About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 60
|
|
S v Augus and Another (148/86) [1987] ZASCA 60 (27 May 1987)
Saaknommer 148/86
1N DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPëLAFDELING)
In die saak tussen -
JACOBUS AUGUS
Eerste appellant
en
ELIZABETH WITBOOI
Tweede appellant
en
DIE STAAT
Respondent.
Coram
: RABIE HR, BOSHOFF et STEYN Wrn ARR.
Datum van
appèl
: 14 Mei 1987
Datum van uitspraak
: 27 Mei 1987
UITSPRAAK
STEYN
Wrn
AR:
Die appellante is op 19 Februarie 1986 in die Noord-Kaapse Oranje Rondgaande
Plaaslike Afdeling deur
/BASSON R
2
BASSON R ter dood veroordeel vir die moord op tweede appellant se
eggenoot, in lewe die ongeveer 55-jarige Jan Witbooi. Die moord
is gepleeg op 'n
eiland in die Oranje Rivier te Karganab in die Kenhardt distrik op 15 Julie
1985. Appellante was albei ongeveer
40 jaar oud ten tyde van die moord.
Hulle het skuldig gepleit aan moord met ver-sagtende omstandighede. Die staat
het hul pleite nie aanvaar nie. Pleite van onskuldig
is toe genotuleer en daarna
het die verhoor sy volle gang gegaan voor BASSON R en twee assessore. Albei
appellante is aan die moord
skuldig bevind. Die Hof het eenparig. in die geval
van eerste appellant en met'n meerderheidsbeslissing in dié van tweede
appellant bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Verlof is deur
die geleerde regter aan die appellante verleen om
te appelleer teen daardie
bevinding en teen die doodstraf wat ingevolge daarvan hulle opgelê is.
/ Die
3
Die moord was die eindproduk van die onheil-situasie geskep deur 'n
liefdesdriehoek. Die appellante het op raekaar verlief geraak
en 'n sterk drang
beleef om met mekaar te trou.Tweede appellant was op 22-jarige ouderdom met die
37-jarige oorledene getroud in
die Rooms-Katolieke Kerk volgens die
leerstellings daarvan wat egskeiding verbied sowel as die hertroue van enigeen
van hulle terwyl
die ander nog lewe. Sy was nie gewillig om daardie kerklike
voorskrifte te oortree nie. Eerste appellant het ook aan daardie kerk
behoort.
Só is hulle vanaf ongeveer die begin van 1984 deur die botsende eise van
die liefde en die geloof in 'n pynigende
lewensnoute gedryf waarin hulle
vasgekeer sou bly solank hulle verhoudingsomstandighede onveranderd was.
Daardeur het tweede appellant
in 'n wisselstroom van die gemoed beland wat haar
herhaaldelik heen-en-weer gepluk het van oorledene na eerste appellant en terug
na oorledene.
/ Wanneer
4
Wanneer sy by oorledene was, het haar liefde haar keer op
keer na eerste appellant gedryf.Oorledene
het haar dan gaan smeek om terug te
kom na hom en het sy elke keer gehoor gegee en teruggegaan; sy het dié
herwaartse proses
so beskryf:
" dan kom soebat hy my mooi dat
ek moet terugkom op voorwaarde vir die kinders, dat die kinders kan 'n ma en 'n
pa hê, maar as ek daar kom dan doen hy maar
net weer dieselfde.
Nou hoekom het jy dan weer teruggegaan?-- Op voorwaarde dat hy het vir my kom
met mooi woorde praat en sê, ons wil oor ons
kinders.
Hoeveel keer het hy vir jou so (met) mooi woorde (kom) terugsoebat?-Hy het baie
kere dit gedoen
,
maar ek kan nou nie onthou hoeveel keer nie, maar hy het
baie keer dit gedoen.
Is dit meer as tien
keer?--Miskien."
