About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 6
|
|
S v Smith and Another (111/01) [2002] ZANCHC 6 (13 March 2002)
Verslagwaardig:
Ja
/
Nee
Sirkuleer
aan Regters:
Ja
/
Nee
Sirkuleer
aan Landdroste:
Ja
/
Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
HERSIENING
SAAKNO
:
111/01
DATUM
GELEWER
:
2002-03-13
In die hersieningsaak:
DIE STAAT
versus
ANDRIES
SMITH BESKULDIGDE 1
ISAK
TALLA BESKULDIGDE 2
Coram:
MAJIEDT
R
et
WILLIAMS
WnR
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
Die
twee beskuldigdes is skuldig bevind aan diefstal met inagneming van
die bepalings van Wet 57 van 1959, d.w.s. veediefstal en
is gevonnis
tot 18 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir ân
tydperk van 5 jaar op sekere voorwaardes. Een van
die voorwaardes
is: â
Dat
die beskuldigdes die klaer sal vergoed in bedrag van R1000.00 teen
ân maandelikse paaiement van R200.00 per maand welke betaling
sal
geskied van 1/03/2002. Alle betalings moet gedoen word by die Klerk
van die Hof, Landdroskantoor, Kimberley
â.
Na ân
eerste navraag het dit vir my duidelik geword dat die landdros
bedoel het dat die vergoedingsbevel gemaak word ingevolge
die
bepalings van art 297(1)(a)(i)(aa) en art 297(1)(b) van
die Strafproseswet. Ek het toe navraag gedoen by die landdros
om
dié voorwaarde op te klaar, aangesien ek van mening was dat dit
vaag en verwarrend is deurdat dit nie duidelik was of
elke
beskuldigde
maandeliks R200 moes betaal en of hulle twee gesamentlik R200 per
maand moes betaal nie.
Die landdros het nou
geantwoord dat dit deurgaans sy bedoeling was dat elke Beskuldigde
R100 bydra tot die afbetaling en dat hy
dit so verduidelik het. Hy
versoek egter dat ek die vonnis moet tersyde stel en dit vervang met
ân vonnis waaruit dié bepaalde
voorwaarde meer duidelik en
ondubbelsinnig gestel word. Ek meen dit is sinvol en vanpas dat die
vonnis, veral dan wat betref die
opskortingsvoorwaarde só aangepas
word dat daar geen onsekerheid oor die bedoeling en die effek
daarvan is nie.
By gevolg word die
beskuldigdes se skuldigbevindings bekragtig maar die vonnisse wat
hulle opgelê is, word ter syde gestel en vervang
met die volgende:
Die beskuldigdes word
elk gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort word vir ân tydperk van 5 (vyf)
jaar op die volgende
voorwaardes:
Dat die beskuldigdes
nie weer skuldig bevind word aan diefstal met inagneming van die
bepalings van Wet 57 van 1959 gepleeg gedurende
die tydperk van
opskorting nie;
Dat die beskuldigdes
die klaer vergoed in die bedrag van R1000.00 (een duisend Rand).
Die beskuldigdes word gelas om elkeen R100.00
(eenhonderd Rand) per
maand vanaf 1 Maart 2002 te betaal totdat die bedrag van R1000.00
ten volle vereffen is. Dié betalings
moet gedoen word by die Klerk
van die Landdroskantoor te Kimberley.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
____________
CC WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER