Kotze and Others v Meepo ya Sechaba Mining BK and Others (171/2002) [2002] ZANCHC 7 (15 March 2002)

62 Reportability

Brief Summary

Mining Law — Prospecting Rights — Application for interdict against mining operations — Applicants, as co-owners and lessees of property, sought relief against the First Respondent's alleged unlawful prospecting activities — First Respondent claimed rights under a temporary permit — Court found that the First Respondent's permit was invalid as it was issued without a pending application for renewal and thus declared the permit null and void — Applicants entitled to relief based on spoliation and unlawful occupation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 7
|

|

Kotze and Others v Meepo ya Sechaba Mining BK and Others (171/2002) [2002] ZANCHC 7 (15 March 2002)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:
171/2002
DATUM
VERHOOR
:
8
MAART 2002
DATUM
GELEWER
:
15
MAART 2002
In
die saak van
:
JAN
LOUIS KOEN KOTZE EERSTE APPLIKANT
WILLEM
ADAMS TWEEDE APPLIKANT
MARIA CHRISTINA NORTJE
N.O. DERDE APPLIKANT
versus
MEEPO
YA SECHABA MINING BK EERSTE RESPONDENT
DIE DIREKTEUR-GENERAAL
VAN DIE
DEPARTEMENT
VAN MINERALE EN ENERGIE TWEEDE RESPONDENT
DIE DIREKTEUR
MINERAALONTWIKKELING,
NOORD-KAAP DERDE
RESPONDENT
DIE MINISTER VAN
MINERALE EN ENERGIE VIERDE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
A.
INLEIDING
Die Applikante nader die
Hof op ‘n dringende basis vir finale regshulp vir:
‘
n uitsettingsbevel
teen die Eerste Respondent;
‘
n interdik teen die
Eerste Respondent, sy amptenare, werknemers of kontrakteurs;
die nietigverklaring
van ‘n permit uitgereik deur die Derde Respondent aan die Eerste
Respondent;
in
die alternatief tot (c):
‘
n bevel waarvolgens
gelas word dat die aantekening van ‘n appél deur die Applikante
na die Tweede en Vierde Respondente teen
die uitreiking van die
voormelde permit, die werking van die permit opskort hangende die
finale beregting van die appél;
in
die verdere alternatief tot (c):
‘
n bevel dat die
werking van die voormelde permit opgeskort word hangende die
uitslag van die appél;
‘
n kostebevel teen
die Eerste Respondent, insluitende die koste van Vrydag 1 Maart
2002 op ‘n bestrede basis;
dat die bevel in (a) en
(b) hierbo sal dien as ‘n tussentydse interdik hangende die
finale beregting van die appél.
Die Applikante het
aanvanklik slegs interim regshulp aangevra, maar nadat die
aangeleentheid op 1 Maart 2002 voor Lacock WnR
uitgestel
is, is daar nou ‘n volledige stel eedsverklarings geliasseer,
vandaar die aanvra van finale regshulp. Meneer Wilmans,
wat
namens die Eerste Respondent verskyn, het nie die Applikante se
aansoek vir wysiging van hul Kennisgewing van Mosie om
finale
regshulp aan te vra, geopponeer nie en ek het die aansoek
gevolglik toegestaan.
Die Tweede, Derde en
Vierde Respondente het geen aanduiding hoegenaamd gegee van wat
hul houding in die aangeleentheid is nie.
Die enigste partye wat
dus die aansoek voor my beredeneer het, is die Applikante,
verteenwoordig deur mnr Van Heerden, en
die Eerste Respondent,
verteenwoordig deur mnr. Wilmans.
B.
AGTERGRONDFEITE
Ek sit vervolgens
bondig die agtergrond tot die dispuut tussen die partye uiteen.
Die Eerste Applikant is
die huurder van die eiendom hier ter sprake – ‘n deel van die
plaas Lanyon Vale wat geleë is naby
die sameloop van die Oranje-
en Vaalriviere.
Hy huur die eiendom vir
die bedryf van ‘n stoetvee boerdery reeds sedert 1977.
Die
Eerste Applikant is ook ‘n erfgenaam van een-derde aandeel van die
eiendom, kragtens die bepalings van sy oorlede moeder se
testament.
Haar bestorwe boedel is die eienaar van die eiendom.
Die Tweede Applikant
woon en werk op die eiendom en het gedurende Julie 2001 ‘n
vennootskapsooreenkoms gesluit met die Eerste
Applikant en het die
vennootskap aansoek gedoen by Derde Respondent vir prospekteerregte
vir diamante met betrekking tot die
eiendom.
Die Derde Applikant is
‘n prokureur en eksekutrise van die bestorwe boedel waarna vroeër
verwys is.
Die Eerste Respondent
is ‘n beslote korporasie wat ‘n prospekteerpermit ten aansien
van die eiendom gehou het vanaf 22 Julie
1999 tot 21 Julie 2001
(dus vir ‘n tydperk van twee jaar).
Die
Tweede, Derde en Vierde Respondente is hierin gesiteer uit hoofde
van die bevoegdhede wat hulle uitoefen ten aansien van minerale
en
mineraalregte, kragtens die bepalings van die Mineraalwet, Nr 50
van 1991 (“
die
Wet
”).
Die Eerste en Tweede
Applikante het op 23 Julie 2001 in vennootskap aansoek gedoen vir
‘n prospekteerpermit ten aansien van
die eiendom. Hierdie
aansoek is op 14/8/2001 voltooi, nadat sekere inligting wat
aangevra is deur Derde Respondent verskaf is.
Op 15 Augustus 2001 het
die Eerste Respondent ‘n aansoek om te prospekteer op die eiendom
geliasseer by die Derde Respondent.
Op 14 September 2001
het die Derde Respondent vir die Derde Applikant (wat ook die
Eerste en Tweede Applikante se prokureur is)
verwittig dat die
Eerste en Tweede Applikante se aansoek nie geprosesseer kan word
nie, omdat die vorige prospekteerpermit (van
die Eerste Respondent)
onder hernuwing is. Daar is gesteun op en verwys na artikel 15 van
die Wet.
Appél is op 18/10/2001
deur die Eerste en Tweede Applikante aangeteken na die Tweede
Respondent teen die Derde Respondent se
besluit om nie die aansoek
te prosesseer nie.
Gedurende Februarie van
hierdie jaar het die Eerste Respondent ‘n aanduiding gegee aan
die Applikante dat hy die eiendom wil
betree ten einde daarop te
myn of te prospekteer (dit is nie duidelik op die stukke watter een
van dié twee dit is nie) en het
toe inderdaad op die eiendom begin
myn/prospekteer. Daar het toe ‘n dispuut tussen die partye
bestaan wat aanleiding gegee
het tot hierdie dringende aansoek.
Die Eerste Respondent steun op ‘n tydelike permit, uitgereik
kragtens artikel 10 van
die Wet, vir sy optrede.
C.
DIE
REGSASPEKTE WAT BEREGTING VERG
Die Applikante steun op
die volgende regsbasisse vir die aangevraagde regshulp:
spoliasie;
onregmatige betreding
van die eiendom uit hoofde van die afwesigheid van òf ‘n
prospekteer kontrak òf ‘n notariële minerale
huurkontrak;
die nietigheid van die
artikel 10-permit.
Ek gaan dié aspekte
betrag deur eers die spoliasie-argument te beskou en daarna die
geldigheid al dan nie van die artikel 10-permit
te oorweeg. Daarna
en indien nodig, sal ek die aspek onder 6.2 hierbo bespreek.
D.
DIE
REGSPOSISIE
Spoliasie
Wat
spoliasie aanbetref het mnr Van Heerden aangevoer dat die
Applikante bewys het dat hulle in vreedsame en ongestoorde besit
van die eiendom was en dat dié besit teen hulle wil wederregtelik
van hulle ontneem is deur die Eerste Respondent. Gevolglik
is
hulle geregtig op besitsherstel deur die mandament van spolie,
sonder dat eers ondersoek gedoen word of die Eerste Respondent
enige geldige regte ten aansien van die eiendom het.
Die Eerste Respondent
steun op mondelinge toestemming deur die Eerste Applikant om die
grond te betree. Hierdie beweerde toestemming
word heftig ontken
deur die Eerste Applikant in sy repliserende eedsverklaring.