5
Dit is vier
kinders waarvan sy daar praat, twee seuns en twee dogters. Hulle is Jacobus,
Jonita, Karel en Amanda. Jacobus is gebore
voordat tweede appellant met
oorledene getrou het, en is haar kind by ene Sakkie Waterboer.Jonita is in 1975
gebore en is haar kind
by eerste appellant - die vrug van 'n romanse tussen die
appellante toe oorledene in Namakwaland gaan werk het en tweede appellant
in
Pella agtergebly het. Karel en Amanda is haar kinders by oorledene; Karel is die
oudste van die twee. Oorledene het Jacobus en
Jonita as sy kinders aanvaar en as
deel van sy familie "aange-neem" en grootgemaak wetende dat hulle nie sy kinders
was nie.
Tweede appellant se opmerking dat wanneer sy na oorledene terugkeer "dan doen
hy maar net weer die-selfde", verwys na beweerde verwaarlosing
van haar deur
oorledene en na 'n reeks aanrandings wat hy na bewering op
/haar
6
haar gepleeg het. Ek kom netnou terug daarna.
Uiteindelik het tweede appellant gedurende April 1985 tot dxe gevolgtrekking
gekom dat die enigste uitweg vir haar was dat oorledene
doodgemaak moes word. Sy
het eerste appellant daarvan vertel en hy het na 'n mate van huiwering met die
moordplan ingeval. Sy het
egter nie geweet hoe dit gedoen moes word nie. Haar
woorde aan eerste appellant was "Kyk Kobus, hierdie storie werk nie uit nie.
Ek
maak planne om Jan dood te kry, maar my planne is swak" . Hy het onderneem om 'n
plan te beraam hoe om oorledene van kant te maak.
Hulle het herhaaldelik hul voorneme om oor-ledene te vermoor bespreek en dit,
vernaamlik op haar aandrang, herhaaldelik bevestig.
Gedurende die naweek van
13-14 Julie 1985
het
eerste appellant, nadat hy weer eens baie oor die
moordplan gedink het en die "duiwelse gedagte" in die nagtelike ure die oorhand
oor
/ hom
7
hom gekry het, uiteindelik besluit dat oorledene deur hulle na 'n eiland
in die Oranjerivier gelok moet word onder die voorwendsel
dat hy eerste
appellant moet gaan help om 'n hinderlike klip uit 'n pad te rol. en daar in
af-sondering dan met 'n "yster" doodgeslaan
moet word. Eerste appellant het
daardie plan goedgekeur en dit is deur hulle in werking gestel. Oorledene het
ingewillig om te gaan
help soos deur eerste appellant versoek en op
Maandagoggend 15 Julie 1985 het die drie van hulle die tog rivier toe onderneem.
Oorledene
het sy visgerei saamgevat omdat hy "nogal lus het vir 'n
brakkerigheid" (d.w.s. vir 'n vis), soos tweede appellant dit in haar omvattende
bekentenis,
Bew. J (waarna netnou weer verwys sal word), gestel het. Op pad
eiland toe het eerste appellant by "Lukas Kordom se veepos" twee "ysters"
gevat
en saamgeneem, 'n klein "grou-yster" vir wurms, en 'n H-seksie ysterpaal van die
soort wat in draadheinings gebruik word, wat
hy aan oor-
/ ledene
8
ledene voorgegee het gebruik sou word om die klip mee weg te rol. In
werklikheid het hy dit saamgeneem om oorledene mee dood te slaan.
Op die eiland is oorledene in die teenwoordig-heid van tweede appellant van
agter af teen sy kop deur eerste appellant met 'n "betrekhou"
doodgeslaan terwyl
hy gesit en visvang het. Eerste appellant het die yster-paal vir die doodslag
gebruik. Tweede appellant. het 'n
paar tree weg met haar rug na die twee mans
gestaan toe oorledene doodgeslaan is maar het die geluid van die hou gehoor en
wis wat
aangaan. Nadat eerste appellant oorledene se lyk in die water ingetrek
het, gebeur die volgende (soos hy getuig het):
"Terwyl Jan nog dryf op die water in die stil kuil, het ek uitgekom en vir
Elizabeth gesê: Poppie, is jy nou tevrede? Sy antwoord:
Ja, ek is vrede.
