkenning van verskuldigdheid aanvaar het.
In
Kapeller
v Rondalia Versekeringskorporasie van SA
1964(4) SA722(T) het die verweerder toegegee dat hy aanspreeklik was
vir die eiser se skade wat hy kon bewys in ‘n
derdepartyversekeringsaak.
Tydens samesprekings wat daarop gevolg
het, het dit gegaan oor die bedrag van skadevergoeding en was daar
op ‘n stadium tussen
die partye ‘n verwysing na “
die
meriete van die saak
”.
Die verweerder het toe met ‘n steun op privilegie aangevoer dat
getuienis daaroor nie toelaatbaar is nie. Op 729 B-D
sê
Viljoen R (soos hy toe was) die volgende:
“
........(Dit
is) baie duidelik dat die verwysing na die ‘meriete’ nie ‘n
kaart was wat enigeen van die partye op die tafel oopgegooi
het met
die doel om ‘n skikking te probeer bereik nie. Die
skikkingsonderhandelings het uitsluitlik gegaan om die bedrag en dit
was nooit die bedoeling dat ‘n verwysing na die ‘meriete’
enigsins hierdie onderhandelings moes beïnvloed nie. Dit het
heeltemal
los en onafhanklik gestaan van die skikking. Die blote
feit dat daar skikkingsonderhandelings was ten aansien van ‘n
duidelik
afskeibare geskilpunt in die saak, het myns insiens nie
alles wat daar geuiter is ten aansien van ‘n ander geskilpunt
onderworpe
gemaak aan die privilegie nie. Ek het tot die
gevolgtrekking geraak dat getuienis ten aa
nsien
van die ‘meriete’ wel toelaatbaar is.”
Sien
ook:
Van
Niekerk
et
al
:
Privilegies in die Bewysreg
,
1984 te 206-207
Wanneer
bepaal moet word of ‘n dokument self vatbaar is vir privilegie,
word ‘n objektiewe uitleg toegepas, d.w.s. wat die dokument
vir ‘n
redelike leser sou beteken het;
Sien:
Naidoo
v Marine & Trade Insurance Co. Ltd.
1978(3)
SA666(A) te 675.
Op
sò ‘n objektiewe uitleg kan bewysstuk A na my mening glad nie
vatbaar wees vir privilegie nie.
Vir
die redes voormeld is ek die mening toegedaan dat die landdros
gefouteer het deur te bevind dat bewysstuk A
skikkingsonderhandelinge
daarstel. Bygevolg meen ek dat die appél
gehandhaaf behoort te word. Meneer Van Niekerk, wat namens die
Appellant verskyn, het
ook as tweede submissie aangevoer dat die
skikkingsonderhandelinge (as dit inderdaad skikkingsonderhandelinge
was) in elk geval
nie meer geprivilegeerd was toe die erkenning deur
die Appellant aanvaar is nie. Hierdie is ‘n submissie met
aansienlike meriete,
maar gegewe my bevinding soos voormeld, is dit
nie nodig om daarmee te handel nie.
Die Appél slaag met
koste en die landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met die
volgende:
Vonnis
word teen die Verweerder verleen in die bedrag van R191 028.32
plus rente daarop teen 15.5% per jaar vanaf 4 Maart 1994
tot datum
van betaling. Die Verweerder word verder gelas om die gedingskoste
te betaal.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
_____________
CC WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS APPELLANT: ADV
JG VAN NIEKERK
NAMENS RESPONDENT: ADV
DJ COMBRINCK
DATUM
VAN VERHOOR: 18 MAART 2002
DATUM VAN
UITSPRAAK: 22 MAART 2002