S v Ndlovu (CA & R 162/01) [2002] ZANCHC 5 (11 March 2002)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Self-defence — Appellant convicted of culpable homicide after fatally stabbing deceased during a sudden attack — Appellant claimed self-defence, asserting she was assaulted and feared for her life — Trial court found appellant's response excessive, leading to conviction — On appeal, court assessed the proportionality of the defensive action relative to the attack — Held, trial court erred in its assessment; appellant's use of a knife was a reasonable response to an immediate threat posed by a stronger male attacker — Appeal upheld, conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 5
|

|

S v Ndlovu (CA & R 162/01) [2002] ZANCHC 5 (11 March 2002)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:
CA
& R 162/01
Datum
verhoor:
11/03/2002
Datum
gelewer:
11/03/2002
In die appél van:
MARTHA
NDLOVU APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
VAN
DER WALT R
et
MAJIEDT
R
KONSEP EX
TEMPORE UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT R:
Die Appellant het tereg
gestaan op ‘n aanklag van moord. Sy is skuldig bevind aan
strafbare manslag en gevonnis tot ses jaar
gevangenisstraf waarvan
twee jaar opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar op voorwaarde
dat die Appellant nie weer skuldig bevind
word aan strafbare manslag
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Die Appellant kom
nou in hoër beroep teen beide
die skuldigbevinding en vonnis.
Die ten laste gelegde
misdryf is na bewering gepleeg op 12 Desember 1999 toe die Appellant
na bewering wederregtelik en opsetlik
die oorledene gedood het deur
hom met ‘n mes te steek. Die Appellant was regsverteenwoordig
tydens die verhoor deur mnr Titus
wat ook vir haar verskyn het in
die appél voor ons. Namens haar is ingevolge die bepalings vervat
in art 115 van die Strafproseswet
‘n pleitverduideliking
aangebied tot dien effekte dat sy ‘n verweer van noodweer opwerp.
Sekere formele erkennings ten aansien
van die identiteit van die
oorledene en die korrektheid van die lykskouingsverslag is ook deur
haar erken by monde van haar regsverteenwoordiger.
In sy uitspraak het die
landdros bevind dat hy nie op die Staat se weergawe ‘n bevinding
kon maak nie en is die Appellant inderdaad
op haar eie weergawe
skuldig bevind aan strafbare manslag. Die Staat, by monde van mnr
Hinana voor ons, het die verrassende houding
ingeneem dat die
landdros gefouteer het in hierdie voormelde bevinding en voer mnr
Hinana aan dat die landdros inderdaad gefouteer
het in dié opsig en
dat die Staat se weergawe aanvaar moes gewees het. Meneer Hinana
versoek dat ons op appél die Staat se weergawe
aanvaar en dié van
die Appellant verwerp. Daar is voor ons geen appél van die kant
van die Staat ingevolge die bepalings vervat
in art 310 van die
Strafproseswet nie. Ingevolge daardie artikel mag die Staat in elk
geval slegs appelleer ten aansien van
regsaspekte en nie
feitebevindinge nie. Meneer Hinana se submissies is derhalwe
heeltemal misplaas en is daar geen basis waarop
ons kan voldoen aan
sy versoek dat die landdros se bevindinge in dié verband
omvergewerp word nie. Gevolglik moet hierdie appél
benader word op
die basis dat oorweging daaraan geskenk moet word of die landdros
korrek was al dan nie in sy bevinding dat die
Appellant op haar eie
weergawe skuldig is aan strafbare manslag deurdat sy nalatig
opgetree het.
Die
Appellant se weergawe onder eed
a
quo
was dat sy en die oorledene mekaar die oggend van 12 Desember 1999
raakgeloop het by welke geleentheid die oorledene versoek het
om op
sy vrou se rekening drank op krediet te koop by haar. Die Appellant
bedryf ‘n drankhuis. Die Appellant het dié versoek
van die
oorledene van die hand gewys waarop die oorledene haar gevloek en
beledig het. Later daardie selfde aand het sy gehoor
dat die
oorledene moeilikheid maak by die drankhuis en ene
Douglas
,
‘n sekuriteitswerker by die drankhuis, het die oorledene by die
perseel uitgesit. Volgens die Appellant het sy toe besig geraak
met
die voorbereiding van kos en was om omstreeks 20:00 in haar kombuis
besig om groente te skil toe sy eensklaps van agter deur
‘n
persoon om die nek vasgegryp en verwurg is. Sy het gespook om los
te kom en geskree dat die persoon haar moet los. Sy het
daarin
geslaag om van sy greep te ontkom, het omgedraai en opgemerk dat dit
die oorledene is. Die oorledene het haar weer met
die regterhand
van voor aan haar keel gegryp en haar gewurg en gesê dat hy haar
sou doodmaak. Sy het na agter op ‘n rak gevoel
en ‘n mes in die
hande gekry wat sy vroeër gebruik het om mee groente te skil en die
oorledene een keer daarmee gesteek. Dié
steekhou was in die
oorledene se nek en het geblyk uiteindelik die fatale wond te wees.
Die landdros het die
Staatsgetuies se weergawe verwerp soos ek alreeds aangedui het en
het toe voortgegaan om die Appellant se verweer
van noodweer
noukeurig te evalueer. Hy het veral aandag geskenk aan die
vereistes waaraan die afweershandeling by noodweer moet
voldoen.