Ek sê vir haar: Onthou laat daar nie 'n fout kom tussen ons nie, want die
dag as ek gevang word sal jy
/saam
9
saam met my tronk. Sy het gesê: Kobus, die besluit was ons altwee
s'n."
Daarna het eerste appellant die
lyk in 'n sloep gaan ver-steek en het hulle huis toe gegaan. Aan diegene wat wou
weet waar oorledene
is het hulle gesê dat hy na sy familie oorkant die
rivier gegaan het.
In wese het die verhoor gegaan oor die bestaan al dan nie van versagtende
omstandighede want die Staat het klaarblyklik slegs op grond
van 'n verskil van
mening met appellante daaroratrent nie die aangebode pleite aan-vaar nie. Albei
appellante het trouens erken dat
hulle oorledene met direkte doodsopset vermoor
het maar het die Hof probeer oortuig dat hulle deur omstandighede wat regtens
versagtend
is daartoe beweeg is.
Die hantering van en algemene oorwegings wat geld by 'n ondersoek na die
bestaan van versagtende omstandighede is welbekend en is
redelik onlangs
soos
/ volg
10
volg saamgevat deur JOUBERT AR in
S v Mongesi
en Andere
1981 (3) SA 204
(A) op 207 C - 208:
"Die bewyslas om die bestaan van versagtende omstandighede op 'n oorwig van
waarskynlikhede vas te stel, rus op 'n beskuldigde. Ten
einde dit te kan doen,
moet daar 'n feitebasis vir die Verhoorhof wees waarvan die bestaan van die
versagtende omstandighede afgelei
kan word. (
S v Ndlovu
1970 (1) SA 430
(A) te 433 H. ) 'n Versagtende omstandigheid is 'n baie wye begrip omdat dit dui
op 'n feit of om-standigheid, aanwesig by die pleeg
van die moord wat die morele
skuld, d.i. verwytbaarheid, van die beskuldigde ten opsigte van die dood van die
oorledene verminder
of minder laakbaar maak. (
S v Petrus
1969 (4) SA 85
(A) te 94 in
fine
- 95 A.) Die benadering wat deur 'n Hof in 'n bepaalde
geval gevolg moet word by 'n ondersoek om die bestaan van versagtende
omstandighede
vas te stel; is deur hierdie Hof soos volg
neergelê:
(1)
of daar omstandighede is wat op die geestesvermoens of die
gemoeds-toestand van die beskuldigde be-trekking kon gehad het, indien
wel
(2)
of sodanige omstandighede in die
bepaalde geval die geestesvermoëns of gemoedstoestand van die beskul-digde
subjektief beïnvloed
het; en
/ (3) of
11
(3) of die subjektiewe beinvloeding
van die beskuldigde se geestesver-moëns of gemoedstoestand van so 'n
aard was dat die beskuldigde se optrede ten opsigte van
die dood van die
oorledene volgens die ob-jektiewe oordeel van die Hof daar-deur minder laakbaar
of verwytbaar word. (
S v Babada
1964 (1) SA 26
(A) te 27H - 28A;
S V
Van der Berg
1968 (3) SA 250
(A) te 252 F-G. )
Dit is bekende reg dat dit in die eerste plek 'n Verhoorhof se taak is om oor
die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede
te beslis en dat die
be-voegdheid van hierdie Hof om 'n Verhoorhof se bevinding dat daar nie
versagtende. omstandighede is nie te
wysig streng be-perk is. Soos dit gestel is
in
S v Bowers
1971 (4) SA 646
(A) te 647
A:
Hierdie Hof kan alleen ingryp en sy
eie mening vir dié van die Verhoor-hof substitueer indien die Verhoorhof
'n mistasting
of ander onreëlmatigheid begaan het
,
of indien sy
bevinding, in die lig van al die getuienis be-oordeel ; van so 'n aard is dat
dit nie redelikerwyse daartoe gekom kon
gewees het nie."
