S v Van Wyk, S v Lewis (840/01, 849/01) [2002] ZANCHC 2 (25 January 2002)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Elements of theft — Accused convicted of theft after removing items from their original storage places but not fully removing them from the premises — Legal question whether the state proved theft or merely attempted theft — Court held that the state failed to establish that the accused had deprived the owner of control over the items, leading to a conclusion that only attempted theft was proven.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2002
>>
[2002] ZANCHC 2
|

|

S v Van Wyk, S v Lewis (840/01, 849/01) [2002] ZANCHC 2 (25 January 2002)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
DATUM
GELEWER:
2002-01-25
In
die hersieningsake van
:
DIE STAAT SAAKNO:
840/01
versus
DAWID VAN
WYK BESKULDIGDE
en
DIE STAAT SAAKNO:
849/01
versus
CEDRIC DESMOND
LEWIS BESKULDIGDE
Coram:
MAJIEDT R
et
LACOCK
WNR
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
Die regsbeginsel wat
oorweging verg in hierdie sake is presies dieselfde en om
doelmatigheidsredes word die twee sake soos bovermeld
saam hanteer
in hierdie uitspraak.
In
die
Van
Wyk-aangeleentheid
het ek navraag gedoen by die landdros of die Staat wel diefstal van
die goedere vermeld in die klagstaat bewys het. In die
Lewis-aangeleentheid
het my ampsbroeder, Lacock WnR, ‘n soortgelyke navraag gerig aan
die landdros. Ek ag dit dienstig om die volledige navraag van
my
ampsbroeder hier weer te gee:
“
Is die
skuldigbevinding aan diefstal korrek, gesien die feit dat die eienaar
daarvan nooit sy beheer oor die battery ontneem is nie?
Daarteenoor
ontstaan die vraag ook of gesê kan word dat die beskuldigde in die
omstandighede homself regtens die battery toegeëien
het. Sien
hieraangaande onder andere S v Tau 1996(2) SASV 97(T) en S v Newman
1998(1) SASV 95(T)”.
In
albei hierdie aangeleenthede was die beskuldigdes aangekla van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal en was hulle skuldig
bevind soos aangekla. ‘n Verdere gemene deler tussen dié twee
sake is dat die Staat in albei gevalle, na my mening, bo redelike
twyfel bewys het dat die bepaalde beskuldigde in elke geval die
misdryf van huisbraak gepleeg het. Die aspek wat in albei gevalle
oorweging verg is of die Staat wel die misdryf
diefstal
bewys het.
In
die
Van
Wyk-saak
was
die getuienis namens die Staat dat die klaer die artikels soos
vermeld in die klagstaat gevind het in ‘n drasak, welke drasak
hy
gevind het in die kamer langs die venster waardeur toegang tot die
woonhuis verkry is deur die beskuldigde. Die getuienis verder
was
dat hierdie artikels op verskeie plekke in die huis weggepak was en
die afleiding is dus geregverdig dat dit vanuit hulle bêreplekke
verwyder is en in die drasak geplaas was deur die beskuldigde. Ek
beklemtoon dat die drasak gevind was in die
binnekant
van
die kamer langs die gebreekte venster.
In
die
Lewis-saak
het
dit gegaan oor die diefstal van ‘n motorbattery binne-in ‘n
motorwerkswinkel. Die getuienis vir die Staat was dat die battery
verwyder is van sy oorspronklike plek by die battery-laaier binne-in
die werkswinkel waar die eienaar van die werkswinkel dit oornag
gelaat het om die battery te herlaai. Die battery is ongeveer
5 meter verder gedra aan die binnekant van die werkswinkel tot
naby ‘n roldeur wat toegang tot die werkswinkel bied. ‘n Tweede
getuie vir die Staat wat vir die sekuriteitsmaatskappy werk
wat die
alarmstelsel van die werkswinkel monitor en wat op die toneel
opgedaag het in reaksie op die alarm wat afgegaan het, het
getuig dat
hy inderdaad die beskuldigde opgemerk het binne die werkswinkel waar
hy die battery dra tot by die punt waar dit gevind
was.
Uit die voorafgaande
bondige opsomming van die getuienis in die twee sake is dit
duidelik dat die getuienis vir die Staat bloot
bewys het dat die
beskuldigde wat toegang tot die betrokke gebou verkry het, ‘n
artikel of artikels verwyder het van die oorspronklike
bergplekke en
dit geplaas het by ‘n punt waar hy vermoedelik dit later sou
verwyder.
In
die
Van
Wyk-geval
is
dit nie duidelik waarom die goedere uiteindelik nie verwyder is nie,
maar dit is duidelik in die
Lewis-aangeleentheid
dat
die beskuldigde in daardie geval onderbreek is deur die aankoms van
die sekuriteitsbeampte en lede van die SAPD wat gereageer
het op die
alarm binne die werkswinkel wat geaktiveer is deur die beskuldigde se
optrede.
In albei gevalle het die
landdroste tereg die beskuldigdes se weergawes verwerp as vals bo
redelike twyfel.