Gedagtig
daaraan dat hierdie mosieverrigtinge is waarin finale regshulp
aangevra word, meen ek dat die Eerste Respondent ten minste
‘n
bona
fide
feitegeskil op ‘n wesenlike element van die mandament van spolie
geskep het. In dié omstandighede is beregting van hierdie
eerste
grond waarop die Applikante steun gevolglik nie moontlik op die
stukke voor my nie. Ek oorweeg dus nou vervolgens of
die artikel
10-permit waarop die Eerste Respondent steun geldig is al dan nie.
Geldigheid
van die artikel 10-permit.
Die Wet het vanaf sy
invoering op 1 Januarie 1992 grootliks eenvormigheid gebring in
die land se mineraalwetgewing. Die belangrikste
bepalings daarvan,
vir doeleindes van hierdie aangeleentheid, is die volgende:
Artikel
5(1)
bepaal as volg:
“
Behoudens
die bepalings van hierdie Wet het die houer van die reg op ‘n
mineraal ten opsigte van grond ..., of
enige
persoon wat die toestemming van sodanige
houer ooreenkomstig artikel 6(1)(b) of 9(1)(b) verkry het,
die
reg om sodanige grond ... te betree ...
en om op sodanige grond na sodanige mineraal te prospekteer, daarvoor
te myn en daaroor te beskik”
(my
beklemtoning).
Artikel
5(2)
bepaal
dat niemand na ‘n mineraal mag prospekteer of daarvoor myn nie,
tensy hy oor die nodige magtigings kragtens die Wet beskik.

Hierdie magtigings is die prospekteerpermitte in artikel 6 en
die ontginningsmagtigings in artikel 9 van die Wet.
Artikel
6(1)
bepaal dat die Derde Respondent ‘n prospekteerpermit kan uitreik
aan iemand wat die houer is van ‘n mineraalreg of wat skriftelike
toestemming het van die houer van die minerale reg om vir die
betrokke mineraal te prospekteer.
Artikel
6(3)
bepaal dat indien die Staat die minerale reg houer is kan die
voormelde toestemming op skriftelike aansoek deur die Vierde

Respondent (namens die Staat) verleen word onderworpe aan bedinge
en voorwaardes soos deur die Vierde Respondent bepaal.
Artikel
9(1)
bevat ‘n soortgelyke bepaling as artikel 6(1) ten aansien van die
uitreiking van ‘n ontginningsmagtiging.
Artikel
9(2)
bepaal eweneens soos artikel 6(3) dat die Vierde Respondent ten
behoewe van die Staat as houer van die minerale regte op
skriftelike
aansoek toestemming soos vereis in artikel 9(1) kan
verleen.
Artikel
10
bepaal as volg:
Tydelike magtiging om prospekteer
of mynwerksaamhede voort te sit
“
Die Direkteur:
Mineraalontwikkeling kan, hangende 'n aansoek om 'n prospekteerpermit
of 'n ontginningsmagtiging, 'n tydelike permit
of magtiging uitreik
wat die voortsetting magtig van prospekteer- of mynwerksaamhede op
die grond wat die onderwerp van sodanige
aansoek uitmaak en wat
gemagtig was kragtens 'n prospekteerpermit of ontginningsmagtiging
wat ingevolge artikel 16 verval het.
”
Die volgende belangrike
aspekte val onmiddellik op:
Dit
is bloot ‘n
tydelike
magtiging en word uitgereik
hangende
‘n aansoek
om ‘n prospekteerpermit of ‘n ontginningsmagtiging; en
Hierdie
tydelike magtiging geld ten aansien van die
voortsetting
van prospekteer of mynwerksaamhede op die grond wat die onderwerp
vorm van die (hangende) aansoek in (a) hierbo vermeld en wat
gemagtig was kragtens ‘n prospekteerpermit of ontginningsmagtiging
wat ingevolge artikel 16 verval het.
Samevattend
dus, uit hoofde van (a) en (b) – ‘n tydelike permit of magtiging
kan nie
in
vacuo
uitgereik
word nie; daar moet ‘n hangende aansoek vir ‘n prospekteerpermit
kragtens artikel 6 of vir ‘n ontginningsmagtiging
kragtens
artikel 9 wees.