Die vraag wat nou
beantwoord moet word is of die verhoorhof fouteer het deur te beslis dat die
appellante nie daarin geslaag het om
die
/ bestaan
12
bestaan van versagtende omstandighede te bewys
nie.
Dit moes 'n kragtige omstandigheid gewees het
wat
die appellante beweeg het om so 'n weersinwekkende
moord so deeglik te beplan
en so koelbloediglik uit te
voer.
Tweede appellant het in haar getuienis te kenne gegee dat dit die dilemma was
waarin sy haar bevind het weens, aan die een kant, die
weersin in haar gewek
teenoor die oorledene as gevolg van sy volgehoue verwaarlosing en mishandeling
van haar waarvan sy weens haar
geloof nie kon wegkom nie, en, aan die ander
kant, haar liefde vir eerste appellant en haar drang om by hom te wees. Die
mishandeling
sou volgens haar daaruit bestaan het dat oorledene vir haar en die
kinders nie behoorlik onderhou het nie, broodgebrek tot so 'n
mate laat verduur
het dat sy haar na haar moeder om hulp moes wend, dat hy telkemale van werk
verander het, met haar en die kinders
rondgeswerf
/ het
13
het en dikwels op sy eie elders gaan werk het en
vir haar en die kinders dan gelos het om vir hulself te sorg. Die mishandeling
sou
bestaan het uit herhaalde aanrandings op haar deur oorledene, selfs deur
haar met die lem van 'n halwe skaapskêr op die rug
te steek. Hier-die
aanrandings sou o.a. vir haar twee keer miskrame laat ly het. Op een geleentheid
vroeg in 1985 te Pella toe die
appellante vir oorledene by haar moeder
raakgeloop het, het oorledene haar wel in die teenwoordigheid van eerste
appellant en van
haar familie aangerand en slegs die tussen-koms van haar suster
het voorkom dat hy haar toe aan 'n boom opgehang het. Sy het voorts
getuig dat
al uitweg vir haar uit daardie knellende omstandighede die doodmaak van haar
eggenoot was. Tweede appellant het haar bewerings
tot 'n groot mate beaam.
Mnr
Moller
, wat nie in die verhoor opgetree het nie maar die
appèl op voortreflike wyse namens die appel-
/ lante beredeneer....
14
lante beredeneer het, het betoog dat eerste
appellant se getuienis oor die verwaarlosing en mishandeling aanvaar behoort te
word,
dat dit duidelik is dat sy haar toevlug tot eerste appellant geneem het en
dat hy hom oor haar ontferm het en oorledene vermoor het
om haar uit die greep
van haar dilemma te verlos. Mnr
Moller
het betoog dat dit alles neerkom
op versagtende omstandig-hede en in albei hul gevalle die oplegging van 'n
mindere vonnis as die
doodstraf regverdig.
Die meerderheid van die verhoorhof het egter
bevind
"dat die aanrandings wat daar mag gewees het en die versuim van die oorledene om
nommer 2 (d.w.s. tweede appellant) en die
kinders na behore te versorg, nou
heeltemal oordryf word en nie werklik die aanleidende oorsaak van die oorledene
se dood was nie.
Die oorsaak was nommer 2 se liefde vir nommer 1 terwyl {sy) met
oorledene getroud was".
/ Daar
15
Daar kan na my mening nie met daardie bevinding
fout gevind word nie.