Die landdros het voor oë gehou dat die toets ten aansien van
nalatigheid ‘n objektiewe toets is gemeet aan die maatstaf
van die
redelike man. Die landdros het toe tot die slotsom gekom dat die
Appellant die perke van noodweer oorskry het deurdat
sy geen pogings
aangewend het om van die oorledene se greep te ontstnap nie en bloot
‘n mes gegryp het en die oorledene op ‘n
uiters gevaarlike plek,
te wete sy nek, gesteek het. Hy het daarop klem gelê dat die
oorledene nooit enige wapens in sy besit
gehad het nie.
Uit
die voorafgaande is dit dus duidelik dat die primêre geskilpunt wat
bereg moet word op appél die landdros se benadering ten
aansien van
die afweershandeling van die Appellant is. Dit is amper
vanselfsprekend dat daar eweredigheid moet wees wat betref
die graad
van die aanval teenoor die graad van die afweershandeling. Ten
einde te bepaal wat sodanige eweredigheid moet wees,
kan nie
teoreties geformuleer word nie en sal uiteraard in die praktyk
afhang van die feite van elke bepaalde saak. Soos aangedui
in die
toonaangewende beslissing in ons reg ten aansien van noodweer te
wete
Ex
parte Die Minister van Justisie: In re S vs Van Wyk 1967(1) SA
488(A)
,
is daar gevalle waar ‘n aangevallene sy/haar aanvaller kan dood
ter beskerming van sy/haar besittings. Eweneens kan ‘n
aangevallene
sy/haar aanvaller in noodweer dood, nie net ter
beskerming van sy/haar eie lewe nie, maar ook om te voorkom dat
hy/sy ernstige
beserings toegedien word, mits die aangevallene
natuurlik in die omstandighede geen ander wyse het om die aanval af
te weer nie.
Sien in dié verband:
S
v Jackson 1963(2) SA 626(A) te 629 C-D
.
Die
toets by nalatigheid, te wete die redelike man maatstaf moet
natuurlik toegepas word as wat die redelike man sou doen in die
posisie waarin die betrokke beskuldigde in elke geval verkeer het.
Sien:
S
v Van As 1976(2) SA 921(A) te 929;
S
v Ngema 1992(2) SASV 651(D) te 656 i
.
Toegepas op die feite in
die onderhawige geval moet na my mening die volgende nie buite die
oog verloor word nie:
Die Appellant is ‘n
vrouepersoon en haar aanvaller, die oorledene, ‘n manspersoon wat
ook op die getuienis op die oorkonde groter
en aansienlik sterker
was as sy;
Die aanval het eensklaps
en sonder vooraf waarskuwing plaasgevind;
Die Appellant is van
agter aangeval deur die oorledene wat haar om die nek beetgekry het
met sy arm;
Die landdros het in sy
uitspraak, heeltemal tereg na my mening, die Appellant se getuienis
aanvaar dat sy die mes waarmee sy vroeër
groente geskil het, gegryp
het om die aanval af te weer;
Die Appellant het
aanvanklik met die eerste aanval haarself probeer losruk uit die
oorledene se greep, waarin sy geslaag het en
is toe onmiddellik
daarna weer van voor af verwurg;
Die Appellant se
getuienis dat sy gevrees het vir haar lewe en dat die oorledene
inderdaad gesê het dat hy haar gaan doodmaak is
deur die landdros
aanvaar.
Wanneer oorweeg word of
‘n afweershandeling in ‘n redelike verhouding tot die aanval
gestaan het, moet daar gekyk word na
die omringende omstandighede,
ondermeer die relatiewe sterkte van die partye, hulle verhouding
tot mekaar, hulle geslag, ouderdom,
die middele tot hul beskikking,
die aard van die dreigement, die waarde van die bedreigde belang en
die hardnekkigheid van die
aanval.
Sien:
S v T 1986(2) SA 112(O) te 129.
Wanneer
hierdie kriteria toegepas word op die afweershandeling
in
casu
,
is ek die mening toegedaan dat die landdros gefouteer het deur te
bevind dat die Appellant se afweershandeling oneweredig was in
verhouding tot die aanval op haar. Per slot van sake was hier ‘n
groter, sterker manspersoon wat ‘n hardnekkige aanval uit die
bloute geloods het, tot dié mate dat sy subjektief geglo het dat
haar lewe in gevaar is. Sy het voortgegaan om die naaste en
geskikste
middel tot haar beskikking, te wete die mes waarmee sy
groente geskil het, aan te wend om die aanval af te weer. Van belang
verder
is dat sy slegs een steekwond toegedien het wat weliswaar
fatale gevolge gehad het.
Na
my mening het die landdros die fout gemaak om ‘n
leunstoelbenadering aan te wend met sy
ex
post facto
-nabetragting
van die gebeure. In dié verband is die opmerkings van Holmes AR
in
S
v Ntuli 1975(1) SA 429(A) te 437
van toepassing:
“
In applying these formulations to
the flesh-and-blood facts, the Court adopts a robust approach, not
seeking to measure with nice
intellectual calipers the precise bounds
of legitimate self-defence or the foreseeability or foresight of
resultant death.”
Sien
verder ook:
S
v Sataardien 1998(1) SASV 637(K) te 644
.
In
die omstandighede en vir die redes voormeld sou ek derhalwe die
appél laat slaag en die Appellant se skuldigbevinding en vonnis
ter syde stel
.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
________________
JC VAN DER WALT
REGTER
VERSKYNING NAMENS
APPELLANT: MNR B TITUS
VERSKYNING
NAMENS RESPONDENT: ADVOKAAT S HINANA
DATUM
VAN VERHOOR: 11/3/02
DATUM
VAN UITSPRAAK: 11/3/02