Dit is amper
vanselfsprekend dat die hangende aansoek ingevolge òf artikel 6 òf
artikel 9 behoorlik moet voldoen aan die wetlike
voorskrifte.
Artikel
16
bepaal:
“
Verval van prospekteerpermit of
ontginningsmagtiging
'n
Prospekteerpermit of ontginningsmagtiging verval wanneer-
(a) die tydperk, as daar is, waarvoor
so 'n permit of magtiging uitgereik is, verstryk;
(b) die houer van so 'n permit of
magtiging wat ook die houer is van die reg op die betrokke mineraal
ten opsigte van die grond of
uitskot, na gelang van die geval, wat
die onderwerp van so 'n permit of magtiging uitmaak, ophou om
laasgenoemde houer te wees; of
(c) die
toestemming bedoel in artikel 6 (1) (b) of 9 (1) (b) verval.”
In
casu
is dit gemeensaak dat die Eerste Respondent se prospekteerpermit
verval het op grond van artikel 16(a) se bepalings.
Dit is gemeensaak dat
daar nie ‘n hangende aansoek vir ‘n ontginningsmagtiging
kragtens artikel 9 deur die Eerste Respondent
was toe dié
artikel 10-tydelike permit uitgereik is nie. Verder is dit ook
gemeensaak dat die Eerste Respondent nie ‘n ontginningsmagtiging
gehad het wat verval het ooreenkomstig artikel 16 se bepalings nie.
Die
Derde Respondent het die Applikante se aansoek beskou as ‘n
hernuwingsaansoek vir ‘n prospekteerpermit. Artikel 6(4)
bepaal
egter dat daar vir sò ‘n hernuwing nie later nie as een maand
voor die verstryking daarvan skriftelik voor aansoek
gedoen moet
word.
In
casu
is dit gemeensaak dat dít nie gebeur het nie.
Daar was dus na my
mening ook nie ‘n hangende hernuwingsaansoek vir ‘n
prospekteerpermit toe die artikel 10-tydelike permit uitgereik
is
nie.
By
gevolg meen ek dat alreeds op hierdie grond alleen, die artikel
10-tydelike permit nietig
ab
initio
is.
Selfs
al is ek verkeerd met die voorafgaande bevinding is daar ‘n
tweede, selfs meer oortuigende grond waarop na my mening die
permit
ongeldig is. ‘n Aansoeker om ‘n artikel 9
ontginningsmagtiging of ‘n artikel 6 prospekteerpermit moet
allereers vooraf die toestemming van die Minister (Vierde
Respondent
in
casu
)
ten behoewe van die Staat bekom waar die Staat die houer van die
minerale regte op die grond is, soos wat hier die geval is
(artikels 6(1)(b) en 6(3) asook 9(1)(b) en 9(2) van die Wet).
Sien hieraangaande:
Balmoral
Investments (Edms) Bpk v Minister van Minerale en Energie en andere
1995(9) BCLR 1104(NK) te 1110F-1111I.
Daar
is
pertinent
in die Applikante se
funderende
stukke aangevoer dat die Eerste Respondent se artikel 6(1),
6(3) en 8(2)-toestemmings ten aansien van die eiendom alreeds
op 21
Julie 2001 verval het, d.w.s. toe sy prospekteerpermit verval het.
Daar is verder ook
pertinent daarin aangevoer dat die Eerste Respondent nie sulke
toestemmings gehad het toe die artikel 10-permit
uitgereik is nie.
Die
Eerste Respondent het glad nie hierop geantwoord in sy antwoordende
stukke nie. Tydens argument het mnr Wilmans toegegee dat
hy nie
bewus is van die bestaan van sodanige toestemmings nie. Sy betoog
dat die bestaan van sodanige toestemmings noodwendig afgelei
moet
word uit die feit dat ‘n artikel 10-tydelike permit uitgereik is,
het myns insiens geen meriete nie. Sò ‘n argument span
na my
mening die kar voor die perde in. Die uitreiking van ‘n artikel
10-tydelike permit moet tog voorafgegaan word deur ‘n
behoorlike
artikel 6-aansoek of ‘n artikel 9-aansoek wat hangende is by
uitreiking van die artikel 10-permit.