Tweede appellant het op drie geleenthede voor die verhoor verklarings gemaak
oor die moord en die redes daarvoor, te wete 'n omvattende
bekentenis op 31
Augustus 1985 aan sers. H S Swart van die Suid-Afrikaanse Polisie (Bew. J); 'n
verdere maar meer beknopte bekentenis
op 3 September 1985 aan die landdros van
Gordonia (Bew. E); en 'n verklaring op l8 Oktober 1985 by wyse van vraag en
antwoord ingevolge
art. 112(l)(b) van die Strafproseswet t.o.v. haar pleit van
skuldig aan moord tydens pleitver-rigtinge in die landdroshof kragtens
art. 119
van genoemde Wet. Soortgelyke verklarings is deur eerste appellant gemaak. Al
hierdie verklarings is óf deur appellante
se advokaat òf met sy
toestemming by die verhoor ingehandig, en deur die appellante as juis erken. In
nie een van hulle word
melding gemaak van die beweerde voortdurende ver-
/ waarlosing
16
waarlosing of volgehoue aanrandings deur
oorledene nie, veral nie in tweede appellant se verklarings nie. In-dien daar
werklik so
iets was, is dit ondenkbaar dat sy dit toe só sou verswyg
het.
Aangaande die beweerde verwaarlosing is sy o.a. deur haar seuns Jacobus en
Karel weerspreek. En die voedsel en behuisingsgebrek wat
sy by tye moes verduur
moet beoordeel word ooreenkomstig die armoedige lewens-omstandighede van die
gemeenskap waarvan sy, oorledene
en
eerste appellant deel was. Die wisseling van werk en die
afwesighede waarmee dit gepaard gegaan het was een van die
normale verskynsels van hul bestaan, Ook t.o.v. die be-weerde aanranding is
sy deur famillelede weerspreek. So het haar suster Christina
Booysen en seun
Karel albei getuig dat sy gesê het dat sy deur eerste appellant met die
skaapskêr verwond was. En tweede
appellant het ook erken dat oorledene
haar gedurende die laaste twee tot-
/ drie
17
drie maande voor sy dood geensins aangerand het nie. Enige
wrewel by haar gewek deur moontlike vroeëre hard-handigheid deur hom
moes
in daardie tydperk afgekoel het.
Die persoonlikheid en karakter van die
egter
oorledene wat in die getuienis na vore kom is egter dié van
'n geduldige, vredeliewende mens en getroue en verdraag-same eggenoot. Hy het
wetens sy vrou se buite-egtelike kinders as syne aangeneem
en versorg en dit is
duidelik dat hulle vir hom lief was en as 'n goeie vader beskou het. Jacobus het
getuig dat oorledene lief was
vir sy vrou en het die volgende simpatieke en
insiggewende be-skrywing gegee van sy vader wanneer hy beskonke was:
" as my pa baie gedrink is, dan
vat pa die ghitaar en dan loop hy daar in die lokasie in."
Oorledene se gesindheid teenoor die appellante blyk ook duidelik uit sy
gewilligheid om eerste appellant te help om die klip te verskuif
en hom toe te
laat om by
/ hom
18
hom en sy vrou te oornag wetende dat eerste
appellant haar minnaar is. Dit is hoogs onwaarskynlik dat so 'n man teenoor sy
vrou sou
opgetree het soos deur haar beweer.
Die een bevestigde aanranding deur hom op haar is dié by haar ouerhuis
op Pella vroeg in 1985. Maar dit het direk verband gehou
met haar
liefdesver-houding met eerste appellant en haar uittarting van haar man daarmee
toe hulle hom daar raakgeloop het. Dit blyk
alte duidelik uit haar eie
beskrywing daarvan in haar bekentenis, Bew. J voormeld, wat so lui:
"Op 'n keer het ek en Kobus Pella toe gegaan waar ons ook vir Jan gekry het.
Hy het toe gevra wie se vrou ek nou eintlik is , syne
of Kobus s'n. Ek sê:
Ja, ek is jou vrou, maar ek is nie vir jou lief nie. Ek is vir Kobus lief. Hy
het toe aan my begin slaan.