Die regsvraag wat
derhalwe ontstaan is of die Staat op die bewese feite wel die
misdryf diefstal bewys het of slegs poging tot diefstal.
Daar
bestaan tans ‘n interessante meningsverskil in ons reg oor hierdie
betrokke aspek. Daar is naamlik gesag dat feite soos
in die
onderhawige geval wel ‘n voltooide misdryf van diefstal daarstel;
sien ondermeer die volgende:
Milton,
South
African Criminal Law and Procedure
,
Vol 2
,
3de Uitg te 594;
S
v Ncube
1998(1)
SASV 174(T) te 176 c-d;
Daarteenoor is daar
gesag dat ‘n beskuldigde op die bewese feite soos voormeld slegs
skuldig is aan poging tot diefstal; sien
ondermeer:
Snyman,
Strafreg
,
4de Uitg te 492-493;
S
v Tau
1996(2)
SASV 97(T) te 102 a-103 a;
S
v Newman en ‘n ander
1998(1) SASV 94(K) te 96-97;
S
v Tekahe en ‘n ander
1998(1) SASV 291(OPA) te 292 g- 293 b.
Diefstal is seer
sekerlik een van die bekendste gemeenregtelike misdade met die mees
algemene voorkoms in ons reg, tog bestaan daar
hierdie verdeeldheid
aangaande een van die mees basiese elemente van die misdryf, te wete
die handeling wat vereis word. Die meningsverskil
waarna ek in die
voorafgaande paragraaf verwys het, het klaarblyklik sy ontstaan te
danke daaraan dat daar twee verskillende benaderings
tot die
handelingsvereiste by diefstal is.
Die
eerste benadering wat in die onderhawige feitestelle sou bevind dat
die misdryf diefstal wel bewys is, onderskryf die sogenaamde
contrectatio
-begrip
waarvolgens die handeling by diefstal uit ‘n
contrectatio
bestaan.
Die
tweede benadering wat ‘n misdryf soos in die onderhawige gevalle
slegs sou tipeer as poging tot diefstal, ondersteun daarenteen
die
toe-eieningsbegrip. Voorstanders van die
contrectatio
-begrip
vereis nie dat die eienaar van ‘n saak beheer oor daardie saak hoef
te verloor voordat diefstal gepleeg is nie. Daarenteen
word by die
toe-eieningsbegrip vereis dat die dief die saak onttrek vanuit die
eienaar se beheer en self die beheer daarvan oorneem.
Die
begrip
contrectatio
het
sy ontstaan uit die Romeinse reg wat die betekenis daaraan geheg het
dat ‘n saak op so ‘n manier hanteer moet word dat die
dader die
saak fisies aanraak; sien ondermeer:
D 47 2 52 20;
D 47 2 52 19;
D 47 2 46 6.
Soos
Snyman,
Strafreg
,
4de Uitg te 490-491, tereg aantoon is die begrip
contrectatio
in sy suiwer Romeinsregtelike betekenis lankal nie meer haalbaar in
ons huidige kommersiële samelewing nie. Diefstal kan tog gepleeg
word sonder dat ‘n dader die saak fisies aanraak, soos byvoorbeeld
in die geval van diefstal van geld in die vorm van krediet.
Die
skrywer
Milton
in sy aangehaalde werk te 594 voer aan dat dit nie nodig is dat die
klaer/eienaar van sy beheer van die saak ontneem hoef te word
nie.
Hy voer aan dat sò ‘n vereiste sou lei tot te veel tegnikaliteit
en dat dit ook
contra
die Romeinse reg is. Dit is weliswaar so dat ons gemene reg nie die
begrip van toe-eiening ken nie, maar meen ek dat ons howe al
male
sonder tal erkenning gegee het aan die begrip wanneer dit kom by die
handeling by diefstal. In dié verband is ek dit eens
met
Snyman
in
sy aangehaalde werk te 491, voetnota 28.
Ek
verkies die benadering soos vergestalt in die werk van
Snyman
en
die sake van
Tau
,
Newman
en
Tekahe
waarna
ek alreeds hierbo verwys het. Ook in hierdie afdeling is daardie
benadering in die saak van
S
v Van den Berg 1979(3) SA1027(NK)
te
1035F onderskryf as volg:
“Wat wel ter sake en belangrik is is dat hy (die dief) homself
bevoegdheid aangematig het wat ‘n eienaar toekom.”
Die
landdros in die
Van
Wyk-saak
steun
op
S
v Ncube
waarna
ek alreeds hierbo verwys het, as gesag vir haar skuldigbevinding aan
diefstal. In daardie saak het die hof beslis dat die
beskuldigde hom
alreeds aan voltooide diefstal skuldig gemaak het deurdat hy ‘n
kartondoos op ‘n oop bakkie opgelig en verskuif
het met die doel om
dit te steel voordat die polisie hom betrap het. Ek stem saam met
Snyman
,
aangehaalde werk te 493 voetnota 36, dat die beslissing verkeerd is
deur die
contrectatio
-begrip
toe te pas en ook deur blote aanmatiging van beheer oor die saak as
voldoende vir voltooide diefstal te beskou. Die bestuurder
van die
bakkie in daardie saak is tog nooit ontneem van beheer oor die
kartondoos nie. Dit druis verder heeltemal in teen ‘n mens
se
regsgevoel dat ‘n beskuldigde in omstandighede soos hierdie skuldig
kan wees aan voltooide diefstal, waar ‘n eienaar/besitter
steeds
volle beheer oor die saak kan uitoefen.
