S v Smith and Another (110/02) [2002] ZANCHC 4 (6 March 2002)

48 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Compensation order — Accused pleaded guilty to theft under the Stock Theft Act — Magistrate imposed suspended sentence with a compensation order — Court questioned the legality of the compensation order due to the absence of the complainant in court — Magistrate conceded that the order was improperly made — Court held that a compensation order can only be issued upon application by the complainant or the state at the complainant's request — Compensation order set aside, and sentence adjusted accordingly.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 4
|

|

S v Smith and Another (110/02) [2002] ZANCHC 4 (6 March 2002)

3
Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hersieningsaakno: 110/02
Datum
gelewer: 6 Maart 2002
In die hersieningsaak:
DIE STAAT
versus
ANDRIES
SMITH BESKULDIGDE 1
ISAK
TALLA BESKULDIGDE 2
Coram:
Van
der Walt R
et
Majiedt
R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
Die beskuldigdes was
onderskeidelik beskuldigdes 2 en 3 tydens die verhoor, maar
gerieflikheidshalwe verwys ek hierin na hulle as
beskuldigde 1 en 2
onderskeidelik.
Hulle het tereggestaan
op ‘n aanklag van diefstal met inagneming van die bepalings van Wet
no. 57 van 1959, die Wet op Veediefstal.
Albei van hulle het skuldig
gepleit en na ondervraging ingevolge art 112(1)(b) van die
Strafproseswet is hulle skuldig bevind
soos aangekla.
Die
skuldigbevindings is regtens in orde.
Die
landdros het elkeen van hulle gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort is op gepaste voorwaardes. Een
van die
voorwaardes was dat die beskuldigdes die klaer moes vergoed in die
bedrag van R1000.00 teen ‘n maandelikse paaiement van
R200.00 per
maand, welke betaling moes geskied vanaf 1 Maart 2002 by die klerk
van die landdroskantoor, Kimberley.
Ek het die volgende
navraag gerig aan die landdros:
“
1. Daar is geen
aanduiding
ex
facie
die oorkonde van die verrigtinge dat die klaer in die Hof aanwesig
was nie. Hoe kon die landdros ‘n vergoedingsbevel maak, gegewe
die
bepalings vervat in artikel 15 van Wet 57 van 1959, saamgelees met
artikel 300(1) van Wet 51 van 1977?
2. Bo
en behalwe die voormelde, is die vergoedingsbevel in elk geval vaag
en verwarrend – moet elke beskuldigde maandeliks R200.00
betaal of
moet hulle gesamentlik R200.00 per maand betaal?”
Die
landdros gee toe dat hy nie
mero
motu
‘n vergoedingsbevel kon maak nie. Hy versoek gevolglik dat die
skuldigbevinding bekragtig moet word en dat die deel van die
vonnis
wat handel met hierdie vergoedingsbevel geskrap moet word.
Die
bepalings van art 300(1) van die Strafproseswet is baie
duidelik en daar is velerlei beslissings wat bevestig dat ‘n
vergoedingsbevel slegs gemaak kan word deur ‘n hof op aansoek van
‘n klaer of by wyse van ‘n aansoek gebring deur die
staatsaanklaer
op versoek van die klaer.
By gevolg sou ek die
skuldigbevinding bekragtig, die vonnis ter syde stel en vervang met
die volgende:
Die beskuldigdes word
elkeen gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort
word vir ‘n tydperk van 5 jaar op voorwaarde
dat die beskuldigdes
nie weer skuldig bevind word aan diefstal met inagneming van die
bepalings van Wet 57 van 1959, gepleeg gedurende
die tydperk van
opskorting nie.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam en dit
word aldus gelas:
_________________
JC VAN DER WALT
REGTER