Hy het toe met my na die bome toe geloop en
gesê dat hy my wil ophang. My ma. Magdalena Booysen, het hom egter gekeer
en gesê
dat hy kan my slaan, maar dat
/hy........
19
hy my net nie moet ophang nie. Kobus en sy seuntjie, Bertus, is toe na sy huis
toe op Pella. Ek het later weggekom en het by Kobus
aangesluit waarop ons nog
daardie nag weer terug is Kambreek
toe."
Eerste appellant het in sy
bekentenis, wat ook deel uitmaak van Bew. J
,
daardie voorval ook beskryf.
En daaruit blyk nie alleen tweede appellant se uittarting van haar man nie maar
ook dat die werklike
oorsaak van die moeilikheid haar verterende liefde vir haar
minnaar was. Eerste appellant het die verloop van dié insig-gewende
voorval só beskryf:
"Op 'n Vrydag het ek, Elizabeth en my kind Bertus na Pella geloop. Ons is reguit
na ou Jacob Booysen, Elizabeth se pa se huis vvaar
sy en Jan Witbooi gebly het.
Met ons aankoms was Jan Witbooi nie by die huis nie. Eliza-beth se ma het vir
Jan laat roep. Jan kom
toe by die huis en sy eerste woorde wat hy gesê
het, was: 'Naand'. Jan VVitbooi vra toe vir Elizabeth, sy vrou: Poppie, is
Kobus
Augus jou man of is ek jou man? Elizabeth sê vir Jan: Jy is
my
/ man
20
man, maar ek wil jou nie hê nie. Ek wil vir Kobus Augus hê vir 'n
man.Jan Witbooi gryp toe Elizabeth se regterarm en
draai dit agter haar rug in
en slaan haar twee houe met sy regtervuis in haar maag. Elizabeth skreeu: Al
slaan jy my dood, al slaan
jy my dood, al slaan jy my dood, Kobus Augus is my
man. Elizabeth se ma en susters en George Second se twee dogters vra vir Jan
hoekom
hy nie vir my ook slaan nie.Ek het nie ingemeng en Jan het ook nie met my
gepraat nie. Hy vat vir Elizabeth uit, en sleep haar by
die son-onderkantse hek
uit en ek loop toe by die sonopkantse hek uit en vat vir Bertus en loop daar
weg. Ek het weer vir Jan en
Elizabeth gesien soos Jan haar sleep en slaan en sy
al die tyd skreeu, al slaan jy my dood, Kobus Augus is my man.
"
Eerste appellant behoort weens
hierdie voorval te besef het dat die werklike rede die moeilikheid tussen
oorledene en tweede appellant
sy inmenging in hul huwelik was, en dit is hoogs
waarskynlik dat hy dit toe inder-daad besef het.
Dat haar minnedrang na eerste appellant, en nie enige mishandeling deur haar
eggenoot nie inderdaad die
/ dryfveer
21
dryfveer vir die moord was is bevestig deur wat
tweede appellant gesê het in antwoord op vrae onderskeidelik aan haar
gestel
deur haar advokaat en die Hof aan die einde van haar hoofverhoor en deur
die staatsadvokaat aan die begin van haar kruisverhoor.
Daardie getuienis lui
soos volg:
"Is daar nog iets wat jy vir die Hof wil sê
,
enige iets, ek gaan
jou nie alles vra wat jy in jou verklaring gesê het nie. Is daar nog iets
wat jy nog vir ons wil sê,
vir die Hof?-- Voorwaarde ons kan nie geskei
het nie, want ons is getroud gewees. Dit is hoekom ons daardie plan uit gekry
het om
hom van kant af te maak.
Ja?— En toe het ons besluit om dit saam te doen.
Om dit saam te doen?-- Ja
En as die oorlede Jan nie vir jou mis-handel het en so aan nie, sou jy die
plan nog gehad het of nie?-- As hy my nie ge-mishandel
het nie , maar op
voorwaarde het ons dit gedoen op voorwaarde ek is daardie man lief, vir Jacobus
lief.