Ek
is dit respekvol eens met Buys R waar hy die volgende bevind in
Balmoral
Investments (Edms) Bpk v Minister van Mineraal- en Energiesake en
andere
,
supra
te
1111I:
“
Dit
is dus duidelik dat toe die applikant sy aansoek om ‘n
ontginningsmagtiging, kragtens artikel 9(1) van die Wet, geloods het,
het hy nie die toestemming van die Staat gehad as houer van die
minerale reg nie.
Sy
aansoek was dus, volgens my oordeel, van meet af aan noodlottig
gebrekkig
”
(my
beklemtoning)
.
Gevolglik meen ek dat
die artikel 10-permit ook op hierdie basis ongeldig is.
Die
Applikante het verder ook die geldigheid van die artikel 10-permit
aangeval op grond van die nie-nakoming van die
audi
alteram partem
reël. Ek meen dat daar eweneens aansienlike meriete in hierdie
aanval is.
12.2 Dit
is gemeensaak dat die artikel 10-permit uitgereik is sonder om die
Applikante as belanghebbendes aan te hoor. Die Hoogste
Hof van Appél
het beslis dat die
audi
alteram partem
reël ook toepassing vind by die uitreiking van artikel
9(1)-permitte. Sien:
Director:
Mineral Development, Gauteng Region and others v Save the Vaal
Environment and others
1999(2) SA 709(HHA) te 718D.
Die
volgende
dictum
van Olivier AR in die voormelde beslissing, te 718 C-E is
na my mening van groot belang ten aansien van hierdie aspek:
“
The issue of a licence in terms of
s 9 enables the holder to proceed with the preparation of an
environmental management programme,
which, if approved, will enable
him to commence mining operations. Without the s 9 licence he cannot
seek such approval. The granting
of the s 9 licence opens the door to
the licensee and sets in motion a chain of events which can, and in
the ordinary course of events
might well, lead to the commencement of
mining operations. It is settled law that a mere preliminary decision
can have serious consequences
in particular cases, inter alia where
it lays '. . . the necessary foundation for a possible decision . .
.' which may have grave
results. In such a case the audi rule applies
to the consideration of the preliminary decision (see Van Wyk NO v
Van der Merwe
1957 (1) SA 181
(A) at 188B - 189A). In my view, this
is such a case.”
Die
uitreiking van ‘n artikel 10-permit sal eweneens die houer
daarvan in staat stel om te begin met myn- of
prospekteerbedrywighede
– inteendeel, dit het
in
casu
so gebeur.
Die bevinding van die
Hoogste Hof van Appél is dus na my mening eweneens van toepassing op
die onderhawige geval.
Ook op hierdie grond
dus is die artikel 10-permit ongeldig.
13.
Afwesigheid
van òf ‘n prospekteerkontrak òf ‘n minerale huurkontrak:
Gegewe my bevindinge aangaande die ongeldigheid van die
artikel 10-permit, is dit nie nodig om ‘n bevinding te maak
oor die
bovermelde aspek waarop die Applikante ook steun nie.
Ek
moet egter byvoeg dat daar
prima
facie
aansienlike meriete in die Applikante se betoog op dié aspek is.
E.
KOSTE
Die noodwendige gevolg
van nietigverklaring van die artikel 10-permit is dat die Eerste
Respondent geen reg het om op die eiendom
aanwesig te wees en om te
prospekteer/myn nie. Dit is dan ook aldus toegegee deur mnr
Wilmans.
Gevolglik sal ‘n
uitsettingsbevel sowel as ‘n bevel wat die verwydering van enige
diamante of diamantdraende gruis vanaf die
grond verbied, moet volg,
soos wat die Applikante aanvra.
Koste volg gewoonlik
die uitslag. Mnr Wilmans het egter aangevoer dat die Applikante
gepenaliseer behoort te word deur ‘n kostebevel
teen hulle.