9.1
Die
landdros in
Lewis
se
saak steun swaar op die beslissing van
S
v Lujaba
1987(1)
SA226 (A). Hierdie steun is heeltemal misplaas, want
Lujaba
se
saak het gehandel oor diefstal in ‘n selfbedieningswinkel wat op
die feite onderskeibaar is van die onderhawige geval, soos ek
aanstons sal aantoon. Verder moet in ag geneem word dat die
opmerkings van Botha AR in daardie saak onteenseglik bloot
obiter
dictum
was.
Op 233E van die verslag sê Botha AR die volgende:
“
Met
die oog op die feite van die onderhawige saak sou dit geen nut hê om
betrokke te raak by ‘n bespreking van die tegniese aspekte
van
contrectatio en die ander bestanddele van diefstal in ons reg nie.
Ek aanvaar dat ‘n skuldigbevinding aan diefstal in beginsel
in
hierdie geval moontlik is.”
Ek is dit respekvol eens met Stafford R in die
Tau-saak
waar
hy te 102 g hom as volg uitlaat ten aansien van diefstalle uit ‘n
selfbedieningswinkel:
“
Wanneer
die toepaslikheid van beslissings ten opsigte van diefstal vanuit ‘n
selfbedieningswinkel oorweeg word, moet in gedagte
gehou word dat
waar ‘n persoon in ‘n selfbedieningswinkel ‘n artikel
byvoorbeeld onder ‘n kledingstuk sou wegsteek, die eienaar
se
beheer effektiewelik ontneem kan word. Die uitsprake in hierdie
beslissings sou waarskynlik anders gewees het indien daar ten
opsigte
van elke klant in ‘n selfbedieningswinkel verwag sou gewees het om
al sy klere uit te trek en sy klere ook behoorlik deursoek
geword
het, soos wat die geval in casu is.”
9.2
Dieselfde
landdros verwys ook na ‘n saak in hierdie Afdeling,
S
v André Best
(CA&R 27/93 gedateer 18/10/1993), waar ‘n Regtersertifikaat
blykbaar geweier is en waar die verhoorlanddros ook bevind het
dat
die diefstal voltooid was in soortgelyke omstandighede as die
onderhawige. Die saaklêer in Best bevat slegs die Regtersertifikaat
en geen ander dokumente nie â€“ dit is dus van geen nut
hoegenaamd nie.
In albei hierdie gevalle
dus is ek die mening toegedaan dat die Staat bloot poging tot
diefstal bewys het. Die eienaars van die
onderskeie sake is nie van
beheer van die sake ontneem nie. In die een geval was dit as gevolg
van die onderbreking deur die sekuriteitsbeampte
en polisiebeamptes
en in die ander geval is dit nie op rekord waarom die beskuldigde
nie die artikels heeltemal verwyder het nie.
Feit van die saak
egter is dat die skuldigbevindings soos tans op rekord nie kan bly
staan nie en behoort dit ter syde gestel
en vervang te word met
skuldigbevindings aan poging tot diefstal.
‘
n Verdere aspek wat
oorweging verg in die lig van my bevinding in die voorafgaande
paragraaf is die kwessie van vonnis.
In Van Wyk se saak is
die beskuldigde ‘n vonnis van twee jaar gevangenisstraf opgelê.
Hy het een vorige veroordeling vir huisbraak
met die opset om te
steel en diefstal gedurende 1999 waarvoor hy 12 maande
gevangenisstraf opgelê is wat in geheel opgeskort is
op bepaalde
voorwaardes.
Die beskuldigde Lewis is
gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf waarvan 6 maande opgeskort is
vir 5 jaar onderhewig aan sekere voorwaardes.
Dié beskuldigde het
een vorige veroordeling wat tersaaklik mag wees te wete kwaadwillige
beskadiging van eiendom waarvoor hy in
1990 vier houe met ‘n ligte
rottang opgelê is.
Ek is van mening dat die
vonnisse te swaar is gegewe die mindere misdryf van poging tot
diefstal.
In die saak van STAAT
TEEN DAWID VAN WYK word die skuldigbevinding en vonnis ter syde
gestel en vervang met die volgende:
Die beskuldigde
word skudig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en poging
tot diefstal en word gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf
waarvan
die helfte opgeskort word vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
huisbraak met
die opset om te steel en diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
In die saak van die
STAAT TEEN CEDRIC DESMOND LEWIS word die skuldigbevinding en vonnis
ter syde gestel en vervang met die volgende:
Die beskuldigde
word skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en poging
tot diefstal en word gevonnis tot 18 maande
gevangenisstraf waarvan 6
maande opgeskort word vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie weer skuldig
bevind word aan huisbraak met die
opset om te steel en diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
___________
HJ LACOCK
WAARNEMENDE REGTER