HOF
: Nee, maar as hy nou nie vir jou mishandel het nie. sou jy hom
dan nog dood-gemaak het of nie?-- Ekskuus?
/ As
22
As hy nou nie vir jou mishandel het nie, sou jy dan nog vir Jan doodgemaak
het?-- Ja, op voorwaarde ek is vir Jacobus lief.
Wil jy met Jacobus getrou het?-- Ja.
So
,
sou jy hom in elk geval doodgemaak het?-- Ja , ek sou dit gedoen
het, want ek is Jacobus lief.
KRUISONDERVRAGING DEUR MNR VAN RENSBURG: So verstaan ek vir jou reg, is dat
jy wou met beskuldigde 1 getrou het, is dit reg?--Ja.
En al manier wat jy met hom kon trou is as Jan dood is?-- Ja.
En dit is hoekom julle twee plan gemaak het en Jan doodgemaak het?-- Ja.
Is dit reg?— Ja."
Daar is ander gelykluidende passasies in haar getuienis, maar dit is onnodig
vir huidige doeleindes om enige van hulle te herhaal.
Mnr
Moller
het t.o.v. eerste appellant betoog dat hy geglo het dat
tweede appellant werklik verwaarloos en mishandel was soos sy te kenne gegee
het
en al was dit nie die geval nie, dat daardie wanindruk nietemin sy morele
verwytbaarheid wesenlik verminder het
/ en
23
"So al rede hoekom jy en beskuldigde 1 die plan bedink het om die
oorledene dood te maak, is sodat jy en beskuldigde 1, Kobus, kan
trou, is dit
reg?-- Oor ons lief vir mekaar is.
Oor julle lief is vir mekaar soos jy sê en omdat julle nou as, jy is 'n
getroude vrou, nou bly jy by 'n ongetroude man, dan
het julle probleme daar in
julle area gekry,
is dit reg? -- By die veepos of waar?
Ja, waar hy ook al werk?- Ek het nie probleme gehad by Jacobus nie. ek het
probleme gehad met Jan Witbooi.
Ja, maar wat ek bedoel is die mense wat vir hom in diens het, hulle wil nie
hê
/ jy
en dat dit gevolglik in sy geval 'n versagtende omstandig-heid is.
Daardie betoog gaan nie op nie. Die bogaande het reeds die teendeel
laafc blyk.
Eerste appellant het daarbenewens ook getuig dat hy en tweede appellant sedert
1984 reeds "pal vas gevry" het; en daardie
saambly het vir hulle maatskaplike
probleme geskep wat uiteindelik die direkte oorsaak van haar moordplan was. Sy
het só daaroor
getuig:
24
jy moet daar by hom bly omdat jy 'n getroude vrou is? Dit is
reg.
Is dit reg?— Ja.
En jy wil nou sy vrou geword het sodat julle nou kan bly net waar julle
wil?— Ja.
En dit is hoekom jy vir die oorledene eintlik doodgemaak het?--
Ja.
Is dit reg?--
Ja.
En al manier wat julle kon getrou kom, is as oorledene Jan dood was?— Ja.
"
Eerste appellant het gelykluidende
getuienis
gegee.
Dit was gevolglik weens hulle sterk minnedrang na mekaar dat die appellante
oorledene vermoor het. Hulle het derhalwe vir eie voordeel
gemoor. En alhoe-wel
die liefde in gepaste gevalle 'n versagtende omstan-digheid kan wees, is dit nie
die geval hier nie. Hul wederkerige
liefde het wel albei se gemoedere subjektief
beïnvloed maar nie op so 'n wyse dat hul moord op oorledene daardeur minder
laakbaar
of verwytbaar geword het nie.
/ Gevolglik
25
Die verhoorhof se bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan
nie, is gevolglik korrek.
Die appèl word afgewys.
M T STEYN
RABIE HR)
BOSHOFF, Wrn. AR) STEM SAAM.