About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 23
|
|
S v Mashali (2376/2002) [2002] ZAFSHC 23 (12 December 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer
: 2376/2002
In
die Hersiening van:
DIE
STAAT
versus
WILLIAM
TELEKO MASHALI
_______________________________________________________________
CORAM:
CILLIé et WRIGHT RR
UITSPRAAK:
CILLIé R
DATUM
GELEWER:
12 DESEMBER
2002
_______________________________________________________________
Die
beskuldigde in hierdie aangeleentheid is in die landdroshof aangekla
en skuldig bevind aan oortreding van artikel 48(1)(a) van
Wet 8 van
1959 synde ontsnapping uit ân gevangenis. (Die oorgetikte oorkonde
van die verrigtinge dui aan dat die skuldigbevinding
aan oortreding
van artikel 51(1) van Wet 51 van 1977 was maar die oorspronklike
handgeskrewe klagstaat moet seker in hierdie verband
as die korrekte
aanvaar word.) Die getuienis dui aan dat die beskuldigde ontsnap het
uit ân gevangenis waar hy ân gevonnisde
prisonier was.
Die
posisie is egter dat artikel 48(1)(a) van Wet 8 van 1959 vervang is
deur artikel 177 van Wet 111 van 1998 wat in werking getree
het op 19
Februarie 1999. Die twee artikels skep egter presies dieselfde
misdryf wat deur dieselfde tipe getuienis bewys moet word.
Indien die
beskuldigde uit die staanspoor van die korrekte meer resente
wetsartikel aangekla was, val dit moeilik in te sien dat
die Staat se
getuienis en die beskuldigde se verdediging enigsins anders aangebied
sou gewees het. Die Staat se getuienis dui aan
dat die beskuldigde
wat ân vonnis van 22 jaar gevangenisstraf moes uitdien, terwyl hy
uit was met ân werkspan, verdwyn het. Sy
verweer wat tereg deur die
landdros verwerp is, was dat hy toestemming deur ân bewaarder gegee
was om maar te loop.
â
n
Verandering van die wetteregtelike bepaling waaraan die beskuldigde
skuldig bevind is, hou geen nadeel vir hom in nie aangesien
die
getuienis wat nodig is om die vervangende bepaling te bewys reeds op
rekord is. Vergelyk
STAAT
v DLADLA
1975(1) SA 762
(T).
My
dank aan Adv S Giorgi van die kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolgings: Vrystaat vir ân memorandum wat van hulp was
en waarin
met tipiese vroulike noukeurigheid ook aan my uitgewys word dat die
oorspronklike klagstaat verskil van die oorgetikte
weergawe in dié
opsig soos hierbo uiteengesit, synde ân omstandigheid wat nie
aanvanklik deur my of die verhoorlanddros na wie
die hersiening vir
sy kommentaar verwys was, raakgesien was nie.
Vanweë
die redes voormeld, word die skuldigbevinding verander na een van
oortreding van artikel 117 van Wet 111 van 1998. Origens
word die
verrigtinge bekragtig.
__________________
CB
CILLIé, R
EK
STEM SAAM:
__________________
GF
WRIGHT, R