Hierdie betoog is daarop
gebaseer dat die Applikante na bewering eerste spoliasie gepleeg het
toe die hek wat toegang tot die plaas
bied, gesluit was deur die
Eerste Applikant om te verhoed dat die Eerste Respondent kan
prospekteer op die eiendom.
Die
Applikante se saak is dat hulle nie bewus was van die bestaan van die
artikel 10-tydelike permit toe die hek gesluit is nie.
Daar is niks op die
stukke wat aantoon dat die Applikante wel sò bewus was nie.
Verder
meen ek dat die waarskynlikhede oorweldig in die Applikante se guns
is, dat hulle inderdaad nie geweet het van die bestaan
van sò ‘n
permit op daardie stadium nie.
Prokureurs
Roodt en Nortjé (Derde Applikant) het albei afsonderlik van mekaar
en by verskillende geleenthede die Eerste Respondent
se
verteenwoordigers in kennis gestel dat hulle toegang tot die eiendom
verbied word.
Nêrens in sy stukke
beweer die Eerste Respondent dat hy aan dié prokureurs of aan enige
van die ander Applikante laat blyk het
dat hy oor ‘n artikel
10-permit beskik wat hom magtig om die eiendom te betree en daarop te
myn of te prospekteer nie.
Mnr
Wilmans het hom beroep op die beslissing in
Abbott
v Von Theleman
1997(2) SA 848(K), as steun vir sy submissie dat die Applikante,
nieteenstaande hulle sukses met die aansoek, gelas moet word
om die
koste te betaal. Die beslissing in daardie saak was duidelik
daarop gebaseer dat die suksesvolle litigant in daardie
saak die
reg in eie hande geneem het (te 854C van die uitspraak).
Dit is nie die geval
hier nie. Die Eerste Applikant het na my mening te goeder trou
opgetree in die geloof dat die Eerste Respondent
geen reg het om die
grond te betree en om te myn/prospekteer nie. Die Eerste Applikant
was bewus dat die vorige prospekteerpermit
verval het en was onbewus
daarvan dat daar ‘n artikel 10-permit uitgereik was aan die Eerste
Respondent.
Gevolglik is daar geen
rede waarom die suksesvolle party (Applikante) nie geregtig is op
hul koste nie, insluitend die koste van
1 Maart 2002 op ‘n
bestrede basis.
F.
SLOTSOM
15. Die Applikante het,
vir die redes voormeld, ‘n behoorlike saak uitgemaak vir die
regshulp aangevra in paragrawe 2, 3, 4.1, 5
en 6 van die Gewysigde
Kennisgewing van Mosie. Mnr Van Heerden het tereg toegegee dat dit
dan nie meer nodig sal wees om ‘n tussentydse
interdik hangende die
beregting van die appél na die Tweede en Vierde Respondente, soos
aangevra in paragraaf 7, uit te reik nie.
Ek
maak die volgende bevel:
Die
Eerste Respondent en enige persone of instansies wat namens die
Eerste Respondent hulle op die resterende gedeelte van die Plaas
Lanyon Vale, No 376 in die Administratiewe Distrik van Hay in die
Noordkaap Provinsie, groot 2375,3214 hektaar (“
die
Eiendom
”)
bevind, word gelas om die Eiendom te ontruim tesame met alle
toerusting en masjinerie.
Die
Eerste Respondent, sy amptenare, werknemers of kontrakteurs word
verbied om enige diamantdraende gruis of diamante vanaf die
Eiendom
te verwyder.
Permit
No. T05/2001 gedateer 17 September 2001 uitgereik deur die Derde
Respondent aan die Eerste Respondent word nietig verklaar.
Die
Eerste Respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te
betaal, insluitend die koste van Vrydag 1 Maart 2002 op
‘n
bestrede basis.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANTE:
ADV
CN VAN HEERDEN
NAMENS
EERSTE RESPONDENT:
MNR
JW WILMANS
PROKUREUR NAMENS
APPLIKANTE:
VAN DE WALL & VENNOTE
KIMBERLEY
PROKUREUR
NAMENS EERSTE RESPONDENT:
ELLIOT, MARIS, WILMANS &
HAY
KIMBERLEY
DATUM
VAN VERHOOR:
2002-03-08
DATUM
VAN UITSPRAAK:
2002